1
'n Uitspraak van die Here. 'n Woord van die Here aan Israel deur Maleagi.2
Ek het julle lief, sê die Here. Maar julle vra: “Hoe het U ons lief?” Esau was tog Jakob se broer, sê die Here, en tog het Ek vir Jakob liefgehad3 en vir Esau gehaat. Ek het sy bergland 'n verlate plek gemaak, sy woongebied vir die woestynjakkalse gegee.
4
As Edom sou sê: “Ons is verpletter maar ons sal die puinhope weer opbou,” sal die Here die Almagtige sê: Laat hulle maar bou, Ek sal weer afbreek. Hulle sal bekend staan as die goddelose land, die volk op wie die Here se toorn vir altyd rus.5
Julle sal dit met julle eie oë sien en julle sal sê: “Die Here is groot, ook buite die grense van Israel.”6
'n Seun eer sy vader
en 'n slaaf sy eienaar.
As Ek dan vader is,
waar is die eer wat My toekom?
En as Ek Here is,
waar is die eerbied vir My dan?
Dit is wat Ek, die Here die Almagtige,
vir júlle vra, priesters,
júlle wat My met minagting behandel.
Maar julle vra:
“Hoe het ons U met minagting behandel?”
7
Julle bring onrein voedsel op my altaar,8
Wanneer julle 'n blinde ding bring om te offer,9
En dan sê julle: “Maak God dan tog nou goedgesind10
Was daar maar iemand onder julle wat die tempel se deure wou toesluit, sodat julle nie my altaar tevergeefs aan die brand hou nie! Ek hou nie van julle nie, sê die Here die Almagtige, en Ek wil nie 'n offer van julle hê nie.11 Van waar die son opkom tot waar hy ondergaan, word Ek deur die nasies geëer. Oral word daar vir My offers gebring, rein offers.
Ek word deur die ander nasies geëer, sê die Here die Almagtige,12 maar júlle doen my Naam oneer aan. Julle dink die altaar van die Here kan maar ontwy word en die offers daarop met minagting behandel word.
13 En dan sê julle nog dis 'n klomp moeite en julle trek die neus daarvoor op. Dit is wat die Here die Almagtige sê. Julle bring gesteelde, lam, siek diere, julle bring dit as offers! Moet Ek ingenome wees daarmee dat julle vir My sulke goed bring? vra die Here.
14
Daar rus 'n vloek op elke skelm wat 'n bul of 'n ram in sy kudde het en 'n gelofte doen en dan 'n verminkte ding aan die Here offer! Ek is die Grootkoning, sê die Here die Almagtige, vir My het die nasies ontsag.1
Die bevel wat julle ontvang het,2
wat julle moet gehoorsaam en waarop julle ag moet slaan,
is om my Naam te eer, sê die Here die Almagtige.
As julle dit nie doen nie,
sal Ek 'n vervloeking oor julle bring
en 'n einde maak aan al julle voorspoed.
Ek het dit trouens reeds gedoen,
want julle het nie ag geslaan op my bevel nie.
3
Ek sal sorg dat julle nie 'n nageslag het nie,
en Ek sal die pensmis van die diere
wat deur julle geoffer word op die feeste,
in julle gesigte spat,
en julle sal saam met die pensmis weggedra word.
4
Dan sal julle besef dat Ek vir julle dié bevel gestuur het
sodat my verbond met Levi kan bly bestaan,
sê die Here die Almagtige.
5
My verbond met Levi sou vir hom lewe en vrede bring,6
Hy het die volk my wil reg geleer
en niks verdraai nie.
Hy het naby My geleef, heelhartig en opreg,
en hy het baie laat afsien van hulle sonde.
7
'n Priester moet met kennis kan praat,
daar word verwag dat hy die volk sal kan leer wat my wil is,
want hy is 'n boodskapper van die Here die Almagtige.
8
Maar julle het die regte pad verlaat,9
Nou maak Ek julle ook verag10
Ons het tog almal een Vader,11
Juda was ontrou.12
Mag die Here elkeen wat nog iets te doen wil hê
met 'n man wat so 'n vrou trou,
uit die gemeenskap van Jakob uitroei,
ook al bring so 'n man nog offers
vir die Here die Almagtige.
13
Daar is nog iets wat julle doen.14
en julle vra: “Waarom dan nie?”
Dit is omdat die Here weet wat gebeur het
tussen jou en die vrou met wie jy van jou jeug af getroud is:
jy was ontrou aan haar,
ontrou aan jou eie vrou,
die vrou aan wie jy plegtig trou belowe het.
