1
Salomo seun van Dawid het 'n stewige houvas op sy koningskap gekry. Die Here sy God was by hom en het hom groot mag gegee.2 Salomo het die hele Israel opgeroep: die bevelhebbers oor duisend en honderd, die regters, elke leiersfiguur in die hele Israel, al die familiehoofde.
3 Salomo en die hele gemeente saam met hom het toe na die hoogte toe by Gibeon gegaan. Die tent van die ontmoeting met God wat Moses, die dienaar van die Here, nog in die woestyn gemaak het, was toe daar.
4 Die ark van God was egter nie daar nie. Dawid het dit in sy dae uit Kirjat-Jearim laat bring na die plek toe wat hy daarvoor reggemaak het, want hy het daarvoor in Jerusalem 'n tent laat opslaan.
5 Die bronsaltaar wat Besaleël seun van Uri, seun van Gur, gemaak het, was opgestel voor die tabernakel van die Here. Salomo en die gemeente het die Here gaan raadpleeg.
6 Salomo het daar op die bronsaltaar offers gebring voor die Here wat in die tent van ontmoeting teenwoordig is. Hy het 'n duisend brandoffers daar gebring.
7
Daardie nag het God aan Salomo verskyn en vir hom gesê: “Vra wat Ek jou moet gee.”8
Salomo sê toe vir God: “U het groot trou aan my vader Dawid bewys en my in sy plek koning gemaak.9 Vervul nou, Here God, u belofte aan my vader Dawid, want U het my koning gemaak oor 'n volk so baie soos die stof van die aarde.
10 Gee my nou wysheid en kennis dat ek hierdie volk reg kan lei, want wie kan uit homself hierdie groot volk van U regeer?”
11
God het vir Salomo geantwoord: “Omdat jy dít besluit het en jy nie rykdom, besittings, aansien of jou vyande se lewens gevra het nie, en ook nie 'n lang leeftyd nie, maar wysheid en kennis waarmee jy my volk oor wie Ek jou koning gemaak het, kan regeer,12 daarom word die wysheid en kennis aan jou geskenk. Maar Ek gee jou bowendien rykdom, besittings en aansien soos die konings voor jou nie gehad het nie en dié ná jou ook nie sal hê nie.”
13
Daarna het Salomo van die hoogte in Gibeon af, van die tent van ontmoeting af, na Jerusalem toe teruggegaan. Hy was nou koning oor die hele Israel.14
Koning Salomo het 'n mag van strydwaens en perde opgebou. Hy het veertien honderd strydwaens en twaalf duisend perde besit, waarvan hy party in strydwaposte en ander by die paleis in Jerusalem gestasioneer het.15 Die koning het goud en silwer in Jerusalem so volop gemaak soos klippe, en seders so volop soos wildevyebome in die Laeveld.
16 Sy perde was afkomstig uit Egipte en Kewé. Die handelaars van koning Salomo het hulle in Kewé gaan koop vir die prys waarop ooreengekom is.
17 Uit Egipte is 'n strydwa vir net minder as sewe kilogram silwer ingevoer en 'n perd vir een en 'n driekwart kilogram. Dieselfde pryse is aan al die Hetitiese en Aramese konings betaal. Die invoer het deur bemiddeling van die handelaars geskied.
1
Salomo was van voorneme om 'n tempel vir die Naam van die Here te bou, en 'n paleis vir homself.2 Vir dié doel het hy sewentig duisend draers en tagtig duisend klipkappers in die berge aan die werk gesit, met drie duisend ses honderd opsigters oor hulle.
3
Verder het hy die volgende boodskap gestuur aan koning Hiram van Tirus: “U het destyds met my vader Dawid 'n ooreenkoms aangegaan en vir hom seders gelewer om vir hom 'n paleis te bou om in te woon.4 Nou wil ek 'n tempel bou vir die Naam van my God, die Here, en dit aan Hom wy. Daar sal ons Hom eer met wierookoffers, met offerbrood wat voortdurend daar is, en met brandoffers, elke môre en elke aand, elke sabbat, elke nuwemaan en elke vasgestelde feestyd van ons God, die Here. Dit is 'n permanente verpligting wat op Israel rus.
5 Die tempel wat ek wil bou, gaan groot wees, want ons God is die grootste van alle gode.
6 Wie sou eintlik die vermoë hê om vir Hom 'n tempel te bou as die hemel, die hoogste hemel self, Hom nie kan bevat nie? En wie is ek eintlik dat ek, behalwe om Hom met offers te eer, vir Hom ook 'n tempel wil bou?
7
“Stuur nogtans vir my 'n vakman in die bewerking van goud, silwer, brons en yster en van pers, bloedrooi en blou wol. Hy moet ook vaardig wees in graveerwerk en moet saamwerk met die vakmanne hier by my in Juda en Jerusalem wat deur my vader Dawid gewerf is.8 Stuur vir my verder ook nog seder-, sipres- en jenewerhout van die Libanon af. Ek weet immers hoe vaardig u arbeiders is in die kap van Libanonbome. My eie arbeiders sal saam met u arbeiders werk.
9 Hulle moet vir my groot hoeveelhede hout regmaak, want die tempel wat ek wil bou, moet groot en indrukwekkend wees.
10 Vir u arbeiders, die boswerkers wat die bome moet kap, sal ek die volgende voedselvoorrade lewer: drie duisend drie honderd ton koring, twee duisend ses honderd en veertig ton gars, vier honderd en veertig kiloliter wyn en vier honderd en veertig kiloliter olie.”
11
Koning Hiram van Tirus het Salomo soos volg skriftelik geantwoord: “Dit was 'n liefdesdaad van die Here aan sy volk dat Hy u koning oor hulle laat word het!”12 Verder het Hiram geskrywe: “Geloof sy die Here die God van Israel, wat die hemel en die aarde gemaak het! Hy het aan koning Dawid 'n wyse seun gegee wat die verstandigheid en insig aan die dag lê om vir die Here 'n tempel te wil bou en vir homself 'n paleis.
13 Ek stuur hiermee 'n vakman met die nodige kennis, my meestervakman Hiram.
14 Hy is die seun van 'n vrou uit Dan, en sy pa is uit Tirus. Hy is vaardig in die bewerking van goud, silwer, brons, yster, klip, hout, pers en blou wol, linne en bloedrooi wol. Bowendien kan hy enige graveerwerk doen en in samewerking met u en u vader Dawid se vakmanne, enige ontwerp uitvoer wat aan hom voorgelê word.
15 As u nou vir ons die koring, gars, olie en wyn stuur soos u onderneem het,
16 sal ons al die hout wat u nodig het, in die Libanon kap en dit in vlotte met die see langs vir u na Joppe toe bring. U kan dit dan na Jerusalem toe laat vervoer.”
17
Salomo het 'n opname laat maak van al die nie-Israeliete in Israel. Dit was ná die opname wat Dawid, sy pa, reeds van hulle laat maak het. Daar is gevind dat hulle een honderd drie en vyftig duisend ses honderd is.18 Hy het toe sewentig duisend van hulle as draers en tagtig duisend as klipkappers aan die gang gesit in die berge. Daar was drie duisend ses honderd opsigters om die manne aan die werk te hou.
1
Salomo het begin bou aan die huis van die Here in Jerusalem. Dit was op Moriaberg waar die Here aan Dawid, sy pa, verskyn het, op die plek wat Dawid laat regmaak het, waar die dorsvloer van Arauna die Jebusiet was.2 Hy het begin bou op die tweede van die tweede maand, in die vierde jaar van sy regering.
3
Die grondplan waarvolgens Salomo die tempel van God gebou het, was soos volg: die lengte volgens die ou maat was dertig meter, en die breedte tien meter.4
Die voorportaal aan die voorkant van die tempel was tien meter lank, net so lank as wat die tempel breed was. Die hoogte daarvan was sestig meter. Salomo het dit aan die binnekant met suiwer goud oorgetrek.5
Die groot vertrek het hy met sipreshout uitgevoer, met egte goud oorgetrek en daarop palms en kettings laat uitsny.6 Hy het die vertrek versier met kosbare edelstene. Die goud was Parwajimgoud.
7 So het hy die hele vertrek met goudplaat oorgetrek, die balke, drumpels, mure en deure daarvan, en aan die mure het hy ook nog gerubs laat uitsny.
8
Die Allerheiligste het hy tien meter lank gemaak, net so lank as wat die gebou breed was. Die breedte daarvan was ook tien meter. Hy het die vertrek met egte goud oorgetrek, sowat twintig ton.9 Die goue spykers het bietjie meer as 'n halwe kilogram geweeg. Ook die bovertrekke het hy met goud oorgetrek.
10
In die Allerheiligste het hy twee gerubs gemaak, gegote stukke, en hulle ook met goud oorgetrek.11 Die vlerke van die gerubs was saam tien meter lank. Die een gerub se een vlerk het aan die een muur van die vertrek geraak, en sy ander vlerk aan dié van die ander gerub.
12 Die een vlerk van die ander gerub het aan die ander muur van die vertrek geraak, en sy ander vlerk was vas aan die ander gerub s'n. Elke vlerk was twee en 'n half meter lank.
13 Die vlerke van hierdie gerubs het dus tien meter ver gereik. Hulle het op hulle eie voetstukke gestaan met die gesigte na die groot vertrek toe.
14
Die voorhangsel het hy gemaak van blou, pers en bloedrooi wol en van linne, en daarop gerubs laat uitwerk.15
Voor die tempel het hy twee pilare opgerig, sewentien en 'n half meter hoog, met 'n kapiteel van twee en 'n half meter op elkeen.16 Hy het kettings gemaak vir 'n krans en dit bo-aan die pilare aangebring. Daarna het hy honderd granate gemaak en aan die kettings vasgesit.
17 Die pilare het voor die tempel gestaan, een regs en een links. Die regterkantste het hy Jakin genoem en die linkerkantste Boas.
1
Hy het die bronsaltaar gemaak, tien meter lank, tien meter breed en vyf meter hoog.2 Hy het ook die gegote waterbak gemaak, heeltemal rond, vyf meter in deursnee, twee en 'n half meter hoog en met 'n omtrek van vyftien meter.
3 Onderom die rand van die waterbak was twee rye beeste in reliëf, tien op elke halwe meter. Die beeste is saam met die waterbak in een stuk gegiet.
4 Die waterbak het gerus op twaalf gegote beeste, drie na die noorde, drie na die weste, drie na die suide en drie na die ooste gerig. Die waterbak was bo-oor hulle, en almal se agterkante was onder die bak in.
5 Die waterbak was nege sentimeter dik en sy rand was soos 'n beker se rand in die vorm van die kelk van 'n lelie. Dit kon ses en sestig kiloliter bevat.
6
Hy het tien waskomme gemaak en vyf aan die regterkant en vyf aan die linkerkant gesit. Daarin spoel hulle die offergereedskap af. Die waterbak is vir die priesters om in te was.7 Hy het tien goue kandelaars gemaak volgens voorskrif en hulle in die voorste heiligdom gesit, vyf aan die regterkant en vyf aan die linkerkant.
8 Hy het tien tafels gemaak en in die voorste heiligdom gesit, vyf aan die regterkant en vyf aan die linkerkant. Hy het honderd goue komme vir besprinkeling gemaak.
9 Hy het die voorhof van die priesters ingerig en die groot binneruimte, met deure vir die binneruimte. Albei se deure het hy met brons oorgetrek.
10 Die waterbak het hy aan die regterkant, suidoos van die tempel, opgestel.
11
Hiram het die potte, die skoppe en die komme vir besprinkeling gemaak. So het hy die werk afgehandel wat hy vir koning Salomo aan die tempel van God moes doen:12 die twee pilare met die komvormige skywe en die kapitele bo-aan die twee pilare, en ook die roosters om die twee skywe van die kapitele bo-aan die pilare toe te maak;
13 die vier honderd granate vir die twee roosters, 'n dubbele ry granate vir elke rooster om die skywe van die kapitele bo-op die pilare toe te maak.
14 Hy het ook die waentjies en die waskomme op die waentjies gemaak,
15 die waterbak met die twaalf beeste daaronder,
16 die potte, skoppe en vurke. Al die nodige toerusting het die meestervakman Hiram vir koning Salomo vir die huis van die Here vervaardig van gepoleerde brons.
17 Die koning het hulle in die omgewing van die Jordaan, tussen Sukkot en Saretan, in kleivorms laat giet.
18 Salomo het so 'n groot hoeveelheid van al hierdie goed laat maak dat die brons nie geweeg kon word nie.
19
Salomo het ook al die toerusting vir die tempel van God laat maak: die goue altaar, die tafels vir die offerbrood;20 die kandelaars met die lampe wat volgens voorskrif voor die binneste heiligdom aan die brand gehou moes word, alles van suiwer goud;
21 die blomkelke, die lampe en die goue pithouers, alles heeltemal van goud;
22 die skêre, die komme vir die besprinkeling, die panne en die vuurbakke, alles van suiwer goud. Ook die ingang van die tempel, sy deure, die binnekant van die Allerheiligste en die deure van die voorste heiligdom was van goud.
1
Nadat al die werk wat Salomo aan die huis van die Here gedoen het, afgehandel is, het hy die besondere wydingsgeskenke van Dawid, sy pa, ingebring. Die silwer en goud en al die toebehore het hy in die voorraadkamers van die tempel van God gesit.2
Daarna het Salomo die leiers van Israel, die stamhoofde en die Israelitiese familiehoofde in Jerusalem bymekaargeroep om die verbondsark van die Here uit Sion, die Dawidstad, te laat uitbring.3 Al die manne van Israel het by die koning bymekaargekom op die feesdag in die sewende maand.
4 Nadat al die leiers van Israel gekom het, het die Leviete die ark opgetel
5 en die ark, die tent van ontmoeting en al die toebehore van die heiligdom wat in die tent was, gedra. Die Levitiese priesters het dit gedra.
6 Koning Salomo en die hele gemeente van Israel wat saam met hom voor die ark was, het soveel kleinvee en beeste geoffer dat dit nie getel of bereken kon word nie.
7 Toe het die priesters die verbondsark van die Here na sy plek toe gebring onder die vlerke van die gerubs in die binneste heiligdom van die tempel, dit is die Allerheiligste.
8 Die gerubs se vlerke was oopgesprei oor die staanplek van die ark. Hulle het die ark en sy draaghoute aan die bokant bedek.
9 Die draaghoute was so lank dat hulle punte by die ark verby gesteek het aan die voorkant van die binneste heiligdom, maar hulle kon nie van buite af gesien word nie. Hulle is vandag nog daar.
10 Daar was niks in die ark nie behalwe die twee plat klippe wat Moses by Horeb gemaak het toe die Here by die uittog van die Israeliete uit Egipte met hulle 'n verbond gesluit het.
11
Al die aanwesige priesters het hulle gereinig, ongeag hulle diensbeurte. Toe die priesters uit die heiligdom uitkom,12 het die Levitiese sangers oos van die altaar reggestaan met simbale, harpe en liere. Hulle was almal daar: Asaf, Heman en Jedutun met hulle volgelinge en ampsgenote. Hulle het hulle linneklere aangehad, en by hulle was omtrent honderd en twintig priesters, trompetblasers.
13 Presies gelyk, soos een man, het die trompetblasers en die sangers die lof en dank aan die Here laat weerklink. Die klank van trompette, simbale, allerhande instrumente en die loflied ter ere van die Here het opgeklink: “Want Hy is goed, aan sy liefde is daar geen einde nie.” Op daardie oomblik het 'n wolk die huis van die Here gevul.
14 Daarom kon die priesters nie vir diens aantree nie. Dit was die magtige teenwoordigheid van die Here wat die tempel van God gevul het.
1
Toe het Salomo gesê: “Die Here het gesê Hy wil in duisternis woon.2
Daarom het ek vir U 'n waardige huis gebou,
'n verblyf waar U altyd kan woon.”
3
Daarna het die koning sy gesig na die hele gemeente van Israel toe gedraai en die hele gemeente van Israel geseën terwyl hulle daar staan.4 Hy het gesê: “Geloof sy die Here die God van Israel wat aan my vader Dawid 'n belofte gedoen het en dit deur sy mag vervul het.
“Die woorde van die Here was:5 ‘Van die dag af dat Ek my volk uit Egipte gebring het, het Ek uit al die stamgebiede van Israel nie 'n stad gekies waar 'n tempel gebou kan word sodat my Naam daar kan wees nie en het Ek ook nie iemand gekies om heerser oor my volk Israel te wees nie,
6 totdat Ek Jerusalem gekies het sodat my Naam daar kan wees, en vir Dawid sodat hy oor my volk Israel kon regeer.’
7
“My vader Dawid was van voorneme om 'n tempel te bou vir die Naam van die Here die God van Israel,8 maar die Here het vir my vader Dawid gesê: ‘Dat dit jou voorneme is om 'n tempel vir my Naam te bou — dit is goed dat jy die voorneme het.
9 Maar nie jý sal die tempel bou nie; jou seun wat uit jou voortgekom het, hý sal die tempel vir my Naam bou.’
10
“Die Here het die belofte wat Hy gemaak het, nagekom. Ek het my vader Dawid se plek geneem en op die troon van Israel gekom soos die Here beloof het. Die tempel vir die Naam van die Here die God van Israel het ek gebou11 en die ark waarin die verbond van die Here is wat Hy met die Israeliete gesluit het, het ek daar gesit.”
12
Toe gaan staan Salomo regoor die altaar van die Here, voor die hele gemeente van Israel, en strek sy hande uit.13 Hy het op 'n bronsverhoog gestaan wat hy gemaak het en in die voorhof gesit het. Dit was twee en 'n half meter lank, twee en 'n half meter breed, een en 'n half meter hoog. Hy het daarop gaan staan en toe kniel hy voor die hele gemeente van Israel en strek sy hande uit na die hemel toe
14 en sê:
“Here, God van Israel, in die hemel of op die aarde is daar nie nog 'n God soos U nie. U hou U aan die verbond en U bly getrou teenoor u dienaars wat met volle oorgawe voor U lewe.15 U het U gehou aan wat U u dienaar, my vader Dawid, beloof het. U het die belofte gemaak en dit so, soos dit vandag is, deur u woord en u mag vervul.
16
“Here, God van Israel, bly dan nou by wat U u dienaar, my vader Dawid, beloof het toe U gesê het: Ek sal sorg dat daar altyd iemand uit jou nageslag op die troon van Israel sal wees mits jou nakomelinge let op hulle optrede en volgens my woord lewe, soos jy gemaak het.17
“Here, God van Israel, laat die belofte wat U aan u dienaar Dawid gedoen het, ook verder vas staan.18
“Sou God werklik by die mens op die aarde woon? Die hemel, selfs die hoogste hemel, kan U nie bevat nie, hoe dan nog hierdie tempel wat ek gebou het!19
“Hoor tog, Here my God, die gebed van u dienaar, hoor sy smeking, luister na die hulpgeroep, die gebed wat u dienaar tot U rig.20 Hou hierdie tempel dag en nag onder u sorg, die plek waarvan U gesê het dat U u Naam daar wil vestig, sodat U die gebed kan hoor wat 'n dienaar van U na hierdie plek toe bid.
