1
Die verhaal van Nehemia seun van Gakalja. Dit was in die maand Kislef, die twintigste jaar. Ek was in die vestingstad Susan.2 Ganani, een van my medeamptenare, het daar aangekom uit Juda, hy en 'n paar ander manne. Ek het by hulle navraag gedoen oor die Judeërs wat uit die ballingskap vrygelaat is en teruggegaan het, en oor Jerusalem,
3 en hulle het vir my gesê: “Die ballinge wat teruggegaan het, beleef daar in die provinsie Juda groot ellende en smaad. Die muur van Jerusalem lê om, en die stadspoorte is verbrand.”
4
By die aanhoor van dié woorde het ek gaan sit en gehuil en dae lank getreur. Ek het gevas en tot die God van die hemel gebid.5 Ek het gesê:
“Ag, Here, God van die hemel, groot en ontsagwekkende God wat u verbond en u troue liefde handhaaf teenoor dié wat vir U liefhet en u gebooie gehoorsaam,6 luister tog, gee tog ag op die gebed wat ek, u dienaar, sonder ophou tot U bid.
“Ek bid vir u dienaars, die Israeliete, ek doen belydenis van die sondes wat ons teen U begaan het. Ook ek en my familie het gesondig.7 Ons het U nie geëer nie, ons was ongehoorsaam aan die gebooie, die voorskrifte, die bepalings wat U aan u dienaar Moses gegee het.
8
“Dink tog aan die belofte wat U aan u dienaar Moses gemaak het: ‘As julle ontrou is, sal Ek julle onder die volke verstrooi,9 maar as julle julle tot My bekeer en my gebooie gehoorsaam en nakom, sal Ek julle weer bymekaarmaak, al is julle oor die hele aarde versprei. Ek sal julle terugbring na die plek toe wat Ek gekies het om my Naam daar te laat woon.’
10
“Hulle is u dienaars, u volk vir wie U met u groot mag en krag gered het.11 Ag, Here, luister tog na die gebed van u dienaar en na die gebed van u dienaars, hulle vir wie dit 'n vreugde is om u Naam te eer. Laat my tog voorspoedig wees met wat ek vandag wil doen. Laat hierdie man my simpatiek gesind wees.”
Ek was die koning se skinker.1
Dit was in die maand Nisan, die twintigste jaar van koning Artasasta. Die wyn was voor hom, en ek moes dit optel en aan hom gee. Ek was nooit bedruk voor hom nie,2 maar dié dag sê die koning vir my: “Hoekom lyk jy so bedruk? Is jy dalk siek? Nie? Hartseer dan?”
Ek was baie bang,3 maar ek het vir die koning gesê: “Mag die koning baie lank lewe! Hoe sal ek dan nie bedruk lyk as die stad waar my voorvaders begrawe is, in puin lê en sy poorte verbrand is nie?”
4
Toe sê die koning vir my: “Is daar iets wat jy my wil vra?” Ek het 'n skietgebed opgestuur na die God van die hemel5 en toe vir die koning gesê: “As die koning dit goedvind, as u dienaar op u goedgesindheid mag reken, stuur my na Juda toe, na die stad waar my voorvaders begrawe is, sodat ek die stad kan herbou.”
6
Die koningin het langs die koning gesit. Hy het vir my gevra: “Hoe lank sal jou reis duur en wanneer sal jy terug wees?” Hy was die saak dus goedgesind, hy het my die opdrag gegee. Ek het vir hom 'n tyd aangedui7 en toe vir hom gevra: “As die koning dit goedvind, laat ek briewe kry aan die goewerneurs in Wes-Eufraat, sodat hulle my vrye deurgang kan gee tot ek in Juda aankom.
8 Ek het ook 'n brief aan Asaf nodig, die opsigter oor die staatsbos, dat hy my kan voorsien van hout om die poorte van die vesting by die tempel te maak, en vir die stadsmuur en vir die huis wat ek sal bewoon.”
My God het sy goeie hand oor my gehou, en die koning het my versoek toegestaan.9 Ek het by die goewerneurs in Wes-Eufraat gekom en die briewe van die koning aan hulle oorhandig. Die koning het offisiere en ruiters met my saamgestuur.
10
Toe Sanballat die Goroniet en Tobija die Ammonitiese amptenaar dit hoor, was dit vir hulle slegte nuus. Hulle het dit as 'n groot ramp beskou dat daar iemand gekom het wat iets goeds vir die Israeliete wou doen.11
Ek het in Jerusalem aangekom, en na ek drie dae daar was,12 is ek die nag stilletjies uit met 'n paar man by my. Ek het vir niemand gesê wat my God my in die hart gegee het om vir Jerusalem te doen nie. Behalwe my rydier het ek geen diere by my gehad nie.
13 Ek is dié nag deur die Dalpoort na die Jakkalsfontein en die Vullispoort toe en het die mure van Jerusalem nagegaan waar hulle afgebreek was en ook die poorte wat verbrand was.
14 Toe ek by die Fonteinpoort en die Koningsdam kom, was daar nie plek vir my rydier om verby te kom nie,
15 en moes ek in die nag met die vallei op boontoe sodat ek die muur kon nagaan. Daarna het ek omgedraai en is ek weer deur die Dalpoort en terug huis toe.
16
Die ampsdraers het nie geweet waarheen ek was en wat ek gedoen het nie. Tot dusver het ek niks laat blyk teenoor die Judeërs, die priesters, die vooraanstaande burgers, die ampsdraers of die ander wat die werk moes doen nie.17 Maar toe sê ek vir hulle: “Julle sien self die benarde toestand waarin ons sit. Jerusalem lê in puin en sy poorte is verbrand. Kom ons herbou die muur van Jerusalem, dat dié vernedering nie langer op ons rus nie.”
18
Ek het hulle toe vertel hoe my God sy goeie hand oor my gehou het en wat die koning vir my gesê het. Hulle het gesê: “Kom ons bou!” en hulle het die goeie werk aangepak.19
Maar toe Sanballat die Goroniet, Tobija die Ammonitiese amptenaar en Gesem die Arabier hoor wat ons doen, het hulle ons uitgelag en smalend gevra: “Wat vir 'n ding is dit waarmee julle besig is? Wil julle in opstand kom teen die koning?”20
Ek het hulle geantwoord en vir hulle gesê: “Die God van die hemel sal ons laat slaag in wat ons doen. Ons, sy dienaars, gaan bou. Julle het nóg aandeel nóg reg in Jerusalem, en geen historiese band met hom nie.”1
Die hoëpriester Eljasib en sy ampsgenote die priesters het begin en die Skaappoort gebou. Hulle het die poort gewy en sy deure ingesit. Daarna het hulle gebou tot by die Toring-van-die-Honderd, dit gewy en toe verder gebou tot by die Gananeltoring.2 Die manne van Jerigo het die volgende stuk gebou en Sakkur seun van Imri die volgende.
3 Die Senaäfamilie het die Vispoort gebou. Hulle het die houtwerk klaar gemaak en die deure, die skarniere en die sluitbalke ingesit.
4 Meremot seun van Urija, seun van Kos, het die volgende stuk herstel, Mesullam seun van Berekja, seun van Mesesabel, die volgende, en Sadok seun van Baäna die volgende.
5 Die volgende stuk is herstel deur die mense van Tekoa, maar hulle vooraanstaande mense was nie gewillig om swaar werk te doen vir hulle Here nie.
6 Jojada seun van Paseag, en Mesullam seun van Besodja het die Ou Poort herstel. Hulle het die houtwerk klaar gemaak en die deure, die skarniere en die sluitbalke ingesit.
7 Die volgende stuk is herstel deur Melatja van Gibeon en Jadon van Meronot, en deur die manne van Gibeon en Mispa wat in diens was van die goewerneur van Wes-Eufraat.
