1
Spreuke van Salomo seun van Dawid, koning van Israel.2
Dié spreuke is bedoel
om mense wysheid te leer en hulle te onderrig
sodat hulle sal weet
wanneer iemand verstandig praat.
3
So sal hulle 'n behoorlike opvoeding ontvang en 'n sin vir regverdigheid, reg en billikheid.
4
Wie nog nie kennis het nie, sal verstandig word,
jongmense sal leer om met kennis en oorleg op te tree.
5
Selfs wyse mense kan na die spreuke luister
en so tot dieper insig kom.
Wie reeds die nodige kennis het, kan die kuns aanleer
6
om spreuke en sinspelings,
woorde en raaisels van wyse mense te begryp.
7
Kennis begin met die dien van die Here;
dit is net dwase wat wysheid en opvoeding gering ag.
8
My seun, jy moet luister na die onderrig9
dit sal jou lewe versier soos 'n krans jou kop
en 'n kettinkie jou hals.
10
As sondaars jou wil verlei, my seun,
moenie toegee nie.
11
Hulle sal vir jou sê:
“Kom ons gaan lê iemand voor en vermoor hom,
ons oorval sommer iemand, al het hy ons niks gedoen nie;
12
kom ons laat mense verdwyn soos die dood dit doen,
ons maak gesonde mense dood!
13
Ons vat al wat waardevol is
en ons maak huise vol met wat ons roof.
14
Jy kan deel in die buit,
dit sal ons almal s'n wees.”
15
Moenie met hulle saamgaan nie, my seun,
bly van hulle pad af;
16
hulle is daarop uit om kwaad te doen,
hulle wil gaan moord pleeg.
17
'n Voël wat 'n net sien wat vir hom gespan is,
vlieg nie daarin vas nie,
18
maar hierdie mense span vir hulleself 'n net,
hulle gaan hulle ondergang met oop oë tegemoet.
19
So gaan dit met elkeen wat vat wat hom nie toekom nie:
rowery kos hom sy lewe.
20
Wysheid is 'n vrou wat langs die straat staan en roep,21
sy roep bo die rumoer uit,
by die ingange van die stadspoorte sê sy wat sy te sê het:
22
“Julle onkundiges,
hoe lank gaan julle nog vashou aan julle onkunde,
gaan die grootpraters hulle pratery geniet
en die swape 'n afkeer hê van kennis?
23
As julle luister na my teregwysing,
gee ek julle my wysheid in oorvloed
en leer ek julle my woorde begryp.
24
“Ek het geroep en julle wou nie luister nie,25
Julle het my raad alles in die wind geslaan,
julle wou julle nie laat teregwys nie.
26
Daarom sal ek lag as die ongeluk julle tref,
ek sal met julle spot wanneer die angs julle oorval,
27
wanneer daar nood en kwelling oor julle kom.
Die angs sal soos 'n storm oor julle kom,
die ongeluk sal julle tref soos 'n orkaan.
28
Dán sal julle my roep en ek sal nie antwoord nie,
julle sal my soek en my nie kry nie.
29
Julle het 'n afkeer van kennis gehad,
julle het geweier om die Here te dien,
30
julle het my raad verontagsaam
en elke teregwysing van my geminag.
31
Julle sal die vrugte van julle optrede pluk,
julle sal van julle eie planne walg.
32
“Die onkundiges se dwaling kos hulle die dood,33
maar wie na my luister, sal veilig wees
en hoef geen ramp te vrees nie.”
1
My seun, neem aan wat ek jou sê,2
hou jou ore oop vir die wysheid,
span jou in om te verstaan.
3
Roep insig by,
vra na gesonde begrip.
4
Soek dit soos jy silwer sou soek,
spoor dit op soos 'n verborge skat.
5
Dan sal jy weet hoe om die Here te dien,
sal jy ontdek wat dit is om God te ken.
6
Dit is die Here wat die wysheid gee,
uit sy mond kom die kennis en die insig.
7
Hy laat eerlike mense sukses behaal
en Hy beskerm dié wat onberispelik lewe.
8
Hy sien toe dat reg geskied,
Hy hou wag oor die pad van sy troue dienaars.
9
As jy aanneem wat ek jou sê, sal jy insig kry
in wat regverdig en reg en billik is
en sal jy op die goeie pad bly.
10
Die wysheid sal sy plek in jou lewe inneem,
kennis sal vir jou iets aangenaams word,
11
oordeelkundigheid sal oor jou wag hou
en verstandigheid sal jou bewaak.
12
Dit sal jou weghou van die verkeerde pad af
en van mense af wat verkeerde dinge verkondig,
13
van dié af wat die regte paaie verlaat
om op donker paaie te loop.
14
Hulle verheug hulle daarin om te doen wat sleg is
en juig die wandade van die slegte mens toe;
15
hulle paaie is krom
en hulle koers is verkeerd.
16
Die wysheid sal jou weghou van die slegte vrou af,
die vrou met die verleidelike praatjies,
17
wat haar eie man verlaat
en die verbond van haar God vergeet het.
18
Haar huis lei 'n mens na die dood toe,
haar spore bring jou by die dooies uit.
19
Mense wat na haar toe gaan, kom nie een terug nie;
hulle kom nie weer op die paaie van die lewe nie.
20
Loop jy liewer die pad van die goeie mense,
bly op die paaie van die regverdiges,
21
want die opregtes sal die land bly bewoon,
dié wat onberispelik leef, sal ongehinderd gelaat word,
22
maar slegte mense sal weggevee word uit die land,
bedrieërs sal uitgeroei word.
1
My seun, wat ek jou leer moet jy nie vergeet nie,2
want dit sal vir jou 'n lang lewe verseker,
dit sal maak dat jy 'n vol lewe het.
3
Moenie dat liefde en trou by jou ontbreek nie;
leef daarmee saam,
maak dit 'n deel van jou lewe.
4
So sal jy guns verwerf en byval vind
by God en mens.
5
Vertrou volkome op die Here6
Ken Hom in alles wat jy doen
en Hy sal jou die regte pad laat loop.
7
Moenie dink jy het die wysheid in pag nie,
dien die Here en vermy wat sleg is:
8
dit is die geneesmiddel vir jou,
die verkwikking vir jou liggaam.
9
Vereer die Here met offerandes uit al wat jy besit
en met die beste uit jou oes,
10
dan sal jou skure oorvol wees
en jou parskuipe oorloop van die wyn.
11
My seun, aanvaar die straf wat van die Here kom12
want die Here straf die mens wat Hy liefhet
net soos 'n vader doen met sy seun.
13
Dit gaan goed met die mens wat wysheid gevind het,14
want dit bring meer winste in as silwer
en lewer 'n groter opbrengs as goud.
15
Dit het meer waarde as edelstene;
wat jy ook al as kosbaar beskou,
niks kan daarmee vergelyk word nie.
16
Die wysheid gee met die een hand 'n lang lewe
en met die ander rykdom en eer.
17
Die wysheid bring 'n ryk en 'n vol lewe.
18
Dit is 'n bron van lewe vir wie dit aangryp,
dit gaan goed met dié wat daaraan vashou.
19
Die Here het die fondament van die aarde met wysheid gelê20
Deur sy kennis is die groot waters van mekaar geskei
en drup die wolke van vog.
21
My seun, behou die takt en oorleg;22
dit sal vir jou 'n mooi lewe verseker
en soos 'n pragtige halssnoer vir jou wees;
23
jy sal jou pad veilig loop
en jou voet nie stamp nie;
24
jy sal nie bang hoef te wees as jy gaan slaap nie;
as jy gaan lê, sal jy rustig slaap.
25
Moenie bang wees dat 'n ramp jou skielik sal oorval,
dat die storm wat vir slegte mense bedoel is,
jou sal tref nie,
26
want die Here sal jou beskerm,
Hy sal sorg dat jy nie in 'n strik beland nie.
27
Moenie 'n weldaad weerhou van iemand aan wie dit toekom,28
Moenie vir iemand sê:
“Gaan eers terug en kom môre weer,
dan help ek jou,” as jy nou reeds kan help nie.
29
Moenie kwaad teen iemand beplan
terwyl hy vol vertroue by jou woon nie.
30
Moenie 'n man sommer aankla
as hy jou nie kwaad aangedoen het nie.
31
Moenie 'n man wat sy mag misbruik, beny nie
en moenie self soos hy maak nie,
32
want die Here het 'n afkeer van 'n slegte mens,
maar neem mense wat reg lewe, in sy vertroue.
33
Die vloek van die Here rus op die huis van die goddelose,
maar Hy seën die woning van dié wat aan Hom getrou is.
34
Met hooghartige spotters dryf Hy die spot,
maar Hy is goed vir dié wat beskeie is.
