1
Die woord van die Here wat gekom het tot Sefanja seun van Kusi, seun van Gedalja, seun van Amarja, seun van Hiskia. Dit het gebeur in die regeringstyd van koning Josia van Juda, seun van Amon.2
Ek gaan 'n einde maak aan alles op aarde, sê die Here,
3
Ek gaan 'n einde maak aan mens en dier,
aan voëls en visse,
Ek gaan 'n einde maak aan dié wat mense laat struikel het,
en aan die goddeloses;
Ek gaan die mense van die aarde af uitroei, sê die Here.
4
Ek gaan my hand uitsteek teen Juda
en teen al die inwoners van Jerusalem,
Ek gaan uit hierdie plek uitroei
wat daar nog van Baäl oor is:
die naam van die afgodspriesters, van alle priesters:
5
dié wat op die dakke die hemelliggame aanbid,
dié wat die Here aanbid
en aan Hom trou sweer
maar terselfdertyd ook aan Milkom,
6
dié wat die rug vir die Here draai,
na sy wil nie vra nie en Hom nie raadpleeg nie.
7
Wag in stilte op die Here God!
Die dag van die Here is naby!
Hy het 'n maaltyd voorberei,
en dié wat Hy genooi het, gewy.
8
Op die dag van die maaltyd sal Ek, die Here,
die amptenare en die prinse straf,
almal wat uitlandse klere dra.
9
Daardie dag sal Ek almal straf
wat uit bygeloof nie eens op 'n drumpel trap nie
en wat die huis van hulle Koning
met geweld en bedrog vul.
10
Daardie dag, sê die Here,
sal daar noodkrete klink uit die Vispoort uit,
gehuil uit die tweede stadswyk,
harde smartkrete van die heuwels af.
11
Huil, inwoners van die Vysel,
want al die handelaars word uitgedelg,
almal wat geld afweeg, word uitgeroei.
12
Daardie tyd sal Ek Jerusalem met lampe deursoek
en die mense straf wat in hulle selftevredenheid dink:
die Here doen nie goed óf kwaad nie.
13
Hulle besittings sal geplunder word,
hulle huise verwoes word.
Hulle sal huise bou, maar nie daarin woon nie,
wingerde plant, maar nie die wyn drink nie.
14
Die groot dag van die Here is naby,15
Dié dag is 'n dag van toorn,
'n dag van nood en benoudheid,
'n dag van storms en verwoesting,
'n dag van donkerte, van duisternis,
'n dag van wolke, van swaar onweer,
16
'n dag waarop die ramshoring sal blaas
en die krygsgeskreeu sal klink
teen die vestingstede, teen die hoë hoektorings.
17
Ek laat angs die mense pak18
Nóg hulle silwer nóg hulle goud
sal hulle kan red op die dag
wanneer die toorn van die Here losbreek,
wanneer die hele land verteer word
deur die vuur van sy woede.
Hy bring vernietiging en skrik
oor al die inwoners van die land.
1
Ruk julle reg, onbeskaamde nasie,2
voordat die besluit voltrek word,
voordat die dag kom en julle soos kaf word
voor die gloed van die toorn van die Here,
voordat die dag van die toorn van die Here oor julle kom.
3
Vra na die wil van die Here,
alle nederiges in die land,
almal wat doen wat die Here wil.
Streef na geregtigheid, na nederigheid!
Miskien bly julle die straf gespaar
op die dag van die toorn van die Here.
4
Gasa sal verlate lê,
Askelon sal geen inwoners hê nie,
Asdod sal helder oordag ontvolk word,
Ekron sal verwoes word.
5
Ellende wag vir dié wat aan die kus woon,
dié wat van Kreta af kom!
Die woord van die Here is teen julle:
Ek gaan jou, Kanaän, Filistyneland, so vernietig
dat daar niemand in jou woon nie:
6
die kusstreek sal net 'n weiveld wees
waar wagters vee laat wei,
'n plek vir kleinveekrale.
7
Die kusstreek sal die eiendom word
van wat daar oor is van Juda:
húlle is die kudde wat daar sal wei
en snags in die huise van Askelon sal slaap,
want die Here hulle God sal Hom oor hulle ontferm
en hulle lot verander.