8 Ussiël seun van Garhaja, en die smede het die volgende stuk herstel, en Gananja, een van die salfmengers, die volgende. Hulle het buite om Jerusalem gebou tot by die Breë Muur.
9 Refaja, seun van Gur en gesagvoerder oor 'n halwe stadswyk van Jerusalem, het die volgende stuk herstel,
10 en Jedaja seun van Garumaf die volgende, tot regoor sy huis. Die volgende stuk is herstel deur Gattus seun van Gasabneja.
11 'n Volgende deel, tot by die Bakoondtoring, is herstel deur Malkija seun van Garim, en Gassub seun van Pagat-Moab.
12 Sallum, seun van Loges en gesagvoerder oor 'n halwe stadswyk van Jerusalem, het die volgende stuk gebou, hy en sy dogters.
13
Die Dalpoort is herstel deur Ganun en die inwoners van Sanoag. Hulle het die poort herbou, sy deure, skarniere en sluitbalke ingesit, en die stuk muur van vier honderd en vyftig meter tot by die Vullispoort gebou.14 Die Vullispoort self is herstel deur Malkija, seun van Rekab en gesagvoerder oor die stadswyk Bet-Kerem. Hy het die poort herbou en die deure, skarniere en sluitbalke ingesit.
15 Die Fonteinpoort is herstel deur Sallun, seun van Kol-Gose en gesagvoerder van die stadswyk Mispa. Hy het die poort herbou, die dak opgesit en die deure, skarniere en sluitbalke ingesit, en verder ook die muur van die Kanaaldam herbou, van die Koningstuin af tot by die trappe wat uit die Dawidstad afkom.
16 Nehemia, seun van Asbuk en gesagvoerder oor die halwe stadswyk Bet-Sur, het die volgende stuk herstel, tot regoor die Dawidsgrafte en tot by die gemesselde dam en die kwartiere van die lyfwag.
17
Die volgende stuk is herstel deur die Leviete, die eerste deur Regum seun van Bani, en die ander deel deur Gasabja, die gesagvoerder oor die halwe stadswyk Keïla, namens sy wyk.18 Die volgende stuk is herstel deur hulle ampsgenote, die eerste deur Binnuï, seun van Genadad en gesagvoerder oor die ander helfte van die stadswyk Keïla,
19 en die ander deel deur Eser, seun van Jesua en gesagvoerder oor Mispa. Dit was die deel van regoor die ingang van die wapenkamer af tot by die draai in die muur.
20 Die volgende deel is herstel deur Baruk seun van Sabbai, van die draai af tot by die ingang na die hoëpriester Eljasib se huis.
21 Die volgende stuk, van die ingang na Eljasib se huis af tot aan die anderkant van die huis, is herstel deur Meremot seun van Urija, seun van Kos.
22
'n Volgende stuk is deur die priesters herstel, die eerste deur die manne van die omliggende gebied,23 die tweede deel deur Benjamin en Gassub, regoor hulle huise, die derde deel deur Asarja seun van Maäseja, seun van Ananeja, reg voor sy huis.
24 Die volgende stuk, die deel van Asarja se huis af tot by die draai en verder tot in die hoek, is herstel deur Binnuï seun van Genadad.
25 Palal seun van Usai het die stuk herstel van regoor die draai af, en ook die toring teen die boonste paleis by die Wagplein. Die volgende stuk is herstel deur Pedaja seun van Paros,
26 en die tempelslawe wat op die Ofel gewoon het. Dit was die gedeelte tot regoor die Waterpoort aan die oostekant en die aangeboude toring.
27
Die volgende deel, die stuk van regoor die groot aangeboude toring af tot by die Ofelmuur, is herstel deur die mense van Tekoa.28 Die stuk van bokant die Perdepoort af is deur die priesters herstel, elkeen die gedeelte regoor sy huis.
29 Sadok seun van Immer het die volgende stuk, dié regoor sy huis, herstel, en Semaja, seun van Sekanja en opsigter van die Oospoort, die volgende stuk.
30 Die volgende deel is herstel deur Gananja seun van Selemja, en Ganun die sesde seun van Salaf, en die volgende deur Mesullam seun van Berekja tot regoor sy kamer.
31 Malkija, een van die smede, het die volgende stuk herstel, tot by die kwartiere van die tempelslawe en die handelaars, regoor die Inspeksiepoort en verder tot by die kamer bo-op die hoek.
32 Tussen die kamer op die hoek en die Skaappoort het die smede en die handelaars die herstelwerk gedoen.
1
Toe Sanballat hoor ons bou die muur, was hy woedend. Hy het met groot ergernis smalend teen die Judeërs uitgevaar2 en vir sy medeamptenare en vir die soldate in Samaria gesê: “Waarmee is die arme Judeërs besig? Wil hulle vir hulle 'n stadsmuur bou? Wil hulle offerandes bring en in een dag klaarmaak? Wil hulle die klippe laat herleef uit daardie hope stof en as?”
3
Tobija die Ammoniet het langs Sanballat gestaan en hy het gesê: “Laat hulle bou! Daardie klipmuur van hulle sal omval as 'n jakkals daarteen spring!”4
Hoor dit, ons God! Ons word bespotlik gemaak! Laat dié smaad op hulle eie kop afkom, laat hulle gevangenes word in 'n land van ballingskap!5 Moenie hulle oortreding vergewe nie, moenie dat hulle sonde ooit voor U uitgewis word nie! Hulle het die bouers beledig!
6
Ons het bly bou aan die muur. Die hele muur was al halfpad opgebou. Die mense se hart was in die werk.7
Sanballat, Tobija, die Arabiere, die Ammoniete en die mense van Asdod was hewig ontsteld toe hulle hoor die herstel aan Jerusalem se mure vorder en die afgebreekte gedeeltes is byna klaar opgebou.8 Hulle het saamgesweer om Jerusalem te kom aanval en verwarring te stig.
9
Ons het tot ons God gebid en dag en nag wagte teen hulle uitgesit.10
Die Judeërs het begin kla: “Die draers se kragte gee in,11
Ons teenstanders het gedink: hulle sal niks weet of sien voor ons tussen hulle is en hulle doodmaak en die werk tot stilstand bring nie.12
Ons is egter keer op keer gewaarsku deur Judeërs wat naby ons vyande gewoon het en van oral af na ons toe gekom het.13 Ek het die volk, gewapen met swaarde, spiese en pyle en boë, familiegewys ingedeel en hulle stelling laat inneem agter die muur onderkant elke plek waar die muur nog nie hoog genoeg was nie.
14 Daarna, toe ek agterkom dit is nodig, het ek die vooraanstaande burgers, die ampsdraers en die res van die volk toegespreek: “Moenie vir hulle bang wees nie. Dink aan die Here, groot en ontsagwekkend, en veg vir julle broers, julle seuns en julle dogters, julle vrouens en julle huise.”
15
Ons vyande het gehoor dat ons van hulle planne weet en dat God dit verydel het, en ons kon almal teruggaan muur toe, elkeen na sy werk toe.16 Van daardie dag af was een helfte van my manne aan die werk en het die ander helfte die spiese, skilde, pyle en boë en harnasse gereed gehou. Die gesagvoerders het plek ingeneem agter elke familiegroep Judeërs
17 wat aan die muur gebou het. Dié wat boumateriaal moes aandra, het met een hand die werk gedoen en met die ander hand 'n wapen vasgehou.
18 Die bouers het elkeen sy swaard om die heupe vasgegord gehad. Die ramshoringblaser het naby my gebly.
19 Ek het vir die vooraanstaande burgers, die ampsdraers en die res van die volk gesê: “Die werk is groot en uitgestrek, en ons is oor die hele muur uitgesprei, elkeen ver van die naaste man af.
