1
Dit gaan goed met die mens2
maar wat in die woord van die Here sy vreugde vind,
dit dag en nag oordink.
3
Hy is soos 'n boom wat by waterstrome geplant is,
wat op die regte tyd vrugte dra
en waarvan die blare nie verdroog nie.
Hy is voorspoedig in alles wat hy aanpak.
4
So is die goddeloses nie.5
Daarom sal goddeloses hulle nie kan handhaaf wanneer die Here oor hulle oordeel nie
en sondaars nie 'n plek hê in die vergadering van regverdiges nie.
6
Waarlik,1
Waarom is daar onrus onder die volke,2
Die konings van die aarde is in opstand,
die leiers span saam teen die Here
en teen sy gesalfde en sê:
3
“Kom ons maak ons vry
en gooi hulle juk af!”
4
Hy wat in die hemel woon, lag hulle uit,5
Hy spreek hulle aan in sy toorn,
in sy gramskap jaag Hy hulle op loop:
6
“Dit is Ek wat hom as my koning gesalf het op Sion, my heilige berg.”
7
Ek wil vertel wat die Here aangekondig het.8
Vra My, en Ek gee volke vir jou as eiendom,
die hele aarde as jou besitting.
9
Jy sal hulle verpletter met jou ystersepter,
hulle flenters slaan soos 'n kleipot.”
10
Wees dan nou verstandig, konings,11
Julle moet die Here met ontsag dien,
Hom met vrees en bewing toejuig
12
en Hom onderdanig wees,
sodat Hy nie toornig word
en julle op die pad omkom nie,
want sy toorn ontvlam gou.
Dit gaan goed met almal
wat by Hom skuiling soek.
1
'n Psalm van Dawid toe hy vir sy seun Absalom gevlug het.2
Ek het so baie vyande, Here!
Baie kom in opstand teen my.
3
Daar is talle wat van my sê:
“Van God kom daar vir hom geen hulp nie!”
4
Maar U, Here, beskerm my aan alle kante,5
As ek na die Here roep,
antwoord Hy my van sy heilige berg af.
6
As ek gaan lê, slaap ek goed;7
Ek is nie bang vir tienduisende mense
wat van alle kante af op my toesak nie.
8
Kom tog, Here,
help my, my God!
U het nog altyd my vyande se mag verbreek,
U het die aanval van die goddeloses afgeslaan.
9
Hulp kom net van die Here af.1
Vir die koorleier: met snarespel. 'n Psalm van Dawid.2
O God wat aan my reg verskaf,
antwoord my as ek roep.
Toe ek in die nood was,
het U my bevry.
Wees my ook nou genadig
en hoor my gebed!
3
Hoe lank gaan julle my eer nog skend, mense,4
Besef tog dat die Here wonders gedoen het5
As jy ontsteld raak, moenie sondig nie;
dink in stilte daaroor na as jy gaan lê,
en laat dit daarby!
6
Julle moet die offers bring7
Daar is baie wat sê:8
U het my reeds groter vreugde laat belewe
as wat daar is by mense
wat koring en wyn in oorvloed het.
9
Nou sal ek onbesorg gaan lê1
Vir die koorleier: met fluitspel. 'n Psalm van Dawid.2
Luister tog na my woorde, Here,
hoor hoe ek sug.
3
Gee tog aandag aan my hulpgeroep, my Koning en my God,
want tot U bid ek.
4
U luister na my stem in die môre, Here,5
U is nie 'n God wat onreg verdra nie,
die kwaad het by U geen plek nie.
6
Hooghartiges durf nie voor U kom nie.
U haat almal wat onreg doen,
7
U roei alle leuenaars uit.
Die Here verafsku moordenaars en bedrieërs.
8
Maar ek, ek mag deur u groot liefde in u huis ingaan9
Omdat ek vyande het, Here,
leer my tog wat reg is
en help my om u wil te doen.
10
Niks wat hulle sê, is waar nie;11
Laat hulle daarvoor boet, o God,
laat hulle deur hulle eie planne tot niet gaan.
Dryf hulle weg oor hulle baie sondes,
want hulle is opstandig teen U.
12
Maar laat almal wat by U skuil, bly wees,13
U laat dit goed gaan met die regverdige, Here,
u goedheid beskerm hom soos 'n skild.
1
Vir die koorleier: met snarespel; met basstem. 'n Psalm van Dawid.2
Moet my tog nie in u toorn straf nie, Here,
en my in u gramskap tugtig nie.
3
Ontferm U oor my, Here, want ek kwyn weg,
maak my gesond, Here, want my liggaam is uitgeteer.
4
Ek is heeltemal gedaan.
Hoe lank nog, Here, voordat U uitkoms gee?
5
Neem my weer onder u sorg, Here, en red my lewe.
Help my, want U is getrou.
6
Iemand wat dood is, kan tog nie u Naam bely nie.
Kan iemand in die doderyk U prys?
7
Ek is uitgeput van verdriet,8
My oë het dof geword van verdriet,
verswak deur wat my teëstanders my aandoen.
9
Gee pad van my af, julle almal wat onreg doen,10
die Here het geluister na my smeking,
die Here het my gebed aangeneem.
11
Al my vyande sal beskaamd daarvan afkom,
hulle sal verslae staan;
in 'n oogwink sal hulle beskaamd moet padgee.
1
'n Klaaglied van Dawid wat hy vir die Here gesing het na aanleiding van die dade van Kus, 'n Benjaminiet.2
By U soek ek beskerming, Here my God.
Help my, red my van almal wat my vervolg,
3
sodat hulle my nie verskeur soos 'n leeu sy prooi nie,
my nie uitmekaar skeur sonder hoop op redding nie.
4
As ek iets verkeerds gedoen het, Here my God,5
as ek 'n vriend van my kwaad aangedoen het,
as ek 'n teëstander van my sommer goedsmoeds kaalgestroop het,
6
mag die vyand my dan agtervolg en inhaal,
my in die grond in trap,
my tot in die stof in verneder.
7
Kom tog, Here, in u toorn,8
Laat al die volke rondom U kom staan;
neem hoog bo hulle u plek in op u regterstoel!
9
U wat regspreek oor die volke, Here,
bevind tog dat ek reg het, Here,
dat ek onskuldig is.
10
Maak 'n end aan al die bose dade van die goddelose mense.
Stel tog die onskuldige in die gelyk.
U wat die mens deur en deur toets,
U is die regverdige God.
11
God wat die opregtes help,12
God is 'n betroubare regter,
'n God wat altyd die skuldiges straf.
13
Hy maak sy swaard elke keer weer skerp,
Hy span sy boog en lê aan.
14
Hy hou dodelike wapens gereed
en maak vir Hom brandpyle.
15
Die skuldige is soos iemand
wat swanger geraak het van onreg,
swanger is van kwaad
en leuens voortbring.
16
Hy grawe 'n diep gat
en val self daarin.
17
Sy boosheid tref homself,
en die geweld wat hy beplan het,
kom op sy eie kop af.
18
Ek wil die Here prys omdat Hy reg laat geskied.
Die Naam van die Here, die Allerhoogste,
wil ek besing.
1
Vir die koorleier: met musiek. 'n Psalm van Dawid.2
Here, ons Here,
hoe wonderbaar is u Naam oor die hele aarde,
hoe glansryk alles wat U in die hemelruim geplaas het!
3
Kinders en suigelinge besing die magtige werk
wat U tot stand gebring het.
So word u teëstanders,
die vyande en wraakgieriges, tot swye gebring.
4
As ek u hemel aanskou,5
wat is die mens dan
dat U aan hom dink,
die mensekind dat U na hom omsien?
6
U het hom net 'n bietjie minder as 'n hemelse wese gemaak
en hom met aansien en eer gekroon,
7
U laat hom heers oor die werk van u hande,
U het alles aan hom onderwerp:
8
skape en beeste, alles;
selfs die diere in die veld,
9
die voëls in die lug,
en die visse in die see
wat die oseane deurkruis.
10
Here, ons Here,1
Vir die koorleier: op die wysie van “By die dood van die seun”. 'n Psalm van Dawid.2
Met my hele hart wil ek U prys, Here,
wil ek van u magtige reddingsdade vertel.
3
Oor U wil ek my verbly en vrolik wees,
u Naam wil ek besing, o Allerhoogste.
4
Toe U verskyn het, het my vyande gevlug,5
Toe U op die troon gaan sit het as betroubare regter,
het U aan my reg laat geskied.
6
U het die nasies met vernietiging gedreig,7
Dit is klaar met die vyand,
daar bly net puinhope oor.
U het hulle stede verwoes,
niemand dink eers meer aan hulle nie.
8
Die Here is altyd op sy troon;9
Hy lewer 'n regverdige uitspraak oor alle mense,
Hy vel 'n billike vonnis oor die nasies.
10
Vir die mens wat in gevaar verkeer,
is die Here 'n toevlug,
'n skuilplek in tye van nood.
11
Daarom vertrou almal wat u Naam bely, op U,
want U, Here,
laat dié wat vra na u wil, nie in die steek nie.
12
Sing tot eer van die Here wat op Sion woon,13
Hy dink aan die onskuldiges
en wreek hulle dood,
Hy verontagsaam nie die geroep
van dié wat in nood verkeer nie.
14
Wees my genadig, Here,15
Dan kan ek van al u roemryke dade vertel,
in die poorte van Sion kan ek juig
oor die uitkoms wat U gegee het.
16
Die nasies het in die gat geval
wat hulle gegrawe het,
hulle voete is vasgevang in die net
wat hulle gespan het.
17
So het die Here Hom bekend gemaak,
Hy het reg laat geskied,
en die skuldige is deur sy eie handewerk gevang.
18
Die doderyk is die bestemming van die skuldiges,19
Waarlik, die behoeftiges word nie vir altyd vergeet nie,
nie vir ewig sal die verwagting van dié wat in nood is, vrugteloos wees nie.
20
Gryp tog in, Here,21
Vervul hulle so met vrees, Here,
dat hulle erken dat hulle net mense is.
1
Waarom staan U so ver weg, Here?2
Die goddeloses is vol van hulleself, hulle vervolg 'n hulpelose man.
Laat hulle gevang word deur die sluwe planne
wat hulle self uitgedink het.
3
Die goddelose verlustig hom nou al
in wat hy hoop om in die hande te kry.
Die een wat hom wil verryk ten koste van 'n ander,
wens homself by voorbaat geluk.
Hy verag die Here.
4
Neus in die lug sê hy:
“God vra tog geen rekenskap nie!”
In al sy planne is daar geen plek vir God nie.
5
Dit gaan mos altyd goed met wat hy aanpak.
U oordele is vir hom te ver weg, buite sy gesigsveld.
Hy snork met veragting oor al sy vyande.
6
Hy dink: ek sal nie wankel nie
en die ongeluk sal my nooit tref nie.
7
Hy lê 'n vloek op almal,
hy onderdruk en bedrieg,
hy bedink onheil en onreg.
8
Hy lê onskuldiges voor agter die heinings
en vermoor hulle in die geheim.
Hy loer rond in die donker.
9
Hy lê op die loer in 'n wegkruipplek soos 'n leeu agter 'n bos,
hy lê op die loer om die hulpelose te vang.
Hy vang hom en trek hom vas in sy net,
10
hy slaan hom dat hy inmekaar sak.
So kry hy die arme mens in die hande.
11
Hy sê vir homself:
“God steur Hom nie daaraan nie,
Hy kyk weg,
Hy sal dit nooit raaksien nie.”
12
Kom tog, Here! Toon u mag, o God!13
Hoe durf die goddeloses God verag
en reken Hy sal hulle nie uitvind nie?
14
En die hele tyd het U dit gesien, die lyding en verdriet.
U let daarop en maak daar 'n einde aan.
Op U verlaat die ongelukkige hom,
ook vir die weeskind is U 'n helper.
15
Verbreek tog die magsgreep van die goddelose en van die misdadiger,
straf sy misdade!
Moenie een enkele van sy misdade verskoon nie.
16
Die Here bly altyd koning,17
U het die gesmeek van die hulpeloses gehoor, Here.
U gee hulle nuwe moed.
U verhoor hulle gebed.
18
U behartig die regsaak van die weeskind en van die mens in nood,
sodat niemand op aarde langer in vrees hoef te lewe nie.
1
Vir die koorleier. Van Dawid. Ek skuil by die Here.2
Kyk, die goddeloses span hulle boë,
en hulle lê aan met die pyl op die snaar;
hulle staan reg om uit die donker
die opregtes van hart te tref.
3
As die fondamente ondermyn word,
wat kan die regverdige daaraan doen?”
4
Die Here is in sy heilige tempel!5
Die Here onderskei tussen regverdige en goddelose.
Wie geweld liefhet, haat Hy.
6
Hy laat vuur en swael reën op die goddeloses,
'n skroeiende wind: dit is die beker wat hulle sal drink.
7
Die Here is regverdig.
Hy het die mense lief wat regverdig en opreg handel,
en Hy sal by hulle wees.
1
Vir die koorleier: met basstem. 'n Psalm van Dawid.2
Help tog, Here,
want daar is geen vrome meer nie,
daar is geen betroubare mens meer oor nie.
3
Die mense bedrieg mekaar;
hulle mislei mekaar met vleitaal.
4
Die Here sal al die vleitaal uitroei5
wat sê:
“In ons tong lê ons krag.
Ons lippe help ons.
Ons buig vir niemand nie.”
6
Maar die Here sê:
“Die swakkes word mishandel
en die armes kla.
Daarom gryp Ek nou in
en gee uitkoms aan dié wat daarna smag.”
7
Daar is niks vals in wat die Here sê nie.8
U, Here, hou oor ons wag.9
selfs al pronk goddeloses nog rond
en al heers die gemeenheid nog tussen die mense.
1
Vir die koorleier. 'n Psalm van Dawid.2
Hoe lank gaan U my nog bly vergeet, Here?
Vir altyd?
Hoe lank gaan U nog van my af weg kyk?
3
Hoe lank moet ek nog my eie planne maak
en my dae met kommer deurbring?
Hoe lank sal die vyand my nog oorheers?
4
Luister tog en antwoord my, Here my God!5
anders sê my vyand hy het my oorwin
en juig my verdrukkers oor my ondergang.
6
Ek hou vas aan u troue liefde,1
Vir die koorleier. Van Dawid. Die dwaas dink daar is geen God nie.2
Van die hemel af kyk die Here die mense deur
om te sien of daar één verstandige is,
één wat na die wil van God vra.
3
Almal het afgedwaal,
die laaste een het ontaard;
daar is niemand wat goed doen nie,
selfs nie één nie.
4
Julle almal wat onreg pleeg,5
dat daar iets vreesliks met julle gaan gebeur nie?
Omdat God aan die kant van die regverdiges is,
6
sal daar niks kom van julle planne teen die hulpelose nie:
die Here bly sy toevlug.
7
Ag, mag daar tog uit Sion vir Israel redding kom!1
'n Psalm van Dawid. Wie het die reg om in u woonplek te kom, Here?2
Hy wat onberispelik wandel
en doen wat reg is,
wat met sy hele hart die waarheid praat,
3
nie kwaad praat nie,
sy medemens nie kwaad aandoen nie
en niemand beledig nie;
4
hy wat dié verag wat deur God verwerp is,
maar almal eer wat die Here dien;
wat sy woord hou, selfs tot sy eie skade,
5
sy geld nie op rente uitleen nie
en hom nie laat omkoop om die onskuldige te kort te doen nie.
1
'n Gedig van Dawid. Neem my in beskerming, o God;2
Ek het vir die Here gesê:3
Die afgode in die land, so aantreklik vir baie —
met hulle wil ek niks te doen hê nie.
4
Mag elkeen wat 'n ander god vereer, baie smart beleef.
Vir afgode sal ek nie bloedoffers uitgiet nie,
hulle name sal ek nie op my lippe neem nie.”
5
Here, U is my lewe, U sorg vir my.6
'n Pragtige deel is vir my afgemeet,
ja, wat ek ontvang het, is vir my mooi.
7
Ek sal die Here loof wat my tot die regte insig gebring het;8
Ek het die Here altyd by my:
omdat Hy by my is, sal ek nie struikel nie.
9
Daarom is ek bly en juig ek10
U gee my nie oor aan die dood nie.
U laat u troue dienaar nie in die graf kom nie.
11
U leer my hoe om te lewe.
By U is daar oorvloedige blydskap.
Uit u hand kom net wat mooi is.
1
'n Gebed van Dawid. Luister tog, Here, na my regverdige saak,2
U sal uitspraak lewer in my guns:
u oë sien immers self wat reg is.
3
As U my sou toets,
my selfs in my slaap sou ondersoek,
my deeglik sou keur,
sou U niks verkeerds vind nie.
4
Oor die doen en late van mense
het ek niks verkeerds gesê nie:
ek het my aan u bevel gehou.
5
Elke stap van my was vas
op die koers wat U aangewys het.
My voete het nie daarvan afgewyk nie.
6
Ek roep U aan, want U sal my antwoord, my God!
Luister tog na my en hoor wat ek sê.
7
Toon u wonderlike trou,
U wat almal help wat vir hulle vyande by U skuil.
8
Beskerm my soos die appel van u oog,
steek my weg in die skaduwee van u vleuels
9
vir die goddeloses wat my wil oorweldig,
die doodsvyande wat my omsingel.
10
Sonder enige meegevoel,11
waar ek ook gaan.
Hulle soek my ondergang.
12
Hulle is soos leeus, oorgehaal om te verskeur,
soos jong leeus wat iets voorlê.
13
Kom tog, Here, staan hulle voor,14
met u eie hand, Here, van hierdie mense.
Laat hulle ontydig omkom, sny hulle lewens af;
laat hulle hulle vol eet aan die onheil
wat U vir hulle gereed hou;
laat daar oorgenoeg wees vir hulle kinders
en laat daar nog oorbly vir die kindskinders.
15
Maar wat my betref,1
Vir die koorleier. 'n Lied van Dawid, die dienaar van die Here. Hy het dié woorde tot die Here gerig op die dag toe die Here hom gered het uit die mag van al sy vyande en uit die mag van Saul.2
Hy het gesê:
Ek het U baie lief, Here, my Sterkte.
3
Die Here is my rots, my skuilplek en my redder,
my God, my rots, by wie ek skuil,
my skild en sterk verlosser, my veilige vesting.
4
Onder bespotting roep ek na die Here,
dan word ek van my vyande verlos.
5
Bande van die dood het my omsluit,
strome van onheil het my verskrik.
6
Bande van die doderyk het my vasgetrek,
strikke van die dood het my bedreig.
7
In my nood roep ek na die Here,
ja, ek roep om hulp na my God.
In sy paleis hoor Hy my geroep.
Ek roep na Hom om hulp, en Hy luister na my.
8
Die aarde het geskud en gebewe,9
Rook het uit sy neus getrek,
vuur uit sy mond het alles verteer,
gloeiende kole uit sy binneste.
10
Hy het die hemel afgebuig en afgekom,
onder sy voete was duisternis.
11
Hy het op 'n gerub geklim en gevlieg;
op die vleuels van die wind het Hy nadergesweef.
12
Hy het Hom in donkerte gehul,
donker waters en wolkemassas was sy bedekking.
13
Uit die gloed voor Hom het wolke getrek,
hael en weerligstrale.
14
Die Here het dit uit die hemel laat dreun,
die Allerhoogste het sy stem laat hoor
in hael en weerligstrale.
15
Hy het sy pyle afgeskiet
en die vyand uitmekaar gejaag,
hulle met 'n menigte weerligstrale op loop gejaag.
16
Die seebodem het sigbaar geword,
die fondamente van die aarde is blootgelê
deurdat U, Here, op hulle gebulder het met die orkaan van u toorn.
17
Van bo af het Hy sy hand uitgestrek en my gegryp,18
Hy het my gered van my vyand wat sterk was,
van my haters toe hulle vir my te magtig was.
19
Die dag toe hulle my aangeval het,
was my ondergang naby,
maar die Here het my daarvan bewaar.
20
Hy het my in vryheid laat uitgaan,
my gered omdat Hy my liefhet.
21
Die Here het aan my reg laat geskied,
Hy het my onskuld aanvaar,
22
want ek het die wil van die Here gehoorsaam
en my nie teenoor my God skuldig gemaak nie;
23
ek het my deur al sy bepalings laat lei en nie van sy voorskrifte afgewyk nie.
24
Ek was opreg voor Hom,
ek was op my hoede teen enige ongeregtigheid.
25
Die Here het aan my reg laat geskied,
want ek was onskuldig in sy oë.
26
U betoon U getrou teenoor die getroue,27
rein teenoor die reine,
maar U verwerp die huigelaar.
28
U red die verdrukte volk,
U verneder die trotses.
29
U, Here, laat my lamp helder skyn;30
Met u hulp loop ek 'n oormag storm,
met my God by my is geen stadsmuur vir my te hoog nie.
31
Wat God doen, is volmaak;
wat die Here sê, is suiwer.
Elkeen wat by Hom skuiling soek, beskerm Hy.
32
Waarlik, wie anders as die Here is God?
Ja, wie anders as ons God is 'n rots?
33
God omgord my met krag;34
Hy maak my voete soos dié van 'n ribbok;
op hoë plekke laat Hy my stewig staan.
35
Hy leer my hande om oorlog te maak,
my arms om selfs die stramste boog te span.
36
Die redding wat U gebring het,37
U het my ruim vastrapplek gegee,
my enkels het nie geswik nie.
38
Ek het my vyande agtervolg en ingehaal,
ek het nie omgedraai voordat hulle uitgewis was nie.
39
Ja, ek het hulle verpletter,
sodat hulle nie weer kon opstaan nie.
Hulle het voor my voete gesneuwel.
40
U het my met krag omgord vir die stryd,
U het my teëstanders voor my laat swig.
41
U het my vyande voor my laat vlug
en ek kon my haters uitwis.
42
Hulle roep om hulp43
Ek maak hulle fyn soos stof in die wind,44
U het my gered van opstandige mense,
my as hoof van vreemde nasies aangestel.
'n Volk wat ek nie geken het nie, is my onderdane.
45
Wie ook al van my verneem, gehoorsaam my.
Vreemde volke kruip voor my.
46
Hulle skrik en kom bewend uit hulle forte uit.
47
Die Here leef! Ek loof Hom wat my rots is.48
Dit is God wat my die oorwinning gee,
wat volke aan my onderwerp.
49
Hy red my van my vyande.
50
Daarvoor sal ek U loof voor die nasies, Here,
tot eer van u Naam 'n lofpsalm sing!
51
Dit is Hy wat aan sy koning groot oorwinnings gee1
Vir die koorleier. 'n Psalm van Dawid.2
Die hemel getuig van die mag van God,
die uitspansel maak die werk van sy hande bekend.
3
Die een dag gee die berig deur aan die ander
en die een nag deel die kennis aan die volgende mee.
4
Sonder spraak en sonder woorde,
onhoorbaar is hulle stem.
5
Tog gaan daarvan 'n boodskap uit oor die hele wêreld
en hulle taal bereik die uithoeke van die aarde.
Vir die son is daar in die hemel 'n tent opgeslaan.
6
As hy stralend begin om sy baan te volg,
is hy soos 'n bruidegom wat uit sy slaapkamer kom.
7
Aan die een kant van die hemel kom hy op
en aan die ander kant gaan hy onder,
en niks ontkom aan sy gloed nie.
8
Die woord van die Here is volmaak:9
Die bevele van die Here dui die regte koers aan:
dit bring blydskap.
Die gebod van die Here is helder:
dit gee insig.
10
Die eise van die Here vir sy diens is goed:
dit staan altyd vas.
Die bepalings van die Here is reg:
elkeen van hulle is regverdig.
11
Hulle is kosbaarder as goud, selfs as baie goud,
soeter as heuning, as druppels uit 'n heuningkoek.
12
U dienaar laat hom daardeur leer.
Wie dit alles onderhou, groot is sy beloning.
13
Wie sien sy eie dwalinge raak?14
Weerhou my van opsetlike sondes,
laat hulle nie oor my heers nie.
Dan sal ek onberispelik wees
en vry van hierdie groot sonde.
15
Mag wat ek sê en wat ek dink
tog vir U aanneemlik wees,
Here, my Rots en my Verlosser.
1
Vir die koorleier. 'n Psalm van Dawid.2
Mag die Here u gebed verhoor op die dag van nood,
mag die Naam van die God van Jakob u beskerm.
3
Mag Hy u te hulp kom uit die heiligdom,
u bystaan uit Sion.
4
Mag Hy al u graanoffers onthou
en u brandoffers aanneemlik vind.
5
Mag Hy u gee wat u hart begeer6
Ons sal juig oor u oorwinning
en in die Naam van ons God die vaandels ontplooi.
Mag die Here alles gee wat u vra.
7
Dit weet ek:
die Here sal aan sy gesalfde die oorwinning gee!
Uit die heilige hemel verhoor die Here sy gebed;
die Here gee deur sy groot mag aan hom die oorwinning.
8
Sommige vertrou op strydwaens en ander op perde,
maar óns, ons vertrou op die Naam van die Here ons God.
9
Húlle sal struikel en val,
maar óns sal regop en vas bly staan.
10
Here, gee tog aan die koning die oorwinning.1
Vir die koorleier. 'n Psalm van Dawid.2
Here, dit is oor die openbaring van u mag
dat die koning so bly is,
dit is oor die oorwinning wat U hom gegee het,
dat hy so jubel en juig.
3
Die wens van sy hart het U vervul.
Wat hy gevra het, het U hom nie geweier nie.
4
U skenk hom voorspoed en geluk,5
Lewe het hy van U gevra;
U het hom dit gegee — 'n lang, lang lewe.
6
Omdat U uitkoms gegee het, is hy hoog in aansien,
met roem en eer het U hom oorlaai.
7
U maak hom altyd voorspoedig,
U skenk hom oorvloedige blydskap deur u nabyheid.
8
Die koning vertrou op die Here
en deur die trou van die Allerhoogste struikel hy nie.
9
U hand sal al u vyande vind,10
Wanneer U verskyn, Here,
sal U hulle verteer soos in 'n oond.
In u toorn sal U hulle vernietig,
en die vuur sal hulle verteer.
11
U sal hulle kinders van die aarde af verdelg
en die mensheid verlos van hulle nageslag.
12
As hulle kwaad teen U beraam,
bose planne uitdink,
sal hulle niks uitrig nie.
13
Wanneer U met die boog na hulle mik,
slaan hulle op die vlug.
14
Laat u mag seëvier, Here,
dan sal ons u krag besing en daaroor roem.
1
Vir die koorleier: op die wysie van “Die wildsbok van die daeraad”. 'n Psalm van Dawid.2
My God, my God, waarom het U my verlaat
en bly U ver as ek om hulp roep?
3
My God, ek roep bedags en U antwoord nie,
ook snags, maar ek kry geen rus nie.
4
U is tog die Heilige
wat woon waar die lofsange van Israel weerklink!
5
Op U het ons voorvaders vertrou.6
Hulle het na U om hulp geroep en hulle is bevry;
op U het hulle vertrou en hulle is nie beskaam nie.
7
Maar ek is 'n wurm, nie 'n mens nie.8
Almal wat my sien, spot my,
hulle steek vir my tong uit
en knik met voldoening die kop en sê:
9
“Laat dit aan die Here oor!
Laat Hý hom red, laat Hý hom bevry
as Hy dan so baie van hom hou.”
10
U het my die eerste lewenslig laat sien,
my veilig laat rus aan die bors van my moeder.
11
Van my geboorte af is ek onder u sorg,
van die begin van my lewe af is U my God.
12
Moet tog nie so ver van my af weg bly nie,13
'n Wreedaardige klomp mense het my omsingel,
soos beeste uit Basan staan hulle my toe.
14
Soos verskeurende, brullende leeus storm hulle met oop bekke op my af.
15
Ek is soos uitgestorte water,
al my bene het uitmekaar geval,
my hart het soos was geword,
dit smelt weg in my.
16
Ek is so min werd soos 'n potskerf,
my tong kleef aan my verhemelte,
U laat lê my asof ek dood is.
17
Soos honde omsingel hulle my,18
Al wat been in my is, kan ek tel;
hulle kyk na my met leedvermaak.
19
Hulle verdeel my klere onder mekaar
en trek lootjies oor my mantel.
20
En U, Here — moet tog nie so ver bly nie,21
Red my van die swaard,
my kosbare lewe uit die mag van die honde.
22
Red my uit die bek van die leeu
en tussen die horings van die wilde beeste uit.
23
Ek sal tot eer van u Naam getuig in die gemeente,
U in die volle vergadering prys.
24
Julle wat die Here dien, prys Hom!25
Die nood van die hulpelose
het Hy nie verontagsaam en gering geskat nie,
Hom daarvan nie teruggetrek nie,
maar die hulpgeroep na Hom het Hy gehoor.
26
My loflied in die volle vergadering kom van Hom af,
my geloftes sal ek nakom voor die mense wat Hom dien.
27
By dié offermaaltyd sal die armes genoeg hê om te eet,
en sal dié wat na die wil van die Here vra, Hom prys.
Mag hulle lank en gelukkig lewe.
28
Mense oor die hele wêreld sal die Here erken
en hulle tot Hom bekeer.
Alle volke sal Hom as koning erken,
29
want die koningskap behoort aan die Here;
Hy heers oor die volke.
30
Al die rykes van die wêreld sal ook aan dié maaltyd deelneem
en Hom as koning erken,
ja, alle mense, sterflik en verganklik, sal voor Hom kniel.
31
Die nageslag sal Hom dien,
en hulle sal van die Here vertel aan die volgende geslag.
32
Dié sal dan aan die volk wat nog gebore moet word
van hierdie verlossingsdaad getuig:
die Here het dit gedoen.
1
'n Psalm van Dawid. Die Here is my herder, ek kom niks kort nie.2
Hy laat my rus in groen weivelde.
