1
Woorde van die Prediker, seun van Dawid en koning in Jerusalem.2
Alles kom tot niks, sê die Prediker, tot niks.
3
Wat kry die mens vir sy geswoeg,4
Geslagte kom en geslagte gaan,
maar die wêreld bly altyd dieselfde.
5
Die son kom op, die son gaan onder,
en dan haas hy hom weer na waar hy opkom.
6
Die wind waai suid, draai noord,
waai hierheen en daarheen
en dan draai hy maar weer.
7
Al die riviere loop in die see in,
maar die see word nooit vol nie.
Die riviere hou aan om te loop
na die plek toe waarheen hulle altyd geloop het.
8
Woorde vervaag mettertyd,
en 'n mens kry nie klaar met praat nie.
Die oog kyk, maar kry nie klaar met kyk nie;
die oor hoor, maar kry nie klaar met hoor nie.
9
Wat was, sal weer wees;
wat gebeur het, sal weer gebeur.
Daar is niks nuuts in hierdie wêreld nie.
10
Kan jy van iets sê dit is nuut?
Nee, dit was lankal daar,
lank voor ons tyd.
11
Wat verby is, word vergeet,
en ook wat later kom,
sal vergeet word deur dié wat daarna kom.
12
Ek, die Prediker, was koning oor Israel in Jerusalem.13 Ek het my daarop toegelê om alles wat in hierdie wêreld gebeur, te ondersoek en behoorlik te deurdink. Ek het bevind: God het 'n harde taak aan die mens gegee om hom mee besig te hou.
14
Ek het alles wat in hierdie wêreld gebeur, bekyk:
alles kom tot niks, dit is 'n gejaag na wind.
15
Wat krom is, kan nie reguit word nie;
wat nie daar is nie, kan nie getel word nie.
16
Ek het by myself gedink: ek het meer wysheid as almal wat voor my in Jerusalem geregeer het, ek het baie ervaring en insig.17 Ek het my daarop toegelê om te verstaan wat wysheid en kennis is, en wat dit is om 'n gebrek aan wysheid en kennis te hê. Ek het vasgestel: ook dit is 'n gejaag na wind.
18
Baie wysheid stel hoë eise,
wie kennis versamel, versamel smart.
1
Ek het by myself gedink:2
Van lag moes ek sê: dis sinloos,
en van plesier: wat bring dit?
3
Ek het gewonder wat sal gebeur as ek my aan wyn oorgee maar tog nog op soek bly na wysheid, as ek soos 'n dwaas leef totdat ek vasgestel het wat die beste is waarmee 'n mens hom sy lewe lank in hierdie wêreld besig kan hou.4 Ek het groot ondernemings aangepak: ek het vir my huise gebou en wingerde geplant.
5 Ek het vir my tuine en parke aangelê en allerhande soorte vrugtebome daarin geplant.
6 Ek het vir my damme gemaak om die lappe jong bome nat te lei.
7 Ek het slawe en slavinne aangeskaf, en hulle het kinders gekry wat ook my slawe was. Ek het baie beeste en kleinvee gehad, meer as almal voor my in Jerusalem.
8 Ek het vir my silwer en goud opgegaar wat ek gekry het van konings en provinsies. Ek het vir my sangers en sangeresse gewerf, talle mooi meisies met wie ek die lewe kon geniet.
9 Ek was magtiger en ryker as almal voor my in Jerusalem. My wysheid het my goed te pas gekom.
10 Alles wat ek begeer het, het ek my veroorloof; ek het my geen plesier ontsê nie. Alles waarmee ek my besig gehou het, het my plesier verskaf. Dit was my beloning vir al my inspanning.
11 Maar toe ek goed nadink oor alles wat ek gedoen het en oor alles waarmee ek my met soveel sorg besig gehou het, het ek gesien dat alles niks was, 'n gejaag na wind. In hierdie wêreld bevredig niks nie.
12
Ek het goed nagedink om vas te stel wat dit is om wysheid te hê of om nie wysheid en kennis te hê nie. Wat anders kan 'n koning se opvolger doen as wat reeds gedoen is?13 Dit het ek wel ingesien dat dit 'n mens meer baat om wysheid te hê as om dit nie te hê nie, net soos lig 'n mens meer baat as duisternis.
14
Die wyse weet wat hy doen,
vir die dwaas is daar net donkerte,
maar dit weet ek:
een en dieselfde lot tref albei.