20 Waar julle ook al die ramshoring hoor blaas, daar moet julle by ons saamtrek. Ons God sal vir ons die stryd voer.”
21
Ons het met die werk aangegaan, die helfte van die manne met spiese in die hand, van dagbreek af tot die sterre uitgekom het.22 Ek het dié tyd ook vir die volk gesê: “Elke man met sy handlanger moet in Jerusalem oornag, sodat hulle snags vir wagdiens en bedags vir die werk beskikbaar is.”
23
Nie ek of my medeamptenare of my dienaars of die wagte by my het kans gekry om ons klere uit te trek nie en selfs by die water het ons ons wapens gereed gehou.1
Sekere mense en hulle vrouens het 'n ernstige klag teen hulle Judese volksgenote ingebring.2 Party het gesê: “Ons, ons seuns en ons dogters is baie. Ons moet koring in die hande kry om te eet en te lewe.”
3
Party het gesê: “Ons moes vanweë die hongersnood ons lande, ons wingerde en ons huise verpand om koring in die hande te kry.”4
Party het gesê: “Ons moes geld leen om aan die koning die belasting op ons lande en ons wingerde te betaal.5 Ons en ons volksgenote, hulle seuns en ons seuns, is tog één, maar óns moet van ons seuns en ons dogters laat slawe word. Van ons dogters is al klaar slawe, en ons kan daar niks aan doen nie, want ons lande en ons wingerde is in ander se hande.”
6
Ek was hewig ontsteld toe ek dié klag en dié beskuldigings hoor.7 Na ek dit oorweeg het, het ek die skuld op die vooraanstaande burgers en die ampsdraers gelê en vir hulle gesê: “Julle is besig om julle volksgenote uit te buit!”
Ek het bowendien 'n groot volksvergadering belê om hulle aan die man te bring8 en daar vir hulle gesê: “Ons het ons Judese volksgenote wat aan heidene verkoop was, teruggekoop sover dit vir ons moontlik was. Nou verkoop júlle julle volksgenote, en moet ons hulle ook uiteindelik terugkoop!”
Die manne het stilgebly; ek kon nie 'n woord uit hulle kry nie.9
Toe sê ek verder: “Dit is nie 'n goeie ding wat julle besig is om te doen nie. Julle moet tog eerbied vir ons God hê in julle optrede en nie ons vyande, die heidene, minagting vir ons laat kry nie!10 Ek, my medeamptenare en my helpers moes ook aan dié mense geld en koring leen. Maar laat ons tog die uitbuiting staak.
11 Gee vandag nog hulle lande, wingerde, olyfboorde en huise vir hulle terug en skeld hulle ook nog een persent kwyt van die geld, die koring, die wyn en die olie wat julle aan hulle geleen het.”
12
Hulle het gesê: “Ons sal dit teruggee en niks meer van hulle eis nie. Ons sal maak soos u gesê het.” Ek het toe die priesters geroep en die burgers en amptenare onder eed laat onderneem om hiervolgens te handel.13 Self het ek my sakke uitgeskud en gesê: “Mag God elkeen wat nie woord hou nie, so uit sy huis en sy besittings uitskud, dat hy net so kaal uitgeskud en leeg is.”
Die hele vergadering het gesê: “Amen!” en hulle het die Here geprys. Die mense het toe gedoen wat ek gevra het.14
Van die dag af dat ek aangestel is as goewerneur in Juda, van die twintigste jaar af tot die twee en dertigste jaar van koning Artasasta, twaalf jaar lank, het ek en my medeamptenare nie aanspraak gemaak op die goewerneurstoelae nie.15 Die vroeëre goewerneurs, almal voor my, het swaar eise aan die volk gestel. Hulle het behalwe brood en wyn elke dag ook nog vier honderd en sestig gram silwer geëis. Hulle amptenare het ook baas gespeel oor die volk. Ek het nie so gemaak nie, uit eerbied vir God.
16 Ek het my volle gewig ingegooi by die werk aan hierdie muur, ek het nie lande gekoop nie, en al my helpers was hier by die werk saamgetrek.
17 Honderd en vyftig man van die Judeërs en die amptenare en boonop die mense wat van die heidennasies rondom ons na ons toe gekom het, het aan my tafel geëet.
18 Daar moes elke dag 'n bees, ses slagskape en 'n klomp voëls vir my gaargemaak word, en om die tien dae moes daar 'n groot hoeveelheid wyn vir die menigte kom. Nogtans het ek nie die goewerneurstoelae geëis nie, want die werk was alreeds 'n swaar las op hierdie volk.
19
Onthou tog, my God, tot my voordeel, alles wat ek vir hierdie volk gedoen het!1
Sanballat, Tobija, die Arabier Gesem en die res van ons vyande het berig gekry dat ek die muur klaar gebou het en dat dit nêrens meer vervalle was nie. In dié stadium was die poortdeure egter nog nie gehang nie.2 Sanballat en Gesem laat my toe weet: “Kan ons mekaar in Kefirim, in die Onolaagte, ontmoet?”
Hulle plan was om my by te kom.3 Ek stuur toe boodskappers na hulle toe en sê: “Ek is besig met 'n groot werk. Ek kan nie kom nie. Hoekom moet die werk stilstaan terwyl ek dit laat lê om na julle toe te kom?”
4
Hulle het dieselfde boodskap vier keer gestuur, en elke keer het ek dieselfde antwoord teruggestuur.5
Die vyfde keer stuur Sanballat toe 'n amptenaar na my toe met dieselfde boodskap, maar ook met 'n brief wat nie verseël was nie.6 Daarin was geskrywe:
“Onder die nasies word 'n gerug versprei, en Gesem bevestig dit, dat jy en die Judeërs 'n opstand beplan. Daarom bou jy die muur. Volgens die gerug wil jy koning word oor hulle,7 en jy het ook al profete aangestel om jou in Jerusalem tot koning oor Juda uit te roep. Die gerug wil dat die koning van Persië hiervan te hore sal kom. Kom nou, kom ons praat.”
8
Ek het hom terug laat weet: “Niks van wat jy sê, is waar nie. Jy suig dit uit jou duim.”9
Hulle het almal geprobeer om ons die skrik op die lyf te ja, met die gedagte: Hulle sal die werk laat staan en dit sal nie klaarkom nie. Sterk tog my hande, o God!10
Ek het by Semaja seun van Delaja, seun van Mehetabel, gekom waar hy homself in sy huis toegesluit het. Hy het vir my gesê: “Kom ons ontmoet mekaar in die huis van God,11
Ek het gesê: “Sal 'n man soos ek vlug, iemand soos ek tempel toe gaan om te kan bly lewe? Ek sal nie gaan nie!”12
Ek het toe geweet dat God hom nie gestuur het nie, maar dat hy dié voorspelling teen my gemaak het omdat Tobija en Sanballat hom omgekoop het.13 Hy is omgekoop om my bang te maak sodat ek 'n misstap sou begaan en hulle die geleentheid gee om my te beskinder en my naam sleg te maak.
14
My God, onthou wat Tobija en Sanballat gedoen het, en ook die profetes Noadja en die ander profete wat my wou bang maak.15
Die muur is voltooi op die vyf en twintigste van die maand Elul, binne twee en vyftig dae.16 Toe al ons vyande dit hoor, en die nasies rondom ons dit sien, was hulle selfversekerdheid daarmee heen. Hulle het toe geweet ons doen hierdie werk met die hulp van ons God.
