1
Adam, Set, Enos,2 Kenan, Mahalalel, Jered,
3 Henog, Metusalag, Lameg,
4 Noag.
Noag se seuns was Sem, Gam en Jafet.5
Die geslag van Jafet: Gomer, Magog, die Mediërs, die Grieke, Tubal, Mesek en Tiras.6 Die nageslag van Gomer: Askenas, Rifat en Togarma.
7 Uit Griekeland het Elisa, Tarsis, die Kittiërs en die Rodaners voortgekom.
8
Die nageslag van Gam: Kus, Egipte, Put en Kanaän.9 Die nageslag van Kus: Seba, Gawila, Sabta, Rama en Sabteka. Die nageslag van Rama: Skeba en Dedan.
10 Uit Kus het Nimrod gekom, die eerste maghebber op die aarde.
11 Uit Egipte het gekom die Ludeërs, Anammers, Lehabeërs, Naftoagiete,
12 Patrosane en die Kaslugiete uit wie die Filistyne kom, en die Kaftorane.
13 Uit Kanaän het gekom Sidon wat as sy oudste seun geld, en verder Het,
14 die Jebusiete, Amoriete, Girgasiete,
15 Hewiete, Erekiete, Siniete,
16 Arwadters, Semariërs en die mense van Hamat.
17
Die nageslag van Sem: Elam, Assirië, Arpaksad, Lud, Aram, Us, Gul, Geter en Mesek.18 Uit Arpaksad het Selag gekom, en uit Selag Heber.
19 Vir Heber is twee seuns gebore. Die naam van die een was Peleg , want in sy tyd is die land verdeel, en die naam van sy broer was Joktan.
20 Uit Joktan het gekom Almodad, Selef, Gasarmawet, Jerag,
21 Hadoram, Usal, Dikla,
22 Obal, Abimael, Skeba,
23 Ofir, Gawila en Jobab. Hulle almal het uit Joktan voortgekom.
24
Sem, Arpaksad, Selag,25 Heber, Peleg, Reü,
26 Serug, Nahor, Tera en
27 Abram, later Abraham genoem.
28
Die seuns van Abraham was Isak en Ismael.29 Die oudste, Ismael, se nakomelinge was Nebajot, Kedar, Adbeël, Mibsam,
30 Misma, Duma, Massa, Gadad, Tema,
31 Jetur, Nafis en Kedma. Hulle was die seuns van Ismael.
32 Die seuns van Ketura, Abraham se byvrou: sy was die moeder van Simran, Joksan, Medan, Midian, Jisbak en Suag. Die seuns van Joksan was Skeba en Dedan,
33 en die seuns van Midian was Efa, Efer, Ganok, Abida en Eldaä. Hulle het almal uit Ketura voortgekom.
34
Abraham was ook die vader van Isak. Die seuns van Isak was Esau en Israel.35 Die seuns van Esau was Elifas, Reüel, Jeüs, Jalam en Korag.
36 Die seuns van Elifas was Teman, Omar, Sefo, Gatam, Kenas, Timna en Amalek.
37 Die seuns van Reüel was Nagat, Serag, Samma en Missa.
38 Die seuns van Seïr was Lotan, Sobal, Sibon, Ana, Dison, Eser en Disan.
39 Die seuns van Lotan was Gori en Hemam. Timna was Lotan se suster.
40 Die seuns van Sobal was Alwan, Managat, Ebal, Sefi en Onam. Die seuns van Sibon was Aja en Ana.
41 Die seun van Ana was Disan. Die seuns van Disan was Gemdan, Esban, Jitran en Keran.
42 Die seuns van Eser was Bilhan, Saäwan en Akan. Die seuns van Dison was Us en Aran.
43
Hier volg nou die name van die konings wat in Edom geregeer het voordat konings oor die Israeliete geregeer het: eers Bela seun van Beor. Sy stad se naam was Dinhaba.44 Na Bela se dood het Jobab seun van Serag, uit Bosra, hom as koning opgevolg.
45 Na Jobab se dood is hy as koning opgevolg deur Gusam, uit die land van die Temaniete.
46 Na Gusam se dood is hy as koning opgevolg deur Hadad seun van Bedad, wat vir Midian in die gebied van Moab verslaan het. Sy stad se naam was Awit.
47 Na Hadad se dood is hy as koning opgevolg deur Samla van Masreka.
48 Na Samla se dood is hy as koning opgevolg deur Saul van Regobot-aan-die-Rivier.
49 Na Saul se dood is hy as koning opgevolg deur Baäl-Ganan seun van Akbor.
50 Na Baäl-Ganan se dood is hy as koning opgevolg deur Hadar. Die naam van sy stad was Paü, en sy vrou se naam was Mehetabel dogter van Matred, dogter van Me-Sahab.
51
Na Hadar se dood was daar egter stamhoofde aan die bewind in Edom: Timna, Alwa, Jetet,52 Oholibama, Ela, Pinon,
53 Kenas, Teman, Mibsar,
54 Magdiël en Iram. Hulle was die stamhoofde van Edom.
1
Hier volg die name van die seuns van Israel: Ruben, Simeon, Levi, Juda, Issaskar, Sebulon,2 Dan, Josef, Benjamin, Naftali, Gad en Aser.
3
Die seuns van Juda was Er, Onan en Sela, die drie wat vir hom gebore is uit sy Kanaänitiese vrou Bat-Sua. Er, Juda se oudste seun, het die Here mishaag en Hy het hom laat sterwe.4 Juda se skoondogter Tamar het vir hom Peres en Serag in die wêreld gebring. Hy het dus altesaam vyf seuns gehad.
5
Die seuns van Peres was Gesron en Gamul,6 en die seuns van Serag was Simri, Etan, Heman, Kalkol en Darda, vyf altesaam.
7
Die seun van Karmi was Akan wat hom aangematig het om te vat wat aan die Here gewy was en so die dood oor Israel gebring het.8 Die seun van Etan was Asarja.
9
Die seuns wat vir Gesron gebore is, was Jeragmeël, Ram en Kaleb.10 Ram was die vader van Amminadab, en Amminadab was die vader van Nagson, die heerser oor die Judeërs.
11 Nagson was die vader van Salmon, Salmon die vader van Boas,
12 Boas die vader van Obed, en Obed die vader van Isai.
13 Isai was die vader van Eliab sy oudste, Abinadab sy tweede seun, Samma sy derde,
14 Netanel sy vierde, Raddai sy vyfde,
15 Osem sy sesde en Dawid sy sewende seun.
16
Hulle susters was Seruja en Abigal. Seruja se drie seuns was Abisai, Joab en Asael.17 Abigal was Amasa se ma en sy pa was Jeter die Ismaeliet.
18
Gesron se seun Kaleb was die pa van 'n dogter, Jeriot, by sy eerste vrou, Asuba. Jeser, Sobab en Ardon was ook haar seuns.19 Na Asuba se dood het Kaleb met Efrata getrou, en sy het vir hom Gur in die wêreld gebring.
20 Gur was die vader van Uri, en Uri van Besaleël.
21 Later het Gesron met 'n dogter van Makir, voorvader van Gilead, getrou. Gesron was toe sestig jaar oud, en sy vrou het Segub vir hom in die wêreld gebring.
22 Segub was die vader van Jaïr, wat drie en twintig dorpe in Gilead besit het.
23 Gesur en Aram het die tentdorpe van Jaïr verower saam met Kenat en sy buitedorpe, sestig dorpe in totaal. Hulle was almal seuns van Makir, vader van Gilead.
24 Na Gesron se dood het Kaleb gemeenskap gehad met Efrata, 'n vrou van sy vader Gesron, en sy het vir hom Asgur, die vader van Tekoa, in die wêreld gebring.
25
Die oudste seun van Gesron, Jeragmeël, se seuns by Agija was Ram, die oudste, en verder Buna, Oren en Osem.26 Jeragmeël het nog 'n vrou gehad. Haar naam was Atara, en sy was die ma van Onam.
27
Ram, die oudste seun van Jeragmeël, se seuns was Maäs, Jamin en Eker.28 Onam se seuns was Sammai en Jada, en Sammai se seuns was Nadab en Abisur.
29 Die naam van Abisur se vrou was Abihajil, en sy het vir hom Agban en Molid in die wêreld gebring.
30 Die seuns van Nadab was Seled en Appajim, maar Seled het kinderloos gesterf.
31 Appajim het 'n seun Jisi gehad. Jisi se seun was Sesan, en Sesan was die vader van Aglai.
32
Jada se seuns was Agi, Sammai, Jeter en Jonatan. Jeter het kinderloos gesterf.33 Jonatan se seuns was Pelet en Sasa. Hierdie mense was almal nakomelinge van Jeragmeël.
34
Sesan het nie seuns gehad nie, net dogters. Hy het 'n Egiptiese slaaf met die naam Jarga gehad,35 en hy het toe 'n dogter van hom met sy slaaf Jarga laat trou. Sy het vir Jarga 'n seun Attai in die wêreld gebring.
36 Attai was die vader van Natan, Natan die vader van Sabad,
37 Sabad van Eflal, Eflal van Obed,
38 Obed van Jehu, en Jehu die vader van Asarja.
39 Asarja was die vader van Geles, Geles van Elasa,
40 Elasa van Sismai, Sismai van Sallum,
41 Sallum van Jekamja en Jekamja die vader van Elisama.
42
Die geslag van Kaleb, Jeragmeël se broer, was soos volg: Mesa, sy oudste seun, was die vader van Sif, terwyl die seun van Maresa die vader van Hebron was.43 Die seuns van Hebron was Korag, Tappuag, Rekem en Sema.
44 Sema was die vader van Ragam, vader van Jorkoam. Rekem was die vader van Sammai.
45 Sammai het 'n seun Maon gehad, en Maon was die vader van Bet-Sur.
46 Kaleb se byvrou Efa het vir Garan, Mosa en Gases in die wêreld gebring. Garan was die vader van Gases.
47 Die seuns van Jodai was Regem, Jotam, Gesan, Pelet, Efa en Saäf.
48 Nog 'n byvrou van Kaleb, Maäka, het vir Seber en Tirgana in die wêreld gebring.
49 Sy het ook vir Saäf, vader van Madmanna, en vir Sewa, vader van Makbena en Giba, in die wêreld gebring. Aksa was 'n dogter van Kaleb.
50 Dit dan was Kaleb se nakomelinge.
Die seuns van Gur, die oudste seun van Efrata, was Sobal vader van Kirjat-Jearim,51 Salma vader van Betlehem, en Garef vader van Bet-Gader.
52 Uit Sobal vader van Kirjat-Jearim het gekom: Reaja, die helfte van Managat se mense,
53 en die volgende geslagte van Kirjat-Jearim: die Jitreërs, Puteërs, Sumaners en Misraners. Uit hulle het die Soraners en Estaolers voortgekom.
54 [54-55] Betlehem, die Netofaners, Atrot-Bet-Joab, die ander helfte van Managat se mense, die Soreërs, en die skrywersgeslagte wat in Jabes woon, naamlik die Tirateërs, Simateërs en Sukateërs, was nakomelinge van Salma. Hulle is die Keniete wat van Gammat vader van Bet-Rekab afstam.
1
Die volgende was Dawid se seuns wat in Hebron vir hom gebore is: die oudste was Amnon uit die Jisreëlitiese vrou Aginoam; die tweede Daniël uit die Karmelitiese vrou Abigajil;2 die derde, Absalom, was 'n seun van Maäka dogter van koning Talmai van Gesur; die vierde, Adonia, was 'n seun van Gaggit;
3 die vyfde, Sefatja, se ma was Abital; en die sesde, Jitream, was die seun van Dawid se vrou Egla.
4 Dié ses is vir hom in Hebron gebore, waar hy sewe jaar en ses maande lank koning was. In Jerusalem was hy drie en dertig jaar lank koning.
5 Die volgende seuns is vir hom in Jerusalem gebore: Sima, Sobab, Natan en Salomo, al vier seuns van Batseba dogter van Ammiël,
6 en verder die nege seuns Jibgar, Elisua, Elpelet,
7 Noga, Nefeg, Jafia,
8 Elisama, Eljada en Elifelet.
9 Behalwe die seuns van die byvroue was dit al Dawid se seuns, maar hulle het 'n suster ook gehad: Tamar.
10
Die seun van Salomo was Rehabeam, en die geslag loop dan oor Abia, Asa, Josafat,11 Joram, Ahasia, Joas,
12 Amasia, Asarja, Jotam,
13 Agas, Hiskia, Manasse
14 en Amon tot by Josia.
15 Josia se seuns was: Joganan, die oudste, die tweede oudste Jojakim, die derde Sedekia en die vierde Sallum.
16 Die seuns van Jojakim was Jojagin en Sedekia.
17 Die seuns van die balling Jojagin was Sealtiël,
18 Malkiram, Pedaja, Senassar, Jekamja, Hosama en Nedabja.
19 Die seuns van Pedaja was Serubbabel en Simi. Die seuns van Serubbabel was Mesullam en Gananja wat 'n suster Selomit gehad het,
20 en verder die vyf seuns Gasuba, Ohel, Berekja, Gasadja en Jusab-Gesed.
21 Gananja se seuns was Pelatja en Jesaja, en die seuns van Refaja was Arnan, Obadja en Sekanja.
22 Die ses seuns van Sekanja was Semaja, Gattus, Jigal, Bariag, Nearja en Safat.
23 Nearja het drie seuns gehad: Eljoënai, Hiskia en Asrikam.
24 Eljoënai se sewe seuns was Hodauja, Eljasib, Pelaja, Akkub, Joganan, Delaja en Anani.
1
Die seuns van Juda was: Peres, Gesron, Karmi, Gur en Sobal.2 Sobal se seun Reaja was die vader van Jagat, en Jagat die vader van Agumai en Lahad. Hulle is die Soranergeslagte.
3 Die seuns van Etam was Jisreël, Jisma en Jidbas. Die naam van hulle suster was Selelponi.
4 Penuel was die vader van Gedor, en Eser die vader van Gusa. Hulle het voortgekom uit Gur, die oudste seun van Efrata, vader van Betlehem.
5 Asgur, vader van Tekoa, het twee vrouens gehad, Gela en Naära.
6 Naära het vir hom Agussam, Gefer, Temni en Agastari in die wêreld gebring. Hulle was die seuns van Naära.
7 Gela se seuns was Seret, Sogar en Etnan.
8 Kos was die voorvader van Anub en Sobeba en van die geslagte van Agargel seun van Harum.
9 Jabes het voorrang geniet bo sy broers. Toe sy ma hom die naam Jabes gegee het, het sy gesê: “Ek het hom met smart in die wêreld gebring.”
10
Jabes het die God van Israel aangeroep met die woorde: “Stort u seën oor my uit, vergroot my grondgebied, neem my onder u beskerming en weerhou onheil van my sodat geen smart my tref nie.” God het laat gebeur wat hy gevra het.11
Kelub broer van Suga was die vader van Megir. Dié was die vader van Eston.12 Eston was die vader van Bet-Rafa, Paseag en Teginna vader van Ir-Nagas. Hulle is die mense van Reka.
13
Die seuns van Kenas was Otniël en Seraja, en die seuns van Otniël was Gatat14 en Meonotai, wat die vader was van Ofra. Seraja was die vader van Joab, stigter van Vakmansdal; hulle was vakmanne.
15 Die seuns van Kaleb seun van Jefunne was Iru, Ela en Naäm. Die seun van Ela was Kenas.
16 Die seuns van Jehallelel was Sif, Sifa, Tireja en Asarel.
17 Die seuns van Esra was Jeter, Mered, Efer en Jalon. Mered was die vader van Mirjam, Sammai en Jisbag vader van Estemoa.