15
Ek het by myself gedink: die lot van die dwaas sal my ook tref, wat help dit my dan dat ek soveel wysheid het? En ek het vir myself gesê: Ook dit kom tot niks.16 Die wyse sal net so min as die dwaas altyd onthou word. In tye wat kom, word alles vergeet. Die wyse sterf net soos die dwaas!
17
Ek het die lewe gehaat, want alles wat in hierdie wêreld gebeur het, het vir my sleg afgeloop. Alles kom tot niks, dit is 'n gejaag na wind.18
Ek het alles gehaat waarmee ek my in hierdie wêreld met soveel sorg besig gehou het, want ek moet dit nalaat aan dié een wat ná my kom,19 en wie weet of hy 'n wyse of 'n dwase mens sal wees? Tog sal hy beskik oor alles wat ek met sorg en oorleg in hierdie wêreld bymekaargemaak het. Dit kom dus ook tot niks.
20
Ek het in vertwyfeling geraak oor alles waarmee ek my met soveel sorg in hierdie wêreld besig gehou het.21 'n Mens wat met wysheid en kennis gewerk en sukses behaal het, laat sy besittings na aan een wat glad nie daarvoor gewerk het nie. Dit is nie reg nie. Ook dit kom dus tot niks.
22 Wat het die mens nou eintlik aan alles waarmee hy hom met soveel sorg en ywer in hierdie wêreld besig hou?
23
Elke dag bring vir hom pyn
en elke onderneming ergernis;
selfs snags kom hy nie tot rus nie.
Ook dit kom tot niks.
24
Dit is nie aan die mens self te danke dat hy kan eet en drink en onder al sy arbeid nog die goeie kan geniet nie. Ek het ingesien dat dit 'n gawe uit die hand van God is.25 Wie kan eet, wie kan geniet as Hy dit nie moontlik maak nie?
26 Vir die mens met wie se lewe God tevrede is, gee Hy wysheid, kennis en blydskap. Maar die een met wie Hy nie tevrede is nie, kry die taak om op te gaar en bymekaar te maak en dit dan te gee aan een met wie God tevrede is.
Ook hier kom dit dus tot niks. Dit is 'n gejaag na wind.1
Elke ding het sy vaste tyd,2
daar is 'n tyd om gebore te word, 'n tyd om te sterwe,
'n tyd om te plant, 'n tyd om plante uit te trek,
3
'n tyd om 'n lewe te neem, 'n tyd om 'n lewe te red,
'n tyd om af te breek, 'n tyd om te bou,
4
'n tyd om te huil, 'n tyd om te lag,
'n tyd om te treur, 'n tyd om van blydskap te dans,
5
'n tyd om klippe weg te gooi, 'n tyd om hulle bymekaar te maak,
'n tyd om te omhels, 'n tyd om weg te bly van omhelsing af,
6
'n tyd om aan te skaf, 'n tyd om te laat wegraak,
'n tyd om te spaar, 'n tyd om weg te gooi,
7
'n tyd om te skeur, 'n tyd om toe te werk,
'n tyd om stil te bly, 'n tyd om te praat,
8
'n tyd om lief te hê, 'n tyd om te haat,
'n tyd vir oorlog, 'n tyd vir vrede.
9
Wat kry die mens vir die werk waarmee hy hom vermoei?
10
Ek het gesien dat God aan die mens 'n taak gegee het om hom mee besig te hou.11 God het elke ding gemaak dat dit pas in 'n bepaalde tyd, maar Hy het ook aan die mens 'n besef gegee van die onbepaalde tyd. Tog kan die mens die werk van God van begin tot einde nie begryp nie.
12 Ek het tot die insig gekom dat daar vir 'n mens niks beter is nie as om vrolik te wees en die goeie van die lewe te geniet.
13 Dat die mens kan eet en drink en onder al sy arbeid nog die goeie kan geniet, ook dit is 'n gawe van God.
14
Ek het tot die insig gekom dat wat God doen, blywend is: jy kan daar niks byvoeg nie15
Wat is, was reeds.
Wat kom, was ook alreeds.
God laat weer gebeur wat vroeër gebeur het.
16
Verder het ek in hierdie wêreld gesien:
waar daar reg moet geskied, is daar onreg;
waar daar geregtigheid moet wees, is daar oortreding.