17
In daardie selfde tyd het daar baie briewe van vooraanstaande Judese burgers na Tobija toe gegaan en briewe van hom af na hulle toe gekom.18 Baie Judeërs het noue bande met hom gehad, want hy was die skoonseun van Sekanja seun van Arag, en sy seun Joganan was getroud met 'n dogter van Mesullam seun van Berekja.
19 Hulle het gedurig voor my gepraat van Tobija se goeie hoedanighede, en alles wat ek gesê het, aan hom oorgedra. Dan het hy briewe gestuur en my probeer bang praat.
1
Toe die muur voltooi is, het ek die deure gehang en poortwagte, sangers en Leviete aangestel.2 Ek het Ganani, my ampsgenoot, en Gananja, die bevelhebber van die vesting, in bevel van Jerusalem geplaas. Gananja was 'n betroubare man wat eerbied vir God gehad het, meer as baie ander.
3 Ek het hulle beveel: “Moenie die poorte van Jerusalem oopmaak voor die son warm is nie en maak die deure weer toe en grendel hulle terwyl die poortwagte nog op hulle pos is. Stel ook wagte aan uit die inwoners van Jerusalem, party op die wagposte en party voor hulle huise.”
4
Die stad was uitgestrek en groot, met min mense daarin, en daar was nog nie genoeg huise gebou nie.5 My God het my die besluit laat neem om die vooraanstaande burgers, die amptenare en die ander mense te laat bymekaarkom vir opname in die familieregister. Ek het die register van dié wat eerste teruggekom het, in die hande gekry, en daarin die volgende opgeskryf gevind:
6
“Hier volg 'n opgawe van die mense uit die provinsie Juda wat uit die ballingskap teruggekom het na Jerusalem en Juda toe, elkeen na sy eie stad toe. Hulle is weggevoer deur koning Nebukadnesar van Babel,7 en hulle het teruggekom saam met Serubbabel, Josua, Nehemia, Asarja, Raämja, Nagamani, Mordegai, Bilsan, Mispar, Bigwai, Regum en Baäna. Die getalle van die mense van die volk Israel:
“Ingedeel volgens families:8
Paros 2 172,
9
Sefatja 372,
10
Arag 652,
11
Pagat-Moab, uit die families van Josua en Joab, 2 818,
12
Elam 1 254,
13
Sattu 845,
14
Sakkai 760,
15
Bani 648,
16
Bebai 628,
17
Asgad 2 322,
18
Adonikam 667,
19
Bigwai 2 067,
20
Adin 655,
21
Ater, uit die familie van Hiskia, 98,
22
Gasum 328,
23
Besai 324,
24
Garif 112.
25
Gibeon 95,
26
Betlehem en Netofa 188,
27
Anatot 128,
28
Bet-Asmawet 42,
29
Kirjat-Jearim, Kefira en Beërot 743,
30
Rama en Geba 621,
31
Mikmas 122,
32
Bet-El en Ai 123,
33
Nebo 52,
34
Elam 1 254,
35
Garim 320,
36
Jerigo 345,
37
Lod, Gadid en Ono 721,
38
Senaä 3 930.
39
“Priesterfamilies: Jedaja, uit die huis van Jesua, 973,40
Immer 1 052,
41
Pasgur 1 247,
42
Garim 1 017.
43
“Levitiese families: Jesua, uit die familie van Kadmiël, uit die Hodaujagroep, 74,44
sangers uit die Asafgroep 148,
45
poortwagte uit die families van Sallum, Ater, Talmon, Akkub, Gatita en Sobai 138.
46
“Tempelslawe met hulle families: Siga, Gasufa, Tabbaot,47
Keros, Sia, Padon,
48
Lebana, Gagaba, Salmai,
49
Ganan, Giddel, Gagar,
50
Reaja, Resin, Nekoda,
51
Gassam, Ussa, Paseag,
52
Besai, Meünim, Nefusim,
53
Bakbuk, Gakufa, Gargur,
54
Baslut, Megida, Garsa,
55
Barkos, Sisera, Temag,
56
Nesiag en Gatifa.
57
“Nakomelinge van die dienaars van Salomo, met hulle families: Sotai, Soferet, Peruda,58
Jala, Darkon, Giddel,
59
Sefatja, Gattil, Pokeret-Sebajim en Amon.
60
Al die tempelslawe en die nakomelinge van die amptenare van Salomo was saam 392.61
Uit Tel-Melag, Tel-Garsa, Kerub-Addan en Immer het mense teruggekom wat nie uit hulle familieverband en afstamming kon aantoon dat hulle deel van Israel is nie.62
Dit was die families van Delaja, Tobija en Nekoda, altesaam 642 mense.
63
Van die priesterfamilies was daar ook nog dié van Gabaja, Kos en Barsillai, dié Barsillai wat getroud is met 'n dogter van die Gileadiet Barsillai en toe na hom vernoem is.
64
Hierdie families het probeer vasstel of hulle in die registers opgeneem is, maar daar kon niks gevind word nie, en hulle is uit die priesterskap onthef.
65
Die amptenaar wat met dié saak belas was, het beslis dat hulle nie van die gewyde gawes mag eet voordat 'n priester uitsluitsel gegee het met die urim en die tummim nie.
66
“Die hele groep was in totaal 42 360,67 afgesien van hulle slawe en slavinne; dié was 7 337. Dan was daar ook nog 245 sangers en sangeresse,
68
69 asook 435 kamele en 6 720 donkies.”
70
Party familiehoofde het bydraes gegee vir die werk. Die goewerneur het vir die fonds ag en 'n half kilogram goud, vyftig komme en vyf honderd en dertig stelle priesterklere gegee.71 Van die familiehoofde het vir die werkfonds honderd ag en sestig kilogram goud en een en 'n kwart ton silwer bygedra.
72 Die res van die mense het honderd ag en sestig kilogram goud, meer as 'n ton silwer en sewe en sestig stelle priesterklere gegee.
73
Die priesters, die Leviete, die poortwagte, die sangers, 'n deel van die volk, en die tempelslawe het hulle gevestig in die stede waar hulle vandaan gekom het. Dit het die hele Israel gedoen.1
Toe die sewende maand aanbreek, was die Israeliete dus oral in die stede.2
Die hele volk het soos een man bymekaargekom op die plein voor die Waterpoort en vir Esra die skrifgeleerde gevra om die wetboek van Moses waarin die bevele van die Here aan Israel opgeteken is, te bring.3 Die priester Esra het toe die wet voor die gemeente gebring, man en vrou, elkeen wat kon verstaan. Dit was op die eerste dag van die sewende maand.
4 Hy het daaruit voorgelees op die plein voor die Waterpoort van ligdag af tot die middel van die dag ten aanhore van mans, vrouens en elkeen wat kon verstaan. Die aandag van die hele gemeente was by die wetboek.
5
Esra die skrifgeleerde het op 'n houtverhoog gestaan wat vir dié doel gemaak was; regs langs hom het Mattitja, Sema, Anaja, Urija, Gilkija en Maäseja gestaan, en links van hom Pedaja, Misael, Malkija, Gasum, Gasbaddana, Sagaria en Mesullam.6
Esra het hoër gestaan as die hele gemeente en het die boek voor almal se oë oopgemaak. Toe hy dit oopmaak, het die hele gemeente opgestaan.7 Esra het die Here, die grote God, geprys en die hele gemeente het met die hande omhoog geantwoord: “Amen, amen.”
Toe kniel hulle en buig diep voor die Here.8 Die Leviete Jesua, Bani, Serebja, Jamin, Akkub, Sabbetai, Hodija, Maäseja, Kelita, Asarja, Josabad, Ganan en Pelaja het die wet aan die gemeente verduidelik terwyl die volk daar staan.
9 Die Leviete het uit die boek, uit die wet van God, voorgelees en dit uitgelê. Hulle het die betekenis weergegee sodat die mense kon verstaan wat gelees word.
