1
Hier volg die name van die Israeliete wat saam met Jakob na Egipte toe gekom het, elkeen met sy gesin:2 Ruben, Simeon, Levi en Juda;
3 Issaskar, Sebulon en Benjamin;
4 Dan, Naftali, Gad en Aser.
5 Jakob het sewentig afstammelinge gehad. Josef was toe al in Egipte.
6
Met verloop van tyd het hy en al sy broers, daardie hele geslag, gesterwe.7 Die Israeliete was vrugbaar en het vermeerder. Hulle het baie geword, so baie dat die land vol was van hulle.
8
Toe 'n nuwe koning wat nie van Josef geweet het nie, oor Egipte begin heers,9 het hy vir sy volk gesê: “Besef julle dat die Israeliete nou meer en sterker is as ons?
10 Kom ons bedink 'n plan teen hulle sodat hulle nie kan vermeerder nie. Anders kan dit gebeur dat as daar oorlog uitbreek, hulle dalk by ons vyand aansluit om teen ons te veg en ons land te oorweldig.”
11
Daar is toe slawedrywers oor hulle aangestel om hulle met dwangarbeid te onderdruk. Hulle moes die voorraadstede Pitom en Rameses vir die farao bou.12 Maar hoe meer die Israeliete onderdruk is, hoe meer het hulle geword en hoe meer het hulle oor die land versprei, in so 'n mate dat die Egiptenaars baie bang geword het vir hulle.
13 Die Egiptenaars het slawe gemaak van die Israeliete
14 en die lewe vir hulle bitter gemaak deur swaar werk met klei en bakstene en deur allerhande werk in die lande. Hulle moes onder dwang al die slawewerk vir Egipte doen.
15
Die Egiptiese koning het vir die Hebreeuse vroedvroue Sifra en Pua gesê:16 “As julle 'n Hebreeuse vrou by geboorte bystaan en julle sien by die kraambed dat dit 'n seun is, moet julle hom doodmaak, maar as dit 'n dogter is, mag sy bly lewe.”
17
Maar die vroedvroue het God gedien en nie gemaak soos die Egiptiese koning hulle beveel het nie: hulle het die seuntjies laat lewe.18
Die Egiptiese koning het die vroedvroue ontbied en vir hulle gevra: “Waarom doen julle dit? Waarom laat julle die seuntjies lewe?”19
Toe antwoord die vroedvroue die farao: “Die Hebreeuse vrouens is nie soos dié van Egipte nie, hulle is sterk van gestel: voordat die vroedvrou by hulle kom, is die kind al gebore.”20
As gevolg hiervan het die volk aanhou vermeerder en baie talryk geword. God het toe die vroedvroue self ook voorspoedig gemaak.21 Omdat hulle Hom gedien het, het Hy vir hulle huisgesinne gegee.
22
Daarna het die farao sy hele volk beveel: “Julle moet elke pasgebore seuntjie in die Nyl gooi, maar spaar die dogtertjies se lewe.”1
'n Man uit die stam Levi was met 'n Levitiese meisie getroud.2 Die vrou het swanger geword en 'n seuntjie in die wêreld gebring. Toe sy sien hoe mooi is hy, het sy hom drie maande lank weggesteek.
3 Langer kon sy hom nie wegsteek nie. Daarom het sy vir hom 'n biesiemandjie gekry en dit met klei en pik dig gemaak. Sy het die seuntjie daarin neergelê en dit tussen die riete aan die kant van die Nyl gesit.
4 Sy suster het op 'n afstand gaan staan om te sien wat met hom gebeur.
5
'n Dogter van die farao het afgegaan Nyl toe om te swem, en die jongmeisies wat haar vergesel, het aan die kant van die rivier geloop. Toe sy die mandjie tussen die riete sien, stuur sy haar diensmeisie om dit te gaan haal.6 Met die oopmaak sien sy dit is 'n seuntjie en hy huil. Toe kry sy hom jammer en dink: dit is seker een van die Hebreeuse seuntjies.
7
Sy suster kom sê toe vir die farao se dogter: “Mag ek vir u 'n vrou gaan roep, 'n Hebreeuse vrou met 'n pasgebore baba, dat sy die seuntjie vir u kan laat drink?”8
Die dogter van die farao het haar geantwoord: “Ja, goed!” Die meisie het toe die seuntjie se ma gaan roep.9
Toe beveel die farao se dogter die ma: “Neem hierdie seuntjie en laat hom vir my drink. Ek sal jou daarvoor betaal.” Die vrou het die seuntjie geneem en vir hom gesorg.10 Toe hy oud genoeg was, het sy hom na die dogter van die farao toe gebring, wat hom as haar eie seun aangeneem het. Sy het hom Moses genoem, “want,” het sy gesê, “ek het hom mos uit die water gehaal.”
11
Toe Moses al 'n volwasse man was, het hy op 'n keer na sy eie mense toe gegaan en gesien dat hulle dwangarbeid verrig. Hy sien toe hoe een van sy eie mense, 'n Hebreër, deur 'n Egiptenaar geslaan word.12 Nadat Moses rondgekyk het en niemand gewaar het nie, het hy die Egiptenaar doodgeslaan en hom onder sand toegekrap.
13
Die volgende dag gaan hy weer, en tot sy verbasing was daar twee Hebreeuse manne aan die baklei. “Waarom slaan jy aan jou broer?” vra hy vir die een wat die rusie begin het.14
“Wie het jou aangestel as baas en regter oor ons?” vra die ander. “Wil jy my miskien ook doodslaan, soos jy die Egiptenaar doodgeslaan het?” Toe skrik Moses en hy dink: die ding het bekend geword.15
Toe dit by die farao uitkom, wou hy vir Moses laat doodmaak, maar Moses het van hom af weggevlug en in Midian gaan woon. Terwyl hy daar by 'n put sit,16 het die sewe dogters van 'n priester van Midian kom water skep om die drinkbakke vol te maak en hulle pa se kleinvee te laat suip.
17 Toe daar veewagters aankom en die dogters wegjaag, het Moses opgestaan en hulle gehelp en hulle kleinvee laat suip.
18
Met hulle aankoms by hulle pa Reüel het hy gevra: “Hoe het julle dan vandag so gou gekom?”19 en hulle antwoord: “Daar was 'n Egiptenaar, en hy het ons gehelp teen die veewagters. Boonop het hy vir ons water geskep en die kleinvee laat suip.”
20
Toe vra die priester vir sy dogters: “Waar is hy? Waarom het julle die man daar laat staan? Gaan nooi hom huis toe om by ons te kom eet.”21
Moses het ingewillig om by Reüel te kom woon, en is later met sy dogter Sippora getroud.22 Toe sy 'n seuntjie kry, het Moses hom Gersom genoem, “want,” het hy gesê, “ek woon as vreemdeling in 'n vreemde land.”
23
Die jare het verbygegaan, en die koning van Egipte het te sterwe gekom, maar die Israeliete het nog steeds gesug en gekreun onder die swaar werk. Hulle geroep om hulp het tot God opgegaan.24 God het hulle gekerm gehoor en aan sy verbond met Abraham, Isak en Jakob gedink.
25 Hy het die nood van die Israeliete gesien en dit ter harte geneem.
1
Moses het die kleinvee van sy skoonpa Jetro, 'n priester van Midian, opgepas. Hy het die kleinvee diep die woestyn in gejaag totdat hy by Horeb, die berg van God, gekom het.2
Toe verskyn die Engel van die Here aan hom in 'n vlam binne-in 'n doringbos. Terwyl hy kyk, sien hy dat die doringbos aanhou brand, maar nie uitbrand nie.3 En Moses sê vir homself: “Ek wil tog 'n bietjie nader gaan om hierdie wonderlike verskynsel te bekyk. Waarom brand die doringbos dan nie uit nie?”
4
Toe die Here sien dat hy nader kom om te kyk, roep God na hom uit die doringbos: “Moses! Moses!” En hy antwoord: “Hier is ek.”5
Die Here sê toe vir hom: “Moenie nóg nader kom nie. Trek uit jou skoene, want die plek waarop jy staan, is gewyde grond.”6 Verder sê Hy: “Ek is die God van jou voorvaders, die God van Abraham, die God van Isak, die God van Jakob.”
Toe maak Moses sy gesig toe, want hy was bang om na God te kyk.7
Daarna sê die Here: “Ek het die ellende van my volk in Egipte duidelik gesien en hulle noodkrete oor die slawedrywers gehoor. Ek het hulle lyding ter harte geneem.8 Daarom het Ek afgekom om hulle uit die mag van Egipte te bevry en om hulle daarvandaan te laat trek na 'n goeie en uitgestrekte land, 'n land wat oorloop van melk en heuning. Dit is die land van die Kanaäniete, Hetiete, Amoriete, Feresiete, Hewiete en Jebusiete.
9 Die noodkrete van die Israeliete het My bereik, en Ek het ook aanskou hoe Egipte hulle verdruk.
10 Daarom stuur Ek jou na die farao toe sodat jy my volk, die Israeliete, uit Egipte kan bevry.”
11
Toe sê Moses vir God: “Wie is ék dat ek dit by die farao sou waag en dat ék die Israeliete uit Egipte sou bevry?”12
God het Moses geantwoord: “Ek sal by jou wees en die bewys dat Ek jou gestuur het, sal dít wees: wanneer jy die volk uit Egipte bevry het, sal julle My by hierdie berg aanbid.”13
Daarna sê Moses vir God: “Sê nou maar ek kom by die Israeliete en ek sê vir hulle: ‘Die God van julle voorvaders het my na julle toe gestuur,’ en hulle vra vir my: ‘Wat is sy Naam?’ wat moet ek dan vir hulle sê?”14
Toe sê God vir Moses: “Ek is wat Ek is. Jy moet vir die Israeliete sê: ‘Ek is’ het my na julle toe gestuur.”15
Verder sê God vir Moses: “Jy moet ook nog vir die Israeliete sê: ‘Die Here die God van julle voorvaders, die God van Abraham, die God van Isak, die God van Jakob, het my na julle toe gestuur.’ Dit is ewig my Naam, dit is die Naam waarmee Ek aangeroep moet word van geslag tot geslag.16
“Gaan roep nou die leiers van Israel bymekaar en sê vir hulle: ‘Die Here die God van julle voorvaders, die God van Abraham, Isak en Jakob, het aan my verskyn en gesê: Ek weet van julle en Ek weet ook wat julle aangedoen word in Egipte.17 Ek het besluit om julle te laat wegtrek uit die ellende van Egipte na die land van die Kanaäniete, Hetiete, Amoriete, Feresiete, Hewiete en Jebusiete, na 'n land wat oorloop van melk en heuning.’
18
“Die leiers van Israel sal na jou luister, en dan moet jy en hulle na die Egiptiese koning toe gaan en vir hom sê: ‘Die Here die God van die Hebreërs het Hom aan ons geopenbaar. Laat ons asseblief drie dagreise ver die woestyn in trek om vir ons God, die Here, 'n offer te bring.’19
“Ek weet dat die Egiptiese koning julle nie sal laat gaan nie, selfs nie onder dwang nie.20 Dan sal Ek my hand uitsteek en Egipte teister met die wonderdade wat Ek in hom sal doen. Eers daarna sal die farao julle laat gaan.
21 Ek sal ook sorg dat die Egiptenaars goed doen aan hierdie volk van My, sodat, as julle uiteindelik wegtrek, julle nie met leë hande sal gaan nie.
22 Elke vrou moet van haar buurvrou of in die huis waar sy werk, silwer- en goue goed sowel as klere eis. Laat julle seuns en dogters dit dan as buit uit Egipte uit wegdra.”
1
Maar toe sê Moses: “Sê nou die Israeliete glo my nie en hulle luister nie na my nie en hulle sê die Here het nie aan my verskyn nie?”2
Toe vra die Here vir hom: “Wat het jy in jou hand?” “'n Kierie,” antwoord Moses.3
“Gooi die kierie op die grond!” sê die Here vir hom. Toe hy dit op die grond gooi, word dit 'n slang, en Moses het daarvoor padgegee.4
Die Here sê toe vir Moses: “Steek jou hand uit en gryp hom aan sy stert.” Moses steek sy hand uit en gryp hom, en skielik word dit weer 'n kierie in sy hand.5
Toe sê die Here: “Op grond hiervan sal hulle glo dat die Here die God van hulle voorvaders, die God van Abraham, die God van Isak, die God van Jakob, aan jou verskyn het.6
“Steek nou jou hand in die vou van jou klere!” Hy steek toe sy hand in en toe hy dit uittrek, was dit melaats, so wit soos sneeu.7
Hierna sê die Here: “Steek nou weer jou hand in jou klere.” Hy steek toe weer sy hand in en toe hy dit uittrek, was dit gesond.8
Toe sê die Here: “As hulle jou na die eerste wonderwerk nie geglo het nie en hulle nie daaraan gesteur het nie, behoort hulle jou na hierdie een wel te glo.9
“As hulle jou ná hierdie twee wonderwerke nog nie glo nie en nie na jou luister nie, moet jy van die Nyl se water vat en op die grond uitgooi. Die water wat jy uit die Nyl gevat het, sal dan op die grond bloed word.”10
Toe sê Moses vir die Here: “Ag, Here, ek kan nie goed praat nie; ek kon nie vroeër nie en ek kan ook nie nou, hier waar U met my praat nie. Ek praat swaar, en my tong sukkel.”11
Daarna sê die Here vir hom: “Wie het aan die mens 'n mond gegee? Wie maak stom of doof of siende of blind? Is dit nie Ek, die Here, nie?12 Gaan nou, Ek sal jou help met die praat en jou leer wat jy moet sê.”
13
Maar Moses antwoord: “Asseblief tog, Here, stuur liewer iemand anders.”14
Toe word die Here kwaad vir Moses en sê: “Aäron die Leviet is mos jou broer, en Ek weet hy kan sy woord goed doen. Hy is al op pad om jou te ontmoet en hy sal bly wees om jou weer te sien.15 Praat met hom en sê vir hom wat om te sê. Ek sal by jou wees as jy praat en by hom as hy praat en Ek sal julle leer wat om te doen.
16 Wanneer hy namens jou met die volk praat, is hy jou segsman en jy die een wat hom sy opdragte gee.
17 Hou nou die kierie waarmee jy die tekens moet gaan doen, by jou.”
18
Daarna het Moses na sy skoonpa Jetro toe teruggegaan en vir hom gesê: “Ek wil graag teruggaan na my mense toe in Egipte om te sien hoe dit met hulle gaan.” Jetro antwoord hom: “Gaan gerus.”19
In Midian het die Here aan Moses gesê: “Gaan nou terug na Egipte toe, want al die mense wat jou wou doodmaak, is al dood.”20
Toe is Moses met sy vrou en kinders na Egipte toe. Hy het sy vrou en kinders op 'n donkie laat ry en die kierie wat God hom gegee het, saamgevat.21
Die Here het vir Moses gesê: “Wanneer jy teruggaan Egipte toe, moet jy sorg dat jy al die wonderwerke waartoe Ek jou in staat gestel het, voor die farao doen. Maar Ek sal hom hardkoppig maak, en hy sal die volk nie laat gaan nie.22 Dan moet jy vir die farao sê: So sê die Here: Israel is my oudste seun.
23 Ek het vir jou gesê: Laat my seun gaan sodat hy My kan aanbid. Maar jy het geweier om hom te laat gaan, en nou gaan Ek jou oudste seun doodmaak.”
24
Waar Moses-hulle langs die pad oornag het, het die Here by hom gekom en wou Hy vir Moses doodmaak.25 Sippora vat toe 'n klipmes, sny haar seun se voorhuid af, raak daarmee aan Moses se voete en sê: “Jy is nou my bruidegom wat deur bloed beskerm word.”
26
Die Here het Moses met rus gelaat net toe sy sê: “bruidegom wat deur bloed beskerm word.” Dit het betrekking op die besnydenis.27
Intussen het die Here vir Aäron opdrag gegee om Moses in die woestyn tegemoet te gaan. Hy het gegaan en hom by die berg van God aangetref en met 'n soen gegroet.28 Moses vertel toe vir Aäron van alles waarvoor die Here hom gestuur het, ook van al die tekens wat Hy hom beveel het om te doen.
29 Moses en Aäron het gegaan en al die leiers van die Israeliete bymekaargeroep.
30 Aäron het hulle alles vertel wat die Here vir Moses gesê het, en daarna het Moses die tekens voor die volk gedoen.
31 Hulle het hom geglo. Toe hulle hoor dat die Here die nood van die Israeliete gesien het en Hom hulle lot aangetrek het, het hulle in aanbidding gebuig.
1
Daarna het Moses en Aäron na die farao toe gegaan en gesê: “So sê die Here die God van Israel: Laat my volk gaan om tot my eer 'n fees in die woestyn te vier.”2
Maar die farao het geantwoord: “En wie is die Here nogal dat ek na Hom sal luister om Israel te laat gaan? Ek ken die Here nie, en ek sal Israel nie laat gaan nie!”3
Hulle sê toe: “Die God van die Hebreërs het Hom aan ons geopenbaar. Laat ons asseblief drie dagreise die woestyn in trek om 'n offer vir ons God, die Here, te bring, anders tref Hy ons dalk met die pes of die swaard.”4
Maar die koning van Egipte het vir hulle gesê: “Moses en Aäron, waarom hou julle die volk van hulle werk af weg? Gaan terug na julle werk toe!5 Julle mense is alreeds te veel en nou wil julle hulle ook nog laat ophou werk!”
6
Dieselfde dag nog het die farao die slawedrywers van die volk en hulle opsigters beveel:7 “Julle mag nie meer soos vroeër vir die volk strooi gee om bakstene mee te maak nie. Laat hulle self gaan strooi bymekaarmaak,
8 en julle moet van hulle dieselfde hoeveelheid stene as tevore bly eis. Julle mag niks verminder nie! Hulle is net lui, daarom hou hulle aan met neul: ‘Ons wil vir ons God gaan offer.’
9 Die werk moet vir die manne so swaar wees en hulle so besig hou dat hulle nie hulle ore uitleen vir allerhande leuens nie.”
10
Toe het die slawedrywers en die opsigters van die volk vir hulle gaan sê: “So sê die farao: Julle kry nie meer strooi nie.11 Loop haal dit self waar julle dit ook al kan kry, maar aan die hoeveelheid werk word niks verminder nie.”
12
Die volk het toe dwarsoor Egipte stoppels bymekaargemaak,13 en die slawedrywers het hulle aangejaag en gesê: “Julle moet nog elke dag net soveel lewer soos toe daar nog strooi verskaf is.”
14
Boonop het die farao se slawedrywers die Israelitiese opsigters geslaan en vir hulle gesê: “Waarom het julle nie vandag net soos vroeër dieselfde hoeveelheid stene gemaak nie?”15
Die Israelitiese opsigters kom kla toe by die farao: “Waarom maak u so met u werksmense?16 Daar word nie meer strooi aan ons verskaf nie, en tog bly die drywers vir ons sê: ‘Maak bakstene!’ Ons word mishandel, maar eintlik lê die fout by ú mense.”
17
Toe sê die farao: “Julle is lui! Lui! Dit is dié dat julle bly sê: ‘Ons wil vir die Here gaan offer.’18 Loop! Gaan werk! Hulle sal nie meer vir julle strooi gee nie, maar julle kwota bakstene sal julle lewer.”
19
Toe die farao vir die Israelitiese opsigters sê dat die daaglikse kwota bakstene nie verminder gaan word nie, het hulle besef watter ramp hulle getref het.20 Moses en Aäron het hulle buite ingewag, en toe die opsigters van die farao af by hulle kom,
21 sê hulle vir Moses en Aäron: “Mag die Here julle straf omdat julle ons naam sleg gemaak het by die farao en sy amptenare en vir hulle 'n swaard in die hand gegee het om ons mee dood te maak.”
