1
Op die vyfde van die vierde maand, in die dertigste jaar, was ek tussen die ballinge aan die Kebarrivier. Die hemel het oopgegaan en ek het gesigte gesien wat van God af kom.2 Dit was op die vyfde van die maand en dit was die vyfde jaar van die ballingskap van koning Jojagin.
3
Die woord van die Here het tot die priester Esegiël seun van Busi gekom. Dit het gebeur aan die Kebarrivier in Galdeërland. Die mag van die Here het vir Esegiël daar in besit geneem.4
Ek het 'n gesig gesien. Daar het 'n storm uit die noorde gekom, 'n groot wolk. Vlamme het heen en weer geflits en daar was 'n helder skynsel om die wolk. Van binne uit, uit die vuur uit, het dit geblink soos gloeiende wit metaal.5 Daaruit het vier wesens te voorskyn gekom. Hulle het 'n mensvormige voorkoms gehad,
6 maar elkeen het vier gesigte en vier vlerke gehad.
7 Hulle bene was reguit en hulle voete was soos beeskloue en het geblink soos koper wat opgevryf is.
8 Onder hulle vlerke aan elk van die vier kante van elkeen was daar menshande. Al vier wesens het gesigte en vlerke gehad.
9 Die een se vlerke het aan die een langs hom s'n geraak. Die wesens het nie van koers verander wanneer hulle beweeg nie. Elkeen het reg vooruit beweeg.
10 Elkeen het vier gesigte gehad. Die vorms van hulle gesigte was so: voor dié van 'n mens, regs dié van 'n leeu, links dié van 'n bul, en agter dié van 'n arend. Elke wese het dus vier gesigte gehad.
11 Sy twee boonste vlerke was oopgesprei en het aan dié van die wesens weerskante geraak; met die twee ander vlerke het hy sy lyf bedek.
12 Die wesens het reg vooruit beweeg in die rigting waarin die Gees dit wou, en hulle het nie van koers verander wanneer hulle beweeg nie.
13 Die vorm van die wesens, hulle voorkoms, was soos dié van gloeiende kole vuur; hulle was net soos die vlamme wat heen en weer tussen hulle beweeg het. Die vuur het helder geskyn en blitse het uit die vuur geskiet.
14 Die wesens het soos weerlig heen en weer geskiet.
15 Terwyl ek so na die wesens kyk, sien ek 'n wiel op die grond langs elke wese met sy vier gesigte.
16
Die voorkoms van die wiele en hulle afwerking was soos dié van edelstene. Hulle het eenders gelyk en al vier was so gemaak dat daar 'n wiel dwars binne 'n wiel was;17 hulle kon in die rigting van enige van hulle vier kante beweeg, maar hulle het nie van koers verander as hulle beweeg nie.
18 Die wiele was groot en indrukwekkend en al vier se vellings was rondom vol oë.
19 Wanneer die wesens beweeg het, het die wiele saam met hulle beweeg, en wanneer die wesens van die grond af opgestyg het, het die wiele ook opgestyg.
20 Waarheen die Gees ook al wou, het hulle beweeg, en die wiele het saam opgestyg, want die wesens se gees was in die wiele.
21 Wanneer die wesens beweeg, beweeg die wiele; wanneer die wesens staan, staan die wiele; wanneer die wesens van die grond af opstyg, styg die wiele saam op, want die wesens se gees was in die wiele.
22
Bokant die wesens se koppe was iets wat gelyk het soos 'n gewelf, blink en skrikwekkend soos 'n ysberg. Die gewelf was bokant hulle koppe oopgespan.23 Onderkant die gewelf het hulle vlerke gestrek, die een teen die ander, en elkeen het met twee vlerke sy lyf bedek.
24 Ek het die geruis van hulle vlerke gehoor. Wanneer hulle beweeg, was dit soos die geruis van 'n sterk waterstroom, soos die stem van die Almagtige, soos die gedruis van 'n menigte mense bymekaar, soos die gedreun van 'n leërmag. Wanneer hulle tot stilstand kom, het hulle hulle vlerke laat sak.
25
Daar het 'n stem gekom van bokant die gewelf bo die wesens se koppe af. Hulle het hulle vlerke laat sak wanneer hulle tot stilstand kom.26 Bokant die gewelf bo hulle koppe was daar iets soos saffier met die vorm van 'n troon, en daarop was 'n gestalte met die voorkoms van 'n mens, hoog daarbo.
27 Van wat gelyk het na sy heupe, daarvandaan boontoe, het dit vir my gelyk na die glans van gloeiende wit metaal, na iets soos vuur met 'n rand rondom, en van wat gelyk het na sy heupe, daarvandaan ondertoe, het dit vir my gelyk na vuur met 'n helder glans rondom.
28 Die glans rondom was soos dié van die reënboog in 'n wolk na die reën. Dit was soos die magtige verskyning van die Here. Toe ek dit sien, val ek plat en ek hoor 'n stem praat.
1
Die stem het vir my gesê: “Mens, staan regop, Ek wil met jou praat.”2
Terwyl Hy met my praat, kom die Gees in my en laat my regop staan. Ek het die stem met my hoor praat.3 Hy het vir my gesê: “Mens, Ek stuur jou na die Israeliete toe, 'n opstandige nasie wat teen My in opstand gekom het. Hulle en hulle voorvaders het hulle teen My verset tot op hierdie dag toe.
4 Dit is moedswillige en hardkoppige mense na wie toe Ek jou stuur. Jy moet vir hulle sê wat Ek, die Here God, sê,
5 of hulle luister of nie, want hulle is 'n weerbarstige volk, maar hulle sal agterkom dat daar 'n profeet tussen hulle is.
6 En jy, mens, moenie vir hulle bang wees nie, ook nie vir wat hulle sê nie, al stuit jy op weerstand, op dorings, al sit jy op skerpioene. Moenie bang wees vir wat hulle sê nie, moenie vir hulle skrik nie. Hulle is 'n weerbarstige volk.
7 Jy moet vir hulle sê wat Ek sê, of hulle luister of nie, want hulle is weerbarstig.
8 En jy, mens, luister na wat Ek vir jou sê. Moenie weerbarstig wees soos hierdie weerbarstige volk nie, maak oop jou mond en eet wat Ek jou gee.”
9
Toe sien ek daar is 'n hand na my toe uitgesteek, en in die hand was 'n boekrol.10 Die hand het die boekrol voor my oopgerol. Dit was aan albei kante volgeskryf, en wat daarop geskryf was, was klaagliedere, treurliedere en smartroepe.
1
Die stem het vir my gesê: “Mens, eet wat voor jou is, eet hierdie boekrol en gaan praat met die mense van Israel.”2
Ek het my mond oopgemaak, en die Here het my die boekrol laat eet.3 Hy het vir my gesê: “Mens, eet die boekrol wat Ek jou gee, eet jou vol.”
Ek het dit geëet, en dit was soet soos heuning in my mond.4
Toe sê Hy vir my: “Mens, gaan na die mense van Israel toe en sê vir hulle wat Ek sê.5 Jy word nie gestuur na 'n volk wat 'n onverstaanbare, moeilike taal praat nie, maar na die mense van Israel toe,
6 ook nie na baie volke toe met onverstaanbare, moeilike tale sodat jy nie kan verstaan wat hulle praat nie. Het Ek jou maar na hulle toe gestuur! Hulle sou na jou geluister het.
7 Maar die mense van Israel sal nie na jou wil luister nie, want hulle wil nie eens na My luister nie. Al die mense van Israel is koppig en onversetlik.
8 Maar Ek maak jou net so onversetlik as wat hulle is, jou kop net so hard as hulle s'n.
9 Soos diamant, harder as rots, so maak Ek jou kop. Moenie vir hulle bang wees, vir hulle skrik nie. Hulle is 'n weerbarstige volk.”
10
Hy het verder vir my gesê: “Mens, onthou alles wat Ek vir jou sê, luister goed daarna11 en gaan na die ballinge toe, na jou volksgenote toe; spreek hulle aan, sê vir hulle wat Ek, die Here God, sê, of hulle luister of nie.”
12
Die Gees het my opgetel, en toe hoor ek agter my die gedreun van 'n groot aardbewing en 'n stem: “Die hemel self moet die magtige verskyning van die Here loof!”13
Daar was die geruis van die wesens se vlerke wat aan mekaar geraak het, die gedreun van die wiele daarmee saam en die gedreun van die groot aardbewing.14 Die Gees het my opgetel en my weggevat, en ek is daar weg, swaarmoedig en ontsteld. Die mag van die Here het my op 'n harde manier in besit geneem.
15 Ek het by die ballinge in Tel-Abib aangekom. Hulle het daar in die omgewing van die Kebarrivier gewoon, en ek het sewe dae lank verskrik daar tussen hulle gesit.
16
Ná die sewe dae het die woord van die Here tot my gekom:17 “Mens, Ek het jou aangestel as 'n wag vir Israel: jy moet luister na wat Ek sê en hulle namens My waarsku.
18
“Wanneer Ek vir 'n goddelose sê hy gaan sterwe, en jy waarsku hom nie, jy praat nie en jy waarsku nie die goddelose teen sy bose optrede om hom so in die lewe te hou nie, dan sal hy deur sy sonde sterwe, maar Ek sal van jou rekenskap eis vir sy dood.19 As jy hom waarsku en hy bekeer hom nie van sy goddeloosheid nie, van sy bose optrede nie, sal hy deur sy sonde sterf, maar jy sal jou eie lewe behou.
20
“En wanneer iemand wat tot dusver reg gelewe het, die regte lewe laat vaar en onreg doen, en Ek bring hom tot 'n val, sal hy sterwe. Omdat jy hom nie gewaarsku het nie, sal hy deur sy sonde sterf en sal die goeie dinge wat hy gedoen het, nie onthou word nie, maar Ek sal van jou rekenskap eis vir sy dood.21 As jy hom waarsku om nie te sondig nie, en hy sondig nie, sal hy bly lewe omdat hy hom laat waarsku het, en jy sal jou eie lewe behou.”
22
Die mag van die Here het my daar in besit geneem. Hy het vir my gesê: “Gaan na die vallei toe, Ek sal daar met jou praat.”23
Ek is toe na die vallei toe. Die magtige verskyning van die Here het daar gestaan, net soos ek Hom aan die Kebarrivier gesien het. Ek het platgeval,24 maar die Gees het in my gekom en my regop laat staan. Die Here het met my gepraat, Hy het vir my gesê: “Gaan sluit jou toe in jou huis.
25 Mens, jy sal vasgebind word met toue, sodat jy nie tussen die mense kan kom nie.
26 Ek laat jou tong aan jou verhemelte vassit, sodat jy nie kan praat nie en hulle nie kan bestraf nie, al is hulle 'n weerbarstige volk.
27 Maar wanneer Ek jou die opdrag gee en jou tong losmaak, moet jy vir hulle sê wat Ek, die Here God, sê. Laat dan luister wie wil en laat skouers optrek wie wil: hulle is 'n weerbarstige volk.”
1
“Mens, vat 'n baksteen, sit dit voor jou neer en teken daar 'n stad op: Jerusalem.2 Beleër die stad; bou beleëringswerke, gooi 'n beleëringswal teen hom op, slaan 'n kamp op, stel stormramme rondom hom op.
3 Vat dan 'n ysterplaat en laat hom 'n ystermuur wees tussen jou en die stad. Kyk na die stad toe. Hy moet beleër wees, en jy moet hom beleër. Dit is 'n teken vir Israel.
4
“Dan moet jy op jou linkersy gaan lê en die sonde van die volk Israel op jou neem. Jy moet hulle sonde dra die volle getal dae dat jy op jou sy lê.5 Soveel jare as wat hulle bly sondig het, soveel dae lê Ek jou op: drie honderd en negentig dae lank moet jy die sonde van die volk Israel dra.
6 En as jy daarmee klaar is, moet jy op jou regtersy lê en die sonde van die volk Juda dra, veertig dae lank: Ek lê jou 'n dag op vir elke jaar.
7
“Kyk stip na die beleëring van Jerusalem, dreig die stad, tree as profeet op teen hom.8 Ek bind jou met toue vas, sodat jy nie van die een sy op die ander kan draai voor jy klaar is met die beleëring nie.
9
“Vat koring, gars, boontjies, lensies, sorghum en spelt, sit dit in 'n skottel en maak vir jou kos daarvan. Jy moet daarvan eet so lank jy op jou sy lê, drie honderd en negentig dae lank.10 Die kos wat jy elke dag moet eet, moet twee honderd en dertig gram weeg, en jy moet dit met tussenposes eet.
11 Die water wat jy moet drink, moet afgemeet word: ses honderd en sewentien milliliter. Jy moet dit met tussenposes drink.
12 Jy moet die kos gebruik in die vorm van brood en dit gaarmaak op die droë uitwerpsel van mense waar almal dit kan sien.
13
“So sal die Israeliete ook onrein kos eet tussen die nasies waarheen Ek hulle gaan verstrooi, sê die Here.”14
Toe sê ek: “Ag, Here my God, ek is nooit verontreinig nie, ek het van my jong dae af tot nou toe nie die vleis van diere wat gevrek het of deur roofdiere doodgemaak is, geëet nie, ek het ook nooit my mond gesit aan offervleis wat te lank oorgestaan en onrein geword het nie.”15
Die Here het vir my gesê: “Jy kan dan maar jou kos gaarmaak op beesmis in plaas van op die uitwerpsel van mense.”16
Verder het Hy vir my gesê: “Mens, Ek gaan hongersnood bring in Jerusalem. Hulle sal brood volgens gewig eet en met kommer, hulle sal water volgens maat drink en met huiwering.17 Wanneer hulle broodsgebrek het en dors ly, sal hulle mekaar met skrik aanskou en van hulle sonde vergaan.
1
“Mens, vat 'n skerp swaard en gebruik dit vir 'n skeermes en skeer af jou hare en jou baard. Vat dan 'n skaal en deel die hare in drie.2 'n Derde moet jy binne-in die stad verbrand sodra die beleg verby is, 'n derde moet jy met die swaard rondom die stad fynkap, en 'n derde moet jy deur die wind laat wegwaai. Ek sal hulle met die swaard agtervolg.
3 Jy moet 'n klompie hare agterhou en in die vou van jou klere toemaak,
4 en van hulle moet jy nog 'n paar vat en in die vuur gooi en verbrand. Daar sal 'n vuur daarvandaan uitgaan na die hele Israel toe.”
5
So sê die Here my God: “Hier is Jerusalem tussen die nasies waar Ek hom geplaas het, met ander lande rondom hom.6 Maar hy het hom verset teen my bepalings en my voorskrifte, hy was erger as die nasies en die lande rondom hom. Sy inwoners het my bepalings verwerp en het nie volgens my voorskrifte geleef nie.”
7
So sê die Here my God: “Julle het erger te kere gegaan as die nasies rondom julle toe julle nie volgens my voorskrifte en my bepalings geleef het nie; julle het nie eens volgens die gebruike van die nasies rondom julle geleef nie.8
“Daarom,” so sê die Here my God, “gaan Ek nou ook jou teenstander word, Jerusalem, Ek gaan jou straf voor die oë van die nasies.9 Ek gaan oor al jou afskuwelike dade aan jou doen wat Ek nog nie gedoen het nie en nie weer sal doen nie.
10 Vaders sal hulle eie kinders eet in jou, en kinders sal hulle eie vaders eet. Ek gaan jou straf en al jou inwoners wat oorbly, in alle windrigtings verstrooi.
11 So seker as Ek leef,” sê die Here my God, “omdat jy my heiligdom met al jou walglikhede, met al jou afskuwelikhede verontreinig het, gaan Ek jou kaalstroop sonder medelye, sonder genade.
12 Een derde van jou inwoners sal van pes doodgaan of van honger omkom in jou, een derde sal rondom jou met die swaard doodgemaak word en een derde sal Ek na alle windrigtings toe verstrooi en met die swaard agtervolg.
13 Dan sal my toorn gekoel wees en sal Ek my woede teen hulle tot bedaring bring en sal Ek tevrede gestel wees. Wanneer Ek so my woede op hulle gekoel het, sal hulle besef dat Ek, die Here, hulle aangespreek het omdat Ek oor hulle begaan was.
14
“Ek maak jou 'n puinhoop, Jerusalem, Ek maak jou die spot van die nasies rondom jou. Almal wat by jou verbygaan, sal dit sien.15 Die nasies rondom jou sal die spot met jou dryf en jou uitlag, jy sal dien as 'n waarskuwing en 'n afskrikmiddel vir hulle wanneer Ek jou in my toorn en in my woede straf en jou vir jou dade laat boet. Ek, die Here, sê dit.
16
“Wanneer Ek my pyle op julle, inwoners van Jerusalem, afskiet, doen Ek dit juis om julle uit te roei. My pyle is swaar hongersnood waardeur julle uitgeroei sal word, en Ek sal dit al erger laat word, Ek sal julle kos laat opraak.17 Ek bring hongersnood en 'n roofdierplaag oor julle wat julle kinders sal uitroei; pes en bloedvergieting sal julle tref, Ek bring oorlog oor julle. Ek, die Here, sê dit.”
1
Die woord van die Here het tot my gekom:2 “Mens, kyk na die berge van Israel toe en tree op as profeet teen hulle.
3 Jy moet sê: Berge van Israel, hoor die woord van die Here my God!”
So sê die Here my God vir die berge, vir die heuwels, vir die klowe en vir die valleie: “Ek gaan oorlog oor julle bring, Ek gaan julle hoogtes vernietig,4 julle altare verwoes, julle wierookaltare stukkend breek, die mense dood voor hulle afgode laat neerval.
5 Ek sal die Israeliete se lyke voor hulle afgode gooi, hulle bene rondom die altare strooi.
6 Waar julle ook al woon, Israeliete, sal die stede in puin gelê word en die hoogtes verwoes word: julle altare sal in puin lê en verwoes wees, julle afgode sal stukkend gebreek word en verdwyn, julle wierookaltare sal in stukke geslaan word en daar sal niks oor wees van julle handewerk nie.
7 Wanneer die dooie liggame tussen julle lê, sal julle besef dat Ek die Here is.
8
“Tog sal Ek party dit laat oorleef, Ek sal party van julle aan die swaard laat ontkom wanneer julle oor baie lande onder die nasies verstrooi word.9 Dié van julle wat ontkom het, sal My onthou daar waar hulle ballinge geword het tussen die nasies. Die ballinge sal onthou hoe Ek in my eer aangetas is deur hulle ontroue gesindheid wat hulle van My af laat wegdraai het agter hulle afgode aan en 'n weersin in hulleself kry oor die bose optrede, oor al hulle afskuwelike dade.
10 Hulle sal besef dat Ek die Here is en dat Ek nie verniet gesê het dat Ek hierdie onheil oor hulle sal bring nie.”
11
So sê die Here my God: “Slaan jou hande inmekaar, stamp met jou voete, kerm oor al die bose, afskuwelike dade van Israel: hulle gaan sterf deur oorlog, deur hongersnood, deur pes.12 Wie ver is, sal aan pes doodgaan; wie naby is, sal in die oorlog val; en wie oor is en behoue gebly het, sal van honger doodgaan. Dan sal my woede op hulle gekoel wees.
13 Wanneer die lyke tussen hulle afgode lê rondom hulle altare op elke hoë heuwel, op elke bergtop, onder elke groen boom, elke welige groot boom, op elke plek waar hulle geoffer het vir al hulle afgode, sal hulle besef dat Ek die Here is.
14 Ek sal teen hulle optree en die land 'n verlate, skrikwekkende plek maak, van die woestyn af tot by Ribla, oral waar hulle woon. Dan sal hulle besef dat Ek die Here is.”
1
Die woord van die Here het tot my gekom.2 So sê die Here my God oor die land Israel:
“Mens, die einde kom! Die einde kom dwarsoor die land.3
Land, jou einde is daar,
want Ek laat my toorn teen jou losbreek,
Ek gaan jou straf vir wat jy gedoen het,
Ek gaan die straf vir al jou afskuwelike dade oor jou laat kom.
4
Ek sal jou nie verskoon nie,
jou nie jammer kry nie.
Ek gaan die straf vir wat jy gedoen het, oor jou laat kom;
jou afskuwelike dade sal jou tref.
Dan sal jy besef dat Ek die Here is.”
5
So sê die Here my God: “Daar kom 'n ramp! 'n Groot ramp!6
Die einde kom, die einde kom!
Dit begin jou tref, dit kom!
7
Die ergste kom vir jou, inwoner van die land,
die tyd kom, die dag is naby,
die dag waarop daar nie vreugde nie
maar ontsteltenis op die berge sal wees.
8
Nou, binnekort, laat Ek my woede losbreek teen jou,
Ek gaan my toorn op jou koel
en jou straf vir wat jy gedoen het,
Ek gaan die straf vir al jou afskuwelike dade oor jou laat kom.
9
Ek sal jou nie verskoon nie,
jou nie jammer kry nie.
Ek gaan die straf vir wat jy gedoen het, oor jou laat kom;
jou afskuwelike dade sal jou inhaal.
Dan sal jy besef dat dit Ek, die Here, is wat jou straf.
10
“Die dag is hier, dit kom,11
Die goddelose heerskappy sal met geweld te doen kry,
maar nie van die kant van die inwoners van die land nie,
nie deur hulle verset, hulle protes nie, nie deur 'n klag van hulle kant nie.
12
“Die tyd het gekom, die dag het aangebreek13
Die verkoper sal wat hy verkoop het, nie terugkry nie,
al leef hy en die koper altwee nog.
Wat Ek oor almal in die land bekend gemaak het, staan vas:
almal is skuldig, niemand sal sy lewe behou nie.
14
Hulle kan maar die ramshoring blaas
en alles gereed maak vir die geveg,
maar hulle sal nie eens die geveg kan begin nie,
want my toorn rus op almal in die land.
15
“Oorlog buite, pes en hongersnood binne:16
Dié wat ontkom, sal op die berge skuil
en soos die duiwe in die valleie
saam sit en kla, elkeen oor sy sonde.
17
Al die hande sal slap hang,
daar sal water teen al die knieë afloop;
18
die mense sal rouklere aantrek
en skrikbevange raak;
elke gesig sal verslae wees,
elke kop kaalgeskeer.
19
“Hulle sal hulle silwer op die strate weggooi;20
hulle was so trots op hulle versiersels, so ingenome daarmee,
dat hulle daarvan vir hulle gode gemaak het,
afskuwelike, walglike goed.
Dit is waarom Ek hulle goud en silwer nutteloos laat word.
21
“Ek gee dit oor aan vreemdes as buit;22
Ek sal maak of Ek niks sien nie,
en hulle sal my kosbare tempel ontwy,
rowers sal daar inkom en dit ontwy.
23
Maak gereed die kettings vir die gevangenes,
want die land se regters is moordenaars,
die stad is vol geweld.
24
Ek bring die slegste nasies,
hulle sal die huise in die land vat.
Ek maak 'n end aan die hoogmoed van die mense met mag,
hulle heiligdomme sal ontwy word.
25
Wanneer die angs kom, sal hulle vrede soek,
maar dié sal daar nie wees nie.
26
Ramp op ramp sal kom,
gerug op gerug.
Hulle sal tevergeefs by die profeet 'n openbaring soek;
ook die priester sal nie leiding kan gee nie,
en die oumense sal nie raad hê nie.
27
Die koning sal treur,
die vername mense sal angsbevange wees,
die mense in die land sal die hande wring van vrees.
Ek gaan aan hulle doen wat hulle verdien,
Ek gaan hulle straf soos hulle self mense gestraf het.
Dan sal hulle besef dat Ek die Here is.”
1
Op die vyfde van die sesde maand, in die sesde jaar, het ek in my huis gesit, en die leiers van Juda het voor my gesit. Daar het die mag van die Here my God my toe plotseling in besit geneem.2 Ek het 'n gesig gesien. Daar was 'n mensvormige gestalte. Van wat gelyk het na sy heupe, daarvandaan ondertoe, was hy van vuur en van sy heupe af boontoe het dit gelyk soos blink, gloeiende metaal.
3 Hy het iets uitgesteek wat soos 'n hand gelyk het en my aan my hare gevat: die Gees het my in die lug opgetel en my na Jerusalem toe gebring. Dit het gebeur in die gesig wat van God af gekom het. Die Gees het my gebring na die ingang van die poort aan die binnekant, die een wat na die noorde toe kyk, daar waar die afgodsbeeld gestaan het wat soveel heftige toorn veroorsaak het.
4 Hier het ek die magtige verskyning van die God van Israel weer gesien, net soos die keer in die vallei.
5 Hy het vir my gesê: “Mens, kyk noord!”
Ek het gekyk, en daar aan die noordekant van die poort by 'n altaar het daardie afgodsbeeld wat toorn veroorsaak, gestaan, by die ingang!6 God het vir my gesê: “Mens, sien jy wat doen hulle? Sien jy die vreeslike afskuwelike dinge wat Israel doen, hier ver van my heiligdom af? Maar jy sal nog afskuweliker dinge sien.”
7
Toe bring Hy my by die poort in die voorhof van die tempel, en daar sien ek 'n gat in die muur.8 Hy sê toe vir my: “Mens, breek af die muur!”
Toe ek die muur begin afbreek, sien ek 'n poort.9 God het vir my gesê: “Gaan in en kyk die gruwelike, afskuwelike dinge wat hulle hier doen!”
10
Ek het ingegaan en gekyk. Daar was afbeeldings van allerlei kruipende goed en diere, afskuwelike goed, en van allerlei afgode van Israel wat rondom teen die mure uitgekap is.11 Voor hulle het sewentig van Israel se leiers gestaan, met Jaäsanja seun van Safan tussen hulle, elkeen met sy wierookbak in die hand, en 'n geurige wierookwolk het opgestyg.
12 God het vir my gesê: “Mens, sien jy wat doen die leiers van Israel in die donker, elkeen in die heiligdom van sy eie afgodsbeeld? Hulle dink: die Here sien ons nie, Hy is nie meer in die land nie.”
13
Toe sê die Here vir my: “Jy sal nog afskuweliker dinge sien wat hulle doen,”14 en Hy bring my by die ingang van die poort noord van die huis van die Here. Daar het vrouens gesit en huil oor Tammus.
15
Die Here het vir my gesê: “Sien jy, mens? Maar jy sal nog afskuweliker dinge as hierdie sien.”16
Hy bring my toe na die binneste voorhof van die huis van die Here toe. Daar in die ingang van die tempel van die Here, tussen die voorportaal en die altaar, was 'n stuk of vyf en twintig man met hulle rug na die tempel van die Here toe en hulle gesig na die ooste toe, en hulle was besig om in aanbidding voor die son neer te val na die ooste toe.17 Die Here het vir my gesê: “Sien jy, mens? Was dit nie genoeg dat Juda dié afskuwelike dinge hier gedoen het nie? Hulle het boonop die hele land vol geweld gemaak, en dan kom tart hulle My nog met die druiweranke wat hulle voor hulle neuse rondswaai.
18 Ek gaan nou doen wat my gramskap eis, Ek gaan nie verskoon nie, nie jammer kry nie. Al roep hulle hoe hard na My, Ek sal hulle nie hoor nie.”