10
Nehemia die goewerneur, die skrifgeleerde priester Esra en die Leviete wat die gemeente onderrig het, het vir die hele gemeente gesê: “Hierdie dag word gewy aan die Here julle God. Moenie treurig wees nie, moenie huil nie.” Dit was omdat die hele gemeente gehuil het by die aanhoor van die wet.11
Nehemia het verder gesê: “Gaan vier fees, eet en drink, en deel uit aan dié wat niks voorberei het nie. Hierdie dag word gewy aan ons Here. Moenie bedroef wees nie; as julle die Here met blydskap dien, sal Hy julle beskerm.”12
Die Leviete het al die mense gekalmeer met die woorde: “Wees rustig. Dit is 'n gewyde dag, moenie bedroef wees nie.”13
Die hele gemeente het toe gaan eet, lekkernye uitgedeel en groot feesgevier. Hulle het goed begryp wat vir hulle gesê is.14
Die volgende dag het die familiehoofde van die hele gemeente en die priesters en Leviete by Esra die skrifgeleerde bymekaargekom om die inhoud van die wet te bestudeer.15 Hulle vind toe in die wet geskrywe dat die Here deur Moses opdrag gegee het dat die Israeliete in hutte moet woon vir die duur van die fees in die sewende maand,
16 en dat hulle die oproep moet maak en dit in al die stede en in Jerusalem moet laat afkondig: “Gaan na die berge toe en bring olyftakke, olientakke, mirtetakke, palmtakke, takke met digte blare om hutte te maak soos dit voorgeskryf is.”
17
Die mense het die takke gaan haal, en elkeen het vir hom 'n hut gebou, op die dak van sy huis of in sy binneplaas of in die voorhof van die tempel of op die plein by die Waterpoort of op die plein by die Efraimspoort.18
Die hele gemeente, die mense wat uit die ballingskap teruggekom het, het hutte gebou en daarin gaan woon. So het die Israeliete dit nie gedoen van die tyd van Josua seun van Nun af tot dié dag toe nie. Daar was baie groot vreugde.19 Van die eerste tot die laaste dag van die fees het hulle elke dag uit die wetboek van God voorgelees. Hulle het sewe dae lank feesgevier, en op die agste dag was daar die gebruiklike samekoms.
1
Op die vier en twintigste dag van dié maand het die Israeliete vir 'n vasdag bymekaargekom. Hulle het rouklere aangehad en daar was grond op hulle koppe.2 Die nakomelinge van Israel het hulleself afgeskei van alle nie-Israeliete en toe hulle plekke ingeneem en belydenis gedoen van hulle sonde en van die oortredings van hulle voorvaders.
3 Hulle het op hulle plekke bly staan en het 'n kwart dag lank voorgelees uit die wetboek van die Here hulle God. Nog 'n kwart dag lank het hulle belydenis gedoen en voor die Here hulle God gebuig.
4 Die Leviete Jesua, Bani, Kadmiël, Sebanja, Bunni, Serebja, Bani en Kenani het op die verhoog gaan staan en die Here hulle God hard om hulp aangeroep.
5 Daarna het die Leviete Jesua, Kadmiël, Bani, Gasabneja, Serebja, Hodija, Sebanja en Petagja gesê:
“Kom, prys die Here julle God!6
Dit is U! U alleen is Here!7
U is die Here, die God
wat vir Abram gekies het,
hom uit Ur van die Galdeërs gebring het
en sy naam Abraham gemaak het.
8
U het hom getrou teenoor U bevind,
met hom 'n verbond gesluit
dat U die land van die Kanaäniete,
die Hetiete en Amoriete,
die Feresiete, Jebusiete en Girgasiete,
aan sy nageslag sou gee,
en U het u belofte nagekom;
U is betroubaar.
9
U het die nood van ons voorvaders in Egipte gesien,10
en groot, magtige dade gedoen, teen die farao,
teen sy amptenare en teen die mense in sy land,
want U het geweet dat hulle u volk met minagting behandel het.
U het die roem van u Naam groot gemaak,
so soos dit vandag nog is.
11
U het die see gekloof voor hulle,
hulle kon op droë grond daardeur trek;
maar U het hulle agtervolgers in die vloedwaters gegooi soos 'n klip in magtige waters.
12
Met 'n wolkkolom het U hulle bedags gelei,13
U het op Sinaiberg afgekom,
met hulle uit die hemel gepraat
en vir hulle bepalings vasgestel wat billik is,
wette wat vas staan,
voorskrifte en gebooie wat goed is.
14
U het hulle geleer van u gewyde sabbat
en aan hulle gebooie, voorskrifte en 'n wet gegee
deur Moses, u dienaar.
15
U het vir hulle brood gegee uit die hemel
toe hulle honger was,
vir hulle water uit 'n rots laat stroom
toe hulle dors was.
U het gesê hulle kan die land
in besit kom neem
wat U met 'n eed beloof het
om aan hulle te gee.
16
Maar hulle, ons voorvaders, was vermetel,17
Hulle het geweier om te luister,
hulle het nie die wonderdade onthou
wat U vir hulle gedoen het nie.
Hulle koppe was hard,
hulle het in verset gekom
en wou in hulle koppigheid terug na hulle slawerny.
18
Ook toe hulle vir hulle die kalfsbeeld gegiet het
en gesê het: “Hier is jou God
wat jou uit Egipte gebring het,”
en toe hulle skandelike dinge gedoen het,
19
het U in u groot barmhartigheid
hulle nie in die woestyn gelos nie.
Die wolkkolom het bedags nie van hulle af weggedraai nie
maar hulle op die pad bly lei;
die vuurkolom was snags daar om vir hulle lig te maak
op die pad waar hulle langs moes trek.
20
U het u goeie Gees gegee om hulle te onderrig,
U het u manna nie van hulle teruggehou nie,
U het vir hulle water gegee vir hulle dors.
21
Veertig jaar lank het U vir hulle gesorg,
hulle het niks kortgekom in die woestyn nie.
Hulle klere het nie verslyt nie,
hulle voete het nie geswel nie.
22
U het koninkryke, volke, aan hulle gegee,
gebiede aan hulle toegewys:
hulle het die land van Sihon in besit geneem,
die land van die koning van Gesbon,
en die land van koning Og van Basan.
23
U het hulle nageslag so baie laat word
soos die sterre aan die hemel.
U het hulle gebring na die land
waarvan U aan hulle voorvaders gesê het
dat hulle dit in besit sal kom neem.
24
Hulle kinders het gekom en die land in besit geneem.
U het die inwoners van die land, die Kanaäniete,
voor u volk laat buig
en hulle oorgegee in die mag van u volk.
U volk kon doen wat hulle wou
met die konings en die volke in die land.
25
U volk het vestingstede beset
en vrugbare grond.
Hulle het beslag gelê op huise
vol kosbare goed,
putte wat klaar gegrawe was,
wingerde en olyfboorde,
vrugtebome in oorvloed.
Hulle het geëet, meer as genoeg, vet geword,
en hulle verlustig in u groot goedheid.
26
Maar hulle het opstandig geword27
Toe het U hulle oorgegee in die mag van hulle teëstanders,
dat dié hulle verdruk.
Toe dit sleg met hulle gaan,
het hulle na U geroep om hulp,
en U het uit die hemel hulle gebed verhoor.
In u groot barmhartigheid het U aan hulle redders gegee,
en dié het hulle gered uit die mag van hulle teëstanders.
28
Maar toe hulle rus kry, het hulle weer teen U oortree,
en U het hulle in die mag van hulle vyande gelos
dat dié oor hulle kon heers.