21 Hoor tog die smeekbedes van u dienaar en u volk Israel wat hulle na hierdie plek toe bid, hoor dit tog uit u hemelse woonplek, en wanneer U dit hoor, vergewe tog!
22
“As iemand sy naaste kwaad aandoen en dié hom 'n eedverpligting oplê om hom onder 'n vloek te plaas, en hy kom en spreek die eed uit voor u altaar in hierdie tempel,23 luister tog uit die hemel en gryp in en vel die beslissing oor u dienaars sodat die skuldige die straf vir sy dade ondergaan en die onskuldige gelyk gegee word soos dit by sy onskuld pas.
24
“As u volk Israel deur 'n vyand verslaan word omdat hulle teen U gesondig het en hulle kom tot inkeer en bely u Naam en bid tot U in hierdie huis en smeek U,25 luister tog uit die hemel en vergeef u volk Israel se sonde en laat hulle terugkom na die land wat U aan hulle en hulle voorvaders gegee het.
26
“Wanneer die hemele toegesluit bly en daar nie reën is nie omdat hulle teen U sondig, en hulle bid na hierdie plek toe en bely u Naam terwyl hulle hulle van hulle sonde bekeer en vra dat U hulle gebed sal verhoor,27 luister tog uit die hemel en vergeef u dienaars en u volk Israel se sonde en gee reën op u land wat U aan u volk as besitting gegee het. So leer U hulle die goeie weg wat hulle moet bewandel.
28
“Sou daar hongersnood in die land kom, sou daar pes uitbreek, brandkoring of roes, swerms sprinkane en voetgangers, sou dit gebeur dat die volk se vyande hom in sy stede hier in die land beleër, watter plaag of siekte hom ook al tref,29 luister tog na elke gebed, elke smeking wat van enige mens of van u hele volk Israel mag kom soos elkeen sy plaag en sy smart te kenne gee en sy hande na hierdie tempel toe uitstrek;
30 luister tog uit die hemel, u woonplek, en vergeef en gee aan elkeen wat hy verdien soos U sy hart ken, want net U ken die mens se hart,
31 sodat hulle aan U gehoorsaam sal wees en u weg sal bewandel die hele tyd dat hulle in die land leef wat U aan ons voorvaders gegee het.
32
“Luister ook na die vreemdeling wat nie uit u volk Israel is nie en, omdat hy gehoor het van u groot Naam, u mag en krag, selfs uit 'n ver land kom en na hierdie tempel toe bid.33 Luister tog uit die hemel, u woonplek, en doen alles wat die vreemdeling U in sy gebed vra, sodat al die volke van die aarde u Naam kan ken en ook aan U gehoorsaam kan wees net soos u volk Israel, en dat hulle kan weet u Naam is uitgeroep oor hierdie tempel wat ek gebou het.
34
“Sou u volk teen sy vyande uittrek in 'n oorlog wat deur U beveel is, en hulle bid tot U in die rigting van hierdie stad wat U gekies het en die huis wat ek vir u Naam gebou het,35 luister tog uit die hemel na hulle gebed en hulle smeking en gee hulle die oorwinning.
36
“Sou hulle teen U sondig, want daar is nie 'n mens wat nie sondig nie, en U in u verontwaardiging hulle aan 'n vyand oorgee sodat hulle as gevangenes weggevoer word na 'n land, ver of naby,37 en hulle daar in dié land waar hulle gevangenes is, tot inkeer kom en hulle weer tot U wend en U daar in die land van hulle gevangenskap smekend aanroep: ‘Ons het gesondig, ons het verkeerd gedoen, ons is skuldig’,
38 en hulle tot U wend met hart en siel in die land van hulle gevangenskap en hulle bid in die rigting van hulle land wat U aan hulle voorvaders gegee het en van die stad wat deur U gekies is en die tempel wat ek vir u Naam gebou het,
39 luister tog uit die hemel, uit u woonplek, na hulle gebed en smeking en neem hulle straf weg en vergeef u volk wat teen U gesondig het.
40
“My God, hou dan nou hierdie plek onder u sorg en verhoor tog elke gebed hiervandaan.41
“Kom dan nou na u rusplek toe, Here God, U en u magtige ark. Laat u priesters, Here God, onder die beskerming van u hulp lewe, en laat u troue dienaars hulle verheug in die goeie dinge.42 Here God, hou u gesalfde onder u sorg. Dink aan wat U toegesê het aan u dienaar Dawid.”
1
Toe Salomo klaar gebid het, het daar vuur uit die hemel gekom en die brandoffers en ander diereoffers verteer, en die magtige teenwoordigheid van die Here het die tempel gevul.2 Die priesters kon nie in die huis van die Here ingaan nie, so het sy magtige teenwoordigheid sy huis gevul.
3 Toe al die Israeliete sien dat die vuur en die magtige teenwoordigheid van die Here op die tempel af kom, het hulle op die plaveisel gekniel. Hulle het in eerbetoon gebuig en die Here geloof: “Want Hy is goed, aan sy liefde is daar geen einde nie.”
4
Die koning en die hele volk het vir die Here offerandes gebring.5 Koning Salomo het twee en twintig duisend beeste en honderd en twintig duisend stuks kleinvee geoffer. So het die koning en die hele volk die tempel van God ingewy.
6 Die priesters het op hulle poste gestaan en so ook die Leviete met die instrumente vir die lied tot die eer van die Here. Koning Dawid het die instrumente laat maak om die Here te loof: “Aan sy liefde is daar geen einde nie.” So was die lofsang van Dawid in die Leviete se hande. Regoor hulle het die priesters die trompette geblaas en die hele Israel het daar gestaan.
7
Salomo het die middelgedeelte van die voorhof wat reg voor die huis van die Here is, gewy, want dit is waar hy die brandoffers en die vetgedeeltes van die maaltydoffers verbrand het. Op die bronsaltaar wat hy gemaak het, was daar nie plek vir die brandoffers en die graanoffers en die vetgedeeltes nie.8
Salomo, en die hele Israel saam met hom wat gekom het uit die hele land, van Lebo-Hamat af tot by Egiptespruit, 'n baie groot gemeente, het destyds sewe dae lank fees gehou.9 Op die agste dag na die inwyding van die altaar wat sewe dae lank gevier is, het hulle 'n feestelike byeenkoms gehou. Die huttefees daarna het ook sewe dae geduur.
10 Eers op die drie en twintigste van die sewende maand het Salomo die volk terug laat gaan huis toe, bly en gelukkig oor die goeie dinge wat die Here gedoen het aan Dawid, Salomo en sy volk Israel.
11
So het Salomo dan die huis van die Here en die koninklike paleis voltooi. Alles wat Salomo onderneem het aan die huis van die Here en aan sy eie paleis, is voorspoedig afgehandel.12
Daarna verskyn die Here een nag aan Salomo en sê vir hom: “Ek het jou gebed verhoor en hierdie plek vir My gekies as die plek waar daar vir My offerandes gebring kan word.13 As Ek die hemel gesluit hou sodat daar geen reën is nie, of as Ek die sprinkaan beveel om die land kaal te vreet, of as Ek pes onder my volk stuur,
14 en my volk oor wie my Naam uitgeroep is, toon berou en bid en vra na my wil en draai terug van hulle bose weë af, sal Ek luister uit die hemel en hulle sonde vergewe en hulle land laat herstel.
15 Ek sal hierdie plek nou onder my sorg neem en ontvanklik wees vir elke gebed hiervandaan.
16 En nou kies Ek en heilig Ek hierdie tempel sodat my Naam altyd daar sal wees, en dit altyd my sorg en my liefde sal geniet.
17
“En jy, as jy soos jou vader Dawid leef volgens my wil en alles doen wat Ek jou beveel, en my voorskrifte en bepalings nakom,18 sal Ek jou heerskappy bestendig. So het Ek met jou vader Dawid ooreengekom: Nooit sal dit jou ontbreek aan iemand om oor Israel te regeer nie.
19
“Maar as julle wegdraai en my voorskrifte en my gebooie wat Ek julle gegee het, verontagsaam en julle gaan dien ander gode en buig voor hulle,20 sal Ek julle wegdryf uit my land wat Ek julle gegee het, en sal Ek hierdie tempel wat Ek vir my Naam geheilig het, voor My wegvee. Ek sal daarvan 'n spot en 'n skimp maak onder al die volke.
21 Ja, hoe verhewe hierdie tempel ook al was vir elke verbyganger, die verbyganger sal dan sy asem intrek en sê: ‘Waarom het die Here dit gedoen aan dié land en dié tempel?’
22 En die mense sal sê: Omdat daardie volk vergeet het van die Here die God van hulle voorvaders, wat hulle uit Egipte gebring het. Hulle het hulle aan ander gode verbind en voor hulle gebuig en hulle gedien. Daarom het Hy al hierdie groot rampe oor sy volk gebring.”
1
Na afloop van die twintig jaar waarin Salomo die huis van die Here en sy eie paleis gebou het,2 het hy die stede wat Hiram aan hom oorgedra het, weer opgebou en Israeliete daar gevestig.
3 Hy het na Hamat-Soba toe gegaan en dié ingeneem.
4 Hy het Tadmor in die woestyn versterk, en ook al die voorraadstede wat hy in Hamat gebou het.
5 Hy het Bet-Goron-Bo en Bet-Goron-Onder herbou, vestingstede met mure, poortdeure en sluitbalke;
6 net so ook Baälat en al die voorraadstede wat hy besit het, die stede vir die strydwamagte en die berede magte. Verder het hy al die bouwerk waarop hy besluit het, voltooi in Jerusalem, op die Libanon en dwarsdeur die land waaroor hy geregeer het.
7
Salomo het al die nie-Israeliete, die mense wat nog oor was van die Hetiete, Amoriete, Feresiete, Hewiete en Jebusiete,8 afstammelinge van dié wat nie deur die Israeliete uitgeroei is nie en nog oor was in die land, dwangarbeid laat doen. Dit is vandag nog so.
9 Salomo het nie die Israeliete as arbeiders gebruik vir sy projekte nie, want hulle was die soldate en die aanvoerders van sy strydwabemannings, sy strydwamag en sy berede mag.
10 Daar was ook nog die volgende getal uitvoerende beamptes oor wie koning Salomo beskik het: twee honderd en vyftig wat gesag oor die volk uitgeoefen het.
11
Salomo het die dogter van die farao uit die Dawidstad laat trek na die paleis toe wat hy vir haar gebou het, “want,” het hy gesê, “'n vrou van my kan nie in die paleis van koning Dawid van Israel woon nie; dit is 'n heiligdom, want die ark van die Here het daar gestaan.”12
Salomo het brandoffers vir die Here gebring op die altaar van die Here wat hy reg voor die voorportaal gebou het.13 Die offers is gebring soos dit van dag tot dag moes gebeur volgens die voorskrif van Moses: op die sabbatte, die nuwemaansfeeste en die feestye drie maal per jaar, naamlik die fees van die ongesuurde brood, die fees van die weke en die huttefees.
14 Salomo het, volgens die orde wat sy vader Dawid vasgestel het, vir die priesterafdeling hulle dienste bepaal en vir die Leviete hulle diensbeurte met die oog op die lofsang en die bystand aan die priesters soos dit van dag tot dag nodig was; so ook vir die afdelings poortwagte by elke poort. Dit is immers hoe Dawid, die man van God, dit voorgeskryf het.
15 Hulle het ook nie afgewyk van die koninklike voorskrif vir die priesters en die Leviete ten opsigte van alles in verband met die voorraadkamers nie.
16
So is al Salomo se werk afgehandel, van die dag af dat die fondamente van die huis van die Here gelê is totdat Salomo die tempel voltooi het.17
Daarna is Salomo na Esjon-Geber en na Elat toe, aan die see by Edom.18 Hiram het vir hom skepe gestuur en ervare seemanne onder bevel van hulle eie offisiere. Hulle het met die manne van Salomo saamgegaan na Ofir toe en daar sowat vyftien en 'n half ton goud vir koning Salomo gaan haal.
1
Die koningin van Skeba het gehoor wat van Salomo vertel word en sy het toe self na Jerusalem toe gekom om hom met moeilike vrae te toets. Sy het 'n baie groot gevolg saamgebring en ook kamele wat belaai was met kosbare kruie en 'n groot hoeveelheid goud en edelstene. Toe sy by Salomo kom, het sy met hom oor alles gepraat waaraan sy kon dink,2 en Salomo het vir haar 'n antwoord gehad op al haar vrae. Niks was vir Salomo onverklaarbaar nie: hy kon haar op alles antwoord.
3
Die koningin van Skeba het onder die indruk gekom van Salomo se wysheid, die tempel wat hy gebou het,4 die geregte op sy tafel, die manier waarop sy amptenare aangesit het, die bediening deur sy tafelbediendes met hulle monderings, sy skinkers met hulle monderings, en van die optog wanneer hy na die huis van die Here toe opgegaan het. Haar asem het daarvan weggeslaan.
5 Sy het vir die koning gesê: “Wat ek in my land oor u en u wysheid gehoor het, is waar.
6 Ek het nie geglo wat hulle vir my gesê het nie totdat ek gekom en myself oortuig het. Nou weet ek dat nie eers die helfte vir my vertel is oor u groot wysheid nie. U het alles wat ek gehoor het, ver oortref.
7 Hoe bevoorreg is u mense en hoe bevoorreg is hierdie amptenare van u dat hulle gedurig in u diens staan en u wysheid aanhoor!
8 Geloof sy u God, die Here, wat aan u soveel liefde bewys dat Hy u op sy troon gesit het, 'n koning deur u God, die Here, self aangewys! Dit is omdat u God vir Israel liefhet en die volk altyd in stand wil hou dat Hy u as koning oor hulle aangestel het om die orde en die reg te handhaaf.”
9
Sy het vir die koning meer as vier ton goud en 'n groot hoeveelheid kosbare kruie en edelstene gegee. Die kruie wat die koningin van Skeba vir koning Salomo gegee het, was meer as wat ooit die land ingekom het.10
Bowendien het die dienaars van Hiram en Salomo wat die goud uit Ofir gebring het, ook nog jenewerhout en edelstene gebring.11 Die koning het die jenewerhout gebruik vir relings by die huis van die Here en by die koninklike paleis, en vir die liere en harpe van die musikante. Die gelyke daarvan is tevore nie in Juda gesien nie.
12
Vir die koningin van Skeba het koning Salomo alles gegee wat sy begeer en gevra het, meer selfs as wat sy vir die koning gebring het. Sy is toe terug na haar land toe, sy en haar gevolg.13
Salomo se jaarlikse inkomste aan goud het sowat drie en twintig ton beloop.14 Behalwe wat die reisigers en handelaars ingebring het, het al die konings van Arabië en die Israelitiese goewerneurs ook goud en silwer aan Salomo gelewer.
15
Koning Salomo het twee honderd groot skilde van goud gemaak; hy het vir elke skild byna sewe kilogram gebruik.16 Hy het ook nog drie honderd klein skilde van goud gemaak; hier het hy sowat drie en 'n half kilogram vir elke skild gebruik. Die koning het hulle opgestel in die Libanonsbosgebou.
17
Verder het die koning 'n groot ivoortroon gemaak en dit met suiwer goud oorgetrek.18 Die troon het ses trappe gehad en 'n voetbank wat met goud aan die troon vasgeheg was. Weerskante van die sitplek was daar armleunings, met 'n leeu langs elkeen.
19 Twaalf leeus het op die ses trappe gestaan, ses aan elke kant. Daar is in geen ander koninkryk so iets gemaak nie.
20
Al koning Salomo se drinkgerei was van goud. Alles wat in die Libanonsbosgebou gebruik is, was van fyngoud. Silwer is in Salomo se dae nie as iets besonders beskou nie.21 Die koning het 'n vloot gehad wat saam met die dienaars van Hiram na Tarsis toe gevaar het. Om die drie jaar het die Tarsisvloot teruggekom, vol goud en silwer, ivoor, ape en bobbejane.
22
Koning Salomo het al die konings van die aarde oortref in rykdom en wysheid.23 Al die konings van die aarde het geprobeer om hom te sien te kry en die wysheid wat God hom gegee het, aan te hoor.
24 Elkeen het sy geskenk saamgebring: silwer- en goudware, mantels, wapenrusting, kosbare kruie, perde en muile. So het dit jaar vir jaar gegaan.
25
Salomo het vier duisend stalle vir perde en strydwaens gehad en twaalf duisend ruiters. Hy het hulle gestasioneer in die strydwaposte en by die paleis in Jerusalem.26 Hy was opperheerser oor al die konings, van die Eufraat af tot in die land van die Filistyne en tot aan die grens van Egipte.
27 Silwer het hy in Jerusalem so alledaags soos klippe gemaak en seders soos die wildevyebome in die Laeveld.
28 Perde is vir Salomo uit Egipte en al die lande ingevoer.
29
Die res van die verhale oor Salomo, dié van vroeër sowel as dié van later, is opgeteken in Die Verhale van die Profeet Natan, Die Profesieë van Agija van Silo, en Die Gesigte van die Siener Jedi oor Jerobeam seun van Nebat.30
Salomo was veertig jaar koning in Jerusalem oor die hele Israel.31 Hy is oorlede, en hy is begrawe in die familiegraf in die Dawidstad. Sy seun Rehabeam het hom as koning opgevolg.
1
Rehabeam het na Sigem toe gegaan omdat die hele Israel daarheen gekom het om hom tot koning te kroon.2
Jerobeam seun van Nebat was nog in Egipte, waarheen hy vir koning Salomo gevlug het, en toe hy die berig kry, het hy uit Egipte teruggekom.3 Dit was nadat hulle boodskappers gestuur en hom laat roep het.
Hy en die hele Israel kom toe na Rehabeam toe en sê vir hom:4 “U vader het ons 'n swaar juk laat dra. As u die verpligtinge wat u vader ons opgelê het, minder maak en so die juk ligter maak wat hy ons laat dra het, sal ons u onderdane bly.”
5
Rehabeam het vir hulle gesê: “Kom oor drie dae na my toe terug.” Nadat die volk vertrek het,6 het Rehabeam toe die raad gevra van die ouer mense wat in diens van Salomo, sy pa, was tydens dié se lewe. “Wat meen julle moet ek hierdie mense antwoord?” het hy gevra.
7
Hulle het vir hom gesê: “As u dit goed bedoel met hierdie volk en hulle tevrede stel en hulle 'n gunstige antwoord gee, sal hulle altyd u onderdane bly.”8
Maar hy het die raad wat die ouer mense hom gegee het, in die wind geslaan en die raad gevra van die jonger manne wat saam met hom grootgeword het en in sy diens was:9 “Wat meen júlle moet ons hierdie mense antwoord? Hulle het gevra ek moet die juk wat my pa op hulle gelê het, ligter maak.”
10
Die jongmanne wat saam met hom grootgeword het, het vir hom gesê: “U moet die volk soos volg antwoord. Hulle het vir u gesê: ‘U vader het ons 'n swaar juk laat dra, maak u vir ons die juk ligter.’ U moet vir hulle sê: “My pinkie is dikker as my pa se middellyf.11
My pa het 'n swaar juk op julle laat druk,
ek gaan die juk nog swaarder maak.
My pa het julle met swepe geslaan,
ek sal julle met gesels slaan.”