22
Daarna het Moses weer na die Here gegaan en gesê: “Here, waarom werk U so sleg met hierdie volk? Waarom het U my nou eintlik gestuur?23 Van die eerste oomblik af dat ek by die farao gekom het om in u Naam te praat, het hy hierdie volk mishandel. Tog het U niks gedoen om u volk te red nie!”
24
Toe sê die Here vir Moses: “Nou sal jy sien wat Ek met die farao gaan doen: Ek gaan hom dwing om my volk te laat gaan; ja, Ek gaan hom dwing om hulle uit sy land uit weg te jaag.”1
God het vir Moses gesê: “Ek is die Here!2 Ek het aan Abraham, Isak en Jakob verskyn as God die Almagtige, maar my Naam, die Here, het Ek nie aan hulle bekend gemaak nie.
3 Tog het Ek my verbond met hulle gemaak, naamlik om die land Kanaän aan hulle te gee, 'n land waarvan hulle nie burgers was nie.
4 Ek het die gekerm van die Israeliete, wat deur Egipte verkneg word, duidelik gehoor en Ek het aan my verbond gedink.
5 Daarom moet jy vir die Israeliete sê: Ek is die Here. Ek sal julle van die dwangarbeid van Egipte bevry. Ek sal julle van die verknegting verlos, Ek sal julle vry maak met mag en met groot reddingsdade.
6 Ek neem julle aan as my volk en Ek sal julle God wees. Dan sal julle besef dat Ek, die Here, julle God is wat julle van die dwangarbeid van Egipte bevry.
7 Ek sal julle bring na die land toe wat Ek met 'n eed aan Abraham, Isak en Jakob belowe het. Ek sal dit julle eiendom maak. Ek is die Here.”
8
Dit het Moses toe aan die Israeliete vertel, maar in hulle moedeloosheid oor die harde werk het hulle nie na hom geluister nie.9
Toe sê die Here vir Moses:10 “Gaan praat met die farao, die koning van Egipte, dat hy die Israeliete laat trek uit sy land uit.”
11
Maar Moses sê vir die Here: “Die Israeliete luister nie eens na my nie, hoe sal die farao nog na my luister? Ek praat juis nie maklik nie.”12
Nogtans het die Here vir Moses en Aäron na die Israeliete en na die farao, die koning van Egipte, toe gestuur met die opdrag om die Israeliete uit Egipte te bevry.13
Die volgende mense was leiers in die familie van Moses en Aäron: Ruben was die oudste seun van Israel. Ruben se seuns was Ganok, Pallu, Gesron en Karmi. Hulle was die familiehoofde van die stam Ruben.14
Die seuns van Simeon was Jemuel, Jamin, Ohad, Jakin, Sogar, en Saul, 'n seun van 'n Kanaänitiese vrou. Hulle was die familiehoofde van die stam Simeon.15
Nou volg die name van die seuns van Levi volgens hulle geslagsregisters: Gerson, Kehat en Merari. Levi het honderd sewe en dertig jaar oud geword.16 Die seuns van Gerson was Libni en Simi. Hulle het nageslagte gehad.
17 Die seuns van Kehat was Amram, Jishar, Hebron en Ussiël. Kehat het honderd drie en dertig jaar oud geword.
18 Die seuns van Merari was Magli en Musi. Dit was dan volgens die geslagsregisters die familiehoofde van die stam Levi.
19
Amram het met Jogebed, 'n tante van hom, getrou, en hulle seuns was Aäron en Moses. Amram het honderd sewe en dertig jaar oud geword.20
Die seuns van Jishar was Korag, Nefeg en Sikri.21 Die seuns van Ussiël was Misael, Elisafan en Sitri.
22
Aäron het met Eliseba 'n dogter van Amminadab, suster van Nagson, getrou, en hulle seuns was Nadab, Abihu, Eleasar en Itamar.23
Die seuns van Korag was Assir, Elkana en Abiasaf. Hulle was die familiehoofde van die Koragiete.24
Aäron se seun Eleasar het met een van die dogters van Putiël getrou, en hulle seun was Pinehas. Dit was dan die familiehoofde van die stam Levi en hulle nageslagte.25
Dit is dié Aäron en Moses vir wie die Here gesê het: “Julle moet die stamme van Israel uit Egipte bevry.”26 En dit is hulle wat met die farao, die koning van Egipte, onderhandel het oor die bevryding van die Israeliete uit Egipte.
27
Toe die Here in Egipte met Moses gepraat het,28 het Hy vir hom gesê: “Ek is die Here. Gaan sê vir die farao, die koning van Egipte, alles wat Ek vir jou gesê het.”
29
Toe sê Moses vir die Here: “Ek praat swaar, die farao sal nie na my luister nie.”1
Maar die Here antwoord hom: “Kyk, Ek gee aan jou gesag oor die farao, en jou broer Aäron sal jou woordvoerder wees.2 Alles wat Ek jou beveel, moet jy aan jou broer Aäron oordra, en hy moet dit vir die farao vertel sodat hy die Israeliete kan laat trek uit sy land uit.
3 Maar Ek sal die farao hardkoppig maak, sodat Ek baie tekens en wonders in Egipte kan doen.
4 Hy sal wel nie na julle luister nie, maar dan sal Ek Egipte my mag laat ervaar: met groot reddingsdade sal Ek die stamme van my volk Israel uit Egipte bevry.
5 As Ek Egipte tref, sal hulle besef dat Ek die Here is, en dan sal Ek Israel tussen hulle uit laat trek.”
6
Moses en Aäron het gedoen presies wat die Here hulle beveel het.7
Moses was tagtig en Aäron drie en tagtig toe hulle met die farao gaan praat het.8
Verder het die Here vir Moses en Aäron gesê:9 “As die farao vir julle sê: ‘Doen bietjie 'n wonderteken,’ moet jy vir Aäron sê: Vat jou kierie en gooi dit voor die farao neer dat dit 'n groot slang word.”
10
Toe Moses en Aäron by die farao kom, het hulle gedoen wat die Here beveel het: Aäron het sy kierie voor die farao en sy amptenare neergegooi en dit het in 'n groot slang verander.11 Die farao roep toe ook sy manne bymekaar wat dié soort ding ken, sy goëlaars. Dié Egiptiese towenaars doen toe met hulle towerkunste presies dieselfde:
12 soos elkeen sy kierie neergooi, verander dit in 'n groot slang. Maar toe sluk Aäron s'n hulle s'n in!
13
Tog het die farao koppig gebly en nie aan hulle versoek gehoor gegee nie, net soos die Here vooraf gesê het.14
Die Here het vir Moses gesê: “Die farao bly onversetlik, hy hou aan weier om die volk te laat trek.15 Gaan môre vroeg na die farao toe; hy sal juis op pad wees water toe. Gaan wag vir hom langs die Nyl, met die kierie wat in 'n slang verander het, in jou hand.
16 Sê dan vir hom: ‘Die Here die God van die Hebreërs het my na jou toe gestuur met die opdrag dat jy my volk moet laat gaan om My in die woestyn te dien, maar tot nou toe het jy nie gehoor gegee nie.
17 So sê die Here: Deur wat nou gaan volg, sal jy weet dat Ek die Here is.’ Jy moet ook vir die farao sê: Met hierdie kierie in my hand sal ek op die Nyl se water slaan, en dit sal in bloed verander.
18 Dan sal die vis in die Nyl vrek, en dit sal so stink dat die Egiptenaars nie die water sal kan drink nie.”
19
Verder sê die Here vir Moses: “Sê vir Aäron: Vat jou kierie en swaai dit oor al die water van Egipte, oor sy kanale, riviere, moerasse en damme, dat dit bloed kan word. Daar sal bloed wees in die hele Egipte, selfs in die hout- en klipbakke.”20
Toe het Moses en Aäron gedoen presies wat die Here hulle beveel het. Aäron het sy kierie opgelig en voor die oë van die farao en sy amptenare op die Nyl se water geslaan, en al die water het in bloed verander.21 Die vis in die Nyl het gevrek en die Nyl se water het so gestink dat die Egiptenaars dit nie kon drink nie. Oral in Egipte was daar bloed.
22
Maar die Egiptiese towenaars het met hulle towerkunste dieselfde gedoen, sodat die farao koppig gebly het. Hy het nie aan Moses-hulle se versoek gehoor gegee nie, soos die Here vooraf gesê het.23 Die farao het omgedraai na sy paleis toe sonder om hom daaraan te steur.
24 Intussen het die hele Egipte langs die Nyl na drinkwater gegrawe omdat hulle nie die Nyl se water kon drink nie.
25 Die toestand het 'n volle sewe dae geduur nadat die Here die Nyl getref het.
1
Daarna sê die Here vir Moses: “Gaan sê vir die farao: So sê die Here: Laat my volk gaan om My te dien.2 As jy weier om hulle te laat gaan, sal Ek jou hele gebied met 'n paddaplaag tref.
3 Die Nyl sal wemel van die paddas. Hulle sal uitspring en in jou paleis kom, in jou slaapkamer, op jou bed, in jou amptenare se huise, tussen jou mense, in jou bakoonde en in jou skottels.
4 Die paddas sal op jou en op jou mense en al jou amptenare spring.”
5
Verder sê die Here vir Moses: “Sê vir Aäron: Swaai jou kierie oor die kanale, riviere en moerasse. Laat daar paddas kom oor Egipte.”6
Aäron swaai toe sy kierie oor al die water van Egipte en toe kom die paddas: Egipte was oortrek van hulle.7
Tog het die towenaars met hulle towerkunste dieselfde gedoen en ook paddas oor Egipte laat kom.8 Hierna roep die farao vir Moses en Aäron en sê: “Julle moet die Here bid dat Hy die paddas van my en my mense af wegvat. Dan sal ek die volk laat gaan dat hulle vir die Here kan gaan offer.”
9
Moses antwoord toe: “Soos dit U Majesteit behaag. Wanneer sal ek vir u, u amptenare en u mense bid dat die paddas heeltemal van u en u huise af weggevat kan word, en daar net in die Nyl nog van hulle sal oorbly?”10
En die farao antwoord: “Doen dit môre.” Toe sê Moses: “Goed, dan sal u besef dat daar geen god is soos ons God, die Here, nie.11 Die paddas sal van u af weggevat word, van u huise, u amptenare en u mense af; net in die Nyl sal daar nog paddas oorbly.”
12
Moses en Aäron het van die farao af weggegaan en Moses het die Here aangeroep oor die paddas wat Hy oor die farao gebring het.13 Die Here het gedoen wat Moses gevra het, en die paddas het gevrek, in die huise, in die binneplase en op die lande.
14 Die mense het dit hope-hope bymekaargehark, en die land het daarvan gestink.
15
Maar toe die farao sien dat daar verligting gekom het, het hy weer onversetlik geword. Hy het nie aan Moses-hulle se versoek gehoor gegee nie, soos die Here vooraf gesê het.16
Daarna het die Here vir Moses gesê: “Sê vir Aäron: Swaai jou kierie en slaan op die grond dat daar muggies oor die hele Egipte kom.”17
Hulle twee het toe so gemaak. Aäron het die kierie geswaai en op die grond geslaan, en mens en dier was oortrek van die muggies. In die hele Egipte het elke krieseltjie stof 'n muggie geword.18
Die towenaars het dieselfde probeer doen met hulle towerkunste, dié keer om muggies voort te bring, maar hulle kon nie. Mens en dier was oortrek van die muggies.19 Toe sê die towenaars vir die farao: “Dit is die vinger van God!”
Maar die farao het koppig gebly. Hy het nie aan Moses-hulle se versoek gehoor gegee nie, net soos die Here vooraf gesê het.20
Daarna het die Here vir Moses gesê: “Staan môreoggend vroeg op en gaan wag vir die farao by die water. Hy sal juis op pad wees soontoe. Sê vir hom: So sê die Here: Laat my volk gaan om My te dien,21 want as jy my volk nie laat gaan nie, sal Ek steekvlieë op jou loslaat, op jou amptenare, op jou mense en in jou huise. In die huise van die Egiptenaars en ook op hulle lande sal dit swerm van die steekvlieë.
22 Maar dié dag sal Ek 'n uitsondering maak van die Gosenstreek waar my volk woon. Dáár sal nie 'n enkele steekvlieg wees nie, dat jy kan besef dat Ek, die Here, in die land is.
23 Ek neem mý volk in beskerming, joune nie. Net môre sal hierdie wonder gebeur.”
24
Die Here het dit toe gedoen. Groot swerms steekvlieë het in die paleis van die farao in gekom, in die huise van sy amptenare en oor die hele Egipte. Die land is daardeur lam gelê.25
Toe roep die farao vir Moses en Aäron en sê: “Julle kan vir julle God gaan offer, maar hier in dié land!”26
Maar Moses antwoord: “Dit kan ons nie doen nie, want ons offers aan ons God, die Here, gee aanstoot aan die Egiptenaars. As ons nou hier voor hulle oë offers bring wat vir hulle aanstootlik is, sal hulle ons mos met klippe doodgooi!27 Ons wil maar net drie dagreise ver die woestyn in gaan om aan ons God, die Here, te offer soos Hy ons beveel het.”
28
Hierna sê die farao: “Dan laat ek julle nou maar gaan om in die woestyn vir julle God, die Here, te offer. Moet net nie te ver weg gaan nie, en bid vir my.”29
Toe antwoord Moses: “Ek gaan nou weg van u af en sal die Here bid dat die steekvlieë môre van u af padgee en van u amptenare en u mense af. U Majesteit moet nou net nie weer u woord breek deur die volk nie te laat gaan om vir die Here te offer nie!”30
Moses het weggegaan van die farao af en tot die Here gebid.31 Die Here het toe gedoen wat Moses gevra het en die steekvlieë van die farao af laat padgee, en van sy amptenare en sy mense af. Daar het nie een oorgebly nie.
32
En tog het die farao ook hierdie keer onversetlik gebly en die volk nie laat gaan nie.1
Daarna het die Here vir Moses gesê: “Gaan sê vir die farao: So sê die Here die God van die Hebreërs: Laat my volk gaan om My te dien.2 As jy weier om hulle te laat gaan en hulle bly vashou,
3 sal die Here sy mag toon met 'n baie swaar pes onder al jou vee in die veld: perde, donkies, kamele, beeste en kleinvee.
4 Die Here sal onderskeid maak tussen die vee van Israel en dié van Egipte: daar sal nie 'n enkele stuk vee van die Israeliete vrek nie.”
5
Die Here het 'n tyd vasgestel en Hy het gesê Hy sal dit die volgende dag in Egipte laat gebeur.6 Die volgende dag doen Hy dit toe ook, en al die vee van Egipte is dood, maar van die vee van die Israeliete is daar nie een dood nie.
7 Die farao het navraag gedoen en jou werklik waar, nie 'n enkele stuk van die Israeliete se vee is dood nie.
Tog was die farao steeds onversetlik: hy het die volk nie laat gaan nie.8
Daarna het die Here vir Moses en Aäron gesê: “Skep hande vol roet uit 'n oond en laat Moses dit voor die farao in die lug opgooi.9 Dit sal 'n fyn poeier word oor die hele Egipte en dit sal dwarsoor Egipte op mens en dier swere veroorsaak wat aanhoudend etter.”
10
Hulle het toe roet uit 'n oond gevat en voor die farao gaan staan. Toe Moses dit in die lug opgooi, kom daar op mens en dier swere wat aanhoudend etter.11
Die towenaars kon Moses dit nie eens probeer nadoen nie, want hulle was vol swere. Die swere het op al die Egiptenaars uitgekom, ook op die towenaars.12
Tog het die Here die farao nog steeds koppig laat bly. Hy het nie aan Moses en Aäron se versoek gehoor gegee nie, soos die Here vooraf vir Moses gesê het.13
Daarna het die Here vir Moses gesê: “Staan môreoggend vroeg op en gaan na die farao toe en sê vir hom: So sê die Here die God van die Hebreërs: Laat my volk gaan om My te dien,14 anders gaan Ek jou hierdie keer met 'n groot ramp tref en ook jou amptenare en jou mense. Dan sal jy besef dat daar op die hele aarde niemand soos Ek is nie.
15 Na regte moes Ek nou al my hand uitgesteek het en jou en jou mense met 'n pes van die aarde af uitgewis het.
16 Daar is net een rede waarom Ek jou nog laat lewe, en dit is dat Ek jou my mag kan wys en my Naam daardeur oor die hele wêreld geroem kan word.
17 Nog steeds hou jy jou groot teen my volk en laat jy hulle nie gaan nie.
18 Môre hierdie tyd gaan Ek 'n verskriklike swaar haelstorm laat losbars soos daar nog nooit in die bestaan van Egipte was nie.
19 Laat nou al jou vee en alles wat buite is, na veiligheid bring. Al die mense en diere wat buite is en nie onder dak gebring is nie, sal deur die hael doodgeslaan word.”
20
Die amptenare van die farao wat bang geword het toe hulle hoor wat die Here gesê het, het haastig hulle slawe en vee onder dak gebring,21 maar dié wat hulle nie aan sy woorde gesteur het nie, het hulle slawe en vee buite laat bly.
22
Toe het die Here vir Moses gesê: “Steek jou hand in die lug op dat daar hael oor die hele Egipte kan kom oor mens en dier, en oor al die plante van Egipte.”23
Toe Moses sy kierie in die lug opsteek, het die Here donderslae en hael gestuur, en die blitse het tot op die grond geslaan. Die Here het die haelstorm oor Egipte laat losbars.24 Die hael het geval; tussen die hael deur het die een blits op die ander gevolg, so erg soos dit nog nooit was vandat daar mense in Egipte woon nie.
25 Die hael het die hele Egipte getref, alles wat buite was, mens en dier. Al die plante is deur die hael weggeslaan, selfs al die bome is in repe geslaan.
26 Net in die Gosenstreek, waar die Israeliete was, was daar nie hael nie.
27
Die farao laat roep toe vir Moses en Aäron en sê vir hulle: “Nou erken ek ek was verkeerd. Die Here het reg, ek en my mense is skuldig.28 Bid tog tot die Here. Die donderslae en hael is vir ons te erg. Ek sal julle laat gaan. Julle hoef nie langer te bly nie.”
29
Toe het Moses vir hom gesê: “Sodra ek uit die stad is, sal ek my hande in gebed na die Here uitsteek. Dan sal die donderslae ophou, en daar sal nie meer hael wees nie, dat u kan besef dat hierdie land aan die Here behoort.30 Wat u en u amptenare betref, ek weet u het nog nie ontsag vir God, die Here, nie.”
31
Die vlas- en die garsoes is vernietig omdat die gars in die aar en die vlas in die knop was,32 maar die koring en die sorghum is nie vernietig nie omdat dit later ryp word.
33
Moses is van die farao af weg uit die stad uit, en hy het sy hande in gebed na die Here uitgesteek. Die donderslae en die hael het opgehou en die stortbuie het bedaar.34
Toe die farao sien die reën, hael en donderslae hou op, het hy maar weer verkeerd gedoen. Hy en sy amptenare was onversetlik.35 Die farao het koppig gebly en die Israeliete nie laat gaan nie, soos die Here vooraf deur Moses gesê het.
1
Daarna het die Here vir Moses gesê: “Gaan na die farao toe, want Ek het hom en sy amptenare onversetlik gemaak sodat Ek hierdie wonders van My onder hulle kan doen.2 Dan kan jy aan jou kinders en kleinkinders vertel wat Ek aan die Egiptenaars gedoen het en watter wonders Ek onder hulle verrig het om julle te laat besef dat Ek die Here is.”
3
Moses en Aäron het toe na die farao toe gegaan en vir hom gesê: “So sê die Here die God van die Hebreërs: Hoe lank gaan jy nog weier om jou aan My te onderwerp? Laat my volk gaan om My te dien!4 As jy weier om my volk te laat gaan, bring Ek môre 'n sprinkaanplaag oor jou land.