Hy bring my by waters waar daar vrede is.
3
Hy gee my nuwe krag.
4
Selfs al gaan ek deur donker dieptes,5
U laat my by 'n feesmaal aansit,6
U goedheid en liefde sal my lewe lank by my bly
en ek sal tuis wees in die huis van die Here
tot in lengte van dae.
1
'n Psalm van Dawid. Die aarde en alles wat daarop is,2
want Hy het die fondamente daarvan in die see gelê
en dit stewig gevestig in die waters.
3
Wie mag die berg van die Here opgaan4
Dié een wie se hande rein en wie se hart suiwer is,
wat alle bedrog vermy en geen vals eed aflê nie.
5
So iemand sal van die Here seën ontvang,
en God, sy redder, sal reg aan hom laat geskied.
6
Die mense wat na sy wil vra en Hom dien,
is die geslag van Jakob.
7
Verbly julle, poorte,8
Wie is hierdie magtige Koning?9
Verbly julle, poorte,10
Wie is Hy, hierdie magtige Koning?1
Van Dawid. Tot U, Here, rig ek my,2
my God, op U vertrou ek.
Laat my vertroue tog nie tevergeefs wees nie,
laat my vyande nie juig oor wat met my gebeur nie.
3
Niemand wat sy verwagting in U stel,4
Maak my u wil bekend, Here,5
Laat u waarheid my lei en onderrig my daarin,
want U is God, my redder.
In U stel ek elke dag my verwagting.
6
Dink aan die liefde en trou, Here,
wat U van altyd af betoon het.
7
Moet tog nie dink aan die sondes en oortredinge van my jeug nie.
Dink aan my in u trou, Here, omdat U goed is.
8
Die Here is goed en regverdig:9
Hy laat aan hulpeloses reg geskied
en Hy leer hulle sy pad.
10
Liefde en trou is die paaie wat die Here bewandel
met dié wat sy verbond en verordeninge bewaar.
11
Ter wille van u Naam, Here,12
As iemand die Here dien,13
sodat hy voorspoed sal geniet
en sy nageslag die land sal bly bewoon.
14
Die Here neem dié wat Hom dien, in sy vertroue
en maak sy verbond aan hulle bekend.
15
My oë is altyd op die Here gerig,
want dit is Hy wat my voete uit die vangnet sal hou.
16
Sien my in genade aan, Here,17
Ek verkeer in die allergrootste nood;
bevry my tog uit my ellende.
18
Kyk hoe sleg gaan dit met my
en hoe swaar kry ek.
Vergewe tog al my sondes.
19
Kyk hoe baie vyande het ek
en hoe fel haat hulle my.
20
Beskerm my en red my,
laat my nie beskaamd staan nie,
want by U skuil ek.
21
Laat onskuld en opregtheid oor my die wag hou,
want op U vertrou ek.
22
O God, red Israel uit al sy nood.1
Van Dawid. Laat reg aan my geskied, Here,2
Toets my, Here, keur my,
ondersoek my deur en deur.
3
Ek laat my deur u liefde lei
en ek lewe deur u trou.
4
Ek hou my nie op met bedrieërs nie
en met agterbakse mense gaan ek nie om nie.
5
Ek vermy die geselskap van misdadigers
en hou my nie op met goddeloses nie.
6
As 'n onskuldige, Here, was ek my hande
en draai ek na u altaar toe
7
om my loflied te sing
en van al u wonders te vertel.
8
Here, u woonplek,
die tuiste van u heerlikheid, het ek lief.
9
Moet my tog nie saam met die sondaars,
met die moordenaars laat omkom nie.
10
Daar is bedrog in hulle hande,
hulle regterhande is vol omkoopgeld.
11
Maar ek is onskuldig.12
dan is my pad vorentoe gelyk
en sal ek die Here prys in die samekoms van die gemeente.
1
Van Dawid. Die Here is my lig en my redder,2
As misdadigers op my afstorm om my dood te maak,3
Al sou 'n leër teen my stelling inneem,
sal ek nie bang word nie.
Selfs al sou die aanval op my begin,
sal ek nog steeds vertroue hê.
4
Net een ding het ek van die Here gevra5
Op die dag van gevaar sal die Here my wegsteek in sy huis,
my veilig laat skuil in sy woonplek,
my hoog op 'n rots laat staan;
6
ek sal in sy woonplek onder trompetgeklank my offers bring,
ek sal 'n lied sing,
ek sal sing tot die eer van die Here
terwyl ek neerkyk op die vyande rondom my.
7
Luister tog na my, Here, as ek roep;8
Ek onthou wat U gesê het:
“Julle moet My kom dien!”
Ek is hier om U te dien, Here.
9
Moet U tog nie vir my verberg nie,
moet my tog nie wegstuur terwyl U toornig is nie,
want U was nog altyd my hulp.
Moet my tog nie verstoot en verlaat nie,
want U alleen is die God wat my red.
10
Al sou my vader en my moeder my verlaat,
die Here sal my onder sy sorg neem.
11
Leer my u wil, Here,12
Moet my tog nie oorgee aan die venyn van my teëstanders nie,
want daar staan vals getuies teenoor my
en hulle blaas geweld teen my aan.
13
As ek darem nie geglo het dat ek die goedheid van die Here sal sien in die land van die lewendes nie ...!
14
Vertrou op die Here!1
Van Dawid. Ek roep na U, Here, my Rots,2
Hoor my smeekstem
as ek na U roep om hulp,
as ek my hande in gebed uitsteek na die allerheiligste deel van u tempel.
3
Moet my tog nie uitroei saam met die goddeloses,
die mense wat onreg doen nie.
Hulle praat vriendelik met hulle bure,
maar daar is kwaadwilligheid in hulle harte.
4
Vergeld hulle volgens hulle dade
en volgens hulle skandelike gedrag.
Vergeld hulle volgens die werk van hulle hande
en laat hulle kry wat hulle verdien,
5
want hulle let nie op die dade van die Here
en op die werk van sy hande nie.
Daarom sal Hy hulle afbreek
en nooit weer opbou nie.
6
Aan die Here kom die lof toe,7
Die Here is my sterkte en my beskermer,
op Hom het ek vertrou.
Hy het my gehelp.
Daarom is ek bly en wil ek Hom loof met my lied.
8
Die Here is 'n sterkte vir sy volk,
'n veilige beskutting vir sy gesalfde.
9
Red u volk en seën dié wat aan U behoort;
wees vir hulle 'n herder
en sorg altyd vir hulle.
1
'n Psalm van Dawid. Prys die Here, julle hemelinge!2
Prys die Here om die eer van sy Naam!
Buig voor die Here by sy heilige verskyning!
3
Die stem van die Here weerklink oor die waters.
Dit is die magtige God wat die weer laat dreun;
die Here self is op die groot waters!
4
Die stem van die Here is magtig,
die stem van die Here is vol majesteit.
5
Die stem van die Here kloof die seders van die Libanon oop.
6
Hy laat die Libanon bokspring soos 'n kalf en die Sirjon soos 'n jong bees.
7
Die stem van die Here laat weerlig uitslaan.
8
Die stem van die Here laat die woestyn bewe.
Die Here laat die Kadeswoestyn bewe.
9
Die stem van die Here laat die wildsbokke ruk van skrik;
dit stroop die bosse kaal.
In sy paleis roep almal uit: “Hoe geweldig!”
10
Die Here heers oor die watermassas,
Hy heers vir altyd as koning.
11
Die Here gee krag aan sy volk;
die Here seën sy volk met oorvloed.
1
'n Psalm. 'n Lied vir die inwyding van die tempel. Van Dawid.2
Ek wil u lof verkondig, Here, want U het my gered
en my vyande nie laat bly wees oor my nie.
3
Here my God, ek het na U geroep om hulp
en U het my gesond gemaak.
4
Here, U het my gered van die doderyk,
my aan die lewe gehou toe ek al op pad was na die dood toe.
5
Sing tot eer van die Here, julle wat Hom getrou dien,
loof sy heilige Naam!
6
Waarlik, sy toorn duur net 'n oomblik,
maar sy goedheid lewenslank.
Gisteraand was daar nog trane
en vanmôre lag ek al weer.
7
Toe dit goed gegaan het, het ek wel gesê:8
Deur u goedheid het U my op 'n veilige berg laat staan, Here.
Maar toe U U aan my onttrek het,
het ek baie bang geword.
9
Ek het na U geroep, Here.
Ek het U om genade gesmeek:
10
“Watter voordeel is daar in my ondergang
as ek die graf moet ingaan?
Kan stof U loof?
Kan dit u trou verkondig?
11
Luister, Here, en wees my genadig!
Help my, Here!”
12
Ek was in die rou,
maar U het my van vreugde laat dans.
U het my rouklere uitgetrek
en vir my feesklere aangetrek.
13
Daarom sal ek sing tot u eer;
ek sal nie stilbly nie.
Here my God, vir altyd sal ek U loof!
1
Vir die koorleier. 'n Psalm van Dawid.2
By U, Here, skuil ek.
Laat my tog nooit teleurgestel staan nie!
Bevry my, want U is getrou.
3
Luister na my, red my tog gou.
Wees vir my 'n rots om na toe te vlug,
'n bergvesting om my te red.
4
Ja, U is my rots en my bergvesting,
ter wille van u Naam sal U my voorgaan en my lei.
5
Bevry my uit die vangnet wat hulle vir my gestel het,
want U is my toevlug.
6
In u hande gee ek my lewe oor,
want, Here, troue God, U het my vrygemaak.
7
Ek haat mense wat waarde heg aan die nikswerd afgode;8
Ek wil jubel en juig oor u troue liefde:
U was nie onverskillig teenoor my ellende nie;
U het die bedreiging van my lewe raakgesien
9
en my nie aan die mag van die vyand oorgelewer nie;
U het my 'n veilige staanplek gegee.
10
Wees my genadig, Here, want ek is in die nood;11
My lewe vergaan van kommer
en my jare van swaarkry;
deur my ellende word my krag geknak
en teer my liggaam uit.
12
Ek is die spot van al my teëstanders,
veral van my bure,
'n verskrikking vir al my bekendes.
Dié wat my op straat sien, vlug vir my.
13
Ek is vergeet soos iemand wat lankal dood is,
ek het geword soos 'n ding wat lê en vergaan.
14
Ek hoor dreigemente van baie;
dit dreig van alle kante af.
Baie span teen my saam
en smee planne om my lewe te neem.
15
Maar ek vertrou op U, Here,16
My tye is in u hand.
Red my uit die hande van my vyande en vervolgers!
17
Verskyn tog tot my redding,
red my deur u onfeilbare liefde.
18
Here, laat my nie teleurgestel staan in my verwagting as ek U aanroep nie.
Laat die goddelose teleurgestel staan in hulle verwagting,
laat hulle die stilte van die doderyk ingaan.
19
Bring die leuenaars tot swye,
dié wat vol is van hulleself en in hoogmoed en veragting teen die regverdige praat.
20
Hoe groot is u goedheid:21
Deur u teenwoordigheid beskerm U hulle teen die sameswering van mense.
U steek hulle weg vir dié wat vir hulle beskuldig.
22
Aan die Here kom die lof toe,
want Hy het sy trou op wonderbaarlike wyse aan my betoon toe ek beleër was.
23
Ek het in my angs gedink:
Dit is klaar met my, selfs U het my verwerp.
Tog, U het geluister na my gesmeek
toe ek na U om hulp geroep het.
24
Betuig julle liefde vir Hom,25
Wees dus sterk en hou goeie moed,
julle almal wat julle vertroue in die Here stel.
1
'n Gedig van Dawid. Dit gaan goed met die mens2
Dit gaan goed met die mens
vir wie die Here die oortreding nie toereken nie
en in wie se gees daar geen valsheid is nie.
3
Toe ek oor my sonde geswyg het,4
U hand het dag en nag swaar op my gedruk,
my krag het opgedroog soos water in somerhitte.
5
Toe het ek my sonde bely,6
Dit is waarom elke gelowige in 'n tyd van nood tot U bid;7
U is vir my 'n skuilplek,
U beskerm my teen aanvalle,
U laat my oorwinningsliedere sing.
8
Ek wil jou onderrig9
Moenie onverstandig wees nie, soos 'n perd of 'n muil
wat met 'n stang in die bek beteuel moet word as jy hom wil lei.
10
Die goddelose het baie smarte,
maar wie op die Here vertrou,
dié omvou Hy met sy liefde.
11
Verbly julle in die Here en juig, regverdiges,1
Jubel in die Here, regverdiges,2
Loof die Here met die lier,
speel vir Hom op die harp!
3
Sing vir Hom 'n nuwe lied,
speel met volle oorgawe, jubel dit uit!
4
Wat die Here sê, gebeur,
alles wat Hy doen, staan vas.
5
Hy het geregtigheid en reg lief,
die hele wêreld is vol van die Here se troue liefde.
6
Deur die woord van die Here is die hemele gemaak,
deur sy bevel al die hemelliggame.
7
Hy het die seewater laat saamkom soos in 'n dam,
die groot waters op een plek opgegaar.
8
Die hele aarde moet die Here vrees,
al die bewoners van die wêreld moet vir Hom ontsag hê,
9
want Hy het gepraat en dit was so,
Hy het beveel en dit was daar.
10
Die Here verydel die planne van die nasies,
Hy laat hulle besluite op niks uitloop.
11
Maar die planne van die Here staan vir altyd vas,
sy besluite van geslag tot geslag.
12
Dit gaan goed met die nasie wie se God die Here is,13
Die Here kyk uit die hemel
en sien al die mense.
14
Van die plek waar Hy as koning sit,
sien Hy almal wat onder op die aarde woon.
15
Dit is Hy wat hulle verstand gevorm het,
wat al hulle werk deurgrond.
16
Dit is nie deur 'n groot leër dat 'n koning wen nie,
en nie deur groot krag dat 'n held behoue uitkom nie.
17
Dit is nie waar dat die perd die oorwinning gee
en dat sy groot krag redding bring nie.
18
Dit is die Here wat sorg vir dié wat Hom eer,
vir dié wat op sy mag vertrou
19
om hulle van die dood te red
en hulle in die lewe te hou in hongersnood.
20
Ons vertrou op die Here:21
Ja, in Hom is ons hart bly,
op sy heilige Naam vertrou ons.
22
Hou u liefde oor ons, Here,
want ons stel ons vertroue in U.
1
'n Lied van Dawid. Hy het hom kranksinnig gehou by Abimelek. Dié het hom weggejaag en hy het padgegee.2
Ek sal die Here altyd weer prys,
sy lof sal altyd op my lippe wees.
3
Ek sal die roem van die Here sing;
dié wat swaar kry, sal dit hoor en daaroor bly wees.
4
Sing saam met my oor die grootheid van die Here
en laat ons saam sy Naam prys.
5
Ek het die Here aangeroep en Hy het my geantwoord,
Hy het my gered uit alle doodsgevare.
6
Dié wat swaar kry, sien op na Hom en straal van blydskap,
hulle word nie teleurgestel in hulle verwagting nie.
7
Ek is een van die ellendiges wat geroep het.
Die Here het gehoor,
uit al my benoudhede het Hy my gered.
8
Die Engel van die Here slaan sy laer op
rondom dié wat die Here dien, en red hulle.
9
Kom ondervind en sien self dat die Here goed is!
Dit gaan goed met die mens wat by Hom skuil.
10
Julle wat aan die Here behoort, dien Hom!
Wie Hom dien, het geen gebrek nie.
11
Selfs leeus ly gebrek en kry honger,
maar wie die Here se hulp vra,
kom niks kort van al die goeie dinge nie.
12
Kom, kinders, luister na my!13
As iemand die lewe liefhet
en 'n lang lewe begeer om die goeie te geniet,
14
moet hy sy tong weerhou van kwaadpraat
en sy lippe van leuens.
15
Bly weg van die kwaad af en doen wat goed is,
soek vrede en jaag dit na!
16
Die Here sorg vir die regverdiges17
Maar Hy tree op teen dié wat kwaad doen
en vee selfs die herinnering aan hulle van die aarde af.
18
As die regverdiges om hulp roep,
hoor die Here hulle
en red Hy hulle uit al hulle benoudhede.
19
Die Here is naby die gebrokenes,
Hy help die moedeloses.
20
Al word die regverdige ook deur hoeveel rampe getref,
die Here red hom uit almal.
21
Die Here sorg vir die hele liggaam van die regverdige:
geen been word gebreek nie.
22
Die kwaad wat die goddelose doen,
bewerk sy eie ondergang:
vir sy vyandskap teen die regverdige sal hy boet.
23
Die Here maak sy dienaars vry.
Wie by Hom skuil, sal nie as skuldige behandel word nie.
1
Van Dawid. Behartig my saak teen dié wat my aankla, Here,2
gryp die skilde en kom help my.
3
Vat die spies en keer my vervolgers.
Laat ek U hoor sê: “Ek red jou!”
4
Laat hulle wat my lewe soek,
die slegste daarvan afkom en beskaamd staan.
Laat hulle wat my ondergang soek,
op die vlug slaan, teleurgestel in hulle verwagting.
5
Laat die Engel van die Here hulle jaag soos kaf voor die wind.
6
Maak hulle pad donker en glibberig
en laat die Engel van die Here hulle agtervolg,
7
want hulle het nie rede gehad om vir my 'n strik te stel
en vir my 'n gat te grawe nie.
8
Laat hulle einde skielik kom!
Laat hulle in hulle eie strik beland!
Laat hulle self in die gat val wat hulle gegrawe het!
9
Maar ek sal juig in die Here,10
My hele wese sê: “Here, wie is soos U
wat die swakke bevry van dié wat sterker is,
die swakke en die arme van dié wat hom beroof?”
11
Dit is kwaadwillige getuies wat teen my optree.12
Hulle vergeld my kwaad vir goed,
hulle gebruik elke geleentheid om my by te kom.
13
En tog, toe húlle siek was,
het ek getreur soos oor 'n sterfgeval:
rouklere aangetrek en myself gekasty deur nie te eet nie.
Ek het sonder ophou vir hulle gebid
14
soos vir 'n vriend of 'n broer.
Ek het rondgeloop soos een wat oor sy moeder treur,
krom en in die rou.
15
Maar nou dat ek in die moeilikheid is,
is dit vir hulle lekker en span hulle saam teen my.
Sonder dat ek weet waaroor,
skeur hierdie skoorsoekers my uitmekaar
en hulle kry nie end nie.
16
Nou dat ek struikel, lag hulle daaroor;
nou kom dreig hulle my.
17
Hoe lank, Here, sal U dit duld?
Red my kosbare lewe van die aanslag van hierdie mense
wat my soos leeus bedreig.
18
Dan sal ek U in 'n volle vergadering dank
en voor die hele gemeente prys.
19
Moenie dat hulle wat sonder rede my vyande is,
hulle verlustig in my leed nie.
Moenie dat dié wat my sonder aanleiding haat,
hulle verlustig in my leed nie.
20
Hulle wil nie vrede hê nie,
hulle kom met vals beskuldigings teen vredeliewende mense.
21
Hulle rek hulle monde teen my oop
en sê: “Ja, ons het dit self gesien.”
22
Maar U het gesien dit is nie so nie, Here.
Moet tog nie swyg nie.
Moenie ver van my af bly nie, Here.
23
Tree tog vir my in, my God.
Doen tog iets aan my saak, Here.
24
U is regverdig, Here my God,
laat reg aan my geskied,
sodat hulle hulle nie in my leed verlustig nie.
25
Moenie dat hulle vir hulleself sê:
“Dis mos wat ons wou gehad het” nie.
Moenie dat hulle sê: “Ons het hom vernietig” nie.
26
Laat almal wat bly is oor my ellende,
teleurgestel word in hulle verwagting
en self in die ellende beland.
Laat oor hulle wat op my neersien,
skande en smaad kom.
27
Maar dié wat wil hê ek moet vrygespreek word,
laat hulle juig en bly wees,
laat hulle altyd weer sê:
“Die Here is groot.
Hy sorg dat sy dienaar vrede het.”
28
My tong sal nie stil word oor u trou nie,
dag vir dag sal ek U loof.
1
Vir die koorleier. Van Dawid, die dienaar van die Here.2
In die hart van die goddelose
het die opstand teen God die laaste woord.
Die goddelose het geen vrees vir God nie
3
en praat net goed oor homself.
Hy is altyd daarop uit om kwaad te doen en om te haat.
4
As hy praat, is dit kwaadwillig en vals;
verstandig wees en goed doen bestaan nie vir hom nie.
5
Selfs as hy gaan lê, dink hy net kwaad uit;
hy bly op 'n pad wat nie reg is nie;
wat sleg is, verwerp hy nie.
6
Here, u liefde reik tot in die hemel,7
u geregtigheid tot op die hoogste berge,
die reg wat U spreek, tot in die dieptes van die see.
U sorg vir mens en dier, o Here.
8
Hoe kosbaar is u trou, o God!9
In u huis geniet hulle oorvloed,
U laat hulle drink uit die strome van u goedheid.
10
U is die bron van die lewe,
deur u lig lewe ons.
11
Laat u liefde bly by dié wat U erken
en u trou by dié wat opreg is.
12
Laat my nie onder die voete van eiegeregtige mense beland nie,
moenie dat goddeloses my hier wegdryf nie!
13
Dié wat altyd onreg doen, val net daar waar hulle is;
hulle word platgeslaan en kan nie weer opstaan nie.
1
Van Dawid. Moet jou nie ontstel oor skelms2
want soos gras vergaan hulle gou
en soos groenigheid verdwyn hulle sommer.
3
Vertrou liewer op die Here en doen wat goed is,
woon en werk rustig voort.
4
Vind jou vreugde in die Here,
en Hy sal jou gee wat jou hart begeer.
5
Laat jou lewe aan die Here oor
en vertrou op Hom; Hy sal sorg.
6
Hy sal jou onskuld laat deurbreek soos die son,
jou reg soos die helder lig van die middag.
7
Daarom moet jy in stilte op die Here vertrou
en jou nie ontstel oor die voorspoedige lewe van 'n skelm nie.
8
Moenie kwaad word nie, laat staan die woede,
moet jou nie ontstel nie: dit bring net ellende.
9
Die skelms sal uitgeroei word,
maar dié wat hulle vertroue in die Here stel,
sal in besit bly van die land.
10
Nog 'n rukkie en daar sal geen goddelose meer wees nie;
'n mens sal hom soek waar hy was,
maar hy sal nie daar wees nie.
11
Dié wat nou verdruk word, sal die land besit
en hulle verlustig in hulle welvaart.
12
Die goddelose soek die ondergang van die regverdige13
Die Here lag vir die goddeloses,
want Hy sien hulle dag kom.
14
Die goddeloses trek die swaard en span die boog
om die hulpelose en die arme dood te maak,
om dié wat die regte pad loop, te vermoor.
15
Die goddeloses se swaarde sal hulle eie harte tref
en hulle boë sal stukkend gebreek word.
16
Die bietjie van die regverdige17
want die mag van die goddeloses sal verbreek word,
maar die Here sal die hulp wees van die regverdiges.
18
Die Here sorg vir die lewe van die opregtes,
en wat hulle besit, sal hulle behou so lank hulle lewe.
19
In tyd van nood sal hulle nie verleë staan nie,
in tyd van gebrek sal hulle genoeg hê.
20
Die goddeloses sal te gronde gaan,
die vyande van die Here sal tot niet gaan;
soos mooi weivelde wat in vlamme opgaan,
so sal hulle verdwyn.
21
Die goddelose leen en betaal nie terug nie,22
Dié wat deur die Here geseën word, sal die land besit;
maar dié wat deur Hom vervloek is, sal uitgeroei word.
23
Die Here bepaal die koers van die mens24
As so iemand val, bly hy nie lê nie,
want die Here help hom op.
25
Ek was jonk en ek het oud geword,
maar nooit het ek 'n regverdige verlate gesien
of dat sy nageslag brood soek nie.
26
Hy is altyd vrygewig, hy leen uit sonder rente:
met sy nageslag sal dit goed gaan.
27
Bly weg van die kwaad af en doen wat goed is,28
want die Here het die reg lief
en sy troue dienaars verlaat Hy nie.
Hulle sal altyd behoue bly,
maar die nageslag van die goddeloses sal uitgeroei word.
29
Die regverdiges sal die land besit
en altyd daarin woon.
30
Wat die regverdige praat, is wysheid,
wat hy sê, stem ooreen met die reg.
31
Die openbaring van sy God is in sy hart,
sy koers is nie onseker nie.
32
Die goddelose lê die regverdige voor
en soek 'n kans om hom dood te maak,
33
maar die Here los hom nie in die mag van die goddelose nie
en laat nie toe dat hy veroordeel word
as hy voor die regbank staan nie.
34
Vertrou op die Here en bly op sy weë;
Hy sal jou weer laat opstaan om die land te besit,
en jy sal die ondergang van die goddeloses aanskou.
35
Ek het al gesien dat 'n slegte, roekelose mens
geil opskiet soos 'n plant,
36
en toe ek weer verbykom, was hy nie meer daar nie;
ek het hom gesoek en hy was nêrens nie.
37
Maar let nou op die eerbare mens,
kyk na die opregte:
die regskape man, vir hom is daar 'n toekoms.
38
Dié wat hulle teen die Here verset,
word voor die voet uitgewis,
die toekoms van die goddeloses word afgesny,
39
maar die regverdiges word deur die Here gered.
Hy is hulle toevlug in tyd van nood.
40
Die Here help hulle en Hy bevry hulle,
Hy bevry hulle van die slegte mense en red hulle,
want hulle skuil by Hom.
1
'n Psalm van Dawid. 'n Herinnering.2
Moet my tog nie in u toorn bly straf nie, Here,
en my langer in u gramskap tugtig nie.
3
U pyle het my getref,
u hand lê swaar op my.
4
Deur u toorn is daar nie meer 'n gesonde plek aan my liggaam nie,
deur my sonde is daar nie meer 'n heel plek aan my lyf nie.
5
Ja, my ongeregtighede het my oorweldig
soos 'n las wat vir my te swaar is.
6
My wonde stink en sweer,
en dít deur my eie dwaasheid.
7
Ek is krom en inmekaar getrek,
ek loop die hele dag en treur,
8
want my lyf brand van die koors
en daar is nie meer 'n gesonde plek aan my liggaam nie.
9
Ek is gedaan en heeltemal platgeslaan,
my hart jaag en ek brul van die pyn.
10
U weet waarna ek smag, Here, my gesmeek is vir U geen geheim nie.
11
My hart jaag, my krag het ingegee,
ek kan nie eers meer sien nie.
12
My siekte hou my familie en my vriende ver van my af,
en my bure kom nie naby my nie.
13
Dié wat my lewe soek, stel vir my strikke,14
Maar ek hou my doof, ek hoor niks,
ek hou my stom, ek maak my mond nie oop nie.
15
Ek het geword soos 'n man wat niks hoor nie
en wat niks het om te antwoord nie.
16
Ek vertrou op U, Here,17
Ek vra U:
“Moenie dat hulle hulle verlustig in my leed
en hulle groot hou as die lyding vir my te veel word nie.”
18
Ek kan dit byna nie meer uithou nie,
ek is nooit sonder pyn nie.
19
Ek bely my ongeregtigheid,
my sonde kwel my.
20
My vyande is vol lewenskrag
en daar is so baie wat my sonder rede haat,
21
wat my kwaad vir goed vergeld
en teen my is omdat ek die goeie najaag.
22
Moet my tog nie verlaat nie, Here,23
Maak tog gou om my te help,
Here, my Redder!
1
Vir die koorleier. 'n Belydenis. 'n Psalm van Dawid.2
Ek het gesê: “Ek wil sorgvuldig let op my lewe
en nie sondig met wat ek sê nie.
Ek wil nie 'n woord praat
as 'n slegte mens my teëstaan nie.”
3
Ek was stom en sprakeloos,
ek het geswyg, nie gepraat nie,
maar my smart het al hoe groter geword.
4
Daar was 'n brandpyn in my,
my smart het 'n vuur in my geword.
5
Maak tog aan my bekend wanneer my einde sal wees, Here,
en hoeveel dae daar vir my oor is,
sodat ek sal weet wanneer my lewe verby is.
6
Kyk, U het bepaal dat my dae min sal wees,
in u oë is my lewensduur byna niks.
Ag, alle mense is maar verganklik.
7
Die mens leef soos in 'n droom8
Is daar nog hoop vir my, Here?
U is my enigste hoop.
9
Red my van al my teëstanders,
laat my nie die spot van dwase word nie.
10
Ek kla nie, ek maak my mond nie oop nie,
want U het dit oor my gebring.
11
Neem tog weg die smart waarmee U my getref het.
Die las wat U my opgelê het, laat my krag ingee.
12
As U 'n mens die straf oplê wat sy sonde verdien,
verteer U hom soos 'n mot 'n kleed.
Ag, alle mense is verganklik.
13
Hoor tog my gebed, Here,14
Neem tog u straf van my weg,
dat ek weer bly kan wees
voordat ek heengaan en nie meer daar is nie.
1
Vir die koorleier. Van Dawid. 'n Psalm.2
Ek het gesmag na die hulp van die Here.
Hy het na my toe afgebuig
en my hulpgeroep gehoor.
3
Hy het my uitgetrek uit die put van die dood,
uit die slymerige modder,
my op 'n rots laat staan
en my weer op vaste grond laat loop.
4
Hy het my 'n nuwe lied in die mond gelê,
'n loflied vir ons God.
Baie sal daarvan hoor en Hom die eer toebring,
hulle sal op die Here vertrou!
5
Dit gaan goed met die mens wat sy vertroue in die Here stel
en hom nie wend tot duister magte
en tot mense wat hulle met skyngode ophou nie.
6
Here my God, U het baie wonderlike dinge gedoen;
U dink altyd aan ons;
daar is niemand soos U nie.