12
Toe Jerobeam en die hele volk die derde dag by koning Rehabeam kom volgens sy opdrag “Kom oor drie dae na my toe terug”,13 het hy hulle dié harde antwoord gegee. Koning Rehabeam het die raad van die ouer mense in die wind geslaan
14 en die volk geantwoord volgens die raad van die jonger manne:
“Ek gaan 'n swaar juk op julle lê,15
Die koning het nie aan die versoek van die volk voldoen nie. Dit was 'n beskikking van die Here God, sodat Hy sy belofte kon hou wat Hy deur Agija van Silo aan Jerobeam seun van Nebat gegee het.16
Toe die Israeliete hoor dat die koning nie aan hulle versoek voldoen het nie, het hulle vir hom gesê: “Dawid is nie deel van ons nie;17 Rehabeam het net koning geword oor die Israeliete wat in die stede van Juda gewoon het.
18
Koning Rehabeam het vir Adoniram, wat in bevel van die dwangarbeid was, na Israel toe gestuur, maar die Israeliete het hom met klippe doodgegooi, en koning Rehabeam self het dit net-net reggekry om op sy strydwa te kom en na Jerusalem toe te vlug.19 So het Israel in opstand gekom teen die koningshuis van Dawid, en dit is vandag nog so.
1
Dadelik nadat Rehabeam in Jerusalem terug was, het hy honderd en tagtig duisend uitgesoekte manne uit die stamme Juda en Benjamin opgeroep om teen Israel te veg en die koningskap vir hom terug te wen.2
Maar die woord van die Here het tot Semaja, die man van God, gekom en gesê:3 “Sê vir Rehabeam seun van Salomo, koning van Juda, en vir al die Israeliete in Juda en Benjamin:
4 So sê die Here: Moenie optrek en teen julle broers veg nie. Gaan terug, elkeen na sy huis toe, want wat gebeur het, kom van My af.”
Hulle het geluister na die woorde van die Here en die veldtog teen Jerobeam laat vaar.5
Rehabeam het in Jerusalem gewoon. Vir die beveiliging van Juda het hy 'n aantal stede herbou.6 Hy het die volgende vestingstede in Juda en Benjamin herbou: Betlehem, Etam, Tekoa,
7 Bet-Sur, Soko, Adullam,
8 Gat, Maresa, Sif,
9 Adorajim, Lakis, Aseka,
10 Sora, Ajalon en Hebron.
11 Hy het die vestings versterk, bevelhebbers oor hulle aangestel en daar voorrade kos, olie en wyn gehou.
12 In elke stad was daar ook skilde en spiese. So het hy die vestings baie goed versterk en beheer gehad oor Juda en Benjamin.
13
Die priesters en die Leviete wat oral in Israel gewoon het, het uit al hulle gebiede gekom en in Rehabeam se gebied kom woon.14 Die Leviete moes hulle weivelde en besittings verlaat en na Juda en Jerusalem toe kom omdat Jerobeam en sy opvolgers hulle nie meer toegelaat het om priesters vir die Here te wees nie.
15 Jerobeam het sy eie priesters aangestel vir die hoogtes en die veldgode en die kalwerbeelde wat hy gemaak het.
16
In navolging van die Leviete het mense wat die Here die God van Israel wou dien, uit al die Israelitiese stamme na Jerusalem toe gekom om daar offerandes te bring aan die Here die God van hulle voorvaders.17 So het hulle die koninkryk van Juda verder versterk en drie jaar by Rehabeam seun van Salomo gestaan. Hulle het dié drie jaar in die spore van Dawid en Salomo gevolg.
18
Rehabeam was getroud met Magalat. Haar pa was Jerimot seun van Dawid en haar ma was Abihajil dogter van Eliab, seun van Isai.19 Magalat het vir hom die seuns Jeüs, Semarja en Saham in die wêreld gebring.
20 Later is Rehabeam ook getroud met Maäka dogter van Abisalom en by haar het hy vier seuns gehad: Abia, Attai, Sisa en Selomit.
21
Rehabeam het vir Maäka dogter van Abisalom liewer gehad as vir al sy ander vrouens en byvrouens. Hy het altesaam agtien vrouens en sestig byvrouens gehad en was die pa van ag en twintig seuns en sestig dogters.22 Hy het vir Abia seun van Maäka as die eerste in rang aangestel en hom die gesag oor sy broers gegee met die oog op die koninklike opvolging.
23 Verder het Rehabeam die slim beleid gevolg om sy seuns oral in die versterkte stede van Juda en Benjamin te laat woon. Hy het gesorg dat hulle van 'n oorvloed lewensmiddele voorsien is en het deur onderhandeling vir hulle 'n menigte vrouens verkry.
1
Rehabeam was nouliks goed gevestig in sy koningskap en seker van sy mag, of hy en die hele Israel saam met hom het die woord van die Here verontagsaam.2 Hulle was ontrou aan die Here, en daarom het Hy vir koning Sisak van Egipte teen Jerusalem laat optrek. Dit was in die vyfde jaar van Rehabeam se regering.
3 Sisak het twaalf honderd strydwaens en 'n berede mag van sestig duisend man gehad, terwyl die ander soldate wat saam met hom uit Egipte gekom het, te veel was om te tel. Daar was Libiërs, Sukkeërs en Kussiete.
4 Nadat Sisak die vestingstede in Juda verower het, het hy in die rigting van Jerusalem getrek.
5
Die profeet Semaja kom toe na Rehabeam en die leiers van Juda toe wat in Jerusalem saamgetrek het uit vrees vir Sisak, en sê vir hulle: “So sê die Here: Julle het My verlaat, en nou het Ek julle verlaat en is julle in Sisak se mag.”6
Die leiers van Israel en die koning het hulle verootmoedig en het gesê: “Die Here doen reg.”7
Toe die Here hulle berou sien, kom sy woord weer tot Semaja en sê: “Hulle is vol berou. Ek sal hulle nie uitroei nie. Ek sal hulle gou uit die greep van Sisak laat vrykom en my toorn oor Jerusalem nie deur Sisak laat losbreek nie.8 Maar hulle sal aan hom onderhorig word, en hulle sal agterkom wat dit is om My te dien en wat dit is om die konings van ander lande te dien.”
9
Koning Sisak van Egipte het teen Jerusalem opgetrek en beslag gelê op die skatte in die huis van die Here en die paleis. Hy het alles gevat, ook die goue skilde wat Salomo laat maak het.10
Koning Rehabeam het toe bronsskilde in die ander se plek laat maak en dié oorhandig aan die offisiere van die wag wat by die ingang van die paleis diens gedoen het.11 Elke keer wanneer die koning na die huis van die Here toe gegaan het, het die wag die skilde gedra, en daarna het hulle die skilde teruggebring na die wagte se kamer toe.
12
Omdat die koning berou gehad het, het die toorn van die Here nie op hom bly rus nie en het dit hom nie heeltemal vernietig nie. Daar was trouens nog iets goeds in Juda.13
Koning Rehabeam het 'n stewige houvas op die koningskap in Jerusalem gehad en het aangehou regeer. Hy was een en veertig toe hy koning geword het en was sewentien jaar lank koning in Jerusalem, die stad wat deur die Here onder al die Israelitiese stamme gekies is om sy Naam daar te vestig. Rehabeam se ma was Naäma, 'n Ammonitiese vrou.14 Hy het gedoen wat verkeerd is en hy het hom nie daarop toegelê om na die wil van die Here te vra nie.
15 Die verhale oor Rehabeam, dié van vroeër sowel as dié van later, is opgeteken in Die Verhale van die Profeet Semaja en die Siener Iddo, wat oor die geslagsregister handel. Daar was deurentyd oorlog tussen Rehabeam en Jerobeam.
16
Rehabeam is oorlede, en hy is begrawe in die familiegraf in die Dawidstad. Sy seun Abia het hom as koning opgevolg.1
In die agtiende regeringsjaar van koning Jerobeam het Abia koning oor Juda geword,2 en hy het drie jaar in Jerusalem geregeer. Sy ma was Miga 'n dogter van Uriël, uit Gibea.
Daar het oorlog tussen Abia en Jerobeam uitgebreek.3 Abia het die oorlog begin met 'n mag van vier honderd duisend uitgesoekte soldate, en Jerobeam het hom teengestaan met ag honderd duisend man, ook uitgesoekte soldate.
4
Abia was op Semarajimberg in die Efraimsberge en hy het daarvandaan geroep: “Luister, Jerobeam en al julle Israeliete!5 Julle weet tog dat die Here die God van Israel die koningskap oor Israel vir altyd aan Dawid en sy nageslag gegee het. Dit is 'n onverbreekbare verbond.
6 Jerobeam seun van Nebat en amptenaar van Salomo seun van Dawid het teen sy koning in opstand gekom,
7 en 'n klomp roekelose boewe het om hom saamgekoek. Hulle was te sterk vir Rehabeam seun van Salomo, want hy was nog jonk en sag en kon hom nie teen hulle handhaaf nie.
8 Nou wil julle die koninklike mag van die Here weerstaan wat Hy aan die nageslag van Dawid toevertrou het. Júlle is baie en julle het die goue kalwerbeelde by julle wat Jerobeam vir julle vir gode gemaak het.
9 Julle het die priesters van die Here, die nageslag van Aäron, en ook die Leviete verdryf en vir julle priesters aangestel soos die volke in ander lande doen: elkeen wat 'n bul of sewe skape gebring het, het priester geword vir daardie afgode van julle.
10
“Óns dien die Here ons God; óns het Hom nie verlaat nie. Die priesters wat die diens van die Here verrig, is uit die geslag van Aäron, en die Leviete staan hulle by.11 Hulle bring elke môre en elke aand vir die Here brandoffers en geurige wierookoffers, hulle sit gereeld die offerbrood op 'n rein tafel en steek elke aand die goue kandelaar se lampe op. Ons onderhou nog die diens van die Here ons God, maar júlle het Hom verlaat.
12 Ons het die Here self by ons as leier, en sy priesters staan reg om die trompette te blaas dat die stryd teen julle kan begin. Israeliete, moenie teen die Here, die God van julle voorvaders, veg nie. Julle kan nie wen nie!”
13
Jerobeam het van sy manskappe om die linies van Juda gestuur om 'n hinderlaag agter hulle op te stel. Daar was dus 'n hinderlaag agter die Judeërs, en Jerobeam en die ander troepe was voor hulle.14 Toe die Judeërs omkyk en sien hulle word van voor en van agter bedreig, het hulle na die Here om hulp geroep en het die priesters die trompette geblaas.
15 Die manskappe van Juda het die oorlogskreet aangehef, en God het Jerobeam en die hele Israel 'n neerlaag laat ly teen Abia en Juda.
16 Die Israeliete het vir Juda gevlug, want God het Israel in die mag van Juda oorgegee.
17 Abia en sy manne het 'n groot slagting onder hulle aangerig. Vyf honderd duisend van Israel se uitgesoekte manne het gesneuwel.
18 So is die Israeliete destyds 'n vernederende neerlaag toegedien, en het Juda die oorhand gekry omdat hulle gesteun het op die Here, die God van hulle voorvaders.
19 Abia het sy oorwinning oor Jerobeam opgevolg met die besetting van verskeie van Jerobeam se stede: Bet-El, Jesana en Efron, elkeen met sy voorposte.
20
Gedurende die regeringstyd van Abia kon Jerobeam nie sy mag herwin nie. Die Here het hom onverwags laat sterf.21
Abia se mag het toegeneem. Hy het veertien vrouens gehad en was die pa van twee en twintig seuns en sestien dogters.22 Die res van die verhale oor Abia, wat hy gedoen en gesê het, is opgeteken in Die Kommentaar van die Profeet Iddo.
1
Abia is oorlede, en hy is begrawe in die familiegraf in die Dawidstad. Sy seun Asa het hom as koning opgevolg en in dié se tyd het die land tien jaar lank vrede gehad.2
Asa het gedoen wat goed en reg is in die oë van die Here sy God.3 Hy het die altare van vreemde gode en die hoogtes laat verwoes, die klippilare laat stukkend slaan en die gewyde pale laat afkap.
4 Hy het bevel gegee dat Juda aan die Here, die God van hulle voorvaders, gehoorsaam moet wees deur sy wil te doen en sy gebooie na te kom.
5 Hy het die hoogtes en die wierookaltare in al die stede van Juda laat verwoes. Onder hom het die land vrede gehad.
6
Omdat die land vrede gehad het, en Asa nie oorlog moes voer nie, het hy in dié jare vestingstede in Juda gebou. Die Here het hom rus gegee,7 en daarom het hy vir Juda gesê: “Laat ons dié stede versterk met mure en torings, poorte en sluitbalke. Die land is nog ons s'n, want ons is gehoorsaam aan die Here ons God, en Hy het ons na alle kante toe rus gegee.”
Hulle was dan ook voorspoedig met die bouwerk.8
Asa se leër het bestaan uit drie honderd duisend weerbare man uit Juda wat met skild en spies bewapen was, en twee honderd en tagtig duisend uit Benjamin, gewapen met skild en pyl en boog, almal dapper manne.9
Die Kussiet Serag het Juda binnegeval met 'n leër van 'n miljoen man en met drie honderd strydwaens. Hy het deurgedring tot by Maresa,10 en daar het Asa hom tegemoet getrek. Die Kussiete was opgestel in die Sefatalaagte by Maresa.
11
Asa het die Here sy God aangeroep en gesê: “Here, net U kan die swakke teen 'n oormag help. Help ons, Here ons God! Ons steun op U, en in u Naam trek ons teen dié menigte op. U is ons God, Here; moenie dat 'n méns teen U seëvier nie.”12
Die Here het die Kussiete die onderspit laat delf teen Asa en Juda. Toe die Kussiete op die vlug slaan,13 het Asa en die manne by hom hulle agtervolg tot by Gerar, en daar het soveel Kussiete gesneuwel dat hulle leër nie kon herstel nie. Hulle is deur die Here en sy leër uitmekaargeslaan. Die Judeërs het 'n groot hoeveelheid buit gekry.
14 Hulle het toe al die stede in die omgewing van Gerar ingeneem en geplunder, want die stede was van skrik bevange vir die Here. Daar was ook baie buit.
15 Daarna het hulle die kampe van die veewagters aangeval en baie kleinvee en kamele gebuit en na Jerusalem toe saamgevat.
1
Die Gees van God het oor Asarja seun van Oded gekom.2 Hy het Asa tegemoet gegaan en vir hom gesê: “Luister na my, Asa en alle manne van Juda en Benjamin: As julle by die Here is, sal Hy by julle wees; as julle na Hom vra, sal Hy Hom deur julle laat vind; maar as julle Hom verlaat, sal Hy julle verlaat.
3 Israel was lank sonder die ware God, sonder 'n priester wat die wil van God bekend kon maak, en sonder die woord van God.
4 Toe Israel hom in sy nood tot die Here sy God bekeer het en na Hom gevra het, het die Here Hom deur hulle laat vind.
5 In daardie tyd kon niemand veilig kom of gaan nie, want daar was groot onrus in al die lande.
6 Volk het teen volk gebots, stad teen stad, want God het onrus en nood oor hulle gebring.
7 Maar julle moet vasstaan en nie moedeloos word nie, want julle sal die beloning vir julle optrede ontvang.”
8
Toe Asa hoor wat die profeet, die seun van Oded, aankondig, het hy moed geskep en die afgodsbeelde uit die hele gebied van Juda en Benjamin laat verwyder, en ook uit die stede wat hy in die Efraimsberge verower het. Hy het ook die altaar van die Here wat voor die ingangsportaal van die tempel was, laat regmaak.9
Deur hierdie optrede het hy die hele Juda en Benjamin om hom saamgetrek, en ook talle immigrante uit Efraim en Manasse en uit Simeon, wat uit Israel na hom toe oorgeloop het toe hulle sien die Here sy God is by hom.10
In die derde maand van die vyftiende regeringsjaar van Asa het hulle almal in Jerusalem bymekaargekom11 en op dié bepaalde dag vir die Here offerandes gebring uit die buit wat hulle saamgebring het: sewe honderd beeste en sewe duisend stuks kleinvee.
12 Hulle het ook 'n verbond gesluit om aan die Here die God van hulle voorvaders gehoorsaam te wees met hulle hele hart en siel.
13 Elkeen wat ongehoorsaam was aan die Here die God van Israel, moes doodgemaak word, klein en groot, man en vrou.
14 Hulle het die eed aan die Here hardop afgelê onder begeleiding van jubelroepe, trompetgeskal en die klank van die ramshoring.
15 Die hele Juda het hulle verheug oor die eed, want hulle het dit met hulle hele hart afgelê. Dit was vir hulle 'n vreugde om na die Here te vra, en Hy het Hom deur hulle laat vind en hulle rus gegee na alle kante toe.
16
Koning Asa het vir Maäka, sy ouma, as koninginmoeder afgesit omdat sy 'n Asjerabeeld, 'n walglike ding, laat maak het. Asa het die ding stukkend gekap, dit fyngemaal en in die Kedrondal in die vuur gegooi.17 Die hoogtes het wel nie heeltemal uit Israel verdwyn nie, maar Asa was sy lewe lank getrou aan die Here.
18 Hy het die wydingsgeskenke van sy pa, en ook sy eie, in die tempel van God gebring: silwer, goud en offergereedskap.
19 Tot sy vyf en dertigste regeringsjaar was daar nie oorlog nie.
1
In die ses en dertigste regeringsjaar van Asa het koning Baesa van Israel met 'n veldtog teen Juda begin. Hy het die stad Rama in 'n vesting omskep om te verhoed dat mense heen en weer beweeg na en van koning Asa van Juda.2 Asa het toe silwer en goud uit die skatkamers van die huis van die Here en die paleis gevat en dit vir koning Ben-Hadad van die Arameërs in Damaskus gestuur met die boodskap:
3 “Daar is 'n verdrag tussen u en my en daar was al een tussen ons vaders. Ek stuur vir u silwer en goud. Breek u verdrag met koning Baesa van Israel dat hy uit my land kan terugtrek.”
4
Ben-Hadad het voldoen aan die versoek van koning Asa. Hy het sy leëraanvoerders gestuur om die stede van Israel aan te val, en hulle het Ijon, Dan, Abel-Majim en al die voorraadstede in Naftali verower.5 Toe Baesa dit hoor, het hy die bouwerk by Rama gestaak en die hele onderneming laat vaar.
6 Koning Asa het die hele Juda saam gevat en hulle die klip en hout wat Baesa vir die bouwerk by Rama gebruik het, laat wegdra. Hulle het dié gebruik vir bouwerk by Geba en Mispa.
7
In dié tyd het die siener Ganani na koning Asa van Juda toe gekom en vir hom gesê: “Jy het gesteun op die koning van Aram, jy het nie op die Here jou God gesteun nie. Daarom het die leër van die koning van Aram jou ontglip.8 Die Kussiete en die Libiërs was 'n groot leërmag met 'n magtige getal strydwaens en ruiters, maar jy het gesteun op die Here, en Hy het hulle aan jou oorgegee.
9 Die Here het sy oë oral op die aarde sodat Hy dié kan help wat met hulle hele hart op Hom vertrou. Maar nou het jy dwaas opgetree en daarom sal jy van nou af oorlog hê.”