17
Ek het by myself gedink: God spreek reg oor regverdige en onregverdige; daar is 'n tyd vir elke saak, ook vir wat in die regspraak gebeur.18
Ek het by myself gedink: dit is ter wille van die mense self dat God hulle toets; hulle moet insien dat hulle niks anders as diere is nie.19 Een en dieselfde lot tref mens en dier, hulle gaan almal dood, die een soos die ander. Almal het net een asem. Die mens is nie beter daaraan toe as die dier nie. Alles kom tot niks.
20
Almal is op pad na dieselfde plek toe,
almal is van stof en almal word weer stof.
21
Wie weet of die asem van die mens opstyg boontoe
en of die asem van die dier afgaan onder toe?
22
Ek het gesien dat daar niks beter is nie
as dat die mens vreugde vind in sy werk;
dit is wat hom toekom.
Wie kan hom laat sien wat ná hom sal gebeur?
1
Verder het ek ook nog al die verdrukking in hierdie wêreld gesien. Die verdruktes kla, maar niemand help hulle nie;2
Toe het ek gedink dié wat klaar dood is, is gelukkiger as dié wat nog lewe,3 maar die gelukkigste van almal is dié wat nog glad nie gebore is en nog nie al die onreg gesien het wat op hierdie wêreld gedoen word nie.
4
Ek het gesien dat al die moeite wat mens doen vir sukses uit onderlinge afguns kom. Ook hier kom dit dus tot niks. Dit is 'n gejaag na wind.5
Die dwaas vou sy hande en bewerk so sy eie ondergang.
6
Hy vind een hand vol rus beter as 'n dubbele hand vol werk.
7
Ek het in hierdie wêreld nog meer gesien wat tot niks kom nie:8 daar was 'n man wat alleen was, sonder seun of broer. Tog was daar nie 'n einde aan al sy inspanning nie en was hy steeds op soek na meer rykdom. Hy moes later sê: “Vir wie sloof ek my af en ontsê ek my die aangename dinge?”
Ook hier kom dit tot niks. Dit bly 'n harde saak.9
Twee vaar beter as een. Hulle inspanning kom tot iets.10 As die een val, kan die ander hom ophelp. Maar as een val wat alleen is, is daar niemand om hom op te help nie.
11 As twee langs mekaar slaap, word hulle warm, maar hoe sal een wat alleen is, warm word?
12 Een alleen kan oorweldig word, twee saam kan weerstand bied. 'n Driedubbele tou breek nie maklik nie.
13
'n Jongman wat arm is maar verstandig,
is beter as 'n koning wat oud is maar dwaas
en hom nie meer wil laat waarsku nie.
14
'n Jongman het uit die tronk gekom en koning geword alhoewel hy arm gebore is in die koninkryk van sy voorganger.15 Ek het gesien dat al wat lewe in hierdie wêreld hulle skaar aan die kant van die jongman wat die koning se plek ingeneem het.
16 Die mense oor wie hy geregeer het, was te veel om te tel. Tog het die nageslag nie met vreugde aan hom gedink nie.
Ook hier kom dit dus tot niks. Dit is 'n gejaag na wind.17
Wees baie versigtig as jy na die huis van God toe gaan. Dit is beter om nader te kom en te luister as om jou offer te bring soos 'n dwaas dit sou doen. 'n Dwaas kan niks anders doen as kwaad nie.1
Moenie te gou praat nie,2
Baie doenigheid bring drome,
baie praat lei tot onverstandige woorde.
3
As jy aan God 'n gelofte gedoen het, moet jy nie versuim om dit te betaal nie. Hy hou nie van ligsinnige mense nie. Wat jy beloof het, moet jy betaal.4 Dit is beter dat jy nie belowe nie as dat jy belowe en nie betaal nie.
5 Moenie dat jou mond jou laat sondig sodat jy vir 'n priester moet sê: “Ek het my vergis” nie. Waarom sal jy God laat kwaad word oor wat jy gesê het en Hom jou handewerk laat vernietig?
6 Daar is baie drome, baie wat tot niks kom nie, ook baie woorde. Maar dien jy vir God!
7
As jy sien die armes word verdruk en daar is geen reg en geregtigheid in 'n gebied nie, moet jy jou nie daaroor verbaas nie: elkeen met gesag word beskerm deur 'n hoër gesag, en almal saam deur 'n hoogste gesag.8 Maar dit is tot voordeel van 'n land in sy geheel dat almal aan die koning onderdanig is.