35
Wyse mense verkry eer,
maar dwase kom al hoe meer in die skande.
1
Kinders, neem die opvoeding wat 'n vader julle gee, ter harte;2
want wat ek julle leer, is goed;
moenie die onderrig wat ek gee, versmaai nie.
3
Ek was ook eenkeer 'n kind,
my moeder se oogappel, haar enigste.
4
My vader het my toe ook geleer en vir my gesê:
“Wat ek jou sê, moet jy vashou,
my voorskrifte moet jy uitvoer, sodat jy werklik kan lewe.
5
Sorg dat jy wysheid bekom, en insig!
Moenie my woorde vergeet en daarvan afwyk nie;
6
maak die wysheid jou metgesel, dit sal jou beskerm;
as jy dit liefhet, sal dit jou veilig bewaar.
7
Die wysheid kom eerste.
Sorg dat jy wysheid bekom,
gee alles wat jy het, om insig te kry!
8
Slaan dit hoog aan, dan sal dit aan jou aansien gee.
Dit sal jou 'n man van betekenis maak as jy dit vasgryp.
9
Dit sal jou lewe versier,
dit sal vir jou 'n sierlike kroon wees.”
10
Luister, my seun, en aanvaar wat ek jou sê;11
Ek sal jou leer wat die pad van die wysheid is
en jou die regte koers laat loop.
12
As jy loop, sal daar niks in jou pad wees nie,
en as jy hardloop, sal jy nie struikel nie.
13
Hou vas aan wat ek jou leer, moet dit nie laat los nie;
bly daarby, want dit is jou lewe.
14
Moenie agter die goddeloses aanloop nie,
vermy die pad van slegte mense.
15
Los dit, moenie daarop loop nie,
draai weg, vermy die slegte mense;
16
hulle kan nie slaap
as hulle nie kwaad gedoen het nie;
hulle lê wakker
as hulle nie iemand se ondergang bewerk het nie.
17
Misdaad is hulle kos,
geweld hulle drank.
18
Die pad van die regverdiges is soos helder oggendlig
wat groei en sterker word tot dit heeltemal dag is;
19
die pad van die goddeloses is soos die donker:
hulle weet nie waaroor hulle sal struikel nie.
20
My seun, hoor wat ek vir jou sê,21
Moet dit nie vergeet nie,
hou dit altyd in gedagte,
22
want dit beteken lewe vir dié wat daarna luister,
'n volle lewe vir hom wat dit besit.
23
Wees veral versigtig met wat in jou hart omgaan,
want dit bepaal jou hele lewe.
24
Weerhou jou van leuens,
moenie mense mislei nie.
25
Hou jou oë op die pad vorentoe,
kyk reg voor jou uit.
26
Baken jou koers af,
dan sal jy seker wees van elke tree.
27
Moenie links of regs wegdraai nie,
weerhou jou van die verkeerde koers.
1
My seun, slaan ag op die wysheid wat ek jou leer,2
Dan sal jy self ook met oorleg kan optree
en met die nodige kennis praat.
3
Die slegte vrou se lippe drup van die heuning,4
maar agterna is alles so bitter soos wildeals;
sy is so gevaarlik soos die skerpste swaard.
5
Haar pad is dié van die dood,
elke stap saam met haar bring die ondergang nader.
6
Sy hou jou weg van die pad van die lewe af,
sy laat jou dwaal, en jy weet dit nie.
7
Luister na my, my seun,8
Bly weg van haar af,
moenie naby haar huis se deur kom nie
9
dat jy nie jou mooiste jare verspil nie,
jou beste jare aan 'n hartelose mens gee nie,
10
dat vreemdes hulle nie vol eet
aan die vrug van jou arbeid nie,
dat dit waarvoor jy gewerk het,
nie in die huis van 'n ander beland nie.
11
Jy sal lê en kreun as jou einde nader,
met die vleis aan jou liggaam weggevreet,
12
en jy sal sê: “Ek het my opvoeding versmaai,
ek het my nie gesteur aan die onderrig nie.
13
As ek maar geluister het na my leermeesters
en my ore oopgemaak het toe hulle my geleer het!
14
Hier sit ek nou in die grootste ellende
voor die oë van almal.”
15
Jy het tog self 'n vrou, jy het tog self 'n put met water:
drink die strome uit jou eie fontein.
16
Moet jou fonteine dan ook die wêreld vol loop,
jou strome water oral heen vloei?
17
Hulle is tog net joune,
en jy sal hulle nie met 'n ander wil deel nie.
18
Sing die lof van jou eie fontein,
verheug jou oor jou eie vrou,
19
so vol liefde, so mooi
soos 'n takbok, soos 'n ribbok.
Geniet voluit van haar liefkosings,
laat dit jou deurentyd bedwelm.
20
Waarom sou jy jou laat bedwelm deur 'n slegte vrou, my seun,
waarom sou jy in die arms van 'n ander vrou gaan lê?
21
'n Mens se lewe lê oop voor die Here,22
Die oortreding van die goddelose agterhaal hom,
hy draai hom vas in sy sonde.
23
Hy sterf deur sy gebrek aan selfbeheersing,
sy dwaasheid het hom op die verkeerde pad gebring.
1
As jy vir iemand borg gestaan het, my seun,2
verstrik geraak het deur wat jy gesê het
en vasgevang is deur jou eie woorde,
3
doen dan dít, my seun,
en red jouself só as jy in 'n ander se mag beland het:
gaan soebat hom, gaan pleit by hom;
4
moenie gaan slaap nie, bly wakker,
5
red jou uit sy mag soos 'n wildsbok uit 'n strik,
soos 'n voëltjie uit die net van 'n voëlvanger.
6
Gaan kyk na die mier, luiaard,7
Hy het nie 'n leier nie,
nie 'n opsigter of 'n regeerder nie,
8
tog maak hy sy kosvoorraad reg in die somer,
versamel hy sy voedsel in die oestyd.
9
Hoe lank gaan jy nog lê, luiaard,
wanneer gaan jy opstaan?
10
Nog 'n bietjie slaap, nog 'n bietjie sluimer,11
en daar oorval die armoede jou soos 'n rower,
daar oorrompel die gebrek jou soos 'n inbreker.
12
Dit is 'n nikswerd mens, 'n mens vol onreg,13
om te bedrieg deur met die oog te knik,
met die voet te beduie,
met die vingers tekens te gee,
14
wat altyd met 'n skelmstreek kom
en voortdurend op kwaad uit is.
Hy maak moeilikheid waar hy gaan.
15
So 'n mens se ondergang kom skielik;
hy stort ineen, en daar is nie herstel nie.
16
Die Here haat ses dinge,17
oë wat straal van hoogmoed,
'n tong wat lieg,
hande wat met bloed bevlek is,
18
gedagtes wat met komplotte besig is,
voete wat net een koers ken, dié van die kwaad,
19
'n getuie wat lieg
en iemand wat rusie stook tussen broers.
20
My seun, hou vas aan wat jou vader jou voorskryf;21
Dit moet jou altyd bybly,
daarmee moet jy saamleef;
22
dit sal vir jou leiding gee in wat jy doen,
dit sal jou beskerm as jy slaap
en jou lei sodra jy wakker word.
23
Wat ek jou voorskryf, is 'n lamp,
my onderrig is 'n lig;
wie hom laat teregwys,
is op die pad na die lewe toe.
24
My onderrig sal jou beskerm25
Moenie dat haar skoonheid jou begeerte wek nie,
moenie dat sy jou vang met haar oë nie.
26
Jy kan 'n prostituut kry vir 'n stuk brood,
maar owerspel kan jou lewe kos.
27
Kan jy kole vuur in die vou van jou klere inhark
sonder dat jou klere aan die brand raak?
28
Kan jy op brandende kole loop
sonder dat jy jou voete verbrand?
29
Net so min kan jy by 'n ander man se vrou slaap
sonder om gestraf te word,
jy sal nie vry kom as jy met haar lol nie.
30
'n Dief word verag as hy steel,
ook al steel hy om sy honger te stil,
31
en as hy uitgevind word, moet hy sewevoudig teruggee,
selfs al kos dit hom alles wat hy besit.
32
Maar 'n man wat owerspel pleeg,
moet van sy verstand af wees,
iemand wat dit doen, verwoes sy lewe.
33
Hy sal slae op die lyf loop en verneder word,
sy skande sal nooit uitgewis word nie.
34
Die woede van die vrou se man is 'n gloeiende vuur,
sy wraak ken nie perke nie;
35
hy laat hom nie afkoop nie,
geen betaling is vir hom genoeg nie.
1
Maak wat ek vir jou sê jou eie, my seun,2
maak wat ek jou voorskryf jou eie, dat jy kan lewe,
maak wat ek jou leer jou eie,
so eie soos die appel van jou oog.