18 Mered se Judese vrou was die moeder van Jered vader van Gedor, Geber vader van Soko, en Jekutiël vader van Sanoag. Die ander was seuns van Bitja, 'n farao se dogter met wie Mered getroud was.
19 Hodija se vrou was 'n suster van Nagam vader van Keïla. Haar seuns was Garmi en Estemoa van Maäka.
20 Die seuns van Simon was Amnon en Rinna, die seun van Ganan was Tilon en die seun van Jisi was Soget. Soget het ook 'n seun gehad.
21 Uit die geslag van Sela seun van Juda was daar Er vader van Leka, en Lada vader van Maresa, en die linnewerkersgildes van Bet-Asbea.
22 Verder was daar nog Jokim en die mense van Koseba, asook Joas en Saraf wat in Moab gesag gevoer het, en Jasubi-Legem. Hierdie lyste kom uit 'n ou oorlewering.
23 Hierdie mense was die pottebakkers wat in Netaïm en Gedera by die koning gewoon het. Hulle het daar gewoon omdat hulle in sy diens was.
24
Die seuns van Simeon was Jemuel, Jamin, Jarib, Serag en Saul.25 Saul se seun was Sallum, dié se seun Mibsam, dié se seun Misma.
26 Die seun van Misma was Gammuel, dié se seun Sakkur, dié se seun Simi.
27 Simi het sestien seuns en ses dogters gehad, maar sy broers het nie baie kinders gehad nie, en al hulle geslagte saam was daarom nie soveel as dié van die Judeërs nie.
28 Hulle het gewoon in Berseba, Molada, Gasar-Sual,
29 Baäla, Esem, Eltolad,
30 Betuel, Gorma, Siklag,
31 Bet-Markabot, Gasar-Susim, Bet-Biri en Saärajim. Dit was hulle stede totdat Dawid koning geword het.
32 Hulle buiteposte was Etam, Ajin, Rimmon, Token en Asan, vyf stede.
33 Verder was hulle woonplekke al die buiteposte wat rondom dié stede was, tot by Baäl, en hulle is so in die geslagsregister opgeneem.
34
Mesobab, Jamlek, Josa seun van Amasia,35 Joël, Jehu seun van Josibja, seun van Seraja, seun van Asiël,
36 Eljoënai, Jaäkoba, Jesogaja, Asaja, Adiël, Jesimiël, Benaja,
37 Sisa seun van Sifi, seun van Allon, seun van Jedaja, seun van Simri, seun van Semaja,
38 is mense wie se name in die lys opgeneem is. Hulle was heersers oor hulle geslagte, en hulle families was talryk.
39 Hulle het getrek tot by die ingang van Gedor, oos van die laagte, op soek na weiveld vir hulle kleinvee,
40 en hulle het geil en goeie weiveld gekry. Die wêreld was oop na alle kante toe en ook rustig en stil. Mense van Gam het tevore daar gewoon,
41 maar in die tyd van koning Hiskia van Juda het hierdie mense wie se name in die lys opgeneem is, daar ingetrek en die nedersettings van Gam verslaan, asook die Meüniete wat daar te vinde was. Die Simeoniete het hulle heeltemal uitgewis en in hulle plek gaan woon, want daar was weiveld vir die Simeoniete se kleinvee.
42 Verder het van hulle, dit is van die Simeoniete, vyf honderd man na Seïrberg toe getrek. Aan hulle hoof was Pelatja, Nearja, Refaja en Ussiël, seuns van Jisi.
43 Hulle het wat oor was van Amalek, verslaan en woon nou nog daar.
1
Ruben was die oudste seun van Israel, maar omdat hy bloedskande gepleeg het met 'n vrou van sy pa, is sy rang van oudste seun oorgedra op die seuns van Josef seun van Israel, en daarom word Ruben nie as oudste in die geslagsregister opgeneem nie.2 Juda het wel oor sy broers gesag verkry, en uit hom het die koning voortgekom, maar Josef het die rang van oudste seun gehad.
3 Die seuns van Ruben, oudste seun van Israel, was Ganok, Pallu, Gesron en Karmi.
4 Die afstammelinge van Joël was in volgorde: Semaja, Gog, Simi,
5 Miga, Reaja, Baäl
6 en Beëra vir wie koning Tiglat-Pileser van Assirië gevange weggevoer het. Beëra was 'n heerser oor die stam Ruben.
7 Sy broers, soos hulle naas sy geslag volgens afstamming opgeneem is in die lys, was Jeïel, die leier, en verder Sagaria
8 en Bela seun van Asas, seun van Sema, seun van Joël. Hulle het gewoon in Aroër en tot by Nebo en Baäl-Meon.
9 Na die oostekant toe het hulle gewoon tot teen die woestyn aan die Eufraatrivier, want hulle vee het baie geword in Gilead.
10 In Saul se tyd het hulle 'n aanval gemaak op die Hagareërs, hulle verslaan en in hulle nedersettings gaan woon in die hele oostelike deel van Gilead.
11
Teenoor die Rubeniete het die Gadiete in Basan gewoon, tot by Salka.12 Joël was die hoof en Safam die tweede in rang. Verder was daar in Basan ook nog Janai en Safat.
13 Hulle stamgenote volgens hulle families was Migael, Mesullam, Seba, Jorai, Jakan, Sia en Eber, sewe altesaam.
14 Dié was afstammelinge van Abigajil seun van Guri, seun van Jaroag, seun van Gilead, seun van Migael, seun van Jesisai, seun van Jagdo, seun van Bus.
15 Agi seun van Abdiël, seun van Guni, was hulle familiehoof.
16 Hulle het gewoon in Gilead, in Basan en sy voorposte en in al die veegebiede van Saron sover as wat dié gestrek het.
17 Hulle is almal in die register opgeneem in die tyd van koning Jotam van Juda en koning Jerobeam van Israel.
18
Van die Rubeniete, Gadiete en die halwe Manassestam was vier en veertig duisend sewe honderd en sestig weerbare manne, vegsmanne met skild en swaard gewapen, boogskutters en opgeleide vegters.19 Toe hulle die Hagareërs, en vir Jetur, Nafis en Nodab aangeval het,
20 het hulle hulp ontvang en is die Hagareërs en al hulle bondgenote aan hulle onderwerp. Hulle het God in die stryd aangeroep en Hy het hulle verhoor omdat hulle hulle vertroue in Hom gestel het.
21 Aan vee het hulle vyftig duisend kamele gebuit, twee honderd en vyftig duisend stuks kleinvee en twee duisend donkies, en hulle het ook nog honderd duisend gevangenes weggevoer.
22 Daar het bowendien baie mense gesneuwel, want dit was 'n oorlog wat deur God gevoer is. Hulle het toe die verowerde gebied bewoon tot met die ballingskap.
23
Die halwe Manassestam het gewoon in die streek van Basan af tot by Baäl-Hermon en Senir en Hermonberg. Hulle was baie.24 Hulle familiehoofde was die volgende: Efer, Jisi, Eliël, Asriël, Jeremia, Hodauja en Jagdiël, almal vermoënde en gesiene manne wat leiers van hulle families was.
25
Maar hierdie stamme was ontrou aan die God van hulle voorvaders en het oorgeloop na die gode van die landsbevolking wat ter wille van hulle deur God uitgeroei is.26 Daarom het die God van Israel vir koning Pul van Assirië, dit is Tiglat-Pileser, aangehits, en dié het hulle as krygsgevangenes weggevoer. Hy het die Rubeniete, die Gadiete en die halwe Manassestam verplaas na Galag, Gabor, Hara en die Gosanrivier, waar hulle nou nog is.
1
Die seuns van Levi was Gerson, Kehat en Merari.2 Die seuns van Kehat was Amram, Jishar, Hebron en Ussiël.
3 Die kinders van Amram was Aäron, Moses en Mirjam. Die seuns van Aäron was Nadab, Abihu, Eleasar en Itamar.
4 Die geslag van Eleasar loop dan oor Pinehas, Abisua,
5 Bukki, Ussi,
6 Seragja, Merajot,
7 Amarja, Agitub,
8 Sadok, Agimaäs,
9 Asarja en Joganan
10 tot by Asarja wat priester was in die tempel wat Salomo in Jerusalem gebou het.
11 Van Asarja af loop die geslag oor Amarja, Agitub,
12 Sadok, Sallum,
13 Gilkija, Asarja
14 en Seraja tot by Josadak.
15 Josadak is saam toe die Here Juda en Jerusalem deur Nebukadnesar laat wegvoer het.
16
Die seuns van Levi was Gerson, Kehat en Merari.17 Hier volg die name van die seuns van Gerson: Libni en Simi.
18 Die seuns van Kehat was Amram, Jishar, Hebron en Ussiël.
19 Die seuns van Merari was Magli en Musi.
Die Levigeslagte volgens families is soos volg:20 onder Gerson val Libni, Jagat, Simma,
21 Joag, Iddo, Serag en Jeatrai.
22 Die Kehatgroep is Amminadab, Korag, Assir,
23 Elkana, Abiasaf, Assir,
24 Tagat, Uriël, Ussia en Saul.
25 Die Elkanagroep is Amasai, Agimot,
26 Elkana, Suf, Nagat,
27 Eliab, Jerogam en Elkana.
28 Die seuns van Samuel was Joël die oudste, en Abia die tweede.
29 Die Merarigroep is Magli, Libni, Simi, Ussa,
30 Sima, Gaggija en Asaja.
31
Dawid het die volgende manne aangestel om die sang waar te neem in die huis van die Here sodra die ark sy rusplek daar sou vind.32 Hulle het ook gesorg vir die sang voor die heiligdom, die tent van ontmoeting, totdat Salomo die huis van die Here in Jerusalem gebou het. Hulle het hulle dienste verrig volgens 'n vaste reëling.
33 Die volgende manne het die diens verrig saam met hulle seuns: van die Kehatgroep was daar Heman die tempelsanger, seun van Joël seun van Samuel,
34 wie se geslag teruggaan oor Elkana, Jerogam, Eliël, Togu,
35 Suf, Elkana, Magat, Amasai,
36 Elkana, Joël, Asarja, Sefanja,
37 Tagat, Assir, Abiasaf, Korag,
38 Jishar en Kehat tot by Levi seun van Israel.
39 Heman se ampsgenoot Asaf het regs van hom gestaan. Asaf se geslag het teruggegaan tot by Levi oor Berekja, Sima,
40 Migael, Maäseja, Malkija,
41 Etni, Serag, Adaja,
42 Etan, Simma, Simi,
43 Jagat en Gerson.
44 Hulle ampsgenote aan die linkerkant was die Merarigroep onder leiding van Etan, wie se geslag teruggaan oor Kusaja, Abdi, Malluk,
45 Gasabja, Amasia, Gilkija,
46 Amsi, Bani, Semer,
47 Magli en Musi tot by Merari seun van Levi.
48
Die tempelsangers se Levitiese ampsgenote is aangestel vir al die dienste van die heiligdom, die tempel van God.49 Aäron en sy seuns alleen het egter die offerdiens waargeneem by die brandofferaltaar en die wierookaltaar, die diens by die besondere gewyde offers. So het hulle versoening vir Israel gedoen in ooreenstemming met alles wat Moses, die dienaar van God, beveel het.
50 Die geslag van Aäron was soos volg: Eleasar, Pinehas, Abisua,
51 Bukki, Ussi, Seragja,
52 Merajot, Amarja, Agitub,
53 Sadok en Agimaäs.
54
Verder volg nou ook hulle woonplekke volgens hulle tentdorpe in hulle gebied. Omdat die lot hulle aangewys het, is vir die seuns van Aäron, die Kehatgeslag,55 Hebron in Juda gegee met sy weivelde in sy omgewing.
56 Die lande van die stad met sy dorpies is egter aan Kaleb seun van Jefunne gegee.
57 Aan die Aärongeslag het hulle behalwe die asielstad Hebron ook nog gegee: Libna met sy weivelde, Jattir, Estemoa met sy weivelde,
58 Golon met sy weivelde, Debir met sy weivelde,
59 Asan met sy weivelde en Bet-Semes met sy weivelde,
60 en in die Benjamingebied ook nog Geba, Alemet en Anatot, elkeen met sy weivelde. Hulle het altesaam dertien stede vir hulle geslagte gehad.
61 Aan die oorblywende Kehatgeslagte het hulle met die lot tien stede in die gebied van die halwe Manassestam toegewys.
62
Aan die Gersongeslagte het hulle in die stamgebiede van Issaskar, Aser en Naftali en in die stamgebied van Manasse in Basan dertien stede toegewys.63
Aan die Merarigeslagte het hulle met die lot twaalf stede toegewys in die stamgebiede van Ruben, Gad en Sebulon.64
Die Israeliete het vir die Leviete die stede saam met hulle weivelde gegee.65 Hulle het die stede wat opgenoem is, met die lot toegewys in die stamgebied van die Judeërs, die stamgebied van die Simeoniete en die stamgebied van die Benjaminiete.
66
Wat die Kehatgeslagte betref, die stede waaroor hulle beskikking gehad het, was in die stamgebied van Efraim.67 Aan hulle is die asielstad Sigem in die Efraimsberge gegee saam met sy weivelde, sowel as Geser,
68 Jokmeam, Bet-Goron,
69 Ajalon en Gat-Rimmon, elkeen met sy weivelde.
70 In die stamgebied van die halwe Manassestam is Aner met sy weivelde en Jibleam met sy weivelde aan die geslag van die oorblywende Kehatiete gegee.
71
Die Gersoniete het in die stamgebied van die halwe Manassestam Golan in Basan met sy weivelde gekry sowel as Astarot met sy weivelde;72 in die stamgebied van Issaskar: Kedes, Daberat,
73 Ramot en En-Gannim;
74 in die stamgebied van Aser: Misal, Abdon,
75 Gukok en Regob;
76 in die stamgebied van Naftali: Kedes in Galilea, Gammon en Kirjatajim, elkeen met sy weivelde.
77
Die oorblywende Merariërs het in die stamgebied van Sebulon gekry: Rimmon met sy weivelde en Tabor met syne;78 teenoor Jerigo, oos van die Jordaan, in die stamgebied van Ruben: Beser in die droëveld, Jahas,
79 Kedemot en Mefaät, elkeen met sy weivelde;
80 in die stamgebied van Gad: Ramot in Gilead, Maganajim,
81 Gesbon en Jaser, elkeen met sy weivelde.
1
Issaskar se vier seuns was Tola, Puwwa, Jasub en Simron.2 Die seuns van Tola was Ussi, Refaja, Jeriël, Jagmai, Jibsam en Samuel. Volgens die stamboom was hulle familiehoofde van Tola, en hulle was strydbare manne. In Dawid se tyd was die getal van die geslag twee en twintig duisend ses honderd.
3 Die seun van Ussi was Seragja en die seuns van Seragja was Migael, Obadja, Joël en Jissija. Hulle vyf was almal hoofde.
4 Daar was naas hulle ook nog volgens hulle familiestamboom leërafdelings van ses en dertig duisend altesaam. Hulle het baie vrouens en kinders gehad.
5 Hulle stamgenote in al die Issaskargeslagte was sewe en tagtig duisend strydbare manne, almal in die register opgeneem.
6
Benjamin het drie seuns gehad: Bela, Beker en Jediael.7 Die vyf seuns van Bela was Esbon, Ussi, Ussiël, Jerimot en Iri. Hulle was die familiehoofde en strydbare manne. In die register is van hulle twee en twintig duisend vier en dertig opgeneem.