1
Toe hoor ek die Here hard roep: “Die straf is naby vir die stad! Elkeen het sy wapen in die hand vir die vernietiging!”2
Daar kom toe ses manne van die boonste poort af, die poort wat noord kyk, elkeen met die wapen vir die verwoesting in sy hand. Een van hulle het linneklere aangehad, met 'n skrywersakkie aan sy gordel. Die manne het langs die bronsaltaar kom staan.3 Die magtige teenwoordigheid van die God van Israel het van die gerub af waarbokant dit was, opgestyg en by die tempel se drumpel gaan staan. Die Here het na die man geroep met die linneklere aan en die skrywersakkie aan sy gordel
4 en vir hom gesê: “Gaan deur die stad, deur Jerusalem, en maak 'n merk op die voorkoppe van almal wat sug en kla oor al die afskuwelike dinge wat in die stad gebeur.”
5
Ek het gehoor die Here sê vir die ander manne: “Gaan agter hom aan deur die stad en slaan dood! Moenie verskoon nie, moenie jammer kry nie!6 Maak dood en roei uit die oumense, die jongmanne en jong vroue, die kinders en vrouens; moet net nie raak aan dié wat die merk het nie. Begin by my heiligdom!”
Hulle het toe begin met die ou manne voor die tempel.7 Die Here het vir die manne met die wapens gesê: “Verontreinig die tempel, maak die voorhowe vol lyke. Gaan dan verder.”
Hulle het toe verder gegaan en die mense in die stad begin doodmaak.8 Terwyl hulle aan die doodmaak was, het ek alleen agtergebly en ek het op my gesig platgeval en geroep: “Ag, Here my God, gaan U al wat van Israel oor is, uitroei terwyl U u toorn teen Jerusalem laat losbreek?”
9
Hy het vir my gesê: “Die sonde van Israel en Juda is enorm groot. Die land is vol moord, die stad vol verdraaiing van die reg. Hulle dink: die Here is nie meer in die land nie, die Here sien nie.10 Daarom sal Ek nie verskoon nie, nie jammer kry nie. Ek sal wat hulle doen, op hulle eie kop laat afkom.”
11
Die man met die linneklere aan en die skrywersakkie aan die gordel laat toe weet: “Ek het gedoen wat U my beveel het.”1
Ek sien toe bokant die gewelf bo die koppe van die gerubs iets soos saffier met die vorm van 'n troon. Dit was sigbaar bokant die gerubs.2 Die Here het vir die man in linneklere gesê: “Gaan in tussen die wiele onder die gerubs, maak jou twee hande daar tussen die gerubs vol kole en strooi dit oor die stad.”
Die man het gegaan terwyl ek kyk.3 Die gerubs het regs van die tempel gestaan toe die man daar aankom, en die wolk het die binneste voorhof gevul.
4 Die magtige teenwoordigheid van die Here het van bo die gerubs af opgestyg en bokant die tempel se drumpel gaan staan. Die tempel is gevul met die wolk, en die voorhof was vol van die glans van die magtige teenwoordigheid van die Here.
5 Die geruis van die gerubs se vlerke kon tot in die buitenste voorhof gehoor word. Dit was soos die gedruis wanneer die almagtige God praat.
6 Toe Hy die man met die linneklere beveel: “Gaan vat vuur tussen die wiele, tussen die gerubs,” het hy langs 'n wiel gaan staan.
7 'n Gerub het sy hand daar tussen die gerubs uit na die vuur toe uitgesteek wat tussen die gerubs was, en kole gevat en dit gesit in die twee hande van die man met die linneklere aan. Die man het dit gevat en uitgekom.
8
Onder die vlerke van die gerubs het iets sigbaar geword; dit het gelyk soos menshande.9 Ek het langs die gerubs vier wiele gesien, een langs elke gerub. Die voorkoms van die wiele was dié van edelstene.
10 Hulle het eenders gelyk, en dit was of daar 'n wiel dwars binne 'n wiel was.
11 Hulle kon beweeg in die rigting van enige van hulle vier kante, sonder om van koers te verander as hulle beweeg; in die rigting waarheen die voorste gedraai was, het die ander gevolg, en hulle het nie van koers verander as hulle beweeg nie.
12 Die gerubs se lywe, hulle rûe, hulle hande en vlerke en al vier wiele was rondom vol oë.
13 Iemand het vir my gesê dit is wiele.
14 Elke gerub het vier gesigte gehad: die eerste was dié van 'n gerub, die tweede dié van 'n mens, die derde dié van 'n leeu, die vierde dié van 'n arend.
15 Die gerubs het opgestyg. Dit was dieselfde wesens as wat ek by die Kebarrivier gesien het.
16 Wanneer die gerubs beweeg het, het die wiele saam beweeg langs hulle, en wanneer die gerubs hulle vlerke gespan het om van die grond af op te styg, het die wiele nie van koers verander nie en langs hulle gebly.
17 Wanneer die gerubs gestaan het, het die wiele gestaan, en wanneer die gerubs opgestyg het, het die wiele opgestyg, want die gees van die wesens was in die wiele.
18
Die magtige teenwoordigheid van die Here het van die tempel se drumpel af beweeg en bokant die gerubs gaan staan.19 Die gerubs het hulle vlerke gespan en voor my oë van die grond af opgestyg. Toe hulle beweeg, is die wiele saam met hulle. Die gerubs het by die ingang van die oostelike poort van die huis van die Here gaan staan, en die magtige teenwoordigheid van die God van Israel was bokant hulle.
20 Dit was dieselfde wesens as wat ek onder die God van Israel gesien het by die Kebarrivier, en ek het besef dit is gerubs.
21 Elkeen het vier gesigte en vier vlerke gehad, en onder hulle vlerke het dit gelyk of daar menshande is.
22 Hulle gesigte het gelyk soos die gesigte wat ek by die Kebarrivier gesien het. Elke wese het reg vooruit beweeg.
1
Die Gees het my opgetel en my gebring na die oostelike poort van die huis van die Here, die poort wat oos kyk. Daar by die ingang van die poort was vyf en twintig man, en tussen hulle het ek vir Jaäsanja seun van Assur en vir Pelatja seun van Benaja gesien, leiers van die volk.2 Die Here het vir my gesê: “Mens, dit is die manne wat die sonde bedink en die slegte leiding in hierdie stad gee.
3 Hulle sê: ‘Dit is nie nou tyd om huise te bou nie. Die stad is die pot en ons is die vleis.’
4 Tree op as profeet teen hulle, tree op as profeet, mens.”
5
Die Gees van die Here het oor my gekom en vir my gesê: “Jy moet sê: So sê die Here: Julle het dit gesê, Israel, Ek ken die gedagtes wat by julle opkom.6 Julle het baie mense in hierdie stad vermoor, julle het sy strate vol lyke gemaak.
7
“Maar,” so sê die Here my God, “die vleis is die mense vir wie julle in die stad doodgemaak het, en die stad is die pot, en vir julle sal Ek daar uithaal.8 Julle is bang vir die swaard, en die swaard sal Ek oor julle bring,” sê die Here my God.
9
“Ek sal julle uit die stad uithaal en julle in die mag van vreemdes oorgee en julle straf.10 Julle sal met die swaard doodgemaak word. Ek sal julle straf op die grense van Israel, en julle sal besef dat Ek die Here is.
11 Die stad sal nie die pot wees en julle die vleis in hom nie: op die grense van Israel sal Ek julle straf.
12 Dan sal julle besef dat Ek die Here is volgens wie se voorskrifte julle nie geleef het nie en wie se bepalings julle nie uitgevoer het nie. Maar julle het geleef volgens die gebruike van die nasies rondom julle.”
13
Terwyl ek besig was om so as profeet op te tree, het Pelatja seun van Benaja gesterf. Ek het op my gesig geval en hard geroep: “Ag, Here my God, gaan U 'n einde maak aan wat van Israel oor is?”14
Toe kom die woord van die Here tot my:15 “Mens, dit is van jou broers, jou familie en die hele Israel dat die inwoners van Jerusalem sê: ‘Hulle is ver van die Here af, en hierdie land is vir ons as besitting gegee.’
16 Daarom moet jy sê: So sê die Here my God: Ek het hulle ver weg gevat na ander nasies toe en hulle oor ander lande verstrooi, maar in dié tyd het Ek self vir hulle 'n heiligdom gebly in die lande waarheen hulle is.
17
“Jy moet sê: So sê die Here my God: Ek gaan julle dan ook nou bymekaarmaak tussen die ander nasies uit, julle versamel uit die ander lande waarheen Ek julle verstrooi het, en vir julle die land Israel teruggee.18 Hulle sal hierheen kom en al die walglike, afskuwelike goed uit die stad uit verwyder.
19 Ek sal hulle 'n ander hart gee en 'n nuwe gees onder hulle laat posvat, Ek sal die kliphart uit hulle liggaam verwyder en hulle 'n hart van vleis gee.
20 Dan sal hulle volgens my voorskrifte leef en my bepalings nakom en daarvolgens optree. Hulle sal my volk wees, en Ek sal hulle God wees.
21 Dié wat die walglike, afskuwelike dinge bly doen, se dade sal op hulle eie kop afkom.”
Dit het die Here my God gesê.22
Toe het die gerubs hulle vlerke gespan, en die wiele het saam met hulle beweeg. Die magtige teenwoordigheid van die God van Israel was bokant die gerubs.23 Die magtige teenwoordigheid van die Here het uit die stad uit opgestyg en op die berg oos van die stad gaan staan.
24
Daarna het die Gees my opgetel en my teruggebring na die land van die Galdeërs toe, na die ballinge toe. Dit het gebeur in die gesig wat ek deur die Gees van God gesien het. Die gesig was toe verby.25 Ek het alles wat die Here my laat sien het, vir die ballinge vertel.
1
Die woord van die Here het tot my gekom:2 “Mens, jy woon tussen 'n weerbarstige volk. Hulle het oë om te sien, maar hulle sien nie. Hulle het ore om te hoor, maar hulle hoor nie. Hulle is 'n weerbarstige volk.
3 Jy, mens, moet die goed vat wat jy saam met jou in ballingskap sou wou neem en vandag nog weggaan van waar jy is na 'n ander plek toe asof jy in ballingskap weggaan. Hulle moet jou dit kan sien doen. Miskien sien hulle dit raak, maar hulle is 'n weerbarstige volk.
4 Jy moet die goed wat jy in ballingskap sou wou saamvat, vandag uitbring waar hulle dit sien, en vanaand terwyl hulle jou sien, moet jy vertrek asof jy in ballingskap weggaan.
5 Breek voor hulle oë 'n gat in die muur en gaan daardeur.
6 Sit die goed voor hulle oë op jou skouers en vertrek in die donker. Maak jou gesig toe sodat jy nie die land sien nie. Ek maak jou 'n teken vir Israel.”
7
Ek het gedoen wat my beveel is. Ek het die dag my goed wat ek in ballingskap sou wou saamvat, uitgebring en die aand het ek met my hande 'n gat deur die muur gebreek. Ek het in die donker vertrek terwyl ek my goed voor hulle oë op my skouers gedra het.8
Die môre het die woord van die Here tot my gekom:9 “Mens, die weerbarstige volk Israel het vir jou gevra wat maak jy.
10 Sê vir hulle: So sê die Here my God: Hierdie uitspraak gaan oor die koning in Jerusalem en oor al die Israeliete wat in die stad is.
11
“Jy moet sê: ‘Ek is vir julle 'n teken. Soos ek gedoen het, so sal met julle gedoen word.’ “Hulle sal gevangenes word en in ballingskap weggevoer word.12 Die koning wat tussen hulle is, sal sy goed in die donker op sy skouers sit en vertrek. Hy sal 'n gat deur die muur breek om deur te gaan en hy sal sy gesig toemaak sodat hy nie die land kan sien nie.
13 Ek gooi my vangnet oor hom, hy sal gevang word in my net, en Ek sal hom na Babel, na Galdeërland toe bring, maar hy sal dit nie sien nie en sal daar sterf.
14 Almal by hom wat hom help, al sy soldate wat hom help, sal Ek in al die windrigtings verstrooi en hulle met die swaard agtervolg.
15 Wanneer Ek hulle uitmekaargejaag het onder die nasies in en hulle oor baie lande verstrooi het, sal hulle besef dat Ek die Here is.
16 Maar Ek sal 'n paar van hulle laat oorbly ná die oorlog, die hongersnood en die pes sodat hulle van hulle afskuwelike dade kan vertel waar hulle onder die nasies kom en die nasies sal besef dat Ek die Here is.”
17
Die woord van die Here het tot my gekom:18 “Mens, jy moet jou kos al bewende eet en jou water met ontsteltenis en met kommer drink.
19 En jy moet vir die burgers van die land sê: So sê die Here my God vir die inwoners van Jerusalem, vir die land Israel: Hulle sal hulle kos met kommer eet en hulle water met huiwering drink, want die land sal gestroop word van alles wat daarin is omdat almal wat daar gewoon het, soveel geweld gepleeg het.
20 Die stede wat bewoon is, sal puinhope word en die land sal verlate wees. Dan sal hulle besef dat Ek die Here is.”
21
Die woord van die Here het tot my gekom:22 “Mens, wat se spreekwoord is dit wat julle oor die land Israel het? Julle sê: ‘Die tyd gaan verby en daar kom niks van al die gesigte nie.’
23 Sê vir hulle: So sê die Here my God: Ek maak 'n end aan dié spreekwoord. Hulle sal hom nie weer in Israel gebruik nie. Sê vir hulle: Die tyd kom vinnig nader en so ook die vervulling van elke gesig.
24 Daar sal nie meer vertel word van gesigte wat nie daar was nie, en daar sal nie meer gladde waarsêerpraatjies onder Israel wees nie.
25 Ek, die Here, sê wat Ek sê, en dit gebeur en word nie meer uitgestel nie. In julle tyd, weerbarstige volk, sê Ek dit, en Ek sal dit doen,” sê die Here my God.
26
Die woord van die Here het tot my gekom:27 “Mens, die Israeliete sê: ‘Dié gesig wat hy sien, gaan oor lang tye, hy kondig dinge aan vir die verre toekoms.’
28 Sê vir hulle: So sê die Here my God: Niks van wat Ek gesê het, sal meer uitgestel word nie. Wat Ek gesê het, sal nou gebeur,” sê die Here my God.
1
Die woord van die Here het tot my gekom:2 “Mens, tree jy as profeet op teen die mense wat hulle as profete van Israel voordoen. Sê vir dié mense wat as profete optree uit hulle eie verbeelding: Hoor die woord van die Here!
3 So sê die Here my God: Ellende wag vir die verwaande profete wat geen gesigte gesien het nie en hulle deur hulle eie gedagtes laat lei.
4 Jou profete is soos jakkalse tussen die puinhope, Israel.
5 Hulle het nie gegaan na waar die muur omgeval het en weer 'n muur om Israel gebou sodat hy staande kan bly in die oorlog wanneer die oordeelsdag van die Here kom nie.
6 Hulle het gesigte gesien wat nie daar was nie en hulle waarsêery is leuens. Hulle sê: ‘Die Here sê’ al het Hy hulle nie gestuur nie, en dan verwag hulle dat Hy moet laat uitkom wat hulle sê.
7 Hulle sien gesigte wat nie daar was nie en hulle verkondig leuens as waarsêery, hulle sê: ‘Die Here sê’, maar Ek het dit nie gesê nie.
8
“Daarom,” so sê die Here my God, “omdat wat hulle sê, vals is en omdat wat hulle as gesigte sien, leuens is, is Ek hulle teenstander,” sê die Here my God.9
“Ek tree op teen die profete wat gesigte sien wat nie daar was nie en wat leuens uitgee vir waarsêery. Hulle sal nie plek hê in die vertroulike byeenkoms van my volk nie, nie opgeskryf word in die boek van Israel nie en nie op die grondgebied van Israel kom nie. Dan sal hulle besef dat Ek die Here God is.10
“Hulle het my volk verlei, hulle het gesê: ‘Dit sal goed gaan’ toe dit nie sou goed gaan nie, en toe die volk 'n muur bou, het daardie profete dit netjies afgewit.11
“Sê vir dié wat die muur afgewit het wat gaan val: Daar kom stortreëns, Ek laat haelstene val, stormwinde sal losbreek.12 Die muur gaan val, en die mense sal vir julle vra: ‘Waar is die witsel waarmee julle dit afgewit het?’
13
“Daarom,” so sê die Here my God, “laat Ek stormwinde losbreek in my gramskap, laat Ek stortreëns in my toorn, haelstene in my gramskap kom om alles te vernietig.14 Ek breek die muur af wat julle so netjies afgewit het, Ek maak hom gelyk met die grond. Sy fondamente sal sigbaar word, hy sal val en julle sal in sy puin aan julle einde kom. Dan sal julle besef dat Ek die Here is.
15 [15-16] Ek sal my gramskap laat uitwoed teen die muur en teen dié wat hom afgewit het en Ek sal vir julle sê: Daar is nie meer 'n muur nie en dié wat hom afgewit het, die profete van Israel, is nie meer daar nie. Dit is hulle wat vir Jerusalem as profete opgetree het, vir die stad gesigte gesien het oor hoe goed dit sou gaan terwyl dit nie goed sou gaan nie.”
Dit is wat die Here my God gesê het.16
17
“Mens, praat met die vroue van jou volk, dié wat as profete optree uit hulle eie verbeelding, wees jy 'n profeet teen hulle.18 Jy moet sê: So sê die Here my God: Ellende wag vir dié wat toorbande om hulle gewrigte vaswerk en sluiers van allerlei lengtes aansit om mense in hulle mag te kry. Kan julle my volk in julle mag kry en julle eie lewens behou?
19 Julle het my Naam ontwy onder my volk vir 'n paar handevol gars en 'n paar stukkies brood. Julle het mense doodgemaak wat nie moes gesterwe het nie, julle het mense in die lewe laat bly wat nie moes bly lewe het nie. Julle het dit gedoen deur my volk te belieg, hulle wat so graag leuens hoor.
20
“Daarom,” so sê die Here my God, “pluk Ek die toorbande van julle arms af, die bande waarmee julle mense soos voëltjies in julle mag gekry het, en laat Ek die mense vry vir wie julle so in julle mag gekry het.21 Ek ruk julle sluiers af en red my volk uit julle mag. Hulle sal nie meer 'n magtelose prooi in julle hande wees nie. Dan sal julle besef dat Ek die Here is.
22 Julle het met julle leuens mense wat my wil wou doen, laat moed verloor; Ek het hulle nie smart aangedoen nie. Julle het goddelose mense aangemoedig om hulle nie van hulle verkeerde lewe te bekeer en so hulle lewens te behou nie.
23 Daarom sal julle nie meer gesigte sien wat nie daar is nie en sal julle nie met julle waarsêery aangaan nie. Ek sal my volk red uit julle mag. Dan sal julle besef dat Ek die Here is.”
1
Daar het van Israel se leiers na my toe gekom en voor my gaan sit.2 Die woord van die Here het toe tot my gekom:
3 “Mens, hierdie manne heg waarde aan afgode. Hulle is so in sonde verval dat hulle net ag gee op hulle afgode. Moet Ek My deur hulle laat raadpleeg?
4 Praat met hulle, sê vir hulle: So sê die Here my God: Wanneer 'n Israeliet waarde heg aan afgode en so in sonde verval is dat hy net ag gee op sy afgode, en hy kom na 'n profeet toe, sal Ek, die Here, met hom praat soos dit by sy afgodery pas.
5 Ek sal Israel wat My ter wille van al hulle afgode verlaat het, my harde hand laat voel.
6
“Sê vir Israel: So sê die Here my God: Bekeer julle! Laat staan julle afgode! Hou op met al julle afskuwelike dade!7
“Wanneer 'n Israeliet of 'n vreemdeling wat onder Israel woon, van My afvallig word en aan afgode waarde heg en so in sonde verval is dat hy net ag gee op sy afgode, en hy kom na 'n profeet toe om My te raadpleeg, sal Ek, die Here, op my eie wyse met hom praat.8 Ek sal so 'n man se teenstander wees en van hom 'n voorbeeld, 'n spot maak, hom van my volk afsny. Dan sal julle besef dat Ek die Here is.
9 En as 'n profeet hom dan laat verlei om iets te sê, is dit Ek die Here wat hom verlei het, maar tog sal Ek my hand teen hom uitsteek en hom tussen my volk Israel uit verdelg.
10 Hulle sal die straf op hulle sonde dra: die man wat My raadpleeg en die profeet het ewe veel skuld.
11 Dan sal Israel nie weer van My af wegdwaal en hulle nie weer verontreinig met al hulle opstandige dade nie. Hulle sal my volk wees, en Ek sal hulle God wees,” sê die Here my God.
12
Die woord van die Here het tot my gekom:13 “Mens, wanneer 'n land teen My sondig en heeltemal troueloos word, en Ek steek my hand teen hom uit en vat sy kos weg en bring hongersnood in hom en Ek roei mens en dier uit hom uit,
14 sou selfs daardie drie manne van ouds, Noag, Daniël en Job wat volgens my wil geleef het, net hulleself in die lewe kon hou, sê die Here my God.
15 Of as Ek ongediertes die land laat oorval, en hulle maak die mense dood, sodat die land verlate word, en niemand daar langs trek nie as gevolg van die ongediertes,
16 sou so seker as Ek leef, sê die Here my God, dié drie manne as hulle daar was, nie hulle kinders kon red nie. Hulle sou net self gered word, maar die land sou verlate wees.
17 Of as Ek oorlog oor daardie land bring en die swaard beveel om die land deur te gaan en Ek mens en dier uit die land uitroei,
18 sou so seker as Ek leef, sê die Here my God, dié drie manne as hulle daar was, nie hulle kinders kon red nie. Hulle sou net self gered kon word.
19 Of as Ek pes oor daardie land stuur en Ek my toorn daarteen laat losbreek om mens en dier daar uit te roei in 'n groot slagting,
20 sou so seker as Ek leef, sê die Here my God, Noag, Daniël en Job as hulle daar was, nie eens 'n enkele seun of dogter kon red nie; hulle sou net hulleself in die lewe kon hou omdat hulle volgens my wil geleef het.”
21
So sê die Here my God: “Selfs wanneer Ek my vier swaar strawwe teen Jerusalem stuur, oorlog, hongersnood, ongediertes en pes om mens en dier daar uit te roei,22 sal daar tog 'n klompie seuns en dogters oorbly wat vrygekom het. Hulle sal na julle toe kom en julle sal hulle optrede en hulle dade sien en verstaan waarom Ek die ramp oor Jerusalem gebring het, alles wat Ek oor hom gebring het.
23 Julle sal verstaan as julle hulle optrede en hulle dade sien en julle sal besef dat wat Ek aan die stad gedoen het, Ek nie gedoen het sonder dat hy dit verdien het nie,” sê die Here my God.
1
Die woord van die Here het tot my gekom:2 “Mens, wat is wingerdhout beter as die kreupelhout tussen die bome in die bos?
3 Word dit gebruik om iets van te maak, of gebruik iemand 'n stuk daarvan vir 'n pen om enigiets aan op te hang?
4 Nee, dit word in die vuur gegooi om te brand. En as die twee punte gebrand is en die middel is geskroei, deug dit dan nog vir iets?
5 Ook toe dit nog ongeskonde was, kon jy nie iets daarvan maak nie, en as dit gebrand en geskroei is, kan jy dit dan nog gebruik om iets te maak?”
6
So sê die Here my God: “Van al die hout gooi Ek die wingerdhout in die vuur om te brand en so maak Ek met die inwoners van Jerusalem.7 Ek word hulle teenstander. Hulle kom uit die vuur, maar die vuur sal hulle verteer. Wanneer Ek hulle teenstander word, sal hulle besef dat Ek die Here is.
8 Ek maak die land verlate, want hulle was troueloos,” sê die Here my God.
1
Die woord van die Here het tot my gekom:2 “Mens, sê vir Jerusalem wat se afskuwelike dinge hy gedoen het.
3 Jy moet sê: So sê die Here my God vir Jerusalem: Kanaän is die land van jou herkoms en jou geboorte. Jou pa was 'n Amoriet, jou ma 'n Hetiet.
4 Toe jy gebore is, is jou naelstring nie afgesny nie, jy is nie gebad nie, nie met sout ingevryf nie en nie in doeke toegedraai nie.
5 Niemand was oor jou besorg of het soveel vir jou oorgehad dat hy een van dié dinge vir jou gedoen het nie. Jy is met afsku behandel en in die veld weggegooi die dag toe jy gebore is.
6
“Toe het Ek verbygekom en jou in jou bloed sien spartel. Ek het vir jou daar waar jy in jou bloed gelê het, gesê: ‘Leef!’ Ja, Ek het vir jou daar waar jy in jou bloed gelê het, gesê: ‘Leef,7 groei!’
“Ek het jou soos 'n veldplant laat groei, en jy het gegroei en grootgeword. Jy het 'n pragtige meisie geword, jou borste het styf geword en jou hare lank. Maar jy was kaal, jy het nie klere gehad nie.8 Toe Ek by jou verbykom en sien dat jy volwasse begin word, het Ek jou onder my sorg geneem en vir jou klere aangetrek. Ek het My met 'n eed aan jou verbind en met jou 'n verbond aangegaan, sê die Here my God. Jy het Myne geword.
9 Ek het jou gebad, die bloed van jou afgewas en jou met olie ingesmeer.
10 Ek het vir jou 'n veelkleurige rok aangetrek en skoene van gebreide vel, Ek het vir jou klere laat dra van linne en ander kosbare stof.
11 Ek het jou getooi met juwele: vir jou armbande en halssnoere aangesit,
12 'n ring aan jou neus, hangertjies aan jou ore en 'n pragtige krans op jou kop.
13 Jy kon jou tooi in goud en silwer, jou klee in linne, kosbare stof, veelkleurige materiaal; jou kos was fynmeel, heuning en olie. Jy het baie mooi geword, geskik om 'n koningin te wees.
14 Jy het onder die nasies beroemd geword om jou skoonheid. Dit was 'n volmaakte skoonheid, die gevolg van die prag waarmee Ek jou uitgerus het,” sê die Here my God.
15
“Maar toe verlaat jy jou op jou skoonheid, jy gebruik jou beroemdheid om 'n slet te word en jy stel jouself vrylik tot beskikking van enigiemand wat verbykom, jy word syne.16 Jy het van jou klere gevat en vir jou veelkleurige hoogtes gemaak en daar jou afgodery bedryf, iets heeltemal ongehoords.
17 Jy het jou juwele gevat, van my goud en my silwer wat Ek vir jou gegee het, en vir jou mansbeelde gemaak en met hulle jou afgodery bedryf.
18 Jy het jou veelkleurige rok gevat en dit vir hulle aangetrek, jy het my olie en my wierook voor hulle neergesit.
19 Ek het jou gevoed met fynmeel, olie en heuning, maar jy het die kos wat Ek vir jou gegee het, voor hulle neergesit as offers met 'n aangename geur. Ja, dit is wat gebeur het, sê die Here my God.