5 Die land sal so toe wees onder hulle dat 'n mens nie die grond sal kan sien nie. Hulle sal elke groenigheidjie afvreet wat oorgebly het na die hael, selfs dié van elke boom wat weer uitloop.
6 Hulle sal oral in jou paleise wees, in die huise van al jou amptenare en van elke Egiptenaar. So iets het julle en al julle voorvaders nog nooit gesien vandat hulle in die land is tot nou toe nie.”
Toe het Moses omgedraai en van die farao af weggegaan.7
Die amptenare sê toe vir die farao: “Hoe lank gaan dié man nog vir ons moeilikheid gee? Laat hulle nou maar gaan om hulle God, die Here, te dien, maar net die mans. U sien tog dat Egipte te gronde gaan.”8
Toe is Moses en Aäron na die farao toe teruggebring en hy sê vir hulle: “Gaan dien julle God, die Here! Maar wie gaan almal saam?”9
Moses antwoord: “Ons gaan almal, met ons jong manne en ons ou manne, met ons seuns en ons dogters, met ons kleinvee en ons grootvee, want ons moet vir die Here 'n fees gaan hou.”10
Maar die farao sê vir hulle: “Die Here is net so min met julle as wat ek julle vrouens en kinders saam met julle sal laat gaan. Julle het 'n verkeerde ding in die kop.11 So sal ek dit nie toelaat nie! Net die mans gaan! Gaan dien die Here; dit is mos wat julle nog altyd vra!”
Toe is hulle van die farao af weggejaag.12
Daarna het die Here vir Moses gesê: “Steek jou hand uit oor Egipte dat daar sprinkane oor die land kan kom om elke groen sprietjie op te vreet wat van die hael oorgebly het.”13
Toe steek Moses sy kierie oor Egipte uit, en die Here het daardie hele dag en nag 'n oostewind laat waai wat die sprinkane aangebring het. Die volgende môre was hulle daar.14 Hulle het oor Egipte gekom en die hele land vol gesit, 'n yslike groot sprinkaanswerm, soos daar nog nooit tevore was nie en hierna ook nie weer sal wees nie.
15 Die land was toe onder hulle en dit was donker. Hulle het elke groen sprietjie in die land opgevreet, en alles wat na die hael aan die bome oorgebly het. Daar het geen groenigheid aan 'n boom of 'n plant in Egipte oorgebly nie.
16
Die farao laat toe haastig vir Moses en Aäron roep en hy sê: “Ek het verkeerd gedoen teen julle God, die Here, en teen julle!17 Vergeef tog asseblief net hierdie keer my oortreding! Bid tot julle God, die Here, dat Hy hierdie dood afweer van my af.”
18
Moses het van die farao af weggegaan en tot die Here gebid.19 Toe laat die Here die wind verander in 'n sterk westewind wat die sprinkane opgeskep het en in die Rietsee gegooi het. Daar het nie een enkele sprinkaan in die hele Egiptiese gebied oorgebly nie.
20
Maar die Here het die farao weer koppig gemaak, en hy het die Israeliete nie laat gaan nie.21
Daarna het die Here vir Moses gesê: “Steek jou hand in die lug op, dan sal dit donker word in Egipte, so donker dat 'n mens dit kan voel.”22
Moses het toe sy hand in die lug opgesteek, en drie dae lank was dit pikdonker oor die hele Egipte.23 Die mense kon mekaar nie sien nie en drie dae lank kon niemand iets uitrig nie, maar in al die woongebiede van die Israeliete was daar lig.
24
Toe laat die farao vir Moses roep en sê: “Gaan dien die Here! Julle vrouens en kinders kan saamgaan, maar julle kleinvee en julle grootvee moet hier agterbly.”25
Maar Moses sê: “U sal tog nie vir ons brandoffers en ander diereoffers gee om aan ons God, die Here, te bring nie!26 Daarom gaan ons vee beslis met ons saam. Daar bly nie 'n kloutjie agter nie. Ons moet van die vee gebruik om ons God, die Here, te dien en voordat ons daar aankom, weet ons nog nie met watter offer ons Hom sal dien nie.”
27
Maar die Here het die farao weer koppig gemaak, sodat hy hulle nie wou laat gaan nie.28
Toe het die farao vir Moses gesê: “Maak dat jy hier wegkom! Sorg dat ek jou nie weer sien nie, want die oomblik dat ek jou weer sien, sterf jy!”29
Moses het geantwoord: “Soos u sê: u sal my nie weer sien nie.”1
Die Here het toe vir Moses gesê: “Met nog een plaag sal Ek die farao en Egipte tref, en dan sal hy julle hiervandaan laat gaan. Ja, hy sal julle onvoorwaardelik laat trek; hy sal julle selfs wegjaag hiervandaan.2 Gaan sê vir die volk elke man en vrou moet silwer- en goue goed van hulle Egiptiese bure eis.”
3
Die Here het gesorg dat die Egiptenaars aan sy volk goed doen, en boonop het Moses groot aansien onder die Egiptenaars geniet, by die amptenare en die volk.4
Toe sê Moses vir die farao: “So sê die Here: Teen middernag sal Ek deur Egipte gaan,5 en elke eersgeborene in Egipte sal sterwe, van die kroonprins af, die eersgeborene van die farao, tot by die eersgeborene van die slavin wat koring maal, ja, selfs al die eerstelinge van die diere.
6 In die hele Egipte sal daar so gehuil en gerou word soos nog nooit tevore nie en ook nie later nie.
7 Maar onder die Israeliete sal niemand iets oorkom nie, nie 'n mens of 'n dier nie.
“Dan sal julle besef dat die Here 'n verskil maak tussen Egiptenaar en Israeliet.8 Al hierdie amptenare van u sal voor my kom buig en vra: ‘Jy en jou hele volk moet asseblief trek.’ Dan sal ek trek.”
Moses is toe woedend van die farao af weg.9
Daarna het die Here vir Moses gesê: “Die farao luister nie na julle nie sodat my wonders in Egipte nog meer kan word.”10
Moses en Aäron het al hierdie wonders voor die farao gedoen, maar die Here het die farao koppig gemaak, sodat hy die Israeliete nie uit sy land wou laat trek nie.1
In Egipte het die Here vir Moses en Aäron gesê:2 “Hierdie maand is vir julle die belangrikste maand; dit moet die eerste maand van die jaar word.
3 Sê vir die hele gemeente van Israel: Elkeen moet sorg dat hy op die tiende van hierdie maand 'n lam vir sy gesin het, vir elke huisgesin een.
4 As 'n huisgesin te klein is vir 'n lam, kan 'n man en sy naaste buurman dit onder mekaar verdeel volgens die getal persone. Julle moet die lam deel volgens elkeen se behoefte.
5 Dit moet 'n jaaroud rammetjie wees, sonder liggaamsgebrek, 'n skaap of 'n bok.
6 Julle moet hom goed oppas tot die veertiende van hierdie maand, en dan moet die hele gemeente van Israel teen laat middag slag.
7 Julle moet van die bloed smeer aan die sykante en die bokant van die deurkosyn van elke huis waar julle die lam gaan eet.
8 Nog dieselfde nag moet julle die vleis eet. Julle moet dit gebraai eet, saam met ongesuurde brood en bitter kruie.
9 Julle moet dit nie rou of in water gekook eet nie, maar oor die vuur gebraai, met kop, pootjies, binnegoed en al.
10 Julle mag niks daarvan tot die volgende môre laat oorbly nie. As daar die volgende môre tog iets oor is, moet julle dit verbrand.
11 Julle moet dit haastig eet, aangetrek vir die reis, skoene aan die voete en kierie in die hand. Dit is die paasfees van die Here.
12
“Daardie selfde nag sal Ek deur Egipte gaan om al die eerstelinge van die Egiptenaars, mens en dier, te tref. Met al die Egiptiese gode sal Ek afreken. Ek is die Here!13 Die bloed aan die huise waarin julle is, sal 'n teken wees: waar Ek die bloed sien, sal Ek die huis oorslaan, en die vernietigende slag waarmee Ek Egipte gaan tref, sal julle nie tref nie.
14
“Hierdie dag moet vir julle 'n gedenkdag wees. Julle moet dit as 'n fees tot eer van die Here vier. Vir julle nageslag moet dit 'n vaste instelling wees wat hulle moet vier.15 Sewe dae lank moet die brood wat julle eet, ongesuurde brood wees. Reeds op die eerste feesdag moet julle ontslae raak van suurdeeg in julle huise, want elkeen wat in die sewe dae gewone brood eet, moet van Israel afgesny word.
16 Op die eerste en die sewende dag moet daar 'n gewyde byeenkoms wees. Op hierdie dae mag geen werk gedoen word nie, behalwe dat vir elkeen iets te ete voorberei kan word.
17
“Onderhou die fees van die ongesuurde brood, want die eerste dag van die fees is die presiese dag waarop Ek julle stamme uit Egipte sal bevry het. Julle en julle nageslagte moet dié dag altyd as 'n vaste instelling vier.18 In die eerste maand moet julle van die aand van die veertiende af ongesuurde brood eet tot op die aand van die een en twintigste van die maand.
19 Sewe dae mag daar geen suurdeeg in julle huise wees nie, want elkeen wat gewone brood eet, sal van die gemeente van Israel afgesny word. Dit geld vir vreemdelinge sowel as vir gebore Israeliete.
20 Julle mag glad nie gewone brood eet nie. In al julle woonplekke moet julle net ongesuurde brood eet.”
21
Moses het toe al die leiers van Israel bymekaargeroep en vir hulle gesê: “Gaan vang vir julle gesinne elkeen 'n lam uit en slag die paaslam!22 Neem 'n bossie hisop, doop dit in 'n bak met bloed en smeer die bloed aan die bokant en die sykante van die deurkosyn. Nie een van julle mag by sy deur uitgaan voor die volgende môre nie.
23 As die Here verbykom om die Egiptenaars te tref, sal Hy die bloed aan die bokant en die sykante van die deurkosyn sien en dié deur oorslaan. Hy sal nie die dood in julle huise laat kom om julle te tref nie.
24
“Julle en julle kinders moet altyd hierdie voorskrif eerbiedig.25 Wanneer julle in die land kom wat die Here vir julle gaan gee soos Hy beloof het, moet julle hierdie verpligting nakom.
26 As julle kinders sou vra: ‘Wat beteken hierdie verpligting?’
27 moet julle sê: Dit is 'n paasoffer aan die Here omdat Hy in Egipte die Israeliete se huise oorgeslaan het. Terwyl Hy die Egiptenaars getref het, het Hy ons huise gespaar.”
Toe het die volk in aanbidding gebuig.28
Soos die Here vir Moses en Aäron beveel het, presies so het die Israeliete gedoen.29
Om middernag het die Here elke eersgeborene van Egipte laat sterf, van die kroonprins af, die eersgeborene van die farao, tot by die eersgeborene van die krygsgevangene in die tronk, selfs die eerstelinge van die diere.30 Toe die farao, al sy amptenare en al die Egiptenaars dié nag wakker word, het hulle almal bitterlik aan die huil gegaan, want daar was nie 'n enkele Egiptiese huis sonder 'n sterfgeval nie.
31
Dieselfde nag nog het die farao vir Moses en Aäron laat roep en gesê: “Gee pad onder my mense uit, julle twee en al die ander Israeliete! Gaan dien die Here soos julle gevra het!32 Vat julle kleinvee en julle grootvee soos julle gevra het, en trek! En bid dan dat dit met my ook goed mag gaan.”
33
Die Egiptenaars het sterk by die volk daarop aangedring om gou uit die land pad te gee, “want,” het hulle gesê, “anders is ons almal dood!”34
Die volk het toe hulle brooddeeg, sonder suurdeeg, in skottels gesit, dit in hulle klere toegedraai en dit so op hulle skouers gedra.35 Verder het die Israeliete die opdrag van Moses uitgevoer, naamlik om van die Egiptenaars silwer- en goue goed sowel as klere te eis.
36 Die Here het gesorg dat die Egiptenaars aan sy volk goed doen, sodat hulle uit Egipte as buit kon wegdra wát hulle ook al geëis het.
37
Die Israeliete het van Rameses af na Sukkot toe getrek. Behalwe die afhanklikes was daar sowat ses honderd duisend weerbare manne te voet.38 Daar het ook 'n menigte mense van ander afkoms saamgegaan en ook groot troppe kleinvee en baie beeste.
39
Met die deeg wat hulle uit Egipte saamgebring het, het hulle ongesuurde roosterkoeke gebak: dit was sonder suurdeeg omdat hulle uit Egipte gejaag is en nie kans gehad het om eers vir hulle padkos klaar te maak nie.40
Die Israeliete was vier honderd en dertig jaar in Egipte.41
Na vier honderd en dertig jaar, presies op die dag waarop die fees nou gevier word, het die hele volk van die Here uit Egipte weggetrek.42 Dit was die nag waarin die Here oor hulle gewaak het en hulle uit Egipte bevry het. Daarom behoort dié nag aan die Here en moet alle Israeliete en hulle nageslagte dié nag wakker bly.
43
Die Here het vir Moses en Aäron gesê: “Dit is die voorskrifte in verband met die paasfees: geen nie-Israeliet mag daarvan eet nie;44 'n slaaf wat deur iemand gekoop is, mag eers daarvan eet nadat hy besny is;
45 geen bywoner of huurling mag daarvan eet nie.
46 Dit moet geëet word in die huis waarvoor dit bedoel is. Van die vleis mag niks buitentoe geneem word nie. Geen been van die paaslam mag gebreek word nie.
47 Die hele gemeente van Israel is verplig om die fees te vier.
48 Die vreemdeling wat jou beskerming geniet en die paasfees van die Here wil vier, moet besny word, hy en al die mans en seuns by hom. Dan eers is hy soos 'n gebore Israeliet en kan hy daaraan deelneem. Iemand wat nie besny is nie, mag nie daarvan eet nie.
49 Een en dieselfde bepaling moet geld vir die gebore Israeliet en vir die vreemdeling wat julle beskerming geniet.”
50
Al die Israeliete het gedoen presies wat die Here vir Moses en Aäron beveel het.51
Presies op die dag waarop die fees nou gevier word, het die Here die stamme van Israel uit Egipte bevry.1
Die Here het vir Moses gesê:2 “Julle moet elke eersgeborene aan My wy, elke eersteling wat in Israel gebore word, mens en dier. Dit is Myne.”
3
Moses het vir die volk gesê: “Onthou die dag waarop julle uit Egipte, uit die plek van slawerny, weggetrek het, want dit is deur sy groot mag dat die Here julle daaruit bevry het. Julle mag op dié dag niks met suurdeeg in eet nie.4
“Julle vertrek vandag, op hierdie besondere dag in die maand Abib.5 Die Here het met 'n eed aan julle voorvaders belowe om vir julle die land van die Kanaäniete, Hetiete, Amoriete, Hewiete en Jebusiete te gee. Wanneer Hy julle bring in die land wat oorloop van melk en heuning, moet julle die volgende verpligting in hierdie maand nakom:
6 sewe dae lank moet julle ongesuurde brood eet, en die sewende dag is 'n feesdag tot eer van die Here.
7 Dit moet beslis ongesuurde brood wees wat julle die sewe dae lank eet. Dan mag daar geen gis of enige suurdeeg by julle in julle hele gebied wees nie.
8 Op die feesdag moet elkeen vir sy kinders vertel: ‘Dit is oor wat die Here vir my gedoen het toe ek uit Egipte getrek het.’
9 Die fees moet vir julle wees soos 'n teken op die hand of 'n merk op die voorkop sodat julle altyd sal getuig dat die Here Hom aan julle geopenbaar het, want dit is met sy groot mag dat Hy julle uit Egipte bevry het.
10 Julle moet hierdie voorskrif van jaar tot jaar op die bepaalde tyd nakom.
11
“Wanneer die Here julle nou bring in die land van die Kanaäniete en dit aan julle gee, soos Hy met 'n eed aan julle en julle voorvaders belowe het,12 moet julle elke manlike eersteling wat gebore word, aan die Here wy, en ook elke manlike eersteling van julle vee vir die Here afstaan.
13 Elke eerste hingsvulletjie van 'n donkie moet julle egter met 'n skaap loskoop. As julle hom nie kan loskoop nie, moet julle sy nek breek. Julle moet ook al julle eersgebore seuns loskoop.
14 As julle kinders later sou vra: ‘Wat beteken dit?’ moet julle vir hulle sê: ‘Met groot mag het die Here ons uit Egipte, uit die plek van slawerny, bevry,
15 want toe die farao te hardkoppig was om ons te laat trek, het die Here al die eerstelinge van die Egiptenaars laat sterwe, mens en dier. Om hierdie rede offer ons die manlike eersteling van elke dier aan die Here, maar koop ons elke eersgebore seun los.’
16 Soos 'n teken op die hand en 'n merk op die voorkop moet dit julle daaraan herinner dat die Here ons met groot mag uit Egipte bevry het.”
17
Toe die farao die volk laat trek het, het God hulle nie die pad na die land van die Filistyne toe laat vat nie, hoewel dit die kortste was, want Hy het gesê: “As die volk in 'n geveg betrokke raak, kan hulle dalk spyt kry en na Egipte toe teruggaan.”18
Daarom het God die volk met 'n ompad laat gaan, met die woestynpad in die rigting van die Rietsee. Die Israeliete het goed georganiseerd uit Egipte getrek.19
Moses het die liggaam van Josef saamgevat, want Josef het die seuns van Israel dit destyds uitdruklik met 'n eed laat beloof. Hy het gesê: “God sal beslis later na julle omsien, en dan moet julle my liggaam van hier af saamvat.”20
Hulle het Sukkot verlaat en by Etam aan die rand van die woestyn kamp opgeslaan.21 Die Here het bedags met 'n wolkkolom voor hulle uit gegaan om vir hulle die pad te wys en snags met 'n vuurkolom om vir hulle lig te verskaf, sodat hulle dag en nag kon trek.
22 Die wolkkolom bedags en die vuurkolom snags het altyd voor die volk gebly.
1
Die Here het vir Moses gesê:2 “Beveel die Israeliete om weg te draai en kamp op te slaan naby Pi-Hagirot tussen Migdol en die see. Regoor Baäl-Sefon by die see moet julle kamp opslaan.
3 Dan sal die farao dink die Israeliete het verdwaal en is deur die woestyn vasgekeer.
4 Ek sal die farao weer koppig maak, sodat hy julle agtervolg, en Ek sal my mag laat geld teen hom en sy leër. Dan sal Egipte besef dat Ek die Here is.”
Die Israeliete het die bevele uitgevoer.5
Toe die koning van Egipte die berig kry dat die volk vir goed weg is, het sy houding en dié van sy amptenare teenoor die Israeliete verander. Die Egiptenaars het gesê: “Wat het ons aangevang dat ons die Israeliete laat trek het? Nou is ons hulle diens kwyt!”6
Die farao het sy strydwa laat inspan en sy leër saam met hom gevat.7 Hy het sy ses honderd beste strydwaens gevat, asook al die ander Egiptiese strydwaens, elkeen met 'n bemanning van drie.
8 Die Here het die farao, die koning van Egipte, koppig gemaak sodat hy die Israeliete agtervolg het, maar die Israeliete het onder die beskerming van God verder getrek.
9 Die Egiptenaars het hulle agtervolg, en al die strydwaens van die farao met bemanning en leërmag het hulle ingehaal terwyl hulle besig was om by die see kamp op te slaan, naby Pi-Hagirot regoor Baäl-Sefon.
10
Toe die farao nader kom, sien die Israeliete skielik die Egiptenaars sit hulle agterna. Hulle het baie bang geword en benoud na die Here geroep.11
Hulle het vir Moses gesê: “Is daar nie begraafplek in Egipte nie dat jy ons saamsleep om in die woestyn te sterwe? Wat het jy ons aangedoen dat jy ons uit Egipte laat trek het?12 Ons het jou mos in Egipte gesê om ons te laat staan dat ons vir die Egiptenaars werk. Dit is vir ons beter om vir hulle te werk as om hier in die woestyn om te kom.”