8 Die seuns van Beker: Semira, Joas, Eliëser, Eljoënai, Omri, Jeremot, Abia, Anatot en Alemet. Hulle was almal seuns van Beker.
9 In die register tel hulle volgens hulle stamboom, hulle familiehoofde, strydbare manne, twintig duisend twee honderd.
10 Die geslag van Jediael was Bilhan en sy seuns Jeüs, Benjamin, Ehud, Kenaäna, Setan, Tarsis en Agisagar.
11 Hulle was almal seuns van Jediael. Hulle geslag was ingedeel volgens familiehoofde, en die strydbare manne, altesaam sewentien duisend twee honderd wat vir militêre diens opgeroep kon word.
12 Hier hoort ook nog die Suppeërs en die Guppeërs, nakomelinge van Ir, en die Gusseërs, nakomelinge van Ager.
13
Naftali se seuns was Jagseël, Guni, Jeser en Sillem. Hulle was nakomelinge van Bilha.14
Nou volg die geslag van Manasse. Sy vrou het Asriël in die wêreld gebring. Sy Aramese byvrou was die moeder van Makir, vader van Gilead.15 Makir het getrou met 'n vrou uit die Guppeërs en die Suppeërs, en sy suster se naam was Maäka. Die tweede seun se naam was Selofgad, maar hy het net dogters gehad.
16 Makir se vrou Maäka was die moeder van 'n seun met die naam Peres, en sy broer se naam was Seres, en sy seuns was Ulam en Rekem.
17 Die seun van Ulam was Bedan. Dit was dan die seuns van Gilead seun van Makir, seun van Manasse.
18 Gilead se suster Moleket was die moeder van Ishod, Abiëser en Magla.
19 Daar was ook seuns van Semida. Hulle was Agjan, Sekem, Likgi en Aniam.
20
Die seun van Efraim was Sutelag, dié se seun Bered, dié se seun Tagat, sý seun Elada, sý seun Tagat,21 sý seun Sabad en sý seun Sutelag. Daar was ook nog Eser en Elad, maar hulle is deur die mense van Gat wat van geboorte af in die Efraimitiese gebied was, doodgemaak. Dit het gebeur toe hulle die mense van Gat se vee gaan steel het.
22 Eser en Elad se vader Efraim het lank oor hulle getreur, maar sy broers het hom kom troos.
23 Toe hy daarna met sy vrou gemeenskap gehad het, het sy swanger geword en 'n seun gekry. Hy het hom Beria genoem, omdat dit gebeur het toe daar 'n swaar tyd in sy huis was.
24 Sy dogter was Seëra. Sy het Bet-Goron-Onder en Bet-Goron-Bo gebou, en ook Ussen-Seëra.
25 Beria se seuns was Refag en Resef. Resef se seun was Telag, en sý seun Tagan.
26 Sý seun was Ladan, sý seun Ammihud, sý seun Elisama,
27 sý seun Nun en sý seun Josua.
28 Die gebied wat hulle besit en bewoon het, was Bet-El met die dorpies rondom hom, na die ooste toe Naära, na die weste toe Geser met die dorpies rondom hom, en verder Sigem met die dorpies rondom hom tot by Aja met sy dorpies.
29
In besit van Manasse was Bet-San, Taänak, Megiddo en Dor, elkeen met sy dorpies. In dié plekke het die nageslag van Josef seun van Israel gewoon.30
Die seuns van Aser was Jimna, Jiswa, Jiswi en Beria. Hulle suster was Serag.31 Beria se seuns was Geber en Malkiël, wat die vader van Birsajit was.
32 Geber was die vader van Jaflet, Semer en Gotam, en van hulle suster Sua.
33 Die seuns van Jaflet was Pasak, Bimhal en Aswat; hulle was Jaflet se seuns.
34 Die seuns van Semer was Agi, Roga, Gubba en Aram.
35 Die seuns van sy broer Gotam was Sofag, Jimna, Seles en Amal.
36 Die seuns van Sofag was Suag, Garnefer, Sual, Beri, Jimra,
37 Beser, Hod, Samma, Silsa, Jitran en Beëra.
38 Die seuns van Jitran was Jefunne, Pispa en Ara.
39 Die seuns van Ulla was Arag, Ganniël en Risja.
40 Hulle was almal afstammelinge van Aser, familiehoofde, uitgelese strydbare manne, vorstelike leiers. Hulle is in die register opgeneem vir aktiewe oorlogsdiens. Hulle was ses en twintig duisend man.
1
Benjamin was die vader van Bela sy oudste, Asbel sy tweede, Agrag sy derde,2 Noga sy vierde, en Rafa sy vyfde.
3
Bela se seuns was Ard, Gera, Abihud,4 Abisua, Naäman, Agoag,
5 Gera, Sefufan en Guram.
6 Nou volg die seuns van Egud. Hulle was familiehoofde van die inwoners van Geba en is as gevangenes weggevoer na Managat toe.
7 Dit was Naäman, Agija en Gera wat weggevoer is. Gera was die vader van Ussa en Agigud.
8 'n Sekere Sagarajim het in die Moabitiese gebied vader van kinders geword. Dit was nadat hy van sy vrouens Gusim en Baära geskei het.
9 By sy vrou Godes was hy die vader van Jobab, Sibja, Mesa, Malkam,
10 Jeüs, Sakeja en Mirma. Hierdie seuns van hom was familiehoofde.
11 By Gusim was hy die vader van Abitub en Elpaäl.
12 Die seuns van Elpaäl was Eber, Misam en Semed. Hy het Ono en Lod met sy omliggende dorpies gebou.
13 Verder was daar nog Beria en Sema. Hulle was familiehoofde van die inwoners van Ajalon en dit was hulle wat die inwoners van Gat op die vlug gejaag het.
14 Dan was daar ook nog Agjo, Sasak, Jeremot,
15 Sebadja, Arad, Eder,
16 Migael, Jispa en Joga, seuns van Beria.
17 Sebadja, Mesullam, Giski, Geber,
18 Jismerai, Jislia en Jobab was afstammelinge van Elpaäl.
19 Verder was daar Jakim, Sikri, Sabdi,
20 Eliënai, Silletai, Eliël,
21 Adaja, Beraja en Simrat, afstammelinge van Simi.
22 Jispan, Eber, Eliël,
23 Abdon, Sikri, Ganan,
24 Gananja, Elam, Antotija,
25 Jifdeja en Penuel was afstammelinge van Sasak.
26 Samserai, Segarja, Atalia,
27 Jaäresja, Elia en Sikri was afstammelinge van Jerogam.
28 Hierdie manne was die familiehoofde volgens hulle stamboom. Hulle was leiers en het in Jerusalem gewoon.
29 In Gibeon het die vader van Gibeon gewoon. Sy vrou se naam was Maäka.
30 Sy oudste seun was Abdon, en die ander was Sur, Kis, Baäl, Nadab,
31 Gedor, Agjo en Seker.
32 Miklot was die vader van Sima. Hulle het ook in Jerusalem gewoon, langs hulle stamgenote.
33 Ner was die vader van Kis, Kis die vader van Saul, en Saul die vader van Jonatan, Malkisua, Abinadab en Es-Baäl .
34 Meribbaäl was 'n seun van Jonatan en die vader van Miga.
35 Die seuns van Miga was Piton, Melek, Tagrea en Agas.
36 Agas was die vader van Jehoadda, en Jehoadda was die vader van Alemet, Asmawet en Simri. Simri was die vader van Mosa,
37 en Mosa die vader van Bina. Dié se seun was Rafa, sý seun Elasa, en dié se seun Asel.
38 Asel het ses seuns gehad. Hulle name was Asrikam, Bokeru, Ismael, Searja, Obadja en Ganan. Dit is al Asel se seuns.
39 Sy broer Esek se seuns was Ulam, die oudste, Jeüs, die tweede, en Elifelet, die derde.
40 Die seuns van Ulam was strydbare manne en boogskutters. Hulle het baie kinders en kleinkinders gehad, honderd en vyftig altesaam.
Al hierdie mense was afstammelinge van Benjamin.1
Die hele Israel is in registers opgeneem. Hulle name staan opgeteken in die annale van die konings van Israel. Die Judeërs is na Babel toe weggevoer oor hulle troubreuk.2 Die eerste inwoners wat hulle daarna op hulle eie grond in hulle stede gevestig het, was naas die gewone Israeliete die priesters, die Leviete en die tempelslawe.
3 In Jerusalem het daar van die Judeërs, Benjaminiete, Efraimiete en Manassers gewoon:
4 Utai seun van Ammihud, seun van Omri, seun van Imri, seun van Bani, uit die seuns van Peres seun van Juda;
5 van die mense van Silo: Asaja, die oudste seun, en sy seuns;
6 van die afstammelinge van Serag: Jeüel en sy stamgenote, altesaam ses honderd en negentig;
7 van die Benjaminiete: Sallu seun van Mesullam, seun van Hodauja, seun van Senua,
8 en Jibneja seun van Jerogam, Ela seun van Ussi, seun van Mikri, en Mesullam seun van Sefatja, seun van Reüel, seun van Jibnija.
9 Dan was daar ook nog hulle verwante volgens hulle stamboom, altesaam nege honderd ses en vyftig. Al hierdie manne was familiehoofde in hulle families.
10
Van die priesters was daar Jedaja, Jojarib, Jakin11 en Asarja seun van Gilkija, seun van Mesullam, seun van Sadok, seun van Merajot, seun van Agitub, die hoof van die tempel.
12 Verder was daar Adaja seun van Jerogam, seun van Pasgur, seun van Malkija, en Masai seun van Adiël, seun van Jagsera, seun van Mesullam, seun van Mesillemot, seun van Immer.
13 Hulle stamgenote, die hoofde van hulle families, was een duisend sewe honderd en sestig. Hulle was bekwame lede van die personeel vir die tempeldiens.
14
Van die Leviete was daar Semaja seun van Gassub, seun van Asrikam, seun van Gasabja uit die Merarigeslag;15 en Bakbakkar, Geres, Galal, Mattanja seun van Miga, seun van Sikri, seun van Asaf;
16 en Abda seun van Sammua, seun van Galal, seun van Jedutun, en Berekja seun van Asa, seun van Elkana, wat in nedersettings van die Netofaners gewoon het.
17
Die poortwagte was Sallum, Akkub, Talmon, Agiman en hulle ampsgenote. Sallum was die hoof18 en is dit nou nog by die oostelike koningspoort. Hulle was voorheen poortwagte by die Levitiese kwartiere.
19 Sallum seun van Kore, seun van Abiasaf, seun van Korag, en sy verwante uit sy familie die Koragiete was verantwoordelik vir die dienswerk van die drumpelwagte by die tent, net soos hulle vaders wagte was by die ingang tot die kamp van die volk van die Here.
20 Vroeër was Pinehas seun van Eleasar hoof oor hulle. Die Here was by hom.
21 Sagaria seun van Meselemja was wag by die ingang van die tent van ontmoeting.
22 Dié wat as poortwagte uitgesoek is, was altesaam twee honderd en twaalf. Hulle is in die register opgeneem volgens hulle nedersettings. Dit is hulle wat nog deur Dawid en die siener Samuel in hulle amp benoem was.
23 Hulle en hulle opvolgers was die wagte by die poorte van die huis van die Here, die tenthuis.
24 Daar was wagte by die poorte in elkeen van die vier windrigtings: oos, wes, noord en suid.
25 Hulle ampsgenote het in hulle eie nedersettings gebly en het hulle telkens sewe dae volgens 'n vaste program kom bystaan.
26
Die vier hoofwagte was Leviete en was amptelik in bevel van die poortwagte. Hulle was ook verantwoordelik vir die kamers en die voorrade van die tempel.27 Hulle moes in die omgewing van die tempel slaap, want hulle was verantwoordelik vir die bewaking van die tempel en moes dit elke môre oopsluit.
28 Party van die Leviete moes vir die offergereedskap sorg, want hulle moes elke keer die regte getal voorsien en die regte getal terugneem.
29 Party van hulle moes vir die ander gereedskap sorg, al die gereedskap wat in die heiligdom gebruik is, en vir die meel, die wyn, die olie, die wierook en die speserye.
30
Party lede van die priesterorde het die speserysalf gemeng.31 Een van die Leviete, Mattitja, en die oudste seun van die Koragiet Sallum, was amptelik verantwoordelik vir die bakkery.
32 Van hulle ampsgenote uit die Kehatgeslag moes sorg dat die offerbrood elke sabbat reggesit word.
33 Sommige Levitiese familiehoofde was verantwoordelik vir die tempelsang. Hulle het in die kamers gebly, en was vrygestel van ander diens sodat hulle voltyds aandag kon gee aan hulle taak.
34
Dit is dan die Levitiese familiehoofde wat volgens hulle stamboom die leiers was. Hulle het in Jerusalem gewoon.35
Jeïel die vader van Gibeon het in die stad Gibeon gewoon. Sy vrou se naam was Maäka.36 Sy oudste seun was Abdon, en verder was daar Sur, Kis, Baäl, Ner, Nadab,
37 Gedor, Agjo, Seker en Miklot.
38 Miklot was die vader van Sima. Hulle met hulle verwante het by hulle ampsgenote in Jerusalem gewoon.
39
Ner was die vader van Kis, en Kis die vader van Saul. Saul was die vader van Jonatan, Malkisua, Abinadab en Es-Baäl .40 Jonatan se seun was Meribbaäl en Meribbaäl was die vader van Miga.
41 Die seuns van Miga was Piton, Melek, Tagrea
42 en Agas, vader van Jehoadda. Jehoadda was die vader van Alemet, Asmawet en Simri. Simri was die vader van Mosa,
43 en Mosa die vader van Bina. Dié se seun was Refaja, sý seun Elasa, en sý seun Asel.
44 Asel het ses seuns gehad. Hulle name was Asrikam, Bokeru, Ismael, Searja, Obadja en Ganan. Hulle was die seuns van Asel.
1
Die Filistyne het Israel aangeval. Die Israeliete het vir hulle gevlug, en van die manskappe het op Gilboaberg gesneuwel.2 Toe het die Filistyne op Saul en sy seuns toegesak. Hulle het Saul se seuns Jonatan, Abinadab en Malkisua neergevel
3 en toe die aanval op Saul toegespits. Die boogskutters het hom in die oog gekry en hy het bang vir hulle geword,
4 en vir sy wapendraer gesê: “Trek jou swaard en steek my daarmee dood dat daardie heidene nie kom en my in oneer laat sterf nie.”
Maar sy wapendraer wou nie, want hy was baie bang. Saul vat toe self die swaard en val daarin.5 Toe sy wapendraer sien Saul is dood, val hy ook in sy swaard en sterf.
6 So is Saul en sy drie seuns, ja, al sy seuns, saam dood.
7
Die Israeliete wat in die laagte gewoon het, het gesien dat die manskappe gevlug het en dat Saul en sy seuns dood is. Hulle het toe hulle stede verlaat en ook gevlug, en die Filistyne het die stede beset en daar gaan woon.8 Toe die Filistyne die dag na die geveg die lyke kom stroop, kry hulle Saul en sy seuns daar waar hulle op Gilboaberg geval het.
9 Die Filistyne het hom ook gestroop, sy kop en sy wapens saamgevat en dié in die land van die Filistyne rondgestuur om die goeie nuus aan hulle afgode en hulle mense bekend te maak.
10 Daarna het hulle sy wapenrusting in hulle tempel gesit en sy kopbeen teen die Dagonstempel vasgeslaan.
11
Toe die mense van Jabes in Gilead hoor wat die Filistyne alles met Saul gedoen het,12 het die weerbare manne almal gegaan en die lyk van Saul en dié van sy seuns na Jabes toe gebring. Hulle het hulle onder 'n groot boom in Jabes begrawe en daarna sewe dae lank gevas.
