1
Na die dood van Josua het die Israeliete die Here geraadpleeg. Hulle het gevra: “Wie van ons moet eerste teen die Kanaäniete gaan veg?”2
Die Here het geantwoord: “Juda moet gaan. Ek gee die land oor in sy mag.”3
Toe sê Juda vir sy broer Simeon: “Kom saam met my na die gebied toe wat aan my toegesê is, dan veg ons saam teen die Kanaäniete. Ek sal dan weer saam met jou gaan na jou gebied toe.” Simeon is toe saam met hom.4
Juda het toe gaan veg, en die Here het die Kanaäniete en die Feresiete in Juda se mag oorgegee en hy het in Besek tien duisend man verslaan.5 Daar het hy op Adoni-Besek afgekom en teen hom geveg en die Kanaäniete en die Feresiete verslaan.
6 Adoni-Besek het gevlug, maar Juda het hom agternagesit en hom gevang. Hulle het sy duime en groottone afgesny.
7 Toe sê Adoni-Besek: “God het my nou die straf gegee wat ek verdien, want ek het sewentig konings se duime en groottone laat afsny, en hulle moes kos soek onder my tafel.” Juda het vir Adoni-Besek na Jerusalem toe gevat, en hy is daar dood.
8
Juda het teen Jerusalem geveg en dit ingeneem. Hulle het sy inwoners doodgemaak en die stad aan die brand gesteek.9 Daarna het Juda gaan veg teen die Kanaäniete wat gewoon het op die Bergland, in die Suidland en in die Laeveld.
10
Toe het Juda teen die Kanaäniete van Hebron gaan veg en vir Sesai, Agiman en Talmai verslaan. Hebron was vroeër bekend as Kirjat-Arba.11 Van hier af het Juda teen die mense van Debir gaan veg. Debir was vroeër bekend as Kirjat-Sefer.
12
By daardie geleentheid het Kaleb beloof: “Ek sal my dogter Aksa as vrou gee aan die man wat vir Kirjat-Sefer aanval en inneem.”13
Otniël seun van Kenas, 'n jonger broer van Kaleb, het dit ingeneem, en Kaleb het sy dogter Aksa vir hom as vrou gegee.14 Toe sy by hom kom, het hy haar aangepor om vir haar pa landbougrond te vra. Sy het van haar donkie afgeklim en Kaleb het vir haar gevra: “Wat wil jy vir my vra?”
15
Toe sê sy vir hom: “Gee my 'n stuk vrugbare grond. U het my die droë Suidland gegee. Gee my nou ook standhoudende water.” Kaleb het toe vir haar fonteine in die hooggeleë deel en fonteine in die laaggeleë deel gegee.16
Die Keniete, afstammelinge van Moses se skoonpa, het saam met Juda uit die Palmstad getrek na die Judawoestyn toe. Dit was geleë in die Suidland by Arad. Hulle het by die volk daar gaan woon.17
Juda het met sy broer Simeon saamgespan en die Kanaäniete verslaan wat in Sefat woon. Hulle het die stad in puin gelê en dit Gorma genoem.18
[18-19] Die Here was by Juda, en hulle het die Bergland in besit geneem. Maar Juda kon nie die inwoners van die Vlakte verslaan en hulle stede verower nie, want hulle het ysterstrydwaens gehad. Hulle stede was Gasa, Askelon en Ekron, elkeen met sy grondgebied.19
20
Soos Moses beveel het, is Hebron aan Kaleb gegee, en hy het die drie nasate van Enak uit Hebron verdryf.21
Die Jebusiete het in Jerusalem gewoon, en die Benjaminiete het hulle nie verslaan nie. Hulle woon nou nog saam met die Benjaminiete in Jerusalem.22
Die Josefstam het na Bet-El toe opgeruk en die Here was by hulle.23 Hulle het verkenners na Bet-El toe gestuur. Bet-El was vroeër bekend as Lus.
24 Die verkenners het 'n man uit die stad sien kom en vir hom gevra: “Wys ons tog hoe om in die stad te kom. Ons sal jou goed behandel.”
25
Hy het vir hulle gewys hoe om in die stad te kom. Die Josefstam het toe die stad verower en sy mense doodgemaak maar hierdie man en sy hele familie gespaar.26 Hy is toe na die Hetiete toe en daar het hy vir hom 'n stad gebou en dit Lus genoem. Dit is nou nog die stad se naam.
27
Manasse kon nie die stede Bet-San en Taänak en hulle buitedorpe verslaan nie, ook nie die inwoners van die stede Dor, Jibleam en Megiddo en hulle buitedorpe nie. Die Kanaäniete was sterk genoeg om in daardie stede te bly woon.28 Toe die Israeliete sterker geword het, het hulle die Kanaäniete dwangarbeid laat doen maar nie die stede ingeneem nie.
29
Ook Efraim het nie die Kanaäniete wat in Geser gewoon het, verslaan nie. Hulle het in Geser by Efraim bly woon.30
Sebulon het nie die inwoners van Kitron en Nahalal verslaan nie. Die Kanaäniete het by Sebulon bly woon en moes dwangarbeid doen.31
Aser het nie die inwoners van Akko, Sidon, Aglab, Aksib, Gelba, Afek en Regob verslaan nie.32 Die mense van Aser het tussen die Kanaäniete wat daar gebly het, gaan woon, want Aser het hulle nie verslaan nie.
33
Naftali het nie die inwoners van Bet-Semes en Bet-Anat verslaan nie. Hy het tussen die Kanaäniete wat daar gebly het, gaan woon, maar die inwoners van Bet-Semes en Bet-Anat moes dwangarbeid doen vir Naftali.34
Die Amoriete het vir Dan berg-in gedryf en hom nie in die laagte laat kom nie.35 Die Amoriete was sterk genoeg om in Har-Geres, Ajalon en Saälbim te bly woon. Maar toe die Josefstam sterker geword het, moes die Amoriete dwangarbeid doen.
36
Die grens van die Amoriete het by Skerpioenpas by die klip begin en het daarvandaan verder geloop.1
Die Engel van die Here het van Gilgal af na Bokim toe gegaan. Hy het gesê: “Ek het julle uit Egipte laat trek en julle gebring in die land wat Ek met 'n eed aan julle voorvaders beloof het. Ek het vir hulle gesê: ‘Ek sal my verbond met julle nooit verbreek nie,2 maar julle mag nie 'n verdrag sluit met die inwoners van hierdie land nie. Julle moet hulle altare afbreek.’ Maar julle het My nie gehoorsaam nie. Waarom het julle dit gedoen?
3 Daarom sê Ek vir julle: Ek sal nie hierdie nasies van julle af wegdryf nie. Hulle sal vir julle 'n strik word, en hulle gode sal vir julle 'n valstrik word.”
4
Toe die Engel van die Here dit alles vir die Israeliete gesê het, het die hele volk hard gehuil.5 Daarom het hulle die plek Bokim genoem. Hulle het daar 'n offer aan die Here gebring.
6
Nadat Josua die volk laat gaan het, het hulle die land gaan verower en daarna het elkeen na sy grond toe gegaan.7 So lank as Josua geleef het, het die volk die Here gedien. Dit was ook nog so terwyl die leiers geleef het wat vir Josua oorleef het. Hulle het nog al die groot dade beleef wat die Here gedoen het om vir Israel te help.
8 Josua, seun van Nun en dienaar van die Here, het honderd en tien jaar oud geword. Hy het gesterf,
9 en hy is begrawe op sy grond in Timnat-Geres op die Efraimsberge noord van Gaäsberg.
10 Al die mense van sy leeftyd het gesterf, en die volgende geslag se mense het nie die Here geken nie. Hulle het ook nie geweet van sy groot dade wat Hy gedoen het om vir Israel te help nie.
11
Die Israeliete het toe gedoen wat verkeerd is in die oë van die Here: hulle het die Baäls gedien.12 Hulle het opgehou om die Here die God van hulle voorvaders, wat hulle uit Egipte laat trek het, te dien. Hulle het ander gode begin dien, van die gode van die nasies in die omgewing. Die Israeliete het hierdie gode aanbid en die Here getart.
13 Hulle het opgehou om die Here te dien en hulle het die Baäls en die Astartes gedien.
14
Toe het die Here kwaad geword vir Israel en hulle oorgegee in die mag van roofbendes deur wie Israel beroof is. Die Here het hulle ook uitgelewer aan die vyande in die omgewing. Die Israeliete kon nie meer teen hulle vyande standhou nie.15 In watter rigting die Israeliete ook al gaan veg het, die Here het hulle teëgestaan. Dit is wat Hy voorheen vir hulle met 'n eed bevestig het. Die Israeliete het baie swaar gekry.
16
Maar die Here het leiers na vore laat kom en dié het die volk gered uit die mag van die mense deur wie hulle beroof is.17 Die volk het ook nie na hulle leiers geluister nie. Die volk was ontrou aan die Here en het ander gode aanbid en baie gou die pad van hulle voorvaders verlaat en ongehoorsaam geword aan die gebooie van die Here.
18
Wanneer die Here vir hulle leiers na vore laat kom het, was Hy by die leiers en so het Hy die volk gered uit die mag van hulle vyande. So was dit so lank as die leier geleef het, want die Here het medelye gehad met sy volk wanneer hulle om hulp geroep het oor hulle vyande deur wie hulle verdruk is.19 Maar na die leier se dood het hulle nog erger as hulle voorvaders gehandel en ander gode aangehang en gedien en aanbid. Hulle het nie hulle verkeerde dade en hulle hardkoppigheid laat vaar nie.
20
Dan het die Here kwaad geword vir die Israeliete en gesê: “Omdat hierdie volk hulle nie steur aan die verbond wat Ek met hulle voorvaders gesluit het en My nie gehoorsaam nie,21 sal Ek uit die nasies wat nie deur Josua voor sy dood oorwin is nie, nie verder 'n enkele mens verdryf om vir die Israeliete plek te maak nie.
22 Ek wil hulle met hierdie nasies op die proef stel om te sien of die Israeliete so gehoorsaam sal wees aan my wil soos hulle voorvaders en daarvolgens sal lewe of nie.”
23
Daarom het die Here hierdie nasies met rus gelaat en hulle nie dadelik verslaan en in Josua se mag oorgegee nie.1
Die Here het hierdie nasies met rus gelaat om die Israeliete met hulle op die proef te stel, dié Israeliete wat nie ondervinding gehad het van al die oorloë teen die Kanaäniete nie.2 Die Here wou hierdie Israeliete leer hoe om oorlog te maak, hulle wat dit nie voorheen ondervind het nie. Die volgende nasies is met rus gelaat:
3 die Filistyne met hulle vyf leiers, al die Kanaäniete, die mense van Sidon en die Hewiete wat Libanonberg bewoon het, van Baäl-Hermonberg af tot by Lebo-Hamat.
4
Hulle is met rus gelaat om Israel met hulle te toets, om te sien of die Israeliete gehoorsaam sou wees aan die gebooie van die Here, die gebooie wat Hy hulle voorvaders deur Moses beveel het.5 Die Israeliete het toe gewoon tussen die Kanaäniete, Hetiete, Amoriete, Feresiete, Hewiete en Jebusiete.
6 Die Israeliete het met die dogters van hierdie nasies getrou en hulle dogters met hierdie nasies se seuns laat trou. Die Israeliete het hierdie nasies se gode gedien.
7
Die Israeliete het gedoen wat verkeerd is in die oë van die Here. Hulle het die Here hulle God vergeet en die Baäls en die gewyde pale gedien.8 Toe het die Here kwaad geword vir die Israeliete. Hy het hulle oorgegee in die mag van koning Kusan-Risatajim van Mesopotamië en hulle was ag jaar sy onderdane.
9
Toe het die Israeliete tot die Here geroep, en Hy het vir hulle 'n redder na vore laat kom wat hulle gered het. Hy was Otniël seun van Kenas, 'n jonger broer van Kaleb.10 Die Gees van die Here was op hom en hy het oor Israel geregeer. Otniël het oorlog gemaak teen koning Kusan-Risatajim van Mesopotamië, en die Here het hom oorgegee in die mag van Otniël. Hy het vir Kusan-Risatajim verslaan.
11
Daarna was daar veertig jaar lank vrede in die land, en toe is Otniël seun van Kenas dood.12
Die Israeliete het weer gedoen wat verkeerd is in die oë van die Here en Hy het koning Eglon van Moab mag oor hulle laat kry omdat hulle gedoen het wat verkeerd is in die oë van die Here.13 Eglon het die Ammoniete en ook vir Amalek by hom laat aansluit, en hulle het die Israeliete gaan verslaan en die Palmstad verower.
14 Die Israeliete was agtien jaar lank die onderdane van koning Eglon van Moab.
15
Toe het hulle tot die Here geroep om hulp, en Hy het 'n redder vir hulle na vore laat kom, Ehud seun van Gera, 'n Benjaminiet. Ehud was links, en die Israeliete het hom met die belasting gestuur na koning Eglon van Moab toe.16
Ehud het vir hom 'n swaard gemaak, 'n halwe meter lank en aan albei kante geslyp. Hy het dit aan sy regterkant onder sy klere vasgemaak.17 Hy het die belasting oorhandig aan koning Eglon van Moab, 'n baie vet man.
18 Nadat Ehud die belasting oorhandig het, het die koning die mense wat dit gebring het, laat vertrek,
19 maar Ehud het by Die Beelde naby Gilgal omgedraai en vir die koning kom sê: “Koning Eglon, ek het 'n geheime boodskap om vir u te gee.”
Toe sê die koning: “Laat ons alleen,” en al sy amptenare het van hom af weggegaan.20 Ehud het nader gekom na die koning toe waar hy gesit het in sy koel bovertrek wat net vir hom bedoel was, en vir hom gesê: “Ek het 'n boodskap van God vir u.”