8
Ek het gehoor hoe Moab my volk verkleineer het,
hoe die Ammoniete hom met minagting behandel het,
hoe aanmatigend hulle was teenoor my volk se grondgebied.
9
So seker as Ek leef, sê die Here die Almagtige,
die God van Israel:
Moab sal soos Sodom word
en die Ammoniete soos Gomorra:
'n veld vol dorings en soutpanne,
vir altyd verlate.
Dié lande sal buit word vir wat daar oor is van my volk;
dié wat oorgebly het van die nasie wat aan My behoort,
sal hulle in besit neem.
10
Dit gebeur met Moab en die Ammoniete
omdat hulle so hooghartig was,
omdat hulle die volk van die Here die Almagtige
verkleineer het en aanmatigend was teen die volk.
11
Ontsagwekkend is die Here bo almal.12
Ook julle, Kussiete,
word deur die swaard van die Here afgemaai.
13
Daarna steek Hy sy hand uit teen die noorde
en maak Hy 'n einde aan Assirië:
Hy maak Nineve 'n stad sonder inwoners,
'n droë weiveld.
14
Kuddes vee sal daar lê en herkou,
allerlei troppe diere.
Pelikane en uile sal op die stad se mooi pilare slaap,
die wind sal deur die vensters huil.
Die verwoesting sal selfs die drumpels tref,
want die sederhout sal afgestroop word.
15
Dit is wat sal word van die uitgelate stad
wat so onbesorg daar lê,
wat dink: daar is nie nog 'n stad soos ek nie.
Hy gaan verwoes word, 'n lêplek vir diere.
Elkeen wat daar verbykom, sal fluit van verbasing
en sy hande saamslaan.
1
Ellende wag vir Jerusalem,2
Hy is ongehoorsaam
en wil hom nie laat teregwys nie,
hy vertrou nie op die Here nie
en dien nie sy God nie.
3
Die amptenare in die stad is brullende leeus;
sy regters is wolwe wat snags aas soek
en tot die môre toe nie genoeg kry om aan te knaag nie;
4
sy profete is roekelose, trouelose mense;
sy priesters ontwy wat gewyd is
en doen die wet van die Here geweld aan.
5
In dié stad is die Here die regverdige,6
Ek het nasies uitgeroei,7
Ek het gedink Jerusalem sal nou vir My ontsag hê
en hom laat teregwys,
sodat sy woonplek nie vernietig word
en al my straf hom tref nie.
Maar hy het gretig bly sondig
met alles wat hy doen.
8
Daarom, wag vir My in vrees, sê die Here,9
Ek sal die volke verander, hulle lippe rein maak,10
Van anderkant die riviere van Kus af11
Daardie dag sal jy nie meer rede hê om jou te skaam12
Ek sal in jou laat oorbly net dié13
Dié wat van Israel oorgebly het,14
Sing, Sion! Juig, Israel!
Wees met alles wat jy is, vrolik en bly, Jerusalem!
15
Die Here het 'n einde gemaak aan jou straf,
Hy het jou vyande laat padgee.
Die Koning van Israel, die Here, is by jou;
jy hoef geen ramp meer te vrees nie.
16
Daardie dag sal daar vir Jerusalem gesê word:
Moenie bang wees nie, Sion,
moenie jou hande moedeloos laat hang nie!
17
Die Here jou God is by jou,
Hy, die krygsman wat red.
Hy is vol vreugde oor jou,
Hy is stil-tevrede in sy liefde.
Hy jubel en juig oor jou:
18
Ek maak dié bymekaar wat treur,
ver van die feestelikheid af,
dié wat uit jou uit kom
en ter wille van jou die smaad gedra het.
19
Ek gaan nou optree teen almal wat jou verdruk het,
Ek gaan die kreupeles help,
die verstrooides bymekaarmaak
en die vernedering wat hulle moes ondergaan,
in eer verander, in roem oor die hele aarde.
20
Wanneer die tyd daar is, laat Ek julle kom,
maak Ek julle bymekaar
en gee Ek aan julle roem en eer
onder al die volke op aarde;
dit is die tyd wanneer Ek julle lot verander,
julle sal dit met julle eie oë sien, sê die Here.