3
Sorg dat jy dit altyd onthou,
maak dit 'n deel van jou lewe.
4
Sê vir die wysheid: “Jy is my suster,”
maak die insig familie van jou.
5
Dit sal jou weghou van die slegte vrou af,
die vrou met die verleidelike praatjies.
6
Ek kyk uit by my huis, by die tralievenster uit
7
en ek sien mense wat nog baie moet leer;
ek merk onder hulle veral een onverstandige jongman
8
wat oor die straathoek stap
en die pad na 'n vrou se huis toe kies.
9
Dit is skemeraand, die nag se donker slaan toe.
10
Daar kom die vrou hom tegemoet;
sy dra die klere van 'n prostituut,
sy is 'n vrou met listige planne.
11
Sy is luidrugtig en uitdagend,
haar huis is te nou vir haar;
12
sy maak haar ronde in die strate, op die stadspleine,
sy staan op loer by elke hoek.
13
Sy gryp die jongman en soen hom,
onbeskaamd sê sy vir hom:
14
“Ek moes maaltydoffers bring
en ek het vandag juis my geloftes betaal.
15
Daarom het ek jou kom soek,
ek was op die uitkyk na jou en nou het ek jou gekry.
16
Ek het 'n deken oor my bed gegooi,
'n deken van bont Egiptiese linne;
17
ek het my bed besprinkel
met mirre, aalwyn en kaneel.
18
Kom ons drink van die liefde tot die môre toe,
ons gee ons oor aan die liefdeslus.
19
My man is nie tuis nie,
hy is op 'n lang reis;
20
hy is weg met 'n vol beurs
en kom eers met volmaan terug.”
21
So laat sy die jongman swig vir haar listigheid,
so verlei sy hom met haar gladde tong.
22
Hy loop sonder weerstand agter haar aan
soos 'n bees op pad slagpale toe.
Soos 'n dwaas word hy in die strik gevang
23
en netnou kloof 'n pyl sy lewer.
Soos 'n voël wat reg in 'n net in vlieg,
so is hy daarmee heen voor hy dit weet.
24
Luister na my, my seun,25
Moet jou nie met so 'n vrou ophou nie,
moenie haar pad loop nie.
26
Sy het die val van baie op haar kerfstok,
sy het al sterk manne laat ondergaan.
27
In haar huis is jy op pad na die doderyk toe,
by haar is jy op pad na jou dood toe.
1
Dit is Wysheid self wat roep,2
Op die hoogtes langs die pad,
by die kruispaaie, gaan sy staan,
3
langs die stadspoorte, by die ingange,
skree sy dit uit:
4
“Ek roep na julle, mense, ek roep na alle mense:
5
Dié wat ervaring kortkom, kan verstandig word,
dié wat dwaas optree, kan insig kry.
6
Luister, want wat ek sê, is die moeite werd,
elke woord van my is opreg.
7
Ek praat net die waarheid,
ek het 'n afsku van wat verkeerd is.
8
Elke woord uit my mond kan die toets deurstaan,
nie een het 'n verkeerde of vals bedoeling nie.
9
Mense wat insig het, weet dat ek reguit praat,
wie die kennis het, weet wat ek sê, is reg.
10
Aanvaar wat ek julle leer, dit is meer werd as silwer;
kennis is meer werd as die fynste goud.
11
Ek, Wysheid, is kosbaarder as edelstene;
wat jy ook al as baie werd beskou,
teen my weeg dit nie op nie.
12
“Ek, Wysheid, het die verstand,13
Om die Here te dien, is om te haat wat verkeerd is.
Daarom haat ek hoogmoed en hovaardigheid,
'n verkeerde lewe en slinkse woorde.
14
Wie my het, het raad en behaal sukses,
ek verleen insig, ek is die een wat die mag gee.
15
Met my hulp regeer konings goed
en laat maghebbers reg geskied;
16
met my hulp heers die mense wat mag het,
die leiers, elkeen wat reg regeer.
17
Ek het dié lief wat my liefhet;
dié wat my soek, vind my.
18
Wie my het, het rykdom en eer,
het duursame en blywende besittings.
19
Wat ek vir jou lewer,
is beter as goud, selfs fyn goud;
wat ek inbring,
is meer werd as die suiwerste silwer.
20
Waar ek gaan, is daar geregtigheid,
my pad is dié van die reg.
21
Ek maak dié wat my liefhet, ryk,
ek maak hulle skure vol.
22
“Die Here het my geskep, Hy het met my begin;23
Ek is lankal daar, van die begin af,
voor die aarde daar was.
24
Ek het gekom toe die groot waters nog nie daar was nie,
toe daar nog nie fonteine vol water was nie.
25
Voor die berge hulle plek gekry het,
voor die rante het ek al gekom,
26
voor die Here die aarde met sy vlaktes gemaak het,
voor Hy selfs die eerste grond gemaak het.
27
Ek was daar toe Hy die hemelgewelf opgerig het,
toe Hy die horison oor die see afgemerk het,
28
toe Hy die wolke daarbo gesit het,
die fonteine onder die diep water laat uitborrel het.
29
Ek was daar toe Hy vir die see sy grens vasgestel het,
die waters aan sy wil onderwerp het,
toe Hy die fondamente van die aarde afgesteek het.
30
Ek het my kennis by Hom gekry,
ek was elke dag sy vreugde;
die hele tyd het ek dit by Hom geniet.
31
Ek het my verlustig in die wêreld wat Hy gemaak het,
die mense was vir my 'n vreugde.
32
“Daarom, kinders, luister na my,33
Luister na wat ek julle leer,
moet dit nie verontagsaam nie,
dan sal julle ook wysheid hê.
34
Dit sal goed gaan met die mens wat na my luister,
die mens wat elke dag na my huis toe kom
en op my drumpel staan en wag.
35
Wie my vind, vind die lewe self
en geniet die guns van die Here.
36
Maar wie my nie wil vind nie, doen homself skade aan;
wie my haat, hou van die dood.”
1
Wysheid het vir haar 'n huis gebou met sewe klippilare.2
Sy het geslag en wyn reggesit,
sy het haar tafel gedek
3
en haar bediendes na die stad toe gestuur
om van die hoogste plek af te roep:
4
“Kom hiernatoe, almal wat nog moet leer!”
En vir dié wat kennis kortkom, het sy gesê:
5
“Kom eet by my,
kom drink van die wyn wat ek reggesit het!
6
Neem afskeid van die onkunde, dat julle kan lewe,
kom op die pad van die insig!”
7
Wie iemand so opvoed dat hy 'n ligsinnige mens word,8
Moenie 'n ligsinnige mens probeer opvoed nie,
hy sal jou daarvoor haat.
Voed 'n wyse op, en hy sal lief wees vir jou.
9
Gee jou aandag aan 'n wyse mens, en hy kry meer wysheid,
leer 'n regverdige, en sy kennis vermeerder.
10
Wysheid begin met die dien van die Here;
wie die Heilige ken, het werklik insig.
11
As jy wysheid het, sal jy lank lewe,
jou lewensjare sal vermeerder word.
12
As jy wysheid het, het jy self die voordeel daarvan;
as jy 'n ligsinnige mens is, dra jy alleen die las.
13
Dwaasheid is soos 'n vrou wat luidrugtig bly klets,14
Sy sit by haar voordeur,
haar stoel staan op die hoogste plek in die stad,
15
en sy roep na dié wat verbykom,
elkeen besig om sy gang te gaan:
16
“Draai af hiernatoe, almal wat nog onervare is!”
Sy sê vir dié wat kennis kortkom:
17
“Gesteelde water is soet,
kos wat stilletjies geëet word, is lekker!”
18
Dié wat na haar luister,
besef nie dat die dood self daar wag nie,
dat dié wat hulle deur haar laat nooi het,
klaar diep in die doderyk is nie.