Hy het toe opgestaan van sy troon af,21 en Ehud het sy swaard van sy regterheup af met sy linkerhand gegryp en vir Eglon in sy maag gesteek.
22 Die hef het saam met die lem in sy maag ingegaan en die vet het oor die swaard gepeul, sodat Ehud dit nie kon uittrek nie. Hy het toe deur 'n geheime uitgang
23 en deur die voorportaal uitgegaan nadat hy die deur van die bovertrek toegetrek en gesluit het.
24 Nadat hy uit is, het Eglon se amptenare gekom en toe hulle sien dat die deure van die bovertrek gegrendel is, het hulle gedink die koning is seker besig om hom te ontlas daar in die koel vertrek.
25
Hulle het tot vervelens toe gewag, maar die koning het nie die deure van sy bovertrek oopgemaak nie, en toe hulle 'n sleutel vat en oopsluit, lê hulle koning daar dood op die vloer.26 En omdat hulle so lank gewag het, kon Ehud ontsnap. Hy het by Die Beelde verbygegaan en na Seïra toe gevlug.
27 Toe hy daar kom, het hy die ramshoring op die Efraimsberge laat blaas. Die Israeliete het van daar af na hom toe gekom. Hy het hulle leier geword
28 en vir hulle gesê: “Kom saam met my, want die Here gee julle vyande, die Moabiete, in julle mag oor.”
Hulle is toe saam met hom en hulle het die Jordaandriwwe na Moab toe beset en niemand daar laat deurgaan nie.29 By daardie geleentheid het hulle die Moabiete verslaan: omtrent tien duisend man, almal sterk en goeie soldate. Niemand het ontsnap nie.
30
Moab is daardie dag deur Israel onderwerp, en daar was tagtig jaar lank vrede in die land.31
Na Ehud het Samgar seun van Anat opgetree. Hy het ses honderd Filistyne doodgeslaan met 'n stok en so vir Israel gered.1
Na Ehud se dood het die Israeliete weer gedoen wat verkeerd is in die oë van die Here.2 Die Here het hulle oorgegee in die mag van koning Jabin van Kanaän wat in Hasor geregeer het. Sisera uit Garoset-Gojim was die hoof van Jabin se weermag.
3 Hy het nege honderd ysterstrydwaens gehad en hy het die Israeliete twintig jaar lank verdruk.
Daarom het hulle tot die Here geroep om hulp.4 In daardie tyd was Debora, die vrou van Lappidot, die leier van die Israeliete. Sy was 'n profetes.
5 Sy het altyd onder die Deborapalm in die Efraimsberge tussen Rama en Bet-El gesit, en die Israeliete het daarheen gekom sodat sy hulle geskille kon bylê.
6 Sy het vir Barak seun van Abinoam uit Kedes in Naftali laat roep en vir hom gesê: “Die Here die God van Israel beveel jou: Trek met tien duisend man uit Naftali en Sebulon op na Taborberg toe.
7 Ek sal vir Sisera, die hoof van Jabin se leër, met sy strydwaens en sy leër na jou toe laat optrek tot by Kisonspruit en Ek sal hulle in jou mag oorgee.”
8
Barak het haar geantwoord: “As u saamgaan, sal ek optrek, maar as u nie saamgaan nie, gaan ek nie.”9
Sy het vir hom gesê: “Goed, ek sal saamgaan, maar jy sal nie die eer vir die veldtog kry nie: die Here sal vir Sisera aan 'n vrou uitlewer.” Toe het Debora klaargemaak en saam met Barak na Kedes toe gegaan.10 Barak het vir Sebulon en Naftali daarheen ontbied. Tien duisend man het vir Barak gevolg, en Debora het saam met hom opgetrek.
11
In daardie gebied was daar 'n man met die naam Geber, 'n Keniet uit die nageslag van Moses se skoonpa Gobab. Geber het weggetrek van die Keniete af en sy tent opgeslaan by die groot boom in Saänannim naby Kedes.12
Daar is aan Sisera vertel dat Barak seun van Abinoam na Taborberg toe opgetrek het.13 Sisera het toe sy nege honderd strydwaens en al sy manskappe van Garoset-Gojim af laat kom na Kisonspruit toe.
14
Toe sê Debora vir Barak: “Trek op, want vandag gee die Here vir Sisera in jou mag oor. Die Here gaan voor jou uit.” Barak het toe van Taborberg af afgegaan, en die tien duisend man het hom gevolg.15 Die Here het Sisera en sy strydwabemanning en sy hele leër baie bang laat word vir Barak en sy mag, en Sisera het van sy strydwa af afgespring en te voet gevlug.
16 Barak het die strydwaens en die leër agternagesit tot by Garoset-Gojim, en die hele leër van Sisera is afgemaai: daar het nie een van hulle oorgebly nie.
17
Sisera het te voet gevlug na die tent van Jael, die Keniet Geber se vrou, want koning Jabin van Hasor en die familie van Geber die Keniet het op goeie voet verkeer.18 Jael het vir Sisera tegemoet gegaan en vir hom gesê: “Kom hierheen, Meneer! Kom na my toe, moenie bang wees nie!”
Toe gaan hy na haar toe in die tent en sy het hom agter 'n gordyn weggesteek.19 Hy sê toe vir haar: “Ek is dors, gee my 'n bietjie water om te drink.”
Sy het die melksak oopgemaak en hom melk laat drink. Toe het sy hom weer toegemaak.20 Hy het vir haar gesê: “Staan by die tentdeur, en as daar iemand kom wat vir jou vra: ‘Is hier dalk iemand by jou?’ moet jy vir hom sê: Nee!”
21
Jael die vrou van Geber het toe 'n tentpen gevat en met 'n hamer in haar hand is sy suutjies na Sisera toe. Hy was moeg en het vas geslaap. Toe slaan sy die tentpen deur die slaap van sy kop, sodat sy hom in die grond vasslaan, en so is hy dood.22
Barak was besig om vir Sisera te agtervolg, en Jael het na Barak toe gegaan. Toe sê sy vir hom: “Kom hier! Ek sal vir jou die man wys wat jy soek.” Toe Barak by haar kom, lê Sisera daar dood met 'n tentpen deur sy slaap.23
Daardie dag het God vir koning Jabin van Kanaän voor die Israeliete verneder24 en hulle het al hoe meer die oorhand oor hom gekry totdat hulle hom vernietig het.
1
Daardie dag het Debora en Barak seun van Abinoam gesing:2
“Julle moet die Here prys,
want leiers het opgetree in Israel,
die volk het hulle aangemeld vir die oorlog.
3
Luister, konings,
gee aandag, regeerders!
Ek sing tot eer van die Here,
ek prys die Here die God van Israel met my lied:
4
Toe U uit Seïr gekom het, Here,
toe U uit die veld van Edom opgetrek het,
het die aarde gebewe,
het die hemel reën gegee:
die wolke het strome water gegee.
5
Die berge het weggesmelt voor die Here,
voor Hom uit Sinai,
voor die Here die God van Israel.
6
“In die dae van Samgar seun van Anat,7
Die lewe buite die stede het in Israel gekwyn
en agteruitgegaan
totdat ek, Debora, na vore gekom het,
totdat 'n moeder in Israel na vore gekom het.
8
Toe die volk nuwe gode vir hulle gekies het,
het daar oorlog gekom,
maar nie een uit Israel se duisende soldate
het die wapen opgeneem nie.
9
“Ek staan by die leiers van Israel,10
julle wat op bruin donkies ry,
julle wat op mooi saalkleedjies sit,
julle wat op reis is,
julle moet dit alles vertel!
11
“Tussen die drinkbakke praat hulle daaroor,12
‘Kom, Debora, kom,
kom, kom sing 'n lied!
Maak klaar, Barak seun van Abinoam,
kom maak vir jou krygsgevangenes!’
13
“Dié van my volk wat oorgebly het,14
party was van Efraim, selfs ver uit Amalek uit,
saam met hulle Benjamin, almal uit jou volk,
party was van Makir, sy leiers het gekom,
en uit Sebulon dié wat die heersersepter dra,
15
die leiers uit Issaskar was by Debora.
Issaskar was soos Barak,
in die laagte was Issaskar by Barak.
16
Waarom het jy by die saalsakke bly sit,
bly luister na die fluitspel by die veetroppe?
By Ruben se suipplekke is daar baie beraadslaag.
17
Gilead het oorkant die Jordaan bly sit,
en waarom het Dan by die skepe gebly?
Aser het by die seestrand bly sit,
nie van sy kaai af geroer nie.
18
Sebulon was nie bang vir die dood nie
en Naftali het die dood getrotseer op die hoogland.
19
“Konings het gekom, hulle het geveg,20
Uit die hemel het die sterre geveg,
uit hulle bane het hulle teen Sisera geveg.
21
Die Kisonrivier het die vyand meegesleur,
die Kisonrivier, die rivier uit die voortyd.
22
“Die perde het met hulle hoewe gekap,23
“Die Engel van die Here het gesê:24
“Geseënd is Jael vrou van Geber die Keniet,25
Sisera het water gevra, sy het hom melk gegee,
in 'n koningsbeker het sy vir hom dikmelk gegee.
26
In haar hand het sy die tentpen vasgevat,
in haar regterhand die werksman se hamer.
Sy het vir Sisera daarmee getref, sy kop papgeslaan,
sy het die slaap van sy kop verbrysel,
dit deurboor.
27
By haar voete het hy neergesak, geval en bly lê,
by haar voete het hy neergesak en geval;
waar hy neergesak het, het hy geval, morsdood.
28
“Sisera se ma het deur die venster gekyk,29
“Haar slimste hofdame antwoord haar30
‘Hulle het 'n groot buit in die hande gekry,
hulle verdeel dit:
'n meisie of twee vir elke soldaat;
gekleurde klere as buit vir Sisera;
gekleurde weefwerk as buit,
gekleurde doeke vir my nek,
dit is die buit!’
31
“Mag al u vyande so omkom, Here,1
Die Israeliete het gedoen wat verkeerd is in die oë van die Here, en Hy het hulle sewe jaar lank oorgegee in die mag van die Midianiete.2 Hulle het die Israeliete hard behandel, en daarom het hulle langs die bergstroompies, in grotte en in ander ontoeganklike plekke gaan bly.
3 Wanneer die Israeliete iets gesaai het, het die Midianiete teen hulle opgetrek saam met die Amalekiete en ander mense uit die ooste.
4 Dan slaan die Midianiete kamp op en vernietig die opbrengs van die land selfs tot by Gasa se wêreld. Hulle het nie 'n dier in Israel lewend agtergelaat nie, nie 'n skaap of 'n bees of 'n donkie nie.
5 Die Midianiete het met hulle veetroppe gekom en kom tent opslaan. Hulle was so baie soos sprinkane: hulle en hulle kamele kon nie getel word nie. Hulle het die land kaalgestroop.
6 Hulle het die Israeliete arm laat word, en toe het die Israeliete tot die Here geroep om hulp.
7
Toe hulle tot die Here roep om hulp teen die Midianiete,8 het Hy 'n man gestuur om onder die Israeliete as profeet op te tree, en hy het vir hulle gesê: “So sê die Here die God van Israel: Ek het julle uit Egipte laat wegtrek en Ek het julle uit die plek van slawerny bevry.
9 Ek het julle gered uit die mag van Egipte en van almal deur wie julle verdruk is. Ek het hulle laat plek maak vir julle en Ek het hulle land vir julle gegee.
10 Ek het vir julle gesê: ‘Ek is die Here julle God. Julle mag nie die gode dien van die Amoriete in wie se land julle woon nie.’ Maar julle het nie na My geluister nie.”
11
Daarna het 'n Engel van die Here gaan sit onder die groot boom in Ofra wat behoort het aan Joas die Abiësriet. Sy seun Gideon was besig om koring uit te slaan in 'n parskuip waar hy weggekruip het vir die Midianiete.12 Die Engel van die Here het aan hom verskyn en vir hom gesê: “Die Here is by jou, dapper man!”
13
Maar Gideon het vir die Engel gesê: “Ekskuus, Meneer, maar as die Here by ons is, waarom kom al hierdie dinge oor ons? Waar is al sy magtige dade waarvan ons voorvaders ons vertel het toe hulle gesê het: ‘Het die Here ons nie uit Egipte bevry nie?’ Nou het die Here ons in die steek gelaat: Hy het ons oorgegee in die mag van die Midianiete.”14
Toe het die Here na Gideon toe gedraai en vir hom gesê: “Gaan met die krag wat jy het en gaan red die Israeliete uit die mag van die Midianiete! Toe, Ek stuur jou!”15
Maar Gideon sê vir Hom: “Ekskuus, Meneer, waarmee sal ek die Israeliete gaan red? Die familie waaraan ek behoort, is die armste in die hele Manasse, en van my pa se kinders het ek die minste aansien.”16
Die Here het hom geantwoord: “Ek is by jou, en jy sal die Midianiete verslaan asof hulle nie meer as een is nie.”17
Gideon het vir Hom gesê: “As U so vriendelik wil wees, doen tog vir my 'n wonder dat ek seker kan wees dit is U, Here, wat met my praat!18 Moenie hiervandaan af padgee nie dat ek tog net gou 'n offer voor U kan kom neersit.”
Toe sê die Here: “Ek sal wag tot jy terug is.”19
Gideon het toe 'n bokkie gaan gaar maak, en van sestien kilogram meel het hy brood sonder suurdeeg gebak. Hy het die vleis in 'n mandjie gepak en die sous in 'n pan gegooi en vir die Engel van die Here gebring onder die groot boom. Toe Gideon dit naderbring,20 sê die Engel van God vir Gideon: “Vat die vleis en die brood sonder suurdeeg en sit dit op hierdie rots en gooi die sous daaroor.”