9
Die mens vir wie geld alles is, het nooit genoeg geld nie; die mens vir wie rykdom alles is, kry nooit genoeg in nie. Ook hier kom dit tot niks.10 As die goeie dinge van die lewe baie word, word die eters ook baie; al wat die eienaar daaraan het, is om dit te aanskou.
11 Die slaap van die arbeider is soet, of hy min eet of baie, maar die oorvloed van die ryke laat hom onrustig slaap.
12
Ek het in hierdie wêreld 'n bitter swaar ding gesien: dat 'n man rykdom opgaar en dit vir hom ellende bring.13 Hy doen verkeerd sake en verloor die rykdom. Hy het intussen die vader van 'n seun geword en dié kry dan niks nie.
14 Self gaan hy kaal uit die wêreld uit soos hy daarin gekom het. Hy kan niks met hom saamneem vir al sy inspanning nie.
15 Ook dit is 'n bitter swaar ding: presies soos hy gekom het, so gaan hy. Wat help dit dat hy hom vir wind afgesloof het?
16 Hy slyt die res van sy lewe in die donker, in smart, ellende en bitterheid.
17
Ek het ook iets gesien wat goed is: dit is aangenaam om te eet en te drink en die lewe te geniet onder al die geswoeg op hierdie wêreld. Dit kom 'n mens toe vir die hele leeftyd wat God hom skenk.18 God gee aan 'n mens rykdom en besittings en laat hom dit geniet. God laat die mens sy deel ontvang en sy werk met vreugde doen. Dit is 'n gawe van God.
19 So 'n mens dink skaars na oor wat in sy lewe gebeur, so vol is hy van die blydskap wat God gee.
1
Ek het in hierdie wêreld ellende gesien wat swaar druk op 'n mens:2 God gee aan iemand rykdom, besittings en eer, en so iemand kom niks kort van wat hy begeer nie, maar God laat hom nie daarvan geniet nie, en iemand anders gebruik dit.
Ook hier kom dit tot niks. Dit is bitter swaar.3 'n Man kan honderd kinders hê en baie lank lewe, maar hoe oud hy ook al word, as hy nie die goeie dinge kan geniet nie en nie eens in 'n graf begrawe word nie, is 'n doodgebore baba beter daaraan toe as hy.
4 'n Doodgebore baba kom tot niks, dit sien nooit die lig nie en kry nie eens 'n naam nie.
5 Dit sien nie die son nie en weet niks nie. Tog is dit beter daaraan toe as iemand
6 wat nie die goeie van die lewe kan geniet nie, al leef hy twee maal duisend jaar. Altwee gaan na dieselfde plek toe.
7
Die mens sloof hom af vir kos,
maar sy honger word nooit gestil nie.
8
Watter voordeel het die man met wysheid bo die dwaas? Wat help dit die arme om te weet hoe hy hom moet gedra?9 Wat die mens het, is beter as wat hy begeer.
Ook hier kom dit tot niks. Dit is 'n gejaag na wind.10 Wat 'n mens is, word reeds met die naam mens gesê, dit is bekend wat hy is: hy is mens. Hy kan nie 'n regstryd voer met die Een wat sterker as hy is nie.
11 Hoe meer woorde, hoe meer kom dit tot niks. Wat baat dit die mens?
12 Wie weet wat vir die mens goed is in die lewe, in die dae wat tot niks lei nie, wat hy soos 'n skaduwee deurbring? Wie kan vir 'n mens sê wat ná hom in hierdie wêreld sal gebeur?
1
'n Goeie naam is beter as reukolie,2
Dit is beter om na 'n huis toe te gaan waar daar gerou word
as na 'n huis waar daar feesgevier word.
Elkeen wat lewe, moet ter harte neem
wat die uiteinde van die mens is.
3
Droefheid is beter as lag;
agter 'n somber gesig skuil 'n helder gees.
4
Wie wysheid het, voel hom tuis waar daar gerou word,
die dwaas voel hom tuis waar daar plesier is.
5
Dit is beter om vermaan te word deur iemand wat wysheid het,
as om besing te word deur 'n dwaas.
6
Soos die geknetter van doringtakke onder 'n pot,
so klink die gelag van 'n dwaas.
Ook hier kom dit tot niks.