Ek sou daarvan wou vertel en daaroor praat,
maar dit is te veel om op te noem.
7
Dit is nie diereoffers of graanoffers wat U wil hê nie,8
Daarom het ek gesê: “Hier het ek gekom
soos dit in die boekrol vir my voorgeskrywe is.
9
Om u wil te doen, my God, is my een begeerte,
u woord is my hele lewe.”
10
Met blydskap het ek aan die gemeente vertel
U het my verlos.
Ek het nie stilgebly nie,
Here, U weet dit!
11
Dat U verlos, het ek nie vir myself gehou nie,
ek het gepraat oor u trou en u hulp.
Oor u goedheid en u trou het ek in die gemeente nie stilgebly nie.
12
Moet my tog nie uitsluit van u ontferming nie, Here,
laat u liefde en trou my voortdurend bewaak,
13
want ramp op ramp het my oorval,
my ongeregtighede het my ingehaal;
ek weet nie meer waarheen nie.
Hulle is meer as die hare op my kop;
ek is moedeloos.
14
Here, red my tog asseblief!15
Laat dié wat my lewe wil neem, self in die ellende beland,
teleurgestel in hulle verwagting;
laat dié wat graag my ondergang wil sien,
op die vlug slaan en beskaamd staan.
16
Laat dié wat my spot,
verbysterd staan omdat hulle self in die ellende beland het.
17
Laat almal wat by U hulp soek, jubel en bly wees oor U,
laat dié wat op u hulp staatmaak,
altyddeur sê: “Die Here is groot!”
18
Ek is hulpeloos en arm,1
Vir die koorleier. 'n Psalm van Dawid.2
Dit gaan goed met die mens wat omsien na die swakke.
Die Here sal hom red op die dag van nood,
3
die Here sal hom beskerm en in die lewe hou;
die hele land sal praat oor hoe goed dit met hom gaan.
U sal hom nie uitlewer aan die wraaksug van sy vyande nie.
4
Die Here sal hom bystaan in sy siekte.
As hy siek is, sal U hom genees.
5
Ek het gesê: “Wees my genadig, Here!6
My vyande wens my net die ergste toe:7
As iemand na my kom kyk, dink hy dis klaar met my.
Hy kom kyk hoe sleg dit gaan
en gaan vertel dit buite rond.
8
Almal wat my haat, staan en fluister oor my,
hulle wens my net die ergste toe:
9
dis 'n dodelike siekte wat hom getref het,
waar hy nou daar lê, sal hy nie weer opstaan nie!
10
Selfs my boesemvriend op wie ek vertrou het,
wat altyd by my geëet het,
het my in die rug gesteek.
11
Wees U my genadig, Here, en laat my hier opstaan,12
Dit weet ek: U het my lief,
my vyand sal nie oor my triomfeer nie.
13
Ek is onskuldig, U hou my vas
en laat my altyd by U bly.
14
Aan die Here, die God van Israel,
kom die lof toe tot in die allerverste toekoms.
Amen, ja, amen.
1
Vir die koorleier. 'n Gedig van die Koragiete.2
Soos 'n wildsbok smag na waterstrome,
so smag ek na U, o God.
3
Ek dors na God, na die lewende God.
Wanneer kan ek gaan en voor God verskyn?
4
Dag en nag is ek in trane,
want sonder ophou sê hulle vir my:
“En waar is jou God nou?”
5
As ek my lewe voor my laat verbygaan,
dink ek daaraan
hoe ek opgetrek het na die woonplek van God,
voor 'n skare uit na sy huis toe geloop het
met gejuig en lofsang — 'n skare wat feesvier.
6
Waarom is ek so in vertwyfeling7
en my God!
8
waar die waters teen mekaar raas
en u waterstrome bruis.
U het golf na golf oor my laat slaan.
9
Tog sal die Here weer op 'n dag sy trou laat blyk10
Ek wil vir God sê:11
Dit sny deur my hele wese as my teëstanders my spot
en dag na dag vir my sê:
“En waar is jou God nou?”
12
Waarom is ek so in vertwyfeling1
Laat tog reg aan my geskied, o God,2
Net U is my skuiling, my God;
waarom verstoot U my dan?
Waarom moet ek gebuk gaan
onder die smaad van die vyand?
3
Stuur u lig en u waarheid dat dié my lei
en my bring na u heilige berg,
na u woning!
4
Laat my ingaan na die altaar van God,
die God oor wie ek wil jubel en juig,
dat ek U kan loof met die lier,
o God, my God!
5
Waarom is ek so in vertwyfeling1
Vir die koorleier. Van die Koragiete. 'n Gedig.2
Met ons eie ore het ons gehoor, o God,
ons vaders het ons dit vertel,
dat U in die ou dae,
in die gryse verlede, 'n groot daad gedoen het.
3
U het nasies met u eie hand verdryf,
maar u volk 'n vaste woonplek gegee.
U het nasies se mag verbreek
om aan u volk vryheid te gee.
4
Dit is nie met die swaard
dat u volk die land in besit geneem het nie,
nie deur hulle eie mag
dat hulle die oorwinning behaal het nie,
maar deur u krag, u mag en u teenwoordigheid,
omdat U hulle liefgehad het.
5
U is my koning, o God;6
Met u hulp sal ons ons teëstanders verslaan,
in u Naam sal ons dié oorwin wat teen ons opstaan.
7
Op my boog vertrou ek nie
en my swaard sal my die oorwinning nie gee nie,
8
want dit is U wat ons die oorwinning oor ons teëstanders gegee het
en ons vyande die aftog laat blaas het.
9
Ons het God die hele dag deur geprys
en sy Naam altyddeur geloof.
10
Tog het U ons nou verstoot en ons in die skande laat kom.11
U laat ons vlug voor ons teëstanders;
ons vyande plunder na hartelus;
12
U lewer ons uit: ons is soos slagskape.
U verstrooi ons onder die nasies;
13
U gee u volk sommerso weg, vir niks;
daar steek geen voordeel vir U in nie.
14
U stel ons bloot aan die veragting van ons bure,
aan die spot en beskimping van almal rondom ons.
15
U maak ons tot 'n bespotting onder die nasies,
'n minagting onder die mense.
16
Ek gaan dag vir dag gebuk onder die skande,
en die smaad is op my gesig te lees,
17
want ek hoor net die spottaal van die vyand
en die godslastering van dié wat op wraak uit is.
18
Al hierdie dinge het oor ons gekom,19
Ons het nie afvallig geword nie
en van u pad nie afgewyk nie.
20
Tog het U ons verwoes;
ons land het 'n puinhoop geword;
U het die donker oor ons laat toesak.
21
As ons die Naam van ons God nie aangeroep het nie22
sou God dit dan nie kon vasstel nie?
Hy ken immers die geheime van die hart.
23
Dit is oor U dat die dood ons gedurig tref,
dat ons soos slagskape behandel word.
24
Kom ons te hulp! Waarom slaap U, Here?25
Waarom draai U u rug vir ons?
Waarom steur U U nie aan ons ellende en smaad nie?
26
Ons is tot in die stof verneder,
ons is teen die grond.
27
Kom ons tog te hulp
en bevry ons, dat so u troue liefde blyk.
1
Vir die koorleier: op die wysie van “Lelies”. Van die Koragiete. 'n Gedig. 'n Lied van die liefde.2
Mooi woorde roer in my hart;
ek dra my gedig voor aan die koning;
my tong is soos die pen van 'n vaardige skrywer.
3
U is mooier as alle mense;4
Kom, held, maak u reg vir die stryd,
kom in u koninklike luister.
5
Mag u oorwin!
Knoop die stryd aan vir die waarheid
en vir die reg van die hulpelose!
U is geroepe tot magtige dade.
6
U skerp pyle laat volke voor u voete val;7
U troon, verhewe wese, staan vir altyd vas,
met u koninklike septer laat u geregtigheid geskied.
8
U het die reg lief en u haat die onreg,
want, verhewe wese, onder groot vreugde het u God u bo u tydgenote tot koning gesalf.
9
Die geur van mirre, aalwyn en kaneel deurtrek al u klere;10
Voor u staan prinsesse, getooi met u juwele,
en aan u regterhand die koningin, versier met goud van Ofir.
11
Luister, dogter, luister goed:
neem afskeid van u volk en u familie,
12
want u skoonheid bekoor die koning.
U behoort aan hom, u moet hom eer.
13
Dogter van Tirus, die rykes van die volk sal u guns soek met geskenke.
14
In louter prag staan die koningin daar
in haar kleed van goudbrokaat;
15
in haar veelkleurige rok word sy na die koning toe gelei;
sy en haar gevolg van jong meisies, haar vriendinne, word na u toe gebring.
16
Onder uitbundige vreugde word hulle ingelei,
betree hulle die paleis van die koning!
17
Mag u seuns hê om u geslag voort te sit18
Mag deur my lied die roem van u naam oor geslagte strek,
sodat volke u vir altyd sal prys.
1
Vir die koorleier. Van die Koragiete. Op die wysie van “Jong Vroue”. 'n Lied.2
God is vir ons 'n toevlug en 'n beskerming;
Hy was nog altyd bereid om te help in nood.
3
Daarom is ons nie bang nie,
al gee die aarde pad,
al skuif die berge tot in die dieptes van die see,
4
al druis en skuim die waters van die see,
al skud die berge deur sy onstuimigheid.
5
Oor die strome van die rivier is daar blydskap in die Godstad,6
God is daar; die stad sal nie wankel nie.
God sal hom help nog voor die môre kom.
7
Nasies kan raas en koninkryke wankel,
maar as God sy stem laat hoor,
smelt die aarde weg.
8
Die Here, die Almagtige, is by ons,
die God van Jakob is vir ons 'n beskutting.
9
Kom kyk wat die Here gedoen het,10
die oorloë oor die hele aarde laat Hy ophou,
pyle en boë verbreek Hy, spiese slaan Hy stukkend,
oorlogswaens verbrand Hy met vuur.
11
Bedaar en erken dat Ek God is,12
Die Here, die Almagtige, is by ons,1
Vir die koorleier. Van die Koragiete. 'n Psalm.2
Al julle volke, klap julle hande;
juig tot eer van God met 'n jubelende stem,
3
want aan die Here, die Allerhoogste, kom eerbied toe;
Hy is die Groot Koning oor die hele aarde:
4
Hy het volke aan ons onderwerp
en nasies aan ons onderhorig gemaak;
5
Hy het ons besitting vir ons uitgekies,
die pragtige land van Jakob, wat Hy liefhet.
6
God gaan op na sy tempel toe onder gejubel,7
Prys God, prys Hom met psalms,
prys ons Koning, prys Hom met psalms!
8
God is koning oor die hele aarde;
sing vir Hom 'n lied.
9
God is koning oor die nasies,
God is op sy heilige troon.
10
Die leiers uit elke volk sal hulle verenig met die volk van die God van Abraham.1
'n Lied. 'n Psalm van die Koragiete.2
Die Here is groot!
Aan Hom kom al die lof toe
hier in die stad van ons God,
hier op sy heilige berg,
3
mooi, hoog geleë, en 'n vreugde vir die hele aarde,
Sionsberg teen die noorde,
die stad van die Groot Koning.
4
In hierdie goed versterkte stad5
Konings het bymekaargekom
en as een mag opgetrek,
6
maar skaars het hulle die stad gesien
of hulle het bang geword
en verskrik op die vlug geslaan.
7
Angs het hulle daar beetgepak,
vrees soos dié van 'n vrou wat 'n kind in die wêreld bring,
8
angs soos toe U met die oostewind
die skepe van Tarsis verpletter het.
9
Soos ons daarvan gehoor het, het ons dit self ervaar10
Hier in u tempel oordink ons u trou, o God.11
Net soos u Naam, o God, so strek u lof oor die hele aarde.12
Sionsberg moet bly wees,
die stede van Juda moet oor u reddingsdade juig!
13
Gaan om Sion, trek reg rondom,14
bewonder sy mure,
bekyk sy versterkings,
sodat julle dit aan 'n volgende geslag kan vertel!
15
Dié God is ons God vir altyd;1
Vir die koorleier. Van die Koragiete. 'n Psalm.2
Luister hierna, al julle volke,
gee aandag, julle almal wat die wêreld bewoon,
3
elke mens, sonder uitsondering,
ryk en arm!
4
My mond gaan suiwer wysheid praat;
wat ek gaan sê, sal van insig getuig,
5
want ek hoor 'n woord wat my wysheid gee
en terwyl ek op die lier speel, wil ek 'n geheimenis verklaar.
6
Waarom sou ek my in moeilike tye kwel7
van mense wat net op hulle besittings vertrou
en met hulle groot rykdom spog?
8
Een mens kan tog nie 'n ander loskoop van die dood9
Die prys vir 'n mens se lewe is te hoog.
Wat hy kan betaal, sal nooit genoeg wees
10
dat hy vir altyd sal lewe
en die dood nooit sal smaak nie.
11
Elkeen sien dit tog:
wyse mense sterwe net soos dwase en sotte,
en laat hulle besittings aan ander na.
12
Die graf is vir altyd hulle tuiste;
van geslag tot geslag is dit hulle woonplek,
al het hulle eenmaal grond op hulle naam gehad.
13
Met weelde en al leef die mens nie vir altyd nie;
soos die diere, so kom die mens ook tot 'n einde.
14
Dit is die lot ook van mense wat op hulleself vertrou,
die uiteinde van dié wat ingenome is met hulleself.
15
Soos skape is hulle bestem om te sterwe;16
Maar vir my sal God loskoop uit die mag van die dood;
ek sal aan Hom behoort.
17
Moet jou nie daaroor kwel dat mense ryk word,18
want as hulle sterf, neem hulle niks saam nie;
hulle besittings sal hulle nie volg nie.
19
Al verlustig 'n mens hom in 'n voorspoedige lewe,
en al prys die mense hom omdat dit met hom goed gaan,
20
soos sy voorvaders sal ook hy moet sterwe
en hy sal die lig nooit weer sien nie.
21
Die mens wat met weelde en al 'n dwaas bly,
is soos 'n dier wat vergaan.
1
'n Psalm van Asaf. Die Here is God, Hy alleen is God.2
Uit Sion, stad van volmaakte prag,
verskyn God in glans.
3
Ons God kom, Hy bly nie stil nie.
Voor Hom uit brand 'n vuur,
rondom Hom woed 'n storm.
4
Hy roep die hemel en die aarde op vir die saak teen sy volk:
5
“Maak bymekaar dié wat aan My getrou is
en met 'n offer 'n verbond met My gesluit het.”
6
Die hemel getuig: “God is regverdig, en Hý is die regter.”
7
“Luister, my volk, Ek wil my saak stel,8
Dit is nie omdat jy nie offer dat Ek rekenskap van jou eis nie;
jou brandoffers is immers gedurig voor My.
9
Ek wil geen jong bul uit jou stal hê
of bokke uit jou krale nie,
10
want al die diere in die bos is Myne,
die wild op duisende berge.
11
Ek ken al die voëls van die berge;
al wat roer op die veld, is Myne.
12
Ek sou jou nie vra as Ek honger sou kry nie,
want die aarde en alles wat daarop is, behoort aan My.
13
Eet Ek miskien die vleis van die bulle wat julle offer,
of drink Ek die bloed van bokke?
14
Lof is die offer wat jy aan God moet bring.
Betaal jou geloftes aan die Allerhoogste.
15
Roep My aan in die dag van benoudheid:
Ek sal jou uithelp en jy sal My eer.”
16
Maar vir die goddelose sê God:17
jy wat 'n afkeer het van wat Ek jou leer
en jou nie steur aan wat Ek sê nie?
18
As jy 'n dief raakloop, breek jy saam met hom in,
en as jy die kans kry, pleeg jy egbreuk.
19
As jy jou mond oopmaak, praat jy kwaad;
jou tong ryg bedrog aanmekaar.
20
Jy sit en praat teen jou broer,
jou eie broer beswadder jy.
21
“Moet Ek stilbly as jy sulke dinge doen?22
Julle moet luister na hierdie waarskuwing,
julle wat nie met God rekening hou nie,
anders verskeur Ek julle sonder dat iemand kan red.
23
“Die mens wat My eer,1
Vir die koorleier. 'n Psalm van Dawid, na aanleiding daarvan2 dat die profeet Natan na hom toe gekom het oor sy owerspel met Batseba.
3
Wees my genadig, o God, in u troue liefde,
wis my oortredings uit in u groot barmhartigheid!
4
Was my skoon van my skuld,
reinig my van my sonde!
5
Ja, my oortredings ken ek
en van my sonde bly ek altyd bewus.
6
Teen U alleen het ek gesondig,
ek het gedoen wat verkeerd is in u oë.
U uitspraak is dus reg
en u oordeel regverdig.
7
Ek was al skuldig toe ek gebore is,
met sonde belaai toe my moeder swanger geword het.
8
Maar U verwag opregtheid diep in 'n mens se hart:9
Neem tog my sonde weg dat ek rein kan wees,
was my dat ek witter as sneeu kan wees.
10
Laat my weer blydskap en vreugde belewe.
U het my verbrysel; laat my weer jubel.
11
Moet tog nie ag slaan op my sondes nie,
wis al my skuld uit!
12
Skep vir my 'n rein hart, o God,
vernuwe my gees en maak my standvastig.
13
Moet my tog nie van U af wegdryf
en u Heilige Gees van my af wegneem nie!
14
Laat my weer die blydskap ervaar
van iemand wat deur U verlos is,
laat my U weer met toewyding dien.
15
Dan sal ek oortreders leer wat U van 'n mens verwag;
dat die sondaars hulle tot U sal bekeer.
16
Red my van ondergang, o God, my Redder,17
Here, gee my die woorde
om u lof te verkondig.
18
'n Offer vra U nie,19
Die offer wat U wil hê, o God, is verootmoediging:
U sal 'n hart vol ootmoed en berou nie gering ag nie, o God.
20
Laat Sion u liefde en u goedheid ondervind:21
Dan sal die offers wat voorgeskryf is,
weer vir U aanneemlik wees:
offerdiere wat heeltemal verbrand word.
Dan sal hulle weer bulle op u altare offer.
1
Vir die koorleier. 'n Gedig van Dawid,2 na aanleiding daarvan dat die Edomiet Doëg gekom en aan Saul vertel het: Dawid was in die huis van Agimelek.
3
Jy wat jou groot hou,
jy spog verniet oor jou slegte dade!
Onthou, God sorg altyd vir my.
4
Jy wil ander se ondergang bewerk,
met jou vlymskerp tong pleeg jy bedrog.
5
Jy het die kwaad liewer as die goeie,
en die leuen liewer as die waarheid.
6
Jy saai graag verwarring met jou leuens!7
Maar God sal jou vir altyd vernietig.8
As die regverdiges dit sien,9
“Dis nou die man
wat nie op God se krag wou steun nie,
maar op sy eie rykdom vertrou het
en hom sterk wou maak deur inhaligheid.”
10
Maar ek staan sterk soos 'n welige olyfboom;11
Ek sal U altyd loof vir wat U gedoen het.
Voor u dienaars sal ek u Naam prys,
want U is goed.
1
Vir die koorleier: met fluitspel. 'n Gedig van Dawid.2
Die dwaas dink daar is geen God nie.
Dwase mense vernietig alles;
wat hulle doen, is 'n gruwel vir God.
Daar is nie een wat goed doen nie.
3
Van die hemel af kyk God die mense deur
om te sien of daar één verstandige is,
één wat na die wil van God vra.
4
Almal het afgedwaal,
die laaste een het ontaard,
daar is niemand wat goed doen nie,
selfs nie één nie.
5
Julle wat onreg pleeg,6
dat daar iets vreesliks met julle gaan gebeur,
so vreeslik soos nooit tevore nie?
God sal die bene van dié wat teen sy volk wil veg,
op die slagveld verstrooi.
Sy volk sal hulle op die vlug laat slaan,
want God het hulle verwerp.
7
Ag, mag daar tog uit Sion vir Israel redding kom!1
Vir die koorleier: met snarespel. 'n Gedig van Dawid,2 na aanleiding daarvan dat die Siffiete gekom en vir Saul gesê het: Dawid kruip by ons weg.
3
Red my deur u mag, o God,
laat aan my reg geskied deur u krag.
4
Hoor my gebed, o God,
luister na my woorde,
5
want vyande staan teen my op,
geweldenaars soek my lewe,
hulle hou geen rekening met God nie.
6
Maar vir my help God altyd,7
Laat die onheil wat my teëstanders beplan, op hulleself neerkom.
U is getrou: vernietig hulle.
8
Dan sal ek offers aan U bring, selfs meer as wat U vra,
ek sal u Naam loof, Here, want U is goed,
9
U het my uit elke benoudheid gered
en my oor my vyande laat triomfeer.
1
Vir die koorleier: met snarespel. 'n Gedig van Dawid.2
Hoor my gebed, o God,
moet tog nie onverskillig staan teenoor my smeking nie.
3
Luister na my gebed en antwoord my:
my sorge gee my geen rus nie.
Ek is hewig ontsteld
4
oor die dreigemente van my vyande
en oor die druk van slegte mense op my.
Hulle wil my met onreg breek;
verwoed stook hulle vyandskap teen my.
5
My hart krimp inmekaar in my,
doodsangs oorval my,
6
vrees en skrik oorweldig my,
my hele liggaam bewe.
7
Ek het gedink: ag, as ek maar vlerke8
ek sou ver wegvlieg
en in die woestyn gaan bly;
9
ek sou haastig probeer wegkom10
Dryf hulle uitmekaar, Here,11
dag en nag maal hulle rond op sy mure;
daarbinne is onreg en onheil.
12
Daar heers wanorde in die stad,
op sy pleine is daar net verdrukking en bedrog.
13
As dit nog my vyand was wat my smaad aangedoen het,14
Maar nou is dit jy, 'n man soos ek,
my maat en my goeie vriend.
15
Ons was so nou aan mekaar verbonde;
opgewonde het ons saam na die huis van God toe gegaan.
16
Mag die dood my vyande oorval!17
Maar ek roep na God,
na die Here wat my sal red.
18
In die aand, in die môre en in die middag,
heeldag kla en sug ek,
en Hy hoor my roep.
19
Hy sal my lewe red en my die oorwinning gee,
al is daar so baie teen wie ek moet veg.
20
God, wat van ewigheid af regeer,
sal hoor en hulle verneder
omdat hulle hulle nie bekeer nie
en Hom nie dien nie.
21
My vyand het skaars 'n ooreenkoms gesluit22
Sy tong is gladder as botter,
maar daar is oorlog in sy hart;
sy woorde is so strelend soos olie,
maar hulle is swaarde wat reg is om te steek.
23
Laat jou sorge aan die Here oor,
Hy sal vir jou sorg.
Hy sal die regverdige nie in die steek laat nie.
24
Maar daardie mense, o God, U sal hulle in die graf in laat neerdaal.1
Vir die koorleier: op die wysie van “Die duif in die hoë bome”. Van Dawid. 'n Gedig, na aanleiding daarvan dat die Filistyne hom in Gat gevange geneem het.2
Wees my genadig, o God, want daar is mense wat my jaag,
vyande wat my vervolg van die môre tot die aand.
3
Vroeg en laat jaag my teëstanders my,
en ek het baie vyande, o Allerhoogste.
4
Die dag as ek bang word,5
In God, wie se woord ek prys,
in God stel ek my vertroue, ek is nie bang nie.
Wat kan 'n blote mens aan my doen?
6
Hulle vergal my lewe gedurig met beskuldigings teen my,7
Hulle lê op die loer en hou my dop,
hulle bly op my hakke,
so gretig wag hulle op my dood.
8
Moenie dat hulle ongestraf bly vir hierdie vyandigheid nie!9
My ellende het nie ongemerk by U verbygegaan nie,10
Die dag wanneer ek na U roep om hulp,
val my vyande terug.
Dít weet ek: God is aan my kant.
11
In God, wie se woord ek prys,
in die Here, wie se woord ek prys,
12
in God stel ek my vertroue, ek is nie bang nie.
Wat kan 'n mens aan my doen?
13
Ek moet my geloftes aan U nakom, o God,14
want U het my van die dood gered,
my voet nie laat struikel nie,
en met God by my kon ek my pad aanhou loop
en die lewenslig bly sien.
1
Vir die koorleier: op die wysie van “Moet dit nie verwoes nie!” Van Dawid. 'n Gedig, na aanleiding daarvan dat hy vir Saul in die grot in gevlug het.2
Wees my genadig, o God! Wees my genadig,
want by U soek ek skuiling.
Onder u vleuels sal ek skuil
tot die bedreiging verby is.
3
Ek roep na God, die Allerhoogste,
na God wat my sal help.
4
Hy sal uit die hemel antwoord en my red,
Hy sal dié wat my jaag, die stryd laat verloor.
5
Ek is hier tussen leeus,6
Toon u grootheid, o God, hoog bo die hemel,7
Hulle het 'n strik vir my voete gespan,8
Ek voel weer veilig, o God!9
Ek wil vroeg opstaan,
met harp en lier wil ek die rooidag wakker maak!
10
Onder die volke wil ek U loof, Here,
onder die nasies u lof besing,
11
want u liefde reik tot in die hemel,
u trou tot in die wolke!
12
Toon u grootheid, o God, hoog bo die hemel,1
Vir die koorleier: op die wysie van “Moet dit nie verwoes nie!” Van Dawid. 'n Gedig.2
Julle wat mag besit, is julle uitsprake werklik regverdig?
Is julle beslissings in die sake tussen mense billik?
3
Nee, julle optrede in die land is die ene korrupsie,
met geweld gaan julle deur die lewe.
4
Slegte mense loop van hulle geboorte af 'n verkeerde pad,5
Hulle is soos giftige slange,
soos adders wat hulle doof hou,
6
wat hulle nie steur aan die stem van die slangbesweerder nie,
hoe vernuftig hy ook mag wees.
7
Ruk hulle tande uit hulle mond uit, o God!8
Laat hulle verdwyn soos water wat wegsyfer,
laat hulle fyngetrap word soos droë gras.
9
Laat hulle wegraak soos slakke wat net slym agterlaat,
laat hulle word soos misgeboortes, sonder lewe.
10
Laat hulle, voor hulle dit weet, uitgeroei wees soos onkruid,
laat 'n gloeiende wind hulle wegwaai in die fleur van hulle lewe.
11
Die regverdige sal bly wees as hy sien daar is vergelding,12
Die mense sal sê: Daar is tóg 'n beloning vir die regverdige,
daar is tóg 'n God wat reg op die aarde laat geskied!
1
Vir die koorleier: op die wysie van “Moet dit nie verwoes nie!” Van Dawid. 'n Gedig, na aanleiding daarvan dat hulle, in opdrag van Saul, Dawid se huis omsingel het om hom dood te maak.2
Red my van my vyande, my God,
beskerm my teen my teëstanders,
3
red my van die mense wat onreg doen,
bevry my van hierdie moordenaars!
4
Die geweldenaars lê my voor om my dood te maak,
hulle wil my aanval.
Maar ek het nie gesondig nie,
ek het nie oortree nie, Here!
5
Ek is onskuldig en tog bestorm hulle my en val hulle my aan.
Kom help my tog! Kyk wat doen hulle!
6
U is die Here God, die Almagtige, die God van Israel!
Gryp tog in en straf al hierdie vyandige nasies!
Moenie genade betoon aan sulke lae verraaiers nie.
7
Hulle kom altyd in die aand terug,8
Die skuim staan om hulle bekke,
en hulle wys hulle tande,
want hulle dink niemand hoor hulle nie.
9
Maar U, Here, U lag hulle uit,10
Ek wil my hoop op U gevestig hou, U, my Sterkte,
want U is my veilige vesting!
11
My God sal my te hulp kom in sy trou,
God sal my laat neersien op my teëstanders.
12
Moet hulle nie nou al doodmaak nie,
sodat hulle straf nie ongemerk aan my volk verbygaan nie.
Breek hulle stadig af deur u mag
en laat hulle ondergaan, Here, ons Beskermer,
13
oor hulle woorde, die sonde uit hulle mond.
Laat hulle gevang word deur hulle hoogmoed,
deur die vervloekings wat hulle uitspreek,
en die leuens wat hulle praat.
14
Vernietig hulle in u toorn,
wis hulle heeltemal uit.
Dan sal almal weet dat God oor sy volk Jakob en oor die hele aarde regeer.
15
Hulle kom altyd in die aand terug,16
Hulle dwaal rond agter prooi aan
en as hulle nie genoeg kry nie, tjank hulle.
17
Maar ék sal sing van u mag,18
Tot u eer wil ek sing, U, my Sterkte,
want U is my veilige vesting,
U is my troue God.
1
Vir die koorleier: op die wysie van “Die lelie”. 'n Getuienis. 'n Gedig van Dawid, vir onderwys bedoel,2 na aanleiding van sy geveg teen die Arameërs van Mesopotamië en die Arameërs van Soba toe Joab twaalf duisend Edomiete in die Soutvlakte verslaan het.
3
U het ons verstoot, o God,
ons uitmekaar geskeur.
U was kwaad vir ons.
Laat dit tog weer met ons goed gaan.
4
U het die land laat bewe en dit oopgekloof.
Genees tog die wonde, want ons gaan tot niet.
5
U het 'n ramp oor u volk gebring,
U het ons wyn laat drink wat ons laat steier het.
6
Trek tog u dienaars saam onder u vaandel
dat hulle veilig kan wees teen die boog van die vyand.
7
Red ons deur u groot mag, en help ons,8
God het in sy heilige woning gesê:9
Aan My behoort Gilead, aan My behoort Manasse!
Efraim is my vernaamste vesting,
Juda my koninklike gebied.
10
Moab is tot my beskikking,
Edom neem Ek in besit,
oor Filistea juig Ek as oorwinnaar.”
11
Wie sal ons na Edom toe lei,12
U het ons verstoot, o God,
U trek nie saam met ons leërs uit nie, o God!