Hy het so gemaak,21 en toe raak die Engel van die Here met die punt van die stok in sy hand aan die vleis en die brood. 'n Vuur het uit die rots uit opgevlam en die vleis en die brood verteer. Daarna is Hy van Gideon af weg.
22
Gideon het besef dat dit die Engel van die Here was, en hy het uitgeroep: “Ag, Here my God, ek het die Engel van die Here van aangesig tot aangesig gesien!”23
Toe sê die Here vir Gideon: “Wees gerus! Moenie bang wees nie! Jy sal nie sterf nie!”24
Gideon het net daar 'n altaar vir die Here gebou en dit genoem: “Die Here gee rus!” Die altaar staan vandag nog in Ofra van die Abiësriete.25 Daardie nag het die Here vir Gideon gesê: “Vat 'n groot bul, die sewe jaar oud bul van jou pa, sy tweede bul, breek jou pa se altaar vir Baäl af en kap die gewyde paal daar langsaan af.
26 Bou dan 'n netjiese altaar vir die Here jou God bo-op daardie versterkte plek en vat die bul en offer dit as brandoffer. Jy moet die hout gebruik van die gewyde paal wat jy afgekap het.”
27
Gideon het tien van sy slawe gevat en gedoen wat die Here hom beveel het. Hy het dit in die nag gedoen: hy was bang vir sy pa se familie en vir die stad se mense om dit oordag te doen.28 Toe die stad se mense die volgende môre opstaan, was Baäl se altaar afgebreek en die gewyde paal daar langsaan afgekap en was die bul 'n brandoffer op die altaar wat gebou is.
29 Hulle het vir mekaar gevra: “Wie het dit gedoen?”
Hulle het oral navraag gedoen, en daar is gesê: “Dit is Gideon seun van Joas! Hy het dit gedoen!”30
Toe sê die stad se mense vir Joas: “Bring jou seun uit jou huis uit! Hy moet doodgemaak word, want hy het Baäl se altaar afgebreek en die gewyde paal daar langsaan afgekap.”31
Maar Joas het vir almal wat daar by hom gestaan het, gesê: “Wil julle Baäl se saak behartig? Wil julle hom red? Wie Baäl se saak behartig, moet vanmôre nog doodgemaak word. As hy 'n god is, kan hy sy eie saak behartig. Dis sý altaar wat afgebreek is.”32
Daardie dag het hulle vir Gideon genoem Jerubbaäl , “want,” het hulle gesê, “laat Baäl self sy saak teen Gideon behartig, want dis hý wat Baäl se altaar afgebreek het.”33
In daardie tyd het die hele Midian en Amalek saam met ander mense uit die ooste bymekaargekom en deur die Jordaanrivier getrek. Hulle het in die Jisreëlvlakte kamp opgeslaan.34 Die Gees van die Here het vir Gideon in besit geneem, en hy het die ramshoring geblaas en die Abiësriete opgeroep om hom te volg.
35 Hy het ook boodskappers na Manasse, Aser, Sebulon en Naftali toe gestuur en hulle ook opgeroep om hom te volg, en hulle het almal bymekaargekom.
36
[36-37] Gideon het vir God gesê: “Ek sal weet dat U deur my vir Israel wil red soos U beloof het, as ek 'n stukkie vlieswol op die dorsvloer sit en daar kom dou op die wol terwyl die grond droog bly.”37
38
En dit het toe gebeur: toe Gideon die volgende môre opstaan, het hy die stukkie wol uitgedraai en dou daaruit gedruk, 'n hele kom vol water.39
Toe sê hy vir God: “Moet asseblief nie vir my kwaad word nie! Ek wil nog 'n keer iets vra. Laat my tog net nog een toets met die vlieswol toe: net die wol moet droog wees, terwyl daar oral op die grond dou is.”40
Daardie nag het God dit so laat gebeur: net die wol was droog en oral op die grond was daar dou.1
Jerubbaäl, dit is Gideon, en al sy manne het vroegmôre klaargemaak en kamp opgeslaan by En-Garod. Die kamp van Midian was noord van Gideon s'n, in die vlakte by Waarsêershoogte.2
Die Here het vir Gideon gesê: “Ek kan Midian nie oorgee in die mag van soveel manne by jou nie. Israel sal teenoor My spog en sê: ‘Ek het myself gered.’3 Jy moet vir die manskappe sê dié wat bewe en bang is, moet omdraai en van Gileadberg af padgee. Al die manskappe moet dit kan hoor.”
Twee en twintig duisend man het toe van die leër af padgegee en tien duisend het oorgebly.4
Toe sê die Here vir Gideon: “Daar is nog te veel. Vat hulle af water toe, en daar sal Ek hulle vir jou sif. As Ek vir jou sê: ‘Hierdie een moet saamgaan’, moet hy met jou saamgaan, maar elkeen van wie Ek vir jou sê: ‘Hierdie een mag nie saamgaan nie’, hy mag nie met jou saamgaan nie.”5
Toe het Gideon die manne afgevat water toe en daar het die Here vir hom gesê: “Elkeen wat water drink soos 'n hond dit met sy tong oplek, moet jy skei van dié wat kniel om te drink.”6
Drie honderd het die water met die hand opgeskep. Die res het gekniel om te drink.7
Toe sê die Here vir Gideon: “Ek sal julle red met die drie honderd man wat die water opgeskep het. Ek sal vir Midian in jou mag oorgee. Die ander moet almal huis toe gaan.”8
Gideon-hulle het al die kos en die ramshorings gevat en toe het hy die ander almal huis toe gestuur. Hy het net die drie honderd by hom gehou. Die kamp van die Midianiete was teenoor hom in die vlakte.9 Dié nag het die Here vir hom gesê: “Kom, gaan na die Midianiete se laer toe. Ek gee hulle in jou mag oor.
10 Maar as jy bang is om hulle aan te val, moet jy en jou slaaf Pura eers in hulle kamp ingaan.
11 Luister wat hulle sê, dan sal jy moed skep en hulle aanval.”
Gideon en sy slaaf Pura is toe sowat vyftig tree in die Midianiete se kamp in.12 Die Midianiete, die Amalekiete en die ander mense uit die ooste wat die vlakte ingeval het, was so baie soos sprinkane, en die kamele kon nie getel word nie. Hulle was so baie soos die sand aan die see.
13
Gideon het in die kamp ingekom net toe 'n man vir sy maat hierdie droom vertel: “Ek het gedroom,” het hy gesê, “daar kom 'n ronde garsbrood in ons laer ingerol. Die brood het tot by die tent gerol, daarteen gestamp en dit laat omval. Die brood het die tent omgestamp en die tent het inmekaargetuimel.”14
Die maat het geantwoord: “Dit is beslis die swaard van die Israeliet Gideon seun van Joas. God gee Midian en sy hele leër in Gideon se mag oor.”15
Toe Gideon die droom en sy uitleg hoor, het hy die Here gedank en na die Israeliete se kamp toe teruggegaan en gesê: “Kom, die Here gee die leër van Midian in ons mag oor.”16
Gideon het die drie honderd man in drie groepe verdeel en aan elkeen 'n ramshoring en 'n leë erdekruik met 'n fakkel daarbinne gegee.17 Toe sê hy vir sy manne: “Let mooi op wat julle moet doen: as ek by die onderpunt van die kamp kom, moet julle doen wat ek doen.
18 As ek en almal by my die ramshoring blaas, moet julle almal wat rondom die kamp is, dit ook doen en dan moet julle uitroep: Vir die Here en vir Gideon!”
19
Gideon en die honderd man by hom het tot by die onderpunt van die kamp gegaan. Dit was in die nag, aan die begin van die middelste wagaflos, en die wagte was net klaar omgeruil. Toe blaas Gideon-hulle die ramshorings en breek die erdekruike.20 Al drie afdelings het dit gedoen: hulle het die fakkels in die linkerhand gehou en die ramshorings met die regterhand om dit te blaas. Toe roep hulle: “Die swaard van die Here en Gideon!”
21
[21-22] Hulle het rondom die kamp gestaan, elkeen op sy pos. Toe die drie honderd man die ramshoring blaas, het die hele kamp op die vlug geslaan, hulle het geskreeu en gehardloop, en toe het die Here dit bewerk dat hulle mekaar daar in die kamp doodmaak. Die kamp se mense het gevlug tot by Bet-Sitta na Sereda se kant toe, tot by die grens van Abel-Megola naby Tabbat.22
23
Die Israeliete uit Naftali, Aser en die hele Manasse is toe opgeroep om die Midianiete te agtervolg.24 Gideon het boodskappers na die Efraimsberge toe gestuur: “Kom val vir Midian aan, beset die Jordaan tot by Bet-Bara voordat die Midianiete daar kom.”
Toe is die Efraimiete opgeroep, en hulle het die Jordaan beset tot by Bet-Bara.25 Hulle het twee leiers van die Midianiete gevang, Oreb en Seëb. Efraim het vir Oreb doodgemaak op die Orebrots en vir Seëb in die Seëbparskuip. Nadat Efraim die Midianiete klaar agtervolg het, het hulle die koppe van Oreb en Seëb na Gideon toe gebring wes van die Jordaan.
1
Toe vra die Efraimiete vir Gideon: “Waarom het jy so gemaak met ons? Waarom het jy ons nie opgeroep toe jy teen die Midianiete gaan veg het nie?” Die Efraimiete het teen hom uitgevaar,2 maar hy het vir hulle gesê: “Wat het ek gedoen in vergelyking met julle? Was die na-oes van Efraim se druiwe nie in hierdie geval baie beter as die volle oes van Abiëser nie?
3 God het die leiers van die Midianiete, Oreb en Seëb, in julle mag oorgegee. Ek was nie in staat om te doen wat julle gedoen het nie.”
Eers tóé het hulle bui gesak.4
Daarna het Gideon by die Jordaan gekom en dit oorgesteek met die drie honderd man by hom. Hulle was moeg, maar hulle het aangehou om die vyand te agtervolg.5 Toe sê Gideon vir die mense van Sukkot: “Gee tog brood vir die manne wat by my is. Hulle is moeg en ek is besig om die Midianitiese konings Sebag en Salmunna te agtervolg.”
6
Maar die leiers van Sukkot het vir hom gevra: “Het jy al vir Sebag en Salmunna gevang dat ons vir jou en jou leër moet brood gee?”7
Gideon het vir hulle gesê: “Wanneer die Here vir Sebag en Salmunna in my mag oorgegee het, sal ek julle kom stukkend skeur met doringstruike, met haakdorings uit die woestyn.”8
Van daar af is hy verder na Pniël toe en hy het ook vir hulle kos gevra, maar die mense van Pniël het hom dieselfde antwoord gegee as dié van Sukkot.9 Toe sê hy vir die mense van Pniël: “Wanneer ek as oorwinnaar terugkom, sal ek die toring in julle stad platslaan.”
10
Sebag en Salmunna was toe in Karkor. By hulle was 'n leër van ongeveer vyftien duisend man. Dit was al wat oorgebly het van die leër van die mense uit die ooste; honderd en twintig duisend van hulle beste soldate het gesneuwel.11 Gideon het toe die Nomadepad ooste toe gevat, na Nobag en Jogboha toe. Die leër van die Midianiete was houtgerus en Gideon het hulle aangeval.
12 Sebag en Salmunna het gevlug, maar Gideon het hulle agternagesit en die twee Midianitiese konings gevang. Hy het die hele leër met skrik vervul.
13
Gideon seun van Joas is toe van die slagveld af terug oor Gerespas.14 Hy het 'n jong man uit Sukkot gevang en hom ondervra. Die jong man het toe vir hom die name van die sewe en sewentig amptenare en leiers van Sukkot opgeskryf.
15 Gideon is toe na die mense van Sukkot toe en hy het vir hulle gesê: “Hier is Sebag en Salmunna oor wie julle my gespot het toe julle gesê het: Is Sebag en Salmunna al in jou mag dat ons vir jou moeë manne kos moet gee?”
16
Toe het hy die leiers van die stad gevat en hulle 'n les geleer met doringstruike, met haakdorings uit die woestyn.17 Hy het ook die toring van Pniël platgeslaan en die mense van die stad doodgemaak.
18
Toe het Gideon vir Sebag en Salmunna gevra: “Watter soort mense is deur julle vermoor op Tabor?” en hulle antwoord: “Hulle was almal soos u, elkeen het soos 'n koningskind gelyk.”19
Gideon sê toe: “Hulle was my eie broers. So seker as die Here leef, ek sou julle laat bly lewe het as julle hulle nie vermoor het nie.”20
Toe beveel Gideon sy oudste seun Jeter: “Kom, maak hulle dood!” Maar die seun het nie 'n vinger verroer nie, want hy was 'n blote kind en hy was bang.21
Toe sê Sebag en Salmunna vir Gideon: “Kom jy, bring jy ons om die lewe. 'n Man se krag lê in homself.” Gideon het opgestaan en vir Sebag en Salmunna doodgemaak. Hy het die maanversierings aan hulle kamele se nekke vir hom gevat.22
Die Israeliete het vir Gideon gesê: “Jy moet oor ons regeer: jy, jou seun en sy nageslag. Jy het ons gered uit die mag van Midian.”23
Maar hy sê vir hulle: “Ek kan nie oor julle regeer nie, ook nie my nageslag nie. Die Here regeer oor julle.”24 Gideon het verder vir hulle gesê: “Ek wil julle egter een ding vra: elkeen van julle moet vir my 'n oorring gee uit die buit wat julle by die Midianiete afgevat het; hulle dra mos goue oorringe.”
25
Die Israeliete het geantwoord: “Dit doen ons graag.” Hulle het 'n doek oopgegooi en elkeen het 'n oorring uit sy buit daarop gegooi.26 Die gewig van die goue oorringe wat Gideon gevra het, was negentien en 'n half kilogram. Die maanversierings, oorbelle en pers klere van die Midianitiese konings was nie daarby gereken nie en ook nie die kettinkies rondom die kamele se nekke nie.