7
Afpersing maak van 'n verstandige mens 'n dwaas,8
'n Voltooide taak is beter as een wat pas begin is.9
Moenie gou kwaad word nie:10
Moenie sê in die ou dae was dit beter as nou nie;11
Wysheid saam met besittings is goed;12
Wysheid bied beskerming soos geld beskerming bied;
kennis en wysheid verryk die lewe van hom wat dit besit.
13
Kyk na die werk van God:14
Wees bly op die dag van voorspoed, en as daar 'n dag van teëspoed kom, sien dit so: soos die een het God ook die ander gegee, sodat die mens nie sal weet wat vir hom voorlê nie.15
In my lewe wat tot niks gekom het nie, het ek alles gesien:
'n regverdige gaan onder al doen hy reg,
'n goddelose geniet 'n lang lewe, al doen hy verkeerd.
16
Moet jou nie te regverdig wil hou nie,17
Moenie aanhou verkeerd doen nie,18
Dit is goed dat jy aan die een vermaning vashou19
Wysheid gee aan dié wat dit het,20
Daar is geen mens op aarde regverdig nie,21
Moet jou nie steur aan alles wat gesê word nie. Dan sal jy jou dit nie aantrek as jou slaaf jou verwens nie.22 Jy weet hoe baie kere jy self ander verwens het.
23
Ek het alles met die hulp van wysheid getoets.
Ek wou wysheid bekom, maar dit het buite my bereik gebly.
24
Die betekenis van wat gebeur, lê buite bereik,
baie diep; wie kan dit vind?
25
Ek het my opnuut daaraan gewy om te wete te kom, na te vors en te ondersoek wat wysheid en insig is, en ek het toe vasgestel dat goddelose optrede dwaasheid is, dat onverstandige optrede geen doel dien nie.26 Ek het gevind:
'n vrou wat strikke stel vir mans,27
Dit het ek gevind, sê die Prediker,
toe ek een en een bymekaargesit het
om die regte insig te kry.
28
Wat ek nog altyd soek,
het ek nie gevind nie.
Ek het wel uit duisend mense een betroubare man gevind,
maar so 'n vrou het ek onder hulle nie gevind nie.
29
Die één ding wat ek wel gevind het, is dit:
God het die mense goed en opreg gemaak,
tog het hulle hulle besig gehou met allerlei slimmighede.
1
Wie het werklik wysheid?2
Wat my betref: Gehoorsaam die bevel van die koning op grond van die eed van getrouheid voor God.3 Moenie voortvarend wees nie, moenie by 'n swak saak staan nie, gee liewer pad voor die koning, want hy doen wat hy goed vind.
4 Sy woord is wet; wie kan van hom rekenskap eis?
5
Wie 'n bevel gehoorsaam, beland nie in die moeilikheid nie. Wie wysheid het, weet wanneer en hoe hy moet handel.6 Elke ding het sy tyd en sy manier. Daar is baie gevare wat die mens bedreig.
7 Hy weet nie wat sal gebeur nie. Wie kan vir hom sê hoe dit sal wees?
8
Niemand het die mag om die wind te stuit nie;
niemand het seggenskap oor sy sterfdag nie;
in oorlogstyd spring niemand vry nie.
Wie verkeerd doen, word nie deur sy verkeerde daad gered nie.
9
Dit alles het ek gesien. Ek het aandag gegee aan alles wat in hierdie wêreld gebeur wanneer een mens mag oor 'n ander het om hom kwaad aan te doen.10
Ek het gesien slegte mense word begrawe, en verdwyn, terwyl dié wat van die tempel af kom en reg gehandel het, ook in die stad vergeet word. Ook hier kom dit dus tot niks.11
Omdat die verkeerde daad nie meteens gestraf word nie, hou mense eenvoudig aan om verkeerd te doen.12 Al doen die sondaar ook hoeveel kwaad en leef hy nogtans lank, ek weet: met die vromes wat vir God dien, sal dit goed gaan;
13 met die goddelose wat nie vir God dien nie, sal dit nie goed gaan nie. Soos 'n vlugtige skaduwee wat gou verdwyn, sal die goddelose nie lank lewe nie.
14 Ook hier lei wat op die aarde gebeur, tot niks: oor regverdiges kom wat goddeloses toekom, oor goddeloses kom wat regverdiges toekom.