13
Help U ons tog teen die vyand,
want die hulp van mense — dit is niks.
14
Met God aan ons kant sal ons oorwin,
Hy self sal ons vyande vertrap.
1
Vir die koorleier: met snarespel. Van Dawid.2
Hoor tog my hulpgeroep, o God,
slaan tog ag op my gebed.
3
Ver uit die vreemde uit, in wanhoop, roep ek na U.
Bring my op 'n rots waar ek veilig sal wees.
4
U is vir my 'n toevlug,
'n sterk vesting buite bereik van die vyand.
5
Laat my by U 'n blywende tuiste vind.
Laat my skuil onder u vleuels.
6
U, o God, hoor my geloftes,7
Laat die koning lank lewe,8
Mag hy sy lewe lank regeer voor God,
mag u liefde en trou hom bewaar!
9
Dan sal ek u Naam altyd besing
en dag na dag my geloftes betaal.
1
Vir die koorleier. 'n Belydenis. 'n Psalm van Dawid.2
Net by God vind ek rus,
van Hom kom my redding.
3
Net Hy is my rots en my redding,
my veilige vesting, sodat ek vas en stewig staan.
4
Hoe lank wil julle almal nog beskuldigings bly slinger
en my probeer doodmaak,
'n man wat reeds is soos 'n muur wat wil omval,
'n klipmuur wat omgestoot word?
5
Hulle probeer my uitwerk;
hulle skep behae in leuens;
met die mond seën hulle,
in die hart vervloek hulle.
6
Net by God vind ek rus,7
Net Hy is my rots en my redding,
my veilige vesting, sodat ek stewig staan.
8
God is my redding en my krag.
Hy is my rots, my sterkte,
God is my toevlug.
9
Vertrou altyd op Hom, my volk,
stort julle hart voor Hom uit!
God is vir ons 'n toevlug.
10
Mense is verganklik,11
Moenie op geweld vertrou nie;
roof sal jou niks in die sak bring nie.
As jou rykdom toeneem,
moenie dat dit jou te na aan die hart lê nie.
12
Een ding het ek God hoor sê,
nee, twee:
dat net God mag het
13
en 'n mens net op U, Here, kan vertrou,
en dat U met elkeen handel volgens sy verdienste.
1
'n Psalm van Dawid, na aanleiding van sy verblyf in die Judawoestyn.2
Ek soek U, o God, my God,
ek dors na U;
ek smag na U
soos in 'n dor en droë land,
'n land sonder water.
3
Ek wil by U in die heiligdom wees
om daar u mag en grootheid te ondervind.
4
U troue liefde is meer werd as die lewe;
daarom sal ek U prys.
5
Ek sal U my lewe lank loof,
my hande ophef om u Naam te prys.
6
Soos elke keer wanneer ek u goeie gawes geniet,
sal ek U altyd roem met jubelende mond.
7
As ek aan U dink op my bed,
oor U peins in die nag, dan weet ek:
8
U is vir my 'n hulp,
en dan juig ek oor die beskerming onder u vleuels.
9
Ek bly altyd naby U,
u hand ondersteun my.
10
Maar hierdie mense wat my ondergang soek,11
Mag hulle aan die swaard oorgegee word
en aas vir die jakkalse word!
12
Laat die koning hom in God verbly,1
Vir die koorleier. 'n Psalm van Dawid.2
Hoor my as ek kla, o God,
beskerm my lewe teen die bedreiging van die vyand!
3
Bewaar my van die komplotte van kwaadwilliges,
van die kwaadstokery van mense wat onreg doen,
4
wat met skerp tonge vir swaarde
en giftige woorde vir pyle
5
uit hinderlae lostrek op 'n onskuldige mens.
Uit die bloute trek hulle selfversekerd op hom los.
6
Hulle smee bose planne
en kom ooreen om strikke te stel.
Hulle dink niemand sien hulle nie.
7
Hulle beplan skelmstukke en sê:
“Ons het 'n volmaakte komplot gesmee,
want wat binne in 'n mens is,
wat hy uitgedink het, is 'n geheim.”
8
Dan tref God hulle met 'n pyl,9
hulle eie tonge het hulle tot 'n val gebring!
Elkeen wat dit sien, knik met voldoening die kop.
10
Met groot ontsag getuig almal dan van die dade van God11
Laat die regverdige hom in die Here verbly
en sy toevlug by Hom soek,
laat al die opregtes Hom prys.
1
Vir die koorleier. 'n Psalm van Dawid. 'n Lied.2
Aan U, o God, kom 'n lofsang toe in Sion:
geloftes moet betaal word
3
aan U wat die gebed verhoor.
Na U toe sal alle mense kom
4
om hulle skuld te bely.
Ons sondes het ons ingehaal, maar U maak ons daarvan vry.
5
Dit gaan goed met die mens vir wie U uitkies6
In u trou antwoord U ons met kragtige dade,
o God, ons Verlosser,
op wie ook die mense in afgeleë lande
en op verre seë vertrou.
7
U is met mag omgewe,
U laat deur u krag die berge vas bly staan;
8
U laat die gedruis van die see,
die geraas van die golwe,
die rumoer van die nasies bedaar,
9
sodat ook die mense in afgeleë lande
ontsag kry vir die tekens van u mag;
in die ooste en in die weste
laat U die mense juig.
10
U sorg vir die land en gee oorvloed,
U maak dit baie vrugbaar.
Die groot riviere is vol water,
U laat die koring welig staan.
Alles is u werk!
11
U maak die ploegvore vol water en die kluite nat,
U laat hulle sag word van die reëns,
U laat alles welig groei.
12
U kroon die jaar met u goeie gawes.
Waar U ook gaan, is daar oorvloed!
13
Daar is volop weiding in die woestyn;
die bulte juig,
14
die velde wemel van die kleinvee,
die vlaktes staan vol koring;
hulle juig en hulle sing.
1
Vir die koorleier. 'n Lied. 'n Psalm. Juig tot eer van God, almal op aarde!2
Sing tot roem van sy Naam,
gee Hom die eer wat Hom toekom!
3
Bely voor God: Hoe ontsagwekkend is u werk!
U mag is groot, u vyande kruip voor U.
4
Alle mense moet voor U buig,
hulle moet sing tot u eer,
hulle moet sing tot eer van u Naam.
5
Kom hoor wat God gedoen het,6
Hy het die see in droë land verander;
sy volk het droogvoets deur die rivier getrek.
Toe het ons gejubel oor Hom
7
wat ewig heers deur sy mag
en die nasies in die oog hou.
Die vyande moet hulle nie teen God verset nie!
8
Prys ons God, alle volke,9
Dit is Hy wat ons die lewe gee
en nie toelaat dat ons struikel nie!
10
U het ons beproef, o God,
ons gelouter soos silwer;
11
U het ons in 'n net gevang,
'n swaar las op ons gelê;
12
U het ons deur mense laat vertrap,
ons het deur vuur en water gegaan;
maar toe het U ons uitgelei na oorvloed toe.
13
Ek sal u huis betree met brandoffers14
wat ek gedoen het, wat ek afgelê het
toe ek in nood was.
15
Ek bring vir U vet skape as brandoffers,
ramme as wierookoffers,
ek offer beeste en bokke.
16
Kom luister, alle dienaars van God,17
Skaars het ek na Hom geroep,
of daar was reeds 'n loflied op my lippe.
18
As daar sonde in my hart was,
sou die Here nie geluister het nie.
19
Maar God hét geluister,
Hy hét my gebed verhoor!
20
Die lof kom God toe wat my gebed nie afgewys
en sy trou nie van my weerhou het nie.
1
Vir die koorleier: met snarespel. 'n Psalm. 'n Lied.2
Mag God ons genadig wees en ons seën,
mag Hy tot ons redding verskyn,
3
sodat sy dade oor die wêreld heen bekend mag word,4
Mag die volke U loof, o God,
mag al die volke U loof!
5
Mag die nasies bly wees en jubel
omdat U hulle regverdig regeer
en hulle op die aarde lei.
6
Mag die volke U loof, o God,7
Die land het sy oes gelewer.
God, ons God, het ons geseën.
8
God het ons geseën.
Die mense op die hele aarde moet Hom eer.
1
Vir die koorleier. Van Dawid. 'n Psalm. 'n Lied.2
As God verskyn, spat sy vyande uitmekaar,
en dié wat Hom haat, vlug vir Hom.
3
Soos rook wegwaai, so dryf U hulle weg;
soos was in vuur smelt,
so gaan die goddeloses tot niet as God verskyn.
4
Maar vir die regverdiges sal daar blydskap wees,
hulle sal juig voor God,
hulle sal vrolik en bly wees.
5
Sing 'n lied tot eer van God,6
'n Vader vir weeskinders
en 'n beskermer van die reg van weduwees
is God in sy heilige woning.
7
God laat eensames in 'n huisgesin woon
en lei gevangenes uit na vryheid,
maar wie teen God in opstand is,
woon in 'n kaal woestyn.
8
Toe U u volk uitgelei het, o God,
toe U deur die woestyn gestap het,
9
het die aarde gebewe10
U het oorvloedige reëns laat uitsak, o God,
U het u verdorde land weer lewe gegee.
11
U eie volk het daar gaan woon.
In u goedheid, o God, het U dit vir u hulpelose volk bestem.
12
Die Here het bekend gemaak:13
[13-14] magtige konings, het gevlug,
hulle het gevlug.”
Terwyl die manskappe nog tussen die saalsakke gelê en rus het,
was die vroue tuis al besig om die buit te verdeel:
beeldjies van duiwe waarvan die vlerke oorgetrek is met silwer
en die vlerkpunte met glinsterende goud.
14
15
Dit het gesneeu op Salmonsberg
toe die Almagtige die konings daar uitmekaargejaag het.
16
Basansberg, ontsaglike berg,17
waarom, berg met jou hoë kruine,
kyk jy met afguns
na die berg wat God as sy woning verkies het,
waar die Here vir ewig woon?
18
Die skitterende strydwaens van God was duisende,
duisende der duisende,
toe die Here van Sinai af die heiligdom betree het.
19
U het krygsgevangenes weggevoer,
mense het vir U geskenke gebring,
selfs dié wat teen U in opstand was.
Toe het U opgegaan na die hoogte
om daar te woon, Here God!
20
Geloof sy die Here!21
God is vir ons die God wat ons red,22
God verpletter die kop van sy vyande,
die kop van dié wat in hulle sonde volhard.
23
Die Here het gesê:
“Uit Basan bring Ek my vyande,
Ek bring hulle uit die dieptes van die see.
24
Julle sal hulle bloed van julle voete afwas,
die honde sal die bloed van julle vyande oplek.”
25
Die mense sien u feesoptog, o God,26
vooraan die sangers,
agteraan dié
wat snaarinstrumente speel,
en tussenin, meisies wat tamboeryne slaan.
27
Hulle loof God in kore,
die nasate van Israel loof die Here.
28
Dáár is Benjamin, die jongste, hulle aanvoerder,
dáár is die baie leiers van Juda,
dié van Sebulon, dié van Naftali!
29
Toon die mag, o God, waarmee U ons gered het,30
hier uit u tempel in Jerusalem
waar konings aan U geskenke bring.
31
Tree op teen Egipte, daardie ondier tussen die riete,
die magtige volk, die sterkste onder die volke,
wat ander vertrap vir geld,
wat volke uitmekaarjaag en hou van oorlog maak.
32
Uit daardie selfde Egipte sal geskenke kom,
en die Kussiete sal hulle hande smekend na God toe uitsteek.
33
Koninkryke van die aarde,34
tot eer van Hom wat ry deur die hemele,35
Erken dat God magtig is!
Hy heers oor Israel,
Hy het mag oor die wolke!
36
God wek ontsag wanneer Hy uit sy heiligdom kom.
Hy is die God van Israel,
Hy gee krag en sterkte aan sy volk.
Aan God kom die lof toe.
1
Vir die koorleier: op die wysie van “Lelies”. Van Dawid.2
Red my, o God, want die water het
tot by my keel gekom.
3
Ek het weggesak in diep modder
waarin ek nie kan staan nie.
Ek het in diep waters beland
waarin die stroom my meegesleur het.
4
Ek het my moeg geroep om hulp,
my keel is hees geroep,
selfs my oë het ingegee soos ek vir my God gewag het.
5
Dié wat my sonder rede haat,
is meer as die hare op my kop.
Dié wat my vir altyd wil stilmaak, is sterk.
My vyande dwing my met vals beskuldigings
om af te gee wat ek nie geroof het nie.
6
U weet hoe sondig ek is, o God,7
Here, almagtige God, moenie dat dié wat op U vertrou,
deur my toedoen teleurgestel word nie.
God van Israel, moenie dat dié wat by U hulp soek,
deur my toedoen beskaam word nie.
8
Omdat ek op U vertrou,
word ek beledig en verkleineer.
9
Ek het vreemd geword vir my broers,
my familie wil my nie meer ken nie.
10
Omdat ek u huis liefhet,
moet ek ly;
die beledigings teen U het ook vir my getref.
11
Ek het gevas en gehuil
en daarvoor net beledigings gekry.
12
Ek het rouklere aangetrek,
maar hulle het met my gespot.
13
Die leeglêers in die stadspoort maak praatjies oor my,
en dronklappe maak liedjies oor my.
14
My gebed is tot U gerig, Here,
antwoord my tog gou, Here,
antwoord my in u groot liefde, o God;
u hulp staan vas.
15
Red my uit die modder, dat ek nie wegsak nie,
laat my wegkom van my vyande af,
weg uit die diep waters.
16
Moenie dat die stroom my meesleur
en die diep water my insluk nie,
en moenie dat hierdie put toegaan bokant my nie.
17
Antwoord my, Here, in u wonderlike liefde,
verhoor my in u groot barmhartigheid!
18
Moet tog nie u dienaar alleen laat nie!
Ek is in groot gevaar, antwoord my tog gou!
19
Kom red my lewe,
bevry my van my vyande.
20
U weet hoe ek beledig en verkleineer is,
hoe sleg ek daarvan afgekom het voor al my vyande.
21
Beledigings het my gebreek,
ek is gedaan.
Ek het gehoop op meegevoel, maar tevergeefs,
op mense om my te troos,
maar daar was nie een nie.
22
Toe ek honger was, het hulle my gif aangebied,
toe ek dors was, wou hulle my asyn laat drink.
23
Laat hulle feeste hulle tot 'n val bring24
Laat hulle stokblind word,
laat hulle gebreklik word.
25
Laat u straf hulle tref
en die vlam van u toorn hulle oorval.
26
Laat hulle blyplekke verwoes word
sodat daar niemand oor is in hulle wonings nie,
27
want hulle vervolg hom wat swaar deur U getref is
en verlustig hulle in die pyn van hom wat deur U deurboor is.
28
Reken ook dít by hulle skuld
sodat hulle nie vrygespreek word nie!
29
Skrap hulle name uit die boek van die lewe
dat dit nie saam met dié van die regverdiges opgeskryf staan nie!
30
Ek is 'n hulpelose mens, vol pyn,
maar U, o God, sal my red en my beskerm.
31
Dan sal ek die Naam van God besing,32
So 'n offer is vir die Here verkiesliker
as selfs 'n volmaakte offerdier.
33
Die verdruktes sal my lied hoor en bly wees,
dié wat by God hulp soek, sal moed skep,
34
want die Here slaan ag op die armes,
Hy vergeet nie sy mense wat gevangenes is nie.
35
Laat hemel en aarde Hom prys,
die see met alles wat daarin wemel.
36
God sal Sion red
en die stede van Juda herbou.
Sy volk sal daarin woon en die land besit.
37
Die nasate van God se dienaars sal dit erf
en dié wat sy Naam liefhet, sal daarin woon.
1
Vir die koorleier. Van Dawid. Ter herinnering.2
Red my tog, o God,
Here, kom my tog gou te hulp!
3
Laat dié wat my lewe wil neem,
self in die ellende beland, teleurgestel in hulle verwagting.
Laat dié wat graag my ondergang wil sien,
op die vlug slaan en beskaamd staan.
4
Laat dié wat my spot,
padgee omdat hulle self in die ellende beland het.
5
Laat almal wat by U hulp soek,
jubel en bly wees oor U,
laat dié wat op u hulp staatmaak,
altyddeur sê: God is groot!
6
Ek is hulpeloos en arm;
kom tog gou na my toe, o God.
U is my hulp en my redder,
Here, moet tog nie talm nie!
1
By U, Here, skuil ek,2
Red my en bevry my, want U is getrou.
Luister tog na my en help my!
3
Wees vir my 'n rots om na toe te vlug,
waar ek altyd die veiligheid mag vind
wat U tot my redding beskik het,
want U is my rots en my vesting.
4
My God, bevry my uit die hand van goddeloses,
uit die greep van skurke en verdrukkers,
5
want U, Here, U is my hoop,
op U, Here, het ek van jongs af vertrou.
6
U is my hulp van my geboorte af,
reeds voor ek in die wêreld gekom het, het U my beskerm.
U loof ek gedurigdeur.
7
Ek is vir baie 'n wonder,
want U is my veilige toevlug.
8
Ek besing u lof en u roem gedurigdeur.
9
Moet my tog nie verwerp nou dat ek oud geword het nie,10
My vyande sweer saam teen my,
dié wat my lewe soek, smee 'n komplot teen my.
11
Hulle sê: “God het hom alleen gelaat!
Agtervolg hom en gryp hom,
want daar is niemand om hom te red nie!”
12
Moet tog nie ver van my af bly nie, o God,13
Laat dié wat my vals beskuldig,
self in die ellende beland en vernietig word.
Laat oor dié wat my ondergang soek,
net skande en mislukking kom.
14
Ek, ek sal gedurigdeur bly hoop,
ek sal U altyd weer loof.
15
Sonder ophou sal ek van u verlossingswerk,
van u reddingsdade bly praat,
want hulle is meer as wat ek kan tel.
16
Ek kom om u magtige dade te prys, Here my God,
die verlossingswerk wat net U kan doen.
17
U het my van jongs af onderrig, o God,
en ek getuig nou nog van u kragtige dade.
18
Nou dat ek oud en grys geword het,
moet U my tog nie alleen laat nie, o God,
dat ek nog aan die geslagte wat kom,
kan vertel van u werk en u mag.
19
U verlossingswerk, o God, is oneindig groot;
groot is die dinge wat U gedoen het!
Wie is soos U, o God?
20
U het talle benoude ervaringe oor my gebring,
maar elke keer weer my lewe gered,
my elke keer weer weggeruk uit die mag van die dood.
21
Herstel my tog in my eer, gee tog uitkoms!22
Dan sal ek U met die harp loof vir u getrouheid, my God,
saam met die lier sal ek sing tot u eer, Heilige van Israel.
23
Ek sal jubel as ek tot u eer sing,
omdat U my gered het.
24
Ek sal die hele dag deur praat van u verlossingswerk,
want dié wat my ondergang soek,
staan teleurgestel in hulle verwagting;
hulle beland self in die ellende.
1
Van Salomo. Leer tog die koning, o God,2
sodat hy regverdige beslissings oor u volk sal vel
en aan die verdruktes reg laat geskied.
3
Laat berge en rante hulle verbly4
Laat die koning die reg van die verdruktes onder die volk beskerm,
laat hy armes te hulp kom en verdrukkers verbrysel,
5
sodat die mense U kan dien so lank as die son
en die maan daar is, van geslag tot geslag.
6
Mag die koning vir sy mense wees soos die reën vir die plante,
soos swaar reëns wat die aarde deurdrenk.
7
Mag die reg onder sy regering floreer
en mag daar vir altyd groot voorspoed wees.
8
Mag hy heers van see tot see,
van die Eufraat af tot in verre lande.
9
Mag die woestynbewoners voor hom kniel
en sy vyande voor hom in die stof kruip.
10
Mag die konings van Tarsis en die kuslande geskenke bring,
die konings van Skeba en Seba aan hom belasting betaal.
11
Mag alle konings voor hom buig
en al die nasies hom dien.
12
Hy sal die arme red wat om hulp roep,13
hy sal hom oor die swakke en die behoeftige ontferm,
die lewens van die arm mense beskerm.
14
Hy sal hulle van onderdrukking en geweld bevry;
hulle lewens sal kosbaar wees in sy oë.
15
Mag die koning lank lewe,16
Mag daar volop graan in die land wees,
mag dit selfs bo-op die bergtoppe wuif,
mag die oes so welig wees soos die Libanon,
die graan so geil opskiet soos gras in die veld.
17
Mag die koning se naam altyd onthou word,
mag sy roem duur so lank as die son daar is,
sodat al die nasies hulle in sy regering verlustig en hom prys!
18
Geloof sy God die Here, die God van Israel.19
Mag sy verhewe Naam vir altyd geloof word,
mag die hele wêreld vol wees van sy majesteit.
Amen, ja, amen.
20
Hier eindig die gebede van Dawid, seun van Isai.1
'n Psalm van Asaf. God is vir Israel baie goed,2
Tog het ek daaraan begin twyfel,
ek het byna koers verloor,
3
want ek het die hooghartige goddeloses met afguns bejeën
toe ek hulle voorspoed sien.
4
Hulle het geen kwellings nie,5
hulle het nie sorge soos ander mense nie,
hulle het nie teëspoed soos ander nie.
6
Daarom hang die trots aan hulle soos 'n halssnoer
en kleef geweld aan hulle soos 'n kleed.
7
In die weelde van hulle voorspoed
matig hulle hulle enigiets aan;
8
smalend stook hulle kwaad,
hooghartig dreig hulle met geweld.
9
Hulle laster teen die hemel
en beledig links en regs op die aarde.
10
Tog hang die volk hulle aan
en drink gretig hulle woorde in.
11
Hulle vra: “Hoe sal God dit uitvind?
Hoe sal die Allerhoogste dit weet?”
12
Dit is hoe die goddelose mense is!
So gaan hulle ongehinderd voort om rykdom op te hoop!
13
Dat ek die kwaad vermy het14
want elke nuwe dag het vir my teenslae gebring
en elke nuwe môre straf.
15
Maar as ek so sou aanhou praat,16
Daarom het ek diep nagedink om dit te verstaan
en was dit vir my bitter moeilik
17
totdat ek in die heiligdom van God ingegaan
en besef het wat die uiteinde van die goddeloses is.
18
U laat hulle op gladde plekke loop,
U laat hulle ondergaan deur hulle eie geknoei.
19
In 'n oogwink word hulle iets afgrysliks,
gaan hulle te gronde, tref 'n verskriklike einde hulle.
20
Net soos 'n droom wat ophou as 'n mens wakker word,
so verdwyn hulle, Here, as U ingryp.
21
Toe ek verbitter was en veronreg gevoel het,22
was ek dom en sonder insig;
soos 'n redelose dier het ek my teenoor U gedra.
23
Tog was ek nog altyd by U,
want U vat my aan die hand.
24
U lei my met u raad
en aan die einde sal U my in ere by U opneem.
25
Daar is niks in die hemel of op die aarde
wat vir my meer beteken as U nie.
26
Al is ek afgetakel na liggaam en gees,
God is my sterkte;
aan Hom behoort ek vir altyd.
27
Dié wat ver van U af is, gaan verlore,
U vernietig dié wat aan U ontrou is.
28
Maar wat my aangaan, dit is vir my goed
om naby God te wees.
Ek het die Here my God gekies as my toevlug!
Ek sal van al u werke bly vertel.
1
'n Gedig van Asaf. Waarom, o God, hou U aan om ons te verstoot?2
Dink tog aan u gemeente
wat U lank gelede u eiendom gemaak het,
die volk wat U vir Uself as besitting verkry het,
Sionsberg waarop U gewoon het!
3
Kom loop tog deur die plek wat so lank al in puin lê,4
Die oorwinningskreet van u vyande het in die plek van samekoms weerklink,
en hulle het hulle vaandel daar opgerig.
5
Dit het gelyk soos wanneer iemand met 'n byl bosse skoonkap.
6
Hulle het al die houtsneewerk
met byl en koevoet stukkend geslaan.
7
Hulle het u heiligdom aan die brand gesteek,
die woonplek van u Naam tot op die grond afgebreek.
8
Hulle het vir hulleself gesê: “Ons sal alles vernietig.”
En hulle het elke plek van samekoms in die land aan die brand gesteek.
9
U openbaar U nie meer aan ons nie,10
Hoe lank, o God, sal ons teëstanders ons nog verneder?
Sal die vyand u Naam vir altyd bly belaster?
11
Waarom help U ons nie?
Waarom lig U nie u hand op en vernietig die vyand nie?
12
God is van altyd af my koning,13
Dit is U wat deur u mag die see onstuimig gemaak het,
U wat die koppe van die monsters in die see vermorsel het.
14
U wat die koppe van die Leviatan verpletter het
en hom vir die haaie gegee het,
15
U wat fontein en stroom laat uitbreek het,
U wat standhoudende riviere laat opdroog het.
16
Dit is U aan wie dag en nag behoort,
U wat aan die son en die maan hulle plek gegee het,
17
U wat al die seisoene van die aarde vasgestel het;
somer en winter is die werk van u hand.
18
Dink tog hieraan: die vyand spot met U, Here,19
Moet tog nie dié wat deur U onderrig is,
aan hierdie ondiere uitlewer nie,
moet tog nie u verdrukte volk vir goed vergeet nie!
20
Dink tog aan u verbond,
want selfs in die uithoeke van die land is daar verdrukking.
21
Moenie dat die verdrukte teleurgestel omdraai nie,
red die hulpelose en die arme, laat hulle u Naam prys.
22
Kom tog, o God! Laat geld tog u reg.
Dink tog daaraan hoe u eer
dag vir dag deur barbare geskend word.
23
Moet dit tog nie ongemerk laat verbygaan nie:
die geskreeu van u teëstanders,
die aanhoudende rumoer van u vyande.
1
Vir die koorleier: op die wysie van “Moet dit nie verwoes nie!” 'n Psalm van Asaf. 'n Lied.2
Ons loof U, o God, ons loof U;
U is by ons, u magtige dade moet bekend gemaak word.
3
“As die tyd vir my optrede aanbreek,” sê God,4
As die aarde met al sy bewoners sou wankel,
dan grondves Ek hom weer stewig.
5
Vir die hooghartiges sê Ek: Moenie hooghartig wees nie,6
Moet jou nie teen die hemel verhef
en aanmatigende dinge sê nie.”
7
Verheffing kom nie uit die ooste of uit die weste8
Nee, dit is God wat verneder of verhef,
Hy is die regter!
9
Daar is 'n beker in die hand van die Here.
Dit is vol skuimende wyn met gif gemeng.
Hy laat die goddeloses van die aarde daaruit drink;
hulle moet selfs die afsaksel opdrink,
die beker leegdrink.
10
Maar ék sal altyd getuig,11
“Ek sal die mag van die goddeloses verpletter,” sê God,1
Vir die koorleier: met snarespel. 'n Psalm van Asaf. 'n Lied.2
God het Hom in Juda bekend gemaak,
sy Naam is groot in Israel;
3
sy tuiste is in Salem, sy woning op Sion.
4
Daar het Hy die brandpyle, die skild en die swaard vernietig,
die aanval van die vyand afgeslaan.
5
Die glans waarmee U verskyn het,6
Die dapper soldate van die vyand
is in hulle slaap oorval en geplunder;
nie een van die krygsmanne kon 'n hand oplig nie.
7
Toe U ingegryp het, God van Jakob,
was strydwa en perd daarmee heen.
8
As u toorn ontbrand,
laat U die mens sidder en beef.
Wie kan dan voor U staan?
9
Uit die hemel het U u uitspraak bekend gemaak.10
toe God gekom het om te oordeel,
om al die hulpeloses op die aarde te red.
11
Ook die woede van 'n mens dien u lof,12
Bring aan die Here julle God die dankoffers13
vir Hom wat die oormoed van maghebbers breek,
vir Hom voor wie die konings van die aarde sidder.
1
Vir die koorleier. Ter herinnering. Van Asaf. 'n Psalm.2
Ek roep na God om hulp,
ek roep na God, want Hy sal my hoor.
3
In my nood soek ek hulp by die Here;
ook in die nag bly my hande in gebed uitgestrek
sonder om moeg te word;
maar ek vind geen troos nie.
4
Ek dink aan God en ek sug,
ek dink na en ek is verslae.
5
U laat my wakker lê,6
Ek dink aan vroeër dae,
aan jare lank gelede.
7
As ek so in die nag lê en terugdink
en peins, vra ek my af:
8
“Sal die Here vir altyd verstoot
en nooit weer genade betoon nie?
9
Het daar vir altyd 'n einde gekom aan sy trou?
Geld sy beloftes dan glad nie meer nie?
10
Het God vergeet om medelye te hê?
Het Hy in sy toorn
sy ontferming onttrek?”
11
En ek sê:12
Ek wil dink aan die dade van die Here,
ja, ek wil dink aan u wonderdade van vroeër.
13
Ek wil nadink oor al u werk
en oor al u dade peins.
14
Alles wat U doen, is heilig, o God.
Waar is 'n god so groot soos God?
15
U is die God wat wonderdade doen;
U het u mag onder die volke geopenbaar.
16
U het u volk deur u krag gered,
die kinders van Jakob en Josef.
17
Toe die waters U sien, o God,18
Die wolke het water uitgegiet,
uit die donderwolke het dit gedreun,
u weerligte het in alle rigtings geblits.
19
U donderslae het die lugruim gevul,
weerligstrale het die wêreld verlig,
die aarde het geskud en gebewe.
20
U het deur die see gekom,
u weg deur magtige waters gebaan.
Niemand het u spoor gesien nie.
21
U het u volk soos 'n kudde gelei
deur die hand van Moses en Aäron.
1
'n Gedig van Asaf. Luister na wat ek jou leer, my volk,2
Ek gaan 'n gedig voordra,
ek gaan julle inlei in geheimenisse uit die verre verlede.