10
Asa was so kwaad vir die siener dat hy hom in die tronk laat sit het. Hy was woedend oor wat die siener gesê het. In dié tyd het Asa ook begin om sommige mense sleg te behandel.11
Die verhale oor Asa, dié van vroeër sowel as dié van later, is opgeteken in die annale van die konings van Juda en Israel.12 In sy nege en dertigste regeringsjaar het Asa 'n uiters ernstige siekte aan sy voete opgedoen, maar selfs in dié siekte het hy nie die Here geraadpleeg nie, wel die dokters.
13 Hy is oorlede in die een en veertigste jaar van sy regering.
14 Hulle het hom begrawe in die graf wat hy vir hom in die Dawidstad laat uitkap het, en hulle het sy liggaam neergelê op die plek wat hy met balsem en allerlei speserymengsels laat bedek het. Hulle het ook ter ere van hom 'n groot vuur aangesteek.
1
Sy seun Josafat het hom as koning opgevolg. Josafat het die land teen Israel beveilig2 deur soldate te stasioneer in al die vestingstede van Juda en deur wagposte te plaas in Juda sowel as in die stede wat Asa, sy pa, in Efraim verower het.
3 Die Here was by Josafat, want hy het sy voorvader Dawid se vroeëre lewe nagevolg. Hy het nie die Baäls gedien nie,
4 maar die God van sy vader. Hy het die gebooie van God gehoorsaam en nie gemaak soos Israel nie.
5 Daarom het die Here Josafat se koningskap bevestig. Die hele Juda het vir Josafat geskenke gebring, en hy het ryk geword en groot aansien geniet.
6 Hy het sy eer daarin gestel om te leef soos die Here dit wil en het die vernietiging van die hoogtes en gewyde pale in Juda voortgesit.
7
In die derde jaar van sy regering het hy van sy beste amptenare uitgestuur om oral in die stede van Juda onderrig te gee: Obadja, Sagaria, Netanel en Miga.8 Daar was Leviete saam met hulle: Semaja, Netanja, Sebadja, Asael, Semiramot, Jonatan, Adonia, Tobija en Tob-Adonija. Hulle was die Leviete; en verder was die priesters Elisama en Joram by hulle.
9 Hulle het onderrig gegee in Juda. Hulle het die wetboek van die Here saamgeneem, die rondte gedoen in al die stede van Juda, en die volk in die wet onderrig.
10
Al die lande rondom Juda was van skrik bevange vir die Here; hulle het Josafat nie aangeval nie.11 Selfs van die Filistyne af is daar vir Josafat geskenke en 'n groot hoeveelheid silwer gebring, en die Arabiere het vir hom kleinvee gebring, sewe duisend sewe honderd skaapramme en sewe duisend sewe honderd bokramme.
12
So het Josafat steeds magtiger geword. Hy het forte en voorraadstede in Juda gebou13 en in elke stad van Juda groot bedrywigheid aan die gang gesit. In Jerusalem het hy sy beste soldate gehad.
14 Hulle is familiegewys georganiseer. Uit Juda was daar die volgende bevelvoerders oor duisend: die bevelvoerder Adna met drie honderd duisend weerbare man by hom,
15 naas hom die bevelvoerder Joganan met twee honderd en tagtig duisend,
16 naas hom Amasja seun van Sikri, wat hom met 'n vrywillige eed aan die Here gewy het, met twee honderd duisend weerbare man.
17 Uit Benjamin was daar die krygsman Eljada met twee honderd duisend man by hom, gewapen met pyl en boog en skild,
18 en naas hom Josabad met honderd en tagtig duisend by hom, ten volle toegerus vir oorlog.
19 Dit is die manne wat tot die koning se beskikking was, afgesien van dié wat hy in die vestingstede oral in Juda geplaas het.
1
Toe Josafat ryk geword het en groot aansien geniet het, het hy 'n huwelik tussen 'n lid van sy familie en een uit die familie van Agab gereël.2 Na 'n paar jaar het hy vir Agab in Samaria gaan besoek. Agab het ter ere van Josafat en sy gevolg 'n groot aantal skape en beeste geslag en hom ook probeer omhaal om 'n veldtog teen Ramot in Gilead te begin.
3 Koning Agab van Israel het vir koning Josafat van Juda gesê: “Sal jy met my saamgaan na Ramot in Gilead toe?”
Josafat het geantwoord: “Ek en jy is een, en ons leërs is een. Ons is saam met jou in dié oorlog,4 maar,” het Josafat verder vir die koning van Israel gesê, “vind nou eers uit wat sê die Here.”
5
Die koning van Israel het toe vier honderd profete bymekaargeroep en vir hulle gevra: “Moet ons teen Ramot in Gilead gaan veg? Of moet ek dit laat staan?” Hulle antwoord was: “Gaan gerus. God gee die stad aan die koning oor.”6
Toe sê Josafat: “Is hier nie nóg 'n profeet van die Here dat ons hom ook kan raadpleeg nie?”7
“Hier is nog een man deur wie ons die Here kan raadpleeg,” het die koning van Israel vir Josafat gesê, “maar ek haat hom, want hy voorspel vir my nooit iets goeds nie, net altyd die slegste. Dit is Miga seun van Jimla.” Josafat sê toe: “Die koning moenie so praat nie!”8
Die koning van Israel roep toe 'n paleisamptenaar en sê: “Gaan haal gou vir Miga seun van Jimla.”9
Die koning van Israel en koning Josafat van Juda het elkeen in sy koninklike gewaad op sy troon gesit by die dorsvloer voor die poort van Samaria. Voor hulle was al die profete besig met hulle voorspellings.10 Sedekia seun van Kenaäna het vir hom 'n paar horings van yster gemaak en gesê: “So sê die Here: Met hierdie horings sal u die Arameërs stoot tot dit klaar is met hulle.”
11 So het al die profete voorspel. Hulle uitspraak was: “Trek op teen Ramot in Gilead. U sal wen. Die Here gee die stad aan die koning oor.”
12
Die boodskapper wat vir Miga gaan roep het, het vir hom gesê: “Kyk, die uitspraak van die profete was eenstemmig gunstig vir die koning. Laat joune nou tog dieselfde wees. Sê iets goeds!”13
Maar Miga sê: “So seker as die Here leef, wat my God vir my sê, dit sal ek sê!”14
Toe hy by die koning kom, sê dié vir hom: “Miga, moet ons teen Ramot in Gilead gaan veg? Of moet ek dit laat staan?” “Gaan gerus,” antwoord Miga, “en mag dit goed gaan, mag die stad aan u oorgegee word.”15
Maar die koning sê vir hom: “Hoeveel keer moet ek nog by jou daarop aandring dat jy vir my niks anders as die waarheid in die Naam van die Here moet sê nie!”16
Toe sê Miga: “Ek het die hele Israel verstrooi op die berge gesien17
Die koning van Israel sê toe vir Josafat: “Ek het jou mos gesê hy voorspel vir my nie iets wat goed is nie, net die slegste.”18
En Miga praat verder: “Hoor die woord van die Here! Ek het die Here op sy troon sien sit met die hele hemelse leërmag wat weerskante van Hom staan.19 En die Here het gesê: ‘Wie sal vir Agab koning van Israel so ver kry dat hy na Ramot in Gilead gaan en daar sneuwel?’ Die een het toe dit gesê en die ander dat,
20 totdat die gees vorentoe gekom en voor die Here gaan staan en gesê het: ‘Ek sal hom so ver kry.’ En toe die Here vir hom vra: ‘Hoe?’
21 sê die gees: ‘Ek sal uitgaan en 'n leuengees word in die mond van al sy profete.’ Toe sê die Here: ‘Jy sal hom so ver kry. Gaan doen dit, jy sal dit regkry.’
22 So het die Here 'n leuengees in die mond van hierdie profete van u laat kom, maar Hy het in werklikheid vir u 'n ramp aangekondig.”
23
Toe kom Sedekia seun van Kenaäna nader en hy slaan vir Miga op die kakebeen en sê: “Met watter pad is die Gees van die Here van my af weg om met jou te praat?”24
En Miga antwoord: “Dit sal jy sien die dag as jy in een donker kamer na die ander probeer wegkruip.”25
Die koning van Israel het toe beveel: “Vat vir Miga en bring hom na Amon, die stadsbevelvoerder, en na prins Joas toe.26 Sê vir hulle die koning sê hulle moet hierdie man in die tronk sit en hom 'n skraal rantsoen kos en water gee tot ek behoue terugkom.”
27
Maar Miga het gesê: “As u behoue terugkom, het die Here nie deur my gepraat nie.” Verder het hy gesê: “Hoor dit, alle manskappe!”28
Die koning van Israel en koning Josafat van Juda is toe na Ramot in Gilead toe.29 Die koning van Israel het vir Josafat gesê: “Ek gaan my vermom voor ek in die geveg betrokke raak. Hou jy jou koninklike gewaad aan.” Die koning van Israel het hom toe vermom en so die geveg ingegaan.
30
Die Aramese koning het die aanvoerders van sy strydwaens opdrag gegee: “Spits die geveg toe op die koning van Israel, moenie aan die ander aandag gee nie, klein of groot.”31
Toe die aanvoerders van sy strydwaens vir Josafat sien, sê hulle: “Daar is die koning van Israel!” en hulle het op hom toegesak. Josafat het om hulp geroep, en die Here het hom gehelp. God het die aanval van Josafat af weggekeer.32 Die aanvoerders van die strydwaens het gesien dit is nie die koning van Israel nie en het die agtervolging gestaak.
33 Iemand het egter losweg 'n pyl afgeskiet, en dié het die koning van Israel getref tussen die skubbe van sy harnas en die borsplaat.
Hy sê toe vir sy drywer: “Ruk die perde om en bring my uit die geveg uit. Ek is gewond.”34
Die geveg was dié dag egter so hewig dat die koning van Israel tot die aand toe op sy strydwa moes bly staan in die geveg teen die Arameërs. Teen laatmiddag is hy dood.1
Koning Josafat van Juda het behoue tuis gekom in Jerusalem.2 Daar het die siener Jehu seun van Ganani hom voorgestaan en vir koning Josafat gesê: “Wou u 'n goddelose help en aan 'n hater van die Here liefde betoon? Met hierdie optrede van u het u die toorn van die Here op u laat kom.
3
“Tog, daar is ook goeie dinge by u te vinde: u het die gewyde pale in die land verbrand en u daarop ingestel om na die wil van God te vra.”4
Nadat Josafat 'n tyd in Jerusalem gebly het, het hy weer 'n keer sy mense besoek, van Berseba af tot in die Efraimsberge, en die volk laat terugkom na die Here, die God van hulle voorvaders.5 Van stad tot stad, in al die vestingstede van Juda, het hy regters in die land aangestel
6 en hulle opdrag gegee: “Let goed op wat julle doen, want julle oefen die regspraak uit nie vir mense nie, maar vir die Here. Die verantwoordelikheid vir die reg rus op julle.
7 Mag die vrees vir die Here julle bybly! Wees versigtig en doen julle plig. By die Here ons God is daar nie onreg en bevoordeling en korrupsie nie.”
8
Ook in Jerusalem het Josafat persone aangestel vir die regspraak van die Here en vir die beslegting van gedinge tussen inwoners van die stad. Die regters is aangestel uit die Leviete en die priesters en die familiehoofde van Israel.9
Hy het hulle beveel: “Julle moet julle opdrag uitvoer in eerbied vir die Here, in trou en in volkome onpartydigheid.10 In elke saak wat aan julle voorgelê word deur julle volksgenote wat oral in julle stede woon, of dit nou gaan om doodslag of om 'n oortreding van die wet, die gebod, die voorskrifte en die bepalings, moet julle julle volksgenote behoorlik waarsku dat hulle hulle nie skuldig maak aan 'n misdaad teen die Here en daardeur die toorn van die Here oor julle en oor hulle laat kom nie. As julle dit so doen, sal julle julle nie skuldig maak aan 'n misdaad teen die Here nie.
11 Die hoëpriester Amarja is die hoogste gesag oor julle vir alle sake van die Here, en Sebadja seun van Ismael en hoof van die stam Juda vir alle sake van die koning. Die Levitiese regsbeamptes is tot julle beskikking. Staan sterk en doen julle plig. Die Here is aan die kant van die goeie.”
1
Later het die Moabiete en die Ammoniete, en saam met hulle 'n groep Meüniete , 'n veldtog teen Josafat begin.2
Josafat het berig gekry: “'n Groot menigte van oorkant die Dooie See, van Edom af, het teen u opgetrek. Hulle is al by Gaseson-Tamar, dit is En-Gedi.”3
Josafat was bang en het by die Here hulp gesoek. Hy het 'n vasdag in die hele Juda uitgeroep,4 en die Judeërs het bymekaargekom om die hulp van die Here te vra. Uit al die stede van Juda het hulle gekom om die Here se hulp te vra.
5
Josafat het opgestaan in die gemeente van Juda en Jerusalem, in die tempel reg voor die nuwe voorhof,6 en gebid: “Here, God van ons voorvaders, U is God. U heers uit die hemel oor al die koninkryke van die nasies. Uit u hand kom die mag en die krag. Niemand kan teen U stand hou nie.
7 Dit is U, ons God, wat die vroeëre inwoners van hierdie land voor u volk Israel uit verdryf het en die land aan die nageslag van u vriend Abraham as 'n blywende besitting gegee het.
8 Hulle het hulle hier gevestig en hier vir u Naam 'n heiligdom gebou en gesê:
9 ‘As U 'n ramp oor ons bring, of 'n oorlog om ons te straf, of pes, of hongersnood, sal ons voor hierdie tempel kom staan, voor U, want u Naam is in hierdie tempel, en ons sal na U om hulp roep uit ons nood. Hoor dan en help ons!’
10
“Nou het die mense van Ammon en Moab en die Seïrberge gekom. U het Israel met sy trek uit Egipte nie toegelaat om in hulle gebied te kom nie. Die Israeliete het daardie mense vermy en hulle nie uitgeroei nie.11 Maar nou vergoed hulle ons deur te kom en ons uit u besitting te wil verdryf wat U aan ons gegee het.
12 Ons God, sal U hulle nie straf nie, want ons het nie die krag om hierdie groot menigte wat teen ons optrek, te weerstaan nie. Ons weet nie wat om te doen nie. Ons oë is op U gerig.”
13
Die hele Juda en hulle afhanklikes, vrouens en kinders, het daar voor die Here gestaan.14 Toe kom die Gees van die Here daar in die gemeente oor die Leviet Jagasiël seun van Sagaria, seun van Benaja, seun van Jeïel, seun van Mattanja, uit die nageslag van Asaf,
15 en sê: “Luister, mense van Juda, inwoners van Jerusalem en koning Josafat! So sê die Here vir julle: Moenie vrees nie, moenie bang wees vir hierdie groot menigte nie, want hierdie oorlog is nie 'n saak vir julle nie, maar vir God.
16 Trek hulle môre tegemoet wanneer hulle in die Bloeiselpas opkom. Julle sal hulle aantref by die punt van die vallei wat in die Jeruelwoestyn uitloop.
17 Julle hoef nie te veg nie, neem net posisie in en staan en kyk na die oorwinning van die Here vir julle. Moenie vrees nie, Juda en Jerusalem, moenie bang wees nie. Trek hulle môre tegemoet. Die Here sal by julle wees.”
18
Toe kniel Josafat, en al die mense van Juda en Jerusalem het voor die Here gebuig en Hom eer betoon.19 Daarna het die Leviete van die Kehat- en die Koraggroepe opgestaan en die Here die God van Israel uit volle bors geprys.
20
Josafat-hulle is die volgende môre vroeg uit na die Tekoawoestyn toe. Terwyl die manne vertrek, het Josafat daar gestaan en hulle toegespreek: “Luister na my, Juda en inwoners van Jerusalem! Stel julle vertroue in die Here julle God, en julle sal vas staan. Stel julle vertroue in sy profete, en dit sal goed gaan met julle.”21
Josafat het met die volk oorleg gepleeg en toe sangers laat plek neem voor die gewapende manne. Hulle het vooruit geloop in hulle gewyde klere en die Here geloof met die woorde: “Loof die Here, aan sy liefde is daar geen einde nie.”22
Juis toe, toe die sangers met die lofprysing en gebed begin, het die Here onverwagte aanvalle bewerk op die Ammoniete, die Moabiete en die mense van die Seïrberge wat teen Juda opgetrek het, en hulle het die een neerlaag na die ander gely.23 Toe val die Ammoniete en die Moabiete die inwoners van die Seïrberge aan en spaar niemand nie en roei hulle uit. En toe hulle klaar was met die inwoners van Seïr, het hulle mekaar begin uitdelg.
24
Toe die Judeërs by die uitkykpos teenaan die woestyn kom en na die magtige vyand soek, lê daar net lyke op die grond. Daar was nie een oorlewende nie.25 Josafat en sy manskappe het die buit bymekaar kom maak en 'n groot hoeveelheid gekry: persoonlike besittings aan die lyke en allerlei kosbare goed. Hulle het soveel gekry dat hulle dit nie kon dra nie. Drie dae lank was hulle besig om die buit bymekaar te maak, soveel was dit.
26 Op die vierde dag het hulle 'n samekoms gehou in die Lofdal. Hulle het die Here daar geloof, daarom noem hulle dié plek tot vandag toe die Lofdal.
27
Al die manne van Juda en Jerusalem, met Josafat aan die hoof, is toe met groot blydskap terug Jerusalem toe. Die Here het hulle bly gemaak oor hulle vyande.28 Hulle is terug na Jerusalem, na die huis van die Here toe, met harpe, liere en trompette.
29 Al die koninkryke was van skrik bevange vir God toe hulle hoor dat die Here oorlog gevoer het teen die vyande van Israel.
30 Die heerskappy van Josafat het rustig voortgegaan, en sy God het hom na alle kante toe rus gegee.
31
Josafat het oor Juda geregeer. Hy was vyf en dertig toe hy koning geword het en het vyf en twintig jaar lank in Jerusalem geregeer. Sy ma was Asuba 'n dogter van Silgi.32 Hy het die pad van Asa, sy pa, geloop en daar nie van afgewyk nie. Hy het gedoen wat reg is in die oë van die Here.
33 Die hoogtes het egter nie verdwyn nie, en die volk het hulle hart nog nie voluit op die God van hulle voorvaders gerig nie.
34 Die ander verhale oor Josafat, dié van vroeër en dié van later, is opgeteken in Die Verhale van Jehu Seun van Ganani, wat opgeneem is in die annale van die konings van Israel.
35
Later het koning Josafat van Juda 'n vennootskap aangegaan met koning Ahasia van Israel, 'n goddelose man.36 Josafat het die vennootskap met hom aangegaan om skepe te bou wat na Tarsis toe kon vaar. Hulle het die skepe gebou in Esjon-Geber.
37 Eliëser seun van Dodawa, uit Maresa, het 'n profesie teen Josafat uitgespreek en gesê: “Omdat jy 'n vennootskap met Ahasia aangegaan het, sal die Here hierdie onderneming van jou laat misluk.”