20 Jy het jou seuns en jou dogters wat jy vir My in die wêreld gebring het, gevat en hulle vir die afgode as offermaaltye aangebied. Was jou ontrou nie genoeg nie,
21 dat jy ook nog my kinders moes slag en hulle vir die afgode moes laat verbrand?
22 Met al dié afskuwelike dade van jou, met jou ontrou het jy nie onthou van jou jeug toe jy kaal en sonder klere in jou bloed gelê en spartel het nie.
23
“Ellende, ellende wag vir jou,” sê die Here my God. “Nadat jy so sleg geword het,24 het jy boonop op elke oop plek vir jou 'n offerbult gebou, vir jou 'n hoogte ingerig.
25 By elke kruispad het jy vir jou 'n hoogte ingerig en van jou skoonheid iets afskuweliks gemaak. Jy het gretig gelê en wag vir elkeen wat verbykom; jy het aanmekaar bly hoereer.
26 Jy het gehoereer met jou goedbedeelde bure, die Egiptenaars, jy het aanmekaar bly hoereer en My bly uittart.
27 Ek het my hand teen jou uitgesteek en jou regte ingekort en jou oorgelaat aan die willekeur van jou vyande, die Filistyne. Selfs hulle het hulle geskaam oor jou skandelike gedrag.
28 Toe het jy met die Assiriërs gehoereer, want jy was nog nie bevredig nie; jy het met hulle gehoereer, maar ook toe is jy nie bevredig nie.
29 Jy het aanmekaar bly hoereer met die Galdese handelaars, maar ook dit het jou lus nie bevredig nie.
30 Jou koors was hoog toe jy dit alles gedoen het,” sê die Here my God. “Jy het jou gedra soos 'n skaamtelose hoer.
31 Jy het by elke kruispad vir jou 'n offerbult gebou, op elke oop plek 'n hoogte. Maar jy was nie eens soos 'n gewone prostituut nie, jy het jou neus opgetrek vir betaling.
32 Jy is soos 'n immorele vrou wat ander mans ontvang en nie haar eie man nie.
33 Al die prostitute kry betaling, maar jy betaal jou minnaars, van oral af lok jy hulle met geskenke na jou toe om met jou te hoereer.
34 Jy het met jou hoerery juis die teenoorgestelde gedoen van wat ander vrouens doen: niemand het agter jou aangeloop nie; jy het betaal, jy is nie betaal nie. Jy is net die teenoorgestelde.
35
“Daarom, hoer, hoor die woord van die Here!”36 So sê die Here my God: “Jy het jou eerloos gedra, jou sonder skaamte ontbloot om met jou minnaars te hoereer, met al jou afskuwelike afgode. Jy het vir hulle die bloed van jou kinders gegee.
37 Daarom gaan Ek al jou minnaars bymekaarbring, almal van wie jy gehou het, almal vir wie jy lief was en ook almal van wie jy nie gehou het nie. Ek gaan hulle van oral af rondom jou bymekaarbring en dan gaan Ek jou ontbloot voor hulle sodat hulle na jou kan kyk terwyl jy heeltemal kaal is.
38 Ek gaan jou straf soos vrouens gestraf moet word wat owerspel en moord gepleeg het. Ek laat jou die moorde voel, die gramskap, die woede.
39 Ek gee jou oor in die mag van jou minnaars. Hulle sal jou offerbulte afbreek, jou hoogtes verwoes. Hulle sal jou klere uittrek, jou juwele afvat en jou kaal, sonder klere daar laat staan.
40 Hulle sal 'n vergadering bymekaarroep om jou te veroordeel, hulle sal jou met klippe doodgooi en jou met hulle swaarde in stukke kap,
41 hulle sal jou huise afbrand. So sal hulle jou vonnis voltrek ten aanskoue van al die vrouens. Ek maak 'n end aan jou hoerery. Jy sal nie weer geskenke uitdeel nie.
42
“Eers wanneer Ek my gramskap teen jou laat uitwoed het, my woede op jou gekoel het, sal Ek bedaar en nie meer bitter wees nie.43 Jy het die tyd van jou jeug vergeet en My woedend gemaak, en Ek het wat jy gedoen het, op jou kop laat afkom,” sê die Here my God. “By al jou afskuwelike dade het jy boonop nog dié aanstootlike dinge gedoen.
44
“Almal wat van spreekwoorde hou, sal oor jou ook een hê: ‘Die dogter is soos die ma.’45 Jy is jou ma se dogter. Sy het 'n weersin gehad in haar eie man en kinders. Jy is jou susters se suster. Hulle het 'n weersin gehad in hulle mans en kinders. Julle ma was 'n Hetiet en julle pa 'n Amoriet.
46 Jou ouer suster is Samaria. Sy en haar dogters woon noord van jou. Jou suster wat jonger as jy is, is Sodom. Sy en haar dogters woon suid van jou.
47 Jy het nie net min of meer hulle voorbeeld gevolg en hulle afskuwelike dade nagedoen nie, jy was erger as hulle met alles wat jy gedoen het.
48 So seker as Ek leef,” sê die Here my God, “jou suster Sodom en haar dogters het nie gedoen wat jy en jou dogters gedoen het nie.
49 Jou suster Sodom se sonde was dat sy en haar dogters selftevrede en rustig in hoogmoed en oorvloed geleef het en vir die mens in nood en die arme niks oorgehad het nie.
50 Hulle was hooghartig en het voor my oë afskuwelike dinge gedoen. Daarom het Ek hulle laat verdwyn, soos jy gesien het.
51 Samaria het nie die helfte van die sondes gedoen wat jy gedoen het nie. Jy het baie meer afskuwelike dinge gedoen as hulle. Teenoor al die afskuwelike dinge wat jy gedoen het, lyk dit of jou susters 'n goeie lewe gelei het.
52 Dié skande moet jy ook nog dra, dat jy met jou sonde vir jou susters ingestaan het: jy het afskuweliker dinge as hulle gedoen en dit laat voorkom asof hulle in vergelyking met jou 'n goeie lewe gelei het. Jy moet nou die skande en skaamte dra dat jy aan jou susters die skyn van onskuld besorg het.
53 Ek gaan hulle lot verander, die lot van Sodom en haar dogters en die lot van Samaria en haar dogters, en joune daarmee saam.
54 So sal jy jou skande dra en jou moet skaam oor wat jy alles gedoen het wat hulle bevoordeel het.
55 Dit sal met jou susters Sodom en Samaria en met hulle dogters weer gaan soos vroeër, net soos met jou en jou dogters.
56 Jy het jou mond vol gehad oor jou suster Sodom. Dit was die tyd toe jy nog vol verwaandheid was,
57 voordat dit bekend geword het hoe sleg jy is. Nou is dit die Arameërs en almal in hulle omgewing, en ook die Filistyne wat jou verag en jou van alle kante loop en spot.
58 Jy dra nou die straf op jou afstootlike, afskuwelike dade, sê die Here.”
59
So sê die Here my God: “Ek het met jou gemaak soos jy gemaak het. Jy het die eed waaraan jy gebind was, met minagting behandel en die verbond verbreek.60 Maar Ek sal die verbond weer laat geld wat Ek met jou in jou jeug gesluit het en Ek sal dit altyd in stand hou.
61 Jy sal dink aan jou gedrag en jou skaam wanneer Ek jou susters vat, die een ouer as jy en die een jonger as jy, en hulle vir jou as dogters gee, al sal hulle nie deel in my verbond met jou nie.
62 Ek sal my verbond met jou in stand hou, en jy sal besef dat Ek die Here is.
63 Jy sal daaraan dink en jou skaam. Jy sal van skaamte nie weer jou mond oopmaak nie, want Ek gaan My met jou versoen ten spyte van alles wat jy gedoen het,” sê die Here my God.
1
Die woord van die Here het tot my gekom:2 “Mens, jy moet vir Israel 'n fabel, 'n gelykenis, vertel.
3 Jy moet vir hulle sê: So sê die Here my God:
“Die groot arend met die groot vlerke,4
Hy het die boonste takkie afgepluk,
dit na die land van die handelaars toe gebring
en dit daar in die stad van die smouse gaan neersit.
5
Daarna het hy 'n steggie uit Israel gevat
en dit in die grond gesit
waar daar baie water was en waar dit kon floreer.
6
Die steggie het gegroei en 'n wingerdstok geword
wat welig was maar laag op die grond moes bly
met sy blare na die arend toe gedraai
en sy wortels onder hom.
Dit het 'n wingerdstok geword, ranke gemaak
en lote uitgeskiet.
7
Daar kom toe nog 'n groot arend
met groot vlerke en baie vere,
en die wingerdstok draai sy wortels na dié arend toe
en stuur sy ranke in dié se rigting
sodat die arend vir hom nog meer water kan gee
as wat daar was op die plek waar hy geplant was.
8
Hy was geplant in goeie grond, by baie water;
hy kon ranke maak en druiwe dra,
hy kon 'n pragtige wingerdstok geword het.
9
“Jy moet sê: So sê die Here my God: “Sal dit goed gaan met die wingerdstok?10
Hy is geplant, maar sal hy goed groei?
Sal hy nie heeltemal verdor
wanneer die oostewind hom tref nie?
Hy sal verdroog op die plek waar hy gegroei het.”
11
Die woord van die Here het tot my gekom:12 “Jy moet vir hierdie weerbarstige volk vra: Weet julle nie wat dit beteken nie?
“Jy moet sê: Die koning van Babel het na Jerusalem toe gekom, die koning en die amptenare van die stad gevat en na hom toe in Babel gebring.13 Daarna het hy iemand uit die koninklike geslag gevat, met hom 'n ooreenkoms gemaak en hom 'n eed van trou laat sweer. Die koning van Babel het die vooraanstaande mense uit die land weggevat
14 sodat die koninkryk swak sou wees en nie in opstand sou kom nie en sodat daar aan die ooreenkoms gehou sou word en dit sou bly bestaan.
15 Maar die nuwe koning van Jerusalem het in opstand gekom teen die koning van Babel en gesante na Egipte toe gestuur om perde en baie manskappe te vra. Maar sal hy slaag met sy onderneming? Sal hy vrykom as hy so iets doen? Sal hy vrykom as hy die ooreenkoms verbreek?
16
“So seker as Ek leef,” sê die Here my God, “hy sal binne-in Babel sterf, in die stad van die koning wat hom koning gemaak het. Hy het sy eed van getrouheid aan daardie koning geminag en die ooreenkoms met hom verbreek.17 Die farao sal nie in die geveg help met 'n groot leërmag, met baie manskappe nie. Inteendeel, daar sal 'n beleëringswal teen Jerusalem opgegooi word en beleëringswerke gebou word met die doel om baie mense uit te roei.
18 Die koning het sy eed van getrouheid geminag en die ooreenkoms verbreek. Hy het 'n plegtige onderneming gemaak en toe tog al hierdie dinge gedoen: hy kan nie vrykom nie.”
19
So sê die Here my God: “So seker as Ek leef, Ek laat hom die gevolge dra daarvan dat hy die eed van getrouheid aan My geminag en die verbond met My verbreek het.20 Ek gooi my vangnet oor hom, hy word gevang in my net, en Ek bring hom na Babel toe waar Ek hom sal laat boet vir sy ontrou aan My.
21 Al sy soldate wat saam met hom sal probeer vlug, sal met die swaard doodgemaak word, en dié wat oorbly, sal in alle windrigtings verstrooi word. Dan sal hulle besef dat dit Ek, die Here, is wat gepraat het.”
22
So sê die Here my God: “Ek vat die top van die hoë seder weg en plant hom, Ek pluk die sagte boonste takkie af en plant hom op 'n hoë berg.23 Ek plant hom hoog op die bergland van Israel waar hy takke sal maak en saad sal skiet. Hy sal 'n pragtige seder word, en in hom sal al die voëls woon; al wat vlerke het, sal in die skaduwee van sy takke nes maak.
24 Al die bome in die veld sal weet dat Ek die Here is. Ek maak groot bome klein en klein boompies groot, Ek laat groen bome verdroog en droë bome bot. Ek, die Here, het dit gesê en Ek sal dit doen.”
1
Die woord van die Here het tot my gekom:2 “Waarom gebruik julle in die land Israel hierdie spreekwoord:
“ ‘Die vaders eet groen druiwe,3
“So seker as Ek leef,” sê die Here my God, “julle sal nie meer dié spreekwoord in Israel gebruik nie.4 Al die mense behoort aan My, vaders en kinders is Myne. Dit is die mens wat sondig wat sal sterf.
5 Wie wil leef volgens my wil, sal reg laat geskied en reg doen:
6
“hy sal nie aan die offermaaltye op die berge deelneem nie,
hy sal nie hulp soek by die afgode van die volk Israel nie,
hy sal nie 'n ander se vrou onteer nie,
hy sal nie aan 'n vrou raak wat menstrueer nie,
7
hy sal niemand verdruk nie,
hy sal goed wat hy in pand geneem het, teruggee,
hy sal niemand beroof nie,
hy sal van sy kos gee vir dié wat honger is,
hy sal klere gee vir dié wat nie klere het nie,
8
hy sal nie geld op rente uitleen nie
en nie woekerwins vat nie,
hy sal hom van onreg weerhou
en reg laat geskied in sake tussen mense,
9
hy sal lewe volgens my voorskrifte,
my bepalings gehoorsaam en hulle getrou nakom.
10
“Maar so iemand kan 'n wilde seun hê wat moord pleeg of van dié sondes doen11 terwyl die pa dit nie gedoen het nie. As die seun aan die offermaaltye op die berge deelneem, 'n ander se vrou onteer,
12 die mens in nood en die arme verdruk, mense beroof, goed wat hy in pand geneem het, nie teruggee nie, hulp soek by afgode en so afskuwelike dade pleeg,
13 geld op rente uitleen of woekerwins vat, kan hy nie bly lewe nie. Hy sal nie bly lewe nie, hy het al hierdie afskuwelike dinge gedoen en hy moet dood. Hy verdien die dood.
14
“Maar so 'n seun kan op sy beurt 'n seun hê, en dié kan al die sonde sien wat sy pa doen en My dien en nie sulke sondes doen nie.15 Hy neem nie deel aan die offermaaltye op die berge nie, soek nie hulp by die afgode van die volk Israel nie, onteer nie 'n ander se vrou nie,
16 verdruk niemand nie, vat niks in pand nie, beroof niemand nie, gee van sy kos vir dié wat honger is, gee klere vir dié wat nie het nie,
17 weerhou hom van verdrukking, vat nie rente of woekerwins nie, doen wat Ek bepaal en lewe volgens my voorskrifte. So iemand sal nie sterf vir sy pa se sondes nie, hy sal bly lewe.
18 Maar sy pa sal sterf vir sy eie sonde. Hy het mense verdruk en beroof en het verkeerde dinge gedoen tussen sy mense.
19
“Julle vra waarom die seun nie die straf op sy pa se sonde kan dra nie? Omdat die seun reg laat geskied en reg leef. Hy is gehoorsaam aan al my voorskrifte en hy voer hulle uit, en daarom sal hy bly lewe.20 Die mens wat sondig, sal sterwe. 'n Seun sal nie die straf op sy pa se sonde dra nie, en 'n pa sal nie die straf op sy seun se sonde dra nie. Wie leef volgens my wil, sal die vrugte daarvan pluk. Wie goddeloos is, sal die straf daarvoor dra.
21
“Maar die goddelose wat hom van al sy sondes bekeer, al my voorskrifte nakom, reg laat geskied en reg doen, sal bly lewe, hy sal nie sterwe nie.22 Nie een van sy oortredings wat hy begaan het, sal teen hom gehou word nie. Hy sal bly lewe op grond van die reg wat hy doen.
23 Dit is beslis nie my wil dat die goddelose moet sterf nie, sê die Here my God, dit is my wil dat hy hom bekeer van sy verkeerde dade en dat hy bly lewe.
24
“En as iemand wat altyd my wil gedoen het, ophou om dit te doen en onreg pleeg en die afskuwelike dinge doen wat die goddelose doen, sal hy nie bly lewe nie. Nie een van die goeie dinge wat hy gedoen het, sal in sy guns tel nie, want hy het ontrou geword en hy sal sterf op grond van sy sonde wat hy gedoen het.25
“Julle sê: ‘Die Here tree nie reg op nie.’ Luister, Israel, tree Ék nie reg op nie? Dit is julle wat nie reg optree nie!26 As iemand wat altyd my wil gedoen het, ophou om dit te doen en onreg pleeg en op grond daarvan sterf, sterf hy op grond van die onreg wat hy gepleeg het.
27 En as 'n goddelose hom bekeer van sy goddelose optrede en hy laat reg geskied en doen reg, hou hy hom in die lewe.
28 Omdat hy tot insig gekom het en hom bekeer het van al sy oortredings wat hy begaan het, sal hy bly lewe, hy sal nie sterwe nie.
29 En dan sê Israel: ‘Die Here tree nie reg op nie.’ Is dit Ek wat nie reg optree nie, Israel? Dit is julle wat nie reg optree nie!
30
“Ek gaan julle oordeel, Israel, elkeen volgens sy eie optrede,” sê die Here my God. “Bekeer julle, bekeer julle van al julle oortredings, sodat die sonde nie julle val bewerk nie.31 Laat vaar al julle oortredings en kry 'n nuwe gesindheid, 'n nuwe gees. Waarom wil julle sterf, Israel?
32 Dit is nie my wil dat die mens moet sterf nie,” sê die Here my God, “maar dat hy hom bekeer en bly lewe.”
1
“Jy moet hierdie treurlied sing oor die konings van Israel.2 Jy moet sê:
“Wat 'n leeuwyfie was jou ma nie tussen die leeus nie!3
Sy het een van haar welpies grootgemaak
en hy het 'n jong leeu geword.
Hy het geleer om sy prooi te vang
en selfs 'n mensvreter geword.
4
Maar die nasies het van hom gehoor
en hom in 'n vanggat gevang.
Hulle het hom met hake
na Egipte toe gesleep.
5
“Toe die leeuwyfie sien sy kry nie haar sin nie6
Hy het tussen die leeus rondgestap
en 'n jong leeu geword.
Hy het geleer om sy prooi te vang
en selfs 'n mensvreter geword.
7
Hy het hulle weduwees vir hom gevat
en hulle stede verwoes.
Die land en almal daarin was verskrik
vir sy gebrul.
8
Die mense het die nasies in die lande rondom
teen hom aangehits,
en dié het hulle vangnet oor hom gegooi
en hom in 'n vanggat gevang.
9
Hulle het hom in 'n hok gesit
en hom met hake na die koning van Babel toe gesleep.
Hulle het hom daar gevange laat hou
sodat hulle nie weer sy brul sou hoef te hoor
op die berge van Israel nie.
10
“Jou ma was soos 'n wingerdstok11
Hy het sterk lote gehad,
geskik vir koninklike septers.
Hy het hoog gegroei, tot by die wolke,
en jy kon hom uitken aan sy hoogte en sy baie ranke.
12
Maar hy is in woede uitgeruk
en op die grond neergegooi.
Die oostewind het hom uitgedor
en sy vrugte is afgepluk.
Sy sterk lote het verdroog en is verbrand.
13
Toe word die wingerdstok in die woestyn geplant,
in 'n droë dorsland,
14
maar daar het vuur uit die lote gekom
en sy ranke en vrugte verteer.
Toe was daar nie meer sterk lote aan die wingerdstok,
geskik vir koninklike septers nie.”
1
Op die tiende van die vyfde maand, in die sewende jaar, het daar van die leiers van Israel gekom om die Here te raadpleeg. Hulle het voor my kom sit,2 en toe kom die woord van die Here tot my:
3 “Mens, praat met die leiers van Israel. Sê vir hulle: So sê die Here my God: Het julle gekom om My te raadpleeg? So seker as Ek leef, Ek laat My nie deur julle raadpleeg nie, sê die Here my God.
4 Oordeel jý oor hulle, mens, oordeel jý. Vertel vir hulle van die afskuwelike dinge wat hulle voorvaders gedoen het.
5 Jy moet vir hulle sê: So sê die Here my God: Die dag toe Ek Israel, die nageslag van Jakob, gekies het en My met 'n eed aan hulle verbind het, het Ek My aan hulle bekend gemaak in Egipte. Ek het My met 'n eed aan hulle verbind en gesê: ‘Ek, die Here, is julle God.’
6 Ek het My daardie dag met 'n eed verbind om hulle uit Egipte uit te bring na 'n land toe wat Ek vir hulle verken het, 'n land wat oorloop van melk en heuning, 'n sieraad onder al die lande.
7 Ek het vir hulle gesê: ‘Gooi weg die afstootlike afgode, moet julle nie verontreinig met Egipte se afgode nie. Ek, die Here, is julle God.’
8 Maar hulle het hulle teen My verset, hulle wou nie na My luister nie. Hulle het nie hulle afstootlike afgode weggegooi nie en het nie afgesien van Egipte se afgode nie. Ek het gedink Ek sal my toorn oor hulle laat losbreek en my woede op hulle koel daar in Egipte,
9 maar Ek het gedoen wat die eer van my Naam vereis het. Ek wou nie dat my Naam oneer aangedoen word voor die oë van die nasies tussen wie my volk gewoon het nie, en toe het Ek My bekend gemaak aan hulle voor die oë van die nasies en my volk uit Egipte gebring.
10
“Ek het hulle uit Egipte gebring en hulle die woestyn in laat trek.11 Ek het aan hulle my voorskrifte gegee en my bepalings aan hulle bekend gemaak, sodat elkeen wat daarvolgens optree, in die lewe sou bly.
12 Ek het ook my sabbatte aan hulle gegee om vir hulle 'n teken te wees van die verhouding tussen hulle en My, en sodat hulle sou weet dat Ek, die Here, hulle geheilig het.
13 Maar Israel het hulle teen My verset in die woestyn. Hulle het nie volgens my voorskrifte gelewe nie en het my bepalings verwerp waarvolgens elkeen moes optree om in die lewe te bly. Hulle het my sabbatte gruwelik ontheilig. Ek het gedink Ek sal my toorn daar in die woestyn teen hulle laat losbreek om hulle uit te roei,
14 maar Ek het gedoen wat die eer van my Naam vereis het. Ek wou nie dat my Naam oneer aangedoen word voor die nasies voor wie se oë Ek my volk uit Egipte gebring het nie.
15 Ek het ook daar in die woestyn 'n eed afgelê dat Ek hulle nie in die land sou bring wat Ek aan hulle gegee het nie, die land wat oorloop van melk en heuning, die sieraad onder al die lande.
16 Hulle het immers my bepalings verwerp, nie volgens my voorskrifte gelewe nie, my sabbatte ontheilig en die afgode van hulle keuse gedien.
17 Maar Ek het hulle jammer gekry en hulle nie uitgeroei nie, Ek het nie 'n end aan hulle gemaak in die woestyn nie.
18
“Ek het in die woestyn vir hulle kinders gesê: ‘Moenie volgens die gebruike van julle voorvaders leef nie, moenie aan hulle maniere vashou nie, moet julle nie verontreinig met hulle afgode nie.19 Ek, die Here, is julle God. Leef volgens my voorskrifte, kom my bepalings na en leef daarvolgens,
20 hou my sabbatte heilig sodat hulle die teken kan wees van die verhouding tussen My en julle, sodat julle kan weet dat Ek, die Here, julle God is.’
21 Maar ook die kinders het hulle teen My verset. Hulle het nie volgens my voorskrifte gelewe nie en nie my bepalings nagekom waarvolgens elkeen moes optree om in die lewe te bly nie. Hulle het my sabbatte ontheilig. Ek het gedink Ek sal my toorn oor hulle laat losbreek en my woede op hulle koel daar in die woestyn.
22 Maar Ek het My bedwing en gedoen wat die eer van my Naam vereis het. Ek wou nie dat my Naam oneer aangedoen word voor die nasies voor wie se oë Ek my volk uit Egipte gebring het nie.
23 Ek het ook daar in die woestyn 'n eed afgelê dat Ek hulle onder die nasies sou verstrooi, hulle oor ander lande sou versprei.
24 Hulle het immers nie my bepalings nagekom nie, hulle het my voorskrifte verwerp, my sabbatte ontheilig en by hulle voorvaders se afgode hulp gesoek.
25 Ek het vir hulle voorskrifte gegee wat nie goed was nie en bepalings waardeur hulle nie in die lewe kon bly nie.
26 Ek het hulle onrein laat word deur hulle offergawes waarin hulle al hulle eersgeborenes verbrand het, Ek wou hulle skrikbevange maak sodat hulle sou besef dat Ek die Here is.
27
“Praat met Israel, mens, sê vir hulle: So sê die Here my God: Julle voorvaders het My ook nog in my eer aangetas deur heeltemal ontrou aan My te word.28 Ek het hulle na die land toe gebring wat Ek met 'n eed beloof het om aan hulle te gee, en hulle het op elke hoë heuwel en onder elke groen boom wat hulle gesien het, hulle diereoffers gebring, hulle geskenke neergesit wat My gekrenk het, hulle wierookoffers verbrand en hulle drankoffers uitgegiet.
29 Ek het vir hulle gesê: Wat se hoogte is dit waarnatoe julle gaan?”
Dié soort plek word vandag nog 'n hoogte genoem.30
“Sê vir Israel: So sê die Here my God: Julle het julle verontreinig op dieselfde wyse as julle voorvaders en julle het in julle ontrou aan My hulle afstootlike afgode gedien.31 As julle vir die afgode geskenke aandra en julle kinders as offers verbrand, as julle julle nog steeds verontreinig met julle afgode, moet Ek My deur julle laat raadpleeg, Israel? So seker as Ek leef,” sê die Here my God, “Ek sal My nie deur julle laat raadpleeg nie.
32 Wat in julle gedagtes opgekom het, sal nie gebeur nie. Julle dink: ons wil soos die ander nasies wees, soos die mense in ander lande, ons wil hout en klip dien.
33
“So seker as Ek leef,” sê die Here my God, “Ek sal oor julle regeer met mag en krag en Ek sal my toorn oor julle laat losbreek.34 Ek sal julle met mag en krag tussen die volke uitbring en julle bymekaarmaak uit die lande waarheen Ek julle verstrooi het en my toorn oor julle laat losbreek.
35 Ek sal julle bring na die woestyn tussen Babel en Israel en daar my saak teen julle van aangesig tot aangesig stel.
36 Soos Ek my saak teen julle voorvaders in die woestyn van Egipte gestel het, so sal Ek dit met julle doen,” sê die Here my God.
37 “Ek sal vasstel dat julle almal daar is en julle oordeel op grond van die eise van die verbond.
38 Ek sal dié van julle wat hulle teen My verset en opstandig is, uitsoek en hulle laat trek uit die land waar hulle woon, maar in die land Israel sal hulle nie kom nie. Hulle sal besef dat Ek die Here is.