Hulle het weer na U om hulp geroep,
en U het uit die hemel hulle gebed verhoor
en in u barmhartigheid het U hulle gered, keer op keer.
29
U het hulle gewaarsku om terug te kom na u wet,
maar hulle was vermetel, ongehoorsaam aan u gebooie.
Hulle het gesondig teen u bepalings
wat 'n mens laat lewe as hy hulle nakom.
Hulle was moedswillig, hulle koppe was hard,
hulle was ongehoorsaam.
30
U was geduldig met hulle, baie jare lank,31
maar in u groot barmhartigheid
het U hulle nie heeltemal uitgewis nie,
hulle nie verlaat nie.
U is 'n genadige, 'n barmhartige God.
32
En nou, ons God, grote God,33
In alles wat oor ons gekom het, was U regverdig;
U het reg gedoen, ons verkeerd.
34
Ons konings, ons amptenare,
ons priesters, ons voorvaders
het nie u wet gehoorsaam nie,
nie gelet op u gebooie, u verordeninge
waarmee U hulle gewaarsku het nie.
35
Hulle konings het nog geregeer
en hulle het nog u groot goedheid geniet
wat U hulle gegee het
en in die wye, vrugbare land gewoon
wat U aan hulle gegee het;
al het hulle U nie gedien nie
en hulle nie bekeer van hulle slegte dade nie.
36
Hier is ons vandag slawe,
ons is slawe in hierdie land,
die land wat U aan ons voorvaders gegee het
dat hulle die vrug daarvan en die goeie dinge daarin kan geniet.
37
Sy ryke opbrengs behoort aan die konings
wat U oor ons aangestel het as gevolg van ons sondes;
die konings maak met ons en ons vee soos hulle wil.
Ons verkeer in groot nood.
38
Daarom gaan ons 'n skriftelike onderneming aan. Op die verseëlde dokument teken ons leiers, ons Leviete en ons priesters hulle name.1
Op die verseëlde dokument staan: Die goewerneur Nehemia seun van Gakalja en die priesters Sedekia,2 Seraja, Asarja, Jeremia,
3 Pasgur, Amarja, Malkija,
4 Gattus, Sebanja, Malluk,
5 Garim, Meremot, Obadja,
6 Daniël, Ginneton, Baruk,
7 Mesullam, Abia, Mijamin,
8 Maäsja, Bilga en Semaja.
9
Die Leviete was Jesua seun van Asanja, Binnuï uit die Genadadgroep, en Kadmiël,10 met hulle ampsgenote, Sebanja, Hodija, Kelita, Pelaja, Ganan,
11 Miga, Regob, Gasabja,
12 Sakkur, Serebja, Sebanja,
13 Hodija, Bani en Beninu.
14 Die leiers van die volk was Paros, Pagat-Moab, Elam, Sattu, Bani,
15 Bunni, Asgad, Bebai,
16 Adonia, Bigwai, Adin,
17 Ater, Hiskia, Assur,
18 Hodija, Gasum, Besai,
19 Garif, Anatot, Nebai,
20 Magpias, Mesullam, Gesir,
21 Mesesabel, Sadok, Jaddua,
22 Pelatja, Ganan, Anaja,
23 Hosea, Gananja, Gassub,
24 Loges, Pilga, Sobek,
25 Regum, Gasabna, Maäseja,
26 Agija, Ganan, Anan,
27 Malluk, Garim en Baäna.
28
Die res van die gemeente, priesters, Leviete, poortwagte, sangers, tempelslawe en al die ander wat hulle van die heidenvolke afgeskei het met die oog op die wet van God, vrouens, seuns, dogters, almal wat reeds die nodige begrip gehad het,29 het hulle aangesluit by hulle ampsgenote en leiers. Hulle het 'n dure eed afgelê om te leef volgens die wet van God wat deur Moses, die dienaar van God, aan die volk gegee is, en om gehoorsaam te wees aan al die gebooie van die Here, ons Here, en aan sy bepalings en voorskrifte.
30 Verder het hulle onderneem:
“Ons sal ons dogters nie met die heidenvolke laat trou nie en hulle dogters nie met ons seuns nie.31
“Wanneer die heidene handelsware of graan op die sabbatdag bring om te verkoop, sal ons dit nie op die sabbat of op enige gewyde dag van hulle koop nie. “Ons sal die grond al om die sewende jaar onbewerk laat lê en alle skulde vryskeld.32
“Ons aanvaar die verpligting om elkeen elke jaar vier gram goud by te dra vir die dienswerk in die huis van ons God:33 vir die offerbrood, die gereelde graanoffer, die gereelde brandoffer, die offers op sabbatte, nuwemane, vasgestelde feestye en besondere gewyde dae, vir die sondeoffer om vir Israel versoening te doen, en vir al die werk in die huis van ons God.
34
“Ons, priesters, Leviete sowel as die ander mense, het geloot om te bepaal wanneer dit elke familie se beurt is om, op die vasgestelde tyd elke jaar, die heffing van brandhout vir die altaar van die Here ons God na die huis van ons God toe te bring soos dit in die wet voorgeskryf is.35
“Ons sal die eerstelinge van ons gesaaides en die eerstelinge van al die vrugtebome elke jaar na die huis van die Here toe bring.36
“Soos dit in die wet voorgeskryf is, sal ons ons eersgebore seuns en die eersgeborenes van ons vee, van ons beeste sowel as van ons kleinvee, na die priesters toe bring wat in die huis van ons God diens doen.37
“Ons sal die eerste deeg ná die oes, ons offergawes en die eerstelinge van alles wat ons bome oplewer, van ons wyn en olie, na die opslagplekke van die huis van ons God bring vir die priesters, en die tiendes van ons gesaaides vir die Leviete. “Die Leviete sal tiendes insamel in al die stede waar ons werk.38 'n Priester uit die nageslag van Aäron sal die Leviete vergesel wanneer hulle tiendes insamel. Die Leviete sal een tiende van die ingesamelde tiendes na die huis van ons God toe bring, na die opslagplekke by die voorraadkamer toe.
39
“Die Israeliete en die Leviete sal die offergawes van koring, wyn en olie na die opslagplekke toe bring. Daar word die gereedskap vir die heiligdom gebêre, en daar is die diensdoende priesters, die poortwagte en die sangers. “Ons sal die huis van ons God nie verwaarloos nie.”1
Die leiers van die volk het in Jerusalem gewoon. Die ander mense het geloot om een uit elke tien in Jerusalem, die heilige stad, te laat woon. Die ander kon in die ander stede woon.2 Die volk het egter al die manne geprys wat aangebied het om in Jerusalem te woon.
3
Hier volg 'n lys van die hoofde van die provinsie Juda wat in Jerusalem gewoon het. Israel, die priesters, die Leviete, die tempelslawe en die nakomelinge van die amptenare van Salomo het oral in die stede van Juda gewoon, elkeen op sy eie grond in sy eie stad.4
In Jerusalem het die volgende Judeërs en Benjaminiete gewoon: Judeërs: Ataja seun van Ussia, seun van Sagaria, seun van Amarja, seun van Sefatja, seun van Mahalalel, uit die nageslag van Peres;5
Maäseja seun van Baruk, seun van Kol-Gose, seun van Gasaja, seun van Adaja, seun van Jojarib, seun van Sagaria, seun van Siloni.6
Die nakomelinge van Peres wat in Jerusalem gewoon het, was altesaam 468, almal dapper manne.
7
Nou volg die Benjaminiete: Sallu seun van Mesullam, seun van Joëd, seun van Pedaja, seun van Kolaja, seun van Maäseja, seun van Itiël, seun van Jesaja,8
en dan ook Gabbai en Sallai. Die Benjaminiete was 928.