1
Spreuke van Salomo. 'n Wyse seun maak sy vader en moeder bly;2
Goed wat deur onreg bekom is, bring geen voordeel nie;3
Die Here laat die mens wat reg doen, nie honger ly nie,4
'n Mens wat nie sy hande uit sy mou steek nie, word arm;5
Die verstandige mens samel sy oes in as dit ryp is;6
Die regverdige word geseën.7
Die nagedagtenis van dié wat reg doen, leef voort;8
Die mens met verstand aanvaar bevele.9
Wie opreg leef, leef sonder vrees;10
Wie sy oë sluit vir die waarheid, veroorsaak smart;11
Die woorde van die regverdige bring lewe en geluk;12
Haat verwek twis;13
Daar is wysheid in die woorde van een wat insig het;14
Wyse mense loop nie te koop met hulle kennis nie;15
Die rykdom is die ryke se veilige vesting;16
Die regverdige ontvang die lewe as beloning;17
Wie hom laat leer, ken die pad na die lewe;18
Agter die woorde van 'n huigelaar sit daar haat;19
Met baie praat bly die sonde nie uit nie;20
Die woorde van die regverdige is die fynste silwer werd;21
Met wat die regverdige sê, sorg hy vir baie;22
Dit is die seën van die Here wat rykdom bring;23
Die dwaas geniet dit om hom skandalig te gedra,24
Wat die goddelose vrees, kom hom oor;25
As die stormwind kom, is die goddelose daarmee heen,26
Soos asyn teen die tande, soos rook in die oë,27
Wie die Here dien, lewe lank;28
Vir die regverdiges lê daar vreugde voor;29
Om te leef soos die Here dit wil,30
Die regverdige wankel nooit,31
Daar kom wysheid uit die mond van die regverdige,32
Die regverdige weet om die gepaste ding te sê;1
Die Here het 'n afsku van 'n skaal wat nie reg weeg nie;2
Selfverheffing bring vernedering;3
Die opregtheid van eerlike mense bepaal hulle koers;4
Rykdom baat nie wanneer die Here straf nie;5
Die gehoorsaamheid van die opregte maak sy pad gelyk;6
Die betroubaarheid van eerlike mense red hulle;7
Wanneer 'n slegte mens sterf, verdwyn alle hoop,8
Die regverdige word uit sy nood bevry,9
'n Godlose mens laat 'n ander te gronde gaan met wat hy sê;10
'n Stad juig oor die voorspoed van regverdiges11
'n Stad kry 'n goeie naam12
'n Onverstandige mens praat met minagting van 'n ander;13
Iemand wat loop en skinder, lap geheime uit;14
Sonder oorwoë leiding val 'n volk;15
Dit gaan sleg met hom wat vir iemand borg staan;16
'n Deugsame vrou is gesteld op haar goeie naam;17
'n Mens wat iets vir 'n ander oor het, baat self daarby;18
Die wins wat 'n slegte mens maak, hou nie;19
Die lewe lê voor vir wie by die reg bly,20
Die Here verafsku mense wat nie opreg is nie;21
Dit staan vas: 'n slegte mens sal nie loskom nie,22
Die skoonheid van 'n vrou sonder oordeel23
Die regverdiges begeer die goeie;24
Daar is mense wat vrylik uitdeel en tog steeds meer het,25
Wie 'n ander voorspoed gun, sal self oorvloed hê.26
Mense vervloek iemand wat weier om koring te verkoop27
Wie die goeie nastreef, kan goedkeuring verwag;28
Wie op sy rykdom staatmaak, kom tot 'n val;29
Wie sy huishouding verwaarloos,30
Wie die wil van die Here doen, is 'n bron van lewe;31
Die regverdige kry hier op aarde wat hom toekom;1
Wie hom laat leer, wil graag kennis ontvang;2
Die Here hou van 'n goeie mens,3
Niemand wat 'n verkeerde lewe lei, hou stand nie;4
'n Knap vrou gee haar man hoë aansien;5
Die mening van regverdiges kan die toets van die reg deurstaan;6
Goddeloses stel met wat hulle sê, dodelike hinderlae vir ander;7
Goddeloses val en dit is klaar met hulle;8
'n Mens word geprys vir sy insig9
Liewer gering geag word en tog 'n slaaf besit10
Die regverdige sorg goed vir sy diere,11
Wie sy grond bewerk, het volop om te eet;12
Die goddelose soek sy veiligheid in verkeerde dade;13
'n Slegte mens stel vir homself14
'n Mens kan voorspoedig word15
In die dwaas se oë is sy eie pad die regte;16
'n Dwaas wys dadelik dat hy beledig voel;17
Wie die waarheid aan die lig bring,18
Praat sonder om te dink kan soos dolksteke wees;19
Die waarheid hou vir altyd,20
Dié wat op kwaad uit is, doen dit omdat hulle vals is;21
Geen leed sal die regverdige tref nie;22
Die Here het 'n afsku van leuenaars;23
'n Verstandige mens loop nie te koop met sy kennis nie;24
Hardwerkende mense kom in magsposisies;25
Bekommernis druk 'n mens neer;26
Die regverdige laat sy pad vir hom wys deur 'n vriend;27
Die luiaard gaan vang nie eens wild om te braai nie;28
Gehoorsaamheid aan God lei tot die lewe,1
'n Wyse seun laat hom leer deur sy vader,2
'n Mens kan voorspoedig word3
Wie sy mond in bedwang hou, behou sy lewe;4
Die luiaard se honger word nie gestil nie;5
Die regverdige haat leuens;6
Die opregte bly behoue7
Party mense hou hulle ryk maar het niks nie;8
Met sy rykdom moet 'n ryk man hom soms loskoop;9
Die lewe van die regverdiges is vol vreugde;10
Selfverheffing lei altyd tot twis;11
Rykdom wat sommerso gekom het, verminder maklik;12
'n Verwagting wat nie uitkom nie, maak 'n mens mismoedig;13
Wie hom nie aan die woorde van die Here steur nie,14
Wat wyse mense jou leer, is 'n bron van lewe;15
Iemand wat goeie insig het, geniet goedgesindheid;16
Alles wat 'n verstandige mens doen, word met kennis gedoen;17
'n Onbetroubare boodskapper kom in die moeilikheid;18
Armoede en vernedering wag vir iemand19
'n Begeerte wat vervul is, bring vreugde.20
Wie met wyse mense omgaan, kry self wysheid;21
Teenspoed volg die sondaars op hulle pad;22
'n Goeie mens laat 'n erfenis na ook vir sy kleinkinders;23
Grond wat die eerste keer geploeg is,24
Wie sy seun nie straf nie, het hom nie lief nie;25
Die regverdige het meer as genoeg om te eet;1
'n Wyse vrou sorg vir haar huis;2
Wie opreg lewe, dien die Here;3
Die verwaande woorde van die dwaas bring vir hom straf;4
As daar nie osse is nie, is die voerkrip leeg;5
'n Betroubare getuie lieg nie;6
Al soek 'n ligsinnige mens wysheid, hy kry dit nie;7
Vermy 'n dwase mens;8
Die wysheid van 'n verstandige mens wys vir hom 'n duidelike koers aan;9
Die skuldoffer wat deur dwase gebring word, maak hulle bespotlik;10
Net 'n mens self ken die bitterheid van sy eie gemoed,11
Die goddelose en sy nageslag sterf uit;12
Daar is 'n lewenswyse wat vir 'n mens reg kan lyk,13
'n Mens kan lag terwyl hy treur,14
'n Onbetroubare mens kry sy verdiende loon;15
Wie ervaring kortkom, glo alles wat gesê word;16
Wie wysheid het, is versigtig en vermy die kwaad;17
Wie kort van draad is, begaan dwaashede;18
Mense wat ervaring kortkom, sit met hulle eie dwaasheid;19
Slegte mense moet voor goeies buig,20
'n Arm mens word selfs deur sy buurman verstoot;21
Wie sy naaste verag, doen sonde;22
Wie altyd op kwaad uit is, is op die verkeerde pad;23
Harde werk bring beloning;24
Wyse mense word bekroon met rykdom;25
'n Betroubare getuie red lewens;26
Wie die Here dien, het daarin 'n veilige toevlug,27
Wie die Here dien, vind daarin 'n bron van lewe;28
'n Koning met baie onderdane is hoog in aansien;29
'n Geduldige mens is baie verstandig;30
'n Kalm gemoed hou die liggaam gesond;31
Wie 'n arm mens verdruk, beledig sy Maker;32
Die goddelose kom tot 'n val deur sy boosheid;33
In 'n verstandige gemoed pas die wysheid goed in;34
Gehoorsaamheid aan die Here laat 'n volk sterk staan;35
'n Verstandige amptenaar geniet die guns van die koning;1
'n Sagte antwoord laat woede bedaar;2
Die woorde van wyse mense maak kennis iets begeerliks;3
Die Here sien oral;4
Kalmerende woorde bring lewe,5
'n Dwaas verag wat sy vader hom leer;6
In die huis van die regverdige is daar groot rykdom;7
Wyse mense versprei kennis met wat hulle sê;8
Die Here het 'n afsku van die offers van goddeloses,9
Die Here het 'n afsku van die lewenswyse van goddeloses;10
Wie die regte pad verlaat, sal swaar gestraf word;11
Vir die Here is die doderyk12
'n Ligsinnige mens hou nie daarvan13
Blydskap laat 'n mens se gesig straal;14
'n Verstandige mens is op soek na kennis;15
Dit gaan altyd sleg met 'n bedrukte mens;16
Liewer min hê en die Here dien17
Liewer net 'n bietjie groente en liefde daarby18
'n Humeurige mens soek skoor;19
'n Luiaard se pad is met dorings besaai;20
'n Wyse seun maak sy ouers bly,21
Iemand wat verstand kortkom,22
Waar daar nie beraadslaging is nie, slaag planne nie;23
'n Mens vind vreugde daarin as hy die antwoord het;24
'n Verstandige mens se pad loop boontoe, na die lewe toe;25
Die Here breek die hoogmoedige se huis af26