13
Saul is dood oor die troubreuk wat hy teenoor die Here begaan het deurdat hy aan die bevel van die Here ongehoorsaam was, en ook deurdat hy raad gevra het by 'n gees14 in plaas van die Here te raadpleeg. Daarom het die Here hom doodgemaak en sy koningskap laat oorgaan op Dawid seun van Isai.
1
Die hele Israel het gesamentlik na Dawid toe gekom in Hebron en gesê: “Ons is tog almal u eie mense!2 Selfs in die tyd toe Saul koning was, was u tog maar die een wat vir Israel in die oorlog aangevoer het. Die Here u God het vir u gesê:
“Jy moet vir my volk Israel 'n herder wees,3
So het al die leiers van Israel by die koning in Hebron gekom. Toe het Dawid in Hebron in teenwoordigheid van die Here 'n verdrag met hulle gesluit. Daarna het hulle vir Dawid daar tot koning oor Israel gesalf. Dit was in ooreenstemming met die belofte van die Here deur Samuel.4
Dawid en die hele Israel het toe opgetrek teen Jerusalem, dit is Jebus. Die Jebusiete, oorspronklike inwoners van die land, het toe daar gewoon.5 Die inwoners van Jebus het vir Dawid gesê: “Hier sal jy nie inkom nie.”
Tog het Dawid die Sionsvesting ingeneem: dié is nou die Dawidstad.6 Dawid het destyds gesê: “Enigeen wat die eerste 'n Jebusiet neervel, word leier en aanvoerder!”
Joab seun van Seruja het toe eerste die stad ingegaan en hy het leier geword.7
Omdat Dawid toe in die vesting gaan woon het, noem hulle dit die Dawidstad.8 Hy het die stad rondom uitgebou, van die terras af verder, en Joab het die res van die stad herstel.
9 Dawid het al hoe sterker geword, en die Here die Almagtige was by hom.
10
Nou volg iets oor die leiers van Dawid se dapper manne. Hulle was sterk ondersteuners van sy koningskap en saam met die hele Israel het hulle hom op die troon geplaas, soos die Here aan Israel beloof het.11
Hier is 'n lys van die dapper manne: Jasobam seun van Gakmoni was hoof van die dertigtal. Hy het met sy spies drie honderd man in een veldslag laat sneuwel.12
Eleasar seun van Dodo uit Agoag was onder hom. Hy was een van die drie helde.13 Hy was by Dawid in Efes-Dammim toe die Filistyne daar vir die geveg bymekaargekom het. Daar was 'n stuk land vol gars, en toe die manskappe op die vlug slaan vir die Filistyne,
14 het die drie dapper manne binne in die land stelling ingeneem en dit behou. Hulle het die Filistyne verslaan, en so het die Here vir hulle 'n groot oorwinning gegee.
15
Op 'n keer het drie ander van die dertig leiers na Dawid toe gekom by die rots by die Adullamgrot. Die Filistynse kamp was in die Spooklaagte opgeslaan.16 Dawid was toe in 'n bergskuiling en die Filistyne het Betlehem beset.
17 Dawid het baie dors geword en gesug: “Ag, as iemand my tog net water uit die put in Betlehem se poort kon laat drink!”
18
Die drie het toe deur die Filistynse kamp geglip en water gaan skep uit die put in Betlehem se poort. Hulle het dit vir Dawid gebring, maar hy wou dit nie drink nie. Hy het dit as 'n offer vir die Here uitgegiet19 en gesê: “Mag God my daarvan bewaar dat ek dit sou drink. Sou ek die bloed van hierdie manne ten koste van hulle lewens wou drink? Hulle het dit met lewensgevaar gebring, en ek durf dit nie drink nie.”
Dit is wat die drie helde gedoen het.20
Joab se broer Abisai was die leier van hierdie drie. Hy het met sy spies drie honderd man laat sneuwel. So het hy vir hom onder die drie naam gemaak.21 Hy het 'n ereplek gehad in die tweede drietal en was hulle aanvoerder, maar een van die driemanskap het hy nie geword nie.
22
Benaja seun van Jojada was die seun van 'n krygsman. Hy was 'n man van baie dade, afkomstig uit Kabseël. Dit is hy wat die twee sterk manne van Moab doodgemaak het, en hy wat op 'n sneeudag in 'n put afgeklim en die leeu wat daarin was, doodgemaak het.23 Hy het ook 'n Egiptenaar wat twee en 'n kwart meter lank was, doodgemaak. Die Egiptenaar het nogal 'n spies in sy hand gehad, so dik soos die dwarsbalk van 'n weefstoel, terwyl Benaja hom net met 'n stok gepak het. Hy het die spies uit die Egiptenaar se hand geruk en hom met sy eie spies van kant gemaak.
24 Dit het Benaja seun van Jojada gedoen. So het hy vir hom onder die drie helde naam gemaak.
25 Hy het 'n hoër rang gehad as die res van die dertig, maar een van die driemanskap het hy nie geword nie. Dawid het hom oor sy lyfwag aangestel.
26
Die dapper manne was: Asael broer van Joab; Elganan seun van Dodo uit Betlehem;27 Samma uit Garod; Geles uit Pelet;
28 Ira seun van Ikkes uit Tekoa; Abiëser uit Anatot;
29 Sibbekai uit Gusa; Ilai uit Agoag;
30 Marai uit Netofa; Geled seun van Baäna uit Netofa;
31 Ittai seun van Ribai uit Gibea in Benjamin; Benaja uit Piraton;
32 Hiddai uit Nagale-Gaäs; Abi-Albon uit Bet-Araba;
33 Asmawet uit Bagurim; Eljagba uit Saälbon,
34 die seuns van Jasen uit Gison; Jonatan seun van Sage uit Harar;
35 Agiam seun van Sarar uit Harar; Elifal seun van Ur;
36 Gefer uit Mekera; Agija uit Pelon;
37 Gesro uit Karmel; Naärai seun van Esbai;
38 Joël broer van Natan; Mibgar seun van Hagri;
39 Selek die Ammoniet; Nagrai uit Beërot, wapendraer van Joab seun van Seruja;
40 Ira uit Jeter; Gareb uit Jeter;
41 Urija die Hetiet; Sabad seun van Aglai;
42 Adina seun van Sisa uit Ruben, 'n Rubenitiese hoofman, in bevel van dertig;
43 Ganan seun van Maäka; Josafat die Mitneër;
44 Ussia uit Astarot; Sama en Jeïel, seuns van Gotam uit Aroër;
45 Jediael seun van Simri; sy broer Joga uit Tis;
46 Eliël uit Magawi; Jeribai en Josauja, seuns van Elnaäm; Jitma die Moabiet;
47 Eliël, Obed en Jaäsiël uit Soba.
1
Die volgende manne het al in Siklag by Dawid aangesluit toe hy nog verban was deur Saul seun van Kis. Hulle het tot Dawid se groep dapper manne behoort en was sy strydmakkers in die oorlog.2 Hulle was bewapen met pyl en boog en kon ewe goed met die regter- as met die linkerhand slingervel gooi en boog skiet. Hulle was van Saul se stamgenote uit Benjamin.
3 Die leier was Agiëser; verder was daar Joas seun van Semaä uit Gibea; Jesiël en Pelet, seuns van Asmawet; Beraka, Jehu uit Anatot,
4 Jismaja uit Gibeon, 'n held onder die dertig helde en selfs beter as hulle; Jeremia, Jagasiël, Joganan, Josabad uit Gedera,
5 Elusai, Jerimot, Bealja, Semarja, Sefatja uit Garif;
6 Elkana, Jissija, Asarel, Joëser en Jasobam uit Korag;
7 Joëla en Sebadja, seuns van Jerogam, uit Gedor.
8
Daar het ook van die Gadiete oorgeloop na Dawid toe, na sy bergskuiling toe in die woestyn. Hulle was helde, krygsmanne, reg vir oorlog, bewapen met 'n groot skild en 'n spies, vreesaanjaend soos leeus en so vinnig soos wildsbokke op die berge.9 Eser was die hoof, Obadja tweede in rang, Eliab derde,
10 Mismanna vierde, Jeremia vyfde,
11 Attai sesde, Eliël sewende,
12 Joganan agste, Elsabad negende,
13 Jeremia tiende, Makbannai elfde.
14 Hulle was van die mense uit Gad, hoofmanne van die leër; die kleinste van hulle kon man-alleen staan teen honderd, die grootste teen duisend.
15 Dit was hulle wat in die reëntyd die Jordaan oorgesteek het toe hy vol was tot oor altwee sy walle en al die laagtes oos en wes volgestoot het.
16
Toe daar van die Benjaminiete en Judeërs na Dawid toe gekom het in die bergskuiling,17 het hy na hulle toe uitgekom en geroep: “As julle in vrede na my toe gekom het om my te help, is ons bondgenote en is ek bereid om julle leier te wees, maar as julle gekom het om my aan my vyande te verraai, terwyl ek geen misdaad begaan het nie, mag die God van ons voorvaders dit dan raaksien en julle straf.”
18
Daarna het die Gees vir Amasai, die leier van die dertig, in besit geneem, en hy het gesê: “Vír u, Dawid!19
Uit Manasse het mense na Dawid toe oorgeloop toe hy saam met die Filistyne op die veldtog teen Saul uitgetrek het. Hy het egter nie die Filistyne gehelp nie, want hulle regeerders het hom doelbewus weggestuur. Hulle het gesê: “Hy sal na sy koning Saul toe oorloop met ons koppe.”20
Dawid is toe na Siklag toe en daar het die volgende mense uit Manasse na hom toe oorgeloop: Adnag, Josabad, Jediael, Migael, Josabad, Elihu en Silletai, leiers van afdelings in Manasse.21 Hulle het Dawid gehelp en het aanvoerders van sy bende geword, want hulle was almal strydbare manne.
22 Daar het van dag tot dag mense by Dawid aangekom om hom te help, totdat dit 'n groot leër geword het, 'n magtige leër.
23
Hier volg die getalle van die hoofmanne van die gewapende mag wat in Hebron na Dawid toe gekom het om die koningskap van Saul op hom oor te dra volgens die wil van die Here:24
Judeërs, gewapen met grootskild en spies: 6 800, ten volle gewapen;25 van die Simeoniete, strydbare manne gereed vir aktiewe diens: 7 100;
26 van die Leviete: 4 600;
27 ook nog Jojada, die Aäronitiese vors met 3 700 man by hom,
28 en die jong Sadok, 'n strydbare man, met sy familie onder 22 aanvoerders;
29 van die Benjaminiete, Saul se stamgenote: 3 000. Tot in dié stadium het die meeste van hulle trou gebly aan die huis van Saul.
30
Van die Efraimiete was daar 20 800, almal strydbare manne, gesiene mense in hulle families;31 van die halwe Manassestam: 18 000 wat afgevaardig was om Dawid te kom koning maak;
32 van die Issaskarstam, die mense wat die tekens van die tye verstaan het en geweet het wat Israel te doen staan: 200 van hulle hoofmanne en al hulle stamgenote onder hulle bevel;
33 van Sebulon: 50 000 man wat slaggereed was en met alle wapens toegerus was vir die oorlog. Sonder om twee keer te dink, het hulle saam in 'n geveg ingestorm.
34 Van Naftali was daar 1 000 aanvoerders en saam met hulle 37 000 man met grootskild en spies;
35 van die Danniete: 28 600 gewapende man;
36 van Aser: 40 000 man, slaggereed en gewapen;
37 van oorkant die Jordaan af, van die Rubeniete, Gadiete en die halwe Manassestam: 120 000, toegerus met alle wapens.
38 Al hierdie krygsmanne het saamgestaan en met volle oorgawe na Hebron toe gekom om Dawid koning oor die hele Israel te maak. Die hele res van Israel was dit daarmee eens dat Dawid koning gemaak moes word.
39 Drie dae lank was hulle daar by Dawid en het hulle geëet en gedrink, want hulle volksgenote het hulle onthaal.
40 Hulle verwante selfs van Issaskar, Sebulon en Naftali af het kos aangebring op donkies, kamele, muile en beeste. Daar was volop meel, vyekoeke, rosyntjiekoeke, wyn en olie, grootvee en kleinvee, want daar was groot vreugde in Israel.
1
Daarna het Dawid met die aanvoerders van duisend en dié van honderd beraadslaag, met elke leier.2 Hy het vir die volle volksvergadering van Israel gesê: “As julle dink dit is goed, en as die Here ons God sy goedkeuring gee, laat ons die saak nou aanpak en boodskappers stuur na ons ander volksgenote toe in al die gebiede van Israel, dat hulle, en saam met hulle die priesters en die Leviete wat in hulle dorpe met weivelde woon, hier by ons moet bymekaarkom.
3 Dan bring ons die ark van ons God na ons toe terug; in Saul se tyd het ons ons nie daaroor bekommer nie.”
4
Die volle vergadering het hom bereid verklaar om dit te doen, want die hele volk het gedink dis reg.5 So het Dawid dan die hele Israel, van Sigorspruit aan die Egiptiese grens af tot by Lebo-Hamat, bymekaargebring om die ark van God in Kirjat-Jearim te gaan haal.
6
Dawid en die hele Israel het opgetrek na Baäla toe, na Kirjat-Jearim toe wat in Juda lê, om die ark te gaan haal. Dit is die ark van die Here God wat oor die gerubs troon; sy Naam is oor die ark uitgeroep.7 Hulle het die ark van God op 'n nuwe wa vervoer van die huis van Abinadab af. Ussa en Agjo het die wa gedrywe.
8 Dawid en die hele Israel het uitbundig voor die ark van God uit gedans, begelei deur liedere, liere, harpe, tamboeryne, simbale en trompette.
9
Toe hulle by Nakon se dorsvloer kom, het Ussa die ark met sy hand teëgehou, want die osse het gestruikel.10 Die toorn van die Here het teen Ussa ontvlam; die Here het hom getref omdat hy met sy hand aan die ark geraak het, en hy het daar langs die ark gesterf.
11 Dawid was diep ontsteld omdat die Here vir Ussa so weggeskeur het en hy het daardie plek genoem Ussa-se-Skeur. Dit is nou nog die naam.
12 Dawid het daardie dag bang geword vir God en gesê: “Hoe kan ek die ark van God nou na my toe bring?”
13
Hy het toe nie die ark na hom toe in die Dawidstad laat inkom nie en het dit laat wegdraai na die huis van Obed-Edom toe wat uit Gat afkomstig was.14 Die ark van God het drie maande in Obed-Edom se huis gestaan, en God het hom en alles wat hy gehad het, voorspoedig gemaak.
1
Koning Hiram van Tirus het 'n afvaardiging na Dawid toe gestuur, en ook sederhout, geskoolde messelaars en skrynwerkers om vir hom 'n huis te bou.2 Dawid het toe besef dat die Here hom as koning oor Israel bevestig het, want sy koningskap het hoë aansien gekry ter wille van die Here se volk Israel.
3 In Jerusalem het Dawid met nog vrouens getrou en het hy die vader van nog seuns en dogters geword.
4 Hier is die name van die kinders wat in Jerusalem vir hom gebore is: Sima, Sobab, Natan, Salomo,
5 Jibgar, Elisua, Elpelet,
6 Noga, Nefeg, Jafia,
7 Elisama, Eljada en Elifelet.
8
Toe die Filistyne verneem dat Dawid tot koning oor die hele Israel gesalf is, het hulle almal teen hom opgetrek. Dawid het dit gehoor en hulle tegemoet getrek.9 Die Filistyne het in die Spooklaagte aangekom en daar ontplooi.