39
“En wat julle betref, Israel,” sê die Here my God, “loop na julle gode toe, dien hulle, nou en later, as julle nie na My wil luister nie en my heilige Naam nog wil oneer aandoen met julle geskenke aan afgode en met julle afgode self.40
“Op my heilige berg, op die hoë berg van Israel,” sê die Here my God, “daar, in dié land, sal die hele Israel My dien. Daar sal Ek weer goedgesind wees teenoor hulle en daar sal Ek bereid wees om hulle offergawes, hulle eerstelingoffers en al hulle geskenke aan die heiligdom te ontvang.41 Die reuk van julle offers sal vir My aanneemlik wees. Wanneer Ek julle onder die volke uit laat trek en julle bymekaarmaak uit al die lande waarheen Ek julle verstrooi het, sal Ek My deur julle voor die oë van die nasies laat ken as die Heilige.
42 Julle sal besef dat Ek die Here is wanneer Ek julle na die land Israel toe bring, na die land wat Ek met 'n eed beloof het om aan julle voorvaders te gee.
43 Daar sal julle julle optrede en al die dinge waarmee julle julle verontreinig het, in herinnering roep en julle sal 'n weersin in julleself kry oor al die sondige dinge wat julle gedoen het.
44 Wanneer Ek met julle handel soos die eer van my Naam dit vereis en nie volgens julle sondige optrede, julle slegte dade nie, sal julle besef dat Ek die Here is. Dit, Israel, sê die Here my God.”
45
Die woord van die Here het tot my gekom:46 “Mens, draai jou gesig na die suide toe, laat vloei jou woorde na die suide toe, tree op as profeet teen die bos in die oop veld, die Suidland.
47 Jy moet vir die bos in die Suidland sê: Hoor die woord van die Here!”
So sê die Here my God: “Ek gaan jou aan die brand steek. Elke groen boom en elke droë boom in jou gaan verbrand. Die vlamme sal nie geblus word nie, dit sal elke gesig skroei, van die suide van die land af tot in die noorde.48 Al wat leef, sal sien dat Ek, die Here, die vuur aangesteek het. Dit sal nie geblus word nie.”
49
Toe sê ek: “Ag, Here my God, hulle sê ek praat net altyd in raaisels.”1
Toe kom die woord van die Here tot my:2 “Mens, draai jou gesig na Jerusalem toe, laat jou woorde na die heiligdomme toe vloei, tree op as profeet teen die land Israel.
3 Sê vir die land Israel: So sê die Here: Ek is jou vyand, Ek gaan my swaard uit sy skede trek en dié wat reg doen sowel as dié wat verkeerd doen, uit jou uitroei.
4 En omdat Ek dié wat reg doen sowel as dié wat verkeerd doen, uit jou wil uitroei, daarom word my swaard getrek teen al wat leef, van die suide af tot in die noorde.
5 Al wat leef, sal weet dat Ek, die Here, my swaard getrek het, en dit sal nie teruggaan skede toe nie.
6
“En jy, mens, moet kreun. Jy moet voor hulle oë 'n ineenstorting kry en bitterlik kreun.7 En as hulle vir jou vra hoekom jy kreun, moet jy sê: Oor die tyding wat kom; elke hart sal verstyf van angs, al die hande sal slap hang, almal sal moed verloor, water sal teen al die knieë afloop; dit kom, dit sal gebeur,” sê die Here my God.
8
Die woord van die Here het tot my gekom:9 “Mens, tree as profeet op, sê: So sê die Here! Roep:
“Swaard, swaard! Hy is skerpgemaak en blinkgevryf,10
hy is skerpgemaak vir die slagting,
hy is blinkgevryf om soos weerlig te blits!
Of moet ons bly wees oor die koninklike septer
wat geen boom ontsien nie, my seun?
11
'n Mens laat die swaard blinkvryf
en dit word in die hand vasgevat;
dit is 'n skerpgemaakte swaard,
dit is blinkgevryf
om dit in die hand te sit van hom wat moet doodmaak.
12
Skree, mens, huil!
Die swaard is teen my volk gerig
en teen al die leiers van Israel.
Hulle is saam met my volk uitgelewer aan die swaard.
Slaan van ontsteltenis jou hande teen jou heupe!
13
“Die vuurproef is daar. En wat sal gebeur as die koninklike septer wat niks ontsien nie, nie meer daar is nie?” sê die Here my God.14
“Maar jy, mens, tree op as profeet,
slaan jou hande inmekaar.
Laat die swaard twee keer, drie keer swaai.
Dit is 'n swaard wat mense doodmaak,
'n groot swaard wat doodmaak,
hy deurboor mense.
15
Hy laat moed wegsmelt,
hy vermenigvuldig die gesneuweldes.
Ek laat die swaard 'n slagting aanrig
in al hulle stede.
Hy is gemaak om te blits,
hy is vasgevat vir die slagting.
16
Wys hoe skerp jy is, kap regs en links,
waar jou lem ook al heen gedraai word.
17
Dan sal Ek ook my hande inmekaar slaan
en my toorn tot bedaring bring.
Ek, die Here, het dit gesê.”
18
Die woord van die Here het tot my gekom:19 “Mens, jy moet vir die koning van Babel se swaard twee paaie maak om op aan te kom. Die twee paaie moet uit dieselfde land kom en jy moet 'n padwyser uitkap waar die pad na die stad toe begin. Jy moet dit uitkap
20 en die rigting aandui waarlangs die swaard kan kom na Rabba, die Ammonietestad toe, en na Juda, na die vestingstad Jerusalem toe.
21 Die koning van Babel staan by die kruispad waar die twee paaie begin, en hy soek na 'n teken, hy skud die pyle, hy raadpleeg sy afgodsbeeldjies, hy kyk na 'n dier se lewer.
22 Die teken wat hy gesoek het, kom in sy regterhand: Jerusalem! Die koning van Babel gaan stormramme regmaak, die bevel gee om aan te val, oorlogskrete skreeu, die stormramme teen die poorte opstel, 'n beleëringswal opgooi, beleëringswerke bou.
23 Die mense in Jerusalem sal dink dis 'n vals teken, want hulle het plegtige ede afgelê aan die koning van Babel. Maar hy sal hulle herinner aan hulle oortreding en hy sal hulle aanval.
24
“Daarom,” so sê die Here my God, “het julle self gewys hoe skuldig julle is toe julle opstandigheid aan die lig gekom het en julle sondes duidelik geword het aan alles wat julle doen, julle is aan die kaak gestel en julle sal aangeval word.25
“En jy, regeerder van Israel wat deur jou goddeloosheid gaan sterwe, jy wie se dag gekom het, die tyd van afrekening,”26 so sê die Here my God: “Haal af jou tulband en jou kroon, niks bly soos dit is nie; wat onder is, moet op, en wat bo is, moet af.
27 Puin, puin, puin maak Ek dit! Maar ook dit sal nie gebeur voordat hy kom wat die stad moet straf nie, en Ek sal die stad vir hom gee.”
28
“En jy, mens, tree op as profeet en sê: So sê die Here my God oor die Ammoniete en oor hulle gespot. Sê: “Swaard, swaard wat getrek is vir die slagting,29
al was daar gesigte oor jou wat nie bestaan het nie,
voortekens oor jou wat leuens was,
jy kap reeds aan die nekke
van dié wat deur hulle goddeloosheid gaan sterwe,
dié wie se dag gekom het, die tyd van afrekening.
30
Maar sit die swaard terug in sy skede!
Op die plek waar jy geskep is,
in die land van jou herkoms sal Ek jou straf.
31
Ek sal my woede oor jou laat losbreek,
Ek blaas die vuur van my gramskap oor jou,
Ek gee jou oor in die mag van wrede mense
wat weet hoe om uit te roei.
32
Jy sal deur vuur verteer word,
jou bloed sal vloei in die land,
die gedagtenis aan jou sal verdwyn,
want Ek, die Here, het gepraat.”
1
Die woord van die Here het tot my gekom:2 “Mens, wil jy hom oordeel, wil jy oor die stad van bloedvergieting oordeel? Vertel dan vir hom van sy afskuwelike dade.
3 Jy moet sê: So sê die Here my God: Stad wat bloed vergiet het in homself en so die oordeel oor hom gebring het, wat vir hom afgode gemaak het en so homself verontreinig het,
4 jy staan skuldig aan die bloed wat jy vergiet het, jy is onrein deur jou afgode wat jy gemaak het. Jy het self jou oordeelsdag nader gebring en by jou einde uitgekom. Ek maak jou 'n spot onder die nasies; al die lande sal vir jou lag.
5 Dié wat naby jou is en dié wat ver van jou af is, sal vir jou lag. Jy gaan so erg te kere dat jou naam vuil geword het.
6
“Elke regeerder van Israel het sy mag misbruik om bloed te vergiet in jou.7 Vader en moeder is in jou verag, die vreemdeling is verdruk in jou, die weeskind en die weduwee is mishandel in jou.
8 Wat aan My gewy is, het jy geminag, my sabbatte het jy ontheilig.
9 Daar is mense in jou wat ander belaster om hulle dood te veroorsaak, wat aan die offermaaltye op die berge deelneem en wat afstootlike dinge in jou doen.
10 Daar is mense in jou wat by hulle pa's se vrouens slaap en wat vrouens onteer selfs terwyl hulle menstrueer en onrein is.
11 Die een begaan afskuwelike dinge met die ander se vrou, die een pleeg afstootlike dade met sy skoondogter en verontreinig haar, die een onteer sy halwe suster, sy pa se dogter.
12 Hulle laat hulle in jou omkoop om moord te pleeg, hulle vat rente en woekerwins, hulle pleeg bedrog en doen ander te kort: hulle maak of Ek nie daar is nie,” sê die Here my God.
13
“Ek slaan my hande saam oor die oneerlike wins wat jy maak en oor die bloed wat daar in jou vergiet is.14 Sal jy nog selfversekerd wees wanneer jy jou sterk probeer maak vir die tyd wanneer Ek met jou handel? Ek, die Here, het gepraat, en Ek sal dit doen.
15 Ek sal jou versprei onder die nasies en jou uitmekaarjaag na ander lande toe, Ek gaan 'n end maak aan die onreinheid in jou.
16 Jy het jouself onrein gemaak in die oë van die ander nasies. Jy sal besef dat Ek die Here is.”
17
Die woord van die Here het tot my gekom:18 “Mens, Israel het vir My soos metaal geword. Hulle almal is die koper, die tin, die yster, die lood binne-in die smeltoond, die metaal, die silwer.”
19
So sê die Here my God: “Omdat julle almal metaal geword het, gaan Ek julle in Jerusalem bymekaarbring.20 Soos 'n mens silwer, koper, yster, lood en tin saam in 'n smeltoond gooi en die vuur aanblaas om die metaal te smelt, so gooi Ek julle in my toorn en my gramskap saam in die smeltoond om julle te smelt.
21 Ek maak julle bymekaar en blaas die vuur van my toorn aan teen julle om julle in Jerusalem te smelt.
22 Soos silwer in 'n oond gesmelt word, so word julle gesmelt in Jerusalem. Wanneer Ek my toorn oor julle laat losbreek, sal julle besef dat Ek die Here is.”
23
Die woord van die Here het tot my gekom:24 “Mens, sê vir die land: Jy is 'n land wat geen reën sal kry die dag as my toorn losbreek nie.
25
“Die regeerders in die land sweer saam en is soos brullende leeus op vangste uit. Hulle vreet mense op en vat die rykdom en kosbaarhede vir hulleself, hulle maak baie vrouens in die land weduwees.26 Die priesters in die land doen my wet geweld aan en hulle ontwy wat aan My gewy is. Hulle maak nie onderskeid tussen wat gewyd en wat nie gewyd is nie, en hulle ken nie die onderskeid tussen rein en onrein nie. Vir my sabbatte gee hulle niks om nie. So word Ek tussen hulle oneer aangedoen.
27 Die amptenare in die land is soos verskeurende wolwe. Hulle moor, hulle laat mense doodgaan, hulle maak oneerlike wins.
28 Die profete in die land pleister alles toe: hulle sien gesigte wat nie daar is nie, verkondig leuens as waarsêery en sê: ‘So sê die Here my God,’ terwyl Ek niks gesê het nie.
29 Die burgers van die land verdruk en beroof mense. Hulle buit armes en mense in nood uit en hulle verdruk die vreemdeling asof daar geen reg bestaan nie.
30 Ek het iemand tussen hulle gesoek wat 'n muur sou bou en vir die stad in die bres sou tree dat dit nie vernietig word nie, maar Ek het niemand gekry nie.
31 Daarom laat Ek my toorn oor hulle losbreek en vernietig Ek hulle met die vuur van my gramskap. Ek laat hulle kry wat hulle verdien,” sê die Here my God.
1
Die woord van die Here het tot my gekom:2 “Mens, daar was twee vrouens, dogters van dieselfde ma.
3 Hulle was al onsedelik in Egipte, toe hulle jonk was. Dáár is hulle borste al betas, dáár, toe hulle nog jongmeisies was, is daar al aan hulle borste gevat.
4 Die oudste se naam was Ohola, en haar suster was Oholiba. Hulle het aan My behoort en hulle het seuns en dogters gehad. Ohola se naam was eintlik Samaria en Oholiba s'n was Jerusalem.
5 Ohola was ontrou aan My en het gesmag na haar minnaars, die Assiriërs. Hulle was vegters,
6 goewerneurs en ampsdraers wat pers klere gedra het, almal uitgesoekte manne, ruiters te perd.
7 Sy het gewillig met hulle omgegaan, met al die beste Assiriërs. Sy het haar verontreinig met almal na wie sy gesmag het, met al hulle afgode.
8 Sy het haar onsedelikheid waarmee sy in Egipte begin het, nie laat vaar nie. Hulle het toe sy nog jonk was, by haar geslaap, aan haar borste gevat toe sy nog 'n jongmeisie was. Hulle het hulle luste laat botvier met haar.
9 Daarom het Ek haar oorgegee in die mag van haar minnaars, in die mag van die Assiriërs na wie sy gesmag het.
10 Hulle het haar klere uitgetrek, haar seuns en dogters weggevat en haar toe met die swaard doodgemaak. Die straf wat sy ondergaan het, het van haar 'n voorbeeld gemaak wat vrouens moes afskrik.
11
“Haar suster Oholiba het dit alles gesien. Maar haar wellus en haar onsedelikheid was nog erger as dié van haar suster.12 Sy het gesmag na die Assiriërs, goewerneurs, ampsdraers, vegters met pragtige klere aan, ruiters te perd, almal uitgesoekte manne.
13 Ek het gesien hoe sy haar verontreinig. Die twee susters het dieselfde pad geloop.
14 Maar Oholiba het met haar onsedelikheid nog verder gegaan. Sy het mansfigure teen 'n muur afgeteken gesien, afbeeldings van Galdeërs, met 'n rooi kleurstof geteken;
15 hulle het lendedoeke om die heupe gehad en oorhangende tulbande op die koppe; almal het na offisiere gelyk en dit het gelyk of hulle Babiloniërs kon wees, afkomstig uit Galdeërland.
16 Toe sy hulle sien, het sy na hulle gesmag; sy het boodskappers na hulle toe in Galdeërland gestuur,
17 en die Babiloniërs het na haar toe gekom en by haar geslaap en haar verontreinig met hulle onsedelikheid. Maar nadat sy van hulle onrein geword het, het sy 'n teësin in hulle gekry.
18
“Omdat sy so openlik onsedelik was en haar klere vir almal uitgetrek het, het Ek ook 'n teësin in haar gekry, net soos in haar suster.19 Sy het immers aangegaan met haar onsedelikheid en haar rondlopery wat al in haar jeug in Egipte bestaan het, nie laat vaar nie.
20 Sy het gesmag na die wellustelinge onder hulle wat so goed bedeeld was soos donkiehingste en perdehingste.
21 Ja, jy het bly terugverlang na jou afstootlike gedrag in jou jeug toe die Egiptenaars jou borste betas, jou jeugdige borste gestreel het.
22
“Daarom, Oholiba,” so sê die Here my God, “gaan Ek nou jou minnaars in wie jy 'n teësin gekry het, teen jou aanhits, Ek bring hulle van alle kante af na jou toe;23 die Babiloniërs, al die Galdeërs, die mense van Pekod, Soa en Koa, en al die Assiriërs saam met hulle, uitgesoekte manne, almal goewerneurs en ampsdraers, offisiere en vooraanstaande mense, almal te perd.
24 Hulle sal jou uit die noorde oorval met strydwaens en groot leërmagte. Toegerus met klein en groot skilde en met helms, sal hulle rondom teen jou stelling inneem. Ek gee jou aan hulle oor om jou te straf, en hulle sal jou straf volgens hulle gebruike.
25 Ek gee my woede teen jou vrye teuels: hulle sal hulle op jou wreek en jou neus en jou ore afsny. Wat van jou inwoners oor is, sal met die swaard doodgemaak word. Hulle sal jou seuns en jou dogters vat, en wat van jou oorbly, sal verbrand word.
26 Hulle sal jou klere uittrek en jou juwele vat.
27 Ek gaan 'n end maak aan jou aanstootlike gedrag, jou onsedelikheid wat jy al in Egipte bedryf het. Jy sal nie meer na minnaars kyk nie en nie meer aan Egipte dink nie.”
28
So sê die Here my God: “Ek gee jou oor in die mag van dié wat jy haat, dié in wie jy 'n weersin gekry het.29 Hulle sal hulle haat teen jou laat geld, hulle sal alles vat waarvoor jy gewerk het en jou kaal, sonder klere los. Almal sal jou onsedelike naaktheid sien. Jou afstootlike gedrag, jou onsedelikheid
30 doen dit aan jou. Jy het in jou ontrou ander nasies nagevolg en jou met hulle afgode verontreinig.
31 Jy het jou suster se voorbeeld gevolg, en daarom het Ek jou die beker laat drink wat sy moes drink.”
32
So sê die Here my God: “Jy sal die beker drink wat jou suster moes drink,33
Jy sal jou vol drink en dronk word van swaarkry;
die beker wat jou suster Samaria moes drink,
is 'n beker vol angs en skrik.
34
Jy sal hom leeg drink, alles opdrink,
jy sal aan sy skerwe knaag,
jy sal jou borste stukkend skeur.
Ek, die Here, het gepraat,”
sê die Here my God.
35
So sê die Here my God: “Omdat jy My vergeet het en jou rug vir My gedraai het, sal jy die straf vir jou aanstootlike gedrag en jou onsedelikheid dra.”36
Die Here het vir my gesê: “Mens, oordeel jy oor Ohola en Oholiba. Vertel vir hulle van hulle afskuwelike dade.37 Hulle het owerspel gepleeg en daar is bloed aan hulle hande. Hulle het owerspel gepleeg met hulle afgode en hulle het boonop hulle kinders wat hulle vir My in die wêreld gebring het, as offers laat verbrand.
38 Hulle het My ook nog dít aangedoen: hulle het my heiligdom ontwy en op dieselfde dag my sabbatte ontheilig;
39 hulle het hulle kinders vir hulle afgode geslag en op dieselfde dag in my heiligdom gekom en dit ontwy. Dit is wat hulle binne-in my huis gedoen het.
40
“Ja, jy het mans van ver af laat kom, jy het boodskappers na hulle toe gestuur en hulle het gekom. Jy het gebad, jou oë geverf en jou juwele aangesit.41 Jy het op 'n pragtige bed gesit en voor jou was 'n gedekte tafel waarop jy my wierook en my olie gesit het.
42
“Die stemme van 'n sorgelose klomp was rondom haar. By dié manne is van al die baie mense wat daar is, ook nog mense van Seba uit die woestyn bygebring, en dié het vir die twee susters armbande aangesit en op hulle koppe pragtige kranse.43 Ek het gedink: kom hulle owerspel pleeg met 'n vrou wat klaar opgebruik is? Het sy nou 'n gewone hoer geword?
44 Hulle het na haar toe gekom soos 'n mens na 'n hoer toe kom. So het hulle na Ohola en Oholiba, die afstootlike vrouens toe gekom.
45 Regverdige manne moet oor dié vrouens oordeel volgens die bepaling oor owerspel en die bepaling oor bloedvergieting, want hulle het owerspel gepleeg en daar is bloed aan hulle hande.”
46
So sê die Here my God: “Roep 'n volksvergadering teen hulle saam, maak van hulle iets waaroor mense met afgryse vervul word en laat hulle geplunder word.47 Die volksvergadering moet hulle met klippe doodgooi en hulle met byle in stukke kap; hulle seuns en dogters moet doodgemaak en hulle huise verbrand word.
48 Ek wil 'n end maak aan die afstootlike gedrag in die land en al die vrouens afskrik dat hulle hulle nie so afstootlik gedra nie.
49
“Julle afstootlike gedrag sal op julle eie kop afkom, julle sal die straf dra vir julle sonde met julle afgode. Dan sal julle besef dat Ek die Here God is.”1
Die woord van die Here het tot my gekom op die tiende van die tiende maand, in die negende jaar:2 “Mens, jy moet dié datum aanteken, presies dié datum. Die koning van Babel het Jerusalem vandag aangeval.
3 Vertel vir dié weerbarstige volk 'n gelykenis. Jy moet vir hulle sê: So sê die Here my God:
“Sit 'n pot op die vuur, sit dit op4
Sit vleis daarin,
net goeie vleis,
boud en blad,
en sit die beste bene by,
5
vat van die beste skape.
Pak die brandhout in 'n ring onder die pot
en laat dit kook;
maak die bene gaar saam met die vleis in die pot.”
6
So sê die Here my God: “Ellende wag vir die stad van bloedvergieting, die verroeste pot waarvan die roes nie wil afkom nie. Haal stuk vir stuk vleis uit, moenie uitsoek nie.7 Die bloed wat deur die stad vergiet is, is binne-in hom; hy het dit op 'n kaal klip vergiet, hy het dit nie op die grond uitgegooi sodat die stof dit kon bedek nie.
8 My toorn het ontbrand, Ek sal wraak neem: Ek vergiet sy bloed op 'n kaal klip, dit sal nie bedek word nie.”
9
So sê die Here my God: “Ellende wag vir die stad van bloedvergieting. Ek gaan 'n groot hoop hout aanpak.10 Sit baie hout op, steek die vuur aan, kook die vleis, roer die sous in, braai die bene!
11 Laat die pot dan leeg op die kole staan sodat die brons rooiwarm kan word en die onreinheid wat in die pot is, kan smelt en die roes kan afkom.
12 Maar dit bring net moeite, die baie roes brand nie van die pot af nie. Die roes aan die pot
13 is jou afstootlike onreinheid. Ek wou jou reinig, maar jy het nie rein geword nie. Jy gaan nou ook nie meer rein word voordat Ek my woede op jou gekoel het nie.
14 Ek, die Here, het gepraat. Dit kom, Ek gaan dit doen. Ek gaan nie maak of Ek niks sien nie, Ek gaan nie verskoon en nie jammer kry nie. Jy gaan gestraf word soos jy verdien, soos jou optrede dit eis,” sê die Here my God.
15
Die woord van die Here het tot my gekom:16 “Mens, Ek gaan jou vrou wat jou soveel vreugde gee, van jou af wegvat deur 'n skielike dood. Jy mag nie treur en huil nie, nie 'n traan stort nie.
17 Jy moet in stilte sug, jy mag nie rou nie. Hou jou tulband op en jou skoene aan. Moenie jou baard bedek nie en moenie eet wat mense gewoonlik by so 'n geleentheid eet nie.”
18
Ek het die môre nog met die volk gepraat, en die nag het my vrou gesterf. Ek het die volgende oggend gedoen soos ek beveel is.19 Die mense het vir my gevra: “Wil jy nie vir ons sê wat dit vir ons beteken dat jy so maak nie?”
20
Ek het vir hulle gesê: “Die woord van die Here het tot my gekom:21 Sê vir Israel: So sê die Here my God: Ek gaan my heiligdom ontwy, julle vesting waarop julle so trots is, wat julle soveel vreugde gee en waarvoor julle so lief is. Julle sal julle seuns en dogters aan hulleself oorlaat, en hulle sal met die swaard doodgemaak word.
22
“Julle sal dan doen soos ek nou doen: julle sal julle baard nie bedek nie en die kos nie eet wat mense by sulke geleenthede eet nie.23 Julle sal tulbande op hê en skoene aan, julle sal nie treur nie en nie huil nie. Van julle sonde sal julle wegteer en by mekaar sit en kla.
24
“Ja, Esegiël sal vir julle die voorbeeld wees om in alles na te volg. Wanneer dit gebeur, sal julle besef dat Ek die Here God is.25
“En jy, mens, die dag wanneer Ek hulle vesting wegvat, hulle vreugde en hulle roem wat hulle soveel vreugde gee en alles is wat hulle begeer, en ook hulle seuns en hulle dogters,26 dié dag sal daar 'n vlugteling na jou toe kom om vir jou die berig te bring.
27 Dié dag sal jy kan praat met die vlugteling, jy sal praat en nie meer stom wees nie. So sal jy vir hulle 'n voorbeeld wees, en hulle sal besef dat Ek die Here is.”
1
Die woord van die Here het tot my gekom:2 “Mens, draai jou gesig na die Ammoniete toe en tree op as profeet teen hulle.
3 Sê vir die land van die Ammoniete: Hoor die woord van die Here my God!”
So sê die Here my God: “Jy verlekker jou daarin dat my heiligdom ontwy is, dat die land van Israel verlate lê, dat Juda in ballingskap moes weggevoer word.4
“Nou gaan Ek jou 'n besitting maak van die mense uit die ooste. Hulle sal hulle kampe in jou kom opslaan, in jou kom woon, jou vrugte opeet en jou melk opdrink.5 Ek maak Rabba 'n weiveld vir kamele, Ek maak jou 'n plek waar kleinvee lê en rus. Dan sal jy besef dat Ek die Here is.”
6
So sê die Here my God: “Jy het hande geklap, met jou voete gestamp, jou verheug in jou veragting vir die land van Israel.7 Nou gaan Ek my hand teen jou uitsteek en jou die spot onder die nasies maak. Ek gaan jou uitroei tussen die volke uit, jou laat ophou bestaan as 'n land. Ek gaan 'n end aan jou maak. Dan sal jy besef dat Ek die Here is.”
8
So sê die Here my God: “Moab en Seïr sê Juda het soos enige ander nasie geword.9
“Nou gaan Ek Moab se berghange stroop van stede, van die mooi stede in die land, Bet-Jesimot, Baäl-Meon en Kirjatajim, en die stede op die grense van die land.10 Daar sal nie meer onder die nasies gedink word aan die Ammoniete nie, en Ek maak Moab saam met die land van die Ammoniete 'n besitting van die mense uit die ooste.
11 Ek gaan Moab straf. Dan sal hulle besef dat Ek die Here is.”
12
So sê die Here my God: “Edom het sy wraaksug op Juda uitgestort, hy het hom skuldig gemaak aan 'n misdaad toe hy teen Juda wraak geneem het.13
“Daarom,” so sê die Here my God, “gaan Ek my hand teen Edom uitsteek en mens en dier uit hom uitroei en hom 'n puinhoop maak van Teman af tot by Dedan. Hulle sal deur die swaard afgemaai word.14 Ek sal my wraak teen Edom in die hande van my volk Israel laat, en hulle sal met Edom maak soos my toorn, my gramskap dit vereis. Edom sal my wraak leer ken,” sê die Here my God.