Die Here het 'n afsku van bose planne;27
Wie hom verryk ten koste van 'n ander,28
'n Regverdige mens dink voor hy antwoord;29
Die Here is ver van die goddeloses af,30
Stralende oë bring blydskap,31
Wie op 'n teregwysing ag slaan, sal lewe32
Wie onderrig in die wind slaan, gee nie om vir homself nie;33
Om die Here te dien, is om onderrig te word in wysheid;1
'n Mens kan sy voornemens hê,2
In sy eie oë is alles wat 'n mens doen, reg,3
Laat wat jy doen, aan die Here oor,4
Die Here het alles gemaak met 'n doel,5
Die Here het 'n afsku van 'n verwaande mens;6
Liefde en trou bring versoening7
As die Here tevrede is met 'n mens se lewe,8
Liewer min hê en reg lewe9
'n Mens beplan sy pad,10
As die koning praat, is dit met Goddelike gesag;11
Die norme vir die regspraak kom van die Here af;12
Konings het 'n afsku van verkeerde dade,13
Eerlike mense geniet die koning se goedgesindheid;14
Die woede van die koning dra die boodskap van die dood;15
As die koning vriendelik is, is jy seker van jou lewe;16
Probeer liewer wysheid bekom as goud,17
Opregte mense vermy die kwaad op hulle lewensweg;18
Op hoogmoed volg ondergang,19
Liewer eenvoud saam met nederiges20
Wie ag gee op die woorde van die Here, sal voorspoed geniet;21
'n Mens wat met wysheid bedeel is, word verstandig genoem,22
Insig is 'n bron van lewe vir wie dit het;23
'n Wyse mens praat verstandig24
Aangename woorde is heuning,25
Daar is 'n lewenswyse wat vir 'n mens reg kan lyk,26
'n Werker se honger laat hom werk,27
'n Kwaadwillige mens bring net teenspoed;28
Iemand wat die waarheid verdraai, veroorsaak twis,29
Iemand wat niks ontsien nie, mislei sy naaste30
Wie met sy oog knik, wil die waarheid verdraai;31
Ouderdom is 'n sierlike kroon;32
'n Geduldige mens het meer waarde as 'n bedrewe vegter,33
Mense kan loot,1
Liewer 'n stukkie droë brood met vrede daarby2
'n Verstandige slaaf sal gesag kry oor 'n seun3
Silwer word in 'n smeltkroes gelouter en goud in 'n oond,4
Wie op onreg uit is, luister gretig na kwaadwillige woorde;5
Wie met 'n arm mens spot, beledig sy Maker;6
Kleinkinders is vir oumense 'n trots;7
Verstandige woorde soek jy nie by 'n dwaas nie,8
Vir wie dit gee, het omkoopgeskenke towerkrag;9
Wie 'n verkeerde optrede teenoor homself verontagsaam,10
'n Enkele dreigement maak meer indruk op 'n verstandige mens11
'n Slegte mens is net op kwaad uit,12
'n Mens kan liewer 'n beerwyfie raakloop13
As jy goed met kwaad vergeld,14
Om rusie te begin, is om 'n damwal te breek;15
Die Here het 'n afsku van wie die skuldige onskuldig verklaar16
Watter nut het dit as 'n dwaas geld in die hand het17
Op 'n vriend se liefde kan jy altyd reken;18
Dit is 'n mens sonder insig wat borg staan,19
Wie hou van aanstoot gee, hou van rusie;20
'n Vals mens sal nie voorspoed hê nie;21
Daar wag hartseer vir die vader van 'n dwaas;22
'n Vrolike mens is 'n gesonde mens,23
'n Goddelose mens bied omkoopgeskenke aan en verdraai die reg.24
'n Verstandige mens hou hom besig met wysheid,25
'n Onverstandige seun is vir sy ouers 'n ergernis,26
Selfs al beboet jy 'n onskuldige mens net, is dit verkeerd,27
Wie die kennis het, kan spaarsaam met sy woorde wees;28
As 'n dwaas nie praat nie, kan selfs hy aangesien word vir 'n wyse,1
Die selfsugtige mens lewe net vir homself,2
Die dwaas stel nie belang in insig nie,3
Waar daar goddeloosheid kom, kom daar krenkende optrede,4
Die woorde van 'n mens kan diep waters wees,5
Dit is nie goed om partydig te wees vir die skuldige6
'n Dwaas praat hom in 'n rusie in,7
'n Dwaas se mond is sy ondergang,8
Skinderstories word gretig verslind;9
Een wat nalatig is met sy werk10
Die Naam van die Here is 'n sterk vesting;11
Die ryk man sien sy besittings as sy vestingstad,12
Op selfverheffing volg ineenstorting,13
Wie antwoord voor hy die vraag gehoor het,14
Moed laat 'n mens sy lyding dra;15
'n Mens met insig doen kennis op;16
'n Geskenk maak vir 'n mens die pad oop17
Iemand wat in 'n regsaak eerste praat, is altyd onskuldig,18
Deur 'n beslissing van die Here te vra, kan rusies besleg19
'n Veronregte broer is ontoegankliker as 'n vestingstad;20
Deur die regte woorde te gebruik, kan 'n mens sy honger stil,21
Die tong het mag oor dood en lewe;22
Wie 'n vrou kry, vind geluk23
'n Arm mens pleit,24
Maats kan jou breek,1
Liewer arm wees en opreg lewe2
Ywer sonder kennis deug nie;3
Sy eie dwaasheid bring 'n mens op die verkeerde pad4
Rykdom vergader baie vriende;5
'n Vals getuie bly nie ongestraf nie;6
Almal soek die goedgesindheid van 'n man met mag,7
As 'n arm man se broers almal niks met hom te doen wil hê nie,8
Wie homself liefhet, sorg dat hy wysheid verwerf;9
'n Vals getuie bly nie ongestraf nie;10
Weelde pas nie by 'n dwaas nie,11
'n Verstandige mens beteuel sy humeur12
'n Koning se woede is soos die brul van 'n leeu,13
'n Dwase seun is sy vader se ondergang;14
Van sy ouers kan iemand 'n huis en besittings erf,15
Luiheid laat 'n mens diep slaap;16
Wie prys stel op die gebod van die Here, stel prys op sy eie lewe;17
Wie hom oor 'n arm mens ontferm, gee 'n lening aan die Here,18
Behandel jou seun streng, dan is daar hoop,19
'n Opvlieënde mens boet vir wat hy doen,20
Luister na raad, aanvaar wat jou geleer word,21
Al maak mense hoeveel planne,22
'n Mens wy sy lewe aan wat hy begeer,23
Wie die Here dien, se lewe is veilig;24
'n Luiaard steek sy hand in die skottel,25
As jy 'n ligsinnige mens klap, leer dié wat nog onervare is, daaruit;26
'n Seun wat sy pa mishandel en sy ma verstoot,27
My seun, hou gerus maar op met luister na wat jou geleer word28
'n Kwaadwillige getuie maak 'n bespotting van die reg;29
Ligsinnige mense moet straf te wagte wees,1
Wyn maak jou ligsinnig, drank laat jou lawaai maak;2
Die koning wek net soveel vrees as die brul van 'n leeu;3
Dit is eerbaar om 'n rusie te vermy;4
'n Luiaard ploeg nie in die saaityd nie5
'n Oorwoë mening is diep waters;6
Baie gee te kenne dat hulle getrou is,7
Wie reg doen en eerlik lewe,8
Wanneer die koning moet regspreek,9
Wie kan sê: “Ek is rein,10
Die Here het 'n afsku van mate en gewigte11
Selfs 'n jongmens word geken aan wat hy doen,12
Die oor wat hoor, die oog wat sien —13
As jy nie wil arm word nie, moenie lief wees vir slaap nie;14
“Sleg! Sleg!” sê die koper,15
Daar is goud, daar is edelstene,16
As 'n vreemde vir iemand borg staan, vat sy klere van hom af17
Kos wat oneerlik verkry is, smaak miskien goed,18
Planne wat op goeie raad steun, slaag;19
Iemand wat loop en skinder, lap geheime uit;20
As jy jou vader en moeder vervloek,21
Besittings wat oneerlik verkry is,22
Moenie sê: “Ek wil my wreek oor die kwaad wat my aangedoen is” nie;23
Die Here het 'n afsku van gewigte wat nou sus en dan so is;24
Die Here bepaal 'n mens se koers;25
Jy stel vir jouself 'n strik as jy oorhaastig iets aan die Here wy26
'n Wyse koning sif die skuldiges uit27
Die Here gee aan die mens die lewe.28
Liefde en trou maak 'n koning veilig;29
Die trots van jongmanne lê in hulle krag;30
'n Pak slae laat 'n mens ophou kwaaddoen;1
Die wil van die koning staan onder die gesag van die Here;2
In sy eie oë is alles wat 'n mens doen, reg,3
Die Here verkies dat 'n mens doen wat regverdig en reg is4
Die sonde van goddeloses begin altyd met selfverheffing en eiewaan.5
Wat hardwerkende mense beplan, is nuttig,6
Skatte wat met bedrog versamel is,7
Die geweld van goddelose mense vernietig hulleself,8
'n Slegte mens loop krom paaie;9
Liewer bo-op 'n dak woon10
'n Slegte mens smag na meer kwaad;11
As jy 'n ligsinnige mens laat boet vir sy dade,12
Die regverdige God sien wat in die goddelose se huis aangaan13
As jy jou ore sluit vir die hulpgeroep van 'n arm mens,14
'n Geskenk in die stilte paai 'n man wat kwaad is;15
As daar reg geskied, is mense wat reg doen, bly,16
As iemand ophou om verstandig te lewe,17
Wie plesier voorop stel, word arm;18
Jy ruil maklik 'n slegte mens uit vir een wat reg doen19
Liewer in 'n woestyn woon20
In die woning van 'n wyse mens is daar altyd kosbare besittings en olie;21
Wie na reg en liefde strewe,22
'n Wyse man kan selfs 'n stad vol dapper verdedigers oorwin23
Wie sy mond en sy tong in toom hou,24
'n Ligsinnige mens is hovaardig en aanmatigend,25
'n Lui mens soek sy dood,26
hy sit die hele dag net en wens.