10 Dawid het God geraadpleeg en gevra: “Moet ek teen die Filistyne opruk? Sal U hulle in my mag oorgee?”
Die Here het hom geantwoord: “Trek op, Ek gee hulle aan jou oor.”11
Die Filistyne het toe opgetrek na 'n groot kloof en daar het Dawid hulle verslaan. Dawid het daarna gesê: “God het my vyande met my hand gekloof soos water 'n wal kloof!” Dit is waarom hulle daardie plek Grootkloof noem.12 Die Filistyne het in hulle haas selfs hulle gode daar gelos. Dawid het opdrag gegee dat die gode verbrand moet word, en dit is gedoen.
13
Toe die Filistyne weer 'n keer in die laagte ontplooi,14 het Dawid God weer geraadpleeg. God het vir hom gesê: “Moenie agter hulle aan optrek nie; maak 'n omsingelingsbeweging van hulle af weg en val hulle aan regoor die melkbosse.
15 Wanneer jy 'n geritsel in die toppe van die melkbosse hoor, moet jy aanval, want dan trek God voor jou uit om die leër van die Filistyne te verslaan.”
16
Dawid het gemaak soos God gesê het, en hulle het die Filistyne verslaan van Gibeon af tot by Geser.17 Dawid se roem het na alle lande toe versprei, en die Here het al die nasies vir hom ontsag laat kry.
1
Dawid het vir hom huise opgerig in die Dawidstad. Hy het ook 'n plek vir die ark van God gereed gemaak en 'n tent daarvoor opgeslaan.2 Dit was toe dat Dawid bepaal het dat niemand behalwe die Leviete die ark van God mag dra nie, omdat die Here hulle uitgekies het om sy ark te dra en vir altyd daarby diens te doen.
3 Dawid het die hele Israel in Jerusalem laat bymekaarkom om die ark van die Here na die plek toe te bring wat hy daarvoor reggemaak het.
4 Hy het die Aäroniete en die Leviete laat bymekaarkom:
5 van die Kehatgroep was daar die leier Uriël met sy honderd en twintig ampsgenote,
6 van die Merarigroep die leier Asaja met sy twee honderd en twintig,
7 van die Gersongroep die leier Joël met sy honderd en dertig,
8 van die Elisafangroep die leier Semaja met sy twee honderd,
9 van die Hebrongroep die leier Eliël met sy tagtig,
10 en van die Ussiëlgroep die leier Amminadab met sy honderd en twaalf ampsgenote.
11
Toe het Dawid die priesters Sadok en Abjatar en die Leviete Uriël, Asaja, Joël, Semaja, Eliël en Amminadab geroep12 en vir hulle gesê: “Julle is die familiehoofde van die Leviete. Reinig julle en julle ampsgenote en bring die ark van die Here die God van Israel na die plek toe wat ek daarvoor reggemaak het.
13 Omdat julle dit nie die eerste keer al gedoen het nie, het die Here ons God iemand van ons weggeskeur, want ons het nie op die regte manier na die wil van God gevra nie.”
14
Die priesters en die Leviete het hulle toe gereinig om die ark van die Here die God van Israel te gaan haal.15 Die Leviete het die ark van God met draaghoute op hulle skouers gedra soos Moses beveel het in ooreenstemming met die opdrag van die Here.
16
Verder het Dawid die hoofde van die Leviete beveel om hulle ampsgenote, die sangers, te laat aantree met musiekinstrumente, harpe, liere en simbale, om die feesvreugde hard te laat weergalm.17 Die Leviete het toe die volgende manne laat aantree: Heman seun van Joël; uit sy ampsgenote Asaf seun van Berekja; uit die Merarigroep hulle ampsgenoot Etan seun van Kusaja.
18 Hulle is bygestaan deur hulle ampsgenote van laer rang, die poortwagte Sagaria, Jaäsiël, Semiramot, Jegiël, Unni, Eliab, Benaja, Maäseja, Mattitja, Elifele, Mikneja, Obed-Edom en Jeïel.
19 Die sangers Heman, Asaf en Etan het die kopersimbale geslaan.
20 Sagaria, Jaäsiël, Semiramot, Jegiël, Unni, Eliab, Maäseja en Benaja het die harpe met die hoë toon bespeel.
21 Mattitja, Elifele, Mikneja, Obed-Edom, Jeïel en Asasja het die liere met die laer toon ter begeleiding bespeel.
22 Kenanja was leier van die Leviete wat die drawerk gedoen het. Hy het die werk gereël, want hy het geweet hoe.
23 Berekja en Elkana was poortwagte by die ark.
24 Die priesters Sebanja, Josafat, Netanel, Amasai, Sagaria, Benaja en Eliëser het die trompette geblaas voor die ark van God uit. Obed-Edom en Jegija was ook poortwagte by die ark.
25
Dawid, die leiers van Israel en die aanvoerders van duisend het die verbondsark van die Here in feestelike stemming uit die huis van Obed-Edom gaan inbring.26
Hulle het sewe bulle en sewe ramme geoffer om God se hulp te vra vir die Leviete wat die verbondsark van die Here gedra het.27 Dawid het 'n mantel van fyn linne aangehad, so ook al die Leviete wat die ark gedra het, die sangers, en Kenanja, wat in bevel was van die sangers. Dawid het ook nog 'n linneskouerkleed gedra.
28 So het die hele Israel die verbondsark van die Here ingebring met feeskrete, ramshoring- en trompetgeskal, simbaalslae en die musiek van harpe en liere.
29 Terwyl die verbondsark van die Here die Dawidstad ingekom het, het Saul se dogter Mikal deur die venster afgekyk. Sy het koning Dawid gesien terwyl hy spring en dans, en sy het hom in stilte verag.
1
Die Leviete het die ark van God ingebring en dit neergesit binne-in die tent wat Dawid daarvoor opgeslaan het. Daarna het hulle vir God brandoffers en maaltydoffers gebring.2 Nadat Dawid klaar 'n brandoffer en 'n maaltydoffer gebring het, het hy die volk geseën in die Naam van die Here.
3 Hy het aan elke Israeliet, man en vrou, 'n ringbrood, 'n bietjie dadels en 'n tros rosyntjies laat uitdeel.
4
Hy het ook van die Leviete aangewys om voor die ark van die Here diens te doen. Hulle moes die Here die God van Israel roem, loof en prys.5 Asaf was die leier, Sagaria was tweede in bevel. Verder was daar Jeïel, Semiramot, Jegiël, Mattitja, Eliab, Benaja, Obed-Edom en Jeïel, almal met harpe en liere. Asaf het die simbale geslaan.
6 Die priesters Benaja en Jagasiël het aanhoudend op die trompette geblaas voor die verbondsark van God uit.
7
Dit was op daardie selfde dag dat Dawid die eerste keer die “Loof die Here” deur Asaf en sy ampsgenote laat sing het:8
Loof die Here. Roep Hom aan!
Maak aan die nasies bekend wat Hy gedoen het.
9
Sing liedere, sing tot sy eer,
vertel van al sy magtige dade.
10
Roem sy heilige Naam,
laat dié wat die teenwoordigheid van die Here soek, bly wees.
11
Soek hulp en beskerming by die Here,
soek gedurig sy teenwoordigheid.
12
Julle moet dink aan die magtige dade wat Hy gedoen het,
aan sy wonders, aan die reddingsdade op sy bevel,
13
julle, nageslag van Israel, sy dienaar,
nakomelinge van Jakob vir wie Hy uitverkies het.
14
Hy, die Here, is ons God,
sy reddingsdade strek oor die hele aarde.
15
Onthou, sy verbond is vir altyd,
die belofte wat Hy aan duisende geslagte toegesê het,
16
die verbond wat Hy met Abraham gesluit het,
sy eed aan Isak.
17
Hy het dit vir Jakob bevestig as 'n vaste toesegging,
vir Israel as verbond wat altyd sal bestaan.
18
Hy het gesê:
“Ek gee Kanaän vir jou
as grondgebied en eiendom,
19
al is julle maar min,
net 'n paar mense, en vreemdelinge in die land.”
20
Toe hulle van volk na volk geswerf het,21
het Hy niemand toegelaat om hulle te verdruk nie,
en het Hy selfs konings ter wille van hulle gewaarsku:
22
“Moenie aan my gesalfdes raak nie,
moenie my profete kwaad aandoen nie!”
23
Sing tot eer van die Here, almal op aarde!24
Vertel die nasies van sy mag,
al die volke van sy magtige dade.
25
Die Here is groot, al die lof kom Hom toe,
ontsagwekkend is Hy bo alle gode.
26
Al die gode van die volke is niks:
dit is die Here wat die hemele gemaak het.
27
Majesteit en luister straal van Hom uit,
krag en vreugde vul die plek waar Hy is.
28
Prys die Here, alle volke,29
Prys die Here om die eer van sy Naam!
Kom na Hom toe, bring vir Hom offers!
Buig voor die Here by sy heilige verskyning;
30
betoon eerbied aan Hom, almal op aarde.
Die wêreld staan vas, dit wankel nie.
31
Die hemele moet bly wees en die aarde moet juig,
hulle moet onder die nasies verkondig: “Die Here regeer.”
32
Die see en alles daarin moet druis,
die veld en alles daarop moet jubel,
33
die bome in die bos moet hulle verheug
voor die Here, want Hy kom om oor die aarde te heers.
34
Loof die Here, want Hy is goed,35
Julle moet sê: “Red ons, o God, ons Verlosser,
maak ons bymekaar, red ons van die nasies,
dat ons u heilige Naam kan loof
en ons in u lof kan verheug.”
36
Aan die Here die God van Israel kom die lof toe
van ewigheid tot ewigheid!
37
Dawid het vir Asaf en sy ampsgenote daar voor die verbondsark van die Here laat bly om voltyds voor die ark diens te doen soos dit van dag tot dag nodig sou wees;38 so ook vir Obed-Edom met sy ag en sestig ampsgenote. Obed-Edom seun van Jedutun en Gosa was poortwagte.
39 Dawid het die priester Sadok met sy ampsgenote die priesters voor die tabernakel van die Here op die hoogte in Gibeon laat bly
40 om gereeld soggens en saans vir die Here brandoffers te bring op die brandofferaltaar, soos dit voorgeskryf is in die wet van die Here wat Hy Israel beveel het.
41 Saam met hulle het hy Heman en Jedutun en die ander manne wat gekeur en by name aangewys is, daar laat bly om die Here te loof: “Want aan sy liefde is daar geen einde nie.”
42 Heman en Jedutun was in beheer van die trompette en simbale en die ander instrumente om die lied ter ere van God te begelei. Die volgelinge van Jedutun was by die poort.
43
Hierna is almal huis toe, en Dawid het teruggegaan om sy gesin te seën.1
Terwyl Dawid op 'n keer in sy huis sit, sê hy vir die profeet Natan: “Kyk, ek woon in 'n huis wat met sederhout versier is, maar die verbondsark van die Here staan in 'n tent.”2
Natan het Dawid geantwoord: “Doen gerus alles wat u in gedagte het. God is by u.”3
Dieselfde nag het egter iets gebeur: die woord van God het tot Natan gekom en vir hom gesê:4 “Gaan sê vir my dienaar Dawid: So sê die Here: Nie jý sal vir My die huis bou om in te woon nie.
5 Van die dag af dat Ek Israel hierheen laat trek het tot vandag toe het Ek nie in 'n huis gewoon nie. Ek het van tent na tent en van woonplek na woonplek gegaan.
6 Het Ek ooit terwyl Ek saam met die Israeliete rondgeswerf het, vir een van die leiers wat Ek beveel het om die leiding van my volk Israel op hom te neem, gesê: ‘Waarom bou julle nie vir My 'n huis wat met sederhout versier is nie?’
7
“Nou moet jy vir my dienaar Dawid sê: So sê die Here die Almagtige: Ek het jou uit die weiveld agter die kleinvee weggevat om oor my volk Israel te heers.8 Oral waar jy gegaan het, was Ek by jou; al jou vyande het Ek voor jou oë uitgedelg. Ek het jou so beroemd gemaak soos die grotes op die aarde.
9 Ek het 'n woonplek aan my volk Israel gegee en hom gevestig, sodat hy sonder vrees in sy plek kan woon. Slegte mense sal hom nie meer verdruk soos voorheen
10 toe Ek leiers oor my volk Israel aangestel het nie. Ek sal al jou vyande onderwerp. Ek maak aan jou bekend dat die Here vir jou 'n koningshuis sal vestig.
11 Wanneer jou tyd daar is om by jou voorvaders te rus, sal Ek een van jou nageslag, jou eie seun, koning maak en aan hom 'n bestendige koningskap gee.
12 Hy sal vir My 'n huis bou en Ek sal sy troon blywend vestig.
13 Ek sal vir hom 'n vader wees en hy sal vir My 'n seun wees. My trou sal Ek nie aan hom onttrek nie, soos Ek dit aan jou voorganger onttrek het.
14 Ek gee hom 'n blywende plek in my huis en my koninkryk. Sy troon sal altyd voortbestaan.”
15
Volgens hierdie openbaring het Natan die hele boodskap aan Dawid oorgedra.16
Daarna het koning Dawid ingegaan en voor die Here gaan sit en gesê: “Wie is ek, Here God, en wie is my nageslag dat U my so ver gebring het?17 Selfs dit was vir U nog nie genoeg nie, o God: U het ook nog vir die nageslag van u dienaar tot in die verre toekoms beloftes gemaak, U sien my as die man wat soos 'n duif die hoogtes bereik, Here God!
18
“Wat sou ek, Dawid, nog verder vir U kon sê oor die eer wat u dienaar aangedoen word? U ken immers u dienaar.19 U het hierdie groot ding gedoen, Here, ter wille van u dienaar omdat dit u besluit en wil was, en boonop het U al dié groot dinge aan u dienaar bekend gemaak.
20 Daar is niemand soos U nie, Here! Buiten U is daar geen God nie, van hoeveel gode ons ook al gehoor het.
21 Watter volk is soos u volk Israel? Hulle is die een nasie op aarde wat U vir U as volk vry gemaak het. U het u Naam bekend gemaak deur aan nasies groot en vreeslike dinge te doen toe. U hulle verdryf het voor u volk wat U uit Egipte vry gemaak het.
22 U het u volk Israel vir altyd u volk gemaak. En U, Here, U het hulle God geword.
23 En nou, Here, wat U oor u dienaar en oor sy nageslag gesê het, staan vas vir altyd. Doen tog soos U belowe het,
24 sodat dit vas kan staan en u Naam vir altyd groot kan wees as daar gesê word: Die Here die Almagtige, die God van Israel, Hy is God van Israel. Die nageslag van u dienaar Dawid bestaan voort voor U.
25
“My God, U het nadruklik vir u dienaar gesê dat U vir hom 'n huis sal vestig, en daarom het u dienaar die vrymoedigheid gehad om sy gebed tot U te rig.26
“En nou, Here, U is God. U het hierdie goeie beloftes aan u dienaar gemaak.27 U dring daarop aan om die huis van u dienaar te seën, dat dit vir altyd in u diens sal wees. U, Here, het geseën; daarom is dit vir altyd geseën.”
1
Hierna het Dawid die Filistyne verslaan en onderwerp. Hy het Gat en sy buitedorpe afgeneem van die Filistyne.2
Hy het ook die Moabiete verslaan, sodat Moab aan Dawid onderhorig geword het en aan hom belasting moes betaal.3
Toe Dawid sy mag aan die Eufraat gaan herstel het, het hy vir koning Hadad-Eser van Soba in die rigting van Hamat verslaan.4 Van hom het Dawid 'n duisend strydwaens, sewe duisend oorlogsperde en twintig duisend voetsoldate afgevat. Hy het perde vir honderd strydwaens uitgehou en al die ander se hakskeensenings afgesny.