Ook hierin, sê ek, kom dit tot niks.15
Ek het vreugde aanbeveel: daar is niks beter vir die mens in hierdie wêreld nie as dat hy eet en drink en vrolik is onder al sy geswoeg tydens die lewe wat God hom in hierdie wêreld gee.16
So het ek my daarop toegelê om agter te kom wat wysheid is en om te begryp waarmee mense hulle op die aarde besig hou sonder dat hulle dag of nag tot rus kom.17 Toe het ek al die werk van God begryp; die mens is nie in staat om wat in hierdie wêreld gebeur, te verstaan nie. Hoe hy hom ook al inspan en soek, hy verstaan nie. Al sê die wyse hy weet, kan hy nie verstaan nie.
1
Dit alles het ek ter harte geneem en ek het bevind: God regeer oor dié wat reg doen en wysheid het, en oor wat hulle doen. Niemand weet of daar vir hom liefde of haat wag nie.2
Een en dieselfde lot tref almal:
die regverdige en die goddelose,
die goeie, die reine en die onreine,
die een wat offer en die een wat nie offer nie.
Soos dit met die goeie gaan, so gaan dit met die sondaar,
soos dit gaan met die een wat 'n eed aflê,
so gaan dit met hom wat weier om 'n eed af te lê.
3
Die ellende met alles wat in hierdie wêreld gebeur, is dat dieselfde lot almal tref. Die hart van die mens is vol boosheid; die dwaasheid bly hom sy lewe lank by, en sy einde is die dood.4
Solank jy onder die lewendes is, het jy hoop.
'n Hond wat lewe, is beter as 'n leeu wat dood is.
5
Dié wat lewe, weet hulle sal doodgaan, maar die dooies weet niks;
daar wag vir hulle niks meer nie, hulle is vergeet;
6
dit is klaar met hulle liefde, hulle haat en hulle hartstog.
Hulle sal nooit weer deel hê aan wat in hierdie wêreld gebeur nie.
7
Eet dus jou brood met vreugde,
drink jou wyn met 'n bly gemoed;
God het lankal reeds goedgekeur wat jy doen.
8
Dra altyd wit klere,
versorg jou hare met olie.
9
Geniet die lewe met die vrou wat jy liefhet,
dié lewe wat tot niks kom nie,
maar wat God jou in hierdie wêreld gegee het,
die hele lewe wat tot niks kom nie.
Dit is wat jou toekom in die lewe,
wat jou toekom vir al jou geswoeg in hierdie wêreld.
10
Doen met toewyding alles wat jou hand vind om te doen,
want in die doderyk waarheen jy op pad is,
is daar nie werk of insig of kennis of wysheid nie.
11
Verder het ek in hierdie wêreld gesien: dit is nie die vinnigstes wat die reisies wen nie,12
Die mens ken selfs nie die tyd van sy dood nie.
Soos visse wat gevang word in 'n net,
soos voëls wat gevang word in 'n wip,
so word die mens gevang as die teëspoed kom,
as dit hom skielik oorval.
13
Ook hierdie stukkie wysheid het ek in hierdie wêreld gesien, en vir my was dit belangrik:14
Daar was 'n klein stadjie met min mense. 'n Magtige koning het teen die stad opgetrek, dit beleër en hom daar ingegrawe.15 In die stad was 'n arm man met baie wysheid, en hy het die stad deur sy wysheid gered. Maar niemand het die arm man onthou nie.
16
Toe het ek gesê: Wysheid is wel beter as krag,17
Die rustige woorde van dié wat wysheid het, word beter gehoor as die geskree van een wat heers oor dwase.18
Wysheid is beter as wapens,
maar een misstap kan baie wat goed is, bederf.
1
Dooie vlieë laat salf stink en gis,2
Die verstand van een wat wysheid het, gee hom krag,
maar dié van 'n dwaas maak hom swak.
3
Selfs waar die dwaas met die pad langs loop,
ontbreek sy verstand;
hy wys vir almal dat hy 'n dwaas is.
4
As die heerser vir jou kwaad word,
moenie jou pos verlaat nie;
kalmte voorkom groot foute.
5
Daar is 'n verkeerde ding wat ek in hierdie wêreld gesien het,
'n fout wat begaan word deur een wat gesag het:
6
die dwaas kry hoë aansien
en die rykes ontvang geen eer nie.
7
Ek het slawe te perd gesien
en vorste te voet op die grond soos slawe.
8
Wie 'n sloot grawe, val self daarin,
wie 'n muur afbreek, word deur 'n slang gepik.
9
Wie klippe afbreek, word daardeur beseer,
wie hout kap, moet versigtig wees.