Die regverdige kan gee sonder om suinig te wees.
27
Die Here het 'n afsku in die offers van goddeloses,28
'n Vals getuie gaan sy dood tegemoet.29
'n Slegte mens gee voor dat hy weet wat hy doen;30
Teenoor die Here geld geen menslike wysheid, insig of besluit nie.31
Perde kan afgerig word vir oorlog,1
'n Goeie naam is meer werd as groot rykdom,2
Voor die Here is ryk en arm gelyk;3
'n Verstandige mens sien onheil kom en vermy dit;4
Wie nederig is, dien die Here5
Daar is dorings en strikke op die pad van oneerlikheid;6
Gee leiding aan 'n jongmens oor hoe hy moet leef,7
Die ryke heers oor die arme;8
'n Koning wat onreg saai, sal teenspoed oes;9
Wie mededeelsaam is, word geseën,10
As jy 'n ligsinnige mens wegjaag, hou die rusies op11
Wie daarop prys stel om opreg te wees en vriendelik te praat,12
Die Here sorg dat die regte insig behoue bly;13
Die lui mens sê: “Daar is 'n leeu daarbuite!14
Die uitnodiging uit die mond van 'n slegte vrou is 'n diep afgrond;15
Onverstandigheid is eie aan 'n jongmens,16
Wie arm mense uitbuit, verryk homself;17
Luister goed, luister wat die wyse mense sê;18
want dit is lekker as jy dit ingeneem het
en enige tyd kan weergee.
19
Ek onderrig juis vir jóú vandag
sodat jy op die Here kan vertrou.
20
Ek skryf vir jou belangrike voorskrifte neer
om jou leiding te gee en die nodige kennis,
21
sodat jy die waarheid sal herken, die woorde waarop jy kan vertrou,
en 'n betroubare verslag kan gee as iemand jou stuur.
22
Moenie 'n arm mens te kort doen omdat hy arm is nie;23
Die Here sal hulle saak behartig
en dié wat vir hulle beroof, van die lewe beroof.
24
Moenie maats maak met 'n opvlieënde mens nie,25
dalk leer jy sy maniere aan
en beland jy in lewensgevaar.
26
Moenie een van dié wees wat borg staan nie,27
waarom moet hulle selfs jou bed onder jou uit vat
as jy nie kan betaal nie?
28
Moenie grense verlê wat lankal daar is nie,29
Jy sien self: iemand wat vaardig is in sy werk,1
As jy aansit om saam met 'n hoë amptenaar te eet,2
en bedwing jou as jy 'n groot eetlus het.
3
Moenie sy lekker kos begeer nie;
dit kan jou duur te staan kom.
4
Moet jou nie afsloof om ryk te word nie5
Jy het nog skaars die rykdom gesmaak of dit is weg;6
Moenie by 'n suinige mens gaan eet nie,7
want hy bly uitreken hoeveel dit hom kos.
Dit is hoe hy is.
Hy moedig jou aan om te eet en te drink,
maar hy bedoel dit nie.
8
Jy sal naar word van wat jy eet
en jou komplimente sal verkwis wees.
9
Moenie 'n dwaas probeer reghelp nie;10
Moenie grense verlê wat lankal daar is nie,11
want hulle Beskermer is magtig,
Hy sal hulle saak teen jou behartig.
12
Gee aandag aan wat ek jou voorskryf,13
Moenie huiwer om 'n kind te straf nie,14
Jy moet hom juis slaan
om hom van die dood te red.
15
My seun, as jy 'n wyse mens word,16
Ek sal juig as wat jy sê, altyd reg is.
17
Moenie afgunstig wees op sondaars nie;18
dan sal jy 'n toekoms hê
en jou hoop sal jou nie ontneem word nie.
19
Luister, my seun, soek die regte insig:20
moet jou nie ophou met suiplappe en vrate nie,
21
want die suiplap en die vraat word arm;
dronkenskap laat jou in vodde loop.
22
Wees gehoorsaam aan jou vader en moeder, jy is hulle kind;
en moet hulle nie verag as hulle oud geword het nie.
23
Hou by die waarheid, moet daar nie van afstand doen nie;24
'n Vader van 'n kind wat reg doen, voel baie gelukkig;
'n wyse seun verskaf sy vader groot vreugde.
25
Mag ook jóú vader dié vreugde hê,
mag ook jóú moeder wat jou in die wêreld gebring het, so gelukkig wees!
26
Glo my, my seun, en onthou wat ek jou leer:27
'n slegte vrou is soos 'n gevaarlike afgrond,
'n ander man se vrou is soos 'n put waaruit jy nie kan kom nie;
28
sy lê op die loer soos 'n rower,
sy laat die een man na die ander 'n egbreker word.
29
Wie is dit wat sug en steun,30
Dit is dié wat tot laat sit en drink,
dié wat aanhou proe aan drank.
31
Moenie dat die wyn jou verlei as dit so rooi is,
so vonkel in die beker,
so lekker smaak nie.
32
Agterna pik hy soos 'n slang,
spoeg hy gif soos 'n kobra.
33
Dan sien jy vreemde dinge
en praat jy verkeerde dinge;
34
dit voel of jy op die oop see lê,
of jy bo-op 'n seilskip se touwerk lê,
35
en jy dink:
ek het dan nie seergekry toe hulle my geslaan het nie;
ek het nie gevoel toe hulle my aangeval het nie!
Wanneer word ek wakker?
Ek wil maar weer iets gaan soek om te drink.
1
Moenie slegte mense beny nie,2
al waaroor hulle dink, is geweld,
en al waaroor hulle praat, is moeilikheid maak.
3
Daar is verstand nodig om 'n huis te bou,4
kennis om sy kamers te vul
met allerhande kosbare en mooi goed.
5
Dit is die wyse man wat sterk is,6
Jy maak oorlog ná beraadslaging,
en die oorwinning kom deur baie raadgewers.
7
Wysheid is bo 'n dwaas se begrip;
hy kan dit nie waag om sy mond oop te maak
waar leiers beraadslaag nie.
8
Een wat beplan om kwaad te doen,
kry die naam van 'n knoeier.
9
'n Dwaas se geknoei loop op niks uit nie;
mense verafsku 'n ligsinnige mens.
10
As jy weifel op die dag van nood,
is jy nie opgewasse daarvoor nie.
11
Red dié wat na hulle dood toe gesleep word,12
As jy sou sê: “Ons weet daar niks van af nie”,
sal God wat die gedagtes toets,
weet wat die waarheid is.
Hy wat oor jou wag hou, Hy weet
en Hy vergeld 'n mens vir wat hy gedoen het.
13
Eet heuning, my seun, dit is lekker;14
So smaak die kennis, die wysheid ook;
as jy dié gekry het, het jy 'n toekoms,
en jou hoop sal jou nie ontneem word nie.