5 Die Arameërs van Damaskus het vir koning Hadad-Eser van Soba te hulp gekom, maar Dawid het twee en twintig duisend man van Aram verslaan.
6 Hy het militêre poste in die gebied Aram-Damaskus ingerig, en die Arameërs het aan hom onderhorig geword en moes aan hom belasting betaal. Die Here het Dawid die oorwinning laat behaal net waar hy gegaan het.
7
Dawid het die goue skilde van Hadad-Eser se offisiere afgevat en dit na Jerusalem toe gebring.8 In Tibgat en Kun, twee stede van Hadad-Eser, het hy op 'n groot hoeveelheid brons beslag gelê. Daarvan het Salomo die bronswaterbak, pilare en bronsware gemaak.
9
Toe koning Toï van Hamat verneem dat Dawid die hele leër van koning Hadad-Eser van Soba verslaan het,10 het hy sy seun Joram na koning Dawid toe gestuur. Hy moes hom sy groete oorbring en hom gelukwens met sy oorwinning oor Hadad-Eser, want Hadad-Eser het kort-kort vir Toï aangeval. Hy het allerlei artikels van goud, silwer en brons saamgestuur.
11 Koning Dawid het dit alles aan die Here gewy, en so ook die silwer en goud wat hy van al die nasies weggevoer het, van Edom, Moab, die Ammoniete, die Filistyne en Amalek.
12
Abisai seun van Seruja het agtien duisend man van Edom in die Soutvlakte verslaan13 en in Edom besettingsposte ingerig, sodat die hele Edom onderhorig aan Dawid geword het. Die Here het vir Dawid gehelp net waar hy gegaan het.
14
Dawid was koning oor die hele Israel en hy het sy hele volk met reg en billikheid geregeer.15 Joab seun van Seruja is aangestel oor die leër, en Josafat seun van Agilud was hoof uitvoerende beampte.
16 Sadok seun van Agitub, en Agimelek seun van Abjatar was priesters, en Sausa was staatsekretaris.
17 Jojada se seun Benaja is aangestel oor die koning se Filistynse lyfwag. Die ouer seuns van koning Dawid was in sy persoonlike diens.
1
Na hierdie gebeure is koning Nagas van die Ammoniete oorlede. Sy seun het hom opgevolg,2 en Dawid het gedink: ek wil met Nagas se seun Ganun op goeie voet bly, want sy pa was my goedgesind. Dawid het toe gesante gestuur om met hom deelneming te betuig oor die dood van sy pa. Toe die amptenare van Dawid in die land van die Ammoniete by Ganun kom om met hom deelneming te betuig,
3 het die leiers van die Ammoniete vir Ganun gesê: “Dink u werklik Dawid vereer u vader deur boodskappers te stuur om met u te simpatiseer? Het sy amptenare nie eerder na u toe gekom om die land deur te kyk en hier onrus te stook en inligting in te samel nie?”
4
Ganun het toe Dawid se gesante gevat, hulle kaal geskeer, hulle klere net onderkant die heupe afgesny en hulle gelos.5 Hulle is toe daar weg, en die nuus oor die manne is aan Dawid meegedeel. Hy het toe boodskappers na hulle toe gestuur, want die manne was baie skaam.
Die koning het laat weet: “Bly voorlopig in Jerigo totdat julle baard gegroei het en kom dan huis toe.”6
Die Ammoniete het geweet dat hulle hulle by Dawid in onguns gebring het. Daarom het Ganun en die Ammoniete vier en dertig ton silwer gestuur om vir hulle by die Arameërs van Mesopotamië en by die Arameërs van Maäka en by Soba bemande strydwaens en 'n berede mag te huur.7 Hulle het vir hulle twee en dertig duisend strydwaens gehuur. Daarmee saam het die koning van Maäka en sy leërmag gekom en hulle het regoor Medeba kamp opgeslaan. Die Ammoniete het ook bymekaargekom uit hulle stede en uitgetrek vir die oorlog.
8
Toe Dawid dit hoor, het hy vir Joab met die hele leër gestuur, almal dapper manne.9 Die Ammoniete het opgeruk en hulle gevegslinies voor die stad opgestel. Die konings wat hulle kom help het, was in die oop veld.
10 Joab het opgemerk dat hy aan twee kante sou moes veg, voor en agter. Hy het toe 'n aantal van die beste manne uit Israel gekies en teenoor die Arameërs laat stelling inneem.
11 Die res van die leër het hy onder aanvoering van sy broer Abisai geplaas en hulle teenoor die Ammoniete laat stelling inneem.
12
Hy het gesê: “As die Arameërs vir my te sterk is, moet jy my kom help, en as die Ammoniete vir jou te sterk is, sal ek jou kom help.13 Wees dapper, ja, laat ons almal dapper wees ter wille van ons volk en die stede van ons God. Mag die Here doen soos Hy dit goedvind.”
14
Joab en sy manne het opgeruk om teen die Arameërs te veg, maar hulle het vir hom gevlug.15 Toe die Ammoniete gewaar dat die Arameërs vlug, het die Ammoniete ook voor sy broer Abisai op die vlug geslaan en die stad ingegaan. Joab is toe na Jerusalem toe.
16
Toe die Aramese state sien dat hulle deur die Israeliete verslaan is, het hulle afvaardigings gestuur om die Arameërs oorkant die Eufraat te laat kom, en Sobak die hoof van Hadad-Eser se leër het die leiding geneem.17 Toe Dawid die berig kry, het hy die hele Israel bymekaargemaak en die Jordaan oorgesteek. Toe hy naby die Arameërs kom, het hy stelling ingeneem teenoor hulle. Pas het Dawid sy stellings teenoor die Arameërs reg gehad vir die geveg, of hulle val hom aan.
18 Hulle het egter vir Israel gevlug. Dawid het sewe duisend van die strydwabemanning en veertig duisend voetsoldate van Aram om die lewe gebring. Hy het verder ook vir Sobak die hoof van hulle leër doodgemaak.
19 Toe die manskappe van Hadad-Eser besef dat hulle deur Israel verslaan is, het hulle vrede gesluit met Dawid en aan hom onderhorig geword. Die Arameërs was hierna nie weer bereid om die Ammoniete te help nie.
1
In die lente, die tyd waarin die konings gewoonlik uittrek om oorlog te maak, het Joab die leër uitgelei en die land van die Ammoniete verwoes. Daarna het hy Rabba gaan beleër, maar Dawid het in Jerusalem agtergebly. Nadat Joab vir Rabba ingeneem en verwoes het,2 het Dawid self gekom en die Ammonitiese koning se kroon van sy kop afgehaal. Dit was van goud, met 'n kosbare steen in, en die gewig van die kroon was sowat vier en dertig kilogram. Dit het nou op Dawid se kop gekom, en hy het ook 'n groot buit uit die stad weggeneem.
3 Hy het die burgers van die stad weggevoer en hulle aan die werk gesit met saag, ysterbeitel en byl. So het hy teenoor al die Ammonitiese stede opgetree. Daarna het hy en al die burgers na Jerusalem toe teruggegaan.
4
Daarna het daar oorlog met die Filistyne in Geser uitgebreek. Daar het Sibbekai die Gusatiet vir Sippai, uit die Refaïetegeslag, verslaan en moes die Filistyne hulle onderwerp.5
In 'n ander geveg teen die Filistyne het Elganan seun van Jaïr vir Lagmi, die broer van Goliat uit Gat, verslaan. Sy spiessteel was so dik soos die dwarsbalk van 'n weefstoel.6
Op 'n ander keer was daar oorlog in Gat. Daar was 'n lang man met ses vingers aan elke hand en ses tone aan elke voet; saam was dit vier en twintig. Hy was ook 'n Refaïet van geboorte.7 Hy het die Israeliete getart, en toe het Jonatan, seun van Dawid se broer Samma, hom doodgemaak.
8 Dit was dan die Refaïete wat in Gat gebore is. Dawid en sy manskappe het hulle laat sneuwel.
1
Satan was teen Israel. Hy het Dawid aangehits om 'n sensus van Israel te hou.2 Dawid het vir Joab en die gesaghebbers van die volk gesê: “Gaan maak 'n opname van Israel van die suide tot die noorde en doen aan my verslag dat ek kan weet hoeveel hulle is.”
3
Toe sê Joab: “Selfs al sou die Here by sy volk honderd keer soveel byvoeg as wat hulle nou is, sal u mos nog koning wees! Hulle is mos almal u onderdane. Waarom wil u dit doen, U Majesteit? Waarom moet dit nou 'n sondelas op Israel word?”4
Maar die koning se bevel aan Joab het bly staan. Joab het vertrek, die hele Israel deurgegaan en na Jerusalem toe teruggekom,5 waar hy die resultaat van die volkstelling aan Dawid oorhandig het. Israel was in totaal een miljoen een honderd duisend weerbare man en Juda vier honderd en sewentig duisend.
6 Die Leviete en die Benjaminiete het hy nie bygereken nie, want die bevel van die koning het vir Joab 'n gruwel gebly.
7
In die oë van God was die saak verkeerd en Hy het Israel dan ook daaroor swaar gestraf.8 Dawid het teenoor God bely: “Ek het swaar gesondig toe ek hierdie ding gedoen het. Vergewe tog nou my oortreding! Waarlik, ek het baie dwaas opgetree.”
9
Die Here sê toe vir Gad, die siener van Dawid:10 “Gaan sê vir Dawid: So sê die Here: Ek lê drie dinge aan jou voor. Kies vir jou een daarvan, dan sal Ek dit laat gebeur.”
11
Gad het toe na Dawid toe gegaan en vir hom gesê: “So sê die Here: Kies12 drie jaar hongersnood, of om drie maande lank op die vlug te bly voor jou teenstanders en deur die swaard van jou vyand agterhaal te word, of drie dae waarin die swaard van die Here self en die pes in die land is en die engel van die Here dwarsoor die Israelitiese gebied verderf saai. Besluit nou watter antwoord ek moet terugbring aan Hom wat my gestuur het.”
13
Dawid het vir Gad geantwoord: “Ek is in 'n hoek gedryf. Laat my liewer in die hand van die Here val, want sy genade is baie groot. Ek wil nie in die hand van 'n mens val nie.”14
Daarna het die Here 'n pes onder Israel laat uitbreek, en daar is sewentig duisend Israeliete dood.15 God het ook 'n engel na Jerusalem toe gestuur om dié uit te delg, maar terwyl hy besig was om verderf te saai, het die Here toegekyk en besluit om die straf nie verder te voer nie. Hy het vir die engel wat die verderf aanrig, gesê: “Dit is nou genoeg! Trek jou hand terug!”
Die engel van die Here het by die dorsvloer van Arauna die Jebusiet gestaan.16
Toe Dawid opkyk en die engel van die Here tussen hemel en aarde sien staan met sy ontblote swaard in die hand en oor Jerusalem uitgesteek, val Dawid en die leiers met rouklere aan op hulle knieë neer.17 Dawid het vir God gesê: “Dit is tog ék wat opdrag gegee het om 'n sensus van die volk te hou en ék wat gesondig het. Die herder het kwaad gedoen, maar hierdie kudde, wat het húlle gedoen? Here my God, tree tog teen my en my familie op, maar nie met 'n plaag teen u volk nie.”
18
Die engel van die Here het toe vir Gad opdrag gegee om vir Dawid te sê hy moet vir die Here 'n altaar gaan oprig op die dorsvloer van Arauna die Jebusiet.19 Dawid het toe gegaan soos Gad hom in die Naam van die Here beveel het.
20
Arauna was besig om koring uit te trap. Toe hy omdraai en die engel sien, het hy en sy vier seuns by hom weggekruip.21 Terwyl Dawid na Arauna toe kom, kyk Arauna af en sien hom. Hy het van die dorsvloer af gegaan en diep voor Dawid gebuig.
22
Dawid sê toe vir hom: “Laat my die plek met die dorsvloer kry. Ek wil daarop vir die Here 'n altaar bou. Laat my dit kry vir die volle waarde daarvan, dat die plaag kan wegkom van die volk af.”23
Arauna het vir Dawid gesê: “U kan dit gerus maar vat, U Majesteit; doen wat u goedvind. Ek gee ook nog die beeste vir die brandoffer, die dorsslee vir hout en die koring vir die graanoffer. Ek gee alles.”24
Hierop het koning Dawid vir Arauna gesê: “Nee, ek koop dit beslis van jou vir die volle waarde. Ek kan nie van wat joune is vir die Here bring nie. Ek bring nie 'n brandoffer wat my niks kos nie.”25
Dawid het aan Arauna byna sewe kilogram goud vir die plek betaal26 en daar 'n altaar vir die Here gebou. Hy het brandoffers en maaltydoffers gebring en die Here aangeroep. Die Here het hom geantwoord deur vuur uit die hemel op die brandofferaltaar af te stuur.
27 Daarna het die Here met die engel gepraat en hy het sy swaard in die skede teruggesit.
28
Toe Dawid destyds gemerk het die Here antwoord hom daar op die dorsvloer van Arauna die Jebusiet, het hy daar bly offer.29 Die tabernakel van die Here wat Moses in die woestyn gemaak het en die brandofferaltaar was toe op die hoogte in Gibeon,
30 maar Dawid was nie in staat om God daar te gaan raadpleeg nie, want hy is afgeskrik deur die swaard van die engel van die Here.
1
Dawid het toe gesê: “Die heiligdom van God, die Here, is nou hier by die dorsvloer en hier is ook die brandofferaltaar vir Israel.”2
Dawid het die vreemdelinge wat in Israel woonagtig was, bymekaar laat bring en klipkappers aan die werk gesit om messelklippe reg te kap vir die bou van die huis van God.3 Hy het 'n massa yster vir die spykers van die poortdeure en vir kramme gereed gemaak, en ook 'n massa brons, te veel om te weeg.
4 Daar was soveel sederhout dat dit nie gemeet kon word nie, want die Sidoniërs en Tiriërs het sederhout in oorvloed aan Dawid gelewer.
5
Dawid het gesê: “My seun Salomo is nog jonk en sag, en die huis wat vir die Here gebou gaan word, moet indrukwekkend groots wees, 'n roem en 'n sieraad vir alle lande. Daarom tref ek maar vir hom die voorbereidings.” So het Dawid voor sy dood 'n groot hoeveelheid materiaal gereed gemaak.6 Daarna het hy sy seun Salomo geroep en hom voorskrifte gegee oor die bou van 'n huis vir die Here die God van Israel.
7 Hy het vir Salomo gesê: “My seun, ek was van gedagte om 'n huis vir die Naam van die Here my God te bou,
8 maar die woord van die Here het tot my gekom en gesê: ‘Jy het bloed in strome laat vloei en groot oorloë gevoer. Jy mag nie vir my Naam 'n huis bou nie, want jy het voor my oë te veel bloed op die aarde laat vloei.
9 Jy gaan 'n seun hê wat 'n man van vrede sal wees, want Ek sal hom rus gee van al sy vyande rondom hom. Daarom sal sy naam Salomo wees: Ek sal vrede en kalmte aan Israel gee tydens sy regering.
10 Hy sal vir my Naam 'n huis bou. Hy sal vir My 'n seun en Ek vir hom 'n vader wees. Ek sal die troon van sy koninklike heerskappy oor Israel altyd stewig laat staan.’