3
Wat ons gehoor het en wat ons weet,
wat ons vaders ons vertel het,
4
sal ons vir ons kinders nie verswyg nie.
Ons sal aan die volgende geslag vertel
van die roemryke dade van die Here en van sy mag,
van die wonderdade wat Hy gedoen het.
5
Hy het aan Jakob sy voorskrifte gegee,
aan Israel sy onderwysing.
Hy het ons voorvaders beveel
om dit aan hulle kinders bekend te maak,
6
sodat die volgende geslag dit kan weet
en die kinders wat nog gebore sal word,
dit weer aan húlle kinders kan vertel.
7
So sal hulle dan op God vertrou
en nie vergeet wat Hy gedoen het nie,
maar gehoorsaam wees aan wat Hy beveel het
8
en nie wees soos die voorvaders nie.
Dié was 'n opstandige en ongehoorsame volk,
'n onbestendige geslag wat nie aan God getrou was nie.
9
Die Efraimiete was goed gewapen en bedrewe met die boog,10
Hulle het die verbond met God nie gehou nie,
en geweier om te lewe soos Hy hulle geleer het.
11
Hulle het vergeet van sy werke,
van die wonderdade wat Hy hulle laat sien het.
12
Voor die oë van hulle voorvaders het Hy wonders gedoen
in Egipte, in die veld by Soan.
13
Hy het die see oopgekloof
en hulle laat deurtrek.
Hy het die water laat opdam
en dit het soos 'n muur gestaan.
14
Bedags het Hy hulle met 'n wolk gelei,
snags met die lig van 'n vuur.
15
Hy het rotse in die woestyn oopgekloof
en soos by groot waterstrome almal se dors geles.
16
Hy het water uit die rots laat stroom,
dit soos riviere laat vloei.
17
Maar hulle het aangehou om teen Hom te sondig;
in die woestyn het hulle teen die Allerhoogste in opstand gekom.
18
Hulle het God getart19
en God uitgedaag het:
“Kan God hier in die woestyn kos gee?
20
Hy het wel teen 'n rots laat slaan
en die waters het gevloei,
spruite het gestroom;
maar sou Hy ook brood kon gee
en vleis aan sy volk kon voorsit?”
21
Toe die Here dit hoor,
het Hy kwaad geword;
Hy het 'n vuur teen Jakob laat ontbrand,
teen Israel sy toorn laat woed
22
omdat hulle nie op God vertrou het
en op sy hulp staatgemaak het nie.
23
Hy het die wolke daarbo gebied24
Hy het manna op hulle laat reën,
uit die hemel kos aan hulle gegee om te eet.
25
Van hierdie brood uit die hemel het elkeen geëet.
God het vir hulle oorgenoeg kos gestuur.
26
Hy het die oostewind laat opsteek
en deur sy krag die suidewind laat waai.
27
Soos sandkorrels, so baie voëls het Hy op hulle laat reën,
voëls so volop soos die sand van die see.
28
Hy het dit in die kamp
rondom hulle tente laat val.
29
Hulle het geëet, meer as genoeg,
Hy het vir hulle gegee wat hulle gevra het.
30
Maar hulle gulsigheid het geen perke geken nie.
Hulle kos was nog so in hulle mond,
31
toe tref die toorn van God hulle.
Hy het 'n slagting onder die grotes aangerig,
die keur van Israel laat omkom.
32
Tog het hulle bly sondig33
Daarom het Hy hulle hulle dae vrugteloos laat deurbring
en hulle jare vol kommer.
34
Elke keer as God 'n slagting onder hulle aangerig het,
het hulle na sy wil gevra,
hulle bekeer en na Hom toe gekom.
35
Hulle het bely dat God hulle rots,
dat die Allerhoogste hulle verlosser is.
36
Maar hulle was vals teenoor Hom,
hulle was nie opreg in wat hulle gesê het nie,
37
hulle was ontrou aan Hom,
hulle het hulle nie aan sy verbond gehou nie.
38
Maar Hy is genadig, Hy vergewe sonde,39
Hy het daaraan gedink dat hulle maar mense is,
wind wat verbywaai en nie terugkom nie.
40
Hoe dikwels was hulle in die woestyn opstandig teen Hom41
Oor en oor het hulle God getart
en het hulle optrede die Heilige van Israel gegrief.
42
Hulle het nie aan sy mag gedink nie,
aan die dag waarop Hy hulle van die vyand verlos het nie:
43
Hy het in Egipte sy magtige dade gedoen,
sy wonders in die veld by Soan;
44
Hy het hulle riviere in bloed verander
sodat hulle nie uit hulle waterstrome kon drink nie;
45
Hy het swerms muggies tussen hulle ingestuur
wat nie opgehou het met byt nie;
ook paddas,
en dié het die lewe vir hulle ondraaglik gemaak;
46
Hy het hulle oes aan sprinkaanswerms gegee,
die vrug van hulle arbeid laat afvreet;
47
Hy het hulle wingerde deur die hael laat wegslaan,
hulle wildevyebome laat versuip;
48
Hy het hulle vee aan die hael oorgegee,
hulle kuddes aan die weerligstrale;
49
Hy het sy gloeiende toorn op hulle losgelaat:
gramskap, woede en rampe,
'n hele vrag onheil;
50
Hy het sy toorn vrye loop gegee,
hulle lewens nie gespaar nie
en hulle aan die pes uitgelewer;
51
Hy het al die eersgeborenes van die Egiptenaars getref,
die eerstelinge in die wonings van Gam.
52
Maar sy eie volk het Hy uitgelei53
Vir hulle het Hy veilig gelei, en hulle was nie bang nie,
maar hulle vyande, dié is deur die see oorweldig.
54
Hy het sy volk gebring na die gebied wat Hy afgesonder het,
na die bergland wat Hy deur sy mag verower het.
55
Hy het nasies voor sy volk uit verdryf
en aan sy volk 'n land as besitting gegee.
Hy het daardie nasies se woonplekke aan die stamme van Israel gegee.
56
Maar hulle het God die Allerhoogste getart
en teen Hom in opstand gekom.
Hulle was nie aan sy gebooie gehoorsaam nie.
57
Net soos hulle voorvaders was hulle afvallig en ontrou,
so vals soos 'n onbetroubare wapen.
58
Hulle het Hom vertoorn met hulle afgodsdiens op die hoogtes
en Hom uitgetart met hulle gesnede beelde.
59
Toe God dit sien, het Hy kwaad geword60
Hy het die tabernakel in Silo verwoes,
die tent waarin Hy onder die mense gewoon het.
61
Hy het die volk wat Hy deur sy mag verower het,
in ballingskap weggestuur,
sy uitverkore volk in die mag van die vyand gegee.
62
Hy het sy volk aan die swaard oorgegee,
kwaad geword vir dié wat aan Hom behoort.
63
Die jongmanne het in die vuur omgekom:
daar is nie meer huweliksliedere vir die jongmeisies gesing nie.
64
Die priesters het deur die swaard gesterf,
die weduwees het nie kans gekry om hulle mans te begrawe nie.
65
Daarna het die Here weer ingegryp.66
Hy het sy vyande teruggedryf
en hulle vir altyd 'n eerlose neerlaag laat ly.
67
Hy het die geslag van Josef verwerp68
Hy het die stam Juda verkies,
Sionsberg wat Hy liefhet.
69
Hy het sy heiligdom hemelhoog gebou
en dit soos die aarde vir altyd vas laat staan.
70
Hy het Dawid as sy dienaar gekies71
Agter die lammerooie het Hy hom weggehaal
om sy volk Jakob, sy eiendom Israel, te versorg.
72
Dawid het die volk met toewyding versorg
en hulle met oorleg gelei.
1
'n Psalm van Asaf. Heidene het u land binnegedring, o God,2
Hulle het die lyke van u dienaars
aan die voëls gegee om te vreet,
die vleis van u troue dienaars aan die wilde diere.
3
Hulle het die bloed van u dienaars
rondom Jerusalem laat vloei soos water.
Niemand het hulle begrawe nie.
4
Ons het 'n bespotting vir ons buurvolke geword,
ons word gespot en uitgejou deur almal rondom ons.
5
Hoe lank sal dit nog aanhou, Here?
Sal u toorn dan vir altyd duur,
u woede soos 'n vuur bly brand?
6
Laat u gramskap die heidene tref: hulle dien U nie;7
Dit is hulle wat vir Jakob tot niet gemaak
en sy woonplek verwoes het.
8
Moet tog nie die ongeregtighede van vorige geslagte
op ons laat neerkom nie,
ontferm U tog gou oor ons,
want ons kragte is gedaan.
9
Help ons, o God, ons Redder,
ter wille van die eer van u Naam,
red ons, vergewe ons ons sondes
tot die eer van u Naam.
10
Waarom moet die heidene sê:
“Waar is hulle God nou?”
Laat ons aanskou hoe u straf die heidene tref
oor die bloed van u dienaars wat vergiet is.
11
Slaan tog ag op die gesug van die gevangenes.
Red deur u groot mag dié wat met die dood bedreig word.
12
Betaal ons bure dubbel en dwars terug, Here,
vir die bespotting wat U van hulle moes verduur.
13
Ons, u volk en u kudde, sal U altyd loof,
van geslag tot geslag sal ons van u roemryke dade vertel.
1
Vir die koorleier: op die wysie van “Lelies”. 'n Getuienis van Asaf. 'n Psalm.2
Luister tog, Herder van Israel,
U wat die nageslag van Josef soos 'n kudde lei;
U wat oor die gerubs troon, verskyn tog aan ons!
3
Openbaar u mag aan die stamme Efraim, Benjamin en Manasse,
kom help ons tog!
4
Laat dit weer met ons goed gaan, o God,
verskyn tog tot ons redding!
5
Here, almagtige God,6
U het aan ons trane vir kos gegee
en ons 'n beker vol verdriet laat drink.
7
U laat ons bure teen ons veg,
en ons vyande lag oor ons.
8
Almagtige God, laat dit weer met ons goed gaan,
verskyn tog tot ons redding!
9
U het 'n wingerdstok in Egipte uitgehaal10
U het vir hom plek reggemaak,
sy wortels het gegroei en hy het die land ingeneem.
11
Sy skaduwee het die berge oordek,
sy ranke die magtige seders.
12
Hy het sy ranke uitgestoot tot by die see,
sy lote tot by die Eufraat.
13
Waarom het U die mure om hom afgebreek?14
die wildevark uit die bos verwoes hom,
gediertes uit die veld vreet hom op.
15
Almagtige God, kyk tog uit die hemel af16
Hou in stand wat U met u eie hand geplant het,
die wingerdstok wat U vir Uself gekweek het!
17
Laat dié wat hom soos onkruid verbrand het,
deur u oordeel te gronde gaan.
18
Hou u hand oor die mense wat deur U uitgekies is,
oor die volk wat U vir U grootgemaak het.
19
Dan sal ons nie weer van U af wegdraai nie.
Hou ons aan die lewe, dan sal ons u Naam aanroep!
20
Here, almagtige God, laat dit weer met ons goed gaan,
verskyn tog tot ons redding!
1
Vir die koorleier: met musiek. Van Asaf.2
Jubel tot eer van God ons sterkte,
juig tot eer van die God van Jakob!
3
Sing, en slaan die tamboeryn,
laat hoor die lieflike klanke van die lier en die harp.
4
Blaas die ramshoring op nuwemaan,
met volmaan, op ons feesdag,
5
want dit is 'n instelling vir Israel,
'n verordening van die God van Jakob.
6
Hy het dit vir die nageslag van Josef as 'n dure plig opgelê
toe hulle uit Egipte weggetrek het.
Wat hulle toe nog nie geweet het nie, het hulle gehoor:
7
“Ek het die swaar drag van julle skouers afgehaal,8
In julle nood het julle geroep en Ek het julle gered;
Ek het julle uit 'n donderwolk geantwoord,
julle by die waters van Meriba op die proef gestel.
9
Luister, my volk, Ek gee julle 'n opdrag.10
‘Daar mag vir julle geen ander god wees nie,
julle mag voor geen vreemde god neerbuig nie.
11
Ek is die Here julle God
wat julle uit Egipte laat wegtrek het.
Wat julle nodig het, sal Ek in oorvloed gee.’
12
“Maar my volk het nie na My geluister nie,13
Daarom het Ek hulle laat begaan in hulle koppigheid
en hulle het hulle eie sin en wil gevolg.
14
Ag, as my volk maar na My wou luister,
as Israel maar my wil wou doen,
15
hoe gou sou Ek hulle vyande nie op die knieë bring
en hulle teëstanders met my eie hand verslaan nie.”
16
Dié wat voorgee dat hulle die Here dien, maar Hom haat,17
Maar vir julle sal Hy voed met die beste koring,
julle versadig met heuning uit 'n rots.
1
'n Psalm van Asaf. In die hemelse vergadering, tussen die hemelwesens,2
“Hoe lank gaan julle nog onregverdige beslissings vel,
nog partydig wees vir die goddelose?
3
Julle moet reg laat geskied aan die mens in nood en aan die weeskind,4
julle moet die mens in nood en die arme bevry,
hulle uit die mag van die goddelose red;
5
maar julle weet niks,
julle verstaan niks,
julle gaan eenvoudig in duisternis voort,
en so word die fondamente van die wêreld geskud.
6
Ek het wel gesê:
Julle is almal gode, almal met mag beklee.
7
Maar nou, julle sal elkeen sterwe soos 'n mens
en aan julle einde kom soos enige maghebber.”
8
Kom tog, o God! Lewer uitspraak oor die wêreld,1
'n Lied. 'n Psalm van Asaf.2
Moet tog nie afsydig staan nie, o God,
moet tog nie stilbly en niks doen nie!
3
Kyk hoe gaan u vyande teen U te kere,
hoe verset u teëstanders hulle teen U.
4
Teen u volk smee hulle komplotte in die geheim,
hulle sweer saam teen dié wat onder u beskerming staan.
5
Hulle sê: “Kom ons roei hulle uit
dat hulle nie meer 'n volk is nie,
dat niemand meer die naam Israel sal onthou nie.”
6
Hulle het eensgesind saamgespan
en 'n verbond teen U gesluit:
7
Edom en die Ismaeliete,
Moab en die Hagareërs,
8
Gebal, Ammon en Amalek,
Filistea en die inwoners van Tirus.
9
Selfs Assirië het by hulle aangesluit;
hulle help almal die kinders van Lot.
10
Maak met hulle soos met die Midianiete,11
Hulle is by En-Dor vernietig
en hulle lyke het daar op die grond gelê en vergaan.
12
Maak met hulle leiers soos met Oreb en Seëb,
met elkeen van hulle aanvoerders soos met Seba en Salmunna,
13
wat gesê het:
“Kom ons vat die weivelde van God vir ons.”
14
My God, maak tolbosse van hulle,
stoppels in die wind,
15
'n bos wat in vuur verteer word,
berge wat in vlamme afbrand;
16
jaag hulle met u stormwind,
slaan hulle uitmekaar met u orkaan.
17
Laat hulle met skande daarvan afkom!
Dan sal hulle weet wie U is, Here!
18
Bring hulle tot skande,
maak die lewe vir hulle een lang verskrikking,
verneder hulle en wis hulle uit;
19
laat hulle besef dat alleen U die Naam “Here” het,
U, die Allerhoogste oor die hele aarde.
1
Vir die koorleier: met musiek. Van die Koragiete. 'n Psalm.2
Hoe lief het ek u woning, Here, Almagtige!
3
Ek versmag van verlange na die tempel van die Here;
met alles wat ek is, wil ek jubel oor die lewende God.
4
Selfs 'n mossie het 'n nes
en 'n swaeltjie 'n plek vir haar kleintjies
daar by u altare, Here, Almagtige,
my Koning en my God!
5
Dit gaan goed met mense vir wie u huis 'n tuiste is:
hulle hou nie op om U te prys nie.
6
Dit gaan goed met mense wat hulle krag in U vind7
Vir hulle gaan daar fonteine oop
wanneer hulle deur 'n dorre laagte trek
en die vroeë reëns sy seëninge bring.
8
Keer op keer ontvang hulle nuwe krag
totdat hulle voor God in Sion verskyn.
9
Here, almagtige God, hoor my gebed,10
Sien tog om na die koning, ons beskermer, o God;11
Waarlik, één dag in u tempel is beter as duisend daarbuite.12
Die Here God is ons krag en ons beskerming,13
Here, Almagtige,
dit gaan goed met die mens wat op U vertrou!
1
Vir die koorleier. Van die Koragiete. 'n Psalm.2
U was goed vir u land, Here,
U het aan die nageslag van Jakob 'n nuwe toekoms gegee;
3
U het u volk sy sonde nie toegereken nie,
hom al sy skuld kwytgeskeld.
4
U het u woede laat bedaar,5
Ontferm U weer oor ons, o God, ons Verlosser,
moet tog nie langer op ons toornig wees nie!
6
Sal U dan altyd vir ons kwaad bly?
Sal U dan u toorn van geslag tot geslag laat voortduur?
7
Wil U nie weer die lewe vir ons nuut maak
sodat u volk hulle vreugde in U kan vind nie?
8
Laat ons u troue liefde belewe,
skenk ons u reddende hulp, Here.
9
Ek wil luister na wat God die Here sê,10
Waarlik, uitkoms is naby vir dié wat Hom dien:11
Liefde en trou sal mekaar ontmoet,
geregtigheid en vrede sal mekaar omhels;
12
trou sal uit die aarde uit opspruit,
geregtigheid sal uit die hemel uit afkom.
13
Die Here sal voorspoed skenk
en ons land sal sy oes gee.
14
Die geregtigheid sal Hom vooruitgaan
en 'n pad maak vir sy koms.
1
'n Gebed van Dawid. Luister tog na my, Here, verhoor my gebed,2
Beskerm my, want ek is u troue dienaar,
red my, want U is my God, op U vertrou ek.
3
Wees my genadig, Here,
ek roep die hele dag deur na U.
4
Maak my bly, Here,
ek hunker na U.
5
U is goed, Here, U vergewe altyd weer,
U is getrou teenoor dié wat na U roep om hulp.
6
Luister na my gebed, Here,
gee tog ag op my smeekgebed.
7
Op die dag van my nood roep ek na U,
U sal my gebed verhoor.
8
Daar is geen god soos U nie, Here,
niks kan met u werk vergelyk word nie.
9
U het al die nasies gemaak;
hulle sal voor U kom buig, Here,
en aan u Naam die eer gee,
10
want U is groot en doen magtige dade,
U alleen is God.
11
Leer my u pad, Here,
ek wil wandel in u waarheid;
leer my U met toewyding dien.
12
Met my hele hart sal ek U prys, Here my God,
u Naam altyd eer,
13
want u liefde vir my was groot:
uit die dieptes van die dood het U my gered.
14
Dit is hovaardige mense wat my aanval, o God,15
U, Here, is 'n barmhartige en genadige God,
lankmoedig, vol liefde en trou.
16
Sien my, u dienaar van my geboorte af, in genade aan,
gee U my tog krag en red my.
17
Maak my 'n voorbeeld van u goedheid,
sodat dié wat my haat, verleë sal moet toesien
dat U, Here, my help en vir my uitkoms gee.
1
Van die Koragiete. 'n Psalm. 'n Lied. Die fondament van Sion is die heilige berg.2
Die Here het vir Sion lief
meer as enige ander plek in Jakob.
3
Daar word groot dinge van jou gesê, stad van God:
4
“Ek reken onder dié wat my ken ook die mense van Egipte en Babel,5
Daarom word van Sion gesê:
“Daar is hulle man vir man gebore;
die Allerhoogste hou Sion in stand.”
6
As die Here die name van die volke aanteken, sal Hy by elkeen skrywe:
“Hierdie een is ook 'n kind van Sion.”
7
Met sang en dans sal almal Sion prys.1
'n Lied. 'n Psalm van die Koragiete. Vir die koorleier: met fluitspel. 'n Gedig van Heman die Esragiet.2
Here my God wat my altyd help,
ek roep elke dag om hulp,
elke nag bid ek tot U.
3
Laat my gebed nie tevergeefs wees nie,
hoor my geroep.
4
Die swaarkry het vir my te veel geword:
ek vat al aan die doderyk,
5
ek staan al met die een voet in die graf,
ek het geen krag meer nie.
6
Dit is asof ek al tussen die dooies is,
tussen dié wat gesneuwel het en in hulle grafte lê,
dié aan wie U nie meer dink nie
en van wie U u hand teruggetrek het.
7
U het my onder in die put laat beland,
in diepe duisternis.
8
U gramskap rus swaar op my,
U laat al u golwe oor my breek.
9
U laat my bekendes ver van my af staan10
My oë is al dof van ellende;
die hele dag deur roep ek na U, Here,
en steek ek my hande in gebed na U uit.
11
Sal U met dooies 'n wonder laat gebeur?
Kan gestorwenes opstaan en U loof?
12
Word daar in die graf vertel van u troue liefde?13
Sal u wondermag ondervind word in die duisternis van die dood,
u redding in die land van vergetelheid?
14
Ek roep na U om hulp, Here,
vroeg in die môre al bid ek tot U.
15
Waarom verstoot U my, Here,
waarom trek U U van my af terug?
16
Ek ly swaar, ek kwyn al weg van my jeug af.
Dit is 'n swaar las waarmee U my teister.
Ek weet geen raad meer nie.
17
U toorn rus op my,
U tref my met skrik en vernietig my.
18
Dit bedreig my heeldag soos vloedwater,
dit sak op my toe van alle kante af.
19
U laat my vriende en my bure ver van my af staan,
die duisternis van die dood is my geselskap.
1
'n Gedig van Etan die Esragiet.2
Ek sal altyd sing van die Here se liefdesdade,
sy trou verkondig aan komende geslagte.
3
Ek sê: “U liefde en u trou wankel nooit,
dit hou vir altyd stand in hemel en op aarde.”
4
U het gesê: “Ek het 'n verbond gesluit met my uitverkorene,5
Ek sal vir jou 'n nageslag verseker vir altyd en jou troon in elke geslag laat standhou.”
6
Die hemel loof u wondermag, Here,7
Wie in die hemel kan met die Here vergelyk word?
Wie onder die hemelwesens is soos die Here?
8
Hy is God, vir Hom het die hemelse vergadering 'n heilige ontsag.
Hy is magtig, gevrees onder almal rondom Hom.
9
Here, almagtige God, wie is soos U?
U krag is groot, Here, u trou is oral!
10
U heers oor die onstuimige see:
as sy golwe opstaan, laat U hulle bedaar.
11
U het die monster Rahab verbrysel, hy is verslaan.
Deur u groot mag het U u vyande uitmekaargejaag.
12
Aan U behoort die hemel, aan U behoort ook die aarde,13
Die noorde en die suide, U het dit geskep;
Tabor en Hermonberg roem u Naam.
14
U het 'n magtige arm,
sterk is u hand, kragtig u regterhand.
15
U troon is gebou op geregtigheid en reg,
liefde en trou staan in u diens.
16
Dit gaan goed met die volk
wat kan jubel tot u eer,
wat in u lig lewe, Here.
17
Hulle besing u Naam die hele dag,
hulle prys u reddingsdade;
18
U is die krag waarin hulle roem.
Dit is ons sterkte: dat ons u guns geniet.
19
Ons koning behoort aan die Here,20
U het 'n openbaring gegee,
oor u troue dienaar het U gesê:
“Ek het aan 'n held my bystand geskenk,
aan 'n dapper jong man uit die volk 'n ereplek gegee.
21
Ek het Dawid as my dienaar uitgesoek,
hom met my heilige olie tot koning gesalf.
22
My mag sal hom ondersteun,
my krag sal hom sterk maak.
23
Vyande sal hom geen leed aandoen nie,
gewetenlose mense sal hom nie verdruk nie.
24
Ek sal sy teëstanders voor hom verpletter
en dié wat hom haat, verslaan.
25
My trou en liefde sal by hom wees:
deur My sal hy oorwin.
26
Ek sal sy heerskappy uitbrei tot oor die see,
sy gesag tot oorkant die riviere.
27
Hy sal My aanroep met die woorde: ‘U is my Vader,
my God, die rots wat my redding is.’
28
Ek stel hom eerste,
die magtigste koning op aarde.
29
Vir altyd handhaaf Ek my trou teenoor hom;
my verbond met hom staan vas.
30
Ek sal vir hom altyd nakomelinge verseker
sodat sy troon vas sal staan so lank daar 'n hemel is.
31
As sy nakomelinge nie handel volgens my woord nie
en nie lewe volgens my bepalings nie,
32
as hulle my voorskrifte verontagsaam
en my gebooie nie nakom nie,
33
sal Ek hulle oor hulle oortreding straf
en hulle oor hulle sonde met swaar slae tref.
34
Maar my liefde sal Ek van hom nie terughou nie,
my trou nie verbreek nie.
35
Ek sal my verbond nie versaak nie,
nie een van my beloftes terugtrek nie.
36
Ek, die Heilige, het 'n eed afgelê,
en my woord aan Dawid sal Ek nie verbreek nie:
37
daar sal altyd nakomelinge van hom wees,
sodat sy troon so blywend soos die son sal wees.
38
Soos die maan sal dit altyd daar wees.
Solank die hemel daar is, sal dit vas bly staan.”
39
Maar nou het U in u toorn40
U het die verbond met u dienaar nie in ag geneem nie,
sy kroon tot in die grond vertrap.
41
U het al sy stadsmure afgebreek,
sy vestings in puin gelê.
42
Almal wat daarlangs kom, beroof hom;
die buurvolke behandel hom met minagting.
43
U het sy teëstanders laat seëvier,
al sy vyande laat juig.
44
U het hom voor die vyand laat vlug,
hy kon nie staande bly in die oorlog nie.
45
Aan sy koninklike luister het U 'n end gemaak,
sy troon teen die grond gegooi.
46
U het sy jeugdige krag gebreek
en hom diep verneder.
47
Sal U dan vir altyd u hulp weerhou, Here?48
Dink tog daaraan hoe kort die lewe is,
hoe min daar in die lewe is
vir al die mense wat deur U geskep is.
49
Watter mens leef daar wat die dood nie sal sien nie,
wat homself kan red uit die mag van die doderyk?
50
Waar is u liefde van vroeër, Here,51
Dink, Here, aan die smaad wat my aangedoen is,
aan alles wat ek moes verduur van baie volke.
52
Die mense van wie hierdie smaad kom, is u vyande, Here,
dit is u gesalfde vir wie hulle smaad waar hy ook gaan.
53
Aan die Here kom die lof toe vir altyd. Amen, ja, amen.1
'n Gebed van Moses, die man van God. Here, U was vir ons 'n toevlug2
Voordat die berge gebore is,
voordat U die wêreld voortgebring het,
ja, van ewigheid tot ewigheid is U God!
3
U laat die mens sterwe:4
Duisend jaar is vir U soos gister as dit verby is,
soos een enkele wagbeurt in die nag.
5
U maak 'n einde aan 'n mens,
hy gaan die doodslaap in.
Hy is soos gras wat in die môre afgesny word:
6
in die môre is dit nog groen, maar dit word afgesny
en teen die aand is dit verlep en dit verdroog.
7
Ons vergaan onder u toorn,8
U sien ons oortredinge raak,
U bring die sondes wat ons wou wegsteek, aan die lig.
9
Onder u toorn vlieg ons dae
en skiet ons jare verby soos 'n gedagte.
10
Ons lewe maar sewentig jaar,
of, as ons baie sterk is, tagtig,
en dié is vol swaarkry en leed.
Dit is gou verby,
ons vlieg na ons einde toe.
11
Wie ken die krag van u toorn beter as u dienaars?
Wie ken u gramskap beter?
12
Leer ons ons dae so gebruik
dat ons wysheid bekom.
13
Hoe lank nog, Here, voordat U ons te hulp kom?
Ontferm U tog oor ons.
14
Skenk ons elke dag u liefde in oorvloed,
dat ons ons lewe lank mag juig en bly wees.
15
Soveel dae as dié waarin U ons verdruk het,
soveel jare as dié waarin ons gely het,
gee ons soveel jare van blydskap.
16
Laat u werk vir ons duidelik word
en u grootheid vir ons kinders.
17
Laat ons die goedheid van die Here ons God belewe:
hou die werk van ons hande in stand,
ja, die werk van ons hande, hou dit in stand.
1
Hy wat by die Allerhoogste skuiling vind2
hy sê vir die Here:
“U is my toevlug en my veilige vesting,
my God op wie ek vertrou.”
3
Dit is Hy wat jou uit die voëlvanger se wip hou4
Hy beskut jou onder sy vleuels
en is vir jou 'n veilige skuilplek.
Sy trou beskerm jou aan alle kante.
5
Jy hoef nie bang te wees vir gevaar in die nag
of vir aanvalle oordag,
6
vir pes wat in die donker toeslaan
of vir siekte wat helder oordag verwoesting saai nie.
7
Al val daar duisende langs jou,
tienduisende by jou,
vir jou sal niks tref nie.
8
Met jou eie oë sal jy sien
hoe die goddelose gestraf word.
9
Omdat jy die Here as skuilplek geneem het,
die Allerhoogste as jou beskermer,
10
sal geen onheil jou tref
en geen plaag naby jou woonplek kom nie.
11
Hy sal sy engele opdrag gee
om jou te beskerm waar jy ook al gaan.
12
Op hulle hande sal hulle jou dra,
sodat jy nie jou voet teen 'n klip sal stamp nie.
13
Jy sal oor leeus en adders loop,
leeus en slange sal jy doodtrap.
14
“Omdat hy My liefhet, sal Ek hom red,”15
Wanneer hy My aanroep, sal Ek sy gebed verhoor;
in sy nood sal Ek by hom wees,
Ek sal hom red en hom in sy eer herstel.
16
'n Baie lang lewe sal Ek hom gee
en oor my hulp sal hy hom verbly.”
