1
Dit is die woord van die Here wat gekom het tot Joël seun van Petuel:2
Luister hierna, leiers van die volk,
gee aandag, al die inwoners van die land!
Het so iets al in julle tyd gebeur
of in dié van julle voorvaders?
3
Vertel dit aan julle kinders,
en laat hulle dit weer aan húlle kinders vertel,
en dié weer aan húlle nageslag!
4
Wat nie deur die eerste sprinkaanswerm opgevreet word nie,5
Word nugter, dronkaards, en huil;6
'n Volk trek op teen my land;
die volk is sterk en sonder getal;
sy tande is soos dié van 'n leeu,
sy kakebene soos dié van 'n leeumannetjie.
7
Hy het my wingerd verwoes,
my vyeboom afgebreek,
dit kaalgestroop en laat lê;
die lote se bas is afgevreet.
8
Julle moet rou soos 'n bruid rou oor haar bruidegom.9
Die graanoffer en die drankoffer is weggeneem
uit die huis van die Here.
Die priesters wat in die diens van die Here staan, treur.
10
Die weiding is weggevreet,
die veld treur.
Die koringoes is weggevreet,
van die wyn het daar niks gekom nie;
die olyfolie het verdwyn.
11
Julle moet verslae staan, saaiboere,
oor die koring en die gars,
want die oes op die land is tot niet.
Kla, vrugteboere,
12
die wingerd het verdor;
die vyeboom staan verdroog,
die granaat, die dadel en die appel,
ja, al die bome in die boord het verdor.
Daar het 'n einde gekom aan die vreugde van die mense.
13
Trek rouklere aan, treur, priesters!14
Bepaal 'n vasdag, roep die gemeente bymekaar,
bring die leiers en al die inwoners van die land
na die huis van die Here julle God toe.
Roep tot die Here!
15
Die vreeslike dag!16
Voor ons oë is ons kos weggevat;17
Die saad lê verskrompel onder die kluite,
die graanskure lê verlate,
die skure lê afgebreek,
want die koringoes het misluk.
18
Die vee bulk en blêr:19
Ek roep tot U, Here,20
Die diere in die veld wag op uitkoms van U af,
want die spruite het opgedroog,
'n vuur het die weiveld verteer.
1
Blaas die ramshoring in Sion,2
dié stikdonker dag, die dag van donker wolke
waarop die groot sterk nasie oor die berge uitsprei
soos die lig van die dagbreek uitsprei.
Só 'n sterk nasie was daar nog nooit
en sal daar nooit weer wees nie,
selfs nie in die verste toekoms nie.
3
Die leër se voorhoede is 'n vuur wat verteer,
sy agterhoede 'n vlam wat brand.
Voor die koms van die sprinkaanswerm is die veld soos die tuin van Eden;
as hy verby is, is dit 'n onbewoonbare woestyn.
Hy laat niks oorbly nie.
4
Sy manskappe lyk soos perde,
hulle galop soos ryperde.
5
Op die bergtoppe dreun hulle soos strydwaens,
knetter hulle soos die vuur van 'n grasbrand
wanneer dit strooi verbrand,
rumoer hulle soos 'n groot leër wat klaarmaak om te veg.
6
Voor hulle bewe die nasies,
almal word wit van angs.
7
Hulle storm vorentoe soos dapper soldate,
hulle klim oor die stadsmure.
Elkeen gaan reg vorentoe,
hulle verander nie van rigting nie.
8
Die een stamp nie teen die ander nie;
elkeen bly op sy pad.
Hoe hulle ook sneuwel voor die verdediging,
hulle raak nie van koers af nie.
9
Hulle oorval die stad,
hulle hardloop oor die mure,
hulle storm die huise binne,
soos diewe klim hulle deur die vensters.
10
Die aarde skrik vir hulle,
die hemel bewe;
die son en die maan word donker,
die sterre verloor hulle glans.
11
Die Here laat sy stem weerklink voor sy leërmag uit.12
Maar nou sê die Here:
Kom met julle hele hart terug na My toe,
vas, huil en treur!
13
Skeur julle harte, nie julle klere nie.
Kom terug na die Here julle God toe:
Hy is genadig en barmhartig;
Hy is lankmoedig en vol liefde.
Hy is bereid om straf te herroep.
14
Wie weet of Hy nie die straf sal herroep nie;
of Hy nie weer voorspoed sal gee nie
sodat daar weer graan- en drankoffers sal wees
vir die Here julle God!
15
Blaas die ramshoring in Sion,16
Roep die volk op,
reinig die gemeente,
laat die leiers bymekaarkom,
bring die kinders bymekaar,
selfs dié wat nog drink.
Die bruidegom moet uit sy kamer uitkom,
die bruid uit haar wittebroodskamer.
17
Die priesters wat in die diens van die Here staan,
moet tussen die voorportaal en die altaar gaan staan en huil,
hulle moet sê:
“Betoon medelye met u volk, Here,
moenie die volk wat aan U behoort, tot 'n bespotting maak,
sodat die nasies met hulle sal spot nie.
Waarom moet daar onder die volke gevra word:
Waar is Israel se God?”