Die skepe het vergaan en het Tarsis nie bereik nie.1
Josafat is oorlede, en hy is begrawe in die familiegraf in die Dawidstad. Sy seun Joram het hom as koning opgevolg.2
Joram het 'n hele paar broers gehad: Asarja, Jegiël, Sagaria, Asarja, Migael en Sefatja. Hulle was almal seuns van koning Josafat van Juda .3 Hulle pa het vir hulle groot geskenke gegee, silwer, goud en ander kosbaarhede en ook vestingstede in Juda, maar die koningskap het hy aan Joram gegee, want dié was die oudste.
4 Nadat Joram die koningskap van sy pa oorgeneem het en seker van sy saak was, het hy al sy broers en ook van die Israelitiese leiers laat vermoor.
5
Hy was twee en dertig toe hy koning geword het en het ag jaar lank in Jerusalem geregeer.6 Hy het die pad van die konings van Israel geloop soos die koningshuis van Agab gedoen het, want hy was getroud met 'n dogter van Agab. Hy het gedoen wat verkeerd is in die oë van die Here.
7 Die Here wou egter nie die koningshuis van Dawid uitroei nie, want Hy het met Dawid 'n verbond gesluit en het belowe om vir Dawid en sy nageslag die troon vir altyd te verseker.
8
In die tyd van Joram het die Edomiete teen Juda gerebelleer en 'n eie koning oor hulle aangestel.9 Joram het met sy offisiere en sy hele strydwamag uitgetrek en het in die nag 'n aanval gemaak op die Edomiete wat hom en sy strydwaoffisiere omsingel het.
10 Die Edomiete het egter tog onafhanklik geword, en is dit vandag nog. In dié tyd het ook Libna teen die gesag van Joram in opstand gekom. Dit was omdat Joram nie die Here die God van sy voorvaders gedien het nie.
11 Bowendien het Joram hoogtes ingerig in die berge van Juda, die inwoners van Jerusalem tot ontrou verlei en Juda 'n verkeerde pad laat loop.
12
Daar het vir hom 'n brief van die profeet Elia af gekom wat soos volg gelui het: “So sê die Here die God van jou voorvader Dawid: Omdat jy nie die pad van jou vader Josafat en van koning Asa van Juda loop nie,13 maar dié van die konings van Israel, en jy Juda en die inwoners van Jerusalem net so ontrou laat word het as die familie van Agab, en jy jou familie, jou eie broers, beter mense as jy, laat vermoor het,
14 daarom sal die Here 'n groot ramp bring oor jou volk, jou kinders, jou vrouens en al wat jy besit.
15 Jy self sal 'n ernstige siekte opdoen, 'n slepende siekte aan jou ingewande, so erg dat jou ingewande sal uitkom.”
16
Die Here het toe die Filistyne en die Arabiere wat bure van die Kussiete was, vyande van Joram laat word.17 Hulle het 'n inval in Juda gemaak en al die koninklike besittings in die paleis geroof, en ook sy seuns en sy vrouens. Al seun wat hulle vir hom laat oorbly het, was Joahas , sy jongste.
18 Daarna het die Here vir Joram getref met 'n ongeneeslike siekte in sy ingewande.
19 Mettertyd, na omtrent twee jaar, het sy ingewande uitgekom as gevolg van die siekte, en hy het 'n pynlike dood gesterf. Sy volk het nie met sy dood vure aangesteek soos hulle dit vir sy voorvaders gedoen het nie.
20
Joram was twee en dertig toe hy koning geword het en hy het ag jaar lank in Jerusalem geregeer. Sy heengaan is nie betreur nie. Hy is in die Dawidstad begrawe, maar nie in 'n koningsgraf nie.1
Die inwoners van Jerusalem het vir Ahasia, die jongste seun van Joram, koning gemaak in sy pa se plek. Die ouer seuns is dood toe die bende Arabiere die inval gemaak het. So het Ahasia seun van koning Joram van Juda aan die bewind gekom.2 Hy was twee en veertig toe hy koning geword het en was 'n jaar lank koning in Jerusalem. Sy ma was Atalia, 'n dogter van Omri.
3
Ook hy het die pad van die koningshuis van Agab geloop; sy ma was die een wat hom die raad gegee het om so verkeerd op te tree.4 Hy het gedoen wat verkeerd is in die oë van die Here, net soos die koningshuis van Agab, want na sy pa se dood was hulle sy raadgewers, en dit het sy ondergang beteken.
5
Dit was ook op hulle advies dat hy saam met Joram seun van koning Agab van Israel betrokke geraak het in 'n oorlog teen koning Gasael van die Arameërs in Ramot in Gilead. Joram is deur die Arameërs gewond6 en is terug na Jisreël toe om te genees van die wonde wat hy in Ramot opgedoen het toe hy teen die Aramese koning Gasael geveg het. Koning Asarja van Juda, seun van Joram, het vir Joram seun van Agab in Jisreël gaan besoek, want Joram was siek.
7 Ahasia se ondergang met sy besoek aan Joram is deur God beskik. Na sy aankoms het hy saam met Joram opgetrek teen Jehu seun van Nimsi. Die Here het vir Jehu aangewys om die koningshuis van Agab uit te roei,
8 en Jehu was toe juis besig om die straf van God oor die koningshuis van Agab te voltrek. Hy het die amptenare van Juda en die seuns van Ahasia se broers wat in Ahasia se gevolg was, raakgeloop en hulle doodgemaak.
9 Daarna het hy na Ahasia gesoek. Ahasia is gevang waar hy in Samaria probeer wegkruip het, en na Jehu toe gebring, waar hy ook doodgemaak is. Ahasia is behoorlik begrawe, want die mense het gesê: “Hy is die kleinseun van Josafat, en Josafat het die Here met sy hele hart gedien.”
In dié stadium was daar niemand uit die koningshuis van Ahasia wat die regering kon oorneem nie.10
Toe Ahasia se ma, Atalia, hoor haar seun is dood, het sy al die aanspraakmakers op die troon van Juda uit die weg geruim.11 Een van die prinsesse, Jehoseba, het egter vir Joas, 'n seun van Ahasia, gegryp en hom stilletjies weggevat tussen die prinse wat doodgemaak sou word. Sy het hom en sy oppasster na 'n slaapkamer toe geneem en hom daar weggesteek sodat Atalia hom nie kon kry om hom te laat doodmaak nie. Jehoseba was 'n dogter van koning Joram en 'n suster van Ahasia. Sy was getroud met die priester Jojada.
12 Joas is ses jaar by hulle in die tempel versteek, en in dié tyd het Atalia die land geregeer.
1
In die sewende jaar het Jojada besluit om op te tree. Hy het 'n paar bevelhebbers oor honderd in sy vertroue geneem: Asarja seun van Jerogam, Ismael seun van Joganan, Asarja seun van Obed, Maäseja seun van Adaja, en Elisafat seun van Sikri.2 Hulle het in Juda rondgegaan en die Leviete uit al die stede van Juda bymekaargemaak, en ook die familiehoofde van Israel. Almal is na Jerusalem toe,
3 en daar het die hele gemeente in die tempel 'n verbond met koning Joas gesluit. Jojada het vir hulle gesê: “Die seun van koning Ahasia moet koning word volgens die belofte van die Here oor die nageslag van Dawid.
4 Dit is julle opdragte: 'n derde van julle, van dié wat op die sabbat diens doen as priesters en Leviete, moet drumpelwagte wees;
5 'n derde moet by die paleis wees, en die ander derde by die Fondamentpoort. Al die ander mense moet in die voorhof van die huis van die Here wees.
6 Niemand mag in die huis van die Here ingaan nie behalwe die priesters en die Leviete wat daar diens doen. Húlle kan ingaan, want hulle is daartoe gewy. Al die ander mense moet hulle aan die bepalings van die Here hou.
7 Die Leviete moet om die koning wees, elkeen met sy wapen in sy hand. Enigiemand anders wat in die tempel wil ingaan, moet doodgemaak word. Bly by die koning, oral waar hy gaan.”
8
Die Leviete en die hele Juda het alles gedoen wat die priester Jojada beveel het. Elkeen het sy manne geneem, dié wat op die sabbat diens moes doen sowel as dié wat klaar was met hulle diens, want die priester Jojada het nie die priesterafdelings laat verdaag nie.9 Daarna het Jojada die spiese en die groot skilde en die klein ronde skilde wat nog aan koning Dawid behoort het en in die tempel van God was, aan die bevelhebbers oor honderd uitgedeel.
10 Hy het al die manne, elkeen met sy spies in die hand, om die koning laat staan, naby die altaar en die tempel, van die suidekant tot by die noordekant van die tempel.
11
Toe bring hulle die seun van die koning vorentoe en kroon hom en oorhandig aan hom die koninklike volmag. So het hulle hom koning gemaak. Jojada en sy seuns het hom gesalf en geroep: “Lank lewe die koning!”12
Atalia het gehoor hoe die mense hardloop en die koning huldig, en het ook na die huis van die Here toe gegaan waar hulle was.13 Daar sien sy toe die koning staan op sy plek by die ingang, en die volksleiers en die trompetblasers by hom, en al die burgers van die land wat juig en trompette blaas, en die sangers met hulle musiekinstrumente wat die jubelsang lei. Toe skeur Atalia haar klere en skreeu: “Verraad! Verraad!”
14
Die priester Jojada stuur toe die bevelhebbers oor honderd wat in beheer van die manskappe was, en sê vir hulle: “Bring haar uit die tempel uit! Elkeen wat agter haar aan gaan, moet doodgemaak word. Sy mag nie in die huis van die Here sterf nie.”15
Hulle het haar gegryp en haar na die Perdepoort by die paleis gevat en haar daar doodgemaak.16
Jojada het met die volk en die koning 'n verbond gemaak dat hulle 'n volk sal wees wat die Here dien.17 Daarna het die hele volk na die Baälstempel toe gegaan en dit verwoes. Hulle het die altare en die beelde stukkend geslaan en vir Mattan, die Baälspriester, by die altare doodgeslaan.
18 Jojada het die toesig oor die huis van die Here weer toevertrou aan die priesters en die Leviete wat deur Dawid daarvoor aangewys is. Hulle moes die brandoffers vir die Here bring soos dit voorgeskryf is in die wet van Moses, met gejuig en met sang soos Dawid dit gereël het.
19 Hy het ook wagte by die poorte van die huis van die Here geplaas sodat niemand kon inkom wat op die een of ander wyse onrein was nie.
20
Daarna het Jojada die bevelhebbers oor honderd, die hooggeplaastes, die hoë regeringsamptenare en al die burgers van die land met hom saamgeneem en die koning uit die huis van die Here gebring. Hulle het deur die Boonste Poort na die paleis toe gegaan, en daar het hulle die koning sy plek op die troon laat inneem.21
Al die burgers van die land was bly. Die stad was rustig. Atalia was dood.1
Joas was sewe toe hy koning geword het en hy het veertig jaar in Jerusalem geregeer. Sy ma was Sibja, uit Berseba.2 Solank die priester Jojada geleef het, het Joas gedoen wat reg is in die oë van die Here.
3 Jojada het vir Joas twee vrouens gekies, en Joas het seuns en dogters gehad.
4
Joas het besluit om herstelwerk aan die huis van die Here te doen.5 Hy het die priesters en die Leviete bymekaar laat kom en vir hulle gesê: “Gaan die stede van Juda deur en samel by al die Israeliete geld in om die huis van julle God te herstel soos dit van jaar tot jaar nodig mag wees. Doen dit dadelik.”
Die Leviete het die opdrag egter nie dadelik uitgevoer nie,6 en die koning het die hoëpriester Jojada laat roep en vir hom gevra: “Waarom het jy nie toegesien dat die Leviete die bydraes uit Juda en Jerusalem inbring nie? Dit is tog die bydraes wat Moses, die dienaar van die Here, van die gemeente van Israel gevra het vir die tent met die getuienis!”
7
Dit was die goddelose Atalia en haar volgelinge wat die tempel in verval laat raak het. Hulle het selfs die wydingsgeskenke van die huis van die Here vir die Baäls gebruik.8
In opdrag van die koning is daar toe 'n kis gemaak en voor die tempelpoort gesit,9 en in Juda en in Jerusalem is aangekondig dat die bydraes wat Moses, die dienaar van die Here, in die woestyn al van Israel gevra het, vir die Here gebring moes word.
10 Al die leiers en die hele volk het die geld met blymoedigheid gebring en in die kis gegooi. So het al die bydraes ingekom.
11
Telkens wanneer die kis na die Leviete toe gebring is vir kontrole namens die koning, en hulle vasgestel het dat daar baie geld in is, het die sekretaris van die koning en 'n beampte van die hoëpriester gekom en die kis leeggemaak. Dit is dan weer op sy plek terug gesit. So het hulle elke keer gedoen, en daar is baie geld ingesamel.12
Die koning en Jojada het die geld oorhandig aan die mense wat vir die instandhouding van die huis van die Here moes sorg, en dié het klipkappers en ander vakmanne in diens geneem om die huis van die Here te herstel, en ook vakmanne in yster en brons vir die opknapwerk.13 Die werkers het gewerk en die herstelwerk het vinnig gevorder. Hulle het die tempel herbou sodat dit weer was soos vroeër; hulle het dit weer sterk gemaak.
14
Nadat die werk afgehandel is, is die geld wat oorgebly het, aan die koning en Jojada oorhandig, wat daarmee tempelgereedskap laat maak het: gereedskap vir die tempeldiens en die offers, panne, en ook goue en silwergereedskap. Solank Jojada geleef het, is daar voortdurend brandoffers by die tempel gebring.15
Jojada het 'n hoë ouderdom bereik. Hy is dood toe hy honderd en dertig jaar was.16 Hy is in die Dawidstad begrawe, by die konings, omdat hy goeie werk gedoen het vir Israel, vir God en sy tempel.
17
Na die dood van Jojada het die leiers van Juda die koning kom ophemel, en hy het hom dit laat geval.18 Toe het hulle die huis van die Here die God van hulle voorvaders verlaat en gewyde pale en afgodsbeelde gaan dien. Met dié sondige optrede van hulle het Juda en Jerusalem die toorn van die Here op hulle gehaal.
19 Die Here het profete na hulle toe gestuur om hulle na Hom toe terug te bring, en die profete het hulle gewaarsku, maar hulle het nie geluister nie.
20
Die Gees van God het vir Sagaria seun van die priester Jojada in besit geneem. Sagaria het voor die volk gaan staan en vir hulle gesê: “So sê God: Waarom oortree julle die gebooie van die Here? Dit sal nie met julle goed gaan nie. Omdat julle die Here verlaat het, sal Hy julle verlaat.”21
Maar hulle het 'n vals aanklag teen Sagaria bedink en hom op bevel van die koning met klippe doodgegooi in die voorhof van die huis van die Here.22 Koning Joas het nie gedink aan die liefde wat sy pleegvader Jojada aan hom bewys het nie. Hy het Jojada se seun vermoor. Sagaria het, toe hy sterf, gesê: “Die Here sien dit, Hy sal julle straf!”
23
Met die wisseling van die jaar het die leër van die Arameërs 'n aanval op Joas gemaak. Hulle het Juda en Jerusalem binnegedring, al die leiers van die volk doodgemaak en die buit wat hulle gemaak het, vir die koning van Damaskus gestuur.24 Die Aramese leër het met 'n klein klompie manskappe gekom, en die Here het 'n baie groot leër in hulle mag oorgegee. Dit was omdat die volk die Here die God van hulle voorvaders verlaat het. Die Arameërs het die straf van God oor Joas voltrek.
25 Toe hulle weggaan, het hulle hom swaar gewond agtergelaat, en sy eie amptenare het teen hom saamgesweer en hom in sy bed vermoor. Dit was omdat hy die seun van die priester Jojada laat doodmaak het.
So is Joas dood. Hy is in die Dawidstad begrawe, maar nie in 'n koningsgraf nie.26 Die manne wat teen hom saamgesweer het, was die Ammoniet Sabad seun van Simat en die Moabiet Josabad seun van Somer.
27 Die gegewens oor sy seuns, oor die grootte van die afkoopsom wat hy moes betaal, en oor die herbou van die tempel, is opgeneem in Die Kommentaar op die Boek van die Konings. Sy seun Amasia het hom as koning opgevolg.
1
Amasia het koning geword toe hy vyf en twintig was en hy het nege en twintig jaar in Jerusalem geregeer. Sy ma was Jehoaddan, uit Jerusalem.2 Hy het gedoen wat reg is in die oë van die Here, maar nie met sy hele hart nie.
3 Nadat hy goed gevestig was in sy koningskap, het hy die amptenare deur wie sy pa, die koning, vermoor is, laat doodmaak.
4 Hy het nie hulle kinders ook laat doodmaak nie, want, soos op bevel van die Here geskrywe staan in die wet, in die boek van Moses: “Vaders mag nie oor die optrede van kinders en kinders nie oor die optrede van vaders doodgemaak word nie. Elkeen kan net vir sy eie sonde die doodstraf kry.”
5
Amasia het die manskappe van Juda bymekaar laat kom en hulle familiegewys ingedeel onder bevelhebbers oor duisend en oor honderd — die hele Juda, en ook Benjamin. Hy het dié van twintig jaar en ouer laat tel, en daar is gevind dat hulle drie honderd duisend was, geskik vir militêre diens en gewapen met spies en skild.6 Vir sowat drie en 'n halwe ton silwer het hy uit Israel nog honderd duisend soldate gehuur.
7
Toe kom daar 'n man van God na hom toe en sê: “Moenie die leër van Israel met u laat saamgaan nie, want die Here is nie by Israel, by die Efraimiete, nie.8 As u dit tog doen, doen dit dan, maar dan sal u krag nodig hê vir die stryd, want God sal u dan voor die vyand laat swig. God het die mag om te help of om te laat swig.”
9
Maar Amasia vra vir die man van God: “En wat dan van die drie en 'n halwe ton silwer wat ek vir die Israelitiese leërafdeling betaal het?” En die man van God antwoord: “Die Here kan u meer as dit gee.”10
Amasia het toe die leërafdeling wat uit Efraim by hom aangesluit het, ontslaan en huis toe laat gaan. Hulle was bitter kwaad vir Juda en is woedend terug huis toe.11
Daarna het Amasia die nodige moed bymekaargeskraap en sy manne na die Soutvlakte toe gelei waar hy tien duisend Edomiete verslaan het.12 Bowendien het die manne van Juda nog tien duisend lewendig gevange geneem, hulle bo op 'n krans gebring en hulle daar afgegooi. Almal het hulle te pletter geval.
13
Intussen het die lede van die leërafdeling wat deur Amasia teruggestuur is sodat hulle nie saam met hom op die veldtog kon gaan nie, 'n strooptog teen die stede van Juda gemaak, van Samaria af tot by Bet-Goron. Hulle het drie duisend mense doodgemaak en baie buit weggedra.14
Toe Amasia van sy oorwinning oor die Edomiete af terugkom, het hy hulle afgodsbeelde saamgebring en die beelde vir homself opgestel as gode. Hy het hulle vereer en vir hulle offerandes gebring.15 Hieroor het die toorn van die Here teen Amasia ontvlam. Die Here het 'n profeet na hom toe gestuur en vir hom gesê: “Waarom dien jy gode wat nie hulle eie volk uit jou hande kon red nie?”