27 Gideon het 'n efodbeeld van die goud gemaak en dit in sy stad Ofra gesit. Die hele Israel het daarheen gekom en op dié wyse ontrou geword aan die Here. Die beeld was vir Gideon en sy mense 'n valstrik.
28
Die Midianiete was onderdanig aan Israel. Hulle het nie weer in opstand gekom nie, en daar was veertig jaar lank vrede in die land in die dae van Gideon.29
Jerubbaäl seun van Joas het na die oorlog teen Midian in sy huis gaan woon.30 Hy het sewentig seuns gehad, almal sy eie kinders, want hy het baie vrouens gehad.
31 Ook sy byvrou uit Sigem het vir hom 'n seun in die wêreld gebring. Sy naam was Abimelek.
32 Gideon seun van Joas is op hoë ouderdom oorlede, en hy is in Ofra begrawe in die graf van sy pa Joas die Abiësriet.
33
Na Gideon se dood het die Israeliete weer die Baäls begin vereer. Hulle het vir Baäl-Berit as god aanvaar34 en die Here hulle God vergeet deur wie hulle gered is uit die mag van hulle vyande rondom hulle.
35 Hulle was ook nie lojaal teenoor die gesin van Jerubbaäl, dit is Gideon, nie, ten spyte van al die goeie dinge wat hy vir Israel gedoen het.
1
Abimelek seun van Jerubbaäl het na Sigem toe gegaan, na sy ma se mense toe, en vir hulle en vir die hele familie gesê:2 “Vra vir al die leiers van Sigem: Is dit beter as al sewentig seuns van Jerubbaäl oor julle regeer of as net een oor julle regeer? Julle weet goed ek is een van julle.”
3
Abimelek se familie het dit vir die burgers van Sigem gevra, en hulle was bereid om vir Abimelek te aanvaar, “want,” het hulle gesê, “hy is een van ons.”4
Hulle het vir hom sowat een kilogram silwer uit Baäl-Berit se tempel gegee, en daarmee het Abimelek vir hom leeglêers gehuur om sy volgelinge te wees.5 Hy is toe na sy pa se huis toe in Ofra en daar het hy sy broers, die sewentig seuns van Jerubbaäl, almal op een klip doodgemaak. Net Jotam, die jongste seun van Jerubbaäl, het oorgebly, want hy het weggekruip.
6
Toe het al die burgers van Sigem en al die mense van Millo bymekaargekom en vir Abimelek gaan koning maak by die groot boom langs die klippilaar van Sigem.7 Dit is aan Jotam vertel en hy het op Gerisimberg gaan staan en vir hulle geskree:
“Luister na my, leiers van Sigem,8
“Die bome het op 'n dag gegaan9
Maar die olyfboom het vir hulle gesê:
‘Moet ek my olie prysgee
waarmee eer betoon word aan gode en mense?
Moet ek tussen die bome gaan ronddwaal?’
10
“Toe sê die bome vir die vyeboom:11
Maar die vyeboom sê vir hulle:
‘Moet ek my lekker soet vrugte prysgee?
Moet ek tussen die bome gaan ronddwaal?’
12
“Toe sê die bome vir die wingerdstok:13
Maar die wingerdstok sê vir hulle:
‘Moet ek my wyn prysgee,
my wyn wat gode en mense bly maak?
Moet ek tussen die bome gaan ronddwaal?’
14
“Toe sê al die bome vir die doringbos:15
En die doringbos sê vir hulle:
‘As julle my werklik wil salf
sodat ek koning oor julle kan wees,
moet julle almal in my skaduwee kom skuil.
As julle dit nie kan doen nie,
sal daar 'n vuur uitgaan uit die doringbos uit
en dit sal die seders van die Libanon verteer.’
16
“Dink julle miskien julle het opreg en in goeie trou gehandel toe julle vir Abimelek koning gemaak het? Het julle reg opgetree teenoor Jerubbaäl en sy huis? Het julle hom behandel volgens wat hy verdien?17 My pa het in julle belang gaan oorlog maak, hy het sy lewe openlik in gevaar gestel, hy het julle uit die mag van die Midianiete bevry.
18 Maar julle het vandag in opstand gekom teen hom en sy huis, en julle het sy sewentig seuns almal op een klip doodgemaak. En toe het julle vir Abimelek, die seun van sy slavin, koning gemaak oor die burgers van Sigem net omdat hy julle familie is.
19 As julle vandag opreg en in goeie trou gehandel het teenoor Jerubbaäl en sy huis, moet julle bly wees oor Abimelek en hy moet bly wees oor julle.
20 Maar as dit nie so is nie, moet daar 'n vuur uit Abimelek uitgaan en die burgers van Sigem en die mense van Millo verteer. Daar moet ook 'n vuur uit die burgers van Sigem en die mense van Millo uitgaan en vir Abimelek verteer.”
21
Jotam het toe gevlug. Hy het na Beër toe padgegee en daar gaan woon omdat hy bang was vir sy broer Abimelek.22
Abimelek het drie jaar lank oor Israel geregeer.23 Toe het God vyandskap laat kom tussen Abimelek en die burgers van Sigem, en hulle het teen hom in opstand gekom.
24 God het dit oor Abimelek gebring oor die onreg wat hy sy broers, die sewentig seuns van Jerubbaäl, aangedoen het toe hy hulle vermoor het. God wou hulle dood wreek, en Hy het dié dinge oor die burgers van Sigem gebring omdat hulle vir Abimelek gehelp het om sy broers te vermoor.
25
Die burgers van Sigem het teen Abimelek hinderlae opgestel op die bergtoppe, en hulle het almal wat verbykom, beroof. Dit is aan Abimelek vertel.26
Gaäl seun van Ebed en sy broers het daar verbygekom en in Sigem aangekom. Die burgers van Sigem het hom vertrou.27 Hy en sy mense het op 'n keer lande toe gegaan om druiwe te pluk en te pars. Toe het hulle begin feesvier in die tempel van hulle god en nadat hulle geëet en gedrink het, het hulle vir Abimelek begin verkleineer.
28 Gaäl seun van Ebed het gevra: “En wie is Abimelek nogal, en wie is Sigem dat ons aan hom moet onderdanig wees? Moet Jerubbaäl se seun en sy goewerneur Sebul nie eerder aan die mense van Gamor, Sigem se voorvader, onderdanig wees nie? Waarom moet ons aan Abimelek onderdanig wees?
29 As ek in bevel was van hierdie mense, sou ek vir Abimelek verjaag het.”
Gaäl het vir Abimelek gedaag: “Bring maar jou groot leër!”30
Toe Sebul die stadsgoewerneur verneem wat Gaäl seun van Ebed gesê het, het hy baie kwaad geword.31 Hy het 'n boodskap aan Abimelek in Torma gestuur: “Gaäl seun van Ebed en sy mense het na Sigem toe gekom en hulle sweep die stad teen jou op.
32 Jy en jou manne moet vannag kom en in die veld 'n hinderlaag opstel.
33 En môreoggend teen sonop moet jy die stad storm. Dan sal hy en die mense by hom teen jou optrek en kan jy vir Gaäl straf.”
34
Abimelek en al sy manne het toe in die nag klaargemaak en op vier punte 'n hinderlaag teen Sigem opgestel.35 Toe Gaäl seun van Ebed op pad buitentoe by die stadspoort gaan staan, het Abimelek en sy manne juis in die hinderlaag opgestaan.
36 Gaäl het die manne gesien en vir Sebul gesê: “Kyk, daar kom mense van die bergtoppe af.”
Maar Sebul sê vir hom: “Dis die skaduwee van die berg wat jy vir mense aansien.”37
Gaäl het weer met hom gepraat en vir hom gesê: “Kyk, daar kom mense van die middelpunt van die land af. Daar kom ook 'n afdeling van die groot waarsêersboom af.”38
Toe sê Sebul vir hom: “Hoe lyk dit nou met jou groot mond waarmee jy gesê het: ‘Wie is Abimelek nogal dat ons aan hom moet onderdanig wees?’ Is dit nie dalk die mense van wie jy so met minagting gepraat het nie? Trek nou op en gaan veg teen hulle.”39
Gaäl is toe voor die burgers van Sigem uit en hy het teen Abimelek gaan veg.40 Hy het vir Gaäl op die vlug gejaag en Gaäl het vir Abimelek gevlug. Daar het baie mense gesneuwel by die stadspoort.
41 Abimelek het in Aruma gewoon, en Sebul het vir Gaäl en sy mense verdryf en hulle kon nie in Sigem bly woon nie.
42
Die volgende môre het die burgers van die omgewing dit vir Abimelek gaan vertel.43 Hy het sy manne gevat en in drie groepe verdeel en 'n hinderlaag in die veld opgestel. Toe hy die mense uit die stad sien uitkom, het hy hulle gestorm en verslaan.
44 Abimelek en die leiers by hom het gestorm en by die poort van die stad gaan staan, en die twee ander groepe het gestorm en al die mense in die oop veld verslaan.
45 Abimelek het daardie hele dag teen die stad geveg. Hy het dit ingeneem en al die mense daarin doodgemaak. Hy het die stad afgebreek en sout daaroor gestrooi.
46
Toe al die burgers van Migdol-Sigem dit hoor, het hulle na die grafkelder in die tempel van El-Berit toe gegaan.47 Aan Abimelek is vertel dat al die burgers van Migdol-Sigem daar bymekaargekom het.
48 Toe het hy met sy manne Salmonberg uitgeklim. Hy het 'n byl gevat, 'n boomtak afgekap en dit op sy skouer getel. Toe sê hy vir sy manne: “Julle het gesien wat ek doen. Doen dit ook gou!”
49
Elkeen het toe vir hom 'n tak gekap en hulle het vir Abimelek gevolg. Hulle het dit teen die grafkelder opgestapel met die mense daarbinne, en dit aan die brand gesteek. So het hulle al die burgers van Migdol-Sigem doodgemaak, omtrent duisend mans en vrouens.50
Daarna is Abimelek na Tebes toe. Hy het dit beleër en ingeneem.51 In die middel van die stad was daar 'n sterk toring en al die mans en vrouens van Tebes het daarheen gevlug, al die burgers van die stad is daar in. Hulle het hulleself daarin toegesluit en op die dak van die toring gaan staan.
52 Abimelek het by die toring gekom en wou dit bestorm, maar toe hy by die deur van die toring kom om dit aan die brand te steek,
53 het 'n vrou 'n maalklip op sy kop gegooi en sy kopbeen verbrysel.
54 Toe roep hy gou sy wapendraer en sê vir hom: “Trek jou swaard! Maak my dood. Hulle moenie van my kan sê 'n vrou het my doodgemaak nie!”
Sy wapendraer het hom toe met die swaard deurboor, en so is Abimelek dood.55
Toe die Israeliete sien Abimelek is dood, is hulle almal huis toe.56
So het God die onreg gestraf wat Abimelek sy pa aangedoen het toe Abimelek sy sewentig broers vermoor het.57 God het ook al die verkeerde dade van die mense van Sigem op hulle koppe laat afkom: die vloek wat Jotam seun van Jerubbaäl oor hulle uitgespreek het, het hulle getref.
1
Na Abimelek het Tola na vore gekom om die Israeliete te red. Hy was 'n seun van Puwwa, seun van Dodo uit Issaskar, en hy het in Samir op die Efraimsberge gewoon.2 Hy was drie en twintig jaar lank die leier van Israel. Hy het gesterf, en hy is in Samir begrawe.
3
Na hom het Jaïr uit Gilead na vore gekom en hy was twee en twintig jaar lank die leier van Israel.4 Jaïr het dertig seuns gehad en elkeen het op 'n jong donkie gery. Hulle het dertig dorpe besit en dit word nou nog die tentdorpe van Jaïr genoem. Die dorpe is in Gilead geleë.
5 Jaïr het gesterf, en hy is begrawe in Kamon.
6
Die Israeliete het weer gedoen wat verkeerd is in die oë van die Here. Hulle het die Baäls en die Astartes en die gode van Sidon vereer, en ook dié van die Arameërs, die Moabiete, die Ammoniete en die Filistyne. Hulle was ontrou aan die Here, hulle het Hom nie gedien nie.7 Toe het die Here kwaad geword vir die Israeliete en Hy het hulle oorgegee in die mag van die Filistyne en die Ammoniete.
8 Van toe af het die Amoriete die Israeliete in Gilead agtien jaar lank verdruk en mishandel. Gilead was oos van die Jordaan, in die gebied van die Amoriete.
9 Die Amoriete het selfs die Jordaan oorgesteek en teen Juda, Benjamin en Efraim gaan oorlog maak en Israel swaar laat ly.
10
Toe het die Israeliete tot die Here geroep: “Ons het teen U gesondig. Ons was ontrou aan ons God en ons het die Baäls gedien.”11
Die Here het vir die Israeliete gesê: “Toe die Egiptenaars, die Amoriete, die Ammoniete, die Filistyne,12 die mense van Sidon, Amalek en Maon julle verdruk het en julle tot My geroep het, het Ek julle uit hulle mag gered.
13 Maar julle was nou ontrou aan My, julle het ander gode gedien en daarom het Ek julle nie nou gered nie.
14 Gaan roep tot die gode wat deur julle gekies is. Laat hulle julle red noudat julle swaarkry.”
15
Maar die Israeliete het die Here geantwoord: “Ons het gesondig! Doen U met ons wat goed is in u oë, maar red ons tog net vandag!”16
Hulle het toe die ander gode tussen hulle uit verwyder en hulle het die Here gedien, en Hy het 'n end gemaak aan hulle swaarkry.17
Die Ammoniete is opgeroep en hulle het kamp opgeslaan in Gilead. Die Israeliete het ook bymekaargekom en in Mispa kamp opgeslaan.18
Die leiers van Gilead het vir mekaar gevra: “Wie sal die oorlog teen die Ammoniete begin? Dié man moet die leier van al Gilead se mense word.”1
Jefta was 'n seun van Gilead. Hy was 'n dapper soldaat. Sy ma was 'n prostituut, maar sy pa was Gilead.2 Gilead se vrou het ook vir hom seuns in die wêreld gebring, en toe hulle grootword, het hulle vir Jefta weggejaag en vir hom gesê: “Jy mag nie van ons pa erf nie, want jy is die kind van 'n ander vrou.”