13
Maar Moses het die volk geantwoord: “Moenie bang wees nie. Staan vas, kyk hoe die Here julle vandag gaan red, want soos julle die Egiptenaars nou daar sien, sal julle hulle nooit weer sien nie.14 Bly julle maar kalm. Die Here sal vir julle veg.”
15
Toe het die Here vir Moses gesê: “Waarom roep julle so benoud na My? Sê vir die Israeliete hulle moet verder trek.16 En jy, lig jou kierie op en steek jou hand oor die see uit en kloof dit oop sodat die Israeliete op droë grond kan deurgaan.
17 Ek sal die Egiptenaars so koppig maak dat hulle die Israeliete sal agtervolg. So sal Ek my mag laat geld teenoor die farao en sy hele leër: strydwaens en bemanning.
18 Wanneer Ek my mag laat geld teenoor die farao, sy strydwaens en hulle bemanning, sal Egipte besef dat Ek die Here is.”
19
Die Engel van God wat altyd voor die Israeliete uit beweeg het terwyl hulle getrek het, het nou agter hulle plek ingeneem. Ook die wolkkolom wat voor hulle was, het agter hulle ingeskuif,20 tussen die Egiptenaars en die Israeliete. Aan die Egiptiese kant was die wolk donker en aan die Israelitiese kant het dit die nag verlig. Die hele nag deur het die twee groepe nie nader aan mekaar gekom nie.
21
Moses het sy hand oor die see uitgesteek, en die Here het daardie hele nag die water met 'n sterk oostewind weggedryf, sodat die water oopgekloof en die see daar drooggelê is.22 Die Israeliete het op droë grond deur die see gegaan, en die water het weerskante van hulle soos 'n muur gestaan.
23 Die Egiptenaars het hulle agternagesit: die farao se perde, strydwaens en bemanning is almal agter hulle aan die see in.
24 In die vroeë môre het die Here uit die vuur- en wolkkolom afgekyk op die Egiptiese leër en verwarring onder hulle gesaai.
25 Hy het die wiele van hulle strydwaens laat uitval, sodat hulle skaars kon beweeg.
Toe sê die Egiptenaars: “Ons moet wegkom van die Israeliete af, want die Here veg vir hulle teen Egipte.”26 Maar die Here het vir Moses gesê: “Steek jou hand uit oor die see sodat die water oor die Egiptenaars, oor hulle strydwaens en bemanning kan stroom.”
27
Moses steek toe sy hand oor die see uit. Teen dagbreek het die see teruggestroom oor sy bodem en die Egiptenaars het hulle teen die water vasgevlug: die Here het hulle deur die see laat meesleur.28 Toe die water terugstroom, was die strydwaens en bemanning, die hele leërmag van die farao wat agter die Israeliete aan die see in is, tóé onder die water. Daar het nie een van hulle oorgebly nie.
29
Maar die Israeliete het op droë grond deur die see gegaan en die water het weerskante van hulle soos 'n muur gestaan.30 Die Here het Israel daardie dag gered van Egipte, en die Israeliete het die Egiptenaars dood op die strand sien lê.
31 Toe Israel sien hoe kragtig die Here teen Egipte opgetree het, is hulle met ontsag vir Hom vervul. Hulle het in die Here geglo en ook in Moses, sy dienaar.
1
Toe het Moses en die Israeliete die volgende lied tot eer van die Here gesing: “Ek wil tot eer van die Here sing2
Die Here is my krag
en my beskerming.
Hy het tot my redding gekom.
Hy is my God, Hom roem ek,
die God van my voorvaders,
Hom prys ek.
3
Die Here is oorwinnaar in die stryd,
sy Naam is ‘die Here’!
4
Die strydwaens van die farao en ook sy leër
het Hy in die see geslinger.
Die keur van Egipte se offisiere
is in die Rietsee gedompel.
5
Watermassas het hulle oordek,
soos 'n klip het hulle in die dieptes afgesak.
6
U regterhand, Here, gedug in sy krag,
u regterhand, Here, verpletter die vyand.
7
U is hoog verhewe,
U vernietig wie teen U opstaan,
U laat u toorn woed, dit verteer hulle soos kaf.
8
U wind het gewaai:
die water dam op,
strome staan regop soos 'n muur,
watermassas stol in die hart van die see.
9
Die vyand sê: ‘Ek sal hulle agtervolg en inhaal, ek sal die buit verdeel, ek sal my sin kry, ek sal my swaard trek, my hand sal hulle verslaan.’
10
“U laat u wind waai:11
Wie van die gode is soos U, Here?
Wie is soos U, so hoog geëer en heilig?
In lofsange word U vereer, Bewerker van wonderdade!
12
U het u regterhand uitgesteek;
die aarde het die vyand ingesluk.
13
Deur u trou het U die volk gelei
wat deur U verlos is,
hulle deur u krag gebring na u gewyde land toe.
14
Die volke het dit gehoor en hulle het gesidder,
angs het die bewoners van Filistea beetgepak,
15
die stamhoofde van Edom was verskrik,
die magtiges van Moab vreesbevange,
al die bewoners van Kanaän was lam geskrik.
16
Vrees en angs het hulle oorval,
u magtige dade het hulle laat versteen
toe u volk deurtrek, Here,
toe die volk wat U u eie gemaak het, deurtrek.
17
U het hulle ingebring, U het hulle geplant
op die berg wat aan U behoort.
Here, U het 'n plek vir u troon voorberei,
u hande, Here, het 'n gewyde plek gereed gemaak.
18
Die Here regeer tot in ewigheid!”
19
Waarlik, toe die perde van die farao met strydwaens en bemanning die see ingegaan het, het die Here die water van die see oor hulle laat terugvloei, maar die Israeliete het op droë grond daardeur gegaan.20
Mirjam die profetes, suster van Aäron, het 'n tamboeryn gevat en al die vroue het met tamboeryne agternageloop en gedans.21 Mirjam het vir hulle voorgesing:
“Sing tot eer van die Here22
Moses het die Israeliete laat wegtrek van die Rietsee af en hulle het na die Surwoestyn toe gegaan. Hulle het drie dae lank die woestyn in getrek en geen water gekry nie.23 Toe hulle by Mara aankom, kon hulle nie die water drink nie, omdat dit bitter was. Daarom het hulle die plek Mara genoem.
24
Die volk het by Moses gekla: “Wat moet ons drink?”25
Moses het die Here aangeroep, en die Here het hom 'n stuk hout gewys. Hy het dit toe in die water gegooi, en die water het soet geword. Daar het die Here die volk op die proef gestel en daar het Hy vir hulle 'n vaste reël neergelê.26 Hy het gesê: “Julle moet goed luister na wat Ek, die Here julle God, sê! Julle moet doen wat reg is in my oë, gehoor gee aan my gebooie en alles doen wat Ek vir julle voorskryf. Dan sal Ek geeneen van die siektes waarmee Ek Egipte getref het, oor julle bring nie, want dit is Ek, die Here, wat julle gesond hou.”
27
Daarna het hulle by Elim aangekom met sy twaalf fonteine en sewentig palmbome en daar by die water kamp opgeslaan.1
Nadat hulle Elim verlaat het, het die hele volk Israel in die Sinwoestyn aangekom wat tussen Elim en Sinai lê. Dit was op die vyftiende van die tweede maand nadat hulle uit Egipte getrek het.2 In die woestyn het die hele volk hulle teenoor Moses en Aäron begin verset
3 en gesê: “As ons maar liewer in Egipte omgekom het deur die hand van die Here terwyl ons by die vleispotte kon sit en oorgenoeg kos kon hê om te eet! Nou het julle ons laat wegtrek tot in hierdie woestyn om die hele volk van honger te laat omkom.”
4
Toe het die Here vir Moses gesê: “Let nou mooi op. Ek sal elke keer vir julle kos uit die hemel laat reën. Dan moet die volk elke dag gaan en dié dag se voorraad optel. So sal Ek toets of hulle my opdrag wil nakom of nie.5 As hulle op die sesde dag voorberei wat hulle ingebring het, moet dit dubbel soveel wees as wat hulle elke dag optel.”
6
Toe sê Moses en Aäron vir al die Israeliete: “Vanaand sal julle besef dat dit die Here is wat julle uit Egipte bevry het,7 en môreoggend sal julle sien hoe magtig die Here is. Hy het gehoor dat julle julle teen Hóm verset. Dat julle julle teen óns verset, is niks nie.”
8
Verder het Moses gesê: “As die Here vanaand vir julle vleis gee en môreoggend oorgenoeg kos om te eet, sal julle besef Hy het julle verset teen Hom opgemerk. Dit was nie teen ons nie, maar teen die Here dat julle julle verset het.”9
Moses het toe vir Aäron gesê: “Beveel die hele gemeente van Israel om voor die Here te kom staan, want Hy het hulle verset opgemerk.”10
Nadat Aäron dit vir hulle gesê het, kyk die Israeliete na die woestyn se kant toe om, en toe word die magtige teenwoordigheid van die Here sigbaar in die wolk.11
Die Here sê toe vir Moses:12 “Ek het die verset van die Israeliete opgemerk. Sê vir hulle: Teen skemeraand sal julle vleis eet en teen môreoggend sal julle oorgenoeg kos hê sodat julle kan besef dat Ek die Here julle God is.”
13
Teen die aand se kant het daar kwartels aangevlieg gekom en hulle het die hele kamp vol gesit. Die volgende oggend was daar 'n wolk rondom die kamp,14 en toe die wolk wegtrek, was die woestyn oortrek met fyn vlokkies soos ryp.
15 Toe die Israeliete dit sien, sê hulle vir mekaar: “Wat is dit dié?” want hulle het nie geweet wat dit is nie. Toe sê Moses vir hulle: “Dit is die brood wat die Here vir julle gee om te eet.
16 Die Here het beveel: Gaan maak dit bymekaar volgens elke gesin se behoefte, twee liter per kop. Elkeen moet vat volgens die getal mense in sy tent.”
17
Die Israeliete het dit toe gaan optel, die een baie en die ander 'n bietjie,18 en toe hulle dit met 'n maatemmer afmeet, het dié met baie nie te veel nie, en dié met 'n bietjie nie te min gehad nie. Hulle het volgens elkeen se behoefte bymekaargemaak.
19
Moses het toe vir hulle gesê: “Niemand mag iets daarvan laat oorskiet tot môreoggend nie.”20
Maar hulle het nie vir Moses geluister nie. Party het daarvan tot die volgende oggend laat oorstaan, maar daar het miet in gekom en dit het gestink. Moses was woedend oor wat hulle gedoen het.21 Hulle het dit vroeg elke oggend bymekaargemaak, volgens elkeen se behoefte, maar net as die son begin bak, het dit weggesmelt.
22
Op die sesde dag het hulle 'n dubbele porsie opgetel, vier liter vir elkeen. Toe al die leiers van die volk dit vir Moses kom vertel,23 sê hy vir hulle: “Dit is soos die Here gesê het: Môre is 'n rusdag, 'n gewyde sabbat van die Here. Maak alles gaar, bak wat julle wil bak, en kook wat julle wil kook, en wat oorbly nadat julle geëet het, moet julle wegsit en bewaar vir môre.”
24
Hulle het dit weggesit tot die volgende oggend soos Moses beveel het, en dit het nie sleg geword of miet gekry nie.25
Toe het Moses gesê: “Eet dit nou vandag, want vandag is dit die sabbat van die Here. In die veld gaan julle niks kry nie.26 Ses dae moet julle dit bymekaarmaak, maar op die sewende dag, die sabbat, sal daar niks wees nie.”
27
Tog het daar op die sewende dag van die mense uitgegaan om bymekaar te maak, maar hulle het niks gekry nie.28
Die Here sê toe vir Moses: “Hoe lank gaan julle nog weier om my bevele en opdragte te gehoorsaam?29 Ek het vir julle die sabbat gegee en daarom gee Ek vir julle op die sesde dag genoeg kos vir twee dae. Elkeen moet bly waar hy is en niemand mag op die sewende dag sy woonplek verlaat nie.”
30
Die volk het op die sewende dag gerus.31
Die Israeliete het die kos manna genoem. Dit was wit soos koljandersaad en het soos heuningkoek gesmaak.32
Moses het ook nog gesê: “Die Here het beveel: 'n Volle twee liter manna moet vir die nageslag bewaar word sodat hulle die kos kan sien wat Ek julle in die woestyn gegee het nadat Ek julle uit Egipte bevry het.”33
Moses sê toe vir Aäron: “Vat 'n kruik en gooi twee liter manna daarin. Sit dit dan voor die Here neer sodat dit vir julle nageslag veilig bewaar kan word.”34
Aäron het dit voor die getuienis neergesit om dit in bewaring te hou soos die Here vir Moses beveel het.35
Die Israeliete het veertig jaar lank manna geëet; hulle het dit geëet totdat hulle bewoonde gebied bereik het, tot hulle by die grens van Kanaän gekom het.36
Die tweelitermaat waarmee die manna afgemeet is, was een tiende van die standaardmaat.1
Nadat die hele volk Israel uit die Sinwoestyn vertrek het, het hulle op bevel van die Here van plek tot plek gegaan totdat hulle by Refidim kamp opgeslaan het. Maar daar was geen water vir die volk om te drink nie.2 Toe het die volk met Moses rusie gemaak en gesê: “Gee jý vir ons water om te drink!”
En Moses antwoord hulle: “Waarom maak julle rusie met my? Waarom stel julle die geduld van die Here op die proef?”3
Maar die volk was dors en hulle het vir Moses verwyt: “Waarom het jy ons uit Egipte laat optrek om ons en ons kinders en ons vee van dors te laat omkom?”4
Daarna het Moses tot die Here geroep: “Wat moet ek met hierdie volk aanvang? Netnou gooi hulle my met klippe dood.”5
Toe sê die Here vir Moses: “Loop voor die volk verby en neem van die leiers van Israel saam. Vat ook die kierie waarmee jy op die Nyl se water geslaan het, en stap vooruit.6 Ek sal daar reg voor jou op die rots by Horeb staan. Dan moet jy teen die rots slaan, en daar sal water uitloop vir die volk om te drink.”
Moses het dit toe gedoen voor die oë van die leiers van Israel.7 Hy het die plek Massa en Meriba genoem omdat die Israeliete daar met Moses rusie gemaak het en ook omdat hulle die geduld van die Here op die proef gestel het toe hulle gesê het: “Is die Here by ons of nie?”
8
Toe die Amalekiete by Refidim teen Israel kom veg het,9 het Moses vir Josua gesê: “Kies vir ons manskappe en gaan veg môre teen die Amalekiete. Dan sal ek op die top van die heuwel gaan staan met die kierie wat God my gegee het, in my hand.”
10
Josua het toe gedoen wat Moses vir hom gesê het en hy het teen die Amalekiete gaan veg. Moses, Aäron en Hur het tot op die top van die heuwel uitgeklim.11 Solank Moses sy hand opgehou het, was Israel die sterkste, en wanneer sy hand gesak het, die Amalekiete.
12 Maar Moses se arms het begin moeg word. Hulle het toe 'n klip gevat en dit agter hom neergesit sodat hy daarop kon gaan sit. Aäron en Hur het sy arms van weerskante af ondersteun sodat sy arms regop gebly het tot sononder.
13 Josua het die Amalekiete heeltemal verslaan.
14 Daarna het die Here vir Moses gesê: “Skryf hierdie woorde op in 'n boek as 'n blywende herinnering en lees dit vir Josua voor: Ek wil die Amalekiete heeltemal van die aarde af verdelg.”
15
Moses het 'n altaar gebou en dit genoem: “Die Here gee my die oorwinning.”16
Verder het Moses gesê: “Dit is die gedenkteken vir die oorwinning wat die Here gee.1
Jetro, priester van Midian en skoonpa van Moses, het gehoor wat die Here God alles vir sy volk Israel en vir Moses gedoen het toe die Here die Israeliete uit Egipte bevry het.2 Toe Moses sy vrou Sippora destyds teruggestuur het, het sy skoonpa Jetro haar
3 en haar twee seuns in sy huis geneem. Die naam van die een seun was Gersom , “want,” het Moses gesê, “ek woon as vreemdeling in 'n vreemde land.”
4 Die naam van die ander was Eliëser , “want,” het Moses gesê, “die God van my voorvaders het my gehelp: Hy het my gered toe die farao my wou doodmaak.”
5
Jetro, Moses se skoonpa, het met Moses se seuns en sy vrou na hom toe gegaan waar hy in die woestyn by die berg van God kamp opgeslaan het.6 Jetro het toe vir Moses laat weet: “Ek is jou skoonpa Jetro. Ek kom na jou toe met jou vrou en jou twee seuns.”
7
Moses het toe sy skoonpa gaan ontmoet en voor hom gebuig en hom met 'n soen gegroet. Nadat hulle vir mekaar gevra het hoe dit gaan, het hulle in Moses se tent ingegaan.8 Daar het Moses vir sy skoonpa alles vertel wat die Here aan die farao en aan Egipte gedoen het ter wille van Israel, en ook van al die ontberings wat die Israeliete op pad gehad het en hoe die Here hulle bevry het.
9 Jetro was bly om te hoor van al die goeie dinge wat die Here vir Israel gedoen het toe Hy hulle uit Egipte se mag bevry het.
10
[10-11] Toe het Jetro gesê: “Aan die Here kom die lof toe! Dit is Hy wat julle bevry het uit die mag van Egipte en die farao. Nou besef ek dat die Here groter is as enige ander god, want toe die Egiptenaars vermetel teen die volk van die Here opgetree het, het Hy hulle uit Egipte se mag bevry.”11
12
Jetro, Moses se skoonpa, het brandoffers en ander diereoffers vir God gebring, en daarna het Aäron en al die Israelitiese leiers gekom om saam met Moses se skoonpa aan die offermaaltyd deel te neem.13
Toe Moses die volgende dag gaan sit om hofsake te verhoor, het daar van die oggend af tot die aand toe mense vir hom gestaan en wag.14 Maar toe sy skoonpa sien wat Moses alles vir die volk doen, het hy gesê: “Waarom doen jy die volk dit aan? Waarom tree net jý op as regter, en al die mense moet van die môre af tot die aand toe vir jou staan en wag?”
15
Moses het sy skoonpa geantwoord: “Die volk kom na my toe om na die wil van God te vra.16 As hulle in sake betrokke raak, kom hulle na my toe. Ek lewer dan uitspraak oor die geskille tussen hulle en maak terselfdertyd God se voorskrifte en wette aan hulle bekend.”
17
Maar Moses se skoonpa sê vir hom: “Jy maak nie reg nie.18 Jy en al hierdie mense by jou sal totaal uitgeput raak. Die werk is te veel vir jou. Jy kan dit nie alleen behartig nie.
19 Luister nou na my raad en mag God jou bystaan! Jy moet die volk se verteenwoordiger by God wees en alle sake voor Hom bring.
20 Druk die volk die voorskrifte en wette op die hart, leer hulle die pad wat hulle moet loop en wat hulle moet doen.
21 Verder moet jy onder die volk bekwame manne uitsoek, dienaars van die Here, mense wat die waarheid liefhet en nie hulle eie voordeel soek nie. Dan moet jy hulle oor die volk aanstel as leiers oor duisend, oor honderd, oor vyftig en oor tien.
22 Hulle moet deurentyd vir die volk hofsittings hou. Die belangrike sake moet na jóú verwys word, en die geringes moet húlle oplos. Dit sal vir jou makliker wees as hulle die verantwoordelikheid saam met jou dra.
23 As God jou beveel om dit so te doen, sal jy met die werk kan aanhou, en al hierdie mense sal dan tevrede huis toe gaan.”