1
'n Psalm. 'n Lied vir die sabbatdag.2
Dit is goed om die Here te loof,
om u Naam te besing, Allerhoogste,
3
om elke môre van u liefde te getuig,
en elke aand van u trou,
4
om dit te doen met snaarinstrumente,
met harp en lier.
5
U groot dade, Here, het my baie bly gemaak,
ek wil juig oor wat U gedoen het.
6
Groots is alles wat U doen, Here,
ondeurgrondelik u gedagtes.
7
Wie dit nie besef nie, is 'n dom mens,
wie dit nie insien nie, is sonder verstand.
8
Al is die goddelose voorspoedig,9
U regeer vir ewig, Here,
10
en dit staan vas:
u vyande sal uitgedelg word, Here,
almal wat onreg doen, sal vernietig word.
11
Maar vir my gee U krag soos dié van 'n buffel,
U laat my 'n oorwinningsfees vier.
12
Ek kyk op my teëstanders neer,
ek luister sonder vrees na die mense
wat niks ontsien nie,
wat in opstand teen my is.
13
Die regverdiges sal sterk wees soos palmbome,
soos hoë seders op die Libanon.
14
Hulle vind hulle krag in die huis van die Here
en groei op in die tempel van ons God.
15
Selfs in hulle ouderdom sal hulle nog toeneem in krag.
Hulle sal fris en lewenskragtig wees.
16
So sal blyk dat die Here regverdig is,
dat daar by Hom geen onreg is nie.
Hy is my rots.
1
Die Here is Koning,2
en vas staan u troon van ouds af:
U is van altyd af daar.
3
Riviere het gedruis, Here,
riviere het gedruis,
riviere het gedreun,
4
maar hoog bo die geraas van baie waters,
hoog bo die golwe van die see,
troon die Here in sy koninklike mag.
5
U verordeninge staan baie vas.1
Here, God wat onreg straf,2
Kom, Regter van die aarde,
reken af met die mense wat hulle teen U verhef.
3
Hoe lank, Here,
hoe lank sal die goddeloses hulle nog verlustig
in die leed van ander mense?
4
Hulle kook oor van vermetelheid;
almal wat onreg doen, spog daarmee.
5
Hulle vertrap u volk, Here,
hulle verdruk die volk wat aan U behoort;
6
hulle vermoor weduwees en vreemdelinge,
hulle maak weeskinders dood
7
en dink die Here sien dit nie,
die God van Jakob merk dit nie.
8
Gebruik tog julle verstand, julle wat so dom optree onder die volk.9
Sou Hy wat vir ons ore gemaak het, self nie kan hoor nie?
Sou Hy wat vir ons oë gemaak het, nie kan sien nie?
10
Sou Hy wat die nasies opvoed, nie ook straf nie?
Sou Hy wat die mensdom onderrig, self niks weet nie?
11
Die Here ken die gedagtes van die mens,
Hy weet dit beteken niks.
12
Dit gaan goed met die mens13
en vir wie U rus gee na tye van teëspoed.
Maar vir die goddelose word die graf reeds gegrawe.
14
Die Here verstoot nie sy volk nie,
die volk wat aan Hom behoort, laat Hy nie in die steek nie.
15
Die regspraak sal weer regverdig wees,
alle opregtes sal hulle daaraan kan hou.
16
Wie staan by my teen dié wat my leed aandoen?17
As die Here my nie gehelp het nie,
was die stilte van die graf seker al my tuiste!
18
Toe ek gedink het my voete gly,
het u troue liefde my regop gehou, Here.
19
Toe ek met baie onrus in my binneste sit,
het u vertroosting my tot rus gebring.
20
U duld geen korrupsie in die regspraak nie,
geen mens wat, teen u gebod in, ellende veroorsaak nie.
21
Hulle span saam teen die regverdige,
hulle veroordeel onskuldige mense tot die dood.
22
Maar vir my is die Here 'n veilige vesting,
my God is die rots waar ek kan skuil.
23
Hy sal hulle laat boet vir hulle dade,
Hy sal hulle verdelg oor hulle boosheid.
Die Here ons God sal hulle verdelg.
1
Kom, laat ons jubel tot eer van die Here,2
laat ons na Hom toe gaan met lof,
laat ons Hom toejuig met lofsange,
3
want die Here is die magtige God,
die groot koning oor al die gode.
4
Die dieptes van die aarde behoort aan Hom,
die kruine van die berge is Syne.
5
Die see is Syne, Hy het dit gemaak;
sy hande het die land gevorm.
6
Kom ons val in eerbetoon voor Hom neer,
kom ons buig,
kom ons kniel voor die Here ons Skepper!
7
Hy is ons God en ons is sy volk,
sy kudde, sy skape, deur sy hand versorg.
8
“Moenie hardkoppig wees soos destyds by Meriba,
soos die dag by Massa in die woestyn nie,
9
waar julle voorvaders My uitgetart
en my geduld beproef het,
hoewel hulle gesien het wat Ek gedoen het.
10
Veertig jaar lank het Ek 'n weersin in daardie geslag gehad,
Ek het gesê: ‘Hulle is 'n moedswillige volk,
hulle wil my paaie nie ken nie.’
11
Daarom het Ek in my toorn 'n eed afgelê
dat hulle nooit sou uitkom
by die rusplek wat Ek hulle wou gee nie.”
1
Sing 'n nuwe lied tot eer van die Here,2
Sing tot eer van die Here, prys sy Naam,
verkondig elke dag sy reddingsdade!
3
Vertel die nasies van sy mag,
al die volke van sy magtige dade.
4
Die Here is groot, al die lof kom Hom toe,
ontsagwekkend is Hy bo alle gode.
5
Al die gode van die volke is niks:
dit is die Here wat die hemele gemaak het.
6
Majesteit en luister straal van Hom uit,
krag en glans vul sy heiligdom.
7
Prys die Here, alle volke,8
Prys die Here om die eer van sy Naam!
Kom na sy voorhowe toe, bring vir Hom offers!
9
Buig voor die Here by sy heilige verskyning;
betoon eerbied aan Hom, almal op aarde.
10
Verkondig onder die nasies: “Die Here regeer;
die wêreld staan vas, dit wankel nie;
die Here sal die volke regverdig oordeel.”
11
Die hemele moet bly wees en die aarde moet juig,12
die veld en alles daarop moet jubel,
al die bome in die bos moet hulle verheug
13
voor die Here, want Hy kom,
Hy kom om oor die aarde te heers.
Hy sal oor die wêreld heers met regverdigheid,
oor die volke met billikheid.
1
Die Here regeer, die aarde moet juig,2
Die Here is omgewe van donker wolke;
sy troon is gebou op reg en geregtigheid.
3
'n Vuur trek voor Hom uit
en verteer sy vyande aan alle kante.
4
Sy weerligstrale verlig die wêreld;
die aarde sien dit en bewe.
5
Berge smelt soos was voor die Here,
voor die Here van die aarde.
6
Die hemel getuig dat Hy regverdig is
en al die volke sien sy magtige verskyning.
7
Almal wat beelde dien,
wat nikswerd afgode vereer, word ontnugter,
want al hulle gode moet voor die Here buig.
8
Sion is bly, die stede van Juda juig9
U, Here, is die Allerhoogste oor die hele aarde,
hoog verhewe bo alle gode.
10
Julle het die Here lief; haat dan wat sleg is!
Hy bewaar die lewe van sy troue dienaars,
Hy red hulle uit die greep van die goddelose.
11
Vir die regverdiges het daar lig gekom,
blydskap vir die opregtes.
12
Wees bly in die Here, regverdiges,
prys sy heilige Naam.
1
'n Psalm. Sing 'n nuwe lied tot eer van die Here,2
Die Here het sy oorwinning bekend gemaak,
aan die nasies het Hy sy reddingsdade geopenbaar.
3
Aan die huis van Israel het Hy sy liefde en sy trou herbevestig;
die hele wêreld het gesien dat ons God die oorwinning behaal het.
4
Juig tot eer van die Here, almal op aarde,5
Sing tot eer van die Here met begeleiding van die lier,
speel op die lier en sing.
6
Blaas die trompet en die ramshoring,
jubel tot eer van die Here, die Koning.
7
Die see en alles daarin moet druis,8
die riviere moet hande klap,
die berge moet saam juig
9
voor die Here,
want Hy kom om oor die aarde te heers;
Hy sal oor die wêreld heers met regverdigheid,
oor die volke met billikheid.
1
Die Here regeer: die volke erken bewend sy gesag.2
Groot is die Here, Hy wat in Sion is,
hoog verhewe bo al die volke.
3
Hulle moet u groot en gevreesde Naam prys:
“U is heilig!”
4
U is die magtige Koning,5
Prys die Here ons God.
Kom buig in aanbidding voor Hom:
Hy is heilig!
6
Moses en Aäron was onder sy priesters,7
In 'n wolkkolom het God met hulle gepraat,
en hulle het sy voorskrifte gehoorsaam,
die opdragte wat Hy hulle gegee het.
8
Here ons God, U het hulle gebede verhoor.9
Prys die Here ons God,
buig voor Hom op sy heilige berg,
want die Here ons God is heilig.
1
'n Dankpsalm. Juig tot eer van die Here, almal op aarde!2
Dien die Here met blydskap!
Kom voor Hom met gejubel!
3
Erken dat die Here God is:
Hy het ons gemaak en ons is Syne,
ons is sy volk, sy eie kudde.
4
Gaan sy poorte binne met dankliedere,
sy tempel met lofsange,
dank Hom, prys sy Naam,
5
want die Here is goed,
aan sy liefde is daar geen einde nie,
sy trou duur van geslag tot geslag.
1
Van Dawid. 'n Psalm. Ek wil sing van u troue liefde en u geregtigheid,2
Ek wil my daaraan wy om opreg te lewe.
Wanneer kom U na my toe?
In my huis wil ek lewe in opregtheid,
3
niks wat sleg is, wil ek nastreef nie.
Ek haat wat verkeerd is.
Dit mag geen houvas op my hê nie.
4
Valsheid wil ek van my af weg hou,
van kwaad wil ek niks weet nie.
5
Wie sy naaste beskinder, wil ek uitwis.6
Ek kies as my amptenare
dié in die land wat op God vertrou;
die man wat opreg lewe,
hy kan in my diens wees.
7
Geen bedrieër sal in my paleis diens doen nie,
geen leuenaar kan my dien nie.
8
In my daaglikse regspraak sal ek al die goddeloses in die land uitwis,
almal wat onreg doen uit die stad van die Here uitroei.
1
Gebed van 'n hulpelose wanneer dit met hom sleg gaan en hy sy klagte uitstort voor die Here.2
Here, luister tog na my gebed,
hoor tog my geroep om hulp!
3
Moet U tog nie van my afsydig hou
nou dat ek in die nood is nie.
Luister tog na my wanneer ek U aanroep,
verhoor tog gou my gebed,
4
want vir my verdwyn die dae soos rook.
My liggaam brand soos vuur,
5
ek is verskroei en uitgedroog soos gras,
ek het alle eetlus verloor.
6
Ek het net vel en been geword
van al die pyn.
7
Ek voel so verlate soos 'n pelikaan in 'n woestyn,
soos 'n uil tussen murasies.
8
As ek wakker word,
voel ek soos 'n eensame voël op 'n huis se dak.
9
Die dae deur verneder my vyande my.
Dié wat my so verkleineer, gebruik my naam as 'n vloekwoord.
10
As is my daaglikse brood;
wat ek drink, is met my trane gemeng,
11
want u toorn en u gramskap het my getref,
U het my verwerp en weggegooi.
12
Soos 'n skaduwee wat lank word, is my lewe naby sy einde,
ek is soos verdroogde gras.
13
U, Here, U heers vir altyd,14
U sal ingryp en U oor Sion ontferm,
want die bestemde tyd het aangebreek,
die tyd om hom genadig te wees.
15
Ons, u dienaars, het elke klip van Sion lief,
ons is bewoë oor sy puin.
16
Die nasies sal die Here vrees
en al die konings van die aarde sy mag,
17
want die Here gaan Sion weer opbou
wanneer Hy in sy mag verskyn.
18
Hy luister na die gebed van dié wat alles verloor het,
Hy sal hulle gebed nie verag nie.
19
Laat dit opgeteken word vir die geslag wat kom,
sodat die nuut geskape volk die Here kan loof.
20
Hy het uit sy heilige woning na onder gekyk
en uit die hemel gesien wat op die aarde gebeur,
21
die gekerm van die gevangenes gehoor
en dié wat naby die dood was, bevry.
22
Hulle sal die Naam van die Here in Sion besing
en sy lof in Jerusalem
23
wanneer die volke en die koninkryke bymekaarkom
om die Here te dien.
24
Hy het my krag gebreek toe ek nog jonk was,25
Ek sê: “My God, moet my nie in die fleur van my lewe wegneem nie!
U is daar deur die geslagte heen.
26
In die voortyd al het U die aarde gevestig
en die hemele met u eie hande gemaak.
27
Die hemel en die aarde sal vergaan, maar U sal bly.
Soos 'n kledingstuk verslyt, so sal alles vergaan,
soos klere wat uitgedien raak, so sal U alles laat verdwyn.
28
Maar U bly dieselfde,
u jare het geen einde nie.”
29
Ons nageslag sal die land bly bewoon,1
Van Dawid. Ek wil die Here loof,2
Ek wil die Here loof
en nie een van sy weldade vergeet nie.
3
Dit is Hy wat al my sonde vergewe,
wat al my siekte genees,
4
wat my red van die graf
en my met liefde en ontferming kroon,
5
wat my die goeie in oorvloed laat geniet,
my die jeugdige krag van die arend skenk.
6
Die Here laat geregtigheid en reg geskied7
Aan Moses het Hy sy wil bekend gemaak,
aan Israel wat Hy van plan was om te doen.
8
Barmhartig en genadig is die Here,
lankmoedig en vol liefde.
9
Hy sal ons ons sonde nie bly toereken
en nie vir ewig toornig bly nie.
10
Hy handel met ons nie volgens ons sondes nie,
vergeld ons nie vir ons ongeregtighede nie,
11
want so groot as die afstand tussen hemel en aarde is,
so groot is sy liefde vir dié wat Hom dien.
12
So ver as die ooste van die weste af is,
so ver verwyder Hy ons oortredinge van ons af.
13
Soos 'n vader hom ontferm oor sy kinders,
so ontferm die Here Hom oor dié wat Hom dien.
14
Hy weet waarvan ons gemaak is,
Hy hou dit in gedagte dat ons stof is.
15
Die mens, sy lewensduur is soos dié van gras,
soos dié van 'n veldblom wat oopgaan:
16
as die woestynwind daaroor waai, is dit weg
en sy plek vir altyd leeg.
17
Maar onverganklik is die liefde van die Here
vir dié wat Hom dien,
sy trou vir opeenvolgende geslagte,
18
vir dié wat getrou bly aan sy verbond
en sy voorskrifte nakom.
19
Die Here het sy troon in die hemel gevestig,
sy heerskappy strek oor alles en almal.
20
Loof die Here, magtige engele21
Loof die Here, alle hemelwesens
wat Hom dien en sy wil doen!
22
Almal wat deur Hom geskep is, loof die Here
op al die plekke waar Hy heers!
1
Ek wil die Here loof!2
U is met 'n kleed van lig omhul.
Dit is U wat die hemelkoepel soos 'n tentdoek gespan
3
en vir U 'n woonplek ingerig het oor die waters daarbo,
U wat op die wolke ry,
op die vleuels van die wind,
4
U wat die winde u boodskappers maak,
die weerligte u dienaars,
5
U wat die aarde stewig gevestig het,
sodat dit nooit sal wankel nie.
6
Die groot waters het die aarde soos 'n kleed oordek,7
Maar toe U die waters aanspreek, het hulle gevlug,
voor die krag van u stem het hulle die wyk geneem.
8
Hulle het oor die berge gespoel
en in die laagtes weggevloei
na die plek toe wat U vir hulle bestem het.
9
U het 'n grens gestel waaroor hulle nie mag gaan nie:
hulle mag die aarde nie weer oordek nie.
10
U laat fonteine in die valleie ontspring11
Daar kom al die wilde diere drink
en die wildedonkies hulle dors les.
12
Die voëls maak hulle neste langs die water
en kwetter tussen die takke.
13
Uit die hemel laat U dit op die berge reën,
die aarde word versadig deur die reën wat U gee.
14
U laat gras uitspruit vir die diere,
en groen plante vir die mens
sodat hy sy kos uit die aarde kan kry:
15
wyn om mense se harte bly te maak,
olie om die gesig te versorg,
kos om die mens nuwe krag te gee.
16
Die bome van die Here kry volop reën,
die seders op die Libanon, dié wat Hy geplant het,
17
waar die voëls hulle neste maak,
en die reier sy huis in die boomtoppe bou.
18
Die hoë berge is 'n tuiste vir die klipbokke,
die rotse is 'n skuilplek vir die dassies.
19
U het die maan gemaak om die vaste tye mee aan te gee,
die son weet wanneer om onder te gaan.
20
As U die donker bring en dit nag word,
roer al die diere in die bos.
21
Die leeus brul op soek na prooi:
hulle vra hulle kos van God.
22
As die son opkom, sluip hulle weg
en gaan lê in hulle skuilplekke.
23
Dan gaan die mens na sy werk toe,
en hy werk tot die aand.
24
U het baie dinge geskep, Here,
die aarde is vol van wat U gemaak het,
en tog, U het alles in wysheid geskep.
25
Daar is die see, groot en wyd,
wat wemel van diere, klein en groot.
26
Daar vaar die skepe,
en daar is die Leviatan.
U het hom gemaak om mee te speel.
27
Hulle is almal van U afhanklik,
U gee hulle kos op hulle tyd.
28
U gee, en hulle eet,
U maak u hand oop, en hulle kry meer as genoeg.
29
Maar as U U terugtrek, is dit klaar met hulle,
as U hulle asem wegneem, is hulle dood
en word hulle weer stof.
30
U gee die lewensasem en daar is lewe;
ook uit die grond laat U nuwe lewe spruit.
31
Mag daar aan die roem van die Here geen einde wees nie!32
Hy wat na die aarde kyk, en dit bewe,
wat die berge aanraak, en hulle brand.
33
Ek wil tot eer van die Here sing so lank ek lewe,
ek wil die lof van my God besing so lank ek daar is.
34
Mag hierdie bepeinsinge van my vir Hom aanneemlik wees!35
Mag die sondaars van die aarde af verdwyn,1
Loof die Here! Roep Hom aan!2
Sing liedere, sing tot sy eer,
vertel van al sy magtige dade.
3
Roem sy heilige Naam,
laat dié wat die teenwoordigheid van die Here soek, bly wees.
4
Soek hulp en beskerming by die Here,
soek gedurig sy teenwoordigheid.
5
Julle moet dink aan die magtige dade wat Hy gedoen het,
aan sy wonders, aan die reddingsdade op sy bevel,
6
julle, nageslag van Abraham sy dienaar,
nakomelinge van Jakob vir wie Hy uitverkies het.
7
Hy, die Here, is ons God;
sy reddingsdade strek oor die hele aarde.
8
Hy hou sy verbond altyd in stand,
die belofte wat Hy aan duisende geslagte toegesê het,
9
die verbond wat Hy met Abraham gesluit het,
sy eed aan Isak.
10
Hy het dit vir Jakob bevestig as 'n vaste toesegging,
vir Israel as verbond wat altyd sal bestaan.
11
Hy het gesê:
“Ek gee Kanaän vir jou
as grondgebied en eiendom.”
12
Toe hulle nog maar min was,13
toe hulle van volk na volk geswerf het,
van die gebied van die een volk na dié van 'n ander,
14
het Hy niemand toegelaat om hulle te verdruk nie,
en het Hy selfs konings ter wille van hulle gewaarsku:
15
“Moenie aan my gesalfdes raak nie,
moenie my profete kwaad aandoen nie!”
16
Toe Hy hongersnood oor die land gebring het17
het Hy iemand voor hulle uit gestuur:
Josef is as slaaf verkoop.
18
Hulle het sy voete geboei
en hom in die gevangenis gehou
19
totdat sy woorde bewaarheid is,
nadat hy die toets deurstaan het
met wat die Here aan hom bekend gemaak het.
20
Toe het die koning hom uit die gevangenis laat uitkom;
die heerser oor baie volke het hom vrygelaat
21
en hom aangestel as hoof van die koninklike huishouding,
met gesag oor al sy besittings.
22
Josef kon die amptenare van die koning na goeddunke beveel
en selfs aan hoë amptenare leiding gee.
23
Israel het na Egipte toe gekom,
Jakob kon in die land van Gam gaan woon.
24
Die Here het sy volk baie vrugbaar gemaak,
talryker as hulle onderdrukkers.
25
Hy het die gesindheid van die Egiptenaars verander,
sodat hulle sy volk gehaat
en vyandig opgetree het teenoor sy dienaars.
26
Die Here het Moses, sy dienaar, gestuur,27
Onder die Egiptenaars het hulle die tekens van die Here gedoen,
sy wonders het hulle gedoen in die land van Gam.
28
Hy het duisternis gestuur, dit donker gemaak,
maar hulle het hulle teen sy opdrag bly verset.
29
Hy het hulle waters in bloed verander
en hulle visse laat vrek.
30
Hulle land het gekrioel van die paddas,
selfs tot in hulle koning se slaapkamer.
31
Die Here het beveel en daar het insekte gekom,
muggies oor hulle hele gebied.
32
Hy het hulle reëns in hael verander
en swaarweer oor hulle land gestuur.
33
Hy het hulle wingerdstokke en vyebome vernietig
en die bome in hulle gebied stukkend geslaan.
34
Hy het beveel en daar het sprinkane gekom,
ontelbaar baie sprinkane.
35
Hulle het al wat groen was in die Egiptenaars se land verslind
en al die gesaaides van hulle lande afgevreet.
36
Al hulle oudste seuns in die land het Hy laat sterwe,
al hulle eersgeborenes.
37
Toe het Hy sy volk uitgelei, belaai met silwer en goud.
In geeneen van die stamme het iemand uitgesak nie.
38
Die Egiptenaars was bly dat hulle vertrek het,
want hulle was skrikbevange oor die Israeliete.
39
Die Here het 'n wolk uitgesprei as beskutting oor hulle
en 'n vuur gegee om lig te maak in die nag.
40
Toe hulle kos vra, het Hy kwartels laat kom
en sy volk met brood uit die hemel versadig.
41
Hy het 'n rots oopgebreek en daar het water uitgestroom
wat soos 'n rivier deur die dorre gebied gevloei het.
42
Ja, Hy het sy heilige belofte
aan sy dienaar Abraham gestand gedoen
43
en sy volk juigend,
sy uitverkorenes jubelend laat voorttrek.
44
Vir hulle het Hy
die heidene se lande gegee;
wat deur ander volke met moeite verkry is,
het hulle in besit geneem.
45
Daarom moet hulle sy voorskrifte gehoorsaam
en sy wil doen.
Prys die Here!
1
Prys die Here!2
Wie kan die magtige dade van die Here onder woorde bring?
Wie kan sy lof ten volle verkondig?
3
Dit gaan goed met mense wat die reg handhaaf,4
Dink aan my, Here, in u liefde vir u volk,5
dat ek die voorspoed van u uitverkorenes mag aanskou
en mag deel in die blydskap van u volk,
my mag verheug saam met dié wat aan U behoort.
6
Ons het gesondig, net soos ons voorvaders,
ons het verkeerd gedoen, ons is skuldig.
7
Ons voorvaders het in Egipte nie ag geslaan op u magtige dade nie,
hulle het nie gedink aan al u dade van trou nie,
hulle het teen U in verset gekom by die Rietsee.
8
Maar Hy het hulle gered ter wille van die eer van sy Naam9
Hy het die Rietsee aangespreek en dit het opgedroog,
Hy het sy volk oor die seebodem laat trek soos oor droë grond.
10
So het Hy hulle gered uit die hand van hulle haters,11
Die waters het hulle teëstanders verswelg,
nie één het oorgebly nie.
12
Tóé het sy volk sy beloftes geglo
en sy lof besing.
13
Maar hulle het gou vergeet wat Hy gedoen het14
Hulle het skaamteloos meer kos geëis in die woestyn,
daar in die barre wêreld het hulle die geduld van God beproef.
15
Toe het Hy hulle gegee wat hulle gevra het,
maar hulle van siekte laat wegteer.
16
Langs die trekpad het hulle hulle in afguns teen Moses verset
en teen Aäron wat aan die Here gewy was.
17
Toe het die aarde geskeur en vir Datan verslind,
dit het die bende van Abiram verswelg.
18
'n Vuur het hulle hele bende verteer,
die goddelose het in die vlamme omgekom.
19
By Horeb het hulle 'n kalf gemaak,
voor 'n god van metaal gekniel.
20
Hulle het die magtige teenwoordigheid van God
verruil vir die beeld van 'n bees wat gras vreet.
21
So het hulle vir God, hulle redder, vergeet,22
wonderdade in die land van Gam,
magtige dade by die Rietsee.
23
Die Here wou hulle verdelg,
maar Moses, sy uitverkorene,
het by Hom vir hulle in die bres getree
om sy gramskap af te keer,
sodat Hy hulle nie vernietig het nie.
24
Hulle het 'n waardevolle land versmaai25
hulle het in hulle tente gesit en mor
en nie na die Here geluister nie.
26
Toe het Hy 'n eed afgelê
dat Hy hulle in die woestyn sou laat omkom,
27
hulle nageslag sou laat sterf onder heidense nasies,
hulle oor die wêreld sou verstrooi.
28
Hulle het Baäl-Peor aangehang29
Hulle het die Here uitgetart met wat hulle gedoen het,
en 'n plaag het onder hulle uitgebreek.
30
Pinehas het opgetree en die skuldiges gestraf,
en die plaag het opgehou.
31
Dié optrede is deur al die geslagte heen
vir Pinehas as 'n daad van geregtigheid toegereken.
32
Die volk het die Here se toorn by die Meribawaters laat ontvlam,
en Moses het die wrange vrugte van hulle optrede gepluk:
33
hulle het hom so verbitterd laat raak
dat hy onbesonne dinge gesê het.
34
Hulle het nie die ander volke uitgeroei35
maar hulle met die heidene vermeng
en húlle praktyke aangeleer:
36
hulle het die afgode van die heidene begin dien
en daarin verstrik geraak.
37
Hulle het hulle seuns en dogters aan veldduiwels geoffer
38
en onskuldige bloed vergiet,
die bloed van hulle seuns en dogters
wat hulle aan die afgode van Kanaän geoffer het.
So is die land met bloed bevlek.
39
Die volk het hulle verontreinig deur hulle optrede
en het troubreuk gepleeg deur hulle dade.
40
Die toorn van die Here het teen sy volk ontvlam,
Hy het 'n weersin gekry in die volk wat aan Hom behoort
41
en hulle aan heidene oorgegee,
sodat hulle haters oor hulle geheers het.
42
Hulle vyande het hulle verdruk
en hulle onder hulle gesag laat buig.
43
Talle kere het die Here sy volk gered,44
Tog het Hy sy oë nie vir hulle nood gesluit nie;
Hy het hulle smeekgebede verhoor.
45
Ter wille van hulle het Hy aan sy verbond gedink,
en in sy groot liefde was Hy genadig.
46
Hy het hulle medelye laat vind
by dié wie se gevangenes hulle was.
47
Red ons, Here ons God,48
Aan die Here die God van Israel kom die lof toe1
“Loof die Here, want Hy is goed,2
So moet die mense sê wat deur die Here bevry is,
dié wat Hy uit hulle nood bevry het
3
en uit baie lande versamel het,
uit die ooste en die weste,
die noorde en die suide.
4
Party was verdwaal in die woestyn, in 'n barre wêreld,5
Hulle was honger en dors,
hulle was uitgeput,
6
maar in hulle nood het hulle na die Here geroep om hulp
en Hy het hulle gered uit hulle ellende.
7
Hy het hulle op die regte pad gebring
en by 'n bewoonde stad laat uitkom.
8
Hulle moet die Here loof vir sy troue liefde,
vir sy wonderdade wat Hy aan mense doen.
9
Hy het die dors geles van dié wat versmag het,10
Party het in die donker gesit, in diep duisternis,11
want hulle het hulle verset teen die bevele van God,
hulle het die leiding van die Allerhoogste in die wind geslaan.
12
Hy het hulle laat knak onder swaarkry,
hulle het inmekaar gesak, en niemand het gehelp nie.
13
Maar in hulle nood het hulle na die Here geroep om hulp,
en Hy het hulle bevry van hulle ellende.
14
Hy het hulle uit die donker, uit die diep duisternis, laat uitkom,
Hy het hulle boeie stukkend gebreek.
15
Hulle moet die Here loof vir sy troue liefde,
vir sy wonderdade wat Hy aan mense doen,
16
want Hy het koperdeure oopgebreek,
ystergrendels stukkend geslaan.
17
Party het dwaas opgetree,18
Alle kos het hulle laat walg,
en hulle het by die dood omgedraai,
19
maar in hulle nood het hulle na die Here geroep om hulp,
en Hy het hulle bevry van hulle ellende.
20
Hy het hulle met 'n enkele woord gesond gemaak,
hulle aan die dood laat ontkom.
21
Hulle moet die Here loof vir sy troue liefde,
vir sy wonderdade wat Hy aan mense doen.
22
Hulle moet dankoffers bring
en met blydskap van sy dade getuig.
23
Party het met skepe die see bevaar24
Hulle het die werk van die Here ervaar,
sy wonderdade op die diep waters.
25
Op sy bevel het 'n stormwind opgesteek
en die golwe opgejaag.
26
Die skepe het hemelhoog gestyg
en na die dieptes afgeduik.