3
Toe vlug Jefta van sy broers af weg en gaan woon in Tob. 'n Klomp leeglêers het hulle by Jefta geskaar en saam met hom gegaan.4 'n Ruk daarna het die Ammoniete teen die Israeliete kom veg.
5 Dit is toe dat die leiers van Gilead vir Jefta uit Tob gaan haal het.
6 Hulle het vir hom gesê: “Kom word ons aanvoerder sodat ons teen die Ammoniete kan veg.”
7
Jefta het vir die leiers van Gilead gesê: “Julle het my gehaat. Julle het my weggejaag uit my pa se huis uit. Waarom kom julle noudat julle in die moeilikheid is na my toe?”8
Maar die leiers van Gilead het vir Jefta gesê: “Dit is juis waarom ons terug is by jou. Jy moet saam met ons kom sodat ons kan gaan oorlog maak teen die Ammoniete. Jy moet ons leier word en ook al die mense van Gilead s'n.”9
Toe sê Jefta vir die leiers van Gilead: “Moet ek julle leier word as julle my terugneem om teen die Ammoniete te veg en die Here hulle in my mag oorgee?”10
Die leiers van Gilead het vir Jefta gesê: “Die Here hoor wat ons vir mekaar sê en Hy sal ons straf as ons nie doen wat jy sê nie.”11
Jefta is toe saam met die leiers van Gilead, en die leër het hom aangestel as hulle leier en aanvoerder. Hy het alles wat hy vir die leiers van Gilead gesê het, in Mispa herhaal in die teenwoordigheid van die Here.12
Toe stuur Jefta boodskappers na die koning van die Ammoniete toe om hom te vra: “Wat het tussen ons gebeur dat jy hiernatoe gekom het om teen my land oorlog te maak?”13
Die koning van die Ammoniete het die boodskappers van Jefta geantwoord: “Toe die Israeliete uit Egipte weggetrek het, het hulle my land gevat, van die Arnon af tot by die Jabbok en die Jordaan. Gee dit nou in vrede terug.”14
Jefta het toe weer boodskappers na die koning van die Ammoniete toe gestuur15 om vir hom te sê: “So sê Jefta: Israel het nie die grond van die Moabiete en die grond van die Ammoniete gevat nie.
16 Toe Israel uit Egipte weggetrek het, het hy deur die woestyn getrek tot by die Rietsee, en toe het hy by Kades aangekom.
17 Daar het hy boodskappers na die koning van Edom toe gestuur en gevra: ‘Laat my asseblief deur jou land trek,’ maar hy het nie ingestem nie. Israel het dieselfde van die koning van Moab gevra, maar hy wou hulle nie toelaat nie. Israel het toe in Kades gebly.
18 Daarna het hy deur die woestyn getrek, by die gebied van Edom en dié van Moab verby en oos van Moab, noord van die Arnon, kamp opgeslaan. Hy het nie in die gebied van Moab gekom nie, want die Arnon is Moab se grens.
19 Toe het Israel boodskappers gestuur na koning Sihon van die Amoriete toe in Gesbon en vir hom gevra: ‘Laat my tog na my plek toe trek deur jou gebied.’
20 Maar Sihon het nie vir Israel vertrou om hom deur sy gebied te laat trek nie. Sihon het sy hele volk bymekaargemaak, en hulle het by Jahas kamp opgeslaan en teen Israel begin veg.
21 Die Here die God van Israel het vir Sihon en sy hele volk in die mag van Israel oorgegee, en hy het hulle verslaan en die hele gebied waar die Amoriete toe gewoon het, in besit geneem.
22
“Die Israeliete het die hele gebied van die Amoriete in besit geneem, van die Arnon af tot by die Jabbok en van die woestyn af tot by die Jordaan.23 Die Here die God van Israel het die Amoriete weggedryf voor sy volk Israel uit, en wil jy hom nou kom verdryf?
24 Jy besit wat jou god Kemos jou in besit laat neem het. Wat die Here ons God ons in besit laat neem het, is ons s'n.
25 Is jy dalk beter as koning Balak van Moab, seun van Sippor? Het hy dalk 'n saak gemaak teen Israel of met hom oorlog gemaak?
26
“Drie honderd jaar gelede het Israel in Gesbon en sy buitedorpe gaan woon, en ook in Aroër en sy buitedorpe, en in al die stede op die Arnonoewer. Waarom het jy hulle nie in daardie tyd teruggevat nie?27 Ek het niks verkeerds teenoor jou gedoen nie; maar jy handel verkeerd teenoor my deur met my te kom oorlog maak. Die Here wat regter is, sal vandag uitspraak lewer in die saak tussen die Israeliete en die Ammoniete.”
28
Maar die koning van die Ammoniete het nie geluister na die boodskap wat Jefta gestuur het nie.29 Toe het die Gees van die Here op Jefta gekom, en hy het deur Gilead en Manasse getrek en verbygetrek tot by Mispa in Gilead, en van daar af het hy teen die Ammoniete opgetrek.
30
Jefta het 'n gelofte teenoor die Here afgelê en gesê: “As U die Ammoniete vandag heeltemal oorgee in my mag,31 sal dié een wat my uit my huis uit tegemoet kom wanneer ek behoue terugkom van die Ammoniete af, aan die Here behoort: ek sal hom as brandoffer offer.”
32
Jefta het na die Ammoniete toe getrek om teen hulle te veg, en die Here het hulle in sy mag oorgegee.33 Jefta het hulle van Aroër af verslaan tot waar 'n mens kom by Minnit, twintig stede. By Abel-Keramim was daar 'n groot veldslag. Die Ammoniete is voor die Israeliete verneder.
34
Jefta het in Mispa by sy huis gekom, en toe kom sy dogter hom tegemoet met tamboeryne en koordanse. Sy was sy enigste kind. Hy het nie nog 'n seun of 'n dogter gehad nie.35
Toe hy haar sien, het hy sy klere geskeur en gesê: “Ag, my dogter, jy het my gebreek en in die ellende gedompel: ek het my woord aan die Here gegee en ek kan dit nie terugtrek nie.”36
Jefta se dogter het hom geantwoord: “Pa, Pa het Pa se woord aan die Here gegee. Doen met my wat Pa gesê het nou dat die Here vir Pa gehelp het om Pa se vyande, die Ammoniete, te straf.”37 Sy het verder vir hom gesê: “Bewys my net hierdie guns: gee my twee maande uitstel om berge toe te gaan en daar saam met my vriendinne te gaan treur oor my lewe as jongmeisie.”
38
Hy het vir haar gesê: “Gaan gerus maar!” Hy het haar twee maande vrygelaat, en sy en haar vriendinne het berge toe gegaan en gaan treur oor haar lewe as jongmeisie.39 Na die twee maande het sy teruggekom na haar pa toe en hy het met haar gehandel volgens sy gelofte wat hy afgelê het. Sy het nooit gemeenskap met 'n man gehad nie.
40
Dit het 'n gewoonte in Israel geword: dat die Israelitiese meisies elke jaar vier dae lank gaan treur oor die dogter van Jefta die Gileadiet.1
Die manne van Efraim is vir oorlog opgeroep en het deur die Jordaan getrek na Safon toe. Hulle het vir Jefta gaan sê: “Waarom het jy alleen opgetrek om teen die Ammoniete te gaan veg? Waarom het jy ons nie opgeroep om saam met jou te gaan nie? Ons gaan jou huis bokant jou kop afbrand.”2
Jefta het hulle geantwoord: “Ek en my manskappe was in 'n ernstige stryd gewikkel met die Ammoniete, en ek het julle hulp ingeroep. Maar julle het my nie uit hulle mag kom red nie.3 Toe ek merk daar is niemand wat my kom red nie, het ek my lewe gewaag en teen hulle opgetrek. Die Here het hulle in my mag oorgegee. Waarom kom julle nou teen my oorlog maak?”
4
Jefta het toe al die manne van Gilead opgeroep en teen Efraim oorlog gemaak, en die manne van Gilead het vir Efraim verslaan. Die mense van Efraim het altyd vir hulle gesê: “Julle mense van Gilead is weglopers uit Efraim en Manasse.”5
Die manne van Gilead het die Jordaandriwwe na Efraim toe beset, en wanneer 'n Efraimitiese vlugteling sê: “Ek wil deurgaan,” sê hulle vir hom: “Jy is 'n Efraimiet.” As hy sê: “Nee, ek is nie,”6 sê hulle vir hom: “Sê 'n bietjie: Sjibbolet,” maar dan sê hy: “Sibbolet,” want hy kan dit nie reg uitspreek nie. Dan gryp hulle hom en maak hom daar by die Jordaandrif dood. In daardie tyd het daar twee en veertig duisend man van Efraim gesneuwel.
7
Jefta was ses jaar lank 'n leier van Israel. Jefta die Gileadiet het gesterf, en hy is begrawe in een van die stede in Gilead.8
Na Jefta was Ibsan uit Betlehem die leier van die Israeliete.9 Hy het dertig seuns en dertig dogters gehad. Hy het sy dogters met mans laat trou wat nie aan sy stam behoort het nie, en vir sy seuns het hy dertig vrouens van buite sy stam af laat kom. Hy was sewe jaar lank leier van die Israeliete.
10 Ibsan het gesterf, en hy is begrawe in Betlehem.
11
Na hom was Elon uit Sebulon leier van die Israeliete, tien jaar lank.12 Elon uit Sebulon het gesterf, en hy is begrawe in Ajalon in die Sebulongebied.
13
Na hom was Abdon seun van Hillel uit Piraton leier van Israel.14 Hy het veertig seuns en dertig kleinseuns gehad. Hulle het op sewentig donkies gery. Hy was ag jaar lank leier van die Israeliete.
15 Abdon seun van Hillel uit Piraton het gesterf, en hy is begrawe in Piraton op Amalekberg in die Efraimgebied.
1
Die Israeliete het weer gedoen wat verkeerd is in die oë van die Here, en Hy het hulle veertig jaar lank oorgegee in die mag van die Filistyne.2
Daar was 'n man uit Sora uit die stam van Dan. Sy naam was Manoag. Sy vrou was kinderloos.3 Die Engel van die Here het aan haar verskyn en vir haar gesê: “Jy is nou kinderloos, maar jy sal swanger word en 'n seun in die wêreld bring.
4 Jy moet jouself goed oppas en nie wyn of bier drink nie en ook nie iets onreins eet nie.
5 Trouens, jy is reeds swanger en jy sal 'n seun in die wêreld bring. Sy hare mag nie geskeer word nie, want die kind sal van sy geboorte af aan God gewy wees. Hy sal die Israeliete begin red uit die mag van die Filistyne.”
6
Die vrou het toe vir haar man gaan sê: “Daar het 'n man van God by my gekom. Hy het gelyk soos 'n engel van God, 'n man met gesag. Ek het hom nie gevra waarvandaan hy kom nie, en hy het my nie gesê wat sy naam is nie.7 Hy het vir my gesê: Kyk, jy is swanger en sal 'n seun in die wêreld bring. Jy mag voortaan nie wyn of bier drink nie en ook nie enigiets onreins eet nie, want die kind sal van sy geboorte af tot met sy dood aan God gewy wees.”
8
Toe het Manoag tot die Here gebid: “Here, laat die man van God vir wie U gestuur het, asseblief weer na ons toe kom dat hy ons kan leer wat ons moet doen met die kind wat gebore sal word.”9
God het Manoag se gebed verhoor, en die Engel van God het weer na die vrou toe gekom. Sy het in die veld gesit, en haar man Manoag was nie by haar nie.10 Toe hardloop sy gou en sê vir haar man: “Die man wat nou die dag na my toe gekom het, het weer aan my verskyn.”
11
Manoag is toe dadelik agter sy vrou aan. Hy het by die man gekom en vir hom gevra: “Is u die man wat met my vrou gepraat het?” Die Man het geantwoord: “Ja, Ek is.”12
Manoag het vir hom gevra: “Wanneer u belofte waar word, hoe moet die kind hom dan gedra en wat moet hy doen?”13
Die Engel van die Here het vir Manoag geantwoord: “Jou vrou moet alles doen wat Ek vir haar gesê het.14 Sy mag nie die opbrengs van 'n wingerdstok eet nie, en sy mag nie wyn of bier drink nie. Sy mag ook nie iets onreins eet nie. Sy moet alles doen wat Ek vir haar gesê het.”
15
Toe sê Manoag vir die Engel van die Here: “Wag tog 'n rukkie, dan maak ons vir u 'n bokkie gaar.”16
Die Engel van die Here sê toe vir Manoag: “Al laat jy My 'n rukkie wag, sal Ek nie jou kos eet nie. Maar as jy 'n brandoffer wil bring, moet jy dit vir die Here bring.” Manoag het nie besef dat dit die Engel van die Here is nie,17 en toe sê Manoag vir die Engel: “Wat is u naam? Wanneer u belofte waar word, wil ons aan u eer betoon.”
18
Hy het vir Manoag geantwoord: “Waarom vra jy my Naam? Dit is te wonderlik om uit te spreek.”19
Toe vat Manoag die bokkie, en hy sit dit saam met 'n graanoffer op 'n klip as offer vir die Here. Terwyl Manoag en sy vrou staan en kyk, het die Here 'n wonder laat gebeur.20 Die vlam het van die altaar af opgegaan hemel toe en die Engel van die Here het in die altaarvlam opgestyg. Manoag en sy vrou het dit gesien en hulle het platgeval op die grond.