24
Moses het na sy skoonpa geluister en gedoen wat hy gesê het.25 Moses het bekwame manne uit Israel gekies en hulle aangestel as hoofde oor die volk: leiers oor duisend, oor honderd, oor vyftig en oor tien.
26 Hulle het deurentyd hofsittings gehou. Die belangrike sake is na Moses verwys, en die geringes is deur die leiers verhoor.
27
Moses het toe afskeid geneem van sy skoonpa, en sy skoonpa is terug na sy eie land toe.1
Presies drie maande na hulle uittog uit Egipte het die Israeliete in die Sinaiwoestyn aangekom.2 Nadat hulle van Refidim af vertrek het, het hulle kamp opgeslaan in die Sinaiwoestyn, regoor die berg.
3 Moses het teen die berg uitgeklim na God toe, en die Here het van die berg af na hom geroep:
“So moet jy vir die nageslag van Jakob sê,4
“ ‘Julle het gesien wat Ek aan Egipte gedoen het, en hoe Ek julle soos op arendsvlerke veilig gedra en na My toe gebring het.5 [5-6] As julle My gehoorsaam en julle aan my verbond hou, sal julle uit al die volke my eiendom wees, 'n koninkryk wat My as priesters dien, en 'n gewyde nasie. Die hele aarde behoort immers aan My.’ Dit is wat jy aan die Israeliete moet vertel.”
6
7
Moses het toe afgeklim en die leiers van die volk bymekaargeroep en vir hulle alles vertel wat die Here hom beveel het.8
Daarna het die volk soos een man geantwoord: “Alles wat die Here gesê het, sal ons doen.” Moses het vir die Here gaan sê wat die volk geantwoord het.9
Toe het die Here vir Moses gesê: “Ek kom na jou toe in 'n donderwolk. Die volk sal My kan hoor wanneer Ek met jou praat en dan sal hulle altyd vertroue in jou hê.” Toe Moses alles wat die volk geantwoord het, aan die Here gaan meedeel het,10 het die Here ook nog vir hom gesê: “Gaan terug na die volk toe. Laat hulle hulle vandag en môre reinig en laat hulle hulle klere was.
11 Hulle moet oormôre gereed wees, want dan sal Ek, die Here, na Sinaiberg toe afkom, voor die oë van die hele volk.
12 Jy moet rondom die berg vir die volk 'n grens vasstel en vir hulle sê: Julle moet oppas om nie op die berg te klim of selfs aan sy helling te raak nie. Elkeen wat aan die berg raak, moet beslis doodgemaak word.
13
“Julle mag so iemand nie met die hand aanraak nie; hy moet beslis met klippe doodgegooi of met 'n pyl doodgeskiet word. Dit maak nie saak of dit 'n mens of 'n dier is nie; hy mag nie bly lewe nie. Eers wanneer die ramshoring blaas, mag hulle die berg uitklim.”14
Moses is toe die berg af na die volk toe. Hy het hulle beveel om hulle te reinig en hulle klere te was15 en vir hulle gesê: “Wees oormôre gereed en moet intussen nie naby 'n vrou kom nie.”
16
Met dagbreek die derde dag was daar donderslae, weerligte en 'n donker wolk op die berg. Daar was ook die sterk, helder klank van 'n ramshoring. Die hele volk in die kamp het gebewe.17 Toe het Moses hulle uit die kamp laat uitgaan om voor God te gaan verskyn, en hulle het by die voet van die berg gaan staan.
18 Die hele Sinaiberg het begin rook toe die Here in vuur daarheen afkom; die rook het opgetrek soos die rook van 'n oond. Die hele berg het ook geweldig geskud,
19 en die geluid van die ramshoring het al hoe harder en harder geword. Moses het gepraat, en God het hom in die donderslae geantwoord.
20
Toe die Here na die top van Sinaiberg toe afgekom het, het Hy vir Moses na die top van die berg toe geroep. Moses het daarheen opgeklim,21 en die Here het vir hom gesê: “Gaan af, waarsku die volk dat hulle nie deurbreek na My, die Here, toe om na My te kyk nie, want dan sal baie van hulle sterf.
22 Selfs die priesters wat gewoonlik in my teenwoordigheid kom, moet op 'n afstand bly of anders sal Ek hulle laat sterf.”
23
Moses het die Here geantwoord: “Die volk kan nie Sinaiberg bestyg nie, want U self het ons gewaarsku om 'n grens rondom die berg vas te stel en daarvan af weg te bly.”24
Toe het die Here vir hom gesê: “Gaan nou af en kom dan saam met Aäron terug. Die priesters en die volk mag nie deurbreek en opklim na My, die Here, toe nie, want dan sal Ek hulle laat sterf.”25
Moses is toe af na die volk toe om alles vir hulle te gaan sê.1
Toe het God al hierdie gebooie aangekondig:2
“Ek is die Here jou God wat jou uit Egipte, uit die plek van slawerny, bevry het.3 Jy mag naas My geen ander gode hê nie.
4
“Jy mag nie vir jou 'n beeld of enige afbeelding maak van wat in die hemel daarbo of op die aarde hieronder of in die water onder die aarde is nie.5 Jy mag hulle nie vereer of dien nie, want Ek, die Here jou God, eis onverdeelde trou aan My. Ek reken kinders die sondes van hulle vaders toe, selfs tot in die derde en vierde geslag van dié wat My haat,
6 maar Ek betoon my liefde tot aan die duisendste geslag van dié wat My liefhet en my gebooie gehoorsaam.
7
“Jy mag die Naam van die Here jou God nie misbruik nie, want die Here sal die een wat sy Naam misbruik, nie ongestraf laat bly nie.8
“Sorg dat jy die sabbatdag heilig hou.9 Ses dae moet jy werk en alles doen wat jy moet,
10 maar die sewende dag is die sabbat van die Here jou God. Dan mag jy geen werk doen nie, nie jy of jou seun of jou dogter of die man of vrou wat vir jou werk, of enige dier van jou of die vreemdeling by jou nie.
11 Die Here het in ses dae die hemel en alles daarin gemaak, die aarde en alles daarop, die see en alles daarin. Op die sewende dag het Hy gerus, en daarom het die Here dit as gereelde rusdag geheilig.
12
“Eer jou vader en jou moeder, dan sal jy lank bly woon in die land wat die Here jou God vir jou gee.13
“Jy mag nie moord pleeg nie.14
“Jy mag nie egbreuk pleeg nie.15
“Jy mag nie steel nie.16
“Jy mag nie vals getuienis teen 'n ander gee nie.17
“Jy mag nie iemand anders se huis begeer nie. Jy mag nie sy vrou begeer nie, ook nie 'n slaaf of slavin, 'n bees of 'n donkie, of enigiets anders wat aan hom behoort nie.”18
Toe die volk die donderslae en die klank van die ramshoring hoor, en die weerligte en die rook op die berg sien, het hulle van angs gebewe en op 'n afstand bly staan.19
Hulle sê toe vir Moses: “Praat jý liewer met ons, en ons sal luister. Moet tog nie dat God met ons praat nie, want dan sal ons sterf.”20
Maar Moses het die volk geantwoord: “Moenie bang wees nie, want God het gekom om julle te toets. Hy wil hê julle moet ontsag hê vir Hom en nie sondig nie.”21
Die volk het op 'n afstand bly staan, maar Moses het nader gegaan na die donker wolk waarin God was.22
Toe sê die Here vir Moses: “So moet jy vir die Israeliete sê: Julle het nou self ervaar dat Ek uit die hemel met julle kom praat het.23 Julle mag nie gode uit silwer maak om my plek in te neem nie. Julle mag ook nie vir julle gode uit goud maak nie.
24 Julle moet vir My 'n altaar van grond bou en julle brandoffers en maaltydoffers uit julle kleinvee en beeste daarop bring. Op elke plek waar Ek my Naam wil laat aanroep, sal Ek na julle toe kom en julle seën.
25
“As julle 'n altaar van klip vir My wil oprig, mag julle dit nie van gekapte klip bou nie. Sodra julle met die beitel daaraan kap, sal julle dit ontwy.26
“Julle mag nie met trappies na my altaar toe opklim nie, sodat julle julle nie by my altaar ontbloot nie.”1
“Dit is die bepalings wat jy die Israeliete moet meedeel:2
“Wanneer jy 'n Hebreeuse slaaf koop, moet hy ses jaar vir jou werk, maar in die sewende jaar moet jy hom vrylaat sonder dat hy jou iets daarvoor betaal.3 As hy alleen was toe hy jou slaaf geword het, moet hy alleen vrygelaat word. As hy toe getroud was, moet sy vrou saam met hom vrygelaat word.
4 As sy eienaar vir hom 'n vrou gegee het, en sy vir hom seuns of dogters in die wêreld gebring het, behoort die vrou en haar kinders aan die eienaar, en dan hoef net die slaaf vrygelaat te word.
5 As die slaaf egter uitdruklik sou sê: ‘Ek is lief vir my eienaar en vir my vrou en my kinders.
6 Ek wil nie vrygelaat word nie,’ moet sy eienaar hom in die teenwoordigheid van God bring, by die heiligdom se deur of kosyn, en daar moet die eienaar 'n gaatjie in sy slaaf se oor steek met 'n els. Dan is hy vir altyd sy eienaar se slaaf.
7
“Wanneer 'n man sy dogter as slavin verkoop, mag sy nie gewoonweg soos ander slawe vrygelaat word nie.8 As haar eienaar wat haar as sy vrou wou hê, later nie meer van haar hou nie, moet hy toelaat dat sy deur haar eie mense losgekoop word. Hy het nie die reg om haar aan vreemde mense te verkoop nie, want dan pleeg hy troubreuk teenoor haar.
9 As die eienaar egter sou besluit om haar vir sy seun as vrou te gee, moet sy soos 'n dogter behandel word.
10 As die eienaar 'n ander vrou vat, mag hy die byvrou haar kos, klere en huweliksreg nie ontsê nie.
11 As hy hierdie drie dinge nie vir haar gee nie, moet sy vrygelaat word sonder dat daar iets aan haar eienaar betaal word.”
12
“Wie iemand doodslaan, moet doodgemaak word.13 Hy wat dit onopsetlik gedoen het deurdat God dit met hom laat gebeur het, kan vlug na 'n plek toe wat Ek vir jou sal aanwys.
14 Wanneer iemand egter 'n ander opsetlik doodmaak, moet jy hom selfs by die altaar wegvat en doodmaak.
15
“Wie aan sy pa of ma slaan, moet doodgemaak word.16
“Wie 'n ander ontvoer om hom te verkoop of om hom in sy besit te hou, moet doodgemaak word.17
“Wie sy pa of ma vloek, moet doodgemaak word.18
[18-19] “Wanneer mans aan die stry raak en die een slaan die ander met 'n klip of met die vuis sonder om hom dood te slaan, moet die slaner nie gestraf word nie. As die man wat geslaan is, egter in die bed moet bly en eers later kan opstaan en met 'n kierie buite kan rondloop, moet die slaner hom vergoed vir die tyd wat hy nie kan werk nie en vir hom sorg tot hy behoorlik gesond is.19
20
“Wanneer 'n man sy slaaf of slavin met 'n stok slaan dat hy of sy onmiddellik doodgaan, moet dit gewreek word.21 As so 'n slaaf dit vir 'n dag of twee oorleef, is daar nie 'n saak nie, want die slaaf is die man se eiendom.
22
“Wanneer mans met mekaar baklei en hulle 'n swanger vrou omstamp, sodat sy 'n miskraam het maar nie blywend beseer is nie, moet hy wat haar gestamp het, onderhewig aan die goedkeuring van die regbank, die boete betaal wat die eggenoot van die vrou hom oplê.23 As sy blywend beseer is, is die straf: 'n lewe vir 'n lewe,
24 'n oog vir 'n oog, 'n tand vir 'n tand, 'n hand vir 'n hand, 'n voet vir 'n voet,
25 'n brandwond vir 'n brandwond, 'n wond vir 'n wond en 'n kneusplek vir 'n kneusplek.
26
“Wanneer 'n man sy slaaf of slavin op die oog slaan en dit blywend beskadig, moet hy die slaaf of slavin vrylaat as vergoeding vir die oog.27 As hy sy slaaf of slavin se tand uitslaan, moet hy die slaaf of slavin vrylaat as vergoeding vir die tand.
28
“Wanneer 'n bees 'n man of 'n vrou doodstoot, moet die bees met klippe doodgegooi word, en sy vleis mag nie geëet word nie. Daar is nie 'n saak teen die eienaar van die bees nie.29 As die bees tevore al stoterig was, en die eienaar se aandag daarop gevestig is, maar hy dit nogtans nie behoorlik oppas nie, sodat dit die dood van 'n man of 'n vrou veroorsaak, moet die bees met klippe doodgegooi word. Die eienaar van die bees moet ook doodgemaak word.
30 As hy egter loskoopgeld moet betaal, moet hy alles wat hom opgelê is, betaal as afkoopgeld vir sy lewe.
31 As 'n bees 'n seun of 'n dogter stoot, moet volgens dieselfde regsbeginsel gehandel word.
32 As 'n bees 'n slaaf of 'n slavin doodstoot, moet drie honderd en veertig gram silwer aan die eienaar betaal word, en die bees moet met klippe doodgegooi word.
33
“Wanneer 'n man 'n put oop laat of wanneer hy 'n put grawe en dit nie behoorlik toemaak nie, en 'n bees of 'n donkie val daarin,34 moet die eienaar van die put vir die verlies vergoed; hy moet die eienaar van die dier uitbetaal en die dooie dier kan hy vat.
35
“Wanneer 'n man se bees iemand anders se bees doodstoot, moet hulle die lewende bees verkoop en die geld gelykop onder mekaar verdeel; ook die dooie dier moet gelykop verdeel word.36 Of as dit bekend is dat die bees tevore al bakleierig was, maar sy eienaar dit nie behoorlik opgepas het nie, moet hy 'n ander bees in die plek van die dooie bees gee. Die dooie dier sal syne wees.”
1
“Wanneer 'n man 'n bees of 'n skaap steel en dit slag of verkoop, moet hy vyf beeste terugbetaal vir die bees en vier stuks kleinvee vir die skaap.2 [2-4] As die gesteelde goed lewend in sy besit gevind word, moet hy dit dubbel vergoed, of dit nou beeste, donkies of skape is. 'n Dief moet ten volle vir sy diefstal vergoed. As hy niks besit nie, moet hy vir die waarde van die gesteelde goed verkoop word. As 'n dief inbreek en op heter daad betrap en doodgeslaan word, mag sy dood nie gewreek word nie. As dit egter na sonop gebeur, kan sy dood wel gewreek word.”
3
4
5
“Wanneer 'n man sy vee laat wei en hulle nie oppas waar hulle wei nie, en hulle loop wei in die land of wingerd van 'n ander, moet hy met die opbrengs van sy beste land of wingerd daarvoor vergoed.6
“Wanneer 'n man onkruid aan die brand steek, en die vuur vang die rye gerwe of die ongesnyde graan of die land van 'n ander, moet die man wat met die brand begin het, ten volle daarvoor vergoed.”7
“As 'n man aan iemand anders geld of goedere gee om te bewaar, en dit word uit sy huis gesteel, moet die dief dit dubbel betaal as hy gevang word.8 Maar as die dief nie gevang word nie, moet die huiseienaar in die teenwoordigheid van God 'n eed gaan aflê dat hy nie die ander man se goed gesteel het nie.
9 In die geval van 'n geskil oor 'n bees of 'n donkie of 'n skaap of klere of enigiets wat weggeraak het, moet dié wat die goed eis, hulle saak voor God gaan stel. Die een wat deur God as die skuldige aangewys word, moet dubbel betaal aan die ander.
10
“Wanneer 'n man 'n donkie of 'n bees of 'n skaap of enige ander dier aan iemand anders gee om op te pas, en dit vrek of word verskeur of buitgemaak sonder dat daar 'n ooggetuie by is,11 moet hy in wie se sorg dit gegee is, in die teenwoordigheid van die Here 'n eed teenoor die eienaar aflê dat hy wat dit moes oppas, dit nie gesteel het nie. Die eienaar moet sy woord aanvaar, en in so 'n geval hoef niks betaal te word nie.
12 As die dier egter gesteel is terwyl dit in die ander man se sorg was, moet die eienaar daarvoor vergoed word.
13 As dit deur wilde diere verskeur is, moet die eienaar by die verskeurde dier gebring word, en dan hoef niks betaal te word nie.
14
“Wanneer 'n man 'n dier van 'n ander leen, en dit word verskeur of gaan dood terwyl die eienaar nie by is nie, moet die eienaar ten volle daarvoor vergoed word.15 As die eienaar by is, is daar nie 'n eis nie. As die dier gehuur was, moet die huur betaal word.”
16
“Wanneer 'n man 'n jongmeisie wat nog nie verloof is nie, verlei om met hom geslagsgemeenskap te hê, moet hy aan haar pa die volle bruidsprys betaal en met haar trou.17 As haar pa volstrek weier om haar aan hom te gee, moet hy nogtans die volle bruidsprys vir jongmeisies betaal, en dit met silwer.
18
“Jy mag nie 'n towenares laat lewe nie.19
“Elkeen wat met 'n dier geslagsgemeenskap het, moet doodgemaak word.20
“Iemand wat aan enige god behalwe aan die Here offer, moet om die lewe gebring word.21
“Jy mag nie 'n vreemdeling verdruk of laat swaarkry nie, want jy was self 'n vreemdeling in Egipte.22
“Jy mag geen weduwee of weeskind veronreg nie.23 As jy tog so iemand veronreg, en hy na My roep, sal Ek na sy hulpgeroep luister.
24 Dan sal my toorn ontvlam, en Ek sal jou om die lewe bring, sodat jou vrou 'n weduwee word en jou kinders weeskinders.
25
“As jy aan 'n arm man uit my volk geld leen, moet jy nooit teenoor hom soos 'n skuldeiser optree nie. Jy mag hom ook nie rente vra nie.26
“As iemand sy klere by jou verpand, moet jy dit voor sononder teruggee,27 want dit is al wat hy het om hom mee toe te maak. Onder wat anders kan hy slaap? As hy My hieroor aanroep, sal Ek na hom luister, want Ek is barmhartig.
28
“Jy mag God nie vervloek nie en ook nie 'n leier van jou volk nie.29
“Moenie talm met jou offers uit jou graan- en wynoes nie. “Die eersteling van jou seuns moet jy vir My gee.30 Dit geld ook van jou beeste en kleinvee. Sewe dae kan die eerstelinge by hulle ma's bly, maar op die agste dag moet jy hulle vir My gee.
31
“Julle moet mense wees wat aan My gewy is. Julle mag nie vleis eet van diere wat in die veld verskeur is nie. Gooi dit vir die honde.”1
“Jy mag nie skinderstories versprei nie. Jy mag nie met 'n misdadiger saamwerk en in sy guns vals getuienis lewer nie.2 Jy mag nie agter die meerderheid aan doen wat verkeerd is nie. Wat jy in 'n hofsaak getuig, mag jy nie verdraai nie, al doen die meerderheid dit ook.
3 Wanneer jy regspreek, mag jy 'n arm man nie in sy hofsaak voortrek nie.
4
“Wanneer jy 'n verdwaalde bees of donkie van jou vyand raakloop, moet jy dit beslis na hom toe terugbring.5
“Wanneer jy iemand wat jou haat, se donkie sien lê onder sy vrag, moet jy hom nie sonder hulp los nie; gaan help hom met sy vrag.6
“Wanneer jy regspreek, mag jy 'n arme nie in 'n hofsaak veronreg nie7 en moet jy wegbly van leuens sodat jy nie onskuldiges en regverdiges doodmaak nie. Ek, die Here, vind nie 'n skuldige onskuldig nie.
8 Wanneer jy regspreek, mag jy geen omkoopgeskenk aanneem nie, want dit maak dié wat sien, blind en laat die saak van die onskuldige skeef loop.