Die bemanning was radeloos van angs
27
en het soos dronk mense gesteier en gewaggel;
al hulle seemanskuns het niks gehelp nie.
28
Maar in hulle nood het hulle na die Here geroep om hulp,
en Hy het hulle veilig uit hulle ellende gelei.
29
Hy het die stormwind stilgemaak,
en die golwe van die see het bedaar.
30
Die seevaarders het hulle verheug oor die kalmte.
God het hulle veilig gelei na die hawe waar hulle wou kom.
31
Hulle moet die Here loof vir sy troue liefde,
vir sy wonderdade wat Hy aan mense doen.
32
Hulle moet van sy grootheid getuig in die volksvergadering,
Hom prys in die byeenkoms van die leiers.
33
Hy verander waterryke gebied in woestyn,34
Hy maak vrugbare grond brak
oor die slegte dade van dié wat daar woon.
35
Hy verander woestyngebied in rietvlei,36
en laat honger mense hulle daar vestig
dat hulle stede kan stig om in te woon.
37
Hulle bewerk lande en plant wingerde,
en dié lewer hulle oeste.
38
Hy seën hulle en hulle word vinnig meer,
Hy laat hulle vee nie minder word nie.
39
En as die mense minder word en wegkwyn40
dan is dit die magtiges wat Hy tref met vernedering
en wat Hy laat ronddwaal in 'n wilde wêreld sonder pad.
41
Hy beskerm die armes teen verdrukking
en maak hulle nakomelinge so talryk soos kleinvee.
42
As die opregtes dit sien, is hulle bly:43
Wie verstandig is, moet op hierdie dinge ag gee,
hulle moet let op die Here se dade van trou.
1
'n Lied. 'n Psalm van Dawid.2
Ek voel weer veilig, o God,
ek wil 'n lied sing, ja, ek wil sing,
3
ek wil vroeg opstaan,
met harp en lier wil ek die rooidag wakker maak!
4
Onder die volke wil ek U loof, Here,
onder die nasies u lof besing,
5
want u liefde reik tot in die hemel,
u trou tot in die wolke.
6
Toon u grootheid, o God, hoog bo die hemel,7
Verlos ons deur u groot mag, en help ons,
sodat hulle vir wie U liefhet, gered kan word.
8
God het in sy heilige woning gesê:9
Aan My behoort Gilead,
aan My behoort Manasse!
Efraim is my vernaamste vesting,
Juda my koninklike gebied.
10
Moab is tot my beskikking,
Edom neem Ek in besit,
oor Filistea juig Ek as oorwinnaar.”
11
Wie sal ons na Edom toe lei,12
U het ons verstoot, o God,
U trek nie saam met ons leërs uit nie, o God!
13
Help U ons tog teen die vyand,
want die hulp van mense — dit is niks.
14
Met God aan ons kant sal ons oorwin,
Hy self sal ons vyande vertrap.
1
Vir die koorleier. Van Dawid. 'n Psalm. U is die God wat ek altyd loof,2
Dit is goddelose mense en leuenaars wat my aankla.
Hulle getuig vals teen my,
3
met woorde vol haat tref hulle my van alle kante,
sonder enige rede val hulle my aan.
4
My liefde beantwoord hulle met vyandskap,
en dit terwyl ek nog altyd vir hulle gebid het.
5
So vergeld hulle my met kwaad vir goed
en haat vir liefde, en hulle sê:
6
“Stel 'n misdadiger aan as sy regter,
laat een wat vyandig is, hom aankla;
7
sorg dat hy skuldig bevind word,
laat selfs sy gebed teen hom tel as 'n misdaad.
8
Laat sy lewe kort wees
en laat 'n ander sy amp oorneem!
9
Mag sy kinders wees word,
sy vrou 'n weduwee!
10
Laat sy kinders as bedelaars rondswerf
en tussen die puinhope van hulle huise kos soek.
11
Laat die skuldeiser beslag lê op al sy besittings,
laat vreemdes plunder wat hy met moeite bymekaargemaak het!
12
Laat niemand aan hom liefde bewys nie,
laat niemand hom die lot van sy kinders aantrek nie.
13
Laat sy nageslag uitgeroei word,
laat hulle naam binne een geslag uitgewis wees!
14
Mag die Here die ongeregtigheid van sy voorvaders nie vergeet nie,
mag die sonde van sy moeder nooit uitgewis word nie!
15
Laat dit voortdurend vir die Here bly bestaan,
maar laat hulle naam van die aarde af gevee word
16
omdat hy nie daaraan gedink het om liefde te bewys nie:
hy het die mens in nood en die arme,
dié wat plat geslaan is, tot die dood toe vervolg.
17
Hy het graag vervloek, laat die vloek hóm tref!
Hy het nie graag geseën nie, laat seën ver van hóm af wees!
18
Om mense te vervloek, is vir hom soos klere dra,
soos water drink,
soos lyfolie aansmeer.
19
Laat sy vloek hom aankleef soos sy klere,
soos 'n gordel wat hy deurentyd dra!”
20
Mag die Here dit alles oor my teëstanders laat kom,21
U is die Here my God,
handel met my só dat u Naam geëer sal word.
U is goed en getrou, red my tog.
22
Ek is hulpeloos en arm,
my hart is inmekaargekrimp in my.
23
Soos 'n skaduwee wat lank word, is my einde naby,
en ek word weggevee soos 'n sprinkaan.
24
My knieë knak al soos ek gevas het,
my liggaam is uitgeteer en maer.
25
Ek het die spot van die mense geword;
hulle kyk met veragting na my
en knik met voldoening die kop.
26
Help my, Here my God,27
dat mense kan weet dat dit u hand is,
U, Here, wat dit gedoen het.
28
Húlle vloek my, maar U sal my seën.
Hulle kla my aan, maar hulle sal verloor,
en ek, u dienaar, sal bly wees.
29
Laat my teëstanders met skande oordek word,
laat vernedering hulle aankleef soos hulle klere.
30
Dan sal ek my lof aan die Here laat weerklink
en Hom voor 'n groot skare prys,
31
want Hy staan by die arme
en red hom van dié wat hom ter dood wil veroordeel.
1
Van Dawid. 'n Psalm. Die Here het vir my heer die koning gesê:2
As die Here die septer, simbool van u mag,3
U volk is gereed
vir die dag waarop u u magte monster.
U jongmanne is u krag
as hulle teen dagbreek aantree,
geklee vir die heilige stryd.
4
Die Here het 'n eed afgelê5
Die Here gee u die oorwinning,6
Hy straf die nasies,
Hy verdelg hulle leiers,
Hy laat die wêreld vol lê van hulle lyke.
7
Die koning drink water uit die stroom langs die pad,1
Prys die Here! Met my hele hart wil ek die Here loof2
Die werke van die Here is groot,
almal wat daarin vreugde vind, dink daaroor na.
3
Sy dade is vol majesteit en luister,
sy trou staan vir altyd vas.
4
Hy sorg dat sy magtige dade nie vergeet word nie.
Genadig en barmhartig is die Here.
5
Hy voed dié wat Hom dien,
Hy hou sy verbond altyd in stand.
6
Hy het sy volk die krag van sy dade laat ervaar,
Hy het aan hulle die land van ander nasies gegee.
7
Wat Hy doen, getuig van trou en reg,
al sy voorskrifte staan vas,
8
hulle is vir altyd geldig,
hulle is gegee in trou en regverdigheid.
9
Hy het vryheid vir sy volk bewerk,
sy verbond vir altyd ingestel.
Sy Naam is heilig, dit wek ontsag.
10
Wysheid begin met die dien van die Here;
almal wat dit doen, het ware insig.
Die roem van die Here hou altyd stand.
1
Prys die Here! Dit gaan goed met elkeen wat die Here dien,2
Sy nageslag is 'n sterk krag in die land,
die geslag van die opregte word geseën:
3
daar is oorvloed en rykdom in sy huis.
Wat hy doen, is reg en blywend:
4
hy laat sy lig in die donker uitstraal vir die opregtes,
hy is genadig, barmhartig en regverdig.
5
Dit is 'n goeie mens wat hom ontferm en wat uitleen
en in al sy sake reg optree.
6
Die regverdige sal nooit wankel nie,
hy sal altyd onthou word.
7
Vir slegte tyding is hy nie bevrees nie,
hy is gerus, hy vertrou op die Here.
8
Hy voel hom veilig, hy is nie bevrees nie:
hy sal die neerlaag van sy vyande aanskou.
9
Hy gee mildelik vir die armes.
Wat hy doen, is reg en blywend.
Hy geniet hoë aansien.
10
Die goddelose sien dit en raak ontsteld,
hy kners op sy tande van magteloosheid.
Van die begeertes van die goddelose kom daar niks.
1
Prys die Here! Prys, dienaars van die Here,2
Die Naam van die Here moet geloof word,
nou en vir altyd.
3
Van waar die son opkom tot waar dit ondergaan,
moet die Naam van die Here geprys word!
4
Hoog bo al die nasies heers die Here,
sy mag strek selfs oor die hemele.
5
[5-6] Wie in die hemel of op die aarde
is soos die Here ons God,
wat hoog woon en hier onder alles sien?
6
7
Die geringe help Hy op uit die stof,
die arme laat Hy van die ashoop af opstaan
8
om hom by vernames te laat sit,
by die vernames van sy volk.
9
Aan die kinderlose skenk Hy 'n huisgesin,
sy word 'n gelukkige moeder van kinders.
Prys die Here!
1
Toe Israel uit Egipte getrek het,2
het Juda sy gewyde besit geword
en Israel sy magsgebied.
3
Die see het dit gesien en op die vlug geslaan,4
die berge het rondgespring soos ramme,
die rante soos lammers.
5
Wat is dit met jou, see, dat jy op die vlug slaan,6
berge, dat julle soos ramme rondspring,
en julle, rante, soos lammers?
7
Bewe, aarde, as die Here verskyn,8
Hy wat rots in waterkuile verander,
harde klip in fonteine.
1
Nie aan ons nie, Here, nie aan ons nie,2
Waarom sou die heidene kan sê:3
En dit terwyl ons God in die hemel is!
Alles wat Hy wil, doen Hy.
4
Wat húlle het, is afgode, van silwer en goud,
die werk van mensehande.
5
'n Mond het hulle, maar praat kan hulle nie,
oë het hulle, maar sien kan hulle nie;
6
ore het hulle, maar hoor kan hulle nie;
'n neus het hulle, maar ruik kan hulle nie.
7
Hulle hande, daarmee kan hulle nie voel nie,
hulle voete, daarmee kan hulle nie loop nie.
Daar kom geen geluid uit hulle keel nie.
8
Wie hulle maak en op hulle vertrou,
sal net soos hulle word.
9
Israel, vertrou op die Here!10
Huis van Aäron, vertrou op die Here!
Hy help en beskerm jou.
11
Julle wat die Here dien, vertrou op die Here!
Hy help en beskerm julle.
12
Die Here dink aan ons: Hy seën,13
Hy seën dié wat Hom dien,
klein en groot.
14
Mag die Here julle talryk maak,15
Mag die Here julle seën,
Hy wat hemel en aarde gemaak het.
16
Die hemel is net vir die Here,
maar die aarde het Hy aan die mense gegee.
17
Nie die dooies prys die Here nie,18
maar óns, ons prys die Here, nou en vir altyd!
Prys die Here!
1
Ek het die Here lief,2
Hy het na my geluister toe ek Hom aangeroep het.3
Bande van die dood het my omsluit,
doodsangs het my aangegryp,
ek het benoud en bekommerd geword.
4
Toe het ek die Naam van die Here aangeroep:
“Here, red my tog!”
5
Die Here is genadig en regverdig,
ons God ontferm Hom oor ons.
6
Die Here beskerm die hulpeloses:
ek was magteloos, maar Hy het my gered.
7
Ek moet nou tot rus kom,8
U het my van die dood gered,
U het 'n einde gemaak aan my trane,
U het gesorg dat ek nie weer struikel nie.
9
Ek kon voor die Here bly wandel
in die land van die lewendes.
10
Ek het in U bly glo,
selfs toe ek gedink het dit is klaar met my
11
en toe ek in my vertwyfeling besef het:
ek kan op geen mens staatmaak nie.
12
Hoe sal ek die Here vergoed13
Met 'n drankoffer sal ek van sy redding getuig
en die Naam van die Here aanroep.
14
My geloftes aan die Here sal ek betaal
in die teenwoordigheid van sy hele volk.
15
Vir die Here is die dood van sy troue dienaars geen geringe saak nie.16
Ek is u dienaar, Here,
van my geboorte af is ek al u dienaar:
U het my vry gemaak.
17
Ek wil U loof met 'n dankoffer,
ek wil die Naam van die Here aanroep.
18
My geloftes aan die Here sal ek betaal
in die teenwoordigheid van sy hele volk,
19
in die voorhowe van die huis van die Here,
binne-in jou, Jerusalem!
Prys die Here!
1
Prys die Here, alle nasies,2
want sy liefde vir ons is sterk,
aan die trou van die Here is daar geen einde nie!
Prys die Here!
1
Loof die Here, want Hy is goed, aan sy liefde is daar geen einde nie!2
Israel moet getuig: “Aan sy liefde is daar geen einde nie.”3
Die huis van Aäron moet getuig: “Aan sy liefde is daar geen einde nie.”4
Dié wat die Here dien, moet getuig: “Aan sy liefde is daar geen einde nie.”5
In my nood het ek na die Here geroep,6
Die Here is by my, ek ken geen vrees nie;
wat kan 'n mens aan my doen?
7
Die Here is by my, Hy help my:
ek sal neerkyk op dié wat my haat.
8
Om by die Here te skuil,
is beter as om op mense te vertrou.
9
Om by die Here te skuil,
is beter as om op hoë mense te vertrou.
10
Nasies het van alle kante af op my afgestorm.11
Hulle het my omsingel, my van alle kante bestorm.
In die Naam van die Here het ek hulle aanval afgeslaan.
12
Hulle het soos bye om my gepak,
maar hulle het verdwyn soos doringtakke in 'n vuur.
In die Naam van die Here het ek hulle aanval afgeslaan.
13
My vyande wou my platloop en my ondergang bewerk,14
Die Here is my krag en my beskerming.
Dit is Hy wat my gered het!
15
Hoor die gejuig in die laer van die oorwinnaars:
“Die Here doen kragtige dade,
16
die Here triomfeer,
die Here doen kragtige dade!”
17
Ek sal nie sterwe nie, ek sal lewe
en van die dade van die Here getuig.
18
Die Here het my swaar gekasty,
maar my nie aan die dood oorgegee nie.
19
Maak die tempelpoort vir my oop:20
Dit is die poort na die Here toe;
regverdiges mag daardeur ingaan.
21
Ek wil U loof omdat U my gebed verhoor
en my gered het.
22
Die klip wat deur die bouers afgekeur is,23
Dit is deur die Here gedoen
en is 'n wonder in ons oë!
24
Dit is die dag wat die Here gemaak het;
laat ons daaroor juig en bly wees.
25
Red tog, Here,
gee tog voorspoed, Here!
26
Prys hom wat in die Naam van die Here kom!
Ons seën julle uit die huis van die Here.
27
Die Here is God; Hy skenk ons die lewe.
Begin die fees! Wuif met takke!
Gaan tot by die horings van die altaar.
28
U is my God, U wil ek loof;29
Loof die Here, want Hy is goed,
1
Dit gaan goed met dié wat onberispelik lewe,2
Dit gaan goed met dié wat sy verordeninge gehoorsaam,
dié wat met hulle hele hart sy wil doen,
3
geen onreg pleeg nie
en in sy weë wandel.
4
U het u bevele gegee
dat dit ten volle uitgevoer moet word.
5
As ek tog maar net op 'n vaste koers kan bly
en my aan u voorskrifte kan hou!
6
As ek al u gebooie in ag neem,
sal ek nooit raad-op wees nie.
7
U bepalings is regverdig;
as ek hulle ter harte neem,
sal ek U loof met 'n opregte hart.
8
Ek sal my aan u voorskrifte hou:
moet my tog nooit verlaat nie.
9
Hoe kan 'n jongmens sy lewe skoon hou?10
Ek wil aan U gehoorsaam wees met my hele hart,
laat my nie afwyk van u gebooie nie.
11
Aan u beloftes hou ek vas,
dit weerhou my van sonde teen U.
12
Aan U kom die lof toe, Here,
leer my u voorskrifte.
13
Al u bepalings wil ek een vir een opnoem.
14
Om volgens u verordeninge te lewe,
gee my meer vreugde as al die rykdom van die wêreld.
15
U bevele bly my altyd by.
Ek gee ag op die pad wat U aanwys.
16
Ek verlustig my in u voorskrifte,
u woord vergeet ek nie.
17
Doen goed aan u dienaar, dan sal ek lewe18
Maak my oë oop
dat ek die kragtige werking van u wet ervaar.
19
Hier op aarde is ek net op u beskerming aangewese:
laat my tog nie sonder u gebooie wees nie.
20
Ek kwyn weg van verlange na u bepalings.
21
U straf die hovaardiges,
die vervloektes wat van u gebooie afwyk.
22
Keer tog dat ek nie beledig of gesmaad word nie,
want ek kom u verordeninge na.
23
Selfs al smee mense wat mag het, komplotte teen my,
ek sal my hou aan wat U neergelê het.
24
U verordeninge is my vreugde,
hulle is my raadgewers.
25
Ek verkeer in doodsgevaar,26
Ek het my lewensloop aan U bekend gemaak
en U het my gebed verhoor;
leer my u voorskrifte.
27
Leer my hoe om u bevele uit te voer.
Ek wil van u magtige dade vertel.
28
Ek kwyn weg van kommer,
skenk my krag soos U in u woord beloof het.
29
Hou valsheid ver van my af,
wees my genadig, leer my u wet.
30
Ek kies die betroubare pad,
ek lewe volgens u bepalings.
31
Ek hou vas aan u verordeninge, Here,
moet tog nie dat my lewe 'n teleurstelling word nie.
32
Ek is gretig om u gebooie te gehoorsaam,
want U verryk my lewe.
33
Here, leer my hoe om u voorskrifte uit te voer,34
Gee my insig, dat ek u wet kan gehoorsaam
en dit met my hele hart kan onderhou.
35
Laat my wandel volgens u gebooie,
want daarin vind ek vreugde.
36
U verordeninge, laat dié my na aan die hart lê,
nie die begeerte om myself te verryk nie.
37
Weerhou my van 'n nuttelose lewe,
laat my leef op die weg wat U aanwys.
38
Vervul ook aan my die belofte
wat U gegee het aan dié wat U dien.
39
Die venyn van mense, daarvoor is ek bang,
moenie dat dit my tref nie.
Maar u bepalings, dié is goed.
40
Ek wil u bevele nakom.
Hou my in die lewe, want U is getrou.
41
Bewys aan my u troue liefde, Here,42
Dan sal ek dié wat my vals beskuldig, kan antwoord,
want ek vertrou op u woord.
43
Weerhou my tog van alles wat onwaar is.
In u bepalings stel ek my vertroue.
44
Ek wil u wet my hele lewe lank onderhou.
45
My lewe sal veilig wees,
want ek vra steeds wat u bevele is.
46
Selfs voor die hoogste gesag sal ek u verordeninge
met vrymoedigheid aanhaal.
47
In u gebooie, wat ek liefhet, sal ek my verlustig.
48
Op u gebooie, wat ek liefhet, sal ek al my hoop vestig.
U voorskrifte sal my bybly.
49
Onthou tog u woord aan my,50
Dit is my troos in my ellende:
dat u belofte my in die lewe hou.
51
Ek moes die felle spot van hovaardige mense verduur,
maar van u wet het ek nie afgewyk nie.
52
Ek onderhou u bepalings van altyd af, Here:
dit gee my vertroue.
53
Ontsteltenis het my oorval
oor die goddeloses wat u wet verontagsaam.
54
U voorskrifte is vir my 'n lied
in my lewe hier op aarde.
55
Selfs in die nag dink ek aan U, Here,
en is ek gehoorsaam aan u wet.
56
Om u bevele uit te voer,
is vir my die lewe.
57
Ek het gesê: “Dít is my lewe, Here,58
Ek smeek U met my hele hart:
“Wees my genadig, soos U beloof het.
59
Ek het die koers van my lewe oordink
en na u verordeninge teruggekeer.
60
Ek talm nie, ek haas my
om u gebooie te onderhou.”
61
Die goddeloses wou my in hulle strikke kry,
maar ek het u wet nie verontagsaam nie.
62
Selfs in die middel van die nag staan ek op
om U te loof vir u regverdige bepalings.
63
Ek is 'n vriend van almal wat U dien
en u bevele gehoorsaam.
64
Die aarde is vol van u troue liefde, Here.
Leer my u voorskrifte.
65
U het aan my goed gedoen, Here,66
Gee my goeie insig en kennis,
want ek stel my vertroue in u gebooie.
67
Voordat ek swaargekry het, het ek gedwaal,
maar nou hou ek my aan u woord.
68
U is goed en U doen goed;
leer my u voorskrifte.
69
Hovaardige mense beswadder my,
maar ek voer u bevele uit met my hele hart.
70
Hulle staan koud teenoor u wet,
maar ék verlustig my daarin.
71
Dit is vir my goed dat ek swaargekry het,
want daardeur het ek u voorskrifte geleer.
72
U wet is vir my kosbaarder
as 'n oorvloed van goud en silwer.
73
Met u eie hande het U my gemaak, my gevorm;74
Dié wat U dien, is bly as hulle my sien,
want ek vertrou op u woord.
75
Ek weet, Here, dat u bepalings regverdig is.
Dat U my laat swaarkry, is 'n teken van u trou.
76
Gee tog vir my uitkoms deur u troue liefde,
soos U my beloof het.
77
Ontferm U oor my, dat ek kan lewe,
want ek verlustig my in u wet.
78
Laat die hovaardige mense die slegste daarvan afkom,
want hulle het my vals beskuldig;
u bevele bly my altyd by.
79
Laat dié wat U dien en u verordeninge ken,
aan my kant wees.
80
Laat my volledig by u voorskrifte bly,
sodat ek nooit raad-op sal wees nie.
81
Ek smag na u redding,82
Ek sien verlangend uit na die vervulling van u belofte
en vra: “Wanneer gee U tog vir my uitkoms?”
83
Ek het verskrompel soos 'n velsak in die rook,
maar u voorskrifte het ek nie verontagsaam nie.
84
Hoe lank moet ek nog so lewe?
Wanneer straf U my vervolgers?
85
Die hovaardiges, wat nie volgens u wet lewe nie,
het vir my meer as een keer 'n gat gegrawe om in te val.
86
Op al u gebooie kan ek my verlaat.
Help my, want dié mense vervolg my sonder rede.
87
Hulle het my byna van die aarde af laat verdwyn,
maar u bevele het ek nie verontagsaam nie.
88
Hou my in die lewe omdat U my liefhet,
dan sal ek u onderwysing gehoorsaam.
89
U woord, Here, staan vir altyd vas in die hemel.90
U trou is van geslag tot geslag;
U het die aarde gemaak, en dit staan vas.
91
Ja, wat U bepaal het, staan vandag nog vas,
alles is aan U onderworpe.
92
As ek my nie in u wet verlustig het nie,
het ek omgekom in my ellende.
93
Ek sal u bevele nooit verontagsaam nie,
want deur hulle het U my in die lewe gehou.
94
Ek behoort aan U, red my,
want ek vra steeds wat u bevele is.
95
Al staan die goddeloses gereed om my te vernietig,
u verordeninge sal ek in ag bly neem.
96
Ek het ondervind dat alle volmaaktheid perke het,
net u gebod het geen begrensing nie.
97
Hoe lief het ek u wet!98
U gebooie gee my meer insig as wat my vyande het,
en is altyd by my.
99
Ek munt uit bo al my leermeesters,
want u verordeninge bly my by.
100
Ek het meer insig as ouer mense,
want ek gehoorsaam u bevele.
101
Ek het my voete van elke verkeerde pad af gehou
sodat ek gehoorsaam kan wees aan u woord.
102
Van u bepalings het ek nie afgewyk nie,
want U het my dit geleer.
103
Hoe aangenaam is u woord,
soeter as heuning in die mond.
104
U bevele gee my insig,
daarom haat ek elke verkeerde pad.
105
U woord is die lamp wat my die weg wys,106
Ek het 'n eed afgelê, en daarby sal ek bly,
om my aan u bepalings te hou;
hulle is regverdig.
107
Ek ly swaar, Here,
hou my in die lewe, soos U beloof het.
108
Neem tog my dank aan, Here.
Leer my u bepalings.
109
My lewe is gedurig in gevaar,
maar u wet verontagsaam ek nie.
110
Die goddeloses stel vir my 'n strik,
maar van u bevele wyk ek nie af nie.
111
U verordeninge maak ek altyd my eie,
want hulle is vir my 'n vreugde.
112
Ek lê my daarop toe om u voorskrifte altyd uit te voer,
tot die einde toe.
113
Ek haat huigelary,114
By U skuil ek, U beskerm my,
in u woord stel ek my vertroue.
115
Gaan weg van my af, julle wat onreg doen;
ek sal aan die gebooie van my God gehoorsaam bly.
116
Laat my vas staan soos U beloof het, dat ek kan lewe,
dat ek nie teleurgestel sal wees in my verwagting nie.
117
Beskerm my, dan sal ek behoue bly
en u voorskrifte gedurig voor oë hou.
118
U verwerp almal wat van u voorskrifte afdwaal;
met hulle ontrou mislei hulle hulleself.
119
U verwyder al die goddeloses van die aarde af
soos waardelose skuim,
daarom het ek u verordeninge lief.
120
Ek sidder van vrees vir U,
ek het diepe ontsag vir u bepalings.
121
Ek het gedoen wat reg en regverdig is,122
Tree tog vir my in dat dit met my goed kan gaan,
moenie toelaat dat hovaardige mense my verdruk nie.
123
Ek smag na die bevryding wat U bring,
na u woord wat my red.
124
Handel met my volgens u troue liefde,
leer my u voorskrifte.
125
Ek is u dienaar: onderrig my tog in u verordeninge.
126
Dit is tyd dat die Here ingryp teen dié wat sy wet oortree.
127
Ek het u gebooie liewer as goud, as fyn goud.
128
Daarom leef ek nougeset volgens al u bevele
en haat ek elke verkeerde pad.
129
U verordeninge is wonderlik,130
Wanneer u woord vir mense oopgaan, bring dit lig;
dit gee insig aan dié wat nog onervare is.
131
Met my hele wese smag ek na u gebooie,
verlang ek daarna.
132
Sien my in genade aan
soos U altyd doen vir dié wat u Naam liefhet.
133
Laat u woord my op die regte pad hou;
moet tog nie dat enige kwaad die oorhand oor my kry nie.
134
Bevry my van veronregting deur mense.
Ek wil u bevele gehoorsaam.
135
Verskyn tog tot my redding,
leer my u voorskrifte.
136
My trane vloei sonder ophou
omdat die mense u wet nie onderhou nie.
137
U is regverdig, Here,138
In groot regverdigheid en trou het U u verordeninge uitgevaardig.
139
Ontsteltenis verteer my
omdat my teëstanders u woord verontagsaam.
140
U woord is baie suiwer,
ek het dit lief.
141
Al is ek gering en verag,
u bevele verontagsaam ek nie.
142
U is altyd getrou en regverdig,
u wet staan altyd vas.
143
Al oorval angs en benoudheid my,
in u gebooie bly ek my verlustig.
144
U verordeninge is altyd regverdig;
gee my insig daarin, dat ek kan lewe.
145
Ek roep na U met my hele hart,146
Ek roep na U, red my,
ek wil u verordeninge gehoorsaam.
147
In die oggendskemer al roep ek om hulp
en stel ek my vertroue in u woord.
148
Die hele nag lê ek wakker
en oorpeins ek u woord.
149
Handel volgens u liefde, Here, luister tog na my.
Laat u bepalings geld, hou my in die lewe.
150
Dié wat my met soveel lis vervolg, kom steeds nader,
maar van u wet af bly hulle ver.
151
U is by my, Here,
alles wat U gebied het, staan vas.
152
Van lankal af weet ek van u verordeninge
dat U hulle altyd vas laat staan.
153
Aanskou tog my ellende en red my,154
Behartig tog my saak en bevry my,
hou my in die lewe volgens u belofte.
155
Vir die goddeloses is daar nie uitkoms nie,
want hulle steur hulle nie aan u voorskrifte nie.
156
U barmhartigheid is groot, Here,
laat u bepalings geld, hou my in die lewe.
157
Ek het baie vervolgers en teëstanders,
maar van u verordeninge wyk ek nie af nie.
158
Ek het die verraad van die ontroues gesien,
en dit het my met walging vervul dat hulle u woord nie gehoorsaam nie.
159
Neem tog in ag dat ek u bevele liefhet, Here, hou my in die lewe omdat U my liefhet.
160
Op u woord kan 'n mens hom geheel en al verlaat.
Al u bepalings is regverdig. Hulle staan vas.
161
Maghebbers vervolg my sonder oorsaak,162
Oor u woord is ek so bly
soos iemand wat 'n groot skat in die hande gekry het.
163
Ek haat en verafsku leuens,
maar u wet het ek lief.
164
Ek loof U soveel keer elke dag oor u bepalings.
Hulle is regverdig.
165
Vir dié wat u wet liefhet, is daar groot sekerheid;
niks kan hulle laat struikel nie.
166
Ek vestig my hoop op hulp van U, Here,
u gebooie gehoorsaam ek.
167
Ek kom u verordeninge na,
ek het hulle baie lief.
168
U bevele en verordeninge gehoorsaam ek.
My hele lewe lê oop voor U.
169
Gee tog ag op my geroep, Here,170
Luister tog na my smeekgebed,
red my volgens u belofte.
171
Die lof sal oor my lippe stroom,
want U leer my u voorskrifte.