15
Moenie soos 'n slegte mens die regverdige by sy huis gaan voorlê16
Al val die regverdige hoeveel keer, hy staan weer op,
maar die goddeloses word deur rampe vernietig.
17
Moet jou nie verheug oor jou vyand se val nie,
moenie juig wanneer hy ondergaan nie.
18
Die Here sal sien wat jy doen, en dit sal verkeerd wees in sy oë,
en Hy sal jou vyand nie verder straf nie.
19
Moet jou nie ontstel oor skelms,20
want 'n slegte mens het nie 'n toekoms nie;
die lewenslig van die goddeloses word uitgedoof.
21
Dien die Here, my seun, en ook die koning;22
Hulle ondergang kom skielik;
niemand weet wanneer die Here
en die koning hulle vernietig nie.
23
Wat nou volg, is ook afkomstig van wyse mense. Dit is nie reg om partydig te wees in die regspraak nie.24
'n Regter wat 'n skuldige onskuldig verklaar,
sal deur die hele bevolking vervloek word,
deur almal verwens word.
25
Maar met regters wat regverdig straf, sal dit goed gaan;
hulle sal geseën word met voorspoed.
26
Iemand wat eerlik antwoord, is 'n ware vriend.27
Sit eers jou werk buite aan die gang28
Moenie teen jou naaste getuig as hy jou nie rede gegee het nie;29
Moenie sê: “Soos hy aan my gedoen het, sal ek aan hom doen,
ek sal hom terugbetaal vir wat hy gedoen het” nie.
30
Ek het by 'n lui mens se land verbygestap,31
dit was heeltemal oortrek van die onkruid,
toegegroei onder die bossies,
en die klipmuur was omgeval.
32
Toe ek dit sien, het ek daaroor nagedink
en daar iets uit geleer:
33
nog 'n bietjie slaap, nog 'n bietjie sluimer,
nog 'n bietjie handevou om te slaap,
34
en daar kom jou armoede aangestap,
daar oorval die gebrek jou soos 'n inbreker, sonder dat jy dit kan keer.
1
Die volgende is ook spreuke van Salomo. Koning Hiskia van Juda se amptenare het dit opgeteken.2
Die eer van God lê in wat Hy verborge hou;
konings se eer lê in wat hulle aan die lig bring.
3
Soos die hoogte van die hemelruim en die diepte van die aardbodem,4
As jy die slak uit silwer haal,5
As jy die goddeloses by die koning wegvat,
kan hy regverdig bly regeer.
6
Moet jou nie vernaam aanstel by die koning7
Dit is beter dat hy vir jou sê: “Kom op hiernatoe!”
as dat hy jou laat plek maak vir die vername mense.
8
moenie te haastig teen jou buurman 'n klag indien nie;
wat sal jy agterna doen as hy jou belaglik maak?
9
As jy 'n saak teen jou buurman het,
moenie sê wat iemand jou vertroulik meegedeel het nie:
10
dit kan by hom uitkom, en hy kan jou tot 'n leuenaar maak,
en dan kry jy vir goed 'n slegte naam.
11
Goue appels wat in silwer gemonteer is,12
'n Goue ring, goue juwele,
so is die wyse vermaning vir wie wil luister.
13
Soos die verkoeling wat in die oestyd deur sneeu gebring word,14
Miswolke en wind, maar geen reën nie,15
Met geduld kan iemand in 'n magsposisie tot ander insigte gebring word;16
As jy op heuning afkom, eet net tot jy genoeg het;17
Wees spaarsaam met jou kuiers by jou buurman;18
'n Knopkierie, 'n swaard, 'n skerp pyl,19
'n Seer tand, 'n voet wat meegee,20
Iemand wat jou klere van jou afvat op 'n koue dag,21
As iemand wat jou haat, honger is, gee hom iets om te eet;22
Die Here sal jou daarvoor vergoed,23
Die noordewind bring reën,24
Liewer bo-op 'n dak woon25
Koue water vir 'n moeë mens se dors,26
'n Fontein, 'n put waarvan die water vuil en stink geword het,27
Om te veel heuning te eet, is nie goed nie,28
'n Stad sonder 'n muur om hom te beskerm,1
Soos sneeu in die somer en reën in die oestyd,2
Soos voëltjies wat verbyvlieg en nie gaan sit nie,3
'n Sweep vir 'n perd, 'n toom vir 'n donkie,4
Moenie 'n dwaas se vraag op net so 'n dwase manier beantwoord nie;5
Beantwoord 'n dwaas se vraag op net so 'n dwase manier,6
As jy 'n dwaas met 'n boodskap stuur,7
'n Lam mens se bene hang nutteloos aan hom;8
Om 'n klip in 'n slingervel vas te bind,9
'n Doring in 'n dronk man se hand,10
'n Boogskutter wat nie omgee wie hy raakskiet nie,11
Soos 'n hond wat na sy braaksel toe terugkom,12
Jy sien self: vir iemand wat dink hy het die wysheid in pag,13
Die luiaard se verskoning is:14
'n Deur bly op sy skarnier draai;15
Die luiaard steek sy hand in die skottel,16
Die luiaard dink hy het meer wysheid17
Iemand wat 'n kwaai hond sommer aan die ore pak,18
Soos 'n mal mens wat dodelike pyle rondskiet,19
so is iemand wat 'n ander bedrieg en sê: “Ek speel sommer.”
20
Sonder hout bly 'n vuur nie brand nie;21
Daar is houtskool nodig vir gloeiende kole, hout vir 'n vuur,
en 'n twissiek mens vir rusie stook.
22
'n Geskinder is soos lekker kos,23
Soos om 'n potskerf met silwer oor te trek,
so is dit om slegte bedoelings agter mooi woorde weg te steek.
24
Iemand kan sy haat verbloem met wat hy sê,25
As hy vriendelik praat, moet hom nie glo nie;
hy is vol bose bedoelings.
26
Hy verberg sy haat agter 'n valse skyn,
maar van die onheil wat hy gaan doen, sal almal weet.
27
Wie 'n gat vir 'n ander grawe, val self daarin;28
'n Leuenaar haat dié wat hy seermaak;1
Moenie roem oor wat jy môre verwag nie;2
Laat dit aan 'n ander oor om jou te prys, moet dit nie self doen nie;3
Klip en sand is swaar om te dra,4
Iemand wat kwaad is, ontsien niks, sy woede is 'n onkeerbare vloed;5
'n Openlike bestraffing is beter6
Op 'n vriend wat jou seermaak, kan jy reken;
iemand wat jou haat, is oordadig met sy soene.
7
As jy genoeg geëet het, is selfs heuning nie meer lekker nie;8
Soos 'n voël wat sy nes net so los,9
Reukolie en wierook is iets om te geniet,10
Moenie by 'n vriend wat al jou pa se vriend was, verbygaan11
As jy wysheid leer, my seun, sal dit my gelukkig maak12
'n Verstandige mens sien onheil kom en sorg dat dit hom nie tref nie,13
As 'n vreemde vir iemand borg staan,14
As iemand sy buurman vroegdag met 'n geskreeu môre-sê,15
Die gedrup uit 'n dak wat lek op 'n reëndag,16
Wie haar probeer keer, kan net so wel die wind probeer keer
of olie met sy hand probeer vashou.
17
Yster slyp yster,18
Wie sy vyeboom versorg, sal vye hê om te eet;19
Soos jy jou eie gesig sien as jy in die water kyk,20
Die doderyk en die onderaardse diepte kry nie genoeg aan dooies nie;21
Die waarde van silwer word in 'n smeltkroes getoets,22
Al stamp jy 'n dwaas in 'n stampblok,23
Sorg dat jy weet wat jou kleinvee nodig het,24
Rykdom hou nie vir altyd nie;
selfs koninklike mag is nie blywend nie.
25
As daar van die gras hooi gemaak is, die veld weer groen word
en die voer uit die berge ingebring is,
26
sal die skape jou klere voorsien
en die bokke sorg vir die koopprys van 'n stuk grond.
27
Daar sal genoeg bokmelk wees om jou en jou gesin te voed
en ook nog jou slavinne te onderhou.