15
So sê die Here my God: “Die Filistyne het hulle wraak gekoel, hulle het met veragting hulle wraaksug uitgestort, hulle wou Juda tot niet maak op grond van die ou vyandskap.16
“Daarom,” so sê die Here my God, “gaan Ek my hand uitsteek teen die Filistyne, gaan Ek hulle, hierdie Kretense, uitroei, 'n end maak aan dié wat nog langs die kus oor is.17 Ek gaan My voluit op hulle wreek, Ek gaan hulle straf in my gramskap. Wanneer Ek My op hulle wreek, sal hulle besef dat Ek die Here is.”
1
Op die eerste dag van die maand, in die elfde jaar, het die woord van die Here tot my gekom:2 “Mens, Tirus verlekker hom oor Jerusalem en sê: Die Poort van die Volke is stukkend gebreek, ek geniet die voordeel daarvan, ek word ryk nou dat daardie stad 'n puinhoop is.
3
“Daarom,” so sê die Here my God, “gaan Ek nou teen jou optree, Tirus. Soos die golwe van die see, so laat Ek baie nasies oor jou spoel.4 Hulle sal die mure van Tirus verwoes, sy torings afbreek. Ek sal sy grondlaag van hom afvee en hom 'n kaal klipplaat maak.
5 Hy sal nog net 'n plek in die see wees waar visnette droog gemaak word. Ek het gepraat, sê die Here my God. Tirus sal 'n stuk buit vir die nasies word.
6 Die inwoners van sy buitedorpe in die veld sal doodgemaak word. Tirus sal besef dat Ek die Here is.”
7
So sê die Here my God: “Ek gaan vir koning Nebukadnesar van Babel, koning oor konings, uit die noorde teen Tirus bring. Hy sal kom met perde, met strydwaens, met ruiters, met 'n baie groot leër.8 Hy sal die inwoners van jou buitedorpe in die veld doodmaak, hy sal beleëringswerke teen jou bou, 'n beleëringswal teen jou opgooi en beskermingsdakke teen jou mure aanbring.
9 Dan sal hy met sy stormramme jou mure omstamp en jou torings afbreek met sy koevoete.
10 Sy perde sal so baie wees dat die stof wat hulle opskop, jou sal bedek. Die gedreun van sy ruiters en sy strydwawiele sal jou mure laat bewe wanneer hy deur jou poorte kom soos in 'n stad in waarvan die mure klaar afgebreek is.
11 Met die hoewe van sy perde sal hy al jou strate stof trap. Hy sal jou inwoners doodmaak en jou sterk pilare omgooi.
12 Hulle sal jou besittings plunder, jou handelsware buitmaak, jou mure afbreek, jou mooi huise verwoes en jou klippe, jou hout, selfs jou grond, in die see gooi.
13
“So gaan Ek 'n einde maak aan jou luidrugtige liedere; die klank van jou liere sal nie meer gehoor word nie.14 Ek maak jou 'n kaal klipplaat. Jy sal nog net 'n plek wees waar visnette droog gemaak word. Jy sal nie herbou word nie. Ek, die Here, het gepraat,” sê die Here my God.
15
So sê die Here my God vir Tirus: “Gaan die eilande nie bewe wanneer hulle die gedreun van jou val hoor nie, die gekreun van jou gewondes, wanneer hulle verneem van die slagting wat in jou gaan plaasvind?16 Al die regeerders aan die see sal van hulle trone afklim, hulle mantels afgooi, hulle spogklere uittrek en skrikbevange op die grond gaan sit. Hulle sal aanhou bewe van ontsetting oor jou.
17 Hulle sal 'n treurlied oor jou sing en vir jou sê:
“Hoe het jy dan aan jou end gekom, beroemde stad,18
Nou bewe die eilande op die dag van jou val,
nou staan die eilande in die see verskrik
omdat jy daarmee heen is!”
19
So sê die Here my God: “Wanneer Ek jou 'n stad maak wat in puin lê, soos die stede wat nie meer bewoon word nie, wanneer Ek die groot waters oor jou laat spoel, jou onder baie waters toemaak,20 sal Ek jou ondertoe laat gaan saam met dié wat in die graf in afdaal, na die mense van ouds toe. Ek sal jou soos ander stede wat lankal in puin lê, in die onderaardse diepte laat woon saam met dié wat reeds gesterf het. Jy sal nie terugkom nie, Ek sal jou nie in ere herstel in die land van die lewendes nie.
21 Ek maak jou 'n voorbeeld wat ander moet afskrik. Dit is klaar met jou. Wie na jou soek, sal jou nie kry nie, nooit weer nie, sê die Here my God.”
1
Die woord van die Here het tot my gekom:2 “Mens, jy moet 'n treurlied oor Tirus sing.
3 Tirus lê aan die kus en dryf handel met die ander volke, met baie eilande. Jy moet vir Tirus sê: So sê die Here my God:
“Tirus, jy dink jou skoonheid is volmaak.4
Jou magsgebied strek tot oor die diepsee,
en dié wat jou gebou het, het jou 'n mooi skip gemaak.
5
Hulle het jou twee kante gebou van sipresse uit Senir
en sederhout uit Libanon gebruik vir jou mas.
6
Hulle het jou roeispane gemaak
van groot bome uit Basan,
jou dek van sipreshout uit die Kittiëreilande,
en dit ingelê met ivoor.
7
Jou seile was van veelkleurige materiaal uit Egipte;
daaraan is jy uitgeken.
Pers en rooi wolstof uit die Elisa-eilande
het jou bedek.
8
Inwoners van Sidon en Arwad was jou roeiers,
en jou bevare seemanne het jy self gelewer, Tirus.
9
Leiers, vakmanne uit Gebal was aan boord
om jou lekplekke toe te stop.
Al die skepe op see met hulle bemannings
het na jou toe gekom om met jou handel te dryf.
10
“Mense uit Paras, Lud en Put was soldate in jou leër.11
In jou leër op jou mure rondom was manne uit Arwad,
op jou torings mense uit Gammad.
Hulle het hulle skilde rondom teen jou mure opgehang
en jou skoonheid volmaak gemaak.
12
“Tarsis het vir jou handel gedryf,13
Griekeland, Tubal en Mesek was agente vir jou;
hulle het jou goedere verruil vir slawe en koperware.
14
Uit Bet-Togarma het trekperde, ryperde en muile gekom
in ruil vir jou handelsware.
15
Mense uit Dedan was agente vir jou,
baie eilande het in jou diens gestaan as handelaars;
hulle het vir jou olifantstande en ebbehout gebring as betaling.
16
Aram het vir jou handel gedryf,
want jy het baie produkte gelewer;
hulle het jou handelsware verruil vir turkoois, pers wolstof,
veelkleurige materiaal, linne, koraal en robyne.
17
“Juda en Israel was agente vir jou;18
Damaskus het vir jou handel gedryf,
want jy het baie produkte gelewer,
jy het baie te verruil gehad
vir wyn uit Gelbon en wol uit Sagar.
19
Sowel Dan as Griekeland het goedere
uit Usal gelewer vir jou handelsware;
jy het bewerkte yster,
kaneel en kalmoes gekry vir jou goedere.
20
“Dedan was jou agent vir saalkleedjies.21
Arabië en al die regeerders van Kedar
het in jou diens gestaan as handelaars;
hulle het vir jou handel gedryf
met lammers, skaapramme en bokramme.
22
Die handelaars van Skeba en Rama was jou agente;
hulle het jou handelsware verruil vir die beste balsem,
vir allerhande edelstene en goud.
23
Haran, Kanne, Eden, die handelaars van Skeba,
Assirië en Kilmad het vir jou as agente opgetree;
24
hulle was jou agente,
hulle het mooi klere,
tjalies van blou wolstof,
veelkleurige materiaal,
tweekleurige materiaal,
gevlegte en gedraaide tou aan jou verhandel.
25
Tarsisskepe het jou goedere op handelstogte vervoer.
26
jou roeiers het jou op die groot waters gebring,
maar toe het die oostewind jou verpletter op die diepsee.
27
Jou rykdom, jou handelsware, jou goedere,
jou seemanne, jou matrose,
die manne wat jou lekplekke moes toestop,
dié wat met jou goedere handel moes dryf
en al jou soldate, die hele menigte in jou,
het in die diepsee afgestort die dag toe jy vergaan het.
28
Die geskreeu van jou matrose het die kuslande laat sidder;
29
al die roeiers het hulle skepe verlaat;
die seemanne, al die matrose, het op land gaan staan.
30
Hulle het geskreeu oor wat met jou gebeur het,
hulle het bitterlik gekerm;
hulle het stof op hulle koppe gegooi
en op die grond rondgerol;
31
hulle het hulle koppe kaalgeskeer in rou oor jou en rouklere aangetrek;
hulle het bitterlik gehuil oor jou,
bitterlik getreur.
32
Tussen hulle smartkrete deur
het hulle 'n treurlied begin sing,
'n treurlied oor jou:
‘Wie kon op see met Tirus vergelyk word?’
33
“Wanneer jou handelsware aangekom het oor die see,34
Maar nou is jou mag op see gebreek,
jou mag op die diep waters.
Jou handelsware en al jou mense
is daarmee heen saam met jou.
35
Al die bewoners van die eilande
is skrikbevange oor wat met jou gebeur het;
hulle konings se hare rys,
hulle gesigte is wit van die skrik.
36
Die handelaars onder die volke fluit van verbasing
oor wat met jou gebeur het.
Jy het 'n afskrikmiddel vir ander geword,
dit is vir altyd klaar met jou.”
1
Die woord van die Here het tot my gekom:2 “Mens, sê vir die regeerder van Tirus: So sê die Here my God: In jou hooghartigheid het jy gesê: ‘Ek is 'n god, ek woon op die woonplek van die gode, omring deur die see.’
“Maar jy is 'n mens, nie 'n god nie. Jy het jou verbeel jy is 'n god.3 Jou wysheid het selfs dié van Daniël oortref. Watter geheimenis daar ook al was, niemand kon vir jou kers vashou nie.
4 Jy het met jou wysheid en insig vir jou rykdom verwerf, jou skatkamers gevul met goud en silwer.
5 Jy het met jou groot wysheid en met handel jou rykdom nog meer gemaak, maar dit was juis jou rykdom wat jou hooghartig gemaak het.
6
“Daarom,” sê die Here my God, “omdat jy jou verbeel het jy is 'n god,7 daarom gaan Ek ander nasies, wrede volke, teen jou laat optrek. Hulle sal die prag wat jou wysheid vir jou gebring het, met die swaard aanval en jou prag skend.
8 Hulle sal jou in die graf in laat stort, jy sal die dood van 'n gesneuwelde sterf daar op jou eiland in die see.
9 Sal jy vir dié wat aan jou 'n einde gaan maak, nog kan sê jy is 'n god? Vir dié wat vir jou dood gaan sorg, sal jy 'n mens wees, nie 'n god nie.
10 Ander volke gaan jou 'n eerlose dood laat sterf. Ek het gepraat,” sê die Here my God.
11
Die woord van die Here het tot my gekom:12 “Mens, sing 'n treurlied oor die koning van Tirus. Sê vir hom: So sê die Here my God:
“Jy was 'n seël wat met sorg vervaardig is,13
jy is uitgebeeld in die godetuin Eden,
omring deur kosbare edelstene:
karneool, topaas, jaspis,
chrisoliet, oniks, opaal,
saffier, turkoois, smarag,
en die reliëfwerk aan jou was van goud.
So is jy gemaak die dag toe jy geskep is.
14
Jy is uitgebeeld as die gerub
wat met uitgestrekte vlerke moes waghou,
Ek het jou die opdrag gegee.
Jy was op die heilige godeberg,
daar het jy rondgestap tussen glinsterende edelstene.
15
Jou optrede was onbesproke vandat jy geskep is
totdat jy begin onreg doen het.
16
Jou uitgebreide handelsbedrywigheid
het geweld deel van jou lewe gemaak
en jou laat sondig.
17
Jou prag het jou hooghartig laat word,
jou stralende glans het jou jou wysheid laat verloor.
Ek het jou op die grond gegooi,
jou daar voor ander konings laat lê
dat hulle jou kon bekyk.
18
“Met jou baie oortredings, met die onreg in jou handel,19
Almal onder die volke wat jou geken het,
is skrikbevange oor wat met jou gebeur het.
Jy het 'n afskrikmiddel vir ander geword,
dit is vir altyd klaar met jou.”
20
Die woord van die Here het tot my gekom:21 “Mens, draai jou gesig na Sidon toe en tree op as profeet teen hom.
22 Jy moet sê: So sê die Here my God: Ek gaan teen jou optree, Sidon, Ek gaan in jou my mag laat blyk. Dié stad se inwoners sal besef dat Ek die Here is. Ek sal hulle straf en hulle laat besef dat Ek die heilige God is.
23 Ek stuur pes in die stad in en bloedvergieting op sy strate. Sy vyande sal hom van alle kante af aanval, en sy inwoners sal binne-in hom doodgemaak word. Hulle sal besef dat Ek die Here is.
24 Dan sal daar nie meer onder die buurvolke van wie Israel soveel minagting verduur, 'n doring wees wat hom bly steek, 'n pendoring wat hom bly pynig nie. Israel sal besef dat Ek die Here God is.”
25
So sê die Here my God: “Wanneer Ek Israel bymekaarmaak onder die volke uit waar hulle verstrooi is en Ek hulle voor die oë van die nasies laat besef dat Ek die heilige God is, sal Israel weer kom woon in die land wat Ek aan my dienaar Jakob gegee het.26 Hulle sal veilig in die land woon, huise bou en wingerde plant. Hulle sal veilig woon wanneer Ek al die buurvolke gestraf het wat vir Israel met soveel minagting behandel het. Israel sal besef dat Ek die Here hulle God is.”
1
Op die twaalfde van die tiende maand, in die tiende jaar, het die woord van die Here tot my gekom:2 “Mens, draai jou gesig na die farao, die koning van Egipte toe en tree op as profeet teen hom en teen die hele Egipte.
3 Jy moet praat, jy moet sê: So sê die Here my God:
“Ek gaan teen jou optree, farao, koning van Egipte,4
Ek gaan hake in jou kakebene slaan
en jou rivier se visse aan jou skubbe laat vassit,
Ek gaan jou optrek uit jou rivier uit
saam met al jou rivier se visse wat aan jou skubbe vassit.
5
Ek gaan jou weggooi in die woestyn,
jou en jou rivier se visse.
Jy sal in die oop veld val
en jou stukke sal nie versamel word nie,
nie bymekaargesoek word nie.
Ek laat die roofdiere en die voëls jou opvreet.
6
Al die inwoners van Egipte sal besef dat Ek die Here is.
Jy was 'n stuk riet waarop Israel wou leun,
7
maar toe hy jou in die hand vat, breek jy
en kloof sy skouer oop;
toe hy op jou wou leun, knak jy
en laat jy hom steier.
8
“Daarom,” so sê die Here my God, “gaan Ek oorlog oor jou bring en mens en dier uit jou uitroei.9 Egipte gaan verlate en in puin lê. Hy het gesê: ‘Dis my rivier, ek het hom gemaak’, maar hy sal besef dat Ek die Here is.
10
“Ek gaan optree teen jou en jou rivier: Ek gaan Egipte 'n verlate puinhoop maak, van Migdol af tot by Sewene en tot aan die grens van Kus.11 Geen mens of dier sal 'n voet daar sit nie, en daar sal veertig jaar lank niemand woon nie.
12 Ek gaan Egipte 'n verlate land tussen verlate lande maak, en sy stede sal veertig jaar lank verlate lê tussen stede wat in puin lê. Ek gaan die Egiptenaars uitmekaarjaag onder ander nasies in, hulle oor ander lande verstrooi.
13
“Maar,” so sê die Here my God, “na veertig jaar sal Ek die Egiptenaars bymekaarmaak onder die volke uit waarheen Ek hulle verjaag het.14 Ek sal die lot van Egipte verander en hulle terugbring na Patros toe, die land van hulle herkoms. Daar sal hulle 'n klein koninkrykie wees.
15 Egipte sal kleiner as ander koninkryke wees en hom nooit weer bo ander nasies verhef nie. Ek sal hom so swak maak dat hy nie weer oor ander nasies sal heers nie.
16 Hy sal nie meer die mag wees waarop Israel vertrou nie, hy sal aanhou herinner aan die sonde wat Israel gedoen het deur hom na Egipte te wend om hulp. Dan sal hulle besef dat Ek die Here God is.”
17
Op die eerste van die eerste maand, in die sewe en twintigste jaar, het die woord van die Here tot my gekom:18 “Mens, koning Nebukadnesar van Babel het sy leër harde werk laat doen in sy aanval op Tirus. Almal se koppe was kaal geskaaf en almal se skouers deurgeskuur. Maar hy en sy leër se moeite is nie uit Tirus beloon nie.
19
“Daarom,” so sê die Here my God, “gaan Ek Egipte vir koning Nebukadnesar van Babel gee. Hy sal Egipte se rykdomme wegdra; hy sal die land plunder en die buit vat wat hy daar kry. Dit sal sy leër se beloning wees.20 Ek gaan Egipte vir hom gee as betaling vir sy werk daar, want hy het dit vir My gedoen,” sê die Here my God.
21
“Daardie dag laat Ek Israel se mag weer groei en laat Ek jou, Esegiël, weer vry-uit praat tussen hulle. Dan sal hulle besef dat Ek die Here is.”1
Die woord van die Here het tot my gekom:2 “Mens, tree op as profeet, sê: So sê die Here my God:
“Huil en roep: Ag, die dag!3
Die dag is naby, die dag van die Here is naby!
Dié dag is donker, die tyd is daar vir die nasies!
4
Daar kom oorlog teen Egipte! Selfs in Kus sal die mense bewe
wanneer dié in Egipte doodgemaak word.
Sy rykdomme sal weggevat word, sy fondamente sal afgebreek word.
5
Die soldate uit Kus, Put en Lud,
al die huursoldate en dié uit Kub,
en ook dié uit die land met wie Ek 'n verbond gemaak het,
sal met die swaard afgemaai word.”
6
So sê die Here: “Dié wat Egipte ondersteun, sal sneuwel,7
“Egipte sal 'n verlate land wees soos ander verlate lande, sy stede sal soos ander stede in puin lê.8 Wanneer Ek vuur in Egipte in stuur en al sy helpers ondergaan, sal die Egiptenaars besef dat Ek die Here is.
9 Daardie dag sal daar van My af boodskappers in skepe gaan om Kus sy gevoel van veiligheid te laat wegskrik; hulle sal bewe die dag as Egipte ondergaan, en die dag kom beslis.”
10
So sê die Here my God: “Ek maak deur koning Nebukadnesar van Babel 'n einde aan die mag van Egipte.11 Nebukadnesar en sy mense, 'n wrede nasie, word gebring om Egipte te verwoes. Hulle gaan die land aanval en hom vol dooies maak.
12 Ek laat die riviere opdroog en gee die land oor in die mag van slegte mense. Ek laat die land en alles in hom verwoes deur vreemdes. Ek, die Here, het gepraat.”
13
So sê die Here my God: “Ek roei die afgode uit, Ek maak 'n end aan die afgode in Memfis. Daar sal nie meer 'n regeerder in Egipte wees nie. Ek laat angs heers in Egipte.14 Ek verwoes Patros, Ek laat Soan verbrand, Ek straf No.
15 Ek laat my toorn losbreek teen Sin, die vestingstad van Egipte, Ek roei die leërmag in No uit.
16 Ek laat Egipte verbrand. Sin sal krul van pyn, No sal platgeloop word, Memfis sal helder oordag beleër word.
17 Die jongmanne van Awen en Pi-Beset sal doodgemaak word en die ander inwoners sal in ballingskap weggevoer word.
18 In Tagpanges sal dit oordag donker word wanneer Ek die heerskappy van Egipte breek, wanneer die mag waarop hy hom beroem het, tot 'n end kom. Donker wolke sal hom bedek en sy dorpe se inwoners sal in ballingskap weggevoer word.
19 Ek gaan Egipte straf; hulle sal besef dat Ek die Here is.”
20
Op die sewende van die eerste maand, in die elfde jaar, het die woord van die Here tot my gekom:21 “Mens, Ek het die farao, koning van Egipte, se arm gebreek, en die arm is nie verbind en gespalk sodat dit gesond kan word en weer sterk genoeg kan wees om 'n swaard vas te hou nie.”
22
So sê die Here my God: “Ek tree op teen die farao, koning van Egipte. Ek breek altwee sy arms, die gesonde en die gebreekte arm, en Ek laat die swaard uit sy hand uit val.23 Ek jaag die Egiptenaars uitmekaar onder die ander nasies in, Ek verstrooi hulle oor ander lande.
24 Ek maak die koning van Babel se arms sterk, Ek sit 'n swaard in sy hand, maar Ek breek die farao se arms; hy sal voor die koning van Babel lê en kreun soos iemand wat dodelik gewond is.
25 Ek maak die koning van Babel se arms sterk, maar die farao s'n sal slap hang. Wanneer Ek my swaard in die koning van Babel se hand sit en hy die swaard na Egipte toe uitsteek, sal die Egiptenaars besef dat Ek die Here is.
26
“Ek jaag hulle uitmekaar onder die ander nasies in, Ek verstrooi hulle oor ander lande. Dan sal hulle besef dat Ek die Here is.”1
Op die eerste van die derde maand, in die elfde jaar, het die woord van die Here tot my gekom:2 “Mens, sê vir die farao, koning van Egipte, en vir sy leër:
“Wie het soveel mag gehad as jy?3
Daar was Assirië, die seder op die Libanon.
Sy pragtige takke het hulle skaduwee oor die bos gegooi.
Die seder het hoog gegroei,
sy top was tussen die wolke.
4
Die water het hom groot laat word,
die onderaardse waters het hom 'n hoë boom gemaak.
Groot strome water het om hom geloop,
en van hom af stroompies na al die ander bome toe.
5
Hy het hoër as al die ander bome geword,
sy takke meer en langer
van al die water in die leivore.
6
Al die voëls het kom nes maak in sy takke,
onder hom het al die wilde diere
hulle kleintjies in die wêreld gebring
en in sy skaduwee het al die baie nasies kom woon.
7
Hy was 'n mooi en 'n groot boom
met wydgespreide takke,
want sy wortels het tot by baie water gekom.
8
“Die seders in die godetuin kon met hom nie meeding nie,9
Ek het hom 'n mooi boom gemaak met sy baie takke,
en al die bome in die godetuin Eden
was jaloers op die seder.”
10
So sê die Here my God: “Die seder het hoog gegroei, sy top was tussen die wolke, maar sy hoogte het hom hooghartig gemaak.11 Daarom het Ek hom oorgegee in die mag van die gesagvoerder oor die volke. Dié het met hom gedoen wat sy boosheid verdien. Ek het die seder verwerp.
12 Vreemdes het hom afgekap, wrede nasies, en hom omgegooi. Sy takke het geval op die berge en in al die valleie, stukkend geval in al die klowe van die aarde. Al die volke van die aarde moes sy skaduwee verlaat en hom daar laat lê.
13
“Al die voëls het kom sit op sy omgevalle stam, al die wilde diere het tussen sy takke rondgeloop.14 Geen boom by die water sal weer so hoog groei nie, nie een se top sal tot tussen die wolke kom nie, geen boom sal weer soveel water hê dat hy so hoog sal staan nie. Hulle word almal oorgegee in die mag van die dood. Hulle plek is onder die grond tussen die mense wat in die graf is.”
15
So sê die Here my God: “Die dag toe die seder na die doderyk toe af is, het Ek die onderaardse waters oor hom laat treur en die strome teruggehou, sodat die baie water opgeraak het. Ek het die Libanon ook laat treur oor die seder; al die bome het verdroog.16 Ek het die nasies laat sidder van die gedreun van die seder se val toe Ek hom die doderyk ingestuur het na dié toe wat in die graf is. Al die bome van Eden, die uitsoekbome, die bestes op die Libanon, almal wat aan die water gestaan het, was bly daar onder die aarde.
17 Hulle is ook saam na die doderyk toe, na dié toe wat gesneuwel het. Maar die mense wat in die seder se skaduwee gewoon het, is onder die nasies verstrooi.
18
“Wie onder die bome van Eden het soveel mag gehad, was so groot as jy, koning van Egipte? Tog sal jy saam met die bome van Eden afgaan graf toe en daar tussen die eerloses lê saam met dié wat gesneuwel het, jy, farao, en jou hele leër.” Die Here my God sê dit.1
Op die eerste van die twaalfde maand, in die twaalfde jaar, het die woord van die Here tot my gekom:2 “Mens, sing 'n treurlied oor die farao, koning van Egipte. Jy moet oor hom sê:
“Jy was soos 'n leeu onder die nasies,3
So sê die Here my God: “Tussen die baie nasies wat saamgekom het,4
Ek gooi jou op die grond,
Ek slinger jou die veld in,
Ek laat al die voëls op jou kom sit,
Ek laat die roofdiere hulle vol vreet aan jou.
5
Ek sit jou vleis op die berge neer,
Ek maak die valleie daarmee vol.
6
Met jou bloed wat op die berge uitgeloop het,
deurweek Ek die grond;
selfs die spruite word vol van jou bloed.
7
Wanneer Ek jou tot niet maak, maak Ek die hemel toe
en laat Ek die sterre se lig nie deurkom nie,
Ek maak die son toe met 'n wolk,
en die maan sal nie skyn nie.
8
Ek laat al die hemelliggame treur oor jou
en maak dit donker op die aarde,
sê die Here my God.
9
“Wanneer Ek jou ondergang bekend laat word onder nasies10
Ek laat al die volke verskrik staan
oor wat met jou gebeur;
hulle konings se hare sal rys oor wat met jou gebeur
wanneer Ek voor hulle oë my swaard swaai.
Hulle sal sidder van angs oor hulle eie lewens
dié dag wanneer jy tot 'n val kom.”
11
So sê die Here my God: “Die koning van Babel se swaard is in aantog teen jou:12
Ek laat jou hordes val voor die aanslag van sy soldate,
almal wrede mense;
hulle sal die trots van Egipte vernietig,
sy hele leër sal uitgeroei word.
13
Ek roei al sy vee uit
daar langs die baie water.
Die water sal nie meer geroer word deur die voet van 'n mens
of modderig gemaak word deur vee se pote nie.
14
Dan sal Ek die water weer helder laat word
en Egipte se strome so rustig laat vloei soos strome olie,”
sê die Here my God.
15
“Wanneer Ek Egipte 'n verlate land maak,16
Dit is die treurlied wat gesing sal word;
die vroue van ander nasies sal dit sing,
hulle sal dit sing oor Egipte en al sy hordes,”
sê die Here my God.
17
Op die vyftiende van die maand, in die twaalfde jaar, het die woord van die Here tot my gekom:18 “Mens, sing vir die hordes van Egipte die lied wat vir dooies gesing word.
“Stuur hulle en ook die ander magtige nasies af19
Moet dit met julle beter gaan as met ander?
Gaan af, gaan lê by die eerloses!
20
Hulle val tussen dié wat gesneuwel het.