172
Ek sal u woord besing,
want al u gebooie is regverdig.
173
Help my tog altyd,
want ek stel u bevele eerste.
174
Ek smag na u hulp, Here,
in u wet vind ek my vreugde.
175
Laat my lewe dat ek U kan loof,
laat u bepalings my steun wees.
176
As ek sou ronddwaal
soos 'n skaap wat weggeraak het,
soek my dan,
want u gebooie het ek nie verontagsaam nie.
1
'n Pelgrimslied. In my nood het ek na die Here geroep2
Red my uit die mag van leuenaars, Here,
uit die mag van bedrieërs.
3
Wat sal God aan jou doen, jou bedrieër?4
Hy sal jou tref met die skerp pyle van 'n krygsman,
met gloeiende kole.
5
Hoe ellendig was dit toe ek as vreemdeling in Mesek gewoon het6
Te lank moes ek woon by mense wat vrede haat.
7
Ek het vrede begeer,
maar sodra ek iets gesê het, was hulle op oorlog uit!
1
'n Pelgrimslied. Ek kyk op na die berge:2
My hulp kom van die Here
wat hemel en aarde gemaak het.
3
Hy sal nie toelaat dat jy struikel nie;
Hy wat jou beskerm, slaap nooit nie.
4
Waarlik, die Beskermer van Israel sluimer nie in nie
en Hy slaap nie.
5
Die Here beskerm jou,
die Here bewaar jou van alle gevare.
6
Bedags sal die son jou nie steek nie
en snags sal die maan jou nie kwaad doen nie.
7
Die Here sal jou beskerm teen alle gevaar,
jou lewe sal Hy beskerm.
8
Hy sal jou beskerm waar jy ook gaan,
nou en vir altyd.
1
'n Pelgrimslied. Van Dawid. Ek was bly toe hulle vir my gesê het:2
En nou is ons hier binne-in jou, Jerusalem!
3
Jerusalem is die stad wat stewig gebou is,
4
waarheen die stamme kom,
die stamme van die Here.
Dit is 'n voorskrif vir Israel
om die Naam van die Here hier te loof.
5
Hier word reg gespreek,
hier lewer die koning sy uitsprake,
die koning uit die geslag van Dawid.
6
Bid dat Jerusalem vrede mag hê,
dat hulle wat hom liefhet, rustig mag woon.
7
Mag daar vrede wees binne jou mure,
rus in jou wonings.
8
Ter wille van my broers en my vriende
wens ek jou vrede toe.
9
Ter wille van die huis van die Here ons God
bid ek dat dit met jou goed sal gaan.
1
'n Pelgrimslied. Ek sien na U op,2
Soos die oë van 'n slaaf
gerig is op die hand van sy eienaar,
soos die oë van 'n slavin
gerig is op die hand van haar eienares,
so is ons oë gerig op die Here ons God,
totdat Hy Hom oor ons ontferm.
3
Ontferm U oor ons, Here, ontferm U oor ons,
want ons het meer as genoeg veragting gehad,
4
meer as genoeg spot van oormoedige mense,
veragting van hovaardiges.
1
'n Pelgrimslied. Van Dawid. As die Here ons nie gehelp het nie,2
as die Here ons nie gehelp het
toe mense ons aangeval het nie,
3
dan het hulle ons lewendig verslind
toe hulle woede teen ons ontvlam het;
4
dan het die waters ons weggespoel
en die vloed ons oorweldig;
5
dan het die skuimende waters ons oorweldig.
6
Aan die Here kom die lof toe:
Hy het nie toegelaat dat ons hulle prooi word nie.
7
Ons is bevry soos 'n voël uit die wip van 'n voëlvanger;
die wip het gebreek en ons was vry!
8
Ons hulp kom van die Here
wat hemel en aarde gemaak het.
1
'n Pelgrimslied. Dié wat op die Here vertrou,2
Soos die berge Jerusalem aan alle kante beskerm,
so beskerm die Here sy volk,
nou en vir altyd.
3
Oor die grondgebied van die regverdiges4
Here, doen goed aan dié wat goed is,5
Maar dié wat die verkeerde pad loop,
mag die Here hulle vernietig
saam met dié wat onreg doen.
1
'n Pelgrimslied. Toe die Here die lot van Sion verander het,2
Ons het gelag en gesing.
Onder die nasies het hulle gesê:
“Die Here het groot dinge aan hierdie mense gedoen.”
3
Die Here hét groot dinge aan ons gedoen;
ons was bly.
4
Verander tog ook nou ons lot, Here,5
Wie met trane saai, sal die oes met gejuig inbring.
6
Al loop hy en huil terwyl hy die saaisak dra,
hy kom juigend terug
terwyl hy sy gerwe dra.
1
'n Pelgrimslied. Van Salomo. As die Here die huis nie bou nie,2
Tevergeefs dat julle vroeg opstaan
en laat gaan slaap
om met moeite 'n bestaan te maak.
Vir dié wat Hy liefhet,
gee die Here dit in hulle slaap.
3
Seuns is geskenke van die Here,
kinders word deur Hom gegee.
4
Soos pyle in die hand van 'n krygsman,
so is seuns wat gebore is toe hulle vader nog jonk was.
5
Dit gaan goed met die man wat sy pylkoker so gevul het!
Sulke mense het niks te vrees
as hulle met die vyand in die stadspoort onderhandel nie.
1
'n Pelgrimslied. Dit gaan goed met elkeen wat die Here dien2
Die vrug van jou arbeid sal jy geniet,
gelukkig en voorspoedig sal jy wees.
3
Jou vrou is in jou huis soos 'n vrugbare wingerdstok,
jou seuns is rondom jou tafel soos jong olyfboompies!
4
Kyk, so word die man geseën wat die Here dien.
5
Mag die Here jou seën uit Sion,
dat jy die voorspoed van Jerusalem kan aanskou
al die dae van jou lewe,
6
en dat jy jou kindskinders mag sien.
1
'n Pelgrimslied. Hulle het my van jongs af swaar verdruk,2
hulle het my van jongs af swaar verdruk,
maar hulle kon my nie onderkry nie.
3
Hulle het van my rug 'n ploegland gemaak
en daar lang vore op getrek.
4
Die Here is regverdig,
Hy het die bande losgesny
waarmee die goddeloses my gebind het.
5
Mag almal wat vir Sion haat, self tot niet gaan,6
mag hulle wees soos gras op 'n dak:
dit verdroog nog voor dit behoorlik uitgespruit het
7
en daar is niks om af te sny
en in bondels weg te dra nie.
8
Niemand wat daar verbygaan, sal die groet:
“Die Here het julle geseën,
ons seën julle in die Naam van die Here,”
kan uitspreek nie.
1
'n Pelgrimslied. Uit die dieptes roep ek na U, Here,2
luister tog na my, Here,
hoor tog my hulpgeroep.
3
As U ons sondes in aanmerking sou neem, Here,
wie sou dan nog bestaan?
4
Maar by U ís daar vergifnis:
daarom word U steeds gedien.
5
Ek stel my vertroue in die Here, ek vertrou op Hom,6
Ek wag op die Here
meer as wat die wagte op die môre wag,
wagte op die môre.
7
Wag op die Here, Israel,8
Hy alleen sal Israel verlos
van al sy sondes.
1
'n Pelgrimslied. Van Dawid. Selfverheffing en hoogmoed2
Ek het rus en kalmte gevind.
Soos 'n kindjie wat by sy moeder tevredenheid gevind het,
so het ek tevredenheid gevind.
3
Wag op die Here, Israel,
nou en vir altyd.
1
'n Pelgrimslied. Dink tog aan Dawid, Here,2
aan die eed wat hy teenoor die Here afgelê het,
sy gelofte aan die magtige God van Jakob:
3
“Ek sal nie in my slaapkamer ingaan nie
en nie op die bed wat vir my reggemaak is, gaan lê nie,
4
ek sal my geen slaap gun nie,
en sal nie eens insluimer nie,
5
totdat ek 'n plek vir die Here gereed gemaak het,
'n woning vir die magtige God van Jakob!”
6
Ons het van die verbondsark gehoor in Efrata,7
Kom ons gaan sy woning binne,
kom ons buig daar in aanbidding voor Hom.
8
Kom na u rusplek toe, Here,
U en die ark, die teken van u mag.
9
Gee aan u priesters die oorwinning,
laat u troue dienaars juig.
10
Ter wille van u dienaar Dawid,
moet tog nie u gesalfde verstoot nie.
11
Die Here het 'n eed teenoor Dawid afgelê,12
As jou nakomelinge hulle aan my verbond hou
en aan die verordeninge wat Ek hulle leer,
sal ook hulle seuns vir altyd op jou troon heers.”
13
Ja, die Here het Sion gekies14
“Dit is my rusplek vir altyd;
hier wil Ek woon, dit is my begeerte.
15
Ek sal Sion ryklik seën met wat hy nodig het,
aan sy armes voedsel in oorvloed skenk.
16
Ek sal aan sy priesters die oorwinning gee
en my troue dienaars sal juig.
17
Daar sal Ek die heerskappy vir Dawid vestig,
vir my gesalfde 'n nageslag op die troon verseker.
18
Sy vyande sal Ek magteloos laat toekyk,
maar sý kroon sal bly skitter.”
1
'n Pelgrimslied. Van Dawid. Hoe goed, hoe mooi is dit2
Dit is soos reukolie3
Dit is soos die dou van Hermonberg
wat op die berge by Sion val.
1
'n Pelgrimslied. Kom, prys die Here,2
Hef julle hande in gebed op na die heiligdom
en prys die Here!
3
Mag die Here jou seën uit Sion,1
Prys die Here,2
julle wat in die tempel van die Here staan,
in die voorhowe van die tempel van ons God!
3
Prys die Here, want die Here is goed,
sing tot eer van sy lieflike Naam.
4
Die Here het Jakob vir Hom gekies,
Israel as die volk wat Syne is.
5
Ek weet, die Here is groot,6
Alles wat die Here wil, doen Hy,
in die hemel en op aarde,
in die see, in al die oseane.
7
Hy laat die wolke opkom oor die horison,
Hy maak die weerligstrale vir die reën
en bring die wind te voorskyn.
8
Hy het die eerstelinge in Egipte getref,9
Hy het oor jou, Egipte, groot en skrikwekkende dinge gebring,
oor die farao en al sy amptenare;
10
Hy het baie nasies verslaan
en magtige konings laat sneuwel:
11
koning Sihon van die Amoriete,
koning Og van Basan,
en al die konings in Kanaän.
12
Hy het hulle land as geskenk aan Israel gegee,
as geskenk aan sy volk.
13
Here, U is altyd daar,14
Die Here behartig die regsaak van sy volk:
Hy ontferm Hom oor sy dienaars.
15
Wat die nasies het, is afgode, van silwer en goud,16
'n mond het hulle, maar praat kan hulle nie,
oë het hulle, maar sien kan hulle nie;
17
ore het hulle, maar hoor kan hulle nie,
hulle haal nie asem nie.
18
Wie hulle maak en op hulle vertrou,
sal net soos hulle word.
19
Huis van Israel, loof die Here,20
huis van Levi, loof die Here,
julle wat die Here dien, loof die Here!
21
Aan die Here kom die lof uit Sion toe,
aan Hom wat in Jerusalem woon!
Prys die Here!
1
Loof die Here, want Hy is goed. Aan sy liefde is daar geen einde nie.2
Loof die oppermagtige God. Aan sy liefde is daar geen einde nie.3
Loof die magtigste van alle maghebbers. Aan sy liefde is daar geen einde nie.4
Hy het magtige dade gedoen, Hy alleen. Aan sy liefde is daar geen einde nie.5
Hy het die hemel met soveel insig gemaak. Aan sy liefde is daar geen einde nie.6
Hy het die aarde op die waters gevestig. Aan sy liefde is daar geen einde nie.7
Hy het die groot hemelligte gemaak, Aan sy liefde is daar geen einde nie.8
die son om te heers oor die dag, Aan sy liefde is daar geen einde nie.9
die maan en die sterre om te heers oor die nag. Aan sy liefde is daar geen einde nie.10
Hy het die Egiptenaars getref met die dood van hulle eersgeborenes Aan sy liefde is daar geen einde nie.11
en Israel onder hulle uit gelei Aan sy liefde is daar geen einde nie.12
met sy groot mag en krag. Aan sy liefde is daar geen einde nie.13
Hy het die Rietsee in twee gekloof Aan sy liefde is daar geen einde nie.14
en Israel daar deur laat trek, Aan sy liefde is daar geen einde nie.15
maar die farao met sy leërmag in die Rietsee gestort. Aan sy liefde is daar geen einde nie.16
Hy het sy volk deur die woestyn laat trek. Aan sy liefde is daar geen einde nie.17
Hy het groot konings oorwin, Aan sy liefde is daar geen einde nie.18
magtige konings laat sneuwel: Aan sy liefde is daar geen einde nie.19
koning Sihon van die Amoriete, Aan sy liefde is daar geen einde nie.20
koning Og van Basan. Aan sy liefde is daar geen einde nie.21
Hy het hulle land as geskenk gegee, Aan sy liefde is daar geen einde nie.22
as geskenk aan Israel, sy dienaar. Aan sy liefde is daar geen einde nie.23
Hy het aan ons gedink in ons vernedering Aan sy liefde is daar geen einde nie.24
en ons uit die mag van ons teëstanders bevry. Aan sy liefde is daar geen einde nie.25
Hy gee voedsel aan al wat lewe. Aan sy liefde is daar geen einde nie.26
Loof die God van die hemel! Aan sy liefde is daar geen einde nie.1
By die riviere van Babel,2
Aan die wilgerbome in daardie land
het ons ons liere opgehang
3
toe dié wat vir ons gevange weggevoer het,
ons gevra het om 'n lied te sing,
toe dié wat vir ons leed aangedoen het,
van ons vrolikheid wou hê:
“Sing vir ons 'n lied oor Sion!”
4
Hoe kan ons die lied van die Here sing5
As ek jou sou vergeet, Jerusalem,
mag my regterhand dan verlam raak.
6
Mag my tong aan my verhemelte vaskleef
as ek aan jou nie dink nie,
as Jerusalem nie my grootste vreugde bly nie.
7
Onthou die Edomiete, Here,8
Dat jy verwoes sal word, Babel, is seker.9
Gelukkig is hy wat jou babatjies gryp
en teen 'n klip verbrysel.
1
Van Dawid. Ek wil U met my hele hart loof.2
Ek wil na u heilige tempel toe buig
en u Naam roem om u liefde en trou,
want U het u Naam en u woord bo alles gestel.
3
Toe ek na U geroep het, het U my gebed verhoor
en my nuwe krag gegee.
4
Al die konings van die aarde sal U loof, Here,5
hulle sal sing oor wat die Here gedoen het,
want die mag van die Here is groot.
6
Ja, al is die Here hoog verhewe,
Hy gee om vir die nederige,
maar Hy sien van ver af deur die hoogmoedige.
7
As die nood my oorval,8
Die Here sal vir my alles goed laat afloop.
Aan u liefde, Here, is daar geen einde nie.
Moet tog nie die werk van u hande laat vaar nie.
1
Vir die koorleier. Van Dawid. 'n Psalm. Here, U sien dwarsdeur my,2
Of ek sit en of ek opstaan, U weet dit,
U ken my gedagtes nog voordat hulle by my opkom.
3
Of ek reis en of ek oorbly, U bepaal dit,
U is met al my paaie goed bekend.
4
Daar is nog nie 'n woord op my tong nie
of U, Here, weet wat dit gaan wees.
5
U omsluit my van alle kante,
U neem my in besit.
6
Dié wete oorweldig my,
dit is te hoog vir my begrip.
7
Waarheen sou ek gaan om u Gees te ontvlug?8
Klim ek op na die hemel, is U daar,
gaan lê ek in die doderyk, is U ook daar.
9
Vlieg ek na die ooste,
of gaan woon ek in die verre weste,
10
ook daar lei u hand my,
hou u regterhand my vas.
11
Ek sou die duisternis kon vra om my weg te steek,
of die lig rondom my om in nag te verander,
12
maar vir U is selfs die duisternis nie donker nie
en die nag so lig soos die dag,
duisternis so goed soos lig.
13
U het my gevorm,14
Ek wil U loof,
want U het my op 'n wonderbaarlike wyse geskep.
Wat U gedoen het,
vervul my met verwondering.
Dit weet ek seker:
15
geen been van my was vir U verborge
toe ek gevorm is waar niemand dit kon sien nie,
toe ek aanmekaargeweef is diep in die moederskoot.
16
U het my al gesien toe ek nog ongebore was,
al my lewensdae was in u boek opgeskrywe
nog voordat ek gebore is.
17
Hoe wonderlik is u gedagtes vir my, o God,
hoe magtig hulle almal!
18
As ek hulle sou wou opnoem —
hulle is meer as wat daar sand is,
en as ek daarmee klaar is,
sou ek nog steeds met U te doen hê.
19
As U tog maar die goddelose uit die weg wou ruim, o God!20
Dit is hulle wat bose planne teen U smee,
wat so vals teen U optree.
21
Moet ek u haters dan nie haat nie, Here,
moet ek nie 'n weersin hê in mense wat teen U in opstand is nie?
22
Ek haat hulle met 'n uiterste haat,
want hulle is ook my vyande.
23
Deurgrond my, o God, deurgrond my hart,24
Kyk of ek nie op die verkeerde pad is nie
en lei my op die beproefde pad!
1
Vir die koorleier. 'n Psalm van Dawid.2
Red my van mense wat sleg is, Here,
beskerm my teen mense wat geweld pleeg,
3
wat slegte dinge bedink
en elke dag vyandskap aanblaas.
4
Hulle tonge is so giftig soos slange,
hulle woorde so venynig soos adders.
5
Hou my uit die mag van die goddeloses, Here,6
Hovaardige mense stel vir my strikke,
hulle span toue om my te vang,
hulle stel 'n valstrik op my pad.
7
Ek sê vir die Here: U is my God!8
O Here my God aan wie ek behoort,
my kragtige Redder,
U beskerm my wanneer die goddeloses my aanval.
9
Moet tog nie dat hulle hulle sin kry nie, Here,
moet tog nie dat hulle planne slaag nie.
10
Dié wat my van alle kante bedreig, verhef hulle teen U;11
Laat gloeiende kole op hulle val,
gooi hulle in modderputte
dat hulle nie weer daar uitkom nie.
12
Laat daar geen skindertong in die land wees nie,
laat onheil dié wat geweld pleeg, elke keer weer tref!
13
Ek weet, die Here behartig die regsaak van die hulpelose,14
Die regverdiges sal u Naam loof,1
'n Psalm van Dawid. Ek roep na U, Here, kom tog gou na my toe,2
Mag my gebed voor U wees soos 'n wierookoffer,
die uitstrek van my hande soos 'n graanoffer in die aand.
3
Sit 'n wag voor my mond, Here,
hou tog wag oor wat ek sê.
4
Hou my gedagtes weg van verkeerde dinge,
dat ek nie in sonde verval
saam met manne wat onreg doen nie,
en dat ek nie deelneem aan hulle feeste nie.
5
'n Regverdige kan my in liefde slaan en teregwys,
maar van die goddeloses sal ek nie eens gasvryheid aanvaar nie,
want my gebede is gedurig teen hulle boosheid gerig.
6
As hulle leiers van 'n krans afgegooi word,
sal hulle my hoor sê: “Goed so!”
7
Soos 'n land vol kluite lê as die ploeër dit oopbreek,
so sal hulle bene versprei lê by die bek van die doderyk.
8
Op U, Here my God aan wie ek behoort, is my oë gerig,9
Beskerm my teen die strik wat hulle vir my gestel het,
teen die valstrikke van dié wat onreg doen.
10
Laat die goddeloses gevang word in hulle eie nette,
maar laat my ongedeerd verbykom.
1
'n Gedig van Dawid, na aanleiding van sy verblyf in die spelonk. 'n Gebed.2
Ek roep na die Here om hulp,
ek smeek die Here om genade,
3
ek stort my klag voor Hom uit
en vertel Hom van my nood.
4
Ek het alle moed verloor,
U weet wat ek moes deurmaak.
Op die pad waar ek loop,
het hulle vir my 'n strik gestel.
5
Ek soek hulp, maar niemand wil help nie,
daar is vir my geen vlugkans nie
en niemand gee vir my om nie.
6
Ek roep na U om hulp, Here,
ek sê: “U is my toevlug,
buiten U het ek geen deel in die land van die lewendes nie!
7
Luister tog na my hulpgeroep,
want ek is magteloos.
Red my van my vervolgers,
want hulle is te sterk vir my.
8
Bevry my uit my gevangenskap,
dat ek u Naam kan loof.
Die regverdiges sal dankbaar om my kom staan
wanneer U aan my goed doen.”
1
'n Psalm van Dawid. Hoor my gebed, Here,2
Moet tog nie 'n regsaak teen my begin nie,
want niemand wat leef, is voor U onskuldig nie!
3
'n Vyand vervolg my,4
Ek het alle moed verloor,
ek is verslae.
5
Ek dink aan die verre verlede,
ek peins oor alles wat U gedoen het
en oor die werk van u hande dink ek na.
6
Ek strek my hande uit in gebed na U toe,
ek is voor U soos 'n uitgedorde land.
7
Antwoord my tog gou, Here,8
Laat my elke môre u liefde ondervind,
want in U stel ek my vertroue.
Wys my die pad wat ek moet loop,
want my hoop is op U gevestig.
9
Red my van my vyande, Here,
want by U skuil ek.
10
Leer my om u wil te doen, want U is my God!
Laat u goeie Gees my op 'n gelyk pad lei.
11
Ter wille van u Naam, Here, laat my lewe.12
Vernietig in u trou my vyande,
laat al my teëstanders omkom,
want ek is u dienaar.
1
Van Dawid. Geloof sy die Here, Hy is my rots.2
U is my krag en my skuilplek,
my veilige vesting en my redder,
my beskermer by wie ek skuil,
wat my volk aan my onderdanig maak.
3
Here, wat is 'n mens dat U hom sou wil ken,4
'n Mens, hoe verganklik is hy tog:
sy dae gaan soos 'n skaduwee verby.
5
Buig u hemele, Here, en daal neer,6
Laat die weerligstrale blits en jaag die vyande uitmekaar,
stuur u pyle en jaag hulle op loop!
7
Strek u hand van bo af uit,
bevry my, red my uit die geweldige waters,
uit die mag van vreemdelinge
8
wie se woorde en dade leuens en bedrog is.
9
Ek wil tot u eer 'n nuwe lied sing, o God,10
U wat aan konings die oorwinning skenk,
wat u dienaar Dawid red.
11
Red my van die swaard wat my bedreig,12
Mag ons seuns wees soos plante
wat hoog groei in hulle jeug,
ons dogters soos hoekpilare,
uitgebeitel soos vir 'n paleis.
13
Mag ons skure vol wees
en oorloop van kant tot kant.
Mag ons kleinvee in hulle duisende aanteel,
in hulle tienduisende vermenigvuldig op ons weivelde.
14
Mag ons beestrop 'n groot kalweroes lewer.
Mag ons nooit oorval en weggevoer word nie,
mag daar geen klaagkreet op ons pleine gehoor word nie.
15
Gelukkig is die volk met wie dit so gaan.1
'n Loflied van Dawid. Ek wil u lof verkondig,2
Elke dag wil ek U loof,
ek wil u Naam altyd prys.
3
Die Here is groot, alle lof kom Hom toe,
sy grootheid is ondeurgrondelik.
4
Geslag na geslag prys wat U doen5
van die luister, die heerlikheid van u majesteit.
Ek wil getuig van u magtige dade,
6
sodat die mense oor u wonderdade sal praat.
Ek wil van u grootheid vertel.
7
Sonder ophou moet hulle u groot goedheid verkondig
en oor u reddingsdade jubel.
8
Genadig en barmhartig is die Here,9
Die Here is vir almal goed
en barmhartig oor alles wat Hy geskep het.
10
Almal wat deur U geskep is, loof U, Here,11
Hulle vertel van u koninklike mag
en getuig van u groot krag.
12
Die mense moet weet van sy krag,
van sy koninklike mag en majesteit.
13
U koningskap is 'n koningskap vir alle tye,
u heerskappy strek oor die geslagte heen.
14
Die Here help almal op wat geval het.15
Die oë van almal is op U gerig,
en U gee hulle kos op hulle tyd.
16
U maak u hand oop
en skenk u guns in oorvloed aan al wat leef.
17
Die Here is regverdig in al sy handelinge,18
Die Here is naby almal wat Hom aanroep,
almal wat Hom in opregtheid aanroep.
19
Aan dié wat Hom dien, gee Hy wat hulle vra,
Hy hoor as hulle om hulp roep, en Hy red hulle.
20
Die Here beskerm almal wat Hom liefhet,
maar al die goddeloses verdelg Hy.
21
Ek sal die lof van die Here verkondig.1
Prys die Here! Ek wil die Here prys.2
Ek wil die Here prys so lank ek lewe,
ek wil die lof van my God besing so lank ek daar is.
3
Moenie op magtiges vertrou nie,4
Sy asem verlaat hom, hy word weer grond
en sy planne is daarmee heen.
5
Dit gaan goed met die mens6
Die Here het die hemel en die aarde gemaak,7
Hy laat reg geskied aan verdruktes
en gee brood aan dié wat honger ly.
Die Here bevry die gevangenes,
8
die Here laat blindes sien,
Hy ondersteun dié wat bedruk is.
Die Here het die regverdiges lief.
9
Hy beskerm vreemdelinge
en help weeskinders en weduwees,
maar Hy versper die pad vir die goddeloses.
10
Die Here regeer vir altyd.
Sion, jou God regeer van geslag tot geslag.
1
Prys die Here! Dit is goed om tot lof van ons God te sing,2
Dit is die Here wat Jerusalem weer opbou,
wat die verstrooides van Israel bymekaarbring.
3
Hy genees die gebrokenes van hart
en verbind hulle wonde.
4
Hy besluit oor die getal van die sterre
en gee elkeen 'n naam.
5
Ons Here is groot en magtig,
sy kennis is onbegrens.
6
Die Here laat die hulpeloses weer opstaan,
maar die goddeloses verneder Hy tot in die grond.
7
Sing vir die Here 'n danklied,8
Hy oordek die hemel met wolke,
Hy voorsien reën vir die aarde
en laat gras op die bergland uitspruit.
9
Hy gee aan die diere hulle weiding
en versorg die jong kraaie wat om kos skreeu.
10
Die Here het niks aan die krag van 'n perd
of die liggaamskrag van 'n soldaat nie,
11
maar Hy stel prys op dié wat Hom dien,
dié wat hulle hoop vestig op sy trou.
12
Loof die Here, Jerusalem,13
Hy het die sluitbalke van jou poorte sterk gemaak,
jou inwoners geseën,
14
Hy het in jou grondgebied vrede gegee,
jou met die beste graan gevoed.
15
As Hy die aarde 'n bevel gee,
word dit vinnig uitgevoer.
16
Hy gee sneeu so wit soos wol,
Hy strooi ryp uit soos as,
17
Hy laat dit haelstene reën.
Wie is bestand teen die koue wat Hy stuur?
18
Maar op sy bevel smelt alles weer;
as Hy die warm wind laat waai, dan loop die waters.
19
Hy maak sy woord aan Jakob bekend,
sy voorskrifte en bepalings aan Israel.
20
Dit het Hy vir geeneen van die ander nasies gedoen nie;
hulle ken sy bepalings nie.
1
Prys die Here! Prys die Here vanuit die hemele,2
Prys Hom, alle engele,
prys Hom, alle hemelwesens!
3
Prys Hom, son en maan,
prys Hom, alle sterre!
4
Prys Hom, hoogste hemele,
en waters in die hoë hemelruim!
5
Laat hulle die Naam van die Here prys,
want Hy het beveel en hulle is geskep;
6
Hy het hulle vir altyd hulle vaste plek gegee,
vir hulle 'n orde neergelê waarbuite hulle nie kan beweeg nie.
7
Prys die Here van die aarde af,8
weerlig en hael, sneeu en miswolke,
stormwind wat sy opdrag gehoorsaam,
9
berge, al die heuwels,
vrugtebome, al die seders,
10
wilde diere, al die vee,
al wat kruip of vlieg,
11
konings van die aarde, alle volke,
vorste, alle regeerders van die aarde,
12
jong manne en meisies,
grysaards saam met seuns!
13
Laat hulle die Naam van die Here prys,
want sý Naam alleen is hoog verhewe,
sy majesteit strek oor die aarde en oor die hemel.
14
Hy het aan sy volk mag gegee.1
Prys die Here! Sing 'n nuwe lied tot eer van die Here,2
Laat Israel hom verheug in sy Maker,
laat die volk van Sion jubel oor die Here hulle koning.
3
Laat hulle sy Naam prys met koordanse,
laat hulle speel tot sy eer op tamboeryn en lier.
4
Die Here is goed vir sy volk,5
Sy troue dienaars juig oor sy mag,
jubel selfs as hulle op hulle beddens gaan lê.
6
Die roem van God klink uit hulle mond,
en in hulle hand is die swaard, alkante geslyp,
7
waarmee hulle die nasies sal verslaan
en die volke sal straf.
8
Hulle sal die konings van daardie nasies met kettings vasbind,
hulle aansienlikes met ysterboeie,
9
en die vonnis aan hulle voltrek soos dit vasgestel is.
Dit sal die triomf wees van al die troue dienaars van God.
1
Prys die Here! Prys God in sy heiligdom,2
Prys Hom oor sy kragtige dade,
prys Hom in sy magtige grootheid!
3
Prys Hom met die ramshoring,4
Prys Hom met tamboeryn en koordanse,
prys Hom met snaarinstrumente en fluite!
5
Prys Hom met simbale,
prys Hom met galmende simbale!
6
Laat alles wat asemhaal, die Here prys!