1
Die goddelose hardloop weg al jaag niemand hom nie;2
As daar opstand is in 'n land, is daar baie wat na mag gryp;3
'n Man wat self arm is en arm mense uitbuit,4
Wie die wet van die Here verontagsaam, praat met lof van goddelose mense;5
Slegte mense het geen begrip van wat reg is nie;6
Liewer arm wees en eerbaar lewe7
'n Verstandige seun hou hom aan die wet van die Here;8
Wie groot rykdom versamel deur mense uit te buit,9
As iemand hom doof hou vir die wet van die Here,10
Wie eerlike mense mislei sodat hulle die verkeerde pad loop,11
'n Ryk man kan dink hy het die wysheid in pag,12
As regverdiges rede tot blydskap het, praat almal met trots daaroor,13
Wie sy sonde wegsteek, moet niks goeds te wagte wees nie;14
Dit gaan goed met 'n mens wat altyd versigtig is;15
'n Brullende leeu, 'n beer wat wil rondstorm,16
As 'n heerser verstandigheid kortkom,17
'n Man wat moord op sy gewete het,18
Wie 'n eerbare lewe lei, sal hulp ontvang;19
Wie sy grond bewerk, het volop om te eet;20
'n Betroubare man is baie voorspoedig;21
Dit is nie reg dat mense partydig is en sondig nie,22
'n Inhalige mens wil gou ryk word;23
Wie iemand teregwys, kry eerder agterna dank24
Wie sy ouers besteel en sê:25
'n Gierige mens veroorsaak rusie;26
Wie op homself vertrou, is 'n dwaas;27
Wie vir 'n arm mens iets oor het, sal self niks kortkom nie,28
As goddelose mense aan die bewind kom, kruip die mense weg,1
'n Man wat hom bly verset teen teregwysings,2
'n Volk juig as regverdige mense die mag kry;3
'n Man wat wysheid hoog aanslaan, maak sy vader gelukkig;4
'n Koning wat reg laat geskied, maak 'n land veilig;5
'n Man wat 'n ander vlei,6
'n Mens se sonde is sy grootste gevaar.7
'n Regverdige mens is besorg oor die reg van arm mense,8
Ligsinnige mense bring 'n stad in oproer;9
Wanneer 'n wyse man 'n saak maak teen 'n dwaas,10
Moordenaars haat 'n onskuldige mens;11
'n Dwaas gee vrye teuels aan sy woede;12
'n Regeerder wat hom aan leuens steur,13
'n Arm mens en sy verdrukker het een ding gemeenskaplik:14
As 'n koning reg aan arm mense laat geskied,15
'n Pak slae en 'n teregwysing bring wysheid;16
As goddelose mense regeer, regeer die sonde ook,17
Gee jou seun 'n goeie opvoeding18
Waar die wil van die Here nie bekend gemaak word nie, verwilder 'n volk;19
Met woorde alleen laat 'n slaaf hom nie waarsku nie;20
Jy sien self: vir die man wat praat sonder om eers te dink,21
As jy 'n slaaf van kleins af bederf,22
'n Opvlieënde mens veroorsaak rusie;23
Hoogmoed bring 'n mens tot 'n val;24
Iemand wat gesteelde goed ontvang, gee nie om vir sy lewe nie;25
As jy vir mense bang is, kan jy in 'n strik beland,26
Almal soek die guns van die regeerder,27
Mense wat die wil van die Here doen, het 'n afsku in iemand wat onwys optree;1
Die woorde van Agur seun van Jake. 'n Belangrike uitspraak. Die man het vir Itiël gesê, vir Itiël en vir Ukal:2
Ek is meer dier as mens,3
Ek het nie wysheid geleer nie,
ek ken nie die heilige God nie.
4
Wie het na die hemel toe opgegaan en weer afgekom?5
Elke belofte van God is betroubaar;6
Moet niks byvoeg by wat Hy gesê het nie;7
Net twee dinge vra ek van U;8
moenie toelaat dat ek vals is en lieg nie;
moet my nie arm maak of ryk nie,
gee my net die kos wat ek nodig het,
9
sodat ek nie te veel het en U verloën
en sê: “Wie is die Here?” nie,
en sodat ek nie arm word en steel
en my God se Naam oneer aandoen nie.
10
Moenie 'n slaaf by sy eienaar beskinder nie;11
Daar is 'n soort mens wat sy vader vervloek12
'n soort mens wat homself as rein beskou,
maar van wie die vuilheid nie afgewas is nie,
13
'n soort mens wat vol hoogmoed,
vol eiewaan is,
14
'n soort mens wat koelbloedig en wreed is in sy hebsug
en wat teer op die hulpeloses en armes in die land.
15
Die bloedsuier het twee dogters, hulle is “Gee!” en “Gee!”16
die doderyk,
die onvervulde begeerte om moeder te word,
grond wat nie deurnat is nie
en 'n vuur wat nooit sê “Genoeg!” nie.
17
Die oë van 'n man wat met sy vader spot18
Daar is drie dinge, nee, vier wat bo my begrip is,19
hoe 'n aasvoël in die lug bly,
hoe 'n slang teen 'n rots op seil,
hoe 'n skip op die diepsee vaar
en hoe die liefde tussen 'n man en 'n meisie werk.
20
Die ontroue vrou het haar eie manier:21
Daar is drie, nee, vier wat die lewe ondraaglik maak,22
'n slaaf nadat hy koning geword het,
'n ongemanierde sot nadat hy hom vol geëet het,
23
'n vrou wat eers nie 'n man kon kry nie en toe tóg getroud is,
en 'n slavin nadat sy haar eienares se plek ingeneem het.
24
Daar is vier goed in die wêreld wat klein is25
miere is nie sterk nie
en tog sit hulle in die somer vir hulle kos weg;
26
dassies het nie veel krag nie
en tog maak hulle hulle tuis teen die kranse;
27
sprinkane het nie 'n koning nie
en tog trek die hele swerm in formasie;
28
'n geitjie kan jy met die hand vang
en tog kry jy hom in koninklike paleise.
29
Daar is drie, nee, vier wat statig stap,30
'n leeu, die magtigste van al die diere,
wat vir niks stuit nie;
31
'n spoghaan;
'n bokram;
en 'n koning met sy leër by hom.
32
As jy verwaand opgetree en jou aangestel het,33
As jy melk karring, kom daar botter;
as jy iemand op die neus slaan, kom daar bloed uit;
as jy mense kwaad maak, kom daar rusie.
1
Die woorde van koning Lemuel van Massa. Sy moeder het vir hom dié voorskrif gegee:2
My seun, my kind wat ek in die wêreld gebring het,3
moenie jou krag op vrouens vermors nie,
moenie jou lewe verspil met hulle nie;
hulle bring konings tot 'n val.
4
Dit pas konings nie om te drink nie, Lemuel,5
As hulle drink, vergeet hulle wat die wet bepaal
en laat hulle nie reg geskied aan al die minderbevoorregtes nie.
6
Gee drank aan dié wat besig is om onder te gaan,
laat dié wat swaar ly, drink;
7
as so 'n mens drink, vergeet hy van sy armoede
en dink hy nie meer aan sy moeilikheid nie.
8
Praat jý vir dié wat self nie hulle sê mag sê nie,
kom op vir die reg van dié wat te gronde gaan;
9
praat, en lewer regverdige uitsprake,
laat reg geskied aan die armes en ellendiges.
10
'n Knap vrou is baie werd,11
Haar man steun op haar
en pluk die vrugte van haar werk.
12
Sy bring vir hom net voordeel, nie nadeel nie,
haar hele lewe lank.
13
Sy maak wol en vlas bymekaar
en geniet dit om dit te verwerk.
14
Sy is soos die handelskepe,
sy bring die kos van ver af in.
15
Sy staan op as dit nog nag is
en maak kos vir haar huisgesin;
ook haar slavinne kry hulle deel.
16
Sy oorweeg die waarde van 'n stuk grond en koop dit,
sy sit dit onder wingerd met geld wat sy self verdien het.
17
Sy pak die werk aan met krag,
haar hande staan vir niks verkeerd nie.
18
Sy stel vas of die wins goed is,
haar lamp bly heelnag brand.
19
Sy werk met die spinwiel,
haar hande bly besig met die weefstoel.
20
Sy het 'n oop hand vir die armes,
sy is vrygewig teenoor die behoeftiges.
21
Sy is gerus oor haar huisgesin as dit sneeu:
hulle dra almal warm klere.
22
Sy maak self vir haar dekens
en sy dra klere van linne en wol.
23
Haar man is welbekend by die stadspoort
waar hy saam met die leiers beraadslaag.
24
Sy maak klere en verkoop dit,
sy lewer gordels aan die handelaars.
25
Alles aan haar spreek van 'n sterk en edel persoonlikheid;
sy ken geen kommer oor die toekoms nie.
26
As sy praat, is dit met wysheid;
as sy leiding gee, is dit met liefde.
27
Sy hou goeie toesig oor haar huishouding;
lui is sy nie.
28
Haar kinders prys haar,
haar man bewonder haar:
29
“Daar is baie knap vrouens,
maar jy oortref hulle almal!”
30
Uiterlike skoonheid hou nie,
'n mooi voorkoms is nie alles nie;
as sy die Here dien,
dán verdien 'n vrou om geprys te word.
31
Gee haar wat haar toekom vir alles wat sy doen;
laat haar werk haar roem wees in die stadspoorte.