21
Die Engel van die Here het nie weer aan Manoag en sy vrou verskyn nie, maar Manoag het besef dat dit die Engel van die Here was.22 Toe sê Manoag vir sy vrou: “Ons gaan beslis sterf, want ons het God gesien,”
23 maar sy sê vir haar man: “As die Here ons wou doodmaak, sou Hy nie die brandoffer en graanoffer van ons aangeneem het nie. Hy sou ons ook nie hierdie wonderlike ding laat sien het en ons vandag hierdie nuus meegedeel het nie.”
24
Die vrou het 'n seun in die wêreld gebring en sy het hom Simson genoem. Die kind het groot geword en die Here het hom geseën:25 die Gees van die Here het hom in Magane-Dan, tussen Sora en Estaol, begin lei.
1
Op 'n keer is Simson na Timna toe en daar het hy 'n vrou gesien. Sy was 'n Filistynse meisie.2 Hy het teruggegaan en vir sy ouers vertel: “Ek het 'n vrou in Timna gesien, 'n Filistynse meisie. Gaan kry haar vir my as vrou.”
3
Maar sy ouers vra vir hom: “Is daar nie onder jou familie of onder al jou volksgenote 'n vrou nie dat jy na die heidene, die Filistyne, toe moet gaan om te trou?” Simson het vir sy pa gesê: “Kry haar vir my, want ek hou van haar.”4
Sy ouers het nie besef dat dit alles van die Here kom nie, want Hy wou 'n geleentheid skep om die Filistyne te straf: in dié tyd het die Filistyne oor Israel geheers.5
Simson en sy ouers is toe na Timna toe. By die wingerde van Timna het 'n jong leeu brullend op Simson afgestorm.6 Die Gees van die Here het vir Simson sterk gemaak en hy het die leeu kaalhand uitmekaar geskeur asof dit 'n bokkie was. Simson het nie vir sy ouers vertel wat hy gedoen het nie.
7 Hy het toe met die Filistynse vrou gaan praat, en hy het van haar gehou.
8
Toe hy 'n ruk later terug is Timna toe om met haar te gaan trou, het hy afgedraai om na die geraamte van die leeu te gaan kyk. Daar was 'n swerm bye met heuning in die karkas.9 Hy het heuning in sy hand gevat en daarvan geloop en eet. Toe hy by sy ouers kom, het hy vir hulle ook gegee, en hulle het geëet, maar hy het hulle nie vertel dat hy die heuning uit die karkas van 'n leeu gekry het nie.
10 Toe sy pa-hulle by die vrou aankom, het Simson daar 'n feesmaal gehou: dit was 'n gewoonte onder die jongmanne.
11
Toe die Filistyne hom sien, het hulle dertig vriende by hom laat bly.12 Hy het vir hulle gesê: “Laat ek julle 'n raaisel vra. As julle my die raaisel se antwoord binne die sewe feesdae kan gee, sal ek vir julle dertig linnehemde en dertig stelle klere gee,
13 maar as julle dit nie kan doen nie, moet julle vir my dertig linnehemde en dertig stelle klere gee.”
Hulle het hom geantwoord: “Gee jou raaisel! Ons wil dit hoor!”14
Simson sê toe: “Uit 'n eter kom daar iets te ete,15 Die sewende dag sê hulle toe vir Simson se vrou: “Haal jou man oor om die antwoord op die raaisel aan ons bekend te maak, anders verbrand ons jou en jou familie. Het jy ons hierheen genooi om ons kaal uit te trek?”
16
Simson se vrou het by hom gehuil en gesê: “Jy haat my. Jy het my nie lief nie. Jy het my mense 'n raaisel gevra sonder om vir my te sê wat dit beteken.” Hy het vir haar gesê: “Hoe sou ek dit vir jou vertel? Ek het dit selfs nie vir my ouers vertel nie.”17
Sy het die hele sewe dae van die fees by hom geneul en op die sewende dag het hy dit vir haar vertel, want sy het hom bly lastig val. Sy het toe die antwoord op die raaisel vir haar mense gegee.18
Op die sewende dag, net voor sononder, sê die mense van die stad toe vir Simson: “Wat is soeter as heuning?19
Die Gees van die Here het vir Simson sterk gemaak, en hy is af Askelon toe. Daar het hy dertig man doodgeslaan en hulle klere gevat en vir die mans gegee wat die raaisel uitgelê het. Hy was baie kwaad en is na sy pa se huis toe.20 Simson se vrou is toe aan die vriend gegee wat sy strooijonker was.
1
'n Ruk later, in die koringoestyd, het Simson vir sy vrou gaan kuier en 'n bokkie saamgevat. Hy het gesê: “Ek wil by my vrou gaan slaap.” Maar haar pa wou hom nie toelaat nie.2 Haar pa het gesê: “Ek was doodseker dat jy haar nou haat, en daarom het ek haar vir jou strooijonker gegee. Haar jonger suster is mooier as sy. Jy kan haar kry in jou vrou se plek.”
3
Maar Simson sê vir hulle: “Hierdie keer het ek die Filistyne niks verkeerds aangedoen nie. Ek gaan 'n ramp oor hulle bring.”4
Hy het toe drie honderd jakkalse gaan vang en hulle sterte twee-twee aan mekaar vasgemaak. Hy het fakkels gevat en tussen elke twee sterte 'n fakkel vasgemaak.5 Hy het toe die fakkels aan die brand gesteek en die jakkalse tussen die graan van die Filistyne losgelaat. Hy het die miedens en die graan op die land aan die brand gesteek, ook die wingerde en die olyfboorde.
6
Toe die Filistyne vra: “Wie het dit gedoen?” is daar gesê: “Simson, die skoonseun van die man uit Timna, want hy het Simson se vrou met sy strooijonker laat trou.” Die Filistyne het toe gekom en haar en haar pa verbrand.7
Simson het vir hulle gesê: “As dít is wat julle doen, sal ek nie ophou voordat ek my op julle gewreek het nie.”8
Hy het hulle verwoed aangeval en 'n groot slagting aangerig. Toe het hy vertrek en in die rotskloof by Etam gaan woon.9
Die Filistyne het in Juda gaan kamp opslaan en 'n strooptog teen Legi uitgevoer.10 Toe vra die mense van Juda: “Waarom het julle teen ons opgetrek?” en die Filistyne antwoord: “Om vir Simson te vang en met hom te doen wat hy met ons gedoen het.”
11
Toe gaan drie duisend man van Juda na die rotskloof toe by Etam en hulle vra vir Simson: “Het jy nie besef dat die Filistyne oor ons heers nie? Wat het jy ons nou aangedoen?” Hy het hulle geantwoord: “Ek het die Filistyne net aangedoen wat hulle mý aangedoen het.”12
Die manne van Juda sê toe vir hom: “Ons het jou kom boei om jou aan die Filistyne uit te lewer.” Simson het vir hulle gesê: “Lê eers vir my 'n eed af dat julle my nie om die lewe sal bring nie.”13
Hulle het hom beloof: “Goed! Ons sal jou nie doodmaak nie. Ons sal jou net boei en aan die Filistyne uitlewer.” Die manne het hom toe met twee nuwe toue vasgebind en hom van die rots af weggevat.14 Toe hy in Legi kom, het die Filistyne hard geskreeu en op hom afgestorm. Maar die Gees van die Here het vir Simson sterk gemaak, en die toue om sy arms was soos garingdraadjies wat brand, en sy boeie het van sy hande afgeval.
15 Toe kry Simson die vars kakebeen van 'n donkie in die hande en hy vat dit vas en slaan 'n duisend Filistyne daarmee dood.
16 Toe sê hy:
“Met die kakebeen van 'n donkie17
Toe hy dit gesê het, het hy die kakebeen weggegooi en die plek Kakebeenshoogte genoem.18
Simson was baie dors en toe roep hy tot die Here: “U het hierdie groot oorwinning deur my moontlik gemaak. Moet ek nou van dors sterf en in die hande van die heidene val?”19
Toe het God die holte by Legi oopgebreek en daar het water uitgekom en Simson het gedrink en weer nuwe krag gekry. Daarom word die fontein in Legi nou nog Roepersfontein genoem.20
Simson was in die tyd van die Filistyne twintig jaar lank leier van die Israeliete.1
Simson is op 'n keer na Gasa toe. Daar het hy 'n prostituut gesien en by haar huis ingegaan.2 Daar is toe vir die mense van Gasa vertel: “Simson het hierheen gekom.”
Hulle het die huis omsingel en hom die hele nag deur voorgelê by die stadspoort. Hulle het die hele nag in stilte gewag en gedink: môre ligdag maak ons hom dood.3
Maar Simson het net bly lê tot middernag. Toe staan hy op, vat die stadspoort se deure met hulle kosyne en al en ruk hulle so toegesluit uit. Hy het alles op sy skouer teen die berg regoor Hebron opgedra.4
'n Ruk later het Simson verlief geraak op 'n vrou in die Sorekvallei. Haar naam was Delila.5 Die leiers van die Filistyne is toe na haar toe, en hulle het vir haar gesê: “Verlei hom en vind uit waarin lê sy groot krag en hoe ons hom kan oorrompel om hom vas te bind en in ons mag te kry. Elkeen van ons sal jou dan dertien kilogram silwer gee.”
6
Delila het toe vir Simson gevra: “Sê my tog waarin lê jou groot krag, en waarmee kan 'n mens jou vasbind om jou in sy mag te kry?”7
Simson het haar geantwoord: “As hulle my vasbind met sewe boogsnare wat nog klam is, sal ek magteloos wees. Ek sal soos 'n gewone mens wees.”8
Die leiers van die Filistyne het vir haar sewe boogsnare wat nog klam is, gebring en sy het hom daarmee vasgebind.9 Daar het ook manne in haar kamer weggekruip. Toe sê sy vir Simson: “Die Filistyne is hier, Simson!”
Hy het die boogsnare gebreek soos 'n vlam garingdraad breek, en die geheim van sy krag het onbekend gebly.10
Daarna het Delila vir Simson gesê: “Jy het 'n gek van my gemaak en vir my leuens vertel. Sê my tog nou waarmee kan 'n mens jou vasbind.”11
Hy het gesê: “As ek behoorlik vasgebind word met nuwe toue wat nog nooit gebruik is nie, sal ek magteloos wees. Ek sal soos 'n gewone mens wees.”12
Delila het nuwe toue gevat en hom daarmee vasgebind, en toe sê sy vir hom: “Die Filistyne is hier, Simson!” Daar het weer manne in haar kamer weggekruip, maar Simson het die toue aan sy arms gebreek asof dit garingdraad was.13
Delila het vir Simson gesê: “Hoe lank gaan jy nog 'n gek van my maak en vir my leuens vertel? Sê my tog waarmee kan jy vasgebind word.” Hy sê toe vir haar: “Jy moet net my sewe haarlokke in jou materiaal op die weefstoel vasweef.”14
Toe sy alles klaar met 'n pen vasgesteek het, sê sy vir hom: “Die Filistyne is hier, Simson!” Hy het wakker geskrik en die materiaal met pen en al uit die weefstoel losgeruk.15
Toe sê sy vir hom: “Hoe kan jy sê jy het my lief as jy my nie vertrou nie? Jy het my nou al drie keer bedrieg en my nie vertel waarin jou groot krag lê nie.”16
So het sy dae lank by hom bly neul en hom lastig geval. Hy het so ongeduldig geraak dat hy kon sterf.17
Toe vertel hy haar sy lewensgeheim. Hy het vir haar gesê: “My hare is nooit geskeer nie, want ek is van my geboorte af aan God gewy. As my hare afgeskeer word, sal my krag verdwyn en ek sal magteloos wees. Ek sal soos 'n gewone mens wees.”18
Delila het besef dat hy haar hierdie keer sy lewensgeheim vertel het. Sy het toe die leiers van die Filistyne laat roep: “Kom hierdie keer! Hy het my sy lewensgeheim vertel.” Hulle het toe na haar toe gekom en die geld saamgebring.19 Sy het vir Simson op haar skoot aan die slaap gemaak en 'n man geroep, en hy het Simson se sewe haarlokke afgeskeer. So het sy hom laat swak word, sy krag het verdwyn.
20 Toe sy sê: “Die Filistyne is hier, Simson!” het hy wakker geskrik en gedink: ek sal weer uitstap soos die vorige kere en my losruk.
Maar hy het nie besef dat die Here hom verlaat het nie.21 Die Filistyne het hom gegryp en sy oë uitgesteek. Hulle het hom na Gasa toe gevat en hom met 'n dubbele bronsketting geboei. In die tronk moes hy die meul draai.
22
Daar het sy hare wat afgeskeer was, weer begin groei.23
Die leiers van die Filistyne het bymekaargekom om 'n groot offer te bring vir hulle god Dagon en om fees te vier. Hulle het gesê: “Ons god het ons vyand Simson in ons mag oorgegee.”24
Toe die Filistyne hom sien, het hulle hulle god geprys en gesê: “Ons god het ons vyand in ons mag oorgegee,25
Toe die Filistyne lekker vrolik was, het hulle gesê: “Roep vir Simson dat hy ons kom vermaak.” Hulle het toe vir Simson uit die tronk laat kom, en hy het hulle vermaak. Hulle het hom tussen die tempelpilare laat staan,26 en hy het vir die helper wat hom aan die hand vasgehou het, gesê: “Laat my so staan dat ek die pilare kan voel waarop die tempel rus en dat ek daarteen kan leun.”