16
Maar Amasia het die profeet in die rede geval: “Is jy aangestel as raadgewer van die koning? Bly stil. Soek jy jou dood?” Die profeet het dit toe daargelaat en gesê: “Ek weet nou dat God besluit het om u te vernietig. U maak daarna en u wil nie na my raad luister nie.”17
Koning Amasia van Juda het op advies van sy raadgewers 'n boodskap gestuur na koning Joas van Israel, seun van Joahas: “Kom ons veg teen mekaar.”18
Koning Joas van Israel het vir koning Amasia van Juda terug laat weet: “Die doringbos op die Libanon laat weet vir die seder op die Libanon: ‘Laat jou dogter met my seun trou,’ en toe kom die wilde diere van die Libanon verby en trap die doringbos plat.19 Jy dink noudat jy vir Edom verslaan het, kan jy meer roem soek. Bly liewer by die huis. Waarom wil jy jou in die ongeluk stort en tot 'n val kom, jy en Juda saam met jou?”
20
Amasia het hom nie laat waarsku nie, want God het dit so bewerk om hom in Joas se mag oor te gee. Dit was omdat Amasia-hulle die gode van Edom gedien het.21 Koning Joas van Israel het toe opgetrek en hy en koning Amasia van Juda het slaags geraak in Bet-Semes in Juda.
22 Juda het 'n neerlaag gely teen Israel, en die manskappe het op die vlug geslaan, elkeen na sy huis toe.
23 Koning Joas van Israel het vir koning Amasia van Juda, seun van Joas seun van Joahas, gevange geneem in Bet-Semes en hom na Jerusalem toe gebring. Daar het Joas 'n stuk muur van Jerusalem laat afbreek, van die Efraimspoort af tot by die Hoekpoort, honderd en tagtig meter.
24 Hy het al die goud en silwer gevat, al die tempelgereedskap wat destyds in die tempel by Obed-Edom was, die koninklike skat, en ook nog gyselaars, en toe is hy terug Samaria toe.
25
Amasia seun van koning Joas van Juda het ná die dood van koning Joas van Israel, seun van Joahas, nog vyftien jaar geleef.26 Die ander verhale oor Amasia, dié van vroeër sowel as dié van later, is opgeteken in die annale van die konings van Juda en Israel.
27 Van die tyd dat Amasia van die Here af weggedraai het, was daar in Jerusalem sameswerings teen hom. Hy het na Lakis toe gevlug, maar hulle het mense agter hom aan gestuur daarheen en hulle het hom daar doodgemaak.
28 Hulle het sy lyk met perde teruggebring, en hom in sy familiegraf in die hoofstad van Juda begrawe.
1
Die bevolking van Juda het vir Ussia gevat en hom in Amasia, sy pa, se plek koning gemaak. Hy was toe sestien jaar oud2 en het Elat herbou en onder die gesag van Juda teruggebring nadat die koning van daardie gebied dood is.
3
Ussia was sestien toe hy koning geword het en hy het twee en vyftig jaar lank in Jerusalem geregeer. Sy ma was Jekolja, uit Jerusalem.4 Hy het gedoen wat reg is in die oë van die Here en in alles die voorbeeld van sy pa gevolg.
5 Hy het na die wil van God gevra gedurende die hele lewe van Sagaria, wat insig in die openbaring van God gehad het. In die tyd dat Ussia na die wil van die Here gevra het, het God dit goed laat gaan met hom.
6
Hy het 'n veldtog onderneem teen die Filistyne, en hy het die mure om Gat, Jabne en Asdod afgebreek en stede gebou in die omgewing van Asdod en in die res van die Filistynse gebied.7 God het hom gehelp teen die Filistyne, teen die Arabiere wat in Gur-Baäl gewoon het, en teen die Meüniete.
8 Die Ammoniete het vir Ussia geskenke gebring, en sy naam het tot by Egipte bekend geword, so het sy mag toegeneem.
9
Ussia het in Jerusalem stewige forte gebou by die Hoekpoort, by die Dalpoort en by die draai in die muur.10 Ook in die weiveld het hy forte gebou en baie putte laat grawe, want hy het baie vee gehad, in die Laeveld en op Platorand. In die berge en op die Karmel het hy mense gehad wat sy lande en sy wingerde bewerk het. Hy was lief vir die grond.
11
Ussia het 'n leër gehad wat in afdelings uitgetrek het. Die telling en indeling is gedoen deur die sekretaris Jeïel en die amptenaar Maäseja, onder toesig van Gananja, 'n beampte van die koning.12 Daar was altesaam twee duisend ses honderd familiehoofde in bevel van die soldate.
13 Die leër onder hulle bevel was drie honderd en sewe duisend vyf honderd, kragtige vegters op wie die koning kon reken teen 'n vyand.
14 Ussia het hulle, die hele leër, uitgerus met skilde, spiese, helms, harnasse, pyle en boë, en klippe vir hulle slingervelle.
15 In Jerusalem het hy uitvindsels gehad wat deur slim mense ontwerp is en wat bo van die forte en van die hoeke af pyle en groot klippe kon afskiet.
Sy roem het wyd gestrek. Hy het op 'n wonderbare wyse hulp ontvang en hy het 'n magtige man geword.16
Maar toe hy eenmaal die mag het, het Ussia ingenome geword met homself, en dit was die begin van sy einde. Hy het aanmatigend teenoor die Here sy God opgetree: hy het in die tempel van die Here ingegaan om wierookoffers op die wierookaltaar te bring.17 Die priester Asarja, met tagtig priestersoldate by hom, het agter koning Ussia aan gegaan
18 en hom probeer keer en vir hom gesê: “Dit kom u nie toe om vir die Here wierookoffers te bring nie, Ussia! Om wierookoffers te bring, is die voorreg van die priesters, die nageslag van Aäron. Hulle is daartoe gewy. Gaan liewer uit die heiligdom uit. U matig u dinge aan, en u sal daarvoor geen waardering kry van God die Here nie.”
19
Ussia het al die wierookpan in sy hand gehad om die offer te bring, en hy het briesend geword. Maar terwyl hy teen die priesters uitvaar, breek daar melaatsheid op sy voorkop uit voor die oë van die priesters daar in die huis van die Here, by die wierookaltaar.20 Toe die hoëpriester Asarja en al die ander priesters na hom kyk, is hy melaats op sy voorkop. Hulle het hom daar uitgedrywe, en hy was self haastig om weg te kom; die Here het hom met dié ramp getref.
21
Koning Ussia was melaats tot die dag van sy dood. Hy het in 'n plek van afsondering gaan woon, melaats en verban uit die huis van die Here. Sy seun Jotam het die paleis bestuur en oor die mense van die land geregeer.22
Die ander verhale oor Ussia, dié van vroeër en dié van later, is neergeskryf deur die profeet Jesaja seun van Amos.23 Ussia is oorlede, en hy is begrawe in die begraafplaas van die konings, maar nie in die familiegraf nie, want die mense het gesê: “Hy was melaats.” Sy seun Jotam het hom as koning opgevolg.
1
Jotam was vyf en twintig toe hy koning geword het en hy het sestien jaar in Jerusalem geregeer. Sy ma was Jerusa, 'n dogter van Sadok.2 Jotam het gedoen wat reg is in die oë van die Here en in alles die voorbeeld van Ussia, sy pa, gevolg, met dié verskil dat hy nie in die tempel van die Here oortree het nie. Die volk het egter met hulle afgodsdiens voortgegaan.
3
Jotam het die boonste poort van die tempel laat bou en baie bouwerk gedoen aan die Ofelmuur.4 In die Judaberge het hy stede laat bou, en in die bosse skanse en forte.
5
Hy het in 'n oorlog teen die koning van die Ammoniete die oorwinning behaal, en die Ammoniete moes daardie jaar aan hom byna drie en 'n halwe ton silwer, sestien honderd en vyftig ton koring en dertien honderd en twintig ton gars betaal. Hulle moes dieselfde hoeveelhede die volgende en die daaropvolgende jaar betaal.6 Jotam het magtig geword, want hy het sy pad reg gehou voor die Here sy God.
7
Die ander verhale oor Jotam, al sy oorloë en sy lewensloop, is opgeteken in die annale van die konings van Israel en Juda.8 Hy was vyf en twintig toe hy koning geword het en hy het sestien jaar in Jerusalem geregeer.
9 Jotam is oorlede, en hy is begrawe in die familiegraf in die Dawidstad. Sy seun Agas het hom as koning opgevolg.
1
Agas was twintig toe hy koning geword het, en hy het sestien jaar in Jerusalem geregeer. Hy het nie gedoen wat reg is in die oë van die Here soos sy voorvader Dawid nie.2 Hy het die pad geloop van die konings van Israel en hy het selfs beelde van die Baäls laat giet.
3 Hy het in die Ben-Hinnomdal offerandes gebring en van sy kinders daar verbrand volgens die afskuwelike gebruik van die heidennasies wat deur die Here voor die Israeliete uit verdryf is.
4 Hy het diereoffers en wierookoffers gebring op die hoogtes en op die rante en onder elke groot boom.
5 Daarom het die Here sy God hom oorgegee in die mag van die koning van Aram. Dié het hom verslaan en 'n groot klomp van sy mense krygsgevangenes gemaak en hulle na Damaskus toe weggevoer.
Agas is ook oorgegee in die mag van die koning van Israel wat hom 'n verpletterende neerlaag toegedien het.6 Peka seun van Remalja het in Juda op een dag honderd en twintig duisend man, almal soldate, doodgemaak, omdat hulle die Here die God van hulle voorvaders verlaat het.
7 Sikri, 'n krygsman uit Efraim, het die prins Maäseja, die paleisbestuurder Asrikam en die onderkoning Elkana doodgemaak.
8 Die Israeliete het van hulle broedervolk twee honderd duisend vrouens, seuns en dogters gevange geneem en boonop 'n groot hoeveelheid buit geneem en na Samaria toe saamgevat.
9
Daar was in Samaria 'n profeet van die Here met die naam Oded. Hy het die leër wat in Samaria teruggekom het, voorgestaan en vir hulle gesê: “In sy toorn teen Juda het die Here, die God van julle voorvaders, hulle in julle mag gegee, en julle het onder hulle 'n slagting aangerig met 'n woede wat ten hemel skrei.10 Nou sê julle julle wil van dié mense van Juda en Jerusalem julle slawe en slavinne maak. Maar julle, is alles wat julle doen nie ook misdade teen die Here julle God nie?
11 Luister nou en vat die gevangenes wat julle uit julle broedervolk weggevoer het, terug, want die toorn van die Here hang oor julle.”
12
'n Paar van die leiers van die Efraimiete, Asarja seun van Joganan, Berekja seun van Mesillemot, Hiskia seun van Sallu, en Amasa seun van Gadlai, het toe kant gekies teen dié wat van die oorlog af teruggekom het13 en vir hulle gesê: “Julle bring nie die gevangenes hier in nie. Wat julle wil doen, is 'n misdaad teen die Here en sal ons sondes en misdade teen Hom groter maak. Dit is alreeds groot, en sy toorn hang oor Israel.”
14
Die manskappe het toe afstand gedoen van die gevangenes en die buit, met die leiers en die hele volk as getuies.15 Die manne wie se name genoem is, het toe die gevangenes onder hulle sorg geneem. Hulle het uit die buit klere geneem vir almal wat nie klere gehad het nie, die gevangenes voorsien van klere, skoene, kos en water, salf aan hulle wonde gesmeer, almal wat nie kon loop nie, op donkies gehelp en hulle weggebring na Jerigo die palmstad toe, by hulle volksgenote. Daarna is die manne terug Samaria toe.
16
In dié tyd het koning Agas laat hulp vra by die konings van Assirië.17 Die Edomiete het weer gekom en Juda verslaan en gevangenes weggevoer.
18 Die Filistyne het deur die Laeveld en die Suidland van Juda 'n strooptog gemaak en selfs stede beset en daar gaan woon: Bet-Semes, Ajalon, Gederot, Soko met sy buitedorpe, Timna met sy buitedorpe, Gimso met sy buitedorpe.
19 Dit was oor koning Agas van Juda dat die Here Juda dié vernedering aangedoen het, want Agas het die verdorwenheid in Juda vrye teuels gegee en hy was ontrou teenoor die Here.
20 Koning Tiglat-Pileser van Assirië het opgetrek, maar téén Agas. Hy het Agas nie kom help nie, maar sake vir hom nog moeiliker gemaak.
21 Agas het van die huis van die Here, die paleis en die amptenare goud gevat en dit vir die koning van Assirië gegee, maar dit het hom niks gehelp nie.
22
Toe dit so sleg met hom gaan, was hy, dié koning Agas, nog verder ontrou teenoor die Here.23 Hy het offerandes gebring vir die gode van Damaskus wat hom verslaan het, met die redenasie: “Die gode van Aramese konings het hulle gehelp; nou bring ek vir daardie gode offerandes dat hulle my ook kan help.”
Maar dié gode het sy val en dié van die hele Israel verhaas.24 Agas het die goed wat in die tempel gebruik is, weggevat en stukkend geslaan, die deure van die huis van die Here gesluit en op elke hoek in Jerusalem altare gebou.
25 In elke stad van Juda het hy hoogtes ingerig om vreemde gode met offerandes te vereer. So het hy die Here, die God van sy voorvaders, uitgetart.
26
Die ander verhale oor Agas en sy hele lewensloop, dié van vroeër en dié van later, is opgeteken in die annale van die konings van Juda en Israel.27 Agas is oorlede, en hy is begrawe in die stad, in Jerusalem. Hulle het hom nie in die begraafplaas van die konings van Israel begrawe nie. Sy seun Hiskia het hom as koning opgevolg.
1
Hiskia het koning geword toe hy vyf en twintig was en hy het nege en twintig jaar in Jerusalem geregeer. Sy ma was Abi, 'n dogter van Sagaria.2 Hiskia het gedoen wat reg is in die oë van die Here en het in alles die voorbeeld van sy voorvader Dawid gevolg.
3
Hy het in die eerste jaar van sy regering, in die eerste maand, die deure van die huis van die Here oopgemaak en hulle herstel.4 Daarna het hy die priesters en die Leviete laat kom en hulle op die Oosplein bymekaargebring
5 en toegespreek: “Luister na my, Leviete! Reinig julle en reinig die huis van die Here, die God van julle voorvaders. Vat die vuilgoed uit die heiligdom uit.
6 Ons voorvaders was ontrou en het gedoen wat verkeerd is in die oë van die Here ons God. Hulle het Hom verlaat, die woning van die Here nie versorg nie en dit die rug toegekeer.
7 Hulle het boonop die deure van die ingangsportaal gesluit, die lampe laat doodgaan en geen wierookoffer of brandoffer vir die God van Israel gebring in die heiligdom nie.
8 Daarom het die toorn van die Here oor Juda en Jerusalem gekom, en Hy het van hulle iets gemaak waaroor mense net met afgryse vervul kan word en die hande van verbasing inmekaar kan slaan en kan fluit, soos julle met julle eie oë sien.
9 Ons vaders het gesneuwel, ons seuns en ons dogters en ons vrouens het gevangenes geword deur dié dinge.
10 En nou het ek my voorgeneem om 'n verbond te sluit met die Here die God van Israel, sodat die gloed van sy toorn van ons weggeneem sal word.
11 Spring nou aan die werk, my seuns, want die Here het julle gekies om voor Hom diens te doen en sy dienaars te wees wat vir Hom offerandes moet bring.”
12
Toe het die volgende Leviete na vore getree: uit die Kehatgroep Magat seun van Amasai, en Joël seun van Asarja; uit die Merarigroep Kis seun van Abdi, en Asarja seun van Jehallelel; uit die Gersongroep Joag seun van Simma, en Eden seun van Joag;13 uit die Elisafangroep Simri en Jeïel; uit die Asafgroep Sagaria en Mattanja;
14 uit die Hemangroep Jegiël en Simi; en uit die Jedutungroep Semaja en Ussiël.
15 Hulle het hulle ampsgenote bymekaargeroep, almal het hulle gereinig en het toe die huis van die Here gaan skoonmaak soos die koning beveel het in ooreenstemming met die voorskrifte van die Here.
16
Die priesters het die huis van die Here binne gaan skoonmaak. Hulle het alles wat nie rein was nie, wat hulle in die tempel van die Here gekry het, na die voorhof toe uitgebring, en die Leviete het dit gevat en dit buite in die Kedrondal gaan weggooi.17
Hulle het met die reiniging begin op die eerste dag van die eerste maand, en op die agste dag van die maand het hulle by die ingangsportaal van die Here uitgekom. Daarna het dit hulle nog ag dae gekos om die huis van die Here te reinig. Op die sestiende dag van die eerste maand was hulle klaar.18 Toe het hulle by koning Hiskia in die paleis verslag gaan doen: “Ons het die hele huis van die Here gereinig, ook die brandofferaltaar met sy toebehore en die tafel vir die offerbrood met sy toebehore,
19 en ons het verder al die goed wat koning Agas in sy regeringstyd ontwy laat raak het deur sy troueloosheid, in hulle oorspronklike staat herstel en gewy. Hulle is daar voor die altaar van die Here.”
20
Die volgende môre vroeg het koning Hiskia al die stadsamptenare laat bymekaarkom en is hy na die huis van die Here toe.21 Hulle het sewe jong bulle, sewe skaapramme, sewe lammers en sewe bokramme gebring as sondeoffers vir die koningskap, die heiligdom en Juda. Die koning het die priesters uit die geslag van Aäron beveel om die offerandes op die altaar van die Here te sit.
22 Die priesters het die beeste geslag, die bloed opgevang en dit oor die altaar gesprinkel. Daarna het hulle die skape geslag en die bloed oor die altaar gesprinkel. Daarna het hulle die lammers geslag en die bloed ook oor die altaar gesprinkel.
23 Toe het hulle die sondeofferbokke voor die koning en die gemeente gebring en hulle hande op die diere gelê,
24 en daarna het die priesters hulle geslag en die bloed as 'n sondeoffer uitgegiet op die altaar om vir die hele Israel versoening te doen. Die koning het bepaal dat die brandoffer en die sondeoffer vir die hele Israel moes wees.
25
Die koning het die Leviete plek laat neem met simbale, harpe en liere in die huis van die Here volgens die opdrag van Dawid en van Gad, die siener van koning Dawid, en van die profeet Natan, want dit was 'n opdrag wat van die Here self gekom het deur middel van sy profete.26 Die Leviete het reggestaan met die instrumente van Dawid, en die priesters met trompette.
27 Hiskia het opdrag gegee dat die brandoffer op die altaar gesit moet word, en die oomblik toe die offer begin, het die lied van die Here begin, die trompette geblaas en die musiekinstrumente van Dawid koning van Israel gespeel.
28 Terwyl die sang weerklink en die trompette skal, het die hele gemeente in aanbidding gebuig. Dit het alles aangehou tot die offer afgehandel was.
29 Toe die offer afgehandel was, het die koning en almal wat by hom was, gekniel en gebuig.
30 Hy en die amptenare het toe die Leviete beveel om die Here te loof met die liedere van Dawid en die siener Asaf. Die Leviete het die lofliedere vol vreugde gesing en op hulle knieë geval en vooroor gebuig.