11
“Mag die Here dan nou by jou wees, my seun, en jou voorspoed gee dat jy die huis van die Here jou God kan bou soos Hy beloof het dat jy sal doen.12 Mag die Here jou tog net verstand en insig gee en die nodige opdragte in verband met Israel, dat jy die wet van die Here jou God kan nakom.
13 Jy sal voorspoed hê net as jy sorg dra dat die voorskrifte en bepalings wat die Here vir Moses in verband met Israel gegee het, nagekom word. Wees sterk en staan vas. Moenie bang wees nie en moenie besorg wees nie.
14 Onder al my swaarkry het ek vir die huis van die Here drie duisend vier honderd sewe en twintig ton goud en vier en dertig duisend twee honderd en sewentig ton silwer opsy gesit, en 'n massa brons en yster, te veel om te weeg. Ek het ook hout en klip gereed gemaak, en jy kan daar nog byvoeg.
15 Daar is bowendien 'n menigte arbeiders tot jou beskikking: klipkappers, vakmanne in klip en hout, en allerlei ander vakmanne, bedrewe in enige tegniek.
16 Daar is goud, silwer, brons en yster in onberekenbare hoeveelhede. Pak nou die werk aan, en mag die Here by jou wees.”
17
Dawid het ook al die gesaghebbers van Israel beveel om sy seun Salomo te help:18 “Was die Here julle God nie by julle nie en het Hy julle nie op alle grense rus gegee nie? Hy het die inheemse bevolking van die land in my mag gegee, en die land is aan die Here en sy volk onderwerp.
19 Gee nou hart en siel daaraan om aan die Here julle God gehoorsaam te wees, en begin bou aan die heiligdom van God die Here, sodat die verbondsark van die Here en die gewyde voorwerpe van God ingebring kan word in die huis wat vir die Naam van die Here gebou sal word.”
1
Toe Dawid oud word en sy einde begin nader, het hy sy seun Salomo koning oor Israel gemaak.2 Hy het ook al die ampsdraers van Israel, die priesters en die Leviete laat bymekaarkom.
3 Toe hulle getel is, was die Leviete, die mans van dertig jaar en ouer, altesaam ag en dertig duisend.
4 Van hulle moes vier en twintig duisend sorg dra vir die werksaamhede in die huis van die Here, en ses duisend die orde en regspraak behartig;
5 vier duisend was poortwagte, en vier duisend moes sorg vir die lof van die Here op die instrumente wat daarvoor vervaardig is.
6
Dawid het hulle ingedeel in groepe volgens die seuns van Levi: Gerson, Kehat en Merari.7
Onder die Gersoniete is Ladan en Simi gereken.8 Die seuns van Ladan was Jegiël, die hoof, Setam en Joël, hulle drie.
9 Die seuns van Simi was Selomit, Gasiël en Haran, ook drie. Hulle was die familiehoofde van Ladan.
10 Die seuns van Simi was Jagat, Sisa, Jeüs en Beria. Dit was die vier seuns van Simi.
11 Jagat was hoof en Sisa tweede in rang. Jeüs en Beria het nie baie seuns gehad nie en vorm saam een diensgroep van die familie.
12
Die seuns van Kehat was Amram, Jishar, Hebron en Ussiël, hulle vier.13 Die seuns van Amram was Aäron en Moses. Aäron is vir altyd afgesonder, hy en sy nageslag, om blywend die heilige diens in die Allerheiligste te verrig, om vir die Here wierookoffers te bring, Hom te dien en in sy Naam die seën uit te spreek.
14 Wat Moses betref, die man van God, sy nageslag is by die stam Levi gereken.
15 Die seuns van Moses was Gersom en Eliëser.
16 Van die nageslag van Gersom was Subael die hoof.
17 Van die nageslag van Eliëser was sy seun Regabja die hoof. Eliëser self het nie ander seuns gehad nie, maar Regabja het besonder baie gehad.
18
Van die nageslag van Jishar was Selomit die hoof.19 Van die nageslag van Hebron was Jerija die hoof, Amarja die tweede, Jagasiël die derde en Jekamam die vierde.
20 Van die nageslag van Ussiël was Miga die hoof en Jissija die tweede.
21
Die seuns van Merari was Magli en Musi. Die seuns van Magli was Eleasar en Kis.22 Toe Eleasar gesterf het, het hy geen seuns gehad nie, net dogters. Hulle verwante, die seuns van Kis, het met hulle getrou.
23 Die seuns van Musi was Magli, Eder en Jeremot, hulle drie.
24
Dit is dan die Leviete volgens hulle families, die familiehoofde volgens hulle diensgroepe, soos hulle een vir een by name opgeneem is. Die Leviete van twintig jaar en ouer het die werksaamhede verrig in die diens van die huis van die Here.25
Dit het so gekom omdat Dawid gesê het: “Die Here die God van Israel het sy volk rus geskenk en Hy wil vir altyd in Jerusalem woon.26 Die Leviete hoef nie meer die tabernakel met al die toebehore vir sy diens te vervoer nie.”
27
Dit is dus die getal Leviete van twintig jaar en ouer wat diens gedoen het soos Dawid dit kort voor sy dood gereël het.28 Hulle het die Aäroniete bygestaan in die diens van die huis van die Here. Hulle was verantwoordelik vir die voorhowe, die kamers, die reiniging van al die gewyde dinge en vir die werksaamhede van die tempeldiens.
29 Hulle moes sorg vir die offerbrood, die meel vir die graanoffer, die ongesuurde brood, die bakplaat, die deegmengsel en vir elke inhouds- en lengtemaat.
30 Hulle moes ook elke môre hulle plek inneem vir die dank en lof aan die Here, en so ook saans.
31 Verder moes hulle help by die bring van al die offers vir die Here op sabbatte, nuwemaansfeeste en ander feestye. Dit moes voortdurend voor die Here geskied, volgens die reëlmaat wat daarvoor vasgestel is.
32 So moes hulle al die nodige doen by die tent van ontmoeting, by die heiligdom, en saam met hulle ampsbroers die priesters in die diens van die huis van die Here.
1
Wat die Aäroniete betref, hulle afdelings moes dié van die seuns van Aäron gewees het: Nadab en Abihu, Eleasar en Itamar.2 Nadab en Abihu is egter dood vóór hulle pa en hulle het nie seuns gehad nie. Daarom het net Eleasar en Itamar die priesterskap gekry.
3 Dawid het hulle met behulp van Sadok, uit die nageslag van Eleasar, en Agimelek, uit die nageslag van Itamar, in diensgroepe ingedeel vir die uitvoering van hulle pligte.
4 Toe hulle vind dat die nageslag van Eleasar meer manlike hoofde het as die nageslag van Itamar, het hulle die nageslag van Eleasar onder sestien familiehoofde en die nageslag van Itamar onder ag ingedeel.
5 Hulle het hulle deur loting ingedeel, die een groep by die ander, sodat daar ampsdraers van die heiligdom, ampsdraers vir God, uit die Eleasargeslag én uit die Itamargeslag gekom het.
6 Die administratiewe amptenaar Semaja, 'n Leviet, seun van Netanel, het hulle opgeskrywe in teenwoordigheid van die koning, die amptenare, die priester Sadok, Agimelek seun van Abjatar en die familiehoofde van die priesters en die Leviete. Telkens is twee families vir Eleasar en een vir Itamar geneem.
7
Die eerste lot het op Jojarib geval, die tweede op Jedaja,8 die derde op Garim, die vierde op Seorim,
9 die vyfde op Malkija, die sesde op Mijamin,
10 die sewende op Kos, die agste op Abia,
11 die negende op Jesua, die tiende op Sekanja,
12 die elfde op Eljasib, die twaalfde op Jakim,
13 die dertiende op Guppa, die veertiende op Jesebab,
14 die vyftiende op Bilga, die sestiende op Immer,
15 die sewentiende op Gesir, die agtiende op Pisses,
16 die negentiende op Petagja, die twintigste op Esegiël,
17 die een en twintigste op Jakin, die twee en twintigste op Gamul,
18 die drie en twintigste op Delaja en die vier en twintigste op Maäsja.
19 Dit was die diensgroepe waarvolgens hulle vir die uitvoering van hulle pligte na die huis van die Here toe gekom het. Dit moes geskied volgens die orde wat Aäron, hulle pa, neergelê het in ooreenstemming met die bevel van die Here die God van Israel.
20
Wat die oorblywende Leviete betref, hulle familiehoofde was die volgende: Subael uit die nageslag van Amram, Jegdeja uit die nageslag van Subael,21 Jissija uit die nageslag van Regabja,
22 Selomit uit die nageslag van Jishar, en Jagat uit die nageslag van Selomit.
23 Uit die nageslag van Hebron was daar vier: Jerija, Amarja, Jagasiël en Jekamam.
24 Miga was uit die nageslag van Ussiël, en Samir uit dié van Miga.
25 Jissija was Miga se broer, en Sagaria was die familiehoof uit die nageslag van Jissija.
26 Die seuns van Merari was Magli en Musi. Uit die nageslag van Jaäsija,
27 'n seun van Merari, was Soham, Sakkur en Ibri familiehoofde.
28 Uit die nageslag van Magli was daar Eleasar, maar hy het nie seuns gehad nie.
29 Jeragmeël was die familiehoof uit die nageslag van Kis.
30 Die seuns van Musi was Magli, Eder en Jerimot.
Dit is dan die Leviete volgens hulle families.31 Hulle het ook, naas hulle broers, die nageslag van Aäron, deelgeneem aan die loting in teenwoordigheid van koning Dawid, Sadok, Agimelek en die familiehoofde van die priesters en die Leviete. Van elke familie is almal, van die hoof tot by sy jongste broer, ingereken.
1
Dawid en die amptenare in beheer het die seuns van Asaf, Heman en Jedutun vir 'n besondere diens afgesonder. Hulle was mense wat onder begeleiding van liere, harpe en simbale as profete opgetree het. Hier volg besonderhede oor die manne wat 'n funksie gehad het in hierdie diens.2
Die seuns van Asaf, naamlik Sakkur, Josef, Netanja en Asarela, was onder leiding van Asaf wat as profeet in diens van die koning opgetree het.3
Die seuns van Jedutun, naamlik Gedalja, Seri, Jesaja, Simi , Gasabja en Mattitja, was al ses onder leiding van Jedutun, hulle pa, wat met begeleiding van die lier as profeet opgetree het in die dank en die lof aan die Here.4
Die seuns van Heman was Bukkija, Mattanja, Ussiël, Subael, Jerimot, Gananja, Ganani, Eliata, Giddalti, Romamti-Eser, Josbekasa, Malloti, Hotir en Magasiot.5 Hulle almal was seuns van Heman, die siener van die koning in godsdienstige sake, en hulle het hom groot aansien verleen. God het aan Heman veertien seuns en drie dogters gegee.
6 Hulle het almal onder leiding van hulle pa die sang in die huis van die Here begelei op simbale, harpe en liere in die tempeldiens.
Asaf, Jedutun en Heman was in diens van die koning.7 Saam met hulle ampsgenote wat in sang ter ere van die Here onderrig was, was die getal opgeleides twee honderd ag en tagtig.
8
Hulle is vir diens geloot volgens die reël dat oud en jonk gelyk is, of hy nou al opgelei of leerling was.9 Die eerste lot het op Josef, uit die nageslag van Asaf, geval; die tweede op Gedalja,
10 die derde op Sakkur,
11 die vierde op Seri,
12 die vyfde op Netanja,
13 die sesde op Bukkija,
14 die sewende op Asarela,
15 die agste op Jesaja,
16 die negende op Mattanja,
17 die tiende op Simi,
18 die elfde op Asarel,
19 die twaalfde op Gasabja,
20 die dertiende op Subael,
21 die veertiende op Mattitja,
22 die vyftiende op Jeremot,
23 die sestiende op Gananja,
24 die sewentiende op Josbekasa,
25 die agtiende op Ganani,
26 die negentiende op Malloti,
27 die twintigste op Eliata,
28 die een en twintigste op Hotir,
29 die twee en twintigste op Giddalti,
30 die drie en twintigste op Magasiot,
31 die vier en twintigste op Romamti-Eser. Elke groep, die leier, sy seuns en ampsgenote, was twaalf.
1
Wat betref die afdelings poortwagte was daar van die Koragiete Meselemja seun van Kore, uit die geslag van Asaf.2 Die oudste seun van Meselemja was Sagaria, die tweede Jediael, die derde Sebadja, die vierde Jatniël,
3 die vyfde Elam, die sesde Joganan, die sewende Eljehoënai.
4 Die oudste seun van Obed-Edom was Semaja, die tweede Josabad, die derde Joag, die vierde Sakar, die vyfde Netanel,
5 die sesde Ammiël, die sewende Issaskar, die agste Peülletai. God het vir Obed-Edom besonderlik geseën.
6 Sy seun Semaja het vader geword van seuns wat gesagsposisies in hulle familie beklee het, want hulle was bekwame mense.
7 Die seuns van Semaja was Otni, Refael, Obed, Elsabad, en sy broers was Elihu en Semakja, knap mense.
8 Hulle was almal uit die nageslag van Obed-Edom. Hulle sowel as hulle seuns en broers was bekwame manne, flink in die diens. Obed-Edom se groep was twee en sestig.
9 Van Meselemja was daar agtien bekwame seuns en broers.
10 Die seuns van Gosa, van die Merarigroep, het Simri as hoof gehad. Hy was nie die oudste nie, maar sy vader het hom as hoof aangestel.
11 Die tweede was Gilkija, die derde Tebalja, die vierde Sagaria. Gosa het dertien seuns en broers gehad.
12
Hierdie afdelings poortwagte, ingedeel volgens die manlike familiehoofde, het diens gedoen saam met hulle ampsgenote wat vir die huis van die Here moes sorg.13 Oud en jonk het op gelyke voet aan die loting vir elke poort deelgeneem volgens hulle families.
14 Die lot vir die oospoort het op Meselemja geval. Toe hulle vir sy seun Sagaria, die verstandige raadgewer, die lot werp, is hy vir die noordpoort geloot.
15 Die suidpoort is toegewys aan Obed-Edom, en die voorraadgebou aan sy seuns.
16 Suppim en Gosa het die wespoort gekry, asook die Salleketpoort by die pad na die noorde toe. Die een wagbeurt het op die ander gevolg.
17 By die oospoort was ses Leviete, by die noordpoort elke dag vier, by die suidpoort elke dag vier en by die voorrade elke keer twee.
18 Wat die plein by die wespoort betref, was daar langs die pad vier en by die plein twee.
19 Dit was dan die afdelings poortwagte, van die Korag- en die Merarigroep.
20
Sommige van hulle Levitiese ampsgenote het toesig gehou oor die tempelskatte en oor die wydingsgeskenke.21 [21-22] Uit die Jegiëlgroep was daar Setam en sy broer Joël. Hulle was uit die nageslag van Ladan, dit is afstammelinge van die Gersonitiese lyn deur Ladan, en familiehoofde van Ladan die Gersoniet. Hulle was in beheer van die skatte van die huis van die Here.
22
23
Uit die groepe van Amram, Jishar, Hebron en Ussiël24 was Subael, seun van Moses se seun Gersom, die hoofamptenaar belas met toesig oor die skatte.
25 Sy ampsgenote het hulle afstamming teruggevoer op Eliëser deur Regabja, Jesaja, Joram, Sikri en Selomit.
26 Hierdie Selomit en sy ampsgenote het toesig gehad oor al die wydingsgeskenke wat koning Dawid, die familiehoofde, die aanvoerders van duisend en honderd, en die leërhoofde aan die Here gewy het.
27 Hulle het van die buit uit die oorloë gewy om die huis van die Here te onderhou.
28 Alles wat die siener Samuel, Saul seun van Kis, Abner seun van Ner, en Joab seun van Seruja, gewy het, alles wat gewy is, was onder beheer van Selomit en sy ampsgenote.