9
Joël seun van Sikri het die bevel oor hulle gevoer, en Juda seun van Senua was in bevel oor die Nuwe Stad.
10
Priesters: Jedaja seun van Jojarib, en Jakin;11
Seraja seun van Gilkija, seun van Mesullam, seun van Sadok, seun van Merajot, seun van Agitub, was hoof van die tempel.
12
Hulle ampsgenote, wat die dienswerk in die tempel gedoen het, was 822.
13
met sy ampsgenote, 242 familiehoofde; en Amassai seun van Asarel, seun van Agsai, seun van Mesillemot, seun van Immer,
14
met sy ampsgenote, 128 dapper manne. Die bevelvoerder oor hulle was Sabdiël seun van Gedolim.
15
Leviete: Semaja seun van Gassub, seun van Asrikam, seun van Gasabja, seun van Bunni;16
Sabbetai en Josabad was hoofde van die Leviete en belas met die toesig oor die werk buite die tempel;
17
Mattanja seun van Miga, seun van Sabdi, seun van Asaf, wat in beheer van die sang was, moes die lofprysing by die gebed behartig. Verder was daar Bakbukja, tweede in rang onder sy ampsgenote, en Abda seun van Sammua, seun van Galal, seun van Jedutun.
18
Al die Leviete in die heilige stad was 284.
19
Poortwagte: Akkub, Talmon en hulle ampsgenote wat by die poorte wag gehou het. Hulle was 172.20
Die res van Israel en van die priesters en Leviete het oral in die stede van Juda gewoon, elkeen op sy eie stuk grond.21 Die tempelslawe het op die Ofel gewoon. Hulle was onder die bevel van Siga en Gispa.
22
Die gesagvoerder oor die Leviete in Jerusalem was Ussi seun van Bani, seun van Gasabja, seun van Mattanja, seun van Miga, uit die nageslag van Asaf wat die sangers was by die dienswerk in die tempel.23 Daar het 'n koninklike opdrag oor die sangers bestaan, 'n voorskrif oor hulle optrede soos dit elke dag moes geskied.
24
Petagja seun van Mesesabel, uit die nageslag van Serag seun van Juda, was die gevolmagtigde van die koning vir alle sake van die volk.25
Wat betref die nedersettings met hulle boerderygebiede, daar het van die Judeërs in Kirjat-Arba en sy buiteposte gewoon, in Dimona en sy buiteposte, in Kabseël en die nedersettings by hom,26 in Jesua, in Molada, in Bet-Pelet,
27 in Gasar-Sual, in Berseba en sy buiteposte,
28 in Siklag, in Mekona en sy buiteposte,
29 in En-Rimmon, in Sora, in Jarmut,
30 in Sanoag en Adullam en die nedersettings by hulle, in Lakis en sy boerderygebied en in Aseka en sy buiteposte. Hulle was dus gevestig oor die gebied van Berseba af tot by Hinnomdal.
31
Die Benjaminiete het gewoon in Geba, Mikmas, Aja, Bet-El en sy buiteposte,32 Anatot, Nob, Ananeja,
33 Gasor, Rama, Gittajim,
34 Gadid, Seboïm, Neballat,
35 Lod, Ono en Vakmansdal.
36 Afdelings Leviete het ook in Juda en Benjamin gewoon.
1
Hier volg 'n lys van die priesters en die Leviete wat saam met Serubbabel seun van Sealtiël, en Jesua teruggekom het: Seraja, Jeremia, Esra,2 Amarja, Malluk, Gattus,
3 Sekanja, Regum, Merajot,
4 Iddo, Ginneton, Abia,
5 Mijamin, Maädja, Bilga,
6 Semaja, Jojarib, Jedaja,
7 Sallu, Amok, Gilkija en Jedaja. Hulle was die hoofde van die priesters en van hulle ampsgenote in die tyd van Jesua.
8
Die Leviete was Jesua, Binnuï, Kadmiël, Serebja, Juda en Mattanja. Mattanja en sy ampsgenote was verantwoordelik vir die lofsang.9 Hulle ampsgenote Bakbukja en Unni het regoor hulle diens gedoen.
10
Jesua was die vader van Jojakim, Jojakim die vader van Eljasib, Eljasib van Jojada;11 Jojada was die vader van Jonatan en Jonatan die vader van Jaddua.
12
Tydens die regering van Jojakim was die volgende manne hoofde van die priesterfamilies: Meraja was hoof van die familie Seraja, Gananja van Jeremia,13
Mesullam van Esra, Joganan van Amarja,
14
Jonatan van Malluk, Josef van Sebanja,
15
Adna van Garim, Gelkai van Merajot,
16
Sagaria van Iddo, Mesullam van Ginneton,
17
Sikri van Abia, Piltai van Mijamin en Maädja,
18
Sammua van Bilga, Jonatan van Semaja,
19
Mattenai van Jojarib, Ussi van Jedaja,
20
Kallai van Sallu, Eber van Amok,
21
Gasabja van Gilkija, Netanel van Jedaja.
22
Die familiehoofde van die Leviete is in die tyd van Eljasib, Jojada, Joganan en Jaddua opgeskryf, die priesters tydens die regering van Darius die Pers.23
Die Levitiese familiehoofde is opgeskryf in die Kroniekboeke tot met die tyd van Joganan seun van Eljasib.24 Die hoofde van die Leviete was Gasabja, Serebja en Jesua seun van Kadmiël. Regoor hulle was hulle ampsgenote wat die Here moes loof en dank volgens die voorskrif van Dawid, die man van God. Die afdelings het regoor mekaar diens gedoen.
25 Die ander was Mattanja, Bakbukja, Obadja en Mesullam.
Talmon en Akkub was poortwagte wat diens gedoen het by die voorraadkamers in die poorte.26
Hierdie mense het in die tyd van Jojakim seun van Jesua, seun van Josadak, en in die tyd van die goewerneur Nehemia en die skrifgeleerde priester Esra diens gedoen.27
Met die oog op die inwyding van die muur om Jerusalem is die Leviete oral in hulle woonplekke opgespoor en na Jerusalem toe gebring. Hulle moes die inwyding feestelik vier met lofliedere en met die musiek van simbale, harpe en liere.28 Die sangers is bymekaargebring uit die omgewing van Jerusalem, uit die Netofanedersettings,
29 uit Bet-Gilgal en uit die boerderygebiede van Geba en Bet-Asmawet. Die sangers se nedersettings was almal om Jerusalem gebou.
30
Die priesters en die Leviete het eers hulleself gereinig en daarna die volk, die poorte en die muur.31
Ek het die leiers van Juda op die muur laat klim en toe twee groot kore saamgestel. Die een het ek suid op die muur langs laat gaan tot by die Vullispoort.32 Agter hulle het Hosaja en die helfte van die gesagvoerders van Juda geloop,
33 en verder Asarja, Esra, Mesullam,
34 Juda en Benjamin, Semaja en Jeremia,
35 'n aantal priesters met trompette, Sagaria seun van Jonatan, seun van Semaja, seun van Mattanja, seun van Miga, seun van Sakkur, seun van Asaf,
36 en sy ampsgenote Semaja, Asarel, Milalai, Gilalai, Maäi, Netanel, Juda en Ganani met die musiekinstrumente van Dawid, die man van God. Esra die skrifgeleerde was voor hulle.
37 By die Fonteinpoort is hulle reguit op met die trappe na die Dawidstad toe, met die skuinste teen die muur bokant die paleis van Dawid langs tot by die Waterpoort aan die oostekant.
38
Die ander koor het noord geloop. Ek en die ander helfte van die mense het gevolg al met die muur langs oor die Bakoondtoring tot by die Breë Muur,39 oor die Efraimspoort, die Ou Poort, die Vispoort, die Gananeltoring, die Toring-van-die-Honderd tot by die Skaappoort. By die Wagpoort het hulle gaan staan.