9
“Jy mag 'n vreemdeling nie laat verdruk nie. Julle ken die lewe van 'n vreemdeling, want julle was vreemdelinge in Egipte.”10
“Ses jaar mag jy jou lande saai en die oes insamel,11 maar die sewende jaar moet jy dit laat braak lê. Die armes onder jou mense mag van die opslag eet, en wat hulle laat oorbly, kan die wilde diere vreet. So moet jy ook met jou wingerd en olyfbome maak.
12
“In ses dae moet jy jou werk doen, maar op die sewende dag moet jy nie werk nie sodat jou beeste en donkies kan uitrus en jou werksmense en die vreemdelinge by jou 'n bietjie kan asem skep.13
“Sorg dat julle alles doen wat Ek julle beveel het. Julle mag die naam van ander gode nie in julle gebede noem nie. Jy mag nie eers van hulle praat nie.”14
“Drie maal per jaar moet jy tot my eer 'n fees hou.15
“Jy moet die fees van die ongesuurde brood vier. Soos Ek jou al vroeër beveel het, moet jy sewe dae ongesuurde brood eet, van dié dag in die maand Abib af waarop jy uit Egipte weggetrek het. Die volk mag nie sonder offers voor My verskyn nie.16
“Die fees van die oes moet gevier word met die eerste opbrengs van wat jy op die land saai. “Die fees van die insameling moet gevier word aan die einde van die jaar wanneer jy die vrug van jou arbeid ingesamel het op die lande.17
“Drie keer per jaar moet alle mans voor My, die Here God, verskyn.18
“Jy mag nie die bloed van die offerdier offer saam met iets wat suurdeeg in het nie. Die vet van die feesoffer wat jy vir My bring, mag nie tot die volgende oggend oorstaan nie.19
“Die beste uit die eerste opbrengs van jou lande moet jy bring na die huis van die Here jou God toe. “Jy mag nie 'n boklam in sy ma se melk kook nie.”20
“Ek, die Here, stuur 'n engel voor jou uit om jou op die pad te beskerm en jou na die plek toe te bring wat Ek vir jou reg gemaak het.21 Gee ag op die engel en luister na hom; moet jou nie teen hom verset nie. Hy sal jou nie vergewe as jy teen hom in opstand kom nie, want Ek het aan hom my volmag gegee.
22 As jy goed ag gee op hom en alles doen wat Ek sê, sal Ek die vyand van jou vyande wees en die teëstander van jou teëstanders.
23
“My engel sal voor jou uitgaan en jou bring by die Amoriete, Hetiete, Feresiete, Kanaäniete, Hewiete en Jebusiete, en dan sal Ek hulle uitwis.24 Jy mag nie hulle gode aanbid of dien nie. Jy mag nie daardie nasies se gewoontes oorneem nie. Jy moet hulle klippilare afbreek en stukkend slaan.
25 Jy moet die Here jou God dien. Dan sal Hy jou met kos en water seën en siekte van jou af weghou.
26 Daar sal geen miskraam en onvrugbaarheid in jou land wees nie. Ek sal jou met 'n lang lewe seën.
27 Ek sal die skrik vir My voor jou uit stuur en Ek sal alle volke met wie jy in aanraking kom, in verwarring bring. Ek sal al jou vyande laat vlug.
28 Ek sal die Hewiete, Kanaäniete en Hetiete die skrik op die lyf jaag en hulle voor jou uit verdryf.
29
“Ek sal hulle egter nie dadelik voor jou uitdryf nie, sodat die land nie leeg lê en die wilde diere te veel word nie.30 Ek sal hulle bietjie vir bietjie voor jou uit verdryf totdat jou mense genoeg is om die land in besit te neem.
31 Ek sal jou grens vasstel van die Rietsee af tot by die Filistynse See en van die woestyn af tot by die Eufraatrivier. Ek sal die inwoners van hierdie land in jou mag gee, en jy moet hulle uitdryf.
32
“Jy mag nie met hulle of hulle gode 'n verdrag sluit nie.33 Hulle mag nie in jou land bly woon nie, want dan sal hulle jou verlei om teen My te sondig deur hulle gode te dien. Dan sal hulle jou tot 'n val bring.”
1
Die Here het vir Moses gesê: “Klim die berg op na My toe: jy, Aäron, Nadab, Abihu en sewentig leiers van Israel. As julle nog ver is, moet julle al voor My buig.2 Dan moet jy, Moses, alleen nader kom na My toe. Die ander moenie saam met jou nader kom nie. Die volk mag ook nie saam met jou opklim nie.”
3
Moses het toe al die gebooie en bepalings van die Here aan die volk gaan bekend maak. Hulle het soos een man gesê: “Ons sal alles doen wat die Here beveel het.”4
Toe het Moses al die gebooie van die Here neergeskryf. Vroeg die volgende oggend het hy aan die voet van die berg 'n altaar gebou van twaalf klippe, vir die twaalf stamme van Israel.5 Hy het toe van die jong Israeliete gestuur om bulle as brandoffers en maaltydoffers vir die Here te offer.
6 Moses het die helfte van die bloed in bakke gehou en die ander helfte op die altaar gesprinkel.
7 Hy het die verbondsboek geneem en dit vir die volk voorgelees.
Hulle het gesê: “Ons sal alles doen wat die Here beveel het en daaraan gehoorsaam wees.”8
Moses het toe die bloed gevat en op die volk gesprinkel terwyl hy sê: “Dit is die bloed van die verbond wat die Here op grond van al hierdie gebooie met julle gesluit het.”9
Moses, Aäron, Nadab, Abihu en sewentig leiers van Israel het toe die berg uitgeklim.10 Hulle het die God van Israel gesien: onder sy voete was 'n plaveisel soos saffiersteen, so blou soos die hemel self.
11 God het geen hand teen die leiers van Israel gelig nie: hulle het Hom gesien en daarna het hulle geëet en gedrink.
12
Toe sê die Here vir Moses: “Klim nou die berg verder uit na My toe en vertoef daar dat Ek vir jou die plat klippe kan gee waarop Ek die wette en gebooie neergeskryf het vir die onderrig van die volk.”13
Moses en sy assistent Josua is toe hoër teen die berg van God op.14 Vir die leiers het Moses gesê: “Wag hier vir ons totdat ons na julle toe terugkom. Aäron en Hur is hier by julle: as iemand 'n probleem het, kan hy na hulle toe gaan.”
15
Terwyl Moses die berg uitklim, het 'n wolk dit omhul.16 Die magtige teenwoordigheid van die Here het op Sinaiberg gebly, en ses dae het die wolk die berg omhul.
Op die sewende dag het die Here uit die wolk uit na Moses geroep.17 Die magtige teenwoordigheid van die Here het vir die Israeliete gelyk soos 'n gloeiende vuur op die berg.
18
Moses het toe die wolk ingegaan en nog verder boontoe uitgeklim. Hy het veertig dae en nagte daar gebly.1
Die Here het vir Moses gesê:2 “Sê vir die Israeliete hulle moet elkeen vir My 'n offergawe bring. Julle moet die offergawes aanvaar soos dit vir My aangebied word,
3 en wel die volgende: goud, silwer en brons;
4 verder ook nog blou, pers en bloedrooi wolstof, linne, bokhaar,
5 rooigekleurde ramsvelle, gebreide velle en doringhout;
6 olie vir die lampe, balsem vir salfolie en vir geurige wierookoffers;
7 oniks en ander halfedelstene waarmee die skouerkleed en borssak van die hoëpriester versier kan word.
8
“Hulle moet vir My 'n heiligdom oprig dat Ek tussen hulle kan woon.9 Die tabernakel en al sy toebehore moet gemaak word presies volgens die plan wat Ek jou gewys het.”
10
“Julle moet 'n ark van doringhout maak: een en 'n kwart meter lank, 'n driekwart meter breed en net so hoog.11 Jy moet dit binne en buite met suiwer goud oortrek en 'n goue lys rondom vassit.
12 Verder moet jy vier goue ringe giet wat aan die onderste vier hoeke vasgesit moet word, sodat daar twee ringe aan elke kant is.
13 Jy moet draaghoute van doringhout maak en dit met goud oortrek.
14 Dan moet jy die draaghoute deur die ringe aan weerskante van die ark steek om die ark daarmee te dra.
15 Die draaghoute moet in die ringe van die ark bly en mag nooit uitgehaal word nie.
16 In die ark moet jy die getuienis van die verbond sit wat Ek jou sal gee.
17
“Dan moet jy 'n deksel van suiwer goud maak, een en 'n kwart meter lank en 'n driekwart meter breed.18 Maak twee gerubs van geslae goud op die kante van die deksel, een links en een regs.
19 Die gerubs aan weerskante van die deksel moet so gemaak word dat hulle 'n eenheid met die deksel vorm.
20 Hulle vlerke moet uitgesprei wees oor die deksel, sodat hulle dit bedek. Die gerubs se gesigte moet na mekaar toe wees, en hulle moet afkyk op die deksel.
21 Jy moet die deksel bo-op die ark sit en daarbinne die getuienis wat Ek jou sal gee.
22
“Dáár sal Ek jou ontmoet. Ek sal met jou praat van die deksel af tussen die twee gerubs uit wat op die ark met die getuienis is. Al my bevele vir die Israeliete sal Ek jou van daar af gee.”23
“Jy moet 'n tafel van doringhout maak. Sy lengte moet een meter wees, sy breedte 'n half meter en sy hoogte 'n driekwart meter.24 Trek dit oor met suiwer goud en sit 'n goue lys rondom vas.
25 Jy moet 'n band, sewe sentimeter breed, rondom die tafel sit en daarrondom 'n goue lys vassit.
26 Jy moet vier goue ringe vir die tafel maak en dit aan die vier hoeke vassit, regoor die vier pote.
27 Die ringe moet naby die band vas kom sodat die draaghoute deur hulle gesteek kan word om die tafel mee te dra.
28 Maak die draaghoute waarmee die tafel gedra moet word, van doringhout en trek hulle oor met goud.
29
“Maak vir die tafel skottels, panne, kanne en komme, alles van suiwer goud. Gebruik dit om die drankoffer mee uit te giet.30 Sit offerbrood op die tafel. Dit moet altyd daar voor My in my teenwoordigheid wees.”
31
“Jy moet 'n kandelaar van suiwer goud maak. Dit moet van geslae goud wees, sodat die kandelaar se voetstuk, stam, blomkelke, knoppe en kroonblare alles een geheel is.32 Daar moet ses arms uit die stam vertak, drie aan elke kant.
33 Daar moet ook drie blomkelke, in die vorm van amandelbloeisels, met knoppe en kroonblare aan elke arm van die kandelaar wees. So moet dit wees vir al ses arms wat uit die stam van die kandelaar vertak.
34 Vir die hoofstam van die kandelaar moet daar vier blomkelke, in die vorm van amandelbloeisels, met knoppe en kroonblare wees.
35 Verder moet daar 'n knop wees onder elke paar arms van die kandelaar, drie vir die ses arms wat uit die stam van die kandelaar vertak.
36 Die knoppe en die arms moet alles wees uit een stuk suiwer geslae goud.
37 Jy moet sewe lampies maak en dit so op die kandelaar vassit dat dit lig gee na sy voorkant toe.
38 Die pithouers en bakkies van die kandelaar moet van suiwer goud wees.
39 Al hierdie voorwerpe moet uit vier en dertig kilogram suiwer goud gemaak word.
40 Sorg dat jy dit maak volgens die plan wat vir jou op die berg gewys is.”
1
“Jy moet 'n tabernakel maak. Gebruik daarvoor tien stukke materiaal: goed geweefde linne en blou, pers en bloedrooi wolstof. Jy moet gerubs daarop laat uitborduur.2 Elke stuk materiaal moet veertien meter lank en twee meter breed wees, almal moet presies ewe groot wees.
3 Werk die stukke materiaal vyf-vyf aanmekaar vas.
4 Jy moet dan blou lissies vaswerk aan die een kant van die een strook materiaal en so ook aan die een kant van die ander strook,
5 vyftig vir die een en vyftig vir die ander. Die lissies moet presies regoor mekaar wees.
6 Jy moet ook nog vyftig goue hakies maak om die twee stroke materiaal aanmekaar vas te maak sodat die tabernakel een geheel kan wees.
7
“Jy moet 'n tent van bokhaarmateriaal maak om oor die tabernakel te sit. Jy moet elf stukke bokhaarmateriaal gebruik,8 en elkeen moet vyftien meter lank en twee meter breed wees. Hulle moet almal presies ewe groot wees.
9
“Jy moet eers vyf stukke aanmekaar werk en dan weer die ses ander stukke. Vou die sesde stuk dubbel aan die voorkant van die tent.10 Jy moet vyftig lissies vaswerk aan die een kant van die een strook en so ook vyftig aan die een kant van die ander strook.
11 Jy moet vyftig bronshakies maak en die hakies deur die lissies haak om die stroke aanmekaar vas te maak sodat die tent een stuk is.
12 Die deel van die een strook materiaal wat oorskiet, moet by die agterkant van die tabernakel oorhang.
13 Die vyftig sentimeter wat weerskante in die lengte van die stroke oorskiet, moet dus weerskante van die sye van die tabernakel 'n oorhang wees om dit toe te maak.
14
“Jy moet verder 'n seil van rooigekleurde ramsvelle vir die tent maak en 'n seil van gebreide vel daarbo-oor span.15
“Jy moet rame van doringhout maak vir die tabernakel om dit regop te hou.16 Elke raam moet vyf meter lank en 'n driekwart meter breed wees.
17 Daar moet twee tappe vir elke raam wees om die rame aanmekaar te kan voeg. So moet jy al die rame vir die tabernakel maak.
18
“Maak twintig rame vir die raamwerk aan die suidekant, die regterkant van die tabernakel.19 Verder moet jy veertig silwervoetstukke maak om onder die twintig rame te sit, twee voetstukke onder elke raam by sy twee tappe.
20
“Vir die ander kant van die tabernakel, die noordekant, moet daar ook twintig rame wees.21 Vir hulle moet daar ook veertig silwervoetstukke wees, twee voetstukke onder elke raam.
22 Jy moet ses rame maak vir die agterkant, die westekant van die tabernakel.
23 Jy moet ook nog twee rame maak vir die hoeke aan die agterkant van die tabernakel.
24 Hierdie rame moet van onder tot bo, tot by die boonste ring, versterk word. Hulle is die hoekrame.
25 Daar moet dus ag rame wees met hulle sestien voetstukke, twee voetstukke vir elke raam.
26
“Jy moet dwarslatte van doringhout maak, vyf vir die rame van die een kant van die tabernakel27 en vyf vir dié van die ander kant, en ook nog vyf dwarslatte vir die agterkant, die westekant van die tabernakel.
28 Die middelste dwarslat moet in die middel van die rame dwarsdeur loop van die een kant af tot by die ander kant.
29
“Trek die rame met goud oor en maak vir hulle goue ringe om die dwarslatte deur te steek. Die dwarslatte moet ook met goud oorgetrek word.30 Jy moet die tabernakel oprig presies volgens die plan wat op die berg vir jou gewys is.
31
“Jy moet 'n voorhangsel maak van blou, pers en bloedrooi wolstof en goed geweefde linne. Jy moet gerubs daarop laat uitborduur.32 Hang dit aan vier doringhoutstyle wat met goud oorgetrek is en wat op vier silwervoetstukke staan. Daar moet goue kramme aan die style wees
33 en jy moet die voorhangsel, met hakies aan die binnekant, ophang. Sit dan die ark met die getuienis daarin, agter die voorhangsel. Die voorhangsel moet vir julle die Heilige van die Allerheiligste skei.
34 Jy moet die deksel op die ark met die getuienis sit, in die Allerheiligste.
35
“Sit die tafel voor die voorhangsel, aan die noordekant van die tabernakel, en die kandelaar aan die suidekant, regoor die tafel.36
“Jy moet vir die ingang van die tent 'n afskorting maak van blou, pers en bloedrooi wolstof en goed geweefde linne. Dit moet borduurwerk wees.37 Maak vir die afskorting vyf doringhoutstyle en trek dit oor met goud. Jy moet goue kramme maak vir die style en vyf bronsvoetstukke daarvoor giet.”
1
“Jy moet 'n altaar van doringhout maak, twee en 'n half meter in die vierkant en een en 'n half meter hoog.2 Jy moet horings maak aan sy vier hoeke en dit moet 'n eenheid met die altaar vorm. Jy moet die altaar met brons oortrek.
3 Maak potte om die as te verwyder, ook skoppe, komme, vurke en vuurpanne. Jy moet al hierdie toebehore van brons maak.
4
“Jy moet 'n bronstraliewerk om die altaar sit en 'n bronsring aan elke boonste hoek van die traliewerk vassit.5 Sit die traliewerk onder die rand van die altaar vas, sodat dit halfpad teen die altaar afloop.
6 Jy moet draaghoute van doringhout vir die altaar maak en dit met brons oortrek.
7 Die draaghoute moet deur die ringe gesteek word. Die draaghoute moet weerskante van die altaar wees om dit te kan dra.
8 Jy moet die altaar van plank maak, in die vorm van 'n kas. Maak dit presies soos dit vir jou op die berg gewys is.”
9
“Jy moet ook 'n voorhof vir die tabernakel maak. Aan die suidekant, die regterkant, moet daar gordyne van goed geweefde linne wees, vyftig meter breed.10 Om die gordyne te hang, moet daar twintig style met twintig bronsvoetstukke wees en ook kramme aan die style, en silwergordynstokke.
11
“Ook aan die noordekant moet die gordyne vyftig meter breed wees. Daar moet twintig style en twintig bronsvoetstukke wees, kramme aan die style, en silwergordynstokke.12
“In die breedte van die voorhof, aan die westekant, moet die gordyne vyf en twintig meter breed wees met tien style en tien voetstukke.13
“Die breedte van die voorhof aan die voorkant, die oostekant, moet ook vyf en twintig meter wees.14 Die gordyne aan die een kant hiervan moet sewe en 'n half meter breed wees, dit moet drie style en drie voetstukke hê,
15 en aan die ander kant moet die gordyne ook sewe en 'n half meter breed wees met drie style en drie voetstukke.
16 In die ingang van die voorhof moet daar 'n afskorting van tien meter wees. Dit moet van blou, pers en bloedrooi wolstof en goed geweefde linne wees, netjiese borduurwerk. Om dit te hang, moet daar ook nog vier style en vier voetstukke wees.
17 Vir die style van die voorhof moet daar heeltemal rondom silwergordynstokke wees, en ook silwerkramme en bronsvoetstukke.
18 Die lengte van die voorhof moet vyftig meter wees, sy breedte vyf en twintig en sy hoogte twee en 'n half. Dit moet van goed geweefde linne wees en sy voetstukke van brons.
19
“Al die toebehore van die tabernakel en al sy tentpenne, sowel as dié vir die voorhof, moet van brons wees.”20
“Beveel die Israeliete om vir jou besonder suiwer olyfolie vir die lampe te bring sodat die lig voortdurend kan brand.21 In die tent van ontmoeting, net buite die voorhangsel wat voor die getuienis hang, moet Aäron en sy seuns die lampe van die aand af tot die môre toe voor My laat brand. Dit is 'n voorskrif wat vir altyd geld vir die hele Israel.”
1
“Jy moet jou broer Aäron en sy seuns Nadab, Abihu, Eleasar en Itamar na jou toe laat kom uit die volk Israel uit en hulle aanstel om My as priesters te dien.2
“Maak vir jou broer Aäron gewyde klere wat waardig en mooi is.3 Jy moet al die knap manne vir wie Ek met vakmanskap bedeel het, aansê om vir Aäron klere te maak sodat hy gewy kan word om 'n priester in my diens te wees.
4 Hulle moet die volgende kledingstukke maak: 'n borssak, 'n skouerkleed, 'n mantel, geweefde priesterklere, 'n tulband en 'n serp. Dit is die gewyde klere wat vir jou broer Aäron en sy seuns gemaak moet word sodat hulle priesters kan wees in my diens.