31
Hiskia het weer die woord geneem en vir die volk gesê: “Julle is nou aan die Here gewy. Bring nou julle diereoffers en julle dankoffers vir die huis van die Here.” Die gemeente het toe diereoffers en dankoffers gebring en elkeen wat wou, het vrywillig ook nog brandoffers gebring.32 Die getal brandoffers wat die gemeente gebring het, was sewentig beeste, honderd ramme en twee honderd lammers, alles brandoffers vir die Here.
33 Die wydingsgeskenke was ses honderd beeste en drie duisend stuks kleinvee.
34 Maar daar was te min priesters en hulle kon nie alleen al die offerdiere slag nie. Toe het hulle ampsgenote, die Leviete, hulle gehelp tot die werk klaar was en al die priesters hulleself gewy het, want die Leviete was pligsgetrouer met die wyding as die priesters.
35 Daar was boonop nog 'n groot aantal brandoffers en die vetgedeeltes van die maaltydoffers en die drankoffers wat by die brandoffers gebring moes word. So is die tempeldiens weer gevestig.
36 Hiskia en al die mense was bly oor wat God vir die volk beskik het, want die hele saak is vinnig afgehandel.
1
Hiskia het boodskappers gestuur oor die hele Israel en Juda en ook briewe geskryf aan Efraim en Manasse met 'n oproep om na die huis van die Here in Jerusalem te kom om die paasfees vir die Here die God van Israel te vier.2
Dit was nadat die koning met sy amptenare en die hele gemeente van Jerusalem daaroor beraadslaag het of hulle die paasfees in die tweede maand kon vier.3 Hulle kon dit nie op die vasgestelde tyd vier nie omdat daar nie genoeg priesters gewy was nie en die volk nie in Jerusalem bymekaar was nie.
4 Die koning en die hele gemeente het dit goedgevind om dit so te doen.
5 Hulle het besluit om 'n oproep te laat uitgaan in die hele Israel, van Berseba af tot by Dan, om die paasfees vir die Here die God van Israel in Jerusalem te kom vier, want daar was in dié tyd nie 'n groot gesamentlike fees soos dit destyds voorgeskryf is nie.
6
Die hardlopers is toe op bevel van die koning die hele Israel en Juda deur met die briewe van die koning en sy amptenare, wat soos volg gelui het: “Israeliete, kom terug na die Here, na die God van Abraham, Isak en Israel, dan sal Hy ook terugkom na julle wat vrygekom het en oorgebly het van die oorheersing deur die konings van Assirië.7 Moenie soos julle vaders en julle broers maak nie wat ontrou was teenoor die Here, die God van hulle voorvaders, sodat Hy van hulle iets gemaak het waaroor mense net die hande van verbasing inmekaar kan slaan, soos julle kan sien.
8 Moenie hardkoppig wees soos julle vaders nie, onderwerp julle aan die Here, en kom na sy heiligdom toe wat Hy vir altyd geheilig het. Dien die Here julle God, dan sal sy toorngloed van julle af weggaan.
9 As julle terugkom na die Here toe, sal julle broers en julle seuns medelye vind by dié wat hulle gevange weggevoer het en sal hulle na hierdie land toe terugkom. Die Here julle God is genadig en barmhartig. Hy sal nie afsydig staan as julle na Hom toe terugkom nie.”
10
Die hardlopers het in die gebied van Efraim en Manasse en tot in Sebulon van stad tot stad gegaan, maar die mense het hulle uitgelag en gespot.11 Tog het mense in Aser, Manasse en Sebulon berou gekry en na Jerusalem toe gekom.
12 Ook in Juda was die hand van God werksaam. Hy het hulle die koning en die amptenare se bevel wat op sy opdrag berus het, eendragtig laat gehoorsaam.
13 Baie mense het in Jerusalem byeengekom, 'n baie groot gemeente, om die fees van die ongesuurde brood in die tweede maand te vier.
14
Die mense het die altare wat oral in Jerusalem was, afgebreek, ook al die wierookaltare, en dit in die Kedrondal gegooi.15 Hulle het die paaslam geslag op die veertiende van die tweede maand. Die priesters en die Leviete het skaam gekry en hulle gewy en die brandoffers geoffer in die huis van die Here.
16 Hulle het hulle plekke ingeneem volgens die orde wat vir hulle neergelê is in ooreenstemming met die wet van Moses, die man van God. Die priesters het die bloed gesprinkel wat die Leviete vir hulle aangegee het.
17 In die gemeente was daar baie mense wat hulle nie gewy het nie, en die Leviete moes toe die paaslammers slag vir almal wat nie rein was nie, sodat ook húlle paaslammers aan die Here gewy kon wees.
18 Die meeste van die baie mense uit Efraim, Manasse, Issaskar en Sebulon het hulle nie gereinig nie en het die paaslam geëet in stryd met wat voorgeskryf is. Maar Hiskia het vir hulle gebid: “Mag die Here in sy goedheid versoening doen vir
19 elkeen wat aan God, die Here, die God van sy voorvaders, gehoorsaam wil wees, al is dit nie volgens die reinheidsvoorskrifte van die heiligdom nie.”
20
Die Here het Hiskia se gebed verhoor en die volk nie gestraf nie.21
Die Israeliete wat in Jerusalem was, het die fees van die ongesuurde brood met groot vreugde sewe dae lank gevier. Die Leviete en die priesters het elke dag die mag van die Here geloof met begeleiding van musiek,22 en Hiskia het die Leviete geprys oor die bekwaamheid waarmee hulle dié kuns voor die Here beoefen het. Die fees is sewe dae lank gevier. Daar is maaltydoffers gebring en die Israeliete het die Here die God van hulle voorvaders geloof.
23
Toe het die hele gemeente besluit om die fees met 'n week te verleng, en hulle het nog sewe dae met vreugde feesgevier.24 Koning Hiskia van Juda het duisend jong bulle en sewe duisend stuks kleinvee tot beskikking van die gemeente gestel, en die amptenare het nog duisend jong bulle en tien duisend stuks kleinvee bygesit. 'n Groot aantal priesters het hulleself gereinig.
25 Daar was vreugde in die hele gemeente van Juda, onder die priesters en die Leviete, in die hele gemeente wat uit Israel gekom het, en ook onder die immigrante wat uit die land Israel gekom het en nou in Juda gewoon het.
26 In Jerusalem was daar groot vreugde, want so iets was daar nie in Jerusalem van die tyd van koning Salomo van Israel, seun van Dawid, af nie.
27 Toe die priesters en die Leviete opstaan en die seën uitspreek oor die volk, het God dit gehoor: hulle gebed het die heilige woning van God in die hemel bereik.
1
Toe alles verby was, is al die Israeliete uit na die stede van Juda toe, almal wat by die fees was. Hulle het in die hele Juda en Benjamin en ook in Efraim en Manasse die klippilare afgebreek, die gewyde pale afgekap en die hoogtes en altare verwoes. Eers nadat alles vernietig is, is die Israeliete terug na hulle stede toe, elkeen na sy eie stukkie grond toe.2
Hiskia het ook die pligte van die afdelings priesters en Leviete bepaal. Die priesters sowel as die Leviete moes afdelingsgewys, elkeen volgens die aard van sy dienswerk, sorg dra vir die brandoffers, die maaltydoffers, die algemene diens, die belydenis en die lofprysing in die poorte van die woning van die Here.3 Soos dit in die voorskrifte van die Here vasgelê is, het die koning uit sy persoonlike besit sy deel gedoen vir die brandoffer, die môre- en aandoffers, die offers op die sabbat, die nuwemaansfees en die vasgestelde feestye.
4 Die volk, die inwoners van Jerusalem, moes op bevel van die koning sorg vir die onderhoud van die priesters en die Leviete, sodat dié hulle aandag kon gee aan die uitleg van die wet van die Here.
5 Namate die bevel bekend geword het, het die Israeliete die eerste opbrengste aan koring, wyn, olie, heuning en alles wat die land opgelewer het, ingebring, en ook die tiendes van alles, in groot hoeveelhede.
6 Ook die Israeliete wat in die stede van Juda gewoon het, en die mense van Juda self, het hulle tiendes uit die groot- en kleinvee ingebring en hulle het die gawes wat aan die Here hulle God gewy was, kom neersit, hope en hope.
7 Hulle het in die derde maand daarmee begin, en die goed het bly ophoop tot die sewende maand toe.
8 Toe Hiskia en die amptenare kom en die hope sien, het hulle die Here en sy volk Israel geprys.
9
Hiskia het by die priesters en die Leviete navraag gedoen oor die hope goed,10 en Asarja die hoëpriester uit die huis van Sadok het vir hom gesê: “Vandat die offergawes by die huis van die Here begin inkom het, is hier meer as genoeg om te eet en daar bly baie oor. Die Here het sy volk geseën, daarom is daar so 'n massa goed oor.”
11
Hiskia het toe opdrag gegee dat daar kamers aan die tempel aangebou word, en dit is gedoen.12 Die offergawes, die tiendes en die gewyde gawes het getrou ingekom. Die Leviet Kenanja moes daaroor toesig hou, en sy ampsgenoot Simi was tweede in bevel.
13 Die amptenare tot beskikking van Kenanja en sy ampsgenoot Simi was Jegiël, Asasja, Nagat, Asael, Jerimot, Josabad, Eliël, Jismakja, Magat en Benaja. So het koning Hiskia en die hoof van die tempel, Asarja, dit gereël.
14 Die toesig oor die vrywillige gawes aan God en oor die uitdeling van die offergawes van die Here en van die besondere gewyde gawes was in die hande van die Leviet Kore seun van Jimna, die wag by die Oospoort.
15
Hy is bygestaan deur Eden, Minjamin, Jesua, Semaja, Amarja en Sekanja, en hulle moes in die priesterkwartiere op 'n billike wyse die toewysings aan hulle ampsgenote in die afdelings doen, aan groot en klein.16 Daarnaas het hulle ook toewysings gedoen aan die seuntjies van drie jaar en ouer wat in die register opgeneem is, almal wat een of ander tyd in die tempel sou kom vir die tempeldiens en die wagbeurte binne hulle afdelings, soos dit van dag tot dag nodig sou wees.
17 Die priesters is familiegewys in die register opgeneem, en van die Leviete dié van twintig jaar en ouer volgens diensbeurt en afdeling.
18 Al hulle afhanklikes is ook in die register opgeneem: die vrouens, die seuns en die dogters van die hele tempelgemeenskap. Die priesters en die Leviete het hulle getrou gereinig met die oog op die diens in die heiligdom.
19
Ook die Aäronitiese priesters in die weigebiede van die stede is versorg. In elke stad is mense by die naam aangewys om al die manlike lede van die priesterfamilies en al die Leviete wat in die register opgeneem was, hulle deel te laat kry.20
So het Hiskia dwarsdeur Juda gedoen. Hy het gedoen wat goed en reg en eerbaar is in die oë van die Here sy God.21 In alles wat hy onderneem het ter bevordering van die tempeldiens en die gehoorsaamheid aan wet en gebod, het hy met sy hele hart gevra na die wil van sy God, en daarom was hy voorspoedig.
1
Na dié gebeure, waarin Hiskia sy trou betoon het, het koning Sanherib van Assirië op die toneel gekom. Hy het Juda ingeval en die vestingstede beleër met die bedoeling om deur hulle verdediging te breek.2 Toe Hiskia hoor van die koms van Sanherib en dat hy op oorlog teen Jerusalem uit is,
3 het hy in oorleg met sy amptenare en offisiere besluit om die water van die fonteine wat buite die stad was, af te sny. Hulle het met hom saamgestem,
4 en 'n groot klomp mense het bymekaargekom en al die fonteine en ook die watervoor wat deur die omgewing geloop het, toegegooi. Hulle het gesê: “Hoekom moet die konings van Assirië baie water kry as hulle hier kom?”
5
Hiskia het al die mure wat afgebreek was, herbou, die forte hoër gebou, nog 'n muur buite-om opgetrek en die terras by die Dawidstad laat versterk. Hy het ook 'n groot klomp spiese en skilde laat maak.6
Nadat hy bevelhebbers oor die volksleër aangewys het, het hy hulle by hom laat bymekaarkom op die plein by die stadspoort en hulle moed ingepraat:7 “Wees sterk, wees dapper, moenie bang wees nie, moenie skrik vir die koning van Assirië en die menigte by hom nie. By ons is meer as by hom.
8 By hom is menslike mag, by ons is die Here ons God wat ons sal help en ons oorlog sal veg.”
Die manskappe was bemoedig deur dié woorde van koning Hiskia van Juda.9
'n Tyd daarna het koning Sanherib van Assirië, wat toe met sy hele krygsmag by Lakis was, van sy ondergeskiktes na Jerusalem toe gestuur met 'n boodskap vir koning Hiskia van Juda, en vir al die mense van Juda in Jerusalem. Die boodskap het gelui:10
“So sê koning Sanherib van Assirië: Op wie steun julle dat julle in Jerusalem in die vesting bly?11 Hiskia sê: ‘Ons God sal ons red van die koning van Assirië,’ maar mislei hy julle nie, sodat julle van honger en dors sal sterwe?
12 Dit is mos dié Hiskia wat die hoogtes en die altare van julle God verwyder het en vir Juda en Jerusalem gesê het: ‘Julle moet by net een altaar aanbid en offers bring.’
13 Julle weet mos wat ek en my voorvaders aan al die volke in ander lande gedoen het. Kon die gode van die nasies in daardie lande hulle lande red uit my mag?
14 Wie van al die gode van daardie nasies wat al deur my voorvaders uitgeroei is, kon sy volk red uit my mag? Kan júlle God julle dan red uit my mag?
15 Moet dan nou nie dat Hiskia julle so bedrieg en julle mislei nie. Moet hom nie glo nie. Geen god van enige nasie of koninkryk kon sy volk red uit my mag of uit dié van my voorvaders nie. Júlle God sal julle ook nie red uit my mag nie.”
16
Die boodskappers het nóg dinge gesê teen God die Here en teen sy dienaar Hiskia.17 Sanherib het ook briewe geskryf waarin hy die Here die God van Israel gehoon het en dinge teen Hom gesê het. Hy het geskryf:
“Soos die gode van die nasies van ander lande hulle volke nie kon red uit my mag nie, so sal die God van Hiskia sy volk nie red uit my mag nie.”18
Om die mense van Jerusalem wat op die mure was, bang te maak en hulle die skrik op die lyf te ja sodat die Assiriërs die stad kon inneem, het die boodskappers hard in die Judese taal geroep19 en oor die God van Jerusalem gepraat soos oor die gode van die volke van ander lande, gode wat die werk van mensehande is.
20
Koning Hiskia en die profeet Jesaja seun van Amos het daarom gebid en na die hemel geroep.21 Toe stuur die Here 'n engel, en dié het elke soldaat en leier en offisier in die kamp van die koning van Assirië doodgemaak. Hy moes beskaamd die aftog blaas terug na sy land toe. Toe hy daar in die tempel van sy god ingaan, het van sy eie seuns hom vermoor.
22
So het die Here vir Hiskia en die inwoners van Jerusalem gered uit die mag van koning Sanherib van Assirië en uit die mag van almal by hom. Die Here het sy volk aan alle kante beskerm.23
Baie mense het vir die Here in Jerusalem offers gebring en kosbare geskenke vir koning Hiskia van Juda, wie se aansien onder die nasies hoog gestyg het ná dié gebeure.24
Dié tyd het Hiskia ernstig siek geword. Hy het tot die Here gebid, en die Here het met hom gepraat en met hom 'n wonder laat gebeur.25 Hiskia het egter nie dankbaarheid betoon vir dié weldaad nie. Hy het ingenome geword met homself, en dit het die toorn van die Here oor hom en oor Juda en Jerusalem gebring.
26 Hy en die inwoners van Jerusalem het egter berou gekry oor die selfingenomenheid, en die toorn van die Here het toe nie in die tyd van Hiskia oor hulle gekom nie.
27
Hiskia was ryk en het groot aansien geniet. Hy het vir hom skatkamers laat bou vir silwer, goud, edelstene, kosbare kruie, skilde en allerlei waardevolle goed.28 Hy het opslagplekke laat bou vir die koring, wyn en olie wat aan hom gelewer is, en krale en stalle vir sy beeste en kleinveekuddes.
29 Hy het vir hom stede laat bou en het groot troppe kleinvee en grootvee gehad. God het hom 'n baie groot persoonlike besit laat opbou.
30
Dit was Hiskia wat die boonste uitloop van die Gihonfontein afgesny en die water reguit na die westekant van die Dawidstad toe gelei het. Hy was voorspoedig met alles wat hy gedoen het.31
Maar toe die regeerders van Babel woordvoerders na hom toe gestuur het om navraag te doen oor die wonder wat in sy land gebeur het, het God hom verlaat. Dit was om hom te toets en hom sy eie hart te laat ken.32
Die ander verhale oor Hiskia en sy troue optrede is opgeteken in Die Gesig van die Profeet Jesaja seun van Amos en in Die Boek van die Konings van Juda en Israel.33 Hiskia is oorlede, en hy is begrawe teen die skuinste waar die grafte van die nakomelinge van Dawid is. Die hele Juda en die inwoners van Jerusalem het aan hom eer bewys met sy dood. Sy seun Manasse het hom as koning opgevolg.
1
Manasse was twaalf toe hy koning geword het en het vyf en vyftig jaar in Jerusalem geregeer.2 Hy het gedoen wat verkeerd is in die oë van die Here en het die afskuwelike optrede van die heidennasies nagevolg wat deur die Here verdryf is om vir die Israeliete plek te maak.
3 Hy het die hoogtes wat deur Hiskia, sy pa, verwoes is, weer opgebou, altare vir die Baäls opgerig, gewyde pale gemaak, voor al die hemelliggame gebuig en hulle gedien.
4 Hy het selfs afgodsaltare gebou in die huis van die Here, die plek waarvan die Here gesê het: “My Naam sal altyd in Jerusalem wees.”
5
In die twee voorhowe van die huis van die Here het hy altare vir al die hemelliggame gebou.6 Hy het sy eie seuns in die Ben-Hinnomdal as offers verbrand, hom besig gehou met goëlery, waarsêery en toordery, en meegedoen aan die oproep en raadpleging van geeste.
Hy het gruwelik verkeerd gedoen in die oë van die Here en Hom uitgetart.7 Die afgodsbeeld wat hy laat maak het, het hy opgestel binne-in die tempel, die plek waarvan God vir Dawid en sy seun Salomo gesê het: “In hierdie huis en in Jerusalem wat Ek onder al die Israelitiese stamme uitgekies het, vestig Ek my Naam vir altyd.
8 As Israel alles doen wat Ek hulle beveel het, in ooreenstemming met die hele wet en die voorskrifte en bepalings wat deur bemiddeling van Moses gegee is, sal Ek hulle voete stewig geplant hou op die grond wat Ek aan hulle voorvaders toegeken het.”
9
Maar Manasse het Juda en die inwoners van Jerusalem die verkeerde pad laat loop, sodat hulle erger aangegaan het as die nasies wat deur die Here uitgeroei is om vir Israel plek te maak.10
Die Here het Manasse en sy volk aangespreek, maar hulle het daar geen ag op geslaan nie.11 Toe het die Here die leëraanvoerders van die koning van Assirië laat kom, en hulle het Manasse gevange geneem, hake deur sy neus gesteek, hom geboei met bronskettings en hom na Babel toe gevat.