27
Die tempel was vol mans en vrouens. Al die leiers van die Filistyne was daar, en op die dak was omtrent drie duisend mans en vrouens wat gekyk het hoe Simson hulle vermaak.28
Toe roep Simson tot die Here: “Here my God, dink tog aan my! Maak my tog net hierdie een keer sterk, o God, dat ek my met een daad op die Filistyne kan wreek oor my twee oë!”29
Simson het die twee middelpilare waarop die tempel rus, vasgevat en teen hulle geleun met sy regterarm om die een en sy linkerarm om die ander.30 Toe sê hy: “Laat my sterf saam met die Filistyne.”
Hy het met al sy krag getrek, en die tempel het ingeval op die leiers van die Filistyne en op die mense daarin. So het Simson met sy dood meer mense doodgemaak as in sy lewe.31
Daarna het sy broers en sy hele familie gekom en sy lyk kom haal. Hulle het hom gevat en gaan begrawe tussen Sora en Estaol, in sy pa Manoag se graf. Simson was twintig jaar lank leier van die Israeliete.1
Daar was 'n man uit die Efraimsberge. Sy naam was Miga.2 Hy het vir sy ma gesê: “Daar is dertien kilogram silwer van Ma gesteel. Ek het gehoor hoe Ma dit vervloek, maar dit is by my. Ek het dit gevat.”
Toe sê sy ma vir hom: “Mag die Here jou seën, my seun.”3
Die man het die dertien kilogram silwer vir sy ma teruggebring, en toe sê sy: “Ek wy die silwer in belang van my seun aan die Here. Jy moet daarvan 'n afgodsbeeld maak. Ek gee dit vir jou terug, my seun.”4
Nadat hy die silwer aan sy ma terugbesorg het, het sy sowat twee en 'n half kilogram daarvan gevat en vir 'n silwersmid gegee om 'n afgodsbeeld te maak. Dit is toe in Miga se huis gesit.5 Miga het naamlik sy eie tempel gehad en hy het 'n efodbeeld en afgodsbeeldjies gemaak. Toe het hy een van sy seuns as priester gewy, en die seun het Miga se priester geword.
6
In daardie tyd was daar nog nie 'n koning in Israel nie. Elkeen het gedoen wat reg is in sy eie oë.7
Daar was 'n jongman uit Betlehem in Juda wat aan die Judastam behoort het. Hy was 'n Leviet en het as vreemdeling in Betlehem gewoon.8 Hy het van daar af weggegaan om 'n ander woonplek te gaan soek. Hy het op die Efraimsberge uitgekom by die huis van Miga om daar 'n heenkome te vind.
9 Miga het vir hom gevra: “Waarvandaan kom jy?” en hy het geantwoord: “Ek is 'n Leviet uit Betlehem in Juda en ek is onderweg op soek na 'n woonplek.”
10
Toe sê Miga vir hom: “Bly by my en wees vir my 'n leermeester en 'n priester, dan gee ek jou honderd en veertien gram silwer in 'n jaar, en kos en klere.”11
Die Leviet het ingestem om by die man te bly, en die jongman was vir Miga soos een van sy eie seuns.12 Miga het die Leviet as priester gewy, en die jongman het Miga se priester geword en in Miga se huis gebly.
13 Toe sê Miga: “Nou weet ek die Here sal vir my goed wees, want die Leviet het my priester geword!”
1
In die tyd toe daar nog nie 'n koning in Israel was nie, het die stam Dan grond gesoek om op te woon, want tot op daardie tyd het hy nog nie 'n eie besitting onder die stamme van Israel gekry nie.2 Die mense van Dan het vyf dapper man uit Sora en uit Estaol gestuur as verteenwoordigers van hulle hele stam om die land te verken en deur te kyk. Daar is vir hulle gesê: “Gaan kyk die land deur.”
Hulle het by die huis van Miga in die Efraimsberge gekom en daar oornag.3 Toe hulle by die huis van Miga kom, het hulle die stem van die jongman, die Leviet, herken en daar ingedraai. Hulle het vir hom gevra: “Wie het jou hierheen gebring? Wat doen jy hier? Hoekom is jy hier?”
4
Toe sê hy vir hulle: “Miga het met my 'n reëling getref: hy het my gehuur en ek is sy priester.”5
Hulle het vir hom gesê: “Vra tog vir God of ons onderneming wat ons aangepak het, goed sal verloop of nie!”6
Die priester het vir hulle gesê: “Gaan gerus! Die Here is by julle op julle reis.”7
Die vyf mans is toe daar weg, en hulle het in Lajis gekom. Hulle het opgemerk dat die inwoners rustig woon, hulle was sonder agterdog en houtgerus soos die mense van Sidon maar was. Hulle het nooit iets in hulle land kortgekom nie, hulle besittings was veilig. Hulle was ver van die ander mense van Sidon af en was nie in aanraking met ander mense nie.8 Die vyf mans het teruggekom by hulle familie in Sora en in Estaol, en dié het vir hulle gevra: “Wat het julle gesien?”
9
Toe antwoord hulle: “Kom ons trek daarnatoe. Ons het die land gesien. Dit is baie mooi. Wat sit julle nog stil? Moenie talm om die land in besit te gaan neem nie.10 Wanneer julle trek, sal julle by 'n volk kom wat houtgerus is en by 'n land wat oop lê na weerskante toe. Die Here gee vir julle 'n plek waar daar nie gebrek is aan enigiets op aarde nie.”
11
Ses honderd goed gewapende man uit die stam Dan het toe uit Sora en uit Estaol opgetrek.12 Hulle het kamp opgeslaan by Kirjat-Jearim in Juda. Daarom word die plek, wat net agter Kirjat-Jearim lê, nou nog Magane-Dan genoem.
13 Van daar af het hulle na die Efraimsberge toe getrek en by Miga se huis gekom.
14 Die vyf man wat die land by Lajis gaan verken het, het vir hulle stamgenote gesê: “Julle weet, in hierdie huis is daar 'n efodbeeld, afgodsbeeldjies en 'n godsbeeld. Julle weet nou wat julle behoort te doen.”
15
Hulle het daar ingedraai en na die huis van die jongman, die Leviet, toe gegaan by Miga se huis en die jongman gegroet.16 Die ses honderd goed gewapende man uit die stam Dan het by die deur gaan staan,
17 en die vyf wat die land gaan verken het, het by die huis ingegaan en die godsbeeld en die afgodsbeeldjies en die efodbeeld gevat. Die priester het by die deur gestaan by die ses honderd goed gewapende man,
18 en toe die vyf man die huis van Miga ingaan en die godsbeeld en die efodbeeld en die afgodsbeeldjies vat, sê die priester vir hulle: “Wat doen julle?”
19
Maar hulle sê vir hom: “Bly stil! Moenie praat nie! Kom saam met ons en wees ons leermeester en priester. Is dit vir jou beter om priester te wees vir een man se huis of vir al die mense van 'n stam in Israel?”20
Die priester was toe tevrede, en hy het die efodbeeld, die afgodsbeeldjies en die godsbeeld gevat en saam met die mense van Dan gegaan.21 Hulle het toe weggedraai en vertrek met hulle kinders en vee en besittings op die voorpunt.
22 Toe hulle 'n ent weg is van Miga se huis af, het hy die hulp ingeroep van die mense wat in sy omgewing bly. Hulle het die mense van Dan ingehaal
23 en vir hulle geskreeu, maar die mense van Dan het omgekyk en vir Miga gesê: “Wat is dit met jou dat jy so te kere gaan?”
24
Toe sê hy: “Maar julle het my god wat ek gemaak het, gevat en ook my priester, en nou gaan julle weg. Wat het ek nou oor? Hoe sê julle vir my: Wat is dit met jou?”25
Die mense van Dan het hom geantwoord: “Moenie hier by ons kom staan en lawaai nie! Netnou val 'n klompie roekelose manne jou aan en dan maak hulle jou en jou mense dood.”26
Toe trek die mense van Dan verder, en Miga het besef hulle is sterker as hy en hy het omgedraai huis toe.27
Die mense van Dan het die beelde gevat wat Miga gemaak het, en ook sy priester, en na Lajis toe gegaan, na die volk wat sonder agterdog en houtgerus woon, en hulle doodgemaak en hulle stad verbrand.28 Niemand kon hulle red nie, want hulle was ver van Sidon af en nie binne bereik van ander mense nie. Die stad was geleë in die laagte by Bet-Regob.
Die mense van Dan het die stad herbou en daarin gaan woon.29 Hulle het die stad Dan genoem, na hulle stamvader Dan wat vir Israel gebore is. Die stad is vroeër Lajis genoem.
30 Die mense van Dan het die afgodsbeeld daar opgestel, en Jonatan, seun van Gersom seun van Moses, en sy seuns was priesters vir die stam Dan totdat die bevolking in ballingskap weggevoer is.
31
Hulle het die afgodsbeeld van Miga wat hy gemaak het, op sy plek neergesit, en dit het daar gebly so lank as die huis van God in Silo was.1
Toe die volgende gebeurtenis plaasgevind het, was daar nog nie 'n koning in Israel nie. Daar was 'n Leviet wat as vreemdeling gewoon het in die uithoeke van die Efraimsberge. Hy het vir hom 'n byvrou gevat uit Betlehem in Juda.2 Die byvrou het ontrou geword en van hom af weggegaan na haar pa se huis toe in Betlehem in Juda. Sy was 'n jaar en vier maande lank daar,
3 en toe gaan haar man agter haar aan. Hy wou met haar gaan mooipraat om haar te laat terugkom na hom toe. Hy het 'n slaaf en 'n span donkies by hom gehad. Hy het na haar pa se huis toe gegaan, en toe die meisie se pa hom sien, was die pa bly en hy het die Leviet tegemoet geloop.
4 Sy skoonpa, die meisie se pa, het by hom daarop aangedring, en hy het drie dae daar oorgebly. Hulle het geëet en gedrink, en hy het daar oornag.
5 Die vierde dag het hy vroeg klaargemaak om te vertrek, maar die meisie se pa het vir sy skoonseun gesê: “Eet eers 'n stukkie vir die pad en dan kan jy vertrek.”
6
Hulle twee het toe gaan sit en saam geëet en gedrink. Die meisie se pa sê toe vir die man: “Moenie teëpraat nie. Bly nog dié nag oor en geniet dit hier.”7
Die man was op die punt om te vertrek, maar toe sy skoonpa daarop aandring, het hy omgedraai en daar oornag.8 Die vyfde dag het hy vroegmôre klaargemaak om te vertrek, maar toe sê die meisie se pa: “Eet eers 'n stukkie vir die pad en wag tot agtermiddag.”
Hulle het toe geëet.9 Toe die man en sy byvrou en sy slaaf op die punt staan om te vertrek, sê sy skoonpa, die meisie se pa, vir hom: “Kyk, man, die son is aan die sak, dis amper aand. Oornag hier. Die dag is verby. Slaap hier en geniet dit. Julle kan môre vroeg alles regkry vir die reis en dan kan jy huis toe gaan.”
10
Maar die man wou nie die nag oorbly nie. Hy het klaargemaak en vertrek. Hy het regoor Jebus, dit is Jerusalem, gekom met sy span donkies en sy byvrou by hom.11 Toe hulle by Jebus kom, was die dag verby, en sy slaaf sê vir hom: “Kom ons draai hier in by hierdie stad van die Jebusiete en dan vernag ons in die stad.”
12
Maar hy sê vir sy slaaf: “Ons kan nie by 'n vreemde stad indraai waarin daar nie Israeliete is nie. Kom ons druk deur tot by Gibea.”13
Hy het verder vir sy slaaf gesê: “Kom ons probeer kom by een van óns plekke, dan oornag ons in Gibea of in Rama.”14
Hulle het toe deurgedruk en toe hulle regoor Gibea in Benjamin kom, gaan die son vir hulle onder.15 Hulle het daar ingedraai om in Gibea te gaan oornag. Hulle het by die stadsplein gekom en daar gaan sit. Niemand het hulle genooi om in sy huis te oornag nie.
16
Daardie aand het daar 'n ou man van sy werk in die veld af in die stad ingekom. Hy was afkomstig uit die Efraimsberge en het as vreemdeling in Gibea gewoon. Die mense van Gibea was Benjaminiete.17 Die ou man het die reisiger op die stadsplein raakgesien en vir hom gesê: “Waarheen is jy op pad? Waarvandaan kom jy?”
18
Toe sê hy vir die ou man: “Ons is op pad van Betlehem in Juda af na die uithoeke van die Efraimsberge toe. Ek is van daar af, maar ek het na Betlehem in Juda gegaan, na die huis van die Here toe. Ek is op pad, maar niemand het my na sy huis toe genooi nie.19 Ek het genoeg voer vir die donkies, en kos en wyn vir my en die vrou en die slaaf. Ons kom niks kort nie.”
20
Toe sê die ou man vir hom: “Dis alles reg, maar wat jy sal gebruik, sal ek voorsien. Jy mag egter nie op die plein oornag nie.”21
Die ou man het hom toe in sy huis gevat en vir die donkies voer gegee. Die mense het hulle voete gewas, en toe het hulle geëet en gedrink.22 Net toe hulle begin vrolik raak, omsingel 'n klomp straatboewe van die stad die huis en hulle slaan op die deur. Hulle sê toe vir die ou man aan wie die huis behoort: “Bring uit die man wat in jou huis gekom het. Ons wil geslagsgemeenskap met hom hê.”
23
Die man aan wie die huis behoort, is na hulle toe uit en hy sê vir hulle: “Nee, vriende, moenie hierdie man kwaad aandoen nadat hy in my huis ingekom het nie. Julle moet hom nie so 'n lae ding aandoen nie.24 Hier is my dogter, sy is nog 'n maagd, en die man se byvrou. Ek sal hulle uitbring, verkrag hulle. Doen met hulle wat julle wil, maar moenie hierdie lae ding aan die man doen nie.”