40
Die twee kore het daarna in die tempel plek ingeneem, ek ook, en die helfte van die ampsdraers saam met my.41 Die priesters Eljakim, Maäseja, Mijamin, Miga, Eljoënai, Sagaria en Gananja het die trompette geblaas,
42 en ook Maäseja, Semaja, Eleasar, Ussi, Joganan, Malkija, Elam en Eser. Die kore het gesing onder leiding van Jisragja.
43
Daar is daardie dag baie offers gebring. Die mense was bly. God het hulle groot blydskap gegee. Ook die vrouens en kinders was bly. Jy kon die blydskap van Jerusalem ver hoor.44
Daardie dag is daar ook manne aangestel oor die voorraadkamers vir die offergawes, die eerstelinge en die tiendes, sodat daarin die deel opgeberg kon word wat volgens wet die priesters en die Leviete uit die boerderygebiede van die stede toekom. Die priesters en die Leviete wat diens gedoen het, het voordeel getrek uit die blydskap van Juda.45 Die priesters en die Leviete het die diensbeurte ter verering van hulle God en die diensbeurte om die reiniging te doen, waargeneem. Die werk van die sangers en die poortwagte is gereël volgens die voorskrif van Dawid en sy seun Salomo.
46 Daar was reeds in die ou tyd, in die tyd van Dawid en Asaf, leiers van die sangers met die oog op die lof- en dankliedere ter ere van God.
47 In die tyd van Serubbabel en Nehemia het die hele Israel vir die sangers en die poortwagte se onderhoud gesorg soos dit elke dag nodig was. Hulle het ook die offergawes vir die Leviete opsy gesit en die Leviete het dan weer dié van die priesters opsy gesit.
1
Daardie dag is daar ten aanhore van die volk voorgelees uit die boek van Moses, en daar is geskryf gevind dat 'n Ammoniet of Moabiet nooit in die gemeente van God mag kom nie.2 Dit was omdat hulle nie brood en water aan die Israeliete wou gee nie en vir Bileam gehuur het om 'n vloek oor Israel uit te spreek. Ons God het die vloek in seën laat verander.
3 Toe die volk dié wet hoor, het hulle almal wat van gemengde herkoms was, van Israel afgeskei.
4
Tevore het die priester Eljasib, wat in beheer was van die opslagplek by die huis van ons God en familie van Tobija was,5 vir Tobija 'n groot kamer ingerig wat tevore gebruik was vir die graanoffer, die wierook, die offergereedskap, die tiendes van koring, wyn en olie, die aandeel van die Leviete, die sangers en die poortwagte, en die offergawe vir die priesters.
6 Ek was nie in Jerusalem toe dit alles gebeur het nie, want in die twee en dertigste regeringsjaar van koning Artasasta van Babel is ek terug na die koning toe. Ek kon eers met verloop van tyd van die koning verlof vra
7 en na Jerusalem toe kom. Toe ek uitvind watter verkeerde ding Eljasib gedoen het deur vir Tobija 'n kamer in die voorhof van die tempel in te rig,
8 was ek baie kwaad. Ek het al Tobija se huisraad uit die kamer gegooi
9 en opdrag gegee dat die kamer gereinig moet word. Daarna het ek die goed wat in die tempel gebruik is, en die graanoffer en die wierook daar teruggesit.
10
Verder het ek uitgevind dat die Leviete nie hulle aandeel aan onderhoud ontvang het nie, en dat hulle en die sangers wat dienswerk moes doen, weg is, elkeen na sy eie grond toe.11 Ek het die ampsdraers sterk aangespreek en gesê: “Waarom is die tempel verwaarloos?” Daarna het ek die Leviete weer bymekaargemaak en in hulle poste teruggeplaas.
12 Die hele Juda het daarna die tiendes van koring, wyn en olie ingebring na die voorraadkamers toe.
13 Ek het die priester Selemja, die sekretaris Sadok en die Leviet Pedaja in beheer van die voorraadkamers geplaas, en hulle is bygestaan deur Ganan seun van Sakkur, seun van Mattanja. Hulle is as betroubaar beskou, en dit was hulle taak om die uitdeling aan hulle ampsgenote te doen.
14
Onthou tog wat ek gedoen het, my God! Moet tog nie dat my liefdesdade wat ek vir die huis van my God en vir sy diens gedoen het, vergeet raak nie.15
Daardie tyd het ek in Juda gesien dat mense die wynpers op die sabbat trap, en vragte koring en ook wyn, druiwe, vye en allerhande pakke op donkies laai en in Jerusalem inbring op die sabbat. Ek het hulle gewaarsku om nie op dié dag kos te verkoop nie.16
Die Tiriërs wat in Jerusalem gewoon het, het vis en allerhande koopware ingebring en op die sabbat aan die Judeërs en in Jerusalem verkoop.17 Ek het die vooraanstaande burgers van Juda sterk aangespreek en vir hulle gesê: “Hoe kan julle so 'n verkeerde ding doen dat julle die sabbat ontheilig?
18 Dit is presies wat julle voorvaders gedoen het, sodat ons God al hierdie onheil oor ons en oor hierdie stad gebring het! Nou vererger julle die toorn wat op Israel rus deur die sabbat te ontheilig!”
19
Ek het toe opdrag gegee dat die poorte van Jerusalem gesluit moes word sodra dit daar begin donker word op die aand voor die sabbat en dat die poorte nie oopgesluit moes word voor ná die sabbat nie. Ek het van my eie dienaars by die poorte geplaas, sodat daar geen vrag op die sabbat sou inkom nie.20 Toe het die handelaars en smouse 'n keer of twee net buite Jerusalem geslaap.
21 Ek het hulle gewaarsku en vir hulle gesê: “Waarom slaap julle hier teen die muur? As julle dit weer doen, sal ek julle straf.” Daarna het hulle nie weer op die sabbat gekom nie.
22 Ek het die Leviete opdrag gegee om hulle te reinig en die poorte te kom bewaak sodat die sabbatdag heilig gehou sou word.
Onthou tog ook dit, my God, ontferm U oor my in u groot liefde!23
Daardie tyd het ek ook nog Judeërs gesien wat getroud was met vrouens uit Asdod en met Ammonitiese en Moabitiese vrouens.24 Van hulle kinders het die helfte Asdods gepraat of die taal van 'n ander volk. Judees kon hulle nie praat nie.
25 Ek het met die mense geraas, hulle vervloek, party van hulle geslaan, hulle hare uitgetrek en hulle voor God 'n eed laat aflê: “Julle sal julle dogters nie laat trou met die heidene se seuns nie en hulle dogters nie met julle seuns of met julleself nie.
26 Dit was tog hiermee dat koning Salomo van Israel gesondig het! Onder die groot nasies was daar nie 'n koning soos hy nie. Sy God het hom liefgehad en hom koning laat word oor die hele Israel, maar vreemde vrouens het ook vir hom laat sondig.
27 En nou moet ons hoor dat julle hierdie groot kwaad begaan het en ontrou aan ons God geword het deur vreemde vrouens te trou!”
28
'n Seun van Jojada seun van die hoëpriester Eljasib was die skoonseun van Sanballat die Goroniet. Ek het hom van my af weggejaag.29
Onthou hulle, my God; hulle het die priesterskap en die plegtige onderneming van die priesters en die Leviete besoedel.30
Ek het hulle gesuiwer van al wat vreemd was en diensbeurte vir die priesters en Leviete vasgestel, elkeen vir sy werk,31 en ook die heffings van hout op die vasgestelde tye, en die eerstelinge.
Onthou dit tot my voordeel, my God!