15
Die Here het man en vrou een gemaak,
een in liggaam en gees.
En waarom een?
Omdat Hy wil hê dat daar 'n nageslag moet wees
wat Hom eer.
Beheers julle, moenie ontrou wees aan die vrou
met wie jy van jou jeug af getroud is nie.
16
Die Here die God van Israel
sê Hy haat egskeiding.
Egskeiding is niks anders as geweld nie,
sê die Here die Almagtige.
Beheers julle, moenie ontrou wees nie.
17
Julle het die Here moeg gemaak met wat julle gesê het,
en dan vra julle nog: “Waarmee het ons Hom moeg gemaak?”
1
Ek gaan nou my boodskapper stuur,2
Maar wie kan die koms van dié Engel verdra,
wie kan standhou wanneer Hy verskyn?
Hy is soos die vuur van die smelters
en soos die seep van die wassers.
3
Soos iemand wat silwer smelt en suiwer,
so sal Hy as regter gaan sit
om die Leviete te suiwer,
om hulle te louter soos goud en silwer,
sodat hulle aan die Here 'n offer kan bring
wat bestaan uit regdoen.
4
Dan sal die offer van Juda en Jerusalem
weer aanneemlik wees vir die Here
soos in die ou tyd, soos in jare lank verby.
5
Dan sal Ek na julle toe kom as regter:
Ek sal sonder versuim regspreek
teen dié wat hulle met toordery ophou,
teen die egbrekers en dié wat vals ede aflê,
teen dié wat die dagloner te kort doen,
die weduwee en die weeskind veronreg
en die vreemdeling verdring,
teen dié wat nie vir My eerbied het nie,
sê die Here die Almagtige.
6
Ek, die Here, het nie verander nie,
daarom het julle nie te gronde gegaan nie, nageslag van Jakob.
7
Van julle voorvaders se tyd af het julle van my voorskrifte
afgewyk en nie daarvolgens geleef nie.
Bekeer julle tot My, dan sal Ek terugkom na julle toe,
sê die Here die Almagtige.
8
Sal 'n mens werklik vir God beroof?9
Daar rus alreeds 'n vloek op julle
en tog bly julle My beroof;
die hele nasie doen dit.
10
Bring die volle tiende na die voorraadkamer toe
sodat daar iets te ete in my huis kan wees,
en toets My hierin, sê die Here die Almagtige.
Toets My of Ek nie die vensters van die hemel
vir julle sal oopmaak en vir julle reën sal uitgiet,
meer as wat julle kan gebruik nie.
11
Ek sal die sprinkane keer
dat hulle nie die oes op julle land vernietig nie,
en dat julle wingerde nie sonder vrugte is nie,
sê die Here die Almagtige.
12
Dan sal al die nasies julle as gelukkige mense beskou;
julle sal in 'n begeerlike land woon,
sê die Here die Almagtige.
13
Julle het vermetele dinge oor My kwytgeraak,
sê die Here.
14
Julle het gesê: “Dit is nutteloos om God te dien.15
Dit lyk vir ons of dié wat teen Hom in opstand is,
die gelukkiges is,
en of dié wat verkeerd doen, vooruitgaan.
Hulle daag God uit en kom vry!”
16
Toe het die mense wat eerbied vir die Here het,17
Hulle sal vir My 'n kosbare besitting wees
die dag as Ek ingryp, sê die Here die Almagtige.
Ek sal goed wees vir hulle,
soos iemand goed is vir sy seun wat vir hom werk.
18
Dan sal julle weer die verskil sien
tussen wie goed doen en wie goddeloos is,
tussen wie My dien en wie My nie dien nie.
1
Die dag kom2
Maar vir julle wat eerbied het vir my Naam,
sal die son van redding skyn
met genesing in sy strale.
Julle sal vry word en bokspring
soos vetgemaakte kalwers.
3
Julle sal die goddeloses vertrap
dat hulle soos stof onder julle voete word
die dag as Ek ingryp, sê die Here die Almagtige.
4
Onthou die wet van my dienaar Moses,
die voorskrifte en die bepalings
wat Ek aan hom by Horeb gegee het
vir die hele Israel.
5
Ek gaan vir julle die profeet Elia stuur6
Elia sal vaders en kinders met mekaar versoen
sodat Ek nie hoef te kom
en die land heeltemal vernietig nie.