Die swaard het sy werk gedoen:
Egipte en al sy hordes word weggesleep.
21
Uit die graf sê die magtige krygsmanne
oor Egipte en sy helpers:
‘Hulle is af graf toe, hulle lê by die eerloses,
by dié wat gesneuwel het!’
22
Assirië en sy hele leërmag is daar.
Rondom hom lê die grafte van sy mense,
almal dood, afgemaai deur die swaard.
23
Sy grafte lê diep in die doderyk;
rondom hom lê sy leërmag begrawe,
almal dood, afgemaai deur die swaard,
dié mense wat verskrikking gesaai het
in die land van die lewendes.
24
“Elam en al sy hordes is daar;25
Elam het sy plek gekry tussen die dooies,
met die grafte van al sy hordes rondom hom,
almal eerloos afgemaai deur die swaard.
Hulle het verskrikking gesaai in die land van die lewendes,
maar nou dra hulle hulle vernedering
saam met dié wat reeds dood is;
hulle het tussen die dooies beland.
26
“Mesek-Tubal en al sy hordes is daar;27
maar hulle lê nie by die krygsmanne
wat eervol gesneuwel het nie,
dié wat af is doderyk toe met hulle wapens,
wie se swaarde onder hulle koppe gesit is
en wie se skilde oor hulle bene lê.
Mesek-Tubal en sy hordes het verskrikking gesaai
in die land van die lewendes.
28
“Jy kom saam met die eerloses tot 'n einde, Egipte,29
“Edom, sy konings, al sy regeerders is daar;30
“Die vorste van die noorde is daar,31
“Wanneer die farao hulle sien,32
“Ek het hom toegelaat om verskrikking te saai1
Die woord van die Here het tot my gekom:2 “Mens, praat met die mense van jou volk en sê vir hulle: Wanneer Ek oorlog oor 'n land bring, en die mense van die land vat een van hulle en stel hom as 'n wag aan,
3 en hy sien die vyand aankom en blaas die ramshoring en waarsku sy mense,
4 en hulle hoor die ramshoring maar slaan nie ag op die waarskuwing nie, dan is hulle verantwoordelik vir hulle eie dood.
5 Hulle het die ramshoring gehoor maar nie op die waarskuwing ag geslaan nie, hulle is self verantwoordelik vir hulle dood. Dit is net dié wat op die waarskuwing ag slaan, wat hulle lewens red.
6 Maar wanneer die wag die vyand sien aankom en nie die ramshoring blaas sodat die mense gewaarsku word nie, en die vyand kom en maak party van die land se mense dood, dan sterf dié mense wel deur hulle eie sonde, maar Ek sal van die wag rekenskap eis vir hulle dood.
7
“Mens, Ek het jou die wag vir Israel gemaak. Wanneer jy by My die opdrag ontvang, moet jy hulle namens My waarsku.8 Wanneer Ek van die goddelose sê dat hy sal sterwe, en jy praat nie en waarsku hom nie oor sy doen en late nie, sal hy deur sy sonde sterf, maar Ek sal jou verantwoordelik hou vir sy dood.
9 Wanneer jy die goddelose waarsku oor sy optrede om hom daarvan te laat afsien, en hy sien nie daarvan af nie, dan sterf hy deur sy sonde en het jy jou eie lewe behou.
10
“Mens, jy moet vir Israel sê: Julle sê: ‘Ons opstandigheid, ons sonde rus swaar op ons, ons vergaan daaronder, hoe kan ons nog lewe?’11
“Sê vir hulle: So seker as Ek leef, sê die Here my God, Ek wil nie hê die sondaar moet deur sy sonde sterf nie, Ek wil hê hy moet van sy optrede afsien en lewe. Bekeer julle, bekeer julle van julle bose optrede! Waarom wil julle sterf, Israel?12
“Mens, jy moet vir die mense van jou volk sê: Die goeie dade van 'n goeie mens sal hom nie red die dag as hy teen My in opstand kom nie, en die slegte dade van 'n goddelose sal nie teen hom tel die dag as hy hom van sy slegte dade bekeer nie. Die goeie mens sal nie deur sy goeie dade bly lewe die dag as hy sondig nie.13 Wanneer Ek vir 'n goeie mens sê hy sal die lewe behou, en hy vertrou op sy goeie dade en hy pleeg onreg, sal al sy goeie dade nie in sy guns tel nie; hy sal sterf omdat hy onreg gepleeg het.
14 En wanneer Ek vir 'n goddelose sê hy sal sekerlik sterwe, en hy bekeer hom van sy sonde en hy laat reg geskied en doen reg,
15 hy gee die goed terug wat hy as waarborg vir skuld gevat het, hy betaal terug wat hy geroof het, hy lewe volgens die voorskrifte wat lewe gee en hy pleeg nie onreg nie, sal hy lewe, hy sal nie sterwe nie.
16 Al die sonde wat hy gedoen het, sal hom nie toegereken word nie; hy laat nou reg geskied en hy doen reg, en daarom sal hy in die lewe bly.
17
“Die mense van jou volk sê: ‘Die Here tree nie reg op nie,’ maar dit is hulle wat nie reg optree nie.18 Wanneer 'n goeie mens sy goeie dade laat vaar en onreg pleeg, sterf hy oor die onreg.
19 Wanneer 'n goddelose afsien van sy slegte dade en reg laat geskied en reg doen, bly hy daaroor in die lewe.
20 Julle sê: ‘Die Here tree nie reg op nie,’ Israel? Ek sal elke mens onder julle oordeel volgens sy doen en late.”
21
Op die vyfde van die tiende maand, in die twaalfde jaar van ons ballingskap, het daar iemand by my aangekom wat uit Jerusalem ontsnap het en vir my gesê: “Die stad is ingeneem!”22 Die mag van die Here het my in besit geneem die aand voor die ontsnapte gekom het. Die Here het my in staat gestel om weer te praat voordat die man die oggend by my gekom het. Die Here het my in staat gestel om weer te praat, ek was nie meer stom nie.
23
Die woord van die Here het tot my gekom:24 “Mens, dié wat daar tussen die puinhope in Israel woon, sê: ‘Abraham was net een mens, en hy het die land as besitting ontvang. Ons is baie; dié land is aan ons gegee as 'n besitting!’
25 Sê vir hulle: So sê die Here my God: Julle het aan heidense offermaaltye deelgeneem, julle het by julle afgode hulp gesoek, julle het bloed vergiet, en julle wil die land as besitting hê?
26 Julle staan met die swaard in die hand, julle doen afskuwelike dinge, julle onteer mekaar se vrouens, en julle wil die land as besitting hê?
27
“Jy moet vir hulle sê: So sê die Here my God: So seker as Ek leef, wie daar tussen die puinhope is, sal afgemaai word met die swaard; wie in die veld is, sal kos word vir die roofdiere; wie in die berge en grotte skuil, sal aan pes doodgaan.28 Ek maak die land 'n verlate, verwoeste plek; Ek maak 'n einde aan die mag waarop hulle hulle beroem. Die berge van Israel sal verlate wees; niemand sal daar kom nie.
29 Wanneer Ek die land 'n verlate, verwoeste plek maak oor al die afskuwelike dinge wat hulle gedoen het, sal hulle besef dat Ek die Here is.”
30
“Mens, die mense van jou volk praat oor jou oral langs die mure en by die ingange van die huise. Hulle sê vir mekaar: ‘Kom hoor watter boodskap daar van die Here af gekom het’,31 hulle kom na jou toe asof dit 'n volksoptog is, hulle gaan sit voor jou, hierdie volk van My, en hulle hoor wat jy sê, maar hulle doen nie wat jy sê nie. Al wat hulle doen, is om aan die begeertes toe te gee waaroor hulle gedurig praat; hulle is net uit op wins vir hulleself.
32 Jy is vir hulle maar net soos iemand wat met 'n mooi stem liedjies vol begeerte sing en die lier goed speel; hulle hoor wat jy sê, maar hulle doen niks van wat jy sê nie.
33 Maar wanneer wat jy sê, uitkom, en uitkom sál dit, sal hulle besef dat daar 'n profeet tussen hulle was.”
1
Die woord van die Here het tot my gekom:2 “Mens, tree op as profeet teen die herders van Israel, tree op as profeet en sê vir hulle, vir die herders: So sê die Here my God: Ellende wag vir die herders van Israel wat net vir hulleself sorg! Moet herders dan nie vir die kleinvee sorg nie?
3 Julle drink die melk, julle maak vir julle klere van die wol, julle slag die vetste kleinvee, maar julle sorg nie vir die kleinvee nie.
4 Julle het nie die swakkes gehelp nie, julle het nie die siekes gedokter nie, julle het nie die wonde van dié wat seergekry het, versorg nie, julle het nie dié wat weggedwaal het, teruggebring nie, julle het nie dié wat weggeraak het, gesoek nie. Julle was harde en wrede regeerders.
5 Die kleinvee was sonder herder en het verstrooi geraak, en toe hulle verstrooi raak, word hulle 'n prooi vir roofdiere.
6 My kleinvee het rondgedwaal oor al die berge en oor al die hoë heuwels, hulle het verstrooi geraak oor die hele aarde en niemand het hulle gesoek of na hulle gevra nie.”
7
Daarom, herders, hoor die woord van die Here:8 “My kleinvee is uitgelewer en het die prooi van enige wilde dier geword; hulle is sonder herder, sonder iemand wat na hulle soek; die herders het vir hulleself gesorg en nie vir my kleinvee nie. So seker as Ek leef,” sê die Here my God, “Ek sal die herders straf.”
9 Hoor die woord van die Here, herders!
10 So sê die Here my God: “Ek gaan optree teen die herders: Ek eis my kleinvee van hulle terug, Ek maak 'n end daaraan dat hulle die kleinvee se herders is, hulle sal nie herders bly net om vir hulleself te sorg nie. Ek sal my kleinvee red en hulle nie deur die herders laat opeet nie.”
11
So sê die Here my God: “Ek sal self my kleinvee soek en na hulle omsien.12 Soos 'n herder omsien na die kleinvee wat uit sy trop verstrooi raak, so sal Ek omsien na my kleinvee en hulle red uit al die plekke waarheen hulle verstrooi is op daardie donker oordeelsdag.
13 Ek sal hulle tussen die ander volke uitbring, hulle bymekaarmaak uit die ander lande en hulle bring na hulle land toe. Ek sal hulle versorg op die berge van Israel, in die klowe, in al die woonplekke in die land.
14 Ek sal vir hulle sorg vir goeie weiding. Hulle sal wei op die hoë berge van Israel en rustig daar in die goeie weiveld lê en herkou. Hulle sal op geil veld wei daar in die berge van Israel.
15 Ek sal self my kleinvee se herder wees en hulle rustig laat lê en herkou,” sê die Here my God.
16 “Ek sal dié soek wat weggeraak het, dié terugbring wat weggedwaal het, die wonde versorg van dié wat seergekry het, die swakkes help. Maar Ek sal dié wat vet en sterk geword het, uitroei. Ek sal 'n herder wees wat reg laat geskied.
17
“En wat julle betref, my kleinvee,” sê die Here my God, “Ek gaan regverdig oordeel tussen skaap en skaap en tussen skape en bokke.18 Party van julle het die beste gras afgewei en boonop wat oorgebly het, vertrap. Julle het skoon water gedrink en wat oorgebly het, vuil gemaak.
19 My ander skape moes die gras vreet wat deur julle vertrap is en die water drink wat deur julle vuil gemaak is.
20
“Daarom,” so sê die Here my God, “gaan Ek nou regverdig oordeel tussen die vet skape en die maeres.21 Julle het die swakkes met julle lywe en skouers weggestoot en hulle met julle horings gestamp totdat julle hulle weggedryf het.
22 Maar Ek gaan my kleinvee red. Hulle sal nie meer uitgelewer wees as buit nie. Ek gaan regverdig oordeel tussen skaap en skaap.
23 Ek gaan vir hulle net een herder aanstel, en hy sal vir hulle sorg: my dienaar Dawid. Hy sal vir hulle sorg, hy sal vir hulle 'n herder wees.
24 Ek, die Here, sal hulle God wees, en my dienaar Dawid sal oor hulle regeer. Ek, die Here, het dit gesê.
25 Ek sal met hulle 'n verbond sluit wat vir hulle vrede sal bring. Ek sal die roofdiere uitroei uit die land sodat my kleinvee veilig kan wees in die weiveld en in die bosse kan slaap.
26 Ek maak hulle en alles rondom my heuwel voorspoedig; Ek laat die reëns val op die regte tyd, reëns wat voorspoed sal bring.
27 Die bome sal hulle vrugte lewer en die grond sy opbrengs, en my volk sal veilig wees in hulle land. Wanneer Ek die juk wat op hulle gedruk het, stukkend breek en hulle red uit die mag van dié wat slawe wou maak van hulle, sal hulle besef dat Ek die Here is.
28 Hulle sal nie weer die buit van ander nasies word nie en nie meer deur roofdiere opgevreet word nie. Hulle sal veilig woon en vir niemand hoef bang te wees nie.
29 Ek gee hulle 'n land wat beroemd sal word vir sy vrugbaarheid; hulle sal nie weer deur hongersnood geteister word nie en hulle sal nie weer deur ander nasies verneder word nie.
30 Hulle sal besef dat Ek, die Here hulle God, by hulle is en dat hulle my volk Israel is,” sê die Here my God.
31
“Julle is my kleinvee, julle is die volk vir wie Ek sorg, en Ek is julle God,” sê die Here my God.1
Die woord van die Here het tot my gekom:2 “Mens, draai jou gesig na die bergland van Seïr toe en tree op as profeet teen hom.
3 Jy moet vir hom sê: So sê die Here my God:
“Ek gaan teen jou optree, bergland van Seïr,4
Jou stede gaan Ek puinhope maak
en vir jou 'n verlate land,
en jy sal besef dat Ek die Here is.
5
“Jy was van ouds af 'n vyand van die Israeliete en jy het hulle aan die swaard uitgelewer die tyd toe die ramp hulle getref het en hulle vir hulle sonde gestraf is.6 So seker as Ek leef,” sê die Here my God, “Ek laat jou bloed vloei; jou moorde sal jou inhaal. Omdat jy self nie geskroom het om bloed te laat vloei nie, sal die moorde jou inhaal.
7 Ek maak die bergland van Seïr 'n verwoeste, verlate land, Ek roei al wat beweeg, uit hom uit.
8 Ek laat die lyke van sy mense sy berge vol lê; dié wat deur die swaard afgemaai is, sal val op jou heuwels, in jou valleie, in al jou klowe.
9 Ek maak jou vir altyd 'n verlate land, jou stede sal nie weer bewoon word nie. Dan sal julle besef dat Ek die Here is.
10
“Jy het gesê: ‘Altwee volke en altwee lande is nou myne, ons gaan daardie land vat. Die Here is daar!’11
“So seker as Ek leef,” sê die Here my God, “Ek gaan met jou maak wat jy met Israel gemaak het in jou haat teen hulle, in jou woede en jou afguns. Ek sal hulle laat besef wie Ek is wanneer Ek jou straf,12 en jy sal besef dat Ek die Here is. Ek het gehoor hoe smalend jy oor die berge van Israel gepraat het toe jy gesê het: ‘Hulle lê verlate, hulle is vir ons gegee om verder te ruïneer.’
13 Julle het groot monde gehad teen My, julle het My vermetel aangespreek. Ek het dit gehoor.”
14
So sê die Here my God: “Die hele wêreld sal juig as Ek jou 'n onbewoonde land maak.15 So het jy gejuig toe die besitting van Israel 'n onbewoonde land gemaak is. Ek gaan jou ook onbewoon maak. Die bergland van Seïr, die hele Edom, gaan 'n land sonder inwoners word. Dan sal hulle besef dat Ek die Here is.”
1
“Mens, nou moet jy as profeet optree vir die berge van Israel. Jy moet sê: Berge van Israel, hoor die woord van die Here!2 So sê die Here my God: Julle vyand het van julle gesê: ‘A, daardie oeroue hoogtes het nou ons s'n geword!’
3
“Tree op as profeet en sê: So sê die Here my God: Julle is van alle kante af verwoes en aangeval en julle het die eiendom geword van wat oor is van die ander nasies. Julle is bespot en verneder.”4
Daarom, berge van Israel, hoor die woord van die Here my God! So sê die Here my God vir die berge, die heuwels, die klowe, die valleie, vir die verlate puinhope, die onbewoonde stede wat geplunder en verneder is deur die mense wat van die nasies rondom oor is,5 so sê die Here my God: “Ek praat in gloeiende woede oor wat oor is van die ander nasies en oor die hele Edom wat met soveel genot en minagting my land vir hulleself gevat het om sy weivelde buit te maak.
6
“Tree op as profeet vir die land Israel en sê vir die berge, die heuwels, die klowe, die valleie: So sê die Here my God: Ek praat in woede, in toorn oor die vernedering wat julle deur die nasies aangedoen is!”7
So sê die Here my God: “Ek lê 'n eed af dat die nasies rondom julle self verneder sal word!8 Maar julle, berge van Israel, moet sorg dat daar bome met takke en vrugte is vir my volk Israel, hulle terugkoms is naby.
9 Ek sal na julle omsien en vir julle sorg: julle sal bewerk en beplant word.
10 Ek sal sorg dat daar baie mense op julle woon, die hele Israel. Die stede sal weer bewoon word, die puinhope herbou word.
11 Ek sal sorg dat daar baie mense en diere op julle is, en hulle sal vrugbaar wees en vermeerder. Ek laat mense op julle woon soos vroeër, dit sal met julle beter gaan as vroeër en julle sal besef dat Ek die Here is.
12 Ek sal weer mense op julle laat loop: my volk Israel. Hulle sal julle in besit neem as hulle eiendom en julle sal hulle nie weer kinderloos laat word nie.”
13
So sê die Here my God: “Die mense sê van julle, berge van Israel, dat julle mense opvreet en dat julle julle bewoners afskud.14 Maar julle sal nie weer mense opvreet nie en nie weer julle bewoners afskud nie,” sê die Here my God.
15
“Ek sal nie toelaat dat julle weer die vernederende aanmerkings van ander nasies moet aanhoor en deur hulle verkleineer word nie. Julle sal nie weer julle bewoners afskud nie,” sê die Here my God.16
Die woord van die Here het tot my gekom:17 “Mens, toe Israel nog in hulle land gewoon het, het hulle die land verontreinig met hulle optrede en hulle gedrag. Hulle optrede was in my oë net so onrein as 'n vrou wat menstrueer.
18 Ek het my toorn oor hulle laat losbreek oor die bloed wat hulle vergiet het en oor die afgode waarmee hulle die land verontreinig het.
19 Ek het hulle verstrooi onder die ander nasies en hulle na ander lande toe uitmekaargejaag. Ek het hulle gestraf oor hulle optrede en hulle gedrag.
20 En toe hulle daar by die ander nasies kom, het hulle my heilige Naam oneer aangedoen toe die mense van hulle sê: ‘Maar dit is mos die volk van die Here hierdie, hulle kom uit sy land.’
21 Ek is begaan oor my heilige Naam wat oneer aangedoen word deur Israel onder die nasies waar hulle gekom het.
22 Daarom, sê vir Israel: So sê die Here my God: Dit is nie ter wille van julle dat Ek optree nie, Israel, maar ter wille van my heilige Naam wat deur julle oneer aangedoen is onder die nasies waar julle gekom het.
23 Ek sal die heiligheid van my groot Naam laat blyk wat onder die nasies in oneer gekom het. Julle het my Naam oneer aangedoen onder die nasies. Wanneer Ek my heiligheid laat blyk in wat Ek met julle doen voor die oë van die nasies, sal hulle besef dat Ek die Here is,” sê die Here my God.
24
“Ek sal julle tussen die nasies uit wegvat, julle uit al die lande bymekaarmaak en julle na julle land toe bring.25 Ek sal reinigingswater oor julle uitgooi sodat julle rein kan word. Ek sal julle reinig van al julle onreinheid en van al julle afgodery.
26 Ek sal julle 'n nuwe hart en 'n nuwe gees gee, Ek sal die kliphart uit julle liggaam uithaal en julle 'n hart van vleis gee.
27 Ek sal my Gees in julle gee en Ek sal maak dat julle volgens my voorskrifte leef en my bepalings gehoorsaam en nakom.
28 Julle sal in die land woon wat Ek aan julle voorvaders gegee het, julle sal my volk wees en Ek sal julle God wees.
29 Ek sal julle bevry van alles waarmee julle julle verontreinig het, Ek sal die graan aanspreek en sorg dat dit baie is; Ek sal nie weer hongersnood oor julle bring nie.
30 Ek sal sorg dat daar baie vrugte aan die bome is en groot oeste op die lande sodat julle nie weer die vernedering onder die nasies beleef dat julle hongersnood het nie.
31 Dan sal julle terugdink aan julle bose optrede en julle gedrag wat nie goed was nie, en julle sal 'n afsku hê van julleself oor julle sonde en julle afskuwelike dade.
32 Julle moet weet, sê die Here my God, dat Ek dié dinge nie ter wille van julle doen nie. Al wat julle pas, Israel, is skaamte en skande oor julle optrede.”
33
So sê die Here my God: “Die dag as Ek julle van julle sonde reinig, sal Ek sorg dat julle stede weer bewoon word en sal julle puinhope herbou word.34 Die kaalgestroopte land sal bewerk word in plaas daarvan dat dit kaal lê voor die oë van almal wat daar verbygaan.
35 Hulle sal sê: ‘Dié land was verlate en nou is hy soos die tuin van Eden; die stede het in puin gelê, hulle was verlate en verwoes, en nou is hulle vestingstede met inwoners.’
36 Die nasies wat nog rondom julle oor is, sal besef dat dit Ek, die Here, is wat die verwoeste stede herbou het en die kaalgestroopte land weer beplant het. Ek, die Here, sê dit en Ek sal dit doen.”
37
So sê die Here my God: “Ek sal ook nog dít vir Israel doen in antwoord op hulle gebede: Ek sal hulle soos kleinvee laat vermeerder.38 Die stede wat nou in puin lê, sal net so vol mense wees as wat Jerusalem vol kleinvee is in die feestye, kleinvee vir die offers. Dan sal Israel besef dat Ek die Here is.”
1
Die mag van die Here het my in besit geneem en my deur die Gees van die Here uitgebring en neergesit binne-in 'n laagte. Die laagte was vol bene.2 Die Here het my om die bene laat loop, en ek het gesien daar is baie bene in die laagte en hulle is baie droog.
3
Toe vra Hy vir my: “Mens, kan daar in hierdie bene weer lewe kom?” Ek het geantwoord: “Nee, dit weet net U, Here my God.”4
Hy sê toe vir my: “Tree op as profeet vir hierdie bene en sê vir hulle: Hoor die woord van die Here, droë bene!5 So sê die Here my God vir hierdie bene: Ek gaan gees in julle laat kom sodat julle kan lewe:
6 Ek sal vir julle senings en vleis aansit en julle oortrek met vel en dan sal Ek gees in julle gee sodat julle kan lewe. Dan sal julle besef dat Ek die Here is.”
7
Ek het toe as profeet opgetree soos ek beveel is, en terwyl ek dit doen, hoor ek 'n gedreun: die bene het na mekaar toe beweeg, elkeen na die been toe wat by hom pas.8 Terwyl ek kyk, kom daar senings en vleis aan hulle en word daar vel bo-oor getrek. Maar daar was nog nie gees in hulle nie.
9 Toe sê die Here vir my: “Praat nou as profeet met die gees, tree op as profeet, mens, sê vir die gees: So sê die Here my God: Kom uit die vier windstreke, gees, blaas in hierdie dooies in dat hulle kan lewe.”
10
Ek het as profeet opgetree soos die Here my beveel het, en toe kom die gees in hulle, en hulle lewe en gaan staan regop. Dit was 'n baie groot menigte.11 Die Here het vir my gesê: “Mens, al hierdie bene stel die hele Israel voor. Hulle sê: ‘Ons bene is uitgedroog, ons het geen hoop meer nie, dit is klaar met ons.’
12 Tree op as profeet, sê vir hulle: So sê die Here my God: Ek sal julle grafte oopmaak en julle laat uitkom, my volk, en Ek sal julle terugbring na die land Israel toe.
13 Wanneer Ek julle grafte oopmaak en julle laat uitkom, my volk, sal julle besef dat Ek die Here is.
14 Ek sal my Gees in julle laat kom sodat julle kan lewe en Ek sal julle in julle land laat woon. Dan sal julle besef dat Ek die Here is. Ek het dit gesê en Ek sal dit doen,” sê die Here.
15
Die woord van die Here het tot my gekom:16 “Mens, vat 'n stuk hout en skryf daarop: Juda en die Israeliete wat sy bondgenote is.
“Vat dan nog 'n stuk hout en skryf daarop: Josef. Dit is die stuk hout vir Efraim en die hele Israel wat sy bondgenote is.17 Druk dan die twee stukke hout teenmekaar sodat hulle soos een stuk in jou hand voel.
18 Wanneer die mense van jou volk vir jou vra: ‘Wil jy nie vir ons vertel wat dit beteken nie?’
19 moet jy vir hulle sê: So sê die Here my God: Ek vat die Josefhout wat staan vir Efraim en die Israelitiese stamme wat sy bondgenote is, en Ek sit dit teen die Judahout en Ek maak van die twee een stuk hout, sodat hulle in my hand een stuk is.
20
“Die stukke hout waarop jy geskryf het, moet in jou hand wees en die mense moet dit sien.21 Dan moet jy vir hulle sê: So sê die Here my God: Ek sal die Israeliete tussen die nasies uit vat waarheen hulle moes gaan, en hulle van alle kante af bymekaarmaak en na hulle land toe bring.
22 Ek sal van hulle een volk maak in die land, op die berge van Israel, en hulle sal een koning hê. Hulle sal nooit weer twee volke wees nie, nooit weer in twee ryke verdeel word nie.
23
“Hulle sal hulle nooit weer verontreinig met afgode en afskuwelike dade en sondes nie. Ek sal hulle bevry uit al hulle woonplekke waar hulle gesondig het en hulle reinig. Hulle sal my volk wees, en Ek sal hulle God wees.24 My dienaar Dawid sal koning oor hulle wees; hulle almal sal net een herder hê, en hulle sal volgens my bepalings leef en my voorskrifte gehoorsaam en nakom.
25 Hulle sal in die land woon wat Ek aan my dienaar Jakob gegee het, waar hulle voorvaders gewoon het. Hulle sal altyd daar woon, hulle en hulle kinders en hulle kinders se kinders, en my dienaar Dawid sal hulle regeerder wees vir altyd.
26 Ek sal met hulle 'n verbond sluit wat vir hulle vrede sal bring, 'n verbond wat altyd sal bestaan. Ek sal hulle baie laat word en my heiligdom tussen hulle oprig om altyd daar te wees.
27 My woonplek sal by hulle wees; Ek sal hulle God wees, en hulle sal my volk wees.
28 Wanneer my heiligdom vir altyd tussen hulle is, sal die ander nasies besef dat Ek, die Here, Israel vir My afgesonder het.”