18
Die Here het vir sy land opgekom,
Hy het medelye betoon met sy volk.
19
Die Here het sy volk geantwoord:
Ek stuur vir julle koring en wyn en olie.
Julle sal oorgenoeg hê.
Ek sal julle nie weer tot 'n bespotting
onder die nasies maak nie.
20
Hierdie vyand uit die noorde sal Ek wegvat van julle af,
Ek sal hom wegjaag na 'n droë en verwoeste land toe,
sy voorpunt sal in die Dooie See beland
en sy agterhoede in die Middellandse See.
Sy stank sal opstyg,
sy slegte reuk sal versprei,
want hy het hom groot gehou.
21
Jy moenie bang wees nie, ploegland,22
Julle moenie bang wees nie, vee in die veld,
want die weiveld word groen,
die bome dra vrugte,
die vyebome en die wingerd staan in volle drag.
23
Inwoners van Sion, julle moet bly wees
en juig tot eer van die Here julle God,
want Hy het die reëns betyds laat kom,
Hy het die vroeë en die laat reën soos voorheen gegee.
24
Die dorsvloer lê vol koring,
die parskuipe loop oor van wyn en olie.
25
Ek sal julle vergoed vir die tyd
van sprinkaanswerm op sprinkaanswerm
toe my groot leër wat Ek teen julle gestuur het,
julle verteer het.
26
Julle sal oorgenoeg hê om te eet,
julle sal die Naam van die Here julle God prys,
Hy wat wonders vir julle gedoen het.
My volk sal nooit weer in die skande kom nie.
27
Dan sal julle besef dat Ek by Israel is,
dat Ek die Here julle God is,
dat daar buiten My nie 'n ander is nie.
My volk sal nooit weer in die skande kom nie.
28
Wanneer dit alles gebeur het,29
In daardie tyd sal Ek my Gees laat kom
selfs op dié wat nie in aansien is nie.
30
Ek sal tekens gee, in die hemel en op die aarde:
bloed, vuur en rookwolke.
31
Die son sal donker word,
die maan bloedrooi
en dan sal die groot, die vreeslike dag van die Here kom.
32
Elkeen wat die Naam van die Here aanroep, sal gered word.
Op Sionsberg en in Jerusalem sal daar uitkoms wees.
So het die Here beloof.
Dié wat deur die Here geroep is,
is by dié wat gered is.
1
[1-2] In daardie tyd sal Ek2
3
Ek sal hulle straf
omdat hulle lootjies getrek het oor my volk,
omdat hulle 'n jong seun gegee het in ruil vir 'n hoer
en jong meisies verkoop het vir wyn om te drink.
4
En júlle, Tirus en Sidon en die hele gebied van die Filistyne,5
Julle het my silwer en my goud gevat,
julle het my kosbare skatte in julle tempels gebring.
6
Julle het die mense van Juda en Jerusalem
in Griekeland gaan verkoop,
julle het hulle ver weg uit hulle gebied uit weggevat,
7
maar Ek sal hulle laat uitbreek uit daardie plek uit,
die plek waarnatoe julle hulle verkoop het,
en dan sal Ek julle dade op julle eie kop laat afkom.
8
Ek sal julle seuns en dogters verkoop aan die mense van Juda,
en hulle sal julle kinders verkoop aan die mense van Skeba,
'n nasie wat ver van hier af is.
Die Here het dit gesê.
9
Sê vir die nasies:
“Maak julle klaar vir 'n oorlog,
roep julle dapper manne op!
Al julle soldate moet opruk en nader storm.
10
Maak swaarde van julle ploegskare,
en spiese van julle snoeiskêre.
Selfs die swakke moet sê: ‘Ek is 'n dapper soldaat!’
11
Maak gou en kom, al julle nasies van die omgewing.”
12
Die nasies moet aanstorm13
Hulle sondes is baie:
steek die sekel in, want die oes is ryp,
kom trap, die parskuip is vol,
die wynkuipe loop oor.
14
Daar is mense en nogmaals mense in die beslissingslaagte,
want naby is die dag waarop die Here sal straf
in die beslissingslaagte.
15
Die son en die maan sal donker word,
die sterre sal nie meer skyn nie.
16
Die Here sal uit Sion brul,
Hy sal sy stem uit Jerusalem laat hoor,
en hemel en aarde sal bewe.
Die Here is 'n toevlug vir sy volk,
'n veilige vesting vir die Israeliete.
17
Dan sal julle besef dat Ek, die Here, julle God is.
Ek woon op Sion, my heilige berg.
Dan sal Jerusalem heilig wees,
vreemde nasies sal nie meer daardeur trek nie.
18
Daardie dag sal daar volop wyn wees op die berge,19
Egipte sal van droogte vergaan,
Edom sal 'n onbewoonbare woestyn word,
want hulle het die mense van Juda wreed behandel
en onskuldige bloed vergiet in hulle land.
20
Maar Juda sal sonder ophou bewoon word
en Jerusalem vir altyd.
21
Ek sal my volk se sonde vergewe,
die sonde wat Ek nog nie vergewe het nie,
en Ek, die Here, sal op Sion woon.