10
As die byl stomp word en nie geslyp word nie,
moet jy meer krag gebruik.
Dit betaal om jou verstand te gebruik.
11
As die slang pik voor hy besweer is,
bereik die besweerder niks nie.
12
Die woorde van iemand wat wysheid het, vind byval;
die dwaas vernietig homself met wat hy sê.
13
Wat hy sê, begin met dwaasheid
en eindig met louter onsin.
14
Die dwaas praat aanmekaar,
maar geen mens weet wat sal gebeur nie,
en niemand kan vir hom sê wat ná hom sal kom nie.
15
Die dwaas put homself uit met wat hy doen;
hy weet nie eers hoe om by sy stad te kom nie.
16
Ellende wag vir die land waarvan 'n slaaf koning is
en waar amptenare vroeg in die dag begin feesvier.
17
Dit gaan goed met die land
waarvan die koning vir homself kan besluit
en waar amptenare op die regte tyd feesvier,
met selfbeheersing en nie met 'n drinkery nie.
18
Luiheid laat die dak inval,19
Eet bring plesier,20
Moenie die koning verwens nie, nie eens in jou gedagte nie,1
Werp jou brood op die water,2
Hou jou besittings op sewe, selfs ag plekke,3
As die wolke vol water is,4
Wie die wind bly dophou, saai nie,5
Net so min as wat jy kan verstaan hoe gees en liggaam by mekaar uitkom in die skoot van 'n swanger vrou, net so min kan jy die werk van God verstaan. Hy doen dit alles.6
Saai jou saad in die môre,
gaan in die laatmiddag daarmee voort.
Jy weet nie watter van die twee sal 'n oes lewer nie
en of altwee ewe goed sal wees nie.
7
Die lig is aangenaam,
dit is goed vir die oë om die son te sien.
8
As 'n mens lank lewe, moet jy oor alles dankbaar wees.
Maar jy moet onthou dat die donker dae van die dood wat kom, ook baie is.
Alles kom tot niks.
9
Jy wat jonk is, moet vreugde vind in jou jeug10
Hou kommer uit jou hart
en vermy wat jou liggaam kan kwaad doen.
Ook die jeug en die jonkheid kom tot niks.
1
Dink aan jou Skepper in jou jong dae2
Dit is die tyd wanneer die son donker sal word
en ook die daglig, die maan en die sterre,
die tyd wanneer dit weer bewolk word ná die reën.
3
Dit is die tyd wanneer die wagters van die huis sal bewe,
die sterk manne waggel
en die malers ophou maal omdat hulle min geword het,
die tyd wanneer dit donker word vir dié wat deur die vensters kyk,
4
wanneer die deure na die straat toe toegemaak word,
die geluid van die meul dof word,
die tyd wanneer 'n mens opstaan as die voëls begin sing
al hoor hy geen lied meer nie.
5
Dit is die tyd wanneer hy bang is vir 'n hoogte
en vir alles op die pad skrik,
die tyd wanneer die amandelboom in bloei staan,
die sprinkaan homself moeisaam voortsleep
en die kapperkruid nutteloos word,
die tyd wanneer die mens na sy ewige woning gaan
en dié wat treur, op die straat rondgaan,
6
die tyd wanneer die silwerdraad afgebreek word
en die goue kruik breek,
die kruik by die fontein stukkend breek
en die wiel by die put stukkend val,
7
die tyd wanneer die stof na die aarde toe terugkeer soos dit was,
en die gees na God terugkeer wat dit gegee het.
8
Alles kom tot niks, sê die Prediker, tot niks.
9
Die Prediker was nie net 'n man met wysheid nie, hy het ook die volk onderrig. Hy het nagedink, nagevors en baie spreuke gemaak.10 Hy het daarna gestrewe om hom raak uit te druk en die waarheid getrou op te teken.
11 Die woorde van mense met wysheid is soos skerp stokke, versamelde spreuke is soos spykers wat ingeslaan is. Hulle is deur een Herder gegee.
12
Die belangrikste van alles is: My seun, wees versigtig! Daar kom nie 'n einde aan die skryf van baie boeke nie, te veel studie ooreis die liggaam.13 Die slotsom van alles wat jy gehoor het, is dit: Dien God en gehoorsaam sy gebooie. Dit is wat van die mens gevra word.
14 God sal rekenskap eis oor alles wat gedoen word, ook oor wat in die geheim gedoen word, of dit goed is of kwaad.