12 Toe dit met hom so sleg gaan, het hy die Here sy God om genade gesmeek, groot berou getoon voor die God van sy voorvaders,
13 en gebid. Die Here was hom genadig en het sy smeekbede verhoor en hom laat terugkom na Jerusalem, na sy koningskap toe. Toe het Manasse geweet dat die Here God is.
14
Manasse het later die buitemuur van die Dawidstad wes van die Gihon, in die dal, by die ingang van die Vispoort en rondom die Ofel herbou. Hy het die muur baie hoër gemaak as wat dit was. In al die vestingstede van Juda het hy bevelvoerders geplaas.15
Verder het hy die vreemde gode en die afgodsbeeld uit die huis van die Here verwyder en buitekant die stad weggegooi, en so ook al die altare wat hy op die tempelberg en in Jerusalem gebou het.16
Hy het die altaar van die Here herstel en daarop maaltyd- en dankoffers gebring. Hy het opdrag gegee dat Juda die Here die God van Israel moet dien.17 Die volk het wel nog op die hoogtes offerandes gebring, maar nou vir die Here hulle God.
18
Die ander verhale oor Manasse, sy gebed tot sy God en die verhale oor die sieners wat hom aangespreek het in die Naam van die Here die God van Israel, staan in Die Verhale van die Konings van Israel.19 Sy gebed en die verhoring daarvan, al sy sonde en sy selfverheffing, en die plekke waar hy hoogtes gebou het en gewyde pale en afgodsbeelde opgerig het voordat hy berou gekry het, staan opgeteken in Die Verhale van die Sieners.
20 Manasse is oorlede, en hy is begrawe in sy huis. Sy seun Amon het hom as koning opgevolg.
21
Amon was twee en twintig toe hy koning geword het en het twee jaar in Jerusalem geregeer.22 Hy het gedoen wat verkeerd is in die oë van die Here, net soos Manasse, sy pa, gedoen het. Vir al die beelde wat Manasse, sy pa, gemaak het, het Amon offerandes gebring. Hy het hulle gedien
23 en nie voor die Here berou getoon soos sy pa nie. Hy het nog meer misdade teen God begaan.
24 Sy amptenare het 'n sameswering teen hom gesmee en hom in sy paleis doodgemaak.
25 Daarna het die burgers van die land die samesweerders almal doodgemaak en Amon se seun Josia in sy plek koning gemaak.
1
Josia was ag toe hy koning geword het en het een en dertig jaar in Jerusalem geregeer.2 Hy het gedoen wat reg is in die oë van die Here. Hy het die pad van sy voorvader Dawid geloop en daar nie links of regs van afgewyk nie.
3
In die agste jaar van sy regering, toe hy nog 'n jong man was, het hy begin om die God van sy voorvader Dawid te dien, en in die twaalfde jaar het hy begin om Juda en Jerusalem te suiwer van hoogtes, gewyde pale, gesnede en gegote beelde.4 Hy het persoonlik toegesien dat die altare van die Baäls verwoes word en het die wierookaltare wat bokant die Baälsaltare gestaan het, laat stukkend slaan. Die gewyde pale en die gesnede en gegote beelde het hy stukkend gebreek, fyngemaal en oor die grafte van dié wat vir hulle offerandes gebring het, gestrooi.
5 Die bene van die afgodspriesters het hy op hulle eie altare laat verbrand. So het hy Juda en Jerusalem skoongemaak,
6 en ook die stede van Manasse, Efraim en Simeon, tot by Naftali, en ook die ruïnes van die omgewing.
7 Hy het dwarsoor die gebied van Israel altare afgebreek, gewyde pale en beelde in stukkies gekap en al die wierookaltare stukkend gebreek. Daarna is hy terug Jerusalem toe.
8
In die agtiende jaar van sy regering, toe hy nog besig was om die land en die tempel skoon te maak, het Josia vir Safan seun van Asalja, die stadsbevelvoerder Maäseja en die hoof uitvoerende beampte Joag seun van Joahas gestuur om die huis van die Here sy God te herstel.9 Hulle het die geld wat deur die Levitiese drumpelwagte vir die tempel ingesamel is in Manasse en Efraim en oral in Israel, Juda en Benjamin en by die inwoners van Jerusalem, aan die hoëpriester Gilkija gaan oorhandig.
10 Die geld is toe gegee aan die mense wat vir die werk aan die tempel moes sorg en dié het dit gebruik vir die heropbou en herstel van die gebou.
11 Hulle het die geld vir die vakmanne en bouwerkers gegee om gekapte klip en balke te koop en die vertrekke wat onder die konings van Juda in verval geraak het, weer op te bou.
12 Die manne het die werk met groot sorg uitgevoer. Die opsigters oor hulle was die Leviete Jagat en Obadja uit die Merarigroep, en Sagaria en Mesullam uit die Kehatgroep. Die Leviete was mense wat almal bedrewe was in die speel van musiekinstrumente,
13 maar hulle het ook toesig gehou oor die draers en het leiding gegee aan elkeen wat 'n taak moes uitvoer, in watter soort werk ook al. Ook die administratiewe amptenare, die regsbeamptes en die poortwagte was Leviete.
14
Terwyl hulle die geld wat vir die huis van die Here ingebring is, uitgehaal het, het die priester Gilkija die boek gekry met die wet van die Here wat deur bemiddeling van Moses aan Israel gegee is.15 Gilkija het toe vir die staatsekretaris Safan gesê: “Ek het die wetboek in die tempel gekry.”
Hy het die wetboek aan Safan oorhandig,16 en Safan het dit na die koning toe geneem en ook aan die koning verslag gedoen: “Alles wat aan u amptenare opgedra is, is gedoen;
17 die geld wat in die tempel beskikbaar was, is uitgetel en oorhandig aan die opsigters en aan die mense wat die werk moet uitvoer.”
18
Die staatsekretaris Safan het ook aan die koning die mededeling gedoen: “Die priester Gilkija het my 'n boek gegee,” en Safan het vir die koning gelees wat daarin staan.19
Toe die koning hoor wat die wet sê, het hy sy klere geskeur20 en opdrag gegee aan Gilkija, aan Agikam seun van Safan, aan Akbor seun van Miga, aan die staatsekretaris Safan en aan Asaja, die hoofamptenaar van die koning:
21 “Gaan raadpleeg die Here namens my en namens almal wat nog oor is van Israel en Juda. Raadpleeg Hom oor die inhoud van die boek wat gekry is. Ons voorvaders was ongehoorsaam aan die woord van die Here en het nie gehandel in ooreenstemming met alles wat in hierdie boek staan nie. Daarom is die toorn van die Here wat op ons uitgestort gaan word, groot.”
22
Gilkija en die manne van die koning is toe na die profetes Gulda toe. Sy was die vrou van die klerebewaarder Sallum seun van Tikwa, seun van Gasra, en het in die nuwe deel van Jerusalem gewoon. Hulle het haar vertel waarom hulle gekom het,23 en sy het geantwoord: “Ek het 'n boodskap van die Here die God van Israel. Sê vir die man wat julle na my toe gestuur het:
24 So sê die Here: Ek bring onheil oor hierdie plek en oor sy inwoners, die volle straf soos dit opgeteken staan in die boek wat aan die koning van Juda voorgelees is,
25 want hulle het My verlaat. Hulle het offerandes gebring vir ander gode en My uitgetart met allerhande maaksels van hulle eie hande. My toorn word op hierdie plek uitgestort, die vlam van my toorn sal nie geblus word nie.
26 [26-27] Maar sê vir die koning van Juda wat vir julle gestuur het om die Here te raadpleeg: So sê die Here die God van Israel: Ek het daarop ag geslaan dat jy in jou hart geraak is deur die woorde wat jy gehoor het en dat jy berou getoon het voor God toe jy hoor wat Hy sê oor hierdie plek en sy inwoners, en dat jy jou klere geskeur het en gehuil het en voor My berou getoon het, sê die Here.
27
28 Ek sal jou in vrede laat sterwe en in jou graf laat ingaan; jy sal niks van al die onheil wat Ek oor hierdie plek en sy inwoners bring, self beleef nie.”
Die afvaardiging het so aan die koning gerapporteer,29 en hy het al die leiers van Juda en Jerusalem bymekaar laat kom.
30 Daarna is die koning na die huis van die Here toe met al die mense van Juda by hom en ook die inwoners van Jerusalem, die priesters en die Leviete, al die mense, groot en klein. Daar het hy alles aan hulle voorgelees wat in die boek van die verbond gestaan het wat in die huis van die Here gevind is.
31 Toe het die koning op sy plek gaan staan en 'n verbond met die Here gesluit en beloof om die Here te volg en sy gebooie, verordeninge en voorskrifte met sy hele hart en siel te gehoorsaam en om die bepalings van die verbond soos dit in hierdie boek vasgelê is, na te kom.
32 Hy het almal wat in Jerusalem en Benjamin was, in die verbond ingesluit. Die inwoners van Jerusalem het gedoen wat die verbond van God, die God van hulle voorvaders, vereis.
33 Josia het alles wat vir God afskuwelik is, verwyder uit die hele Israelitiese gebied en almal in Israel verplig om die Here hulle God te dien. So lank hy geleef het, het hulle nie weggedraai van die Here, die God van hulle voorvaders, af nie.
1
Josia het die paasfees van die Here in Jerusalem gevier. Hulle het die paaslam geslag op die veertiende van die eerste maand.2
Die koning het aan die priesters hulle diensbeurte toegewys en hulle moed ingepraat vir die tempeldiens.3 Daarna het hy die Leviete wat vir die onderrig van die hele Israel verantwoordelik was en aan die Here gewy was, beveel: “Sit die heilige ark in die tempel wat koning Salomo van Israel, seun van Dawid, gebou het. Julle hoef dit nie meer op die skouers te dra nie. Doen nou julle werk vir die Here julle God en vir sy volk Israel.
4 Orden julleself familiegewys volgens afdelings soos dit bepaal is in die handleidings van koning Dawid van Israel en sy seun Salomo.
5 Neem dan julle plek in die heiligdom in: vir elke familiegroep van julle volksgenote moet daar 'n familieafdeling Leviete wees.
6 Slag die paaslam, reinig julle, en berei julle volksgenote voor om uitvoering te gee aan die opdrag van die Here wat deur bemiddeling van Moses aan Israel gegee is.”
7
Josia het self die kleinvee, die skaaplammers en boklammers, dertig duisend stuks, vir die lede van die volk voorsien, die paasoffers vir almal wat daar was, en ook nog drie duisend beeste. Dit het gekom uit die persoonlike besit van die koning.8 Sy amptenare het vrywillig voorsiening help maak vir die volk, die priesters en die Leviete. Gilkija, Sagaria en Jegiël, die hoofde van die tempel, het as paasoffers vir die priesters twee duisend ses honderd lammers en drie honderd beeste geskenk.
9 Kenanja en sy ampsgenote Semaja en Netanel, en Gasabja, Jeïel en Josabad, die leiers van die Leviete, het as paasoffers vir die Leviete vyf duisend lammers en vyf honderd beeste geskenk.
10
Toe die diens gereël is, die priesters op hulle plekke staan en die Leviete in hulle afdelings soos die koning beveel het,11 is die paaslam geslag. Die priesters het die bloed gesprinkel wat vir hulle gegee is, en die Leviete het geslag.
12
Die brandoffers is eenkant gehou om aan die familiegroepe uit die volk te gee sodat hulle dit kon offer aan die Here soos die boek van Moses dit voorskryf. Dit is ook met die beeste gedoen.13 Die paaslammers is volgens voorskrif oor die vuur gebraai, maar die gewyde offergawes is in potte, kastrolle en skottels gekook en vinnig vir die lede van die volk geneem.
14 Daarna het die Leviete vir hulleself en die priesters vleis gaargemaak, want die priesters uit die nageslag van Aäron was tot die nag toe besig om die brandoffers en die vetgedeeltes as offers te verbrand. Die Leviete moes dus vir hulleself en vir die Aäronitiese priesters vleis gaarmaak.
15
Die sangers van die Asafgroep was op hulle pos volgens die voorskrif van Dawid, en ook Asaf self, Heman en Jedutun, die siener van die koning. Die poortwagte was elkeen by die poort waar hy moes wees. Hulle het nie nodig gehad om hulle poste te verlaat nie, want hulle ampsgenote, die Leviete, het vir hulle gesorg.16
So het die diens van die Here daardie dag verloop. Die paasfees is gevier en die brandoffers op die altaar van die Here gebring soos koning Josia beveel het.17
Die Israeliete wat daar was, het destyds die paasfees gevier en die sewedaagse fees van die ongesuurde brood.18 Van die tyd van die profeet Samuel af is daar nie so 'n groot paasfees in Israel gevier nie. Nie een van die konings van Israel het so paasfees gevier soos Josia, die priesters en die Leviete, die hele Juda, die Israeliete wat daar was, en die inwoners van Jerusalem dit gevier het nie.
19 Dié paasfees is gevier in die agtiende regeringsjaar van koning Josia.
20
Alles wat Josia aan die tempel laat doen het, was afgehandel. Toe het koning Neko van Egipte opgetrek om in Karkemis, aan die Eufraat, te gaan oorlog maak. Josia het teen hom opgetrek,21 en Neko het met boodskappers vir hom laat weet: “Ons het niks teen mekaar nie, koning van Juda! My veldtog is dié keer nie teen jou nie, maar teen 'n vyand. God het gesê ek moet gou maak. Moenie in God se pad kom nie. Hy is by my en Hy sal jou vernietig.”
22
Josia het Neko egter nie met rus gelaat nie. Hy het hom vermom met die oog op die geveg en nie geluister na wat Neko op bevel van God self gesê het nie. Hy het vir Neko in die Megiddovlakte gaan aanval.23 Die boogskutters het koning Josia raakgeskiet, en hy het vir sy lyfwagte gesê: “Bring my uit, ek is swaar gewond.”
24 Hulle het hom van die strydwa afgehaal, hom op 'n ander wa gesit en hom na Jerusalem toe gebring.
Hy is oorlede, en hy is begrawe in die familiegraf. Die hele Juda en Jerusalem het oor Josia getreur.25 Jeremia het 'n treurlied oor Josia gedig, en al die sangers en sangeresse het oor Josia gesing in hulle treurliedere. Dit word nou nog gedoen, dit het 'n gebruik in Israel geword. Die liedere is opgeteken in Die Treurliedere.
26
Die ander verhale oor Josia, sy dade van trou in ooreenstemming met wat in die wet van die Here geskryf staan,27 die verhale van vroeër en dié van later, is opgeteken in Die Boek van die Konings van Israel en Juda.
1
Die burgers van die land het Josia se seun Joahas geneem en hom koning in Jerusalem gemaak in sy pa se plek.2 Joahas was drie en twintig toe hy koning geword het en het drie maande in Jerusalem geregeer.
3
Die koning van Egipte het vir Joahas afgesit as koning in Jerusalem en die land beboet met drie en 'n halwe ton silwer en vier en dertig kilogram goud.4 Daarna het die Egiptiese koning vir Eljakim, Joahas se broer, koning gemaak oor Juda en Jerusalem, en sy naam verander na Jojakim. Neko het vir Joahas, Jojakim se broer, saamgevat Egipte toe.
5
Jojakim was vyf en twintig toe hy koning geword het en het elf jaar in Jerusalem geregeer. Hy het gedoen wat verkeerd is in die oë van die Here sy God.6
Koning Nebukadnesar van Babel het vir Jojakim aangeval en hom geboei met bronskettings om hom na Babel toe te vat.7 Nebukadnesar het van die goed in die huis van die Here ook na Babel toe gevat en dit in sy tempel in Babel gesit.
8
Die ander verhale oor Jojakim, die afskuwelike dinge wat hy gedoen het en wat met hom gebeur het, is opgeteken in Die Boek van die Konings van Israel en Juda. Sy seun Jojagin het hom as koning opgevolg.9
Jojagin was agtien jaar toe hy koning geword het en het drie maande en tien dae in Jerusalem geregeer. Hy het gedoen wat verkeerd is in die oë van die Here.10 Met die wisseling van die jaar het koning Nebukadnesar hom na Babel toe laat haal saam met die kosbare goed in die huis van die Here, en sy broer Sedekia koning oor Juda in Jerusalem gemaak.
11
Sedekia was een en twintig toe hy koning geword het en het elf jaar in Jerusalem geregeer.12 Hy het gedoen wat verkeerd is in die oë van die Here sy God. Hy het nie berou getoon toe die profeet Jeremia hom op bevel van die Here aangespreek het nie.
13 Ook teen koning Nebukadnesar, aan wie hy voor God trou gesweer het, het hy hom verset. Hy was koppig en onversetlik in sy weiering om hom tot die Here die God van Israel te bekeer.
14
Al die leiers van die priesters en die volk het ook weer in groot troueloosheid verval na die voorbeeld van die afskuwelike optrede van die heidennasies, en hulle het die huis van die Here wat Hy in Jerusalem geheilig het, ontwy.15
Die Here die God van hulle voorvaders het voortdurend aan hulle sy wil bekend gemaak deur middel van sy boodskappers, want Hy was begaan oor sy volk en sy woning,16 maar hulle het die boodskappers van God uitgelag, sy woorde geminag en sy profete gespot totdat die toorn van die Here oor sy volk losgebreek het. Die straf was onherroeplik.
17
Die Here het die koning van die Galdeërs teen hulle laat optrek, en dié het die jongmanne van Juda doodgemaak binne in die heiligdom en nie jongman of meisie, grysaard of invalide ontsien nie. Die Here het almal in die mag van die koning van Babel gegee.18 Alles wat in die tempel was, of dit groot was of klein, die skatte van die huis van die Here, van die koning en sy amptenare, alles het hy na Babel toe gevat.
19
Daarna het hulle die tempel afgebrand, die muur van Jerusalem afgebreek, al die beste huise afgebrand en alles wat van waarde was, verwoes.20
Almal wat nie doodgemaak is nie, is na Babel toe weggevoer, waar hulle die koning van Babel en sy seuns se onderdane was totdat die Perse die bewind oorgeneem het.21
So is die woord van die Here vervul wat deur middel van Jeremia gekom het. Die ballingskap het aangehou totdat die land vir sy sabbatsjare vergoed is. Die hele tyd dat die land woes gelê het, het dit 'n sabbatsrus geniet, 'n volle sewentig jaar.22
In die eerste regeringsjaar van koning Kores van Persië is die belofte vervul wat die Here by monde van Jeremia gegee het: die Here het dit bewerk dat koning Kores van Persië besluit het om dwarsoor sy ryk 'n proklamasie te laat afkondig. Die proklamasie, wat ook skriftelik was, het soos volg gelui:23 “Koning Kores van Persië maak bekend: Die Here, die God van die hemel, het al die koninkryke van die aarde aan my gegee. Hy het my beveel om vir Hom 'n tempel in Jerusalem in Juda te bou. Enigeen onder julle wat aan sy volk behoort, kan teruggaan, en mag die Here sy God by hom wees.”