1
Die woord van die Here het tot my gekom:2 “Mens, draai jou gesig na Magog se land toe, na Gog toe, die hoofregeerder van Mesek en Tubal, tree op as profeet teen hom
3 en sê: So sê die Here my God: Ek gaan teen jou optree, Gog, hoofregeerder van Mesek en Tubal.
4 Ek gaan jou in 'n ander rigting draai, Ek gaan hake in jou kakebene steek en jou uit jou land bring, jou en jou hele leërmag, die groot menigte perde en ruiters, almal pragtig aangetrek, almal toegerus met skilde en met swaarde in die hand.
5 Persië, Kus en Put, almal met skild en helm, is saam met jou soldate,
6 Gomer met al sy hordes, Bet-Togarma met syne, ver uit die noorde. Daar is 'n menigte volke tot jou beskikking.
7 Maak klaar, hou jou gereed, jy en die hele leërmag wat jy bymekaar laat kom het, staan gereed saam met hulle.
8 Jy sal na 'n lang tyd, in die verre toekoms, bevel kry en na 'n land toe gaan wat herstel is ná oorlog en waar baie mense weer tussen ander volke uit bymekaargebring is, daar op die berge van Israel wat so lank verwoes gelê het. Die mense is tussen die volke uit teruggebring en hulle woon almal veilig.
9 Jy sal soos 'n stormwind op hulle toeslaan en soos 'n wolk die land bedek, jy en al jou hordes en die baie volke wat tot jou beskikking is.”
10
So sê die Here my God: “Daardie dag sal daar gedagtes by jou opkom en sal jy 'n bose plan bedink.11 Jy sal dink: ek gaan dié land wat so oop lê, aanval. Die mense woon so onbesorg en rustig, hulle woon in stede sonder mure en sonder poorte met sluitbalke;
12 ek gaan hulle plunder en hulle besittings buit. Jy sal besluit om 'n aanval te maak op die puinhope wat weer bewoon word, die mense wat tussen die nasies uit versamel is en weer vee en besittings het en op die middelpunt van die aarde woon.
13 Skeba, Dedan en die handelaars van Tarsis en sy buitedorpe sal vir jou vra: ‘Het jy gekom om te plunder? Het jy jou leërmag bymekaargemaak om oorlogsbuit te kry, om silwer en goud weg te dra, om vee en besittings te vat? Is jy op 'n groot plundertog uit?’
14
“Tree op as profeet, mens, en sê vir Gog: So sê die Here my God: Jy sal weet wanneer my volk sonder kommer oor hulle veiligheid in die land woon,15 en dan sal jy uit jou land ver in die noorde kom met die baie manskappe wat tot jou beskikking is, almal ruiters te perd, 'n groot mag, 'n magtige leër.
16 Jy sal op my volk Israel toesak soos 'n wolk wat die land bedek. Dit sal in die verre toekoms wees dat Ek jou my land sal laat aanval en wanneer Ek jou, Gog, laat ervaar dat Ek die heilige God is, sal die nasies My erken.”
17
So sê die Here my God: “Dit is jy oor wie Ek lank gelede gepraat het deur my dienaars die profete van Israel. Hulle het daardie tyd aangekondig dat Ek jou my volk sal laat aanval.18
“Maar,” sê die Here my God, “die dag wanneer Gog die land Israel aanval, sal my toorn teen hom losbreek.19 Ek sê dit met drif, in gloeiende gramskap: daardie dag sal daar 'n groot aardbewing kom in die land Israel.
20 Die visse in die see, die voëls in die lug, die diere in die veld, al die diertjies wat op die grond rondkruip en al die mense in die land, sal voor My bewe. Die berge sal omgekeer word, die kranse sal inmekaarstort, die mure in die land sal omval.
21 Ek sal op al my berge oorlog teen Gog uitroep, sê die Here my God; Gog se manskappe sal mekaar met die swaard aanval.
22 Ek sal hom tref met pes en dood, Ek sal wolkbreuke, hael en brandende swael op hom laat reën en op sy hordes en op die baie manskappe wat tot sy beskikking is.
23 Ek sal My voor die oë van al die nasies laat ken as die groot en die heilige God, en hulle sal besef dat Ek die Here is.”
1
“Mens, tree op as profeet teen Gog en sê: So sê die Here my God: Ek gaan teen jou optree, Gog, hoofregeerder van Mesek en Tubal.2 Ek sal jou in 'n ander rigting laat draai en jou aan die hand lei en jou uit die verre noorde laat uitkom en jou die berge van Israel laat inval.
3 Maar Ek sal jou boog uit jou linkerhand slaan en jou pyle uit jou regterhand laat val.
4 Jy en al jou hordes en die ander volke wat tot jou beskikking is, sal op die berge van Israel sneuwel. Ek sal jou vir al die roofvoëls en die roofdiere gee om op te vreet.
5 Jy sal in die oop veld sneuwel, want Ek het gepraat,” sê die Here my God.
6 “Ek sal vuur instuur in Magog se land en onder die sorgelose kuslandbewoners, en hulle sal besef dat Ek die Here is.
7
“Ek sal my heilige Naam laat ken onder my volk Israel; hulle sal my heilige Naam nooit weer oneer aandoen nie, en die ander nasies sal besef dat Ek die Here is, die Heilige van Israel.8 Dit kom, dit sal gebeur,” sê die Here my God. “Dit is die tyd waarvan Ek gepraat het.
9 Die inwoners van die stede van Israel sal uitkom en met jou hordes se wapens vuurmaak. Hulle sal vuurmaak met groot skilde, klein skilde, boë, pyle, steekspiese en werpspiese, hulle sal sewe jaar lank met hulle vuurmaak.
10 Hulle sal nie hout uit die veld hoef aan te dra of in die bos hoef te gaan kap nie, want hulle sal vuurmaak met jou wapens. Hulle sal dié plunder wat hulle geplunder het en die besittings buit van dié wat hulle s'n gebuit het,” sê die Here my God.
11
“Daardie dag sal Ek vir Gog 'n plek gee om begrawe te word in Israel, in Reisigersvallei, oos van die Dooie See. Die graf sal die reisigers se pad versper. Gog en al sy hordes sal daar begrawe word, en die plek sal die naam kry Vallei van die Gog-hordes.12 Dit sal Israel sewe maande neem om Gog en sy hordes te begrawe en so die land te reinig.
13 Hulle sal begrawe word deur al die mense in die land en dit sal vir hulle roem bring die dag wanneer Ek My laat ken as die magtige God,” sê die Here my God.
14 “Daar sal mense afgedeel word om die land deur te gaan en skoon te maak deur al die lyke wat in die land oorbly, te begrawe. Na sewe maande sal hulle die land deursoek:
15 hulle sal deur die land gaan en wanneer iemand 'n been sien, sal hy dit met 'n stapel klippe merk sodat dié wat die begraafwerk doen, dit in die Vallei van die Gog-hordes kan gaan begrawe.
16 So sal die land gereinig word. Daar sal ook 'n stad wees wat na die hordes vernoem is.”
17
“Mens, so sê die Here jou God, sê vir al die voëls en vir al die roofdiere: Kom bymekaar, kom, versamel van alle kante af rondom die offermaaltyd wat Ek vir julle aanbied, die groot slagting op die berge van Israel; kom eet vleis en drink bloed.18 Julle sal vooraanstaande mense se vleis eet en die bloed drink van regeerders van die aarde, almal in so 'n goeie kondisie soos die vet ramme en bulle van Basan.
19 Julle sal vet vleis eet tot versadigens toe en bloed drink tot julle dronk is, dié van my offermaaltyd wat Ek vir julle aanbied.
20 Julle kan julle aan my tafel versadig eet aan perde en strydwabemannings, aan dapper vegters en allerlei soldate,” sê die Here my God.
21 “Ek openbaar my mag aan die nasies: al die nasies sal die oordeel sien wat Ek bring, die mag waarmee Ek teen hulle optree.
22 Van daardie dag af en verder sal Israel besef dat Ek die Here hulle God is.
23
“Die ander nasies sal besef dat die Israeliete in ballingskap weggevoer is oor hulle sonde, hulle ontrou teenoor My, en dat Ek hulle verwerp het en hulle oorgegee het in die mag van hulle vyande om almal deur die swaard afgemaai te word.24 Ek het dit aan Israel gedoen, Ek het hulle verwerp oor hulle onreinheid en hulle opstandigheid.”
25
So sê die Here my God: “Ek gaan nou die lot van Jakob verander, Ek gaan My ontferm oor die hele Israel, Ek gaan die eer van my heilige Naam handhaaf.26 [26-27] Wanneer hulle weer veilig in hulle land woon en vir niemand bang hoef te wees nie, wanneer Ek hulle terugbring onder die nasies uit en hulle bymekaarmaak uit die lande van hulle vyande, sal hulle die vernedering vergeet wat hulle moes ondergaan oor hulle ontrou aan My. Ek sal My voor die oë van al die nasies deur Israel laat erken as die heilige God.
27
28 Hulle sal besef dat Ek die Here hulle God is. Nadat Ek hulle in ballingskap laat wegvoer het na ander nasies toe, sal Ek hulle weer in hulle land bymekaarbring; niemand sal in ballingskap agterbly nie.
29 Ek sal hulle nooit weer verwerp nie; Ek het my Gees uitgestort op Israel,” sê die Here my God.
1
Dit was die tiende dag van die nuwe jaar, die vyf en twintigste jaar van ons ballingskap en die veertiende jaar nadat Jerusalem verwoes is. Presies op dié dag het die mag van die Here my in besit geneem en my2 in 'n gesig wat van God gekom het, na Jerusalem toe gebring. Hy het my na die land Israel toe gebring en my op 'n baie hoë berg neergesit. Aan die suidekant op die berg was daar geboue wat gelyk het na dié van 'n stad.
3 Hy het my daarnatoe gebring en daar sien ek toe 'n man wat gelyk het of hy van brons is. Daar was 'n linnetou en 'n meetstok in sy hand, en hy het by 'n poort gestaan.
4
Die man het vir my gesê: “Mens, jy moet goed kyk en luister, jy moet oplet na alles wat ek vir jou wys, want jy is hiernatoe gebring om alles vir jou te wys. Wat jy gesien het, moet jy dan vir Israel gaan sê.”5
Daar was 'n muur buite-om die tempelgeboue. Die meetstok wat die man in sy hand gehad het, was drie meter lank, langer dus as 'n gewone meetstok. Die man het die muur gemeet, en dit was drie meter breed en net so hoog.6
Daarna het die man na die poort toe gegaan wat oos gekyk het, die trappe opgeklim en die poort se drumpel gemeet. Dit was drie meter breed. Daar was net een drumpel en hy was drie meter breed.7 Die sykamers binne-in die poortgebou was elkeen drie meter in die vierkant, en die mure tussen die sykamers was elkeen twee en 'n half meter dik. Aan die binnekant, agter teen die poortgebou, was daar 'n toegangsportaal. Die drumpel na die portaal toe was drie meter breed.
8 Die man het die drumpel na die toegangsportaal toe gemeet. Dit was drie meter breed.
9 Daarna het hy die toegangsportaal self gemeet. Dit was vier meter, en die mure weerskante van die agterste uitgang van die toegangsportaal was een meter dik.
10 Aan weerskante binne-in die poortgebou was drie sykamers, almal ewe groot, en die mure tussenin was ewe dik.
11 Die man het ook die poort gemeet. As dit oop is, was dit vyf meter wyd, maar die volle wydte van die poort was ses en 'n half meter.
12 Daar was afskortings voor die sykamers weerskante in die poortgebou. Die afskortings was 'n half meter dik en die sykamers was drie meter in die vierkant.
13 Die man het verder die wydte van die poortgebou gemeet van waar die dak en die muur van een sykamer aan mekaar raak tot by dieselfde plek aan die teenoorgestelde kant. Die wydte was twaalf en 'n half meter. Die sykamers se ingange was die een reg teenoor die ander.
14 Die man het dieselfde gedoen met die toegangsportaal. Die afstand na die kant van die voorhof toe agter rondom die poortgebou was dertig meter,
15 en regoor die buitenste poortgebou voor die toegangsportaal van die binneste poort was dit vyf en twintig meter.
16 Agter in die sykamers weerskante in die poortgebou en in die mure tussen die sykamers was daar vensteropenings met hortjies. Dit was ook die geval met die toegangsportaal. Daar was vensteropenings rondom in die poortgebou. Teen die mure tussen die vertrekke was daar palmversierings.
17
Daarna het die man my na die buitenste voorhof toe gevat. Rondom die voorhof was daar vertrekke en 'n plaveisel. Daar was dertig vertrekke teenaan die plaveisel.18 Die plaveisel was weerskante van die poorte en was so breed as wat die poorte lank was. Dit was die onderste plaveisel.
19 Die man het die afstand gemeet tussen die voorkant van die buitenste poort en die buitekant van die binneste voorhof. Dit was vyftig meter aan die ooste- en aan die noordekant.
20
Daarna het hy die lengte en die breedte gemeet van die poortgebou teen die buitenste voorhof, die poort wat noord gekyk het.21 Die poortgebou het ook weerskante drie sykamers gehad, en die afmetings van sy tussenmure en sy toegangsportaal was dieselfde as dié van die poortgebou wat reeds beskryf is. Dié poortgebou was ook vyf en twintig meter lank en twaalf en 'n half meter wyd.
22 Sy vensteropenings, sy toegangsportaal en sy palmversierings was net so groot as dié van die poort wat oos gekyk het, en die poort is bereik deur middel van sewe trappe. Agteraan was ook 'n toegangsportaal.
23 Daar was 'n poortgebou teen die binneste voorhof regoor die noordpoort net soos in die geval van die oospoort. Die man het die afstand tussen die buitenste en die binneste poorte gemeet. Dit was vyftig meter.
24
Daarna neem die man my na die suidekant toe, waar die suidpoort was. Hy het die tussenmure en die toegangsportaal van die poortgebou gemeet, en dit was dieselfde as dié in die ander poortgeboue.25 Net soos die ander, het dié poortgebou se toegangsportaal ook vensteropenings rondom gehad, en was hy vyf en twintig meter lank en twaalf en 'n half meter wyd.
26 Daar was sewe trappe op na die poort toe en agteraan was 'n toegangsportaal. Op elkeen van die tussenmure weerskante was daar 'n palmversiering.
27 Hier aan die suidekant was daar ook 'n poortgebou teen die binneste voorhof. Die man het die afstand tussen die binneste en die buitenste poortgeboue aan die suidekant gemeet. Dit was vyftig meter.
28
Daarna het die man my deur die suidpoort na die binneste voorhof toe gebring, en die suidpoort daar gemeet. Die afmetings was dieselfde as dié van die ander.29 Die sykamers, die tussenmure en die toegangsportaal in dié gebou het dieselfde afmetings gehad as dié in die ander. Die gebou self en die toegangsportaal het rondom vensteropenings gehad en was vyf en twintig meter lank en twaalf en 'n half meter wyd.
30 Elke poortgebou het 'n toegangsportaal gehad van twaalf en 'n half meter lank en twee en 'n half meter wyd.
31 Die poortgebou het 'n toegangsportaal na die buitenste voorhof toe gehad, palmversierings aan sy tussenmure, en ag trappe op na die poort toe.
32
Daarna het die man my na die oostekant van die binneste voorhof toe gebring en die poort daar gemeet. Die afmetings was dieselfde as dié van die ander.33 Die sykamers, die tussenmure en die toegangsportaal in dié gebou het dieselfde afmetings gehad as dié in die ander. Die gebou self en die toegangsportaal het rondom vensteropenings gehad en was vyf en twintig meter lank en twaalf en 'n half meter wyd.
34 Die gebou het 'n toegangsportaal na die buitenste voorhof toe gehad, daar was palmversierings aan die tussenmure weerskante, en ag trappe op na die poort toe.
35
Daarna het die man my na die noordpoort toe gebring en dit gemeet. Die afmetings was dieselfde as dié van die ander.36 Daar was sykamers, tussenmure en 'n toegangsportaal, en daar was vensteropenings rondom. Die poortgebou was vyf en twintig meter lank en twaalf en 'n half meter wyd.
37 Sy toegangsportaal was na die buitenste voorhof toe, daar was palmversierings aan die tussenmure weerskante en ag trappe op na die poort toe.
38
Daar was 'n vertrek met sy deuropening in die toegangsportaal van die noordelike binnepoort. Dit is waar die brandoffers afgespoel is.39 In die toegangsportaal was daar aan weerskante twee tafels waarop die diere vir die brandoffer, die sondeoffer en die skuldoffer afgeslag is.
40 Buite langs die toegangsportaal, by die noordelike poortingang, was daar twee tafels, en aan die ander kant van die toegangsportaal was daar ook twee tafels.
41 Daar was dus aan weerskante van die poortingang vier tafels, altesaam ag, en die slagwerk is op hulle gedoen.
42 Daar was vir die brandoffer vier tafels van gekapte klip, elkeen 'n driekwart meter in die vierkant en 'n half meter hoog. Die gereedskap waarmee die offerdiere geslag is, is gebêre op
43 lyste van 'n kwart meter breed wat rondom teen die gebou aangebring is, en die vleis vir die offers is op die tafels neergesit.
44
Buitekant die binneste poort, in die binneste voorhof, was die vertrekke van die sangers. Die vertrekke was teen die noordpoort en het suid gekyk. Daar was ook teen die oospoort 'n vertrek, wat noord gekyk het.45 Die man het vir my gesê: “Een vertrek wat suid kyk, is bedoel vir die priesters wat in die tempel diens doen.
46 Die vertrek wat noord kyk, is bedoel vir die priesters wat by die altaar diens doen. Net die Levitiese priesters uit die geslag van Sadok kan na die altaar toe kom om die diens aan die Here te verrig.”
47
Die man het die voorhof gemeet. Dit was vyftig meter in die vierkant. Die altaar was voor die tempel.48
Daarna het hy my na die voorportaal van die tempel toe gebring en die mure weerskante van die portaal se ingang gemeet. Hulle was twee en 'n half meter lank aan weerskante. Die ingang was een en 'n half meter breed aan weerskante.49 Die portaal was tien meter lank en ses meter breed, en die ingang is bereik deur middel van tien trappe. Daar was pilare teen die mure weerskante van die ingang, een aan elke kant.
1
Daarna het die man my in die tempel self gebring en die mure weerskante van die ingang van die tempel gemeet. Hulle was drie meter dik aan weerskante.2 Die wydte van die ingang was vyf meter, en dié van die mure aan weerskante was twee en 'n half meter lank. Die tempelvertrek was twintig meter lank en tien meter breed.
3 Die man het toe na die binneste vertrek toe gegaan en die mure weerskante van die ingang gemeet. Hulle was een meter dik. Die ingang self was drie meter wyd en die mure aan weerskante drie en 'n half meter lank.
4 Hy het die vertrek gemeet. Die lengte was tien meter en die breedte, net soos dié van die tempelvertrek, ook tien meter. Die man het vir my gesê: “Hierdie vertrek is die Allerheiligste.”
5
Daarna het hy die muur van die tempelgebou gemeet. Dit was drie meter dik. Buite om die tempelgebou was daar kamers aangebou, twee meter breed.6 Die kamers was in drie verdiepings, elkeen met dertig kamers. Die muur waarop hierdie verdiepinggebou gerus het, was regoor elke verdieping dunner as regoor die vorige, sodat die verdiepings nie in die tempelmuur self nie maar in dié afsonderlike muur ingebou was.
7 Die tempelgebou was dus rondom toegebou tot bo toe, en die kamers van elke verdieping was breër as dié van die vorige. Daar het trappe opgegaan van die onderste verdieping af deur die middelste na die boonste toe.
8 Ek het gesien die tempelgebou is hoër as die ander gebou rondom. Die fondamente van die verdiepinggebou was 'n volle drie meter hoog.
9 Die muur van die verdiepinggebou aan die buitekant was twee en 'n half meter breed. Die terras tussen die verdiepings teen die tempelgebou
10 en die vertrekke rondom was tien meter.
11 Die ingange na die verdiepinggebou toe was van die terras af. Daar was ingange aan die noorde- en aan die suidekant. Die terras was rondom twee en 'n half meter breed.
12
Daar was 'n gebou aan die westekant van die tempelplein. Die gebou was vyf en dertig meter breed en vyf en veertig meter lank, en sy muur rondom was twee en 'n half meter dik.13
Die man het eers die tempelgebou gemeet. Dit was vyftig meter lank. Daarna het hy die tempelplein agter die tempelgebou saam met die westelike gebou en sy mure gemeet, ook vyftig meter.14 Voor die tempelgebou aan die oostekant was die tempelplein vyftig meter wyd.
15 Daarna het die man die westelike gebou aan die tempelplein agter die tempelgebou gemeet, saam met die gange weerskante van die groot gebou. Die afstand was vyftig meter.
Die voorste en die binneste tempelvertrekke, die toegangsportaal uit die binneste voorhof uit,16 die drumpels, die hortjievensters en die gange rondom die tempelgebou, en ook die voorkante van die drumpels, was alles met hout oorgetrek. Van die grond af tot teen die vensteropenings was alles met hout oorgetrek, ook die vensteropenings self.
17
Bokant die ingang en teen die tempelgebou binne en buite, teen al die mure rondom binne en buite, was daar reëlmatig18 gerubs en palmversierings aangebring, telkens 'n palm tussen twee gerubs. Elke gerub het twee gesigte gehad,
19 'n mensgesig na die kant toe van die palm aan die een kant, en 'n leeugesig na die kant toe van die palm aan die ander kant. Die versierings was rondom teen die hele tempelgebou aangebring.
20 Van die grond af tot bokant die ingang was daar gerubs en palms aangebring, ook teen die muur van die voorste tempelvertrek.
21 Die voorste tempelvertrek se deurkosyn was vierkantig, en dié van die Allerheiligste ook.
22
Die altaar in die voorste tempelvertrek was van hout, een en 'n half meter hoog en een meter lank. Sy hoeke en sy kante rondom was van hout. Die man het vir my gesê: “Dit is die tafel wat in die teenwoordigheid van die Here staan.”23
Die voorste tempelvertrek en die Allerheiligste het elkeen 'n deur gehad.24 Elke deur het twee deurvleuels, twee swaaideure, gehad.
25 Op die swaaideure, op dié van die voorste tempelvertrek, was gerubs en palms aangebring net soos op die mure. Voor die toegangsportaal aan die buitekant was 'n afdak van hout.
26 In die mure weerskante van die ingangsportaal was daar vensteropenings met hortjies, en teen die mure was palmversierings. Dit was ook die geval met die verdiepinggebou rondom die tempel en met die afdakke.
1
Die man het my toe uitgebring na die buitenste voorhof toe aan die noordekant en my by 'n kamergebou gebring regoor die tempelplein en noord van die westelike gebou.2 Die lengte van die gebou aan die noordekant was vyftig meter en die breedte vyf en twintig meter.
3 Die gebou het gegrens aan die tien meter wye strook teen die binneste voorhof en aan die deel van die tempelplein teen die buitenste voorhof. Die gebou was terrasvormig met drie vlakke, die een bokant die ander.
4 Voor elke ry kamers was 'n loopgang van vyf meter breed en vyftig meter lank. Die ingange van die loopgange was aan die noordekant.
5 Die kamers bo was kleiner as dié onder, want die terrasvlakke het meer van die boonste kamers se ruimte in beslag geneem as van die kamers onder en in die middel.
6 Die kamers was in drie vlakke en het nie pilare gehad soos die voorhowe nie. Daarom was die boonstes kleiner as dié onder en in die middel.
7 Daar was 'n muur voor die kamergebou al langs die buitenste voorhof. Die muur was vyf en twintig meter lank.
8 Die lengte van die kamergebou was teen die buitenste voorhof vyf en twintig meter, maar aan die tempel se kant was dit vyftig meter.
9 Die toegang uit die buitenste voorhof na die onderste kamers toe was aan die oostekant.
10
Daar was ook kamers teen die muur van die buitenste voorhof, aan die suidekant teen die tempelplein. Daar was kamers teen die muur11 met 'n gang voor hulle net soos voor die kamers aan die noordekant. Die kamers was net so lank en so breed as dié aan die noordekant, en hulle toegange en afmetings en uitgange
12 was net soos dié van die kamers aan die noordekant. Daar was 'n ingang aan die punt van die gang, die gang langs die keermuur, aan die oostekant wanneer 'n mens ingaan.
13 Die man het vir my gesê: “Dié kamers noord en suid van die tempelplein is gewyd. Dit is die eetplek van die priesters wat aan die Here die besondere gewyde offers bring. Daar sit hulle die besondere gewyde offergawes neer: die graanoffer, die sondeoffer en die skuldoffer. Dié plek is 'n gewyde plek.
14
“Wanneer die priesters hier ingekom het, mag hulle nie uit die gewyde gebied na die buitenste voorhof toe gaan voordat hulle die klere waarin hulle diens gedoen het, uitgetrek het nie, want die klere is ook gewyd. Hulle moet eers ander klere aantrek, dan kan hulle na die gebied toe gaan wat vir die ander mense bedoel is.”15
Nadat die man die tempelgebied klaar afgemeet het aan die binnekant, het hy my by die poort uitgeneem wat oos gekyk het en die mure buite-om gemeet.16 Eers het hy die oostekant gemeet met sy meetstok. Die muur hier was twee honderd en vyftig meter lank.
17 Toe meet hy die noordekant, ook twee honderd en vyftig meter lank,
18 en die suidekant, ook twee honderd en vyftig meter lank.
19 Daarna het hy omgegaan na die westekant toe en daar gemeet, ook twee honderd en vyftig meter.
20 Hy het die muur rondom gemeet aan al vier kante. Die lengte was twee honderd en vyftig meter en die breedte twee honderd en vyftig meter. Die muur was die grens tussen die gewyde gebied en die wêreld daarbuite.
1
Daarna het die man my na die poort toe gebring wat oos gekyk het.2 Daar sien ek toe die magtige verskyning van die God van Israel uit die ooste uit. Die stem van die Here was soos die gedruis van baie waters, en sy magtige verskyning het die hele aarde verlig.
3 Die gesig wat ek gesien het, het ooreengekom met die gesig wat ek gesien het toe ek die verwoesting van die stad moes aankondig, en ook met die gesig wat ek aan die Kebarrivier gesien het. Ek het platgeval.
4 Die magtige teenwoordigheid van die Here het deur die oospoort na die tempel toe beweeg.
5 Toe het die Gees my opgetel en my na die binneste voorhof toe gebring. Die tempel was vol van die magtige teenwoordigheid van die Here.
6 Terwyl die man met die meetstok daar langs my staan, hoor ek Iemand met my uit die tempel uit praat.
7 Hy het vir my gesê: “Mens, dit is die plek waar Ek my troon het, waar Ek vir altyd teenwoordig is tussen die Israeliete. Hulle en hulle konings sal nie weer my heilige Naam oneer aandoen deur afgodery te pleeg en die lyke van hulle konings hier te begrawe nie.
8 Die konings het hulle paleis se drumpel en deurkosyn teenaan my huis s'n gesit, sodat daar net 'n muur tussen ons was en hulle het my heilige Naam oneer aangedoen met hulle afskuwelike optrede. Daarom het Ek hulle in my toorn vernietig.