29
Kenanja en sy seuns uit die Jishargroep was belas met werksaamhede buite die tempel. Hulle moes in Israel die orde handhaaf en vir die regspraak sorg.30
Van die Hebrongroep was Gasabja en sy ampsgenote, sewentien honderd bekwame manne, van die Jordaan af weswaarts belas met die opsig oor Israel vir alle werk van die Here en vir die koninklike diens.31 Van die Hebrongroep was Jerija die hoof volgens stamboom en familie. In die veertigste jaar van Dawid se regering is 'n opname van die Hebrongroep gemaak, en daar is in Jaser in Gilead bekwame manne onder hulle gevind.
32 Jerija het twee duisend sewe honderd bekwame ampsgenote gehad, almal familiehoofde. Koning Dawid het hulle aangestel oor die stamme Ruben en Gad en oor die halwe Manassestam, vir alle sake wat in verband staan met die diens van God en met die diens aan die koning.
1
Hier volg 'n opgawe van die Israelitiese familiehoofde, die aanvoerders van duisend en honderd, en die toesighoudende amptenare wat in diens van die koning gestaan het met betrekking tot alles rakende die afdelings wat deur die jaar elke maand omgeruil het. Elke afdeling het uit vier en twintig duisend man bestaan.2 Jasobam seun van Sabdiël was in bevel van die eerste afdeling, dié vir die eerste maand.
3 Hy was uit die Peresgroep en was gedurende die eerste maand hoof van al die leëraanvoerders.
4 Dodai uit Agoag was in bevel van die afdeling vir die tweede maand. Sy afdeling se hoofaanvoerder was Miklot.
5 Benaja seun van die hoëpriester Jojada was die derde leëraanvoerder, vir die derde maand.
6 Hierdie Benaja was 'n sterk leier onder die dertig dapper manne van Dawid en in bevel van die dertig. Sy seun Ammisabad was na hom in bevel van die afdeling.
7 Die vierde, vir die vierde maand, was Asael broer van Joab en ná hom sy seun Sebadja.
8 Die vyfde, vir die vyfde maand, was die aanvoerder Samhut, uit Jisrag.
9 Die sesde, vir die sesde maand, was Ira seun van Ikkes, uit Tekoa.
10 Die sewende, vir die sewende maand, was Geles, uit Pelon in Efraim.
11 Die agste, vir die agste maand, was Sibbekai, van Gusa uit die Seraggroep.
12 Die negende, vir die negende maand, was Abiëser, uit Anatot in Benjamin.
13 Die tiende, vir die tiende maand, was Marai, van Netofa uit die Seraggroep.
14 Die elfde, vir die elfde maand, was Benaja, uit Piraton in Efraim.
15 Die twaalfde, vir die twaalfde maand, was Geled, van Netofa uit die Otniëlgroep. Elkeen van hierdie afdelings was vier en twintig duisend sterk.
16
Die beheer oor die Israelitiese stamme was soos volg: Die hoofamptenaar Eliëser seun van Sikri was oor die Rubeniete; Sefatja seun van Maäka oor die Simeoniete;17 Gasabja seun van Kemuel oor Levi; Sadok oor die Aäroniete;
18 Elihu, uit die broers van Dawid, oor Juda; Omri seun van Migael oor Issaskar;
19 Jismaja seun van Obadja oor Sebulon; Jerimot seun van Asriël oor Naftali;
20 Hosea seun van Asasja oor die Efraimiete; Joël seun van Pedaja oor die halwe Manassestam;
21 Jiddo seun van Sagaria oor die halwe Manassestam in Gilead; Jaäsiël seun van Abner oor Benjamin;
22 Asarel seun van Jerogam oor Dan. Dit was die manne in beheer van die Israelitiese stamme.
23
Dawid het nie 'n opgawe van die Israeliete van twintig jaar en jonger laat maak nie, want die Here het beloof om Israel so baie soos die sterre van die hemel te maak.24 Joab seun van Seruja het begin om 'n opname te maak, maar dit nie afgehandel nie, want daardeur het die toorn van die Here teen Israel losgebreek. Daarom is die getal nie opgeneem in koning Dawid se annale nie.
25
Asmawet seun van Adiël was in beheer van die skatte van die koning. Jonatan seun van Ussia was in beheer van die skatte op die platteland, in die stede, dorpe en vestings.26 Esri seun van Kelub was in beheer van die arbeiders op die land wat die grond bewerk het.
27 Simi uit Rama was in beheer van die wingerde, en Sabdi uit Sefam in beheer van die wynvoorrade in die wingerde.
28 Baäl-Ganan uit Geder was in beheer van die olywe en wildevye in die Laeveld, en Joas in beheer van die olievoorrade.
29 Sitrai uit Saron was in beheer van die vee wat in Saron gewei het, en Safat seun van Adlai in beheer van die vee in die laagtes.
30 Die Ismaeliet Obil was in beheer van die kamele, en Jegdeja uit Meronot in beheer van die donkies.
31 Die Hagareër Jasis was in beheer van die kleinvee. Dit was al die opsigters oor die besittings van koning Dawid.
32
Dawid se oom Jonatan die raadgewer, 'n verstandige en geleerde man, en Jegiël seun van Gakmoni het die opvoeding van die prinse waargeneem.33 Agitofel was die raadgewer van die koning, en die Arkiet Gusai was die vriend van die koning.
34 Agitofel is later opgevolg deur Jojada seun van Benaja en deur Abjatar. Joab was die koning se leërhoof.
1
Dawid het al die gesagsdraers van Israel laat bymekaarkom in Jerusalem: dié wat gesag gehad het oor die stamme, oor die afdelings in diens van die koning, oor duisend, oor honderd, oor al die koninklike besittings en vee, en verder sy seuns saam met die hoofbeamptes, die helde en al die manne van betekenis.2
Toe het koning Dawid opgestaan en gesê: “My broers, my volk, luister na my! Ek was van gedagte om 'n gebou op te rig as staanplek vir die verbondsark van die Here en as rusplek vir die voete van ons God. Ek het reeds voorbereidings vir die bouwerk getref,3 maar God het vir my gesê: ‘Jy sal nie vir my Naam 'n huis bou nie, want jy is 'n man van baie oorloë en jy het baie bloed vergiet.’
4
“Die Here die God van Israel het my bo my hele familie verkies om my lewe lank koning oor Israel te wees. Hy het Juda gekies as leidende stam, uit die huis van Juda my familie, en Hy het onder my vader se seuns aan my die voorkeur gegee om oor die hele Israel te regeer.5 Uit al my seuns, want die Here het my baie seuns gegee, het Hy my seun Salomo gekies om te sit op die troon van waar die Here self oor Israel regeer.
6 Hy het vir my gesê: ‘Jou seun Salomo sal vir My die tempel met sy voorhowe bou, want Ek het hom vir My as seun gekies, en Ek sal vir hom 'n vader wees.
7 As hy volhou om my gebooie en bepalings na te kom soos nou, sal Ek sy koningskap sy lewe lank bevestig.’
8
“Daarom gebied ek, Dawid, julle nou in teenwoordigheid van die hele Israel, die gemeente van die Here, en ten aanhore van ons God: Onderhou en ondersoek al die gebooie van die Here julle God, dat julle die goeie land kan bly besit en dit as 'n blywende erfenis aan julle kinders na julle kan nalaat.9 En jy, Salomo, my seun, jy moet die God van jou vader ken en Hom dien met jou hele hart en met 'n gewillige gemoed, want die Here ondersoek alle harte en ken die bedoeling van elke gedagte. As jy na Hom vra, sal Hy Hom deur jou laat vind, maar as jy Hom verlaat, sal Hy jou vir altyd verwerp.
10 Besef nou dat die Here jou gekies het om 'n gebou as heiligdom op te rig. Pak nou die werk aan en doen dit!”
11
Dawid het sy seun Salomo voorsien van 'n model van die voorportaal met die geboue wat daarby behoort: die voorraadkamers, soldervertrekke, binnevertrekke en die vertrek waarin die versoendeksel sou kom.12 Dit was 'n model van alles wat hy hom voorgestel het: van die voorhowe van die huis van die Here en van al die kamers rondom vir die tempelskatte en die wydingsgeskenke,
13 vir die afdelings priesters en Leviete, vir al die werk verbonde aan die diens in die huis van die Here en vir al die gereedskap wat nodig was vir dié diens.
14 Dawid het Salomo ook ingelig oor die presiese hoeveelheid goud wat nodig sou wees vir al die gereedskap vir elke soort diens, die presiese hoeveelheid vir al die silwergereedskap, oor al die gereedskap vir elke besondere werk,
15 oor die presiese hoeveelheid vir die goue kandelaars met hulle goue lampe, die hoeveelheid wat nodig sou wees vir elke kandelaar met sy lampe, oor die silwerkandelaars, die presiese hoeveelheid vir 'n kandelaar met sy lampe al na gelang die funksie van die kandelaar,
16 oor die hoeveelheid goud vir elkeen van die tafels met die offerbrood, die silwer vir die silwertafels,
17 oor die vurke, komme en kanne van suiwer goud, oor die hoeveelheid vir elke goue beker en elke silwerbeker,
18 oor die hoeveelheid gesuiwerde goud vir die wierookaltaar en oor die vorm van die rytuig, die gerubs van goud wat hulle vlerke moes uitsprei om die verbondsark van die Here te bedek.
19 Dit alles, die hele uitvoering van die werk, het Dawid deur 'n openbaring van God te wete gekom en hy het dit op skrif gestel.
20
Dawid het vir sy seun Salomo gesê: “Wees sterk, staan vas, begin die werk! Moenie bang wees nie en moenie besorg wees nie, want God die Here, my God, is by jou. Hy sal jou nie aan jouself oorlaat of jou verlaat nie, sodat jy al die werk vir die diens in sy huis kan afhandel.21 Die afdelings priesters en Leviete is gereed vir die volledige tempeldiens, en daar is vakmanne tot jou beskikking wat bedrewe is in al die soorte werk vir elke diens, terwyl die amptenare en die hele volk op jou bevele wag.”
1
Koning Dawid het die hele vergadering soos volg toegespreek: “My seun Salomo, die één wat deur God gekies is, is jonk en sag, maar die werk is groot. Hierdie paleis is nie vir 'n mens bedoel nie, maar vir God die Here.2 Met alles in my vermoë het ek vir die huis van my God materiaal gereed gebring: goud vir die goudwerk, silwer vir die silwerwerk, brons vir die bronswerk, yster vir die ysterwerk, hout vir die houtwerk, oniks met die gesteentes om daarrondom in te lê, steentjies vir mosaïekwerk, allerlei edelstene en 'n groot hoeveelheid marmer.
3 Omdat die huis van my God my na aan die hart lê, skenk ek ook nog my besit aan goud en silwer bo en behalwe alles wat ek reeds vir die heiligdom gereedgebring het:
4 honderd en drie ton goud, van Ofir se goud, en twee honderd en veertig ton gesuiwerde silwer om die mure van die vertrekke oor te trek
5 en om die goud vir die goudwerk en die silwer vir die silwerwerk te voorsien, en vir al die werk wat deur die vakmanne gedoen moet word. Wie is nog gewillig om vandag sy hand oop te maak met 'n gawe aan die Here?”
6
Die familiehoofde, die stamhoofde van Israel, die aanvoerders van duisend en van honderd, en die amptenare in beheer van die koning se dienste was almal gewillig.7 Hulle het vir die tempeldiens honderd een en sewentig ton goud, drie honderd twee en veertig ton silwer, ses honderd en sestien ton brons en drie duisend vier honderd sewe en twintig ton yster bygedra.
8 Wie edelstene by hom gehad het, het dit aan die Gersoniet Jegiël gegee vir die tempelskat.
9 Die volk was bly oor hulle gewilligheid, want hulle het die vrywillige gawes aan die Here met hulle hele hart gegee. Koning Dawid was ook baie bly.
10
Dawid het 'n lofprysing aan die Here in teenwoordigheid van die hele vergadering uitgespreek. Sy woorde was: “Geloof sy U, Here, God van ons voorvader Israel, van ewigheid tot ewigheid.11 Die grootheid, Here, die krag, die glans, die roem en die majesteit behoort aan U, ja, alles in die hemel en op aarde. Aan U, Here, behoort die heerskappy; U is bo almal verhewe.
12 Van U kom rykdom en eer. U heers oor alles. Mag en krag word deur U geskenk, en dit berus by U om enigiemand groot en sterk te maak.
13 En nou loof ons U, ons God, ons prys u glansryke Naam,
14 want wie is ek en wie is my volk dat ons die vermoë sou hê om sulke gawes te bring? Alles kom tog van U af en ons gee aan U wat ons van U gekry het.
15 Net soos al ons voorvaders is ons by U sonder reg of aanspraak. Ons tyd op aarde is soos 'n skaduwee, dit gaan verby.
16 Here ons God, al hierdie goed wat ons bymekaargemaak het om 'n huis vir u heilige Naam te bou, het ons van U gekry en dit behoort aan U.
17 Ek weet, my God, dat U die hart ondersoek en dat U opregtheid wil hê. Ek het in opregtheid van hart al hierdie gawes gebring, en nou het ek met vreugde gesien hoe u volk wat hier teenwoordig is, sy gawes aan U bring.
18 Here, God van ons voorvaders Abraham, Isak en Israel, behou vir altyd hierdie gesindheid in die gemoed van u volk. Rig hulle hart op U.
19 Gee aan my seun Salomo dat hy met volle oorgawe u gebooie, u verordeninge, u voorskrifte sal hou, dat hy dit alles sal doen en die tempel wat ek beplan het, sal bou.”
20
Daarna het Dawid vir die volle vergadering gesê: “Prys nou die Here julle God.” Die volle vergadering het toe die Here die God van hulle voorvaders geprys. Daarna het hulle voor die Here en die koning gekniel en in huldebetoon neergeval.21
Die volgende dag het hulle aan die Here as brand- en ander diereoffers duisend bulle, duisend ramme en duisend lammers geoffer, saam met die drankoffers wat daarby hoort. Daar was ook nog 'n menigte offers van die hele Israel.22 Hulle het daardie dag met uitbundige vreugde geëet en gedrink voor die Here. Vir die tweede keer het hulle ook vir Salomo seun van Dawid tot koning verklaar. Hulle het hom voor die Here tot koning gesalf en vir Sadok as priester.
23 Salomo het sy plek ingeneem op die troon van die Here as koning in die plek van sy pa. Salomo was voorspoedig en die hele Israel was hom onderdanig.
24 Al die amptenare en die lede van die lyfwag, en ook al koning Dawid se seuns, het 'n eed van trou aan koning Salomo afgelê.
25 Die Here het Salomo hoë aansien in die oë van die hele Israel laat geniet en hom 'n koninklike verhewenheid geskenk wat nie een van die Israelitiese konings voor hom gehad het nie.
26
Dawid seun van Isai het oor die hele Israel geregeer.27 Hy het veertig jaar lank oor Israel geregeer. Hy was sewe jaar koning in Hebron en drie en dertig jaar in Jerusalem.
28 Hy het op hoë ouderdom gesterf, na 'n vol lewe, ryk en geëerd. Sy seun Salomo het hom as koning opgevolg.
29 Die geskiedenis van koning Dawid, van begin tot einde, is opgeteken in die geskrifte van die siener Samuel, dié van die profeet Natan en dié van die siener Gad,
30 alles oor sy regering, sy heldedade en die tye wat oor hom, oor Israel en oor die koninkryke van die aarde heen gegaan het.