5 Die vakmanne moet gouddraad en blou, pers en bloedrooi wolstof en linne gebruik
6 om die skouerkleed te maak. Die blou, pers en bloedrooi wolstof en die goed geweefde linne moet met die gouddraad geborduur word.
7
“Die skouerkleed moet aan die punte twee bande hê om dit oor die skouer aanmekaar vas te maak.8 Dit moet ook 'n gordel hê van dieselfde gehalte en daarvoor moet ook gouddraad, blou, pers en bloedrooi wolstof en goed geweefde linne gebruik word.
9
“Vat twee oniksstene en graveer die name van die seuns van Israel10 volgens ouderdom daarop, ses op die een en ses op die ander.
11 Jy moet 'n bekwame vakman wat graveerwerk op seëlringe kan doen, aansê om die name van die seuns van Israel op die twee stene te graveer, en monteer dit in goud.
12
“Werk die twee stene vas op die skouerbande van die skouerkleed dat die stene kan herinner aan die stamme van Israel. So sal Aäron hulle name op sy twee skouers dra voor My, die Here, om My aan hulle te herinner.13 Jy moet goue monterings maak
14 en van suiwer goud ook twee kettinkies, gedraai soos tou. Sit hierdie gedraaide kettinkies aan die monterings vas.
15
“Maak 'n borssak wat deur die priester gebruik word wanneer hy oor regsake moet beslis. Dit moet netjies geborduur wees soos die skouerkleed, gemaak van gouddraad, blou, pers en bloedrooi wolstof en goed geweefde linne.16 Die borssak moet dubbel gevou wees, vyf en twintig sentimeter in die vierkant.
17 Jy moet hierop vier rye edelstene monteer. Die eerste ry moet bestaan uit 'n karneool, 'n topaas en 'n smarag;
18 die tweede uit 'n turkoois, 'n saffier en 'n jaspis;
19 die derde uit 'n hiasint, 'n agaat en 'n ametis,
20 en die vierde uit 'n chrisoliet, 'n oniks en 'n opaal. Die hele montering moet van goud wees.
21 Daar moet twaalf stene wees, een vir elke naam van die stamme van Israel. Die name van al twaalf stamme moet daarop gegraveer word soos op 'n seëlring.
22 Jy moet van suiwer goud vir die borssak ook kettinkies maak, gedraai soos tou.
23
“Jy moet ook nog twee goue ringe maak vir die borssak en dit vassit aan die twee boonste hoeke daarvan.24 Maak die twee goue kettinkies vas aan die twee ringe wat aan die hoeke van die borssak is.
25 Maak dan die ander punte van die twee kettinkies vas aan die twee monterings en werk dit vas aan die voorkant van die skouerbande van die skouerkleed.
26 Jy moet nog twee goue ringe maak en dit vaswerk aan die onderste hoeke van die borssak, aan die agterkant, die kant waar dit teen die skouerkleed is.
27 Dan moet jy twee ander goue ringe maak en dit aan die twee skouerbande van die skouerkleed vassit, laag af aan die voorkant, aan die naat net bo die gordel.
28 Die ringe van die borssak moet met 'n blou toutjie aan die ringe van die skouerkleed vasgemaak word, net bokant die gordel van die skouerkleed, sodat die borssak nie van die skouerkleed af wegskuif nie.
29 Wanneer Aäron in die heiligdom ingaan, moet hy die name van die stamme van Israel op die borssak op sy bors dra om My, die Here, altyd aan hulle te herinner.
30 Binne-in die borssak wat deur die priester gebruik word wanneer hy oor regsake moet beslis, moet jy die urim en tummim sit. Hulle moet op Aäron se bors wees as hy ingaan na My toe. Aäron moet gedurig die borssak vir regsake met die name van die stamme van Israel daarop, op sy bors dra as hy voor My, die Here, verskyn.
31
“Jy moet die mantel wat saam met die skouerkleed gedra word, as een stuk blou wolstof weef.32 In sy middel moet daar 'n opening vir die kop wees, die gat moet omgeboor wees, sterk soos 'n pantserhemp, dat dit nie kan skeur nie.
33 Rondom die some moet jy granaatjies van blou, pers en bloedrooi wolstof maak met goue klokkies tussenin,
34 afwisselend 'n goue klokkie en 'n granaatjie rondom die hele soom van die mantel.
35 Aäron moet dit dra as hy diens doen. Wanneer hy in die heiligdom na My toe ingaan en as hy daarvandaan uitkom, sal die geluid van die klokkies gehoor word, en dan sal hy nie sterf nie.
36
“Jy moet 'n blom van suiwer goud maak en daarop, soos op 'n seëlring, graveer: Aan Die Here Gewy.37
“Jy moet dit met 'n blou toutjie aan die tulband vasmaak. Dit moet aan die voorkant van die tulband wees.38 Dit moet op Aäron se voorkop wees as teken dat hy aanspreeklik is vir elke ontwyding van die offers deur Israel. Die blom moet gedurig op Aäron se voorkop wees as teken dat Ek, die Here, die Israeliete goedgesind is.
39
“Jy moet vir Aäron die priesterklere van linne weef en jy moet vir hom 'n tulband van linne en 'n geborduurde serp maak.40 Vir elkeen van sy seuns moet jy 'n stel priesterklere en 'n serp maak. Jy moet vir hulle kopdoeke maak wat waardig en mooi is.
41
“Laat jou broer Aäron en sy seuns hierdie klere aantrek. Salf hulle, wy hulle en reinig hulle om vir My as priesters diens te doen.42 Jy moet vir hulle linnebroeke maak om hulle naaktheid te bedek. Die broeke moet van die heupe af tot by die bobene strek.
43 Aäron en sy seuns moet dit aanhê as hulle in die tent van ontmoeting ingaan of as hulle na die altaar toe kom om diens in die heiligdom te doen, want anders sal hulle 'n oortreding begaan en sterf. Dit is 'n vaste voorskrif vir hulle en ook vir dié wat ná hulle kom.”
1
“Jy moet vir Aäron en sy seuns soos volg wy om My te dien as priesters: vat 'n bul en twee ramme, almal sonder liggaamsgebrek,2 brood sonder suurdeeg, ringbrood sonder suurdeeg, geknie met olie, en roosterkoeke sonder suurdeeg, met olie gesmeer. Jy moet dit van koringmeel maak.
3
“Sit dit in 'n mandjie en bring die mandjie, die bul en die twee ramme na die heiligdom toe.4 Laat Aäron en sy seuns na die deur van die tent van ontmoeting toe kom, en was hulle met water.
5
“Vat die klere en trek vir Aäron die priesterklere, die skouerkleed, die mantel wat saam met die skouerkleed gedra word, en die borssak aan. Maak die skouerkleed vas met die gordel.6 Bind die tulband om sy kop en sit die gewyde priesterkroon op die tulband.
7 Vat olie en salf hom deur dit op sy kop uit te giet.
8
“Net so moet jy sy seuns laat naderkom en vir hulle ook priesterklere laat aantrek.9 Bind die serpe om Aäron en sy seuns en bind die kopdoeke vir hulle vas. Die priesterskap moet vir hulle 'n blywende amp wees.
“Jy moet vir Aäron en sy seuns soos volg wy:10 bring die bul tot voor die tent van ontmoeting. Dan moet Aäron en sy seuns hulle hande op die bul se kop sit.
11 Slag dan die bul by die deur van die tent van ontmoeting in my teenwoordigheid.
12 Vat van die bul se bloed en smeer dit met jou vingers aan die horings van die altaar. Gooi dan die bloed aan die voet van die altaar uit.
13 Vat al die vet wat oor die binnegoed is, die punt van die lewer, die twee niere en die niervet en verbrand dit op die altaar.
14 Jy moet die bul se vleis, vel en pensmis buite die kamp verbrand. Dit is 'n sondeoffer.
15
“Vat dan die een ram en laat Aäron en sy seuns hulle hande op sy kop sit.16 Slag die ram, vat sy bloed en sprinkel dit oral op die altaar.
17 Sny die ram op in stukke, was sy binnegoed en pootjies en sit dit neer by die stukke vleis en die kop.
18 Verbrand dan die hele ram op die altaar. Dit is 'n brandoffer vir My, die Here, 'n vuuroffer wat Ek met graagte aanvaar.
19
“Vat die ander ram en laat Aäron en sy seuns hulle hande op sy kop sit.20 Slag die ram en vat van sy bloed en smeer dit aan die regteroorlelle van Aäron en sy seuns, ook aan hulle regterduime en regtergroottone. Sprinkel dan die bloed oral op die altaar.
21 Vat van die bloed op die altaar en van die salfolie en sprinkel dit op Aäron en sy klere, en op sy seuns en hulle klere. Dan sal hy en sy klere, en sy seuns en hulle klere gewy wees.
22 Vat die ram waarmee Aäron en sy seuns gewy word, se vet, die vetstert, die vet wat oor die binnegoed is, die punt van die lewer, die twee niertjies, die niervet en die regterboud,
23 asook 'n ringbrood, 'n oliekoek en 'n roosterkoek uit die mandjie wat jy na die heiligdom toe gebring het,
24 en sit dit alles op Aäron en sy seuns se hande dat hulle dit heen en weer beweeg as 'n beweegoffer vir My, die Here.
25 Vat dit dan uit hulle hande en verbrand dit op die altaar as 'n brandoffer, 'n vuuroffer wat Ek met graagte aanvaar.
26 Vat die bors van die ram wat gebruik is vir Aäron se wyding, en beweeg dit heen en weer as beweegoffer voor My. Daarna kan jy dit vir jou vat.
27 Die ram waarmee Aäron en sy seuns gewy is, se bors wat as beweegoffer beweeg is, en die boud wat as offergawe aangebied is, moet opsy gesit word vir Aäron en sy seuns.
28 Dit is 'n blywende reëling vir die Israeliete dat Aäron en sy seuns hierdie deel kry. Dit is 'n offergawe en sal altyd 'n offergawe van die Israeliete wees. Hulle offergawe vir die Here moet uit hulle maaltydoffers geneem word.
29
“Die gewyde klere van Aäron moet na sy dood gebruik word om sy opvolgers daarin te salf en as priesters te wy.30 Aäron se seun wat hom as priester opvolg en in die tent van ontmoeting ingaan om in die heiligdom diens te doen, moet die klere sewe dae aanhou.
31
“Vat die ram wat vir die wyding gebruik is, en kook die res van sy vleis in 'n plek wat gewy is32 sodat Aäron en sy seuns die vleis by die deur van die tent van ontmoeting kan eet saam met die brood in die mandjie.
33 Hulle moet die offer eet waarmee vir hulle versoening gedoen is by hulle wyding en reiniging. 'n Persoon wat nie priester is nie, mag nie daarvan eet nie, want dit is gewyd.
34 As daar die volgende môre gewyde vleis en brood oor is, moet jy dit verbrand. Dit mag dan nie meer geëet word nie, want dit is gewyd.
35 Jy moet met Aäron en sy seuns doen presies soos Ek jou beveel het. Jy moet hulle sewe dae lank as priesters wy.
36 Elke dag moet jy 'n bul as sondeoffer offer. Jy moet die altaar deur jou versoeningsoffer reinig en dit salf om dit te wy.
37 Sewe dae lank moet jy 'n versoeningsoffer op die altaar bring en dit wy. Dan sal die altaar besonder gewyd wees en alles wat daaraan raak, sal ook gewyd wees.”
38
“Jy moet die volgende op die altaar offer: elke dag twee jaaroud lammers,39 een in die môre en een in die aand.
40 Saam met die eerste lam moet jy een en 'n half kilogram fynmeel offer, gemeng met een liter suiwer olie en een liter wyn.
41 Die tweede lam moet jy teen die aand offer met dieselfde offer van meel, olie en wyn daarby as in die oggend. Dit moet 'n vuuroffer wees wat Ek met graagte aanvaar.
42
“Julle nakomelinge moet altyd 'n brandoffer vir My bring by die deur van die tent van ontmoeting. Dit is waar Ek julle sal ontmoet en met jou sal praat.43 Dáár sal Ek die Israeliete ontmoet en daar sal hulle geheilig word deur my magtige teenwoordigheid.
44 Ek sal die tent van ontmoeting en die altaar heilig en ook vir Aäron en sy seuns om My as priesters te dien.
45 Ek sal tussen die Israeliete woon en hulle God wees.
46 So sal hulle besef dat Ek, die Here, hulle God is wat hulle uit Egipte bevry het om tussen hulle te woon. Ek is die Here hulle God!”
1
“Jy moet 'n altaar van doringhout maak om daarop wierook te brand.2 Dit moet 'n half meter in die vierkant wees en 'n meter hoog. Sy horings moet 'n eenheid daarmee vorm.
3 Jy moet die bokant, die sye rondom, en die horings met suiwer goud oortrek en 'n goue lys rondom die altaar vassit.
4 Jy moet twee goue ringe vir elke kant maak en dit aan weerskante teenoor mekaar, onderaan die lys vassit om die draaghoute waarmee jy die altaar moet dra, daardeur te steek.
5 Jy moet die draaghoute van doringhout maak en hulle met goud oortrek.
6 Sit die altaar dan neer voor die voorhangsel wat hang voor die ark met die getuienis, voor die deksel op die getuienis waar Ek jou sal ontmoet.
7 Elke oggend wanneer Aäron die lampe versorg, moet hy geurige wierook op die altaar brand.
8 Elke aand wanneer hy die lampe aansteek, moet hy wierook brand. Die wierookoffer moet altyd, ook deur julle nageslag, vir My, die Here, gebring word.
9
“Julle mag nie ongeoorloofde wierook op die wierookaltaar brand nie, ook nie brandoffers of graanoffers nie, en nie 'n drankoffer daarop uitgiet nie.10
“Aäron moet een keer per jaar op die horings van die altaar versoening doen met die bloed van die sondeoffer. Ook julle nageslag moet een keer per jaar op die horings versoening doen. Die altaar is op 'n besondere manier gewy aan My, die Here.”11
Die Here het verder vir Moses gesê:12 “Wanneer jy die Israeliete tel, moet elkeen wanneer hy getel word, 'n versoeningsoffer vir sy lewe aan My, die Here, offer. Dan sal hy nie deur 'n ramp getref word wanneer hy getel word nie.
13
“Elkeen wat kom om getel te word, moet met silwer betaal, ses gram volgens die standaardgewig van die heiligdom. Die ses gram is 'n offergawe vir My, die Here.14 Elkeen van twintig jaar en ouer wat kom om getel te word, moet die offergawe vir My bring.
15
“Die ryke moet nie meer en die arme nie minder as die offergawe van ses gram silwer vir My bring as versoeningsoffer vir sy lewe nie.16 Jy moet die versoeningsgeld by die Israeliete insamel en dit aan die priesters gee vir die diens in die tent van ontmoeting. Die versoeningsgeld sal My, die Here, laat dink aan die Israeliete en sal hulle lewens loskoop.”
17
Die Here het vir Moses gesê:18 “Jy moet 'n bronswaskom met 'n bronsvoetstuk maak om in te was. Sit dit tussen die tent van ontmoeting en die altaar neer en gooi water daarin.
19 Aäron en sy seuns moet hulle hande en voete daarin was.
20 Voordat hulle in die tent van ontmoeting ingaan, moet hulle hulle met die water was sodat hulle nie sterf nie. Voordat hulle na die altaar toe kom vir hulle diens om 'n vuuroffer vir My, die Here, aan die brand te steek,
21 moet hulle hulle hande en hulle voete was sodat hulle nie sterf nie. Dit is 'n blywende voorskrif vir hulle en vir hulle nageslagte.”
22
Die Here het vir Moses gesê:23 [23-24] “Gebruik die standaardmaat van die heiligdom en meet die volgende speserye af: vyf honderd dele vloeibare mirre, die helfte soveel geurige kaneel, twee honderd en vyftig dele geurige kalmoes, vyf honderd dele kassie, en vier liter olyfolie.
24
25 Maak daarvan gewyde salfolie, goed gemeng soos wanneer 'n vakman parfuum maak. Dit is die gewyde salfolie.
26
“Jy moet die tent van ontmoeting en die ark waarin die getuienis is, daarmee salf,27 en verder ook nog die tafel met al sy toebehore, die kandelaar met al sy toebehore, die wierookaltaar,
28 die brandofferaltaar met al sy toebehore, en ook die waskom met sy voetstuk.
29 Jy moet dit wy en dan sal dit besonder gewyd wees. Alles wat daaraan raak, sal ook gewyd wees.
30
“Jy moet ook vir Aäron en sy seuns salf en hulle so wy om as priesters vir My diens te doen.31 Sê vir die Israeliete: Dit is die gewyde salfolie wat deur al julle geslagte heen aan My sal behoort.
32 Dit mag nie sommer op enige mens uitgegiet word nie. Hierdie mengsel mag julle vir geen ander doel gebruik nie. Dit is gewy en dit moet vir julle gewyd wees.
33 Iemand wat so 'n mengsel maak en aan 'n onbevoegde persoon gee, moet van sy volk afgesny word.”
34
Die Here het verder vir Moses gesê: “Vat die volgende geurige speserye in gelyke hoeveelhede: hars, naeltjies, galbanum en suiwer wierook.35 Berei dit as wierookoffer. Meng dit soos 'n vakman dit doen. Dit moet gesout wees, rein en gewyd.
36 Vryf dit fyn tot 'n poeier en sit daarvan neer voor die getuienis in die tent van ontmoeting waar Ek jou sal ontmoet. Die wierookoffer moet vir julle besonder gewyd wees.
37 Wat die wierook betref wat jy voorberei, niemand van julle mag dit volgens dieselfde voorskrif vir homself voorberei nie. Dit moet gewyd wees vir julle, aan My, die Here, gewy.
38 Enigiemand wat so 'n mengsel voorberei om aan te ruik, moet van sy volk afgesny word.”
1
Die Here het vir Moses gesê:2 “Kyk, Ek het vir Besaleël uitgekies. Hy is 'n seun van Uri, seun van Gur uit die stam Juda.
3 Ek het hom toegerus met my Gees sodat hy met vaardigheid, insig en verstand enige werk kan doen:
4 ontwerpe maak en dit in goud, silwer en brons uitwerk,
5 edelstene verwerk en monteer, en houtwerk doen. Hy sal enige werk kan doen.
6 Ek het vir Oholiab, seun van Agisamak uit die stam Dan, aangestel om saam met hom te werk. Aan elke vakman het Ek vaardigheid gegee sodat hulle alles kan maak wat Ek jou beveel het:
7 die tent van ontmoeting, die ark met die getuienis daarin en die deksel daaroor, al die toebehore van die tent,
8 die tafel met sy toebehore, die kandelaar van suiwer goud met sy toebehore, die wierookaltaar,
9 die brandofferaltaar met al sy toebehore, die waskom met sy voetstuk,
10 die geborduurde klere wat gewy is vir die priester Aäron en sy seuns om daarin as priesters diens te doen,
11 die salfolie en die geurige wierook vir die heiligdom. Hulle moet alles maak net soos Ek jou beveel het.”
12
Die Here het vir Moses gesê:13 “Jy moet vir die Israeliete sê: Onderhou my sabbatte. Dit is van geslag tot geslag 'n teken tussen My en julle sodat julle kan besef dat Ek, die Here, julle vir My geheilig het.
14 Onderhou dus die sabbat. Dit moet vir julle 'n gewyde dag wees. Hy wat dit ontwy, moet doodgemaak word. Wie op dié dag werk, moet van sy volk afgesny word.
15 Ses dae kan daar gewerk word, maar die sewende dag is 'n rusdag, 'n sabbat wat gewy is aan My, die Here. Elkeen wat op die sabbatdag werk, moet doodgemaak word.