9 As die volk nou hulle afgodery laat staan en die lyke van hulle konings uit my teenwoordigheid wegvat, sal Ek altyd tussen hulle woon.
10
“Mens, jy moet die tempel vir Israel beskrywe, sodat hulle kan skaam kry oor hulle oortredings. Laat hulle die plan van die tempel nagaan,11 en wanneer hulle skaam word oor alles wat hulle gedoen het, moet jy hulle op die hoogte bring van die uitleg van die tempel: sy ontwerp, sy uitgange, sy ingange, sy hele uitleg en al die voorskrifte en reëlings wat vir hom geld. Jy moet dit voor hulle oë neerskryf, sodat hulle die hele uitleg van die tempel en al die voorskrifte wat vir hom geld, in ag kan neem en daarvolgens kan optree.
12 Die reëling in verband met die tempel is dat die top van die berg en die hele gebied rondom uitsluitend aan My gewy is. Dit, en niks minder nie, is die reëling in verband met die tempel.”
13
Die afmetings van die altaar, gemeet met die maat wat vir die heiligdom geld, was soos volg: die afleivoor was 'n half meter diep en 'n half meter breed, en sy rand was rondom 'n kwart meter breed. Die hoogte van die altaar was soos volg:14 van die afleivoor af na die onderste vlak toe was die hoogte een meter. Die vlak was 'n half meter wyer as die volgende; van die onderste na die boonste vlak toe was die hoogte twee meter. Die boonste vlak was 'n half meter wyer as die vuurmaakplek.
15 Die vuurmaakplek was twee meter hoog en het vier horings gehad wat boontoe gewys het.
16 Die vuurmaakplek was vierkantig, ses meter lank en net so breed.
17 Die boonste vlak was ook vierkantig, sewe meter lank en net so breed. Die afleivoor onder het 'n rand van 'n kwart meter breed gehad en was rondom 'n half meter diep. Die trappe teen die altaar op was aan die oostekant.
18
Die man met die meetstok het vir my gesê: “Mens, so sê die Here my God: Die voorskrifte oor die bring van offers op die altaar en die sprinkel van bloed teen hom sal soos volg wees: die dag wanneer hy klaar gebou is,19 moet jy vir die Levitiese priesters uit die nageslag van Sadok 'n bul gee as 'n sondeoffer; hulle is die priesters wat by die altaar mag kom om die diens aan My te verrig, sê die Here my God;
20 dan moet jy van die bul se bloed vat en dit aan die vier horings en aan die vier hoeke van die boonste vlak van die altaar smeer, en ook teen die sykante rondom. So moet jy die altaar reinig en dit geskik maak vir diens aan My;
21 daarna moet jy die sondeofferbul verbrand op die plek wat naby die tempel maar buitekant die heiligdom daarvoor aangewys is;
22 die dag daarna moet jy 'n bokram sonder liggaamsgebrek as sondeoffer aanbied en moet jy die altaar reinig net soos in die geval van die bul gedoen is;
23 as jy klaar is met die reiniging, moet jy 'n bul en 'n skaapram, albei sonder liggaamsgebrek, as offers aanbied;
24 jy moet hulle aanbied in die teenwoordigheid van die Here, en die priesters moet sout op die offervleis gooi en dit as 'n brandoffer vir die Here offer;
25 jy moet sewe dae lank elke dag 'n sondeofferbok voorsien, en ook 'n bul en 'n skaapram, almal sonder liggaamsgebrek;
26 die altaar moet sewe dae lank voorberei word vir die diens aan My en so gereinig en aan My gewy word;
27 eers as dié tyd verby is, van die agste dag af en daarna, mag die priesters julle brandoffers en julle maaltydoffers op die altaar bring en sal julle vir My aanneemlik wees,” sê die Here my God.
1
Toe vat die man my terug na die buitenste oospoort van die heiligdom toe, maar die poort was toe,2 en die Here het vir my gesê: “Hierdie poort moet toe bly, dit moet nie oopgemaak word nie en niemand mag daardeur gaan nie, want Ek, die Here, die God van Israel, het daardeur gekom; die poort moet toe bly.
3 Net die regeerder mag in die poortgebou gaan sit om in die teenwoordigheid van die Here te eet, maar die regeerder moet by die toegangsportaal agter die poort inkom en weer daar uitgaan.”
4
Die man vat my toe deur die noordpoort tot voor die tempel. Ek het gesien die huis van die Here is vol van sy magtige teenwoordigheid en ek het platgeval.5 Die Here het vir my gesê: “Mens, let op, kyk goed en luister goed na alles wat Ek vir jou sê oor al die voorskrifte en al die reëlings wat vir my huis geld. Let op na hoe iemand by die tempel mag inkom en hoe hy die heiligdom moet verlaat.
6
“Jy moet vir dié weerbarstige volk, vir Israel, sê: So sê die Here my God: Was al julle afskuwelike dade nie genoeg nie, Israel,7 dat julle ook nog eerlose en onbesnede uitlanders in my heiligdom ingebring het om my huis te ontwy? Julle het vir My vet en bloed as voedseloffer aangebied en terselfdertyd die verbond met My verbreek deur al julle afskuwelike dade.
8 Julle het nie die dienswerk in my heiligdom gedoen nie, julle het die uitlanders dit laat doen in julle plek.”
9
So sê die Here my God: “Geen eerlose, onbesnede uitlander mag in my heiligdom kom nie, nie een van al die uitlanders wat tussen die Israeliete woon nie.10
“Net die Leviete kon dit doen. Maar die Leviete het van My vervreem geraak toe Israel My verlaat het en hulle hulle afgode gedien het. Die Leviete moet die straf vir hulle sonde dra.11 Hulle mag diens doen in my heiligdom as wagte by die tempelpoorte en as tempelbediendes, hulle mag die diere vir die brandoffer en die ander offers slag vir die volk, en die nodige vir die volk doen,
12 maar hulle het ook die nodige vir die volk gedoen in die diens van afgode, hulle het Israel in sonde laat verval, en daarom steek Ek my hand teen hulle uit en laat Ek hulle die straf vir hulle sonde dra,” sê die Here my God.
13
“Hulle mag nie in my teenwoordigheid kom om priesters te wees in my diens nie, hulle mag nie raak aan die dinge wat aan My gewy is of aan die gewyde offergawes nie. Hulle moet die straf dra vir hulle skandelike afskuwelike optrede.14 Ek maak hulle die tempelbediendes wat moet sorg vir al die werk aan die tempel, alles wat daar aan die tempel gedoen moet word.
15
“Net die Levitiese priesters uit die geslag van Sadok het die dienswerk in my heiligdom onderhou toe die Israeliete My verlaat het. Hierdie priesters mag in my teenwoordigheid kom en die dienswerk vir My verrig, hulle mag in my diens staan en vir My vet en bloed as offer aanbied,” sê die Here my God.16 “Hulle mag in my heiligdom kom, hulle mag na my altaar toe kom en My daar dien, die diens tot my eer daar verrig.
17
“Maar wanneer hulle by enige van die poorte van die binneste voorhof kom, moet hulle linneklere aantrek. Hulle mag nie die binneste voorhof en die tempel binnegaan met iets van wol aan hulle nie.18 Hulle moet linnemusse op die kop hê en hulle moet linnebroeke aanhê. Hulle moet niks aanhê wat hulle laat sweet nie.
19 Wanneer hulle uitgaan na die buitenste voorhof toe, na die volk toe, moet hulle die klere waarin hulle diens gedoen het, uittrek en dit neersit in die gewyde vertrekke en ander klere aantrek. Dit moet hulle doen sodat hulle nie die volk in gevaar stel met die gewyde klere nie.
20
“Priesters mag nie hulle kop kaalskeer nie, maar hulle mag ook nie lang hare hê nie; hulle moet hulle hare netjies sny.21
“Geen priester mag wyn drink wanneer hy in die binneste voorhof moet ingaan nie.22
“Hulle mag ook nie trou met weduwees of geskeide vrouens nie, hulle mag net trou met Israelitiese jongmeisies of met jong weduwees van priesters.23
“Die priesters moet my volk onderrig oor die onderskeid tussen wat gewyd en wat nie gewyd is nie en hulle leer om te onderskei tussen wat rein en wat onrein is.24
“Waar daar geskille is, moet die priesters as regters optree en uitspraak lewer ooreenkomstig my bepalings. “Hulle moet toesien dat my wil en my voorskrifte op al die feesdae in ag geneem word en dat my sabbatte heilig gehou word.25
“Hulle mag nie onrein word deur naby 'n lyk te kom nie. Net in die geval van ouers of kinders of broers of ongetroude susters mag 'n priester onrein word,26 en dan moet hy ná sy reiniging sewe dae laat verloop
27 en op die dag wanneer hy weer in die heiligdom, in die binneste voorhof ingaan om die dienswerk in die heiligdom te doen, moet hy 'n sondeoffer bring,” sê die Here my God.
28
“As eiendom ontvang die priesters van wat My toekom. Hulle kry nie 'n besitting tussen die Israeliete nie, want hulle besitting is wat Ek vir hulle gee uit wat Myne is.29 Hulle mag die graanoffer, die sondeoffer en die skuldoffer eet, en hulle kry alles wat in Israel aan My gewy word;
30 verder kom aan die priesters toe die beste van al die eerstelingoffers, al die offergawes wat deur die volk gebring word; die Israeliete moet ook die beste van alles wat hulle bak, vir die priesters gee, dan sal die Here die huis waaruit dit kom, seën.
31
“Priesters mag nie voëls of diere wat gevrek het of deur roofdiere gevang is, eet nie.”1
“Wanneer julle die land deur loting verdeel om aan elke stam sy besitting toe te ken, moet julle 'n stuk grond van twaalf en 'n half kilometer lank en tien kilometer breed as 'n offergawe aan die Here gee. Die hele stuk grond sal aan die Here gewy wees.2 Hiervan moet 'n stuk van twee honderd en vyftig meter in die vierkant aan die heiligdom behoort, met 'n oop strook van vyf en twintig meter rondom.
3 Van die hele gebied wat afgemeet is, moet julle 'n stuk afmeet van twaalf en 'n half kilometer lank en vyf kilometer breed; daarop moet die heiligdom met die Allerheiligste staan.
4 Hierdie gebied is die gewyde gebied in die land. Dit is tot beskikking van die priesters wat in die heiligdom diens doen en wat by die altaar mag kom om die diens aan die Here te verrig. Daar kan hulle huise kom, en die grond wat aan die heiligdom behoort, val in dié gedeelte.
5 Die oorblywende gedeelte van twaalf en 'n half kilometer lank en vyf kilometer breed is vir die Leviete wat in die tempel diens doen; dit is hulle eiendom, daar kan hulle woon.
6
“Vir die stadsgrond moet julle 'n stuk afstaan van twee en 'n half kilometer breed en twaalf en 'n half kilometer lank, net so groot as die gewyde gebied. Hierdie grond moet tot beskikking wees van die hele Israel.7
“Die regeerder moet grond kry weerskante van die gewyde gebied en die stadsgrond, wes en oos daarvan; dit moet net so groot wees as een van die stamgebiede en moet strek van die wesgrens van Israel af tot aan die oosgrens.8 Dit moet sy deel van die land wees tussen die Israeliete. Die regeerders wat Ek aanwys, sal my volk nie weer te kort doen nie; hulle sal die land verdeel tussen die stamme van Israel.”
9
So sê die Here my God: “Julle het nou ver genoeg gegaan, regeerders van Israel. Laat staan die geweld en verdrukking, laat reg geskied en doen reg, hou op om my volk se eiendom vir julle te vat,” sê die Here my God.10
“Julle moet skale gebruik wat reg weeg en julle moet die regte inhoudsmate vir droë stowwe en vir vloeistowwe gebruik.11 Inhoudsmate moet deurgaans dieselfde bly, volgens 'n vaste maatstaf.
12 Gewig moet volgens 'n vaste maatstaf bepaal word.”
13
“Die offergawes wat julle moet bring, is een sestigste van die koring en die gars,14 en een honderdste van die olie.
15 Uit die waterryke dele van Israel moet julle een uit elke twee honderd van die kleinvee gee. Hierdie offers is graanoffers, brandoffers en maaltydoffers om vir julle versoening mee te doen,” sê die Here my God.
16 “Al die mense in die land moet hierdie offergawes aan die regeerder van Israel lewer.
17 Op die regeerder rus dan die verpligting om die brandoffers, die graanoffers en die drankoffers aan te bied tydens die groot feestye en die nuwemaansfeeste en op die sabbatte, op al die feestye van Israel. Hy moet die sondeoffer, die graanoffer, die brandoffer en die maaltydoffers aanbied om vir Israel versoening mee te doen.”
18
So sê die Here my God: “Op die eerste dag van die eerste maand moet jy 'n bul sonder liggaamsgebrek vat en die heiligdom laat reinig:19 die priester moet van die sondeofferdier se bloed vat en dit aan die kosyne in die tempel smeer en aan die vier hoeke van die boonste vlak van die altaar en aan die kosyne van die poorte na die binneste voorhof toe;
20 dit moet hy ook doen op die sewende van die maand ter wille van mense wat onwetend of uit onkunde gesondig het; so moet julle die tempel reinig.
21
“Op die veertiende van die eerste maand moet julle die paasfees vier, wanneer julle moet begin om sewe dae lank net ongesuurde brood te eet.22 Op die paasfees moet die regeerder 'n bul as sondeoffer aanbied vir homself en vir die hele volk.
23 Tydens die sewe dae wat die fees duur, moet hy elke dag as brandoffer vir die Here sewe bulle en sewe skaapramme aanbied, almal sonder liggaamsgebrek, en ook nog elke dag 'n bokram as sondeoffer.
24 Verder moet hy as graanoffer by elke bul en elke ram sestien kilogram meel aanbied, en vier liter olie by elke sestien kilogram meel.
25
“Tydens die fees wat op die vyftiende van die sewende maand begin, moet die regeerder sewe dae lank net soos met die paasfees ook die sondeoffer, die brandoffer, die graanoffer en die olie aanbied.”1
So sê die Here my God: “Die oospoort na die voorhof toe moet op die ses werksdae gesluit bly, maar dit moet oopgemaak word op sabbatdae en op nuwemaansfeeste.2 Dan moet die regeerder van buite af by die toegangsportaal van die poortgebou ingaan en by die poortdeur gaan staan. Die priesters moet dan die regeerder se brandoffer en maaltydoffer offer, en daarna moet hy in aanbidding by die poortdrumpel buig en uitgaan. Die poort moet tot die aand toe oop bly.
3 Ook die gewone burgers moet op sabbatte en op nuwemaansfeeste by hierdie poort in aanbidding voor die Here kom buig.
4
“Die brandoffer wat die regeerder op die sabbat vir die Here moet aanbied, moet bestaan uit ses lammers en 'n skaapram, almal sonder liggaamsgebrek.5 Die graanoffer saam met die ram moet sestien kilogram meel wees en dié saam met die lammers soveel as wat hy wil gee. Daar moet vier liter olie by elke sestien kilogram meel wees.
6 Op die nuwemaansfees moet die offer bestaan uit 'n bul, ses lammers en 'n skaapram, almal sonder liggaamsgebrek,
7 met graanoffers van sestien kilogram saam met die bul en die ram, en dié saam met die lammers soveel as wat die regeerder kan bekostig. Vir elke sestien kilogram meel moet hy ook vier liter olie offer.
8
“Wanneer die regeerder ingaan, moet hy dit doen deur die toegangsportaal van die poort, en hy moet weer daar uitgaan.9 Maar wanneer die gewone burgers op feesdae in die teenwoordigheid van die Here wil kom, moet dié wat deur die noordpoort inkom om in aanbidding te buig, by die suidpoort uitgaan, en dié wat deur die suidpoort inkom, moet by die noordpoort uitgaan. Niemand mag teruggaan deur die poort waar hy ingekom het nie; almal moet by die ander kant uitgaan.
10 Die regeerder moet by hulle wees; wanneer hulle inkom, moet hy inkom en wanneer hulle uitgaan, moet hy uitgaan.
11
“Op die feesdae en tydens die feestye moet die graanoffer sestien kilogram saam met 'n bul en 'n ram wees en dié saam met die lammers soveel as wat die persoon wil gee. Vir elke sestien kilogram moet daar ook vier liter olie gebring word.12
“Wanneer die regeerder 'n vrywillige offer wil aanbied, 'n brandoffer of maaltydoffers as vrywillige offer aan die Here, moet die oospoort vir hom oopgemaak word, en dan moet hy die brandoffer of die maaltydoffers aanbied soos hy dit op die sabbatdag moet doen. Daarna moet hy uitgaan en moet die poort weer gesluit word.13
“Daar moet elke dag 'n jaaroud ramlam sonder liggaamsgebrek vir die Here as brandoffer gebring word. Dit moet elke môre gedoen word.14 Elke môre moet daar ook 'n graanoffer van drie kilogram meel gebring word met een en 'n derde liter olie om die meel mee klam te maak. Dit moet 'n vaste instelling wees.
15 Die lam en die graanoffer en die olie moet elke môre gebring word as 'n daaglikse brandoffer.”
16
So sê die Here my God: “Wanneer die regeerder 'n stuk van sy grond aan een van sy seuns gee, moet dit die seun s'n bly en word dit die familiebesit van die seun se nageslag.17 Maar wanneer die regeerder 'n stuk van sy grond vir enigiemand in sy diens gee, kan dié persoon dit besit tot in die hersteljaar; dan moet dit terugval na die regeerder toe en weer uitsluitend die familiebesit van sy nageslag word.
18
“Die regeerder mag nie grond van die volk afvat en hulle so uit hulle familiebesit verdring nie. 'n Man se grond moet sy seuns toeval, sodat my volk nie hulle familiebesit ontneem word en verstrooi raak nie.”19
Die man met die meetstok bring my toe by die ingang langs die noordpoort, die ingang na die gewyde vertrekke van die priesters toe. Daar was 'n plek agter die gebou, aan die westekant,20 en die man het vir my gesê: “Dit is die plek waar die priesters die vleis moet gaarmaak van die skuldoffer en die sondeoffer en waar hulle die graanoffergeregte moet bak, sodat hulle nie die volk in gevaar stel deur dié gewyde dinge deur die buitenste voorhof te bring nie.”
21
Daarna bring die man my na die buitenste voorhof toe en vat my by die vier hoeke van die voorhof verby. In elke hoek van die voorhof was daar 'n kleiner voorhof.22 Dié kleiner voorhowe was elkeen twintig meter lank en vyftien meter breed, en daar het rook by hulle uitgekom.
23 Daar was 'n muur om elkeen en binne teen die muur rondom was daar kookplekke aangebring.
24 Die man het vir my gesê: “Dit is die kookplekke waar die tempelbediendes die offervleis van die volk gaarmaak.”
1
Die man met die meetstok het my teruggebring na die ingang van die tempel toe. Toe sien ek daar kom water onder die tempel se drumpel uit aan die oostekant. Die tempel het oos gekyk. Die water het regs van die tempel weggeloop, suid van die altaar verby.2 Die man vat my toe by die noordpoort uit en om na die buitenste oospoort toe. Daar syfer die water toe regs langs die poort uit.
3 Die man het oos gestap en met die maatlyn wat hy by hom gehad het vyf honderd meter afgemeet van die oospoort af. Toe laat hy my deur die water loop. Dit was enkeldiep.
4 Hy het nog vyf honderd meter afgemeet en my deur die water laat loop. Dit was kniediep. Hy het nog vyf honderd meter afgemeet en my deur die water laat loop. Dit het tot by my heupe gekom.
5 Toe meet hy nog vyf honderd meter, maar toe was die water 'n stroom waar ek nie kon deur nie. Die water was diep, sodat 'n mens sou moes swem; dit was 'n stroom waar 'n mens nie deur kon loop nie.
6
Die man sê toe vir my: “Sien jy dit, mens?” Hy laat my toe al langs die stroom terugstap.7 Terwyl ek so terugstap, sien ek daar staan groot, hoë bome weerskante op die stroom se wal.
8
Die man het vir my gesê: “Hierdie water loop weg na die streek oos toe en af na die Jordaanvallei toe waar dit in die Dooie See sal inloop. Wanneer dit in die Dooie See inloop, sal die water van die Dooie See vars word.9 Waar die stroom ook kom, sal dit wemel van al die soorte diere en sal daar baie vis wees. Die water loop af na die Dooie See toe en sal die see vars maak. Waar die stroom kom, sal alles lewe.
10 Daar sal vissers langs die Dooie See staan van En-Gedi af tot by En-Eglajim. Dit sal 'n plek wees waar hulle nette droogmaak. Daar sal net soveel soorte vis wees as in die Groot See, en net so baie.
11 Net die water in die moerasse en kuile langs die Dooie See sal nie vars word nie. Hulle moet sout bly.
12 Weerskante op die wal van die stroom sal allerlei vrugtebome groei. Hulle blare sal nie verlep nie en hulle vrugte sal nie opraak nie. Hulle sal elke maand dra, want die stroom se water kom uit die heiligdom. Die vrugte sal daar wees om te eet en die blare om genesing te bring.”
13
So sê die Here my God: “Die volgende is die grense van die gebied wat julle as besitting moet toeken aan die twaalf stamme. Aan Josef moet twee dele gegee word,14 maar aan die ander moet julle een deel elk toeken. Ek het met 'n eed beloof dat Ek die land aan julle voorvaders sal gee, daarom kom dit julle toe as besitting.
15
“Die grense van die land is soos volg: Aan die noordekant van die Groot See af oor Getlon tot by Sedad,16 verder Hamat, Berota, Sibrajim tussen die gebiede van Damaskus en Hamat, en Middel-Gaser op die grens van Gauran.
17 Die grens loop dus van die see af tot by Gasar-Enan, met die gebiede van Damaskus en Hamat noord daarvan. Dit is die noordgrens.
18
“Aan die oostekant is die grens van tussen Gauran en Damaskus af, tussen Gilead en Israel met die Jordaan langs, en dan moet julle die grens aan die oostekant van die Dooie See trek. Dit is die oosgrens.19
“Aan die suidekant loop die grens eers suid van Tamar af tot by die waters van Meriba-Kades, dan met die spruit langs tot teen die Groot See. Dit is die suidgrens.20
“Aan die westekant is die grens die Groot See, van die suidgrens af tot regoor Lebo-Hamat. Dit is die wesgrens.21
“Dit is die land wat julle tussen julle moet verdeel volgens al die stamme van Israel.22 Julle moet die land verdeel deur loting vir julleself en vir die vreemdelinge wat al 'n geslag lank tussen julle woon. Julle moet sulke vreemdelinge as medeburgers tussen julle beskou. Hulle moet saam met julle besittings ontvang onder die stamme van Israel.
23 Julle moet die vreemdelinge hulle besittings gee by die stamme waar hulle woon,” sê die Here my God.
1
“Van die noordekant af, langs die lyn Getlon, Lebo-Hamat, Gasar-Enan tot waar die noordgrens van Damaskus teen Hamat raak, kry die volgende stamme hulle dele; elkeen kry 'n strook van die oosgrens af tot teen die Groot See: Dan,2 Aser,
3 Naftali,
4 Manasse,
5 Efraim,
6 Ruben en
7 Juda.
8
“Teen die gebied van Juda, van oos na wes, moet die gebied lê wat julle as offergawe afstaan, twaalf en 'n half kilometer breed en net so lank as een van die ander stroke, van die oostelike tot by die westelike grens. Die heiligdom moet in hierdie gebied wees.9 Die een gebied wat julle as offergawe aan die Here afstaan, moet twaalf en 'n half kilometer lank en vyf kilometer breed wees.
10 Dié gebied moet 'n gewyde offergawe wees wat tot die beskikking van die priesters is, en moet 'n strook wees van twaalf en 'n half kilometer lank van oos na wes en vyf kilometer breed van noord na suid. Die heiligdom van die Here moet in dié gebied wees.
11 Die gebied is tot die beskikking van die gewyde priesters, die nageslag van Sadok. Hulle het my dienswerk getrou gedoen en nie afgedwaal soos die Israeliete nie, soos die Leviete gedoen het.
12 Die gebied moet 'n offergawe wees, wat tot beskikking van die priesters is, 'n deel van die gebied wat as offergawe afgestaan word, 'n gewyde gebied langs dié van die Leviete.
13
“Die Leviete moet 'n gebied kry langs dié van die priesters, twaalf en 'n half kilometer lank en vyf kilometer breed.14 Hulle mag nie daarvan verkoop nie. Hierdie deel van die land, die beste deel, mag nie verkoop of verruil word en in ander hande oorgaan nie, want dit is aan die Here gewy.
15
“Die strook van twaalf en 'n half by twee en 'n half kilometer wat oorbly, is bedoel as gewone stadsgebied, as woon- en weigebied. Die stad moet in dié gebied wees.16 Die stad moet twee en 'n kwart kilometer in die vierkant wees.
17 Aan al vier kante moet daar 'n onbeboude strook van honderd vyf en twintig meter wees.
18 Die vyf kilometer wat oos en die vyf wat wes van die stad oor is langs die gebied wat as 'n gewyde offergawe afgestaan is, moet bewerk word vir die onderhoud van die mense wat in die stad werk.
19 Enigiemand wat in die stad werk, mag die grond bewerk, ongeag die stam van Israel waaruit hy kom.
20
“Die hele gebied wat afgesonder moet word, sal dus twaalf en 'n half kilometer in die vierkant wees. Julle moet dit as 'n gewyde offergawe afstaan. Die stadsgebied is daarby ingesluit.21
[21-22] “Die grond wat oorbly aan die oostekant en aan die westekant van die gewyde gebied waar die tempel en die stadsgebied en die gebied van die Leviete moet wees, is tot beskikking van die regeerder. Dit loop tot by die oosgrens van die land en weswaarts tot by die see en lê tussen die gebied van Juda en dié van Benjamin.22
23
“Die stamme wat oorbly en wat elkeen ook 'n strook van die oosgrens af tot teen die wesgrens moet kry, is Benjamin,24 Simeon,
25 Issaskar,
26 Sebulon en
27 Gad.
28 Suid van Gad se gebied loop die grens van Tamar af oor die waters van Meriba-Kades met die spruit langs tot aan die Groot See.
29
“Dit is die land wat julle deur loting as besitting moet verdeel tussen die Israelitiese stamme en dit is die dele wat elkeen moet kry,” sê die Here my God.30
“Die uitgange uit die stad uit moet soos volg wees: die noordelike stadsgrens moet twee en 'n kwart kilometer lank wees31 met drie poorte, genoem na stamme van Israel: Ruben, Juda en Levi.
32 Die ander stadsgrense moet elkeen ook twee en 'n kwart kilometer lank wees, elk met drie poorte, aan die oostekant Josef, Benjamin en Dan,
33 aan die suidekant Simeon, Issaskar en Sebulon,
34 en aan die westekant Gad, Aser en Naftali.
35
“Die omtrek van die stad moet nege kilometer wees, en sy naam moet van vandag af wees: Die Here is daar.”