25
Maar die mans wou nie na hom luister nie. Toe gryp die Leviet sy byvrou en stoot haar buitentoe na hulle toe. Hulle het met haar geslagsgemeenskap gehad en haar die hele nag deur tot die môre toe verrinneweer. Toe die rooidag breek, het hulle haar gelos.26 Teen die môre se kant het sy by die huis gekom en voor die deur van die huis waarin haar man was, neergeval en bly lê tot sonop.
27 Toe haar man die môre opstaan en die huis se deur oopmaak om verder te reis, lê die vrou, sy byvrou, in die deur met haar hande op die drumpel.
28 Hy sê toe vir haar: “Staan op dat ons kan vertrek,” maar sy het nie geroer nie. Hy tel haar toe op 'n donkie en maak klaar en vertrek na sy plek toe.
29
Toe hy by die huis kom, vat hy 'n mes en die lyk van sy byvrou en sny haar op in twaalf stukke, lid vir lid, en stuur dit deur die hele gebied van Israel.30 Elkeen wat dit gesien het, het gesê: “So iets het nog nooit gebeur vandat die Israeliete uit Egipte weggetrek het nie. Van toe af tot nou toe is so iets nog nie gesien nie. Ons moet dit ter harte neem. Ons moet 'n plan maak. Ons moet praat!”
1
Toe het al die Israeliete, dié van Dan tot dié van Berseba en dié uit die Gileadstreek, soos een man as gemeente in Mispa bymekaargekom in die teenwoordigheid van die Here.2 Die leiers van die hele volk, van al die stamme van Israel, was daar in die vergadering van die volk van God. Daar was vier honderd duisend voetsoldate wat met die swaard kon veg.
3
Die Benjaminiete het verneem dat die ander Israeliete na Mispa toe opgetrek het. Die Israeliete het vir hulle gevra: “Sê ons tog! Hoe het hierdie lae ding plaasgevind?”4
Toe antwoord die Leviet, die man van die vermoorde vrou: “Ek en my vrou het in Gibea gekom wat aan Benjamin behoort, om daar te oornag.5 Toe wou die mans van Gibea my kom aanrand, en hulle het my die heel nag omsingel in die huis waar ek was. Hulle wou my doodmaak, en hulle het my byvrou verrinneweer, sodat sy gesterf het.
6 Toe het ek haar opgesny en rondgestuur deur die hele gebied wat aan Israel behoort, want die mense van Gibea het 'n afskuwelike en lae ding in Israel gedoen.
7 En nou is julle almal hier, Israeliete! Ons moet praat en net hier 'n plan maak!”
8
Die hele volk het eenparig verklaar: “Niemand mag na sy woonplek toe gaan nie, niemand mag teruggaan huis toe nie.9 Dit is wat ons met Gibea sal doen: ons sal lootjies trek oor Gibea,
10 en uit elke honderd man uit die stamme van Israel sal ons tien man vat, uit elke duisend man honderd en uit elke tien duisend duisend om kos by die volk te gaan haal. Wanneer ons in Gibea by Benjamin kom, sal ons hom straf ooreenkomstig die lae ding wat hy in Israel gedoen het.”
11
Al die Israeliete het saamgestem en hulle het by Gibea bymekaargekom.12 Toe stuur die stamme van Israel die manne na al die families in Benjamin toe met die boodskap: “Wat vir 'n lae ding het hier by julle plaasgevind?
13 Lewer nou die straatboewe van Gibea uit sodat ons hulle kan doodmaak en dié soort verkeerde ding uit Israel kan uitroei.”
Maar die mense van Benjamin wou nie na hulle volksgenote, die Israeliete, luister nie.14 Toe kom die mense van Benjamin uit al hulle stede bymekaar in Gibea om oorlog te maak teen die Israeliete.
15 Die Benjaminiete wat uit die stede gekom het, is daardie dag getel, en daar was ses en twintig duisend man wat kon veg, en dit behalwe dié van Gibea. Hulle is ook getel, sewe honderd knap soldate.
16 In daardie hele leër was daar sewe honderd knap soldate, almal links. Hulle kon keer op keer 'n haar raakgooi met 'n klip uit 'n slingervel.
17
Die Israeliete is ook getel, en sonder Benjamin was daar vier honderd duisend man wat kon veg, elkeen reg vir die oorlog.18 Hulle het na Bet-El toe gegaan en God daar geraadpleeg. Die Israeliete het gevra: “Wie van ons moet eerste optrek om teen Benjamin te gaan veg?”
Die Here het geantwoord: “Juda moet eerste gaan.”19
Die volgende môre het al die Israeliete klaargemaak en regoor Gibea kamp opgeslaan.20 Die Israeliete het hulle manne teenoor Gibea ontplooi om teen die Benjaminiete te veg,
21 maar die Benjaminiete het uit Gibea gestorm en op daardie dag twee en twintig duisend Israeliete om die lewe gebring.
22
[22-23] Nadat die Israeliete tot die aand toe in die teenwoordigheid van die Here gekla het, het hulle vir Hom gevra: “Moet ons weer teen ons broers die Benjaminiete gaan oorlog maak?” Die Here het geantwoord: “Trek teen hulle op!” Toe het die Israeliete moed geskep en weer hulle manne ontplooi om te veg waar hulle dit die vorige dag gedoen het.23
24 Die tweede dag het die Israeliete weer die Benjaminiete aangeval,
25 maar hulle het weer uit Gibea uit gestorm en agtien duisend man van Israel om die lewe gebring, almal goeie soldate.
26 Al die Israeliete en die hele leër is toe na Bet-El toe en daar het hulle in die teenwoordigheid van die Here gaan sit en huil, en daardie dag het hulle tot die aand toe niks geëet nie. Hulle het brandoffers en maaltydoffers aan die Here geoffer.
27 Hulle het die Here geraadpleeg; die verbondsark van die Here was destyds by hulle.
28 Pinehas, seun van Eleasar seun van Aäron, wat destyds as priester gedien het voor die Here, het gevra: “Moet ons weer gaan oorlog maak teen ons broers die Benjaminiete of moet ons ophou?”
Toe antwoord die Here: “Trek op! Môre gee Ek hulle in julle mag.”29
Van die Israeliete het toe rondom Gibea in hinderlae gaan lê.30 Op die derde dag het die ander Israeliete teen Benjamin opgeruk en die manskappe regoor Gibea ontplooi soos die vorige kere.
31 Die Benjaminiete het die soldate tegemoet gestorm, maar die Benjaminiete is van hulle stad af weggelok. Soos die vorige kere het hulle die Israeliete verslaan en begin doodmaak op die grootpaaie na Bet-El en Gibea toe. Hulle het sowat dertig Israeliete om die lewe gebring.
32
Die Benjaminiete het gedink: soos voorheen is hulle weer deur ons verslaan. Maar die Israeliete het afgespreek: “Ons sal vlug en hulle uit die stad uit na die grootpaaie toe lok.33 Wanneer die grootste deel van Israel uit sy plek padgee en by Baäl-Tamar ontplooi, moet die Israeliete wat in die hinderlae lê, uit hulle plekke wes van Gibea opspring.”
34
Tien duisend dapper soldate uit die leër van die Israeliete het tot regoor Gibea gegaan, en daar is roekeloos geveg. Die Benjaminiete het nog nie besef dat 'n ramp op hulle afkom nie.35 Maar die Here het hulle verslaan vir die Israeliete, en die Israeliete het op dié dag vyf en twintig duisend een honderd man van Benjamin, almal dapper soldate, om die lewe gebring.
36 Toe het die Benjaminiete besef dat hulle verslaan is en dat die Israeliete net vir hulle teruggeval het omdat die Israeliete staatgemaak het op die hinderlae wat hulle teen Gibea opgestel het.
37
Die manne van die hinderlae het toe gou in Gibea versprei en die stad oorweldig en die inwoners om die lewe gebring.38
Daar was 'n afspraak tussen die Israeliete en hulle hinderlaag om 'n groot rookwolk in die stad op te stuur.39 Toe die Israeliete omdraai om te veg, het die Benjaminiete begin om hulle dood te maak. Sowat dertig man is om die lewe gebring, en die Benjaminiete het gedink: ja-nee, hulle is weer deur ons in die geveg verslaan soos die vorige keer.
40 Toe die rookwolk uit die stad begin opstyg, het die Benjaminiete omgedraai, maar die stad het klaar in vlamme gestaan.
41
Toe die Israeliete omgedraai het om te veg, het die Benjaminiete baie bang geword, want hulle het besef dat 'n groot ramp hulle getref het.42 Hulle het met die woestynpad voor die Israeliete weggevlug, maar hulle kon die geveg nie vryspring nie, want dié wat die stad in puin gelê het, het hulle verslaan.
43 Die Benjaminiete is omsingel en sonder genade agtervolg. Hulle is regoor Gibea, aan die oostekant, platgeloop.
44
Van Benjamin het daar in die geveg agtien duisend man geval, almal dapper soldate.45 Die ander het weggekom na die woestyn toe, na die Rimmonrots toe. Op die grootpaaie het die Israeliete nog vyf duisend man doodgemaak. Hulle het die Benjaminiete nog agtervolg tot by Gidom en twee duisend man om die lewe gebring.
46 Uit Benjamin het dié dag vyf en twintig duisend man geval, manne wat kon veg, almal dapper soldate.
47 Ses honderd man het tot by die Rimmonrots gevlug. Hulle het vier maande lank daar gebly.
48 Die manskappe van Israel is terug na die gebied van Benjamin toe. Daar het hulle van stad tot stad gegaan en alles, mens en dier, om die lewe gebring. In al die stede het hulle alles wat hulle aangetref het, verbrand.
1
By Mispa het die Israeliete 'n eed afgelê: “Nie een van ons sal sy dogter met 'n Benjaminiet laat trou nie.”2
Die volk het by Bet-El gekom. Daar het hulle tot die aand toe in die teenwoordigheid van God gesit. Hulle het lank daar gesit en hard gehuil.3 Toe vra hulle: “Waarom het dit in Israel gebeur, Here God van Israel, dat een van die stamme van Israel vandag makeer?”
4
Die volgende môre het die volk vroeg opgestaan en net daar 'n altaar gebou en brandoffers en maaltydoffers geoffer.5
Toe sê die Israeliete: “Wie van al die stamme van Israel het nie hier na die gemeente, na die Here toe, opgekom nie?” Daar is vroeër 'n eed afgelê dat elkeen wat nie na die Here toe kom in Mispa nie, doodgemaak sal word.6
Die Israeliete was jammer oor hulle broers uit Benjamin en het gesê: “Vandag is een stam van Israel afgekap.7 Wat kan ons doen om vrouens te kry vir dié uit Benjamin wat oorgebly het? Ons het 'n eed voor die Here afgelê dat ons nie ons dogters met hulle sal laat trou nie.”
8
Toe vra hulle: “Is daar nog 'n deel van die stamme van Israel wat nie na die Here toe gekom het in Mispa nie?” Dit het toe geblyk dat niemand uit Jabes in Gilead na die vergadering toe gekom het nie.9 Die volk is getel en daar was nie een mens uit Jabes in Gilead nie.
10
Toe stuur die gemeente twaalf duisend dapper soldate met die opdrag: “Gaan bring die inwoners van Jabes in Gilead om die lewe, ook die vrouens en die kinders.11 Dit is wat julle moet doen: julle moet elke man en ook elke vrou wat al geslagsgemeenskap gehad het, doodmaak.”
12
Onder die inwoners van Jabes in Gilead is daar vier honderd meisies gevind wat nog maagde was en nie geslagsgemeenskap gehad en by 'n man geslaap het nie. Die soldate het hulle na die kamp toe in Silo in Kanaän gebring.13
Toe stuur die hele gemeente 'n boodskap na die Benjaminiete toe by die Rimmonrots om met hulle vrede te maak.14 Die Benjaminiete het dadelik teruggekom, en die vrouens uit Jabes in Gilead wat bly lewe het, is vir hulle gegee, maar daar was nie genoeg nie.
15
Die volk het vir Benjamin jammer gekry, want die Here het 'n stuk uit die stamme van Israel uitgeskeur.16 Toe vra die leiers van die gemeente: “Wat kan ons doen om vrouens te kry vir die ander Benjaminiete? Die vrouens uit Benjamin is almal om die lewe gebring.”
17
Hulle het verder gesê: “Daar moet erfgename kom vir dié uit Benjamin wat oorgebly het. Daar mag nie 'n stam uit Israel verdwyn nie.18 Self mag ons hulle nie met ons dogters laat trou nie, want Israel het 'n eed afgelê en gesê: Vervloek is elkeen wat 'n vrou vir 'n Benjaminiet gee.”
19
Maar toe sê hulle: “Kyk, daar is elke jaar 'n fees in Silo tot eer van die Here.” Silo lê noord van Bet-El en oos van die grootpad van Bet-El af Sigem toe en suid van Lebona.20
Die leiers het vir die Benjaminiete gesê: “Gaan kruip weg in die wingerde21 en kyk mooi: wanneer die meisies van Silo uitkom om te dans, moet julle uit die wingerde opspring en elkeen moet vir hom 'n vrou gryp onder die meisies van Silo. Dan moet julle na die gebied van Benjamin toe gaan.
22 Wanneer die meisies se pa's of broers 'n klag by ons kom indien, sal ons vir hulle sê: Kyk, ons het nie genoeg vrouens vir hulle in die oorlog gevat nie, en julle is onskuldig, want julle het nie die dogters vir hulle gegee nie.”
23
Die Benjaminiete het dit toe gedoen. Terwyl die meisies gedans het, het hulle vir hulle die regte getal vrouens kom steel. Die Benjaminiete is toe daar weg, terug na hulle grondgebied toe. Hulle het hulle stede herbou en daarin gewoon.24
Die Israeliete is toe ook daar weg, elkeen na sy stam en sy familie, elkeen na sy grondgebied toe.25
In daardie tyd was daar nog nie 'n koning in Israel nie, en elkeen het gedoen wat reg is in sy eie oë.