16
“Die Israeliete moet die sabbat onderhou. Ook op hulle nageslag lê die verbond 'n blywende verpligting om die sabbat te onderhou.17 Dit sal vir altyd 'n teken wees tussen My en die Israeliete. In ses dae het Ek, die Here, die hemel en die aarde gemaak, maar op die sewende dag het Ek nie gewerk nie, maar gerus.”
18
Nadat die Here op Sinaiberg met Moses gepraat het, het Hy die twee plat klippe met die getuienis daarop aan Moses gegee. Dit is die plat klippe waarop God met sy vinger geskryf het.1
Toe die volk sien dat Moses talm en nie van die berg af kom nie, het hulle om Aäron saamgedrom en vir hom gesê: “Kom maak vir ons 'n god dat hy ons kan lei. Hierdie man Moses het nou wel vir ons uit Egipte laat wegtrek, maar ons weet nie wat van hom geword het nie.”2
Aäron het hulle geantwoord: “Haal die goue oorringe van julle vrouens, julle seuns en julle dogters se ore af en bring dit vir my.”3
Die hele volk het toe die goue ringe van hulle ore afgehaal en dit vir Aäron gebring.4 Hy het dit van hulle ontvang, dit verwerk en daarvan 'n beeld in die vorm van 'n bulkalf gemaak.
Toe sê die volk: “Hier is jou God wat jou uit Egipte bevry het, Israel!”5
Toe Aäron dit hoor, het hy 'n altaar voor die beeld gebou en uitgeroep: “Môre is daar fees vir die Here!”6
Vroeg die volgende môre het die volk brandoffers en maaltydoffers geoffer. Daarna het die volk begin feesvier en losbandig te kere gegaan.7 Toe sê die Here vir Moses: “Klim van die berg af, want jou volk wat jy uit Egipte laat wegtrek het, het iets vreesliks gedoen.
8 Hulle het gou die pad verlaat wat Ek vir hulle aangewys het en hulle het vir hulle 'n beeld van 'n bulkalf gemaak. Nou aanbid hulle hom en bring vir hom offers en sê: Hier is jou God wat jou uit Egipte bevry het, Israel.”
9
Verder het die Here vir Moses gesê: “Ek het gesien dat dit 'n opstandige volk is hierdie.10 Moet My nie probeer keer nie. Ek is toornig op my volk en Ek wil hulle vernietig. Vir jou sal Ek dan tot 'n groot nasie maak.”
11
Maar Moses het by die Here sy God gepleit en gesê: “Here, waarom is U toornig op u volk vir wie U deur u groot mag en met kragtige dade uit Egipte bevry het?12 Waarom moet die Egiptenaars kan sê: ‘Hy het die Israeliete bevry met die bose plan om hulle tussen die berge dood te maak en hulle heeltemal te vernietig’?
“Laat u toorn bedaar en wees u volk genadig. Moet tog nie dié ramp oor hulle laat kom nie.13 Dink aan wat U met 'n eed beloof het aan u dienaars, aan Abraham, Isak en Israel toe U vir hulle gesê het: Ek sal julle nageslag so baie maak soos die sterre aan die hemel. Die hele landstreek wat Ek belowe het, sal Ek vir julle nageslag gee om vir altyd in besit te neem.”
14
Toe het die Here daarvan afgesien om die ramp waarvan Hy gepraat het, oor sy volk te bring.15
Daarna het Moses omgedraai en van die berg af gegaan met die twee plat klippe waarop die getuienis was, in sy hand. Aan weerskante was daar op hulle geskryf,16 en dit was die werk van God. Dit was 'n inskripsie wat deur God op die klippe gegraveer is.
17
Toe Josua die volk hoor lawaai, sê hy vir Moses: “Daar is oorlog in die kamp!”18
Maar Moses het gesê: “Dit klink nie na oorwinning nie,19
Toe Moses naby die kamp kom en die kalf en die dansery sien, het hy woedend geword en die twee plat klippe in sy hand flenters gegooi teen die voet van die berg.20 Daarna vat hy die kalf wat hulle gemaak het, gooi dit in die vuur, maal dit fyn soos stof en strooi dit op die water. Toe laat hy die Israeliete die water drink.
21
Moses het vir Aäron gesê: “Wat het hierdie volk jou aangedoen dat jy hulle hierdie groot sonde laat doen het?”22
Maar Aäron antwoord: “U moenie kwaad wees nie. U weet self hoe sleg die volk is.23 Hulle het vir my gesê: ‘Maak vir ons 'n god dat hy ons kan lei. Hierdie Moses het nou wel vir ons uit Egipte laat wegtrek, maar ons weet nie wat van hom geword het nie.’
24 Toe sê ek vir hulle: ‘Dié wat goud aan hulle het, moet dit afhaal en vir my gee.’ Ek het dit in die vuur gegooi, en hierdie bulkalf het daaruit gekom.”
25
Toe Moses hoor dat dit die volk is wat op loop gesit het, en dat dit Aäron is wat hulle op loop laat sit het, sodat hulle 'n spot by hulle vyande geword het,26 het hy by die ingang van die kamp gaan staan en gesê: “Wie vir die Here is, kom hier na my toe!”
Al die Leviete het om hom bymekaargekom.27
Moses sê toe vir hulle: “So sê die Here die God van Israel: Elkeen moet sy swaard vat, kruis en dwars deur die kamp gaan en doodmaak, ongeag of dit familie, vriende of bure is.”28
Die Leviete het gedoen wat Moses gesê het, en daardie dag is sowat drie duisend om die lewe gebring.29
Toe het Moses vir die Leviete gesê: “Vandag is julle gewy vir diens aan die Here, want julle het selfs teen seuns en broers opgetree. Om hierdie rede gee die Here vandag aan julle hierdie besondere voorreg.”30
Die volgende dag het Moses vir die volk gesê: “Julle het 'n ernstige sonde gedoen, maar ek klim nou na die Here toe op en miskien kry ek by Hom vir julle vergifnis vir julle sonde.”31
Moses het toe na die Here toe teruggegaan en gesê: “Hierdie volk het 'n ernstige sonde gedoen deur vir hulle 'n god van goud te maak.32 Vergewe tog hulle sonde. As dit nie kan nie, moet U my naam maar uitvee uit die boek wat U geskrywe het.”
33
Maar die Here het hom geantwoord: “Nee, Ek sal hulle wat teen My gesondig het, se name uit my boek uitvee.34 Gaan lei jy nou die volk na die plek toe waarvan Ek met jou gepraat het. My engel sal voor jou uit gaan. Op die dag dat Ek rekenskap eis, sal Ek die volk straf oor hulle sonde.”
35
Die Here het die volk met 'n ramp getref oor die kalf wat Aäron op hulle aandrang gemaak het.1
Toe het die Here vir Moses gesê: “Trek nou hiervandaan af weg, jy en die volk wat jy uit Egipte laat wegtrek het. Trek na die land toe wat Ek met 'n eed beloof het aan Abraham, Isak en Jakob toe Ek gesê het: ‘Ek sal dit aan julle nageslag gee.’2 Ek sal my engel voor jou uit stuur en Ek sal die Kanaäniete, Amoriete, Hetiete, Feresiete, Hewiete en Jebusiete verdryf.
3 Julle is so 'n moedswillige volk dat Ek nie sal saamtrek na hierdie land wat oorloop van melk en heuning nie, want dan verdelg Ek julle op pad daarheen.”
4
Toe die volk van hierdie harde uitspraak verneem, het hulle getreur en geen juwele gedra nie.5 Daarop het die Here vir Moses gesê: “Sê vir die Israeliete: Julle is 'n moedswillige volk. As Ek net 'n oomblikkie saam met julle trek, sal Ek julle verdelg. Sit al julle juwele weg. Ek sal later besluit wat Ek met julle gaan doen.”
6
Vandat hulle van Horebberg af verder getrek het, het die Israeliete nie meer juwele gedra nie.7
Moses het 'n tent gevat en dit ver buite die kamp gaan opslaan. Hy het dit die tent van ontmoeting genoem. Elkeen wat na die wil van die Here wou vra, het na die tent van ontmoeting buite die kamp gegaan.8 Elke keer wanneer Moses na die tent toe uitgegaan het, het die hele volk opgestaan. Elkeen het by die ingang van sy tent bly staan en Moses agterna gekyk tot hy in die tent ingaan.
9 Sodra hy ingaan, het die wolkkolom afgekom en by die ingang van die tent van ontmoeting gaan staan, en dan het die Here met Moses gepraat.
10
Wanneer die hele volk die wolkkolom by die ingang van die tent van ontmoeting sien staan, het elkeen by die ingang van sy tent gebuig in aanbidding.11 Die Here het direk met Moses gepraat soos 'n man met sy vriend. Daarna is Moses terug kamp toe, maar sy assistent, die jongman Josua seun van Nun, het nie die tent van ontmoeting verlaat nie.
12
Op 'n keer het Moses vir die Here gesê: “Kyk, U beveel my om met hierdie volk te trek, sonder om my mee te deel vir wie U saam met my stuur. Tog het U gesê: ‘Ek ken jou op jou naam; Ek is jou goedgesind.’13 As U my dan goedgesind is, maak my u wil bekend, sodat ek U kan leer ken en kan doen wat U verwag. Onthou tog hierdie nasie is u volk.”
14
Toe het die Here gevra: “Moet Ek self saamgaan en vir jou vrede gee?”15
Toe het Moses vir Hom gesê: “As U nie self saamgaan nie, moet U ons nie van hier af laat wegtrek nie.16 Hoe sal die mense weet dat ek en u volk u goedgesindheid geniet as U nie saam met ons gaan nie? Dit is juis deurdat U met ons saamgaan dat ons, ek en u volk, anders is as al die ander volke op die aarde.”
17
Die Here het vir Moses geantwoord: “Ook wat jy nou gevra het, sal Ek doen. Ek is jou goedgesind en Ek ken jou op jou naam.”18
Toe sê Moses: “Laat ek tog net u magtige verskyning sien!”19
Maar die Here sê: “Ek sal al my voortreflikheid voor jou laat verbykom en Ek sal die Naam ‘die Here’ vir jou uitroep, want Ek betoon genade aan wie Ek genade wil betoon en Ek ontferm My oor wie Ek My wil ontferm.20 Vir My kan jy nie sien nie, want geen mens kan My sien en bly lewe nie.”
21
Die Here het verder gesê: “Maar hier by My is 'n plek waar jy op die rots kan staan.22 As Ek in my magtige verskyning verbykom, sal Ek jou eers in 'n rotsskeur sit en jou met my hande toemaak totdat Ek verby is.
23 Dan sal Ek my hande wegvat sodat jy My van agter kan sien. Niemand mag my gesig sien nie.”
1
Die Here het vir Moses gesê: “Kap vir jou twee plat klippe net soos die voriges. Ek sal op die klippe die gebooie skryf wat op die voriges was wat jy stukkend gegooi het.2 Maak môreoggend klaar en klim die oggend nog Sinaiberg uit. Wag vir My daar op die top van die berg.
3
“Niemand mag saam met jou opklim nie. Nêrens op die berg mag daar selfs iemand gesien word nie. Die kleinvee en beeste mag ook nie naby die berg wei nie.”4
Moses het toe twee plat klippe soos die voriges gekap. Nadat hy vroeg die oggend opgestaan het, het hy net soos die Here hom beveel het, Sinaiberg uitgeklim met die twee plat klippe in sy hand.5
Die Here het in 'n wolk afgekom en daar by Moses kom staan en die Naam “die Here” uitgeroep.6 Terwyl Hy by Moses verbygaan, roep die Here: “Ek, die Here, is die barmhartige en genadige God, lankmoedig, vol liefde en trou.
7 Ek betoon my liefde aan geslagte en geslagte. Ek vergewe ongeregtigheid, oortreding en sonde, maar Ek spreek niemand sonder meer vry nie. Ek reken kinders en kleinkinders die sondes van vaders toe selfs tot in die derde en vierde geslag.”
8
Moses het toe vinnig gebuig in eerbied9 en gesê: “As ek u goedgesindheid geniet, Here, moet U saam met ons wegtrek. Al is die volk moedswillig, moet U ons ongeregtigheid en sonde vergewe. Laat ons tog u volk bly, u eiendom.”
10
Toe het die Here gesê: “Ek sluit nou 'n verbond met julle. Voor jou hele volk gaan Ek magtige dade doen wat nog nooit tevore op die hele aarde onder enige nasie gedoen is nie. Die hele volk by wie jy is, sal sien wat Ek, die Here, doen. Wat Ek vir jou gaan doen, sal hulle met ontsag vervul.11
“Wat Ek julle nou hier gaan beveel, moet julle gehoorsaam. Ek sal die Amoriete, Kanaäniete, Hetiete, Feresiete, Hewiete en Jebusiete voor julle uit verdryf.12 Moenie 'n verdrag sluit met die inwoners van die land waarheen julle gaan nie. Hulle sal julle tot 'n val bring.
13
“Nee, vernietig hulle altare, breek hulle klippilare af en kap hulle gewyde pale stukkend.14 Julle mag nie 'n ander god vereer nie, want Ek, die Here, eis onverdeelde trou aan My. Daarom noem hulle My: ‘Die God wat onverdeelde trou eis.’
15
“Julle mag nie 'n verdrag met die inwoners van die land sluit nie. Wanneer hulle onsedelikheid bedryf in die verering van hulle gode en vir hulle gode offers bring, sal die mense julle uitnooi na hulle offermaaltye toe, en julle sal daaraan deel hê.16 Julle sal julle seuns met hulle dogters laat trou, en wanneer hulle dogters onsedelikheid bedryf in die verering van hulle gode, sal hulle julle seuns tot dieselfde soort onsedelikheid verlei.
17
“Julle mag nie afgodsbeelde maak nie.18
“Julle moet die fees van die ongesuurde brood vier. Soos Ek julle beveel het, moet julle sewe dae ongesuurde brood eet, van die vasgestelde dag van die maand Abib af, want dit is die dag waarop julle uit Egipte weggetrek het.19
“Elke eersgebore seun behoort aan My; so ook al die manlike eerstelinge van julle beeste en skape.20 Julle moet elke donkie se eerste hingsvulletjie loskoop met 'n skaap. As julle dit nie doen nie, moet julle die vul se nek breek. Alle eersgebore seuns moet ook losgekoop word.
“Niemand mag sonder 'n offer voor My verskyn nie.21
“Ses dae moet jy werk, maar op die sewende dag moet jy rus. Of dit nou ploegtyd of oestyd is, jy moet rus.22
“Jy moet die fees van die weke vier; dit is die fees aan die begin van die koringoes. “Dan is daar nog die fees van die insameling aan die einde van die jaar.23
“Drie keer per jaar moet alle mans voor My, die Here, verskyn, voor My, die Here die God van Israel.24
“Ek sal nasies voor jou uit verdryf en vir jou 'n land gee. Drie keer per jaar moet jy voor My, die Here jou God, verskyn. Dan sal Ek sorg dat niemand jou land begeer nie.25
“As jy vir die offer slag, moet jy sorg dat die offerbloed weggehou word van iets wat suurdeeg in het. “Die paasoffer mag nie tot die volgende oggend oorstaan nie.26
“Die keur van die eerste produkte van jou lande moet jy na my huis toe bring, die huis van die Here jou God. “Jy mag nie 'n boklam in sy ma se melk kook nie.”27
Die Here het vir Moses gesê: “Teken al hierdie gebooie op, want hierop berus my verbond met jou en Israel.”28
Moses was veertig dae en nagte by die Here. In dié tyd het Moses geen kos geëet of water gedrink nie. Hy het die verbondsbepalings, die tien gebooie, op die plat klippe geskryf.29 Toe hy van Sinaiberg af gaan met die twee plat klippe in sy hand, die klippe waarop die getuienis was, was hy nie daarvan bewus dat sy gesig blink geword het terwyl die Here met hom gepraat het nie.
30 Toe Aäron en die Israeliete opmerk dat sy gesig blink, was hulle bang om naby hom te kom.
31 Eers toe Moses hulle nader roep, het Aäron en al die leiers van die volk na hom toe gekom, en hy het met hulle gepraat.
32 Daarna het al die Israeliete nader gekom, en hy het hulle alles beveel wat die Here vir hom op Sinaiberg gesê het.
33 Toe Moses klaar met hulle gepraat het, het hy sy gesig met 'n doek toegemaak.
34 Wanneer Moses na die Here toe gaan om met Hom te praat, verwyder hy die doek tot na sy terugkoms. Wanneer hy van die Here af terugkom, sê hy vir die Israeliete wat die Here hom beveel het.
35 Wanneer die Israeliete sy gesig sien blink, trek Moses die doek oor sy gesig totdat hy weer met die Here gaan praat.
1
Moses het die hele gemeente van Israel bymekaargeroep en vir hulle gesê: “Dit is die gebod wat die Here julle beveel het om te gehoorsaam:2
“Ses dae moet julle julle werk doen, maar die sewende dag moet vir julle 'n gewyde dag wees. Dit is 'n rusdag tot eer van die Here. Elkeen wat op dié dag werk, moet doodgemaak word.3 Julle mag op die sabbat geen vuur in enige van julle wonings maak nie.”
4
Moses het ook vir die hele gemeente Israel gesê: “Dit is die opdrag van die Here:5 Julle moet uit julle besittings 'n offergawe vir die Here gee. Elkeen wat vrywillig 'n offergawe vir die Here wil gee, moet dit bring: goud, silwer, brons,
6 blou, pers en bloedrooi wolstof, linne, bokhaar,
7 rooigekleurde ramsvelle, gebreide velle of doringhout,
8 olie vir die lampe, balsem vir salfolie en vir geurige wierook,
9 oniks en ander edelstene waarmee die skouerkleed en borssak van die hoëpriester versier kan word.”
10
“Elke vakman onder julle moet kom help dat alles gemaak word wat die Here beveel het:11 die tabernakel met die tent daaroor, die kramme, die rame, die dwarslatte, die style met hulle voetstukke;
12 die ark met sy draaghoute, die deksel en die voorhangsel,
13 die tafel met sy draaghoute en al sy toebehore en die offerbrood;
14 die kandelaar met sy toebehore, die lampe met hulle olie,
15 die wierookaltaar met sy draaghoute, die salfolie, die geurige wierook en die afskorting vir die deur van die tabernakel;
16 die brandofferaltaar met al sy toebehore, sy bronstraliewerk waaraan die draaghoute vas kom, die waskom met sy voetstuk,
17 die gordyne van die voorhof, die style met hulle voetstukke, die afskorting vir die deur van die voorhof;
18 die penne van die tabernakel, die penne van die voorhof met hulle toue;
19 die geborduurde klere om in die heiligdom mee te dien, die gewyde klere vir die priester Aäron en vir sy seuns om daarin as priesters diens te doen.”
20
Daarna het die hele gemeente weggegaan van Moses af,21 en elkeen wat daarna gevoel het, het vrywillig 'n offergawe vir die Here gebring vir die werk aan die tent van ontmoeting, vir al die ander dienste en vir die gewyde klere.
22 Manne en vroue het gekom en vrywillig borsspelde, oorbelle en ringe, halssnoere en allerhande goue voorwerpe gebring. Almal wat tevore goud as spesiale bydrae aan die Here belowe het, het dit gebring.
23 Elkeen wat blou, pers en bloedrooi wolstof, linne, bokhaar, rooigekleurde ramsvelle en gebreide velle besit het, het dit gebring.
24 Elkeen wat 'n bydrae in silwer en brons wou maak, het dit as offergawe vir die Here gebring. Elkeen wat doringhout gehad het, geskik vir allerhande soorte houtwerk, het dit gebring.
25
Elke vrou wat netjies kon weef, het gebring wat sy geweef het: blou, pers en bloedrooi wolstof en linne.26 Elke begaafde vrou wat graag wou, het die bokhaar gespin.
27 Al die leiers het oniks en ander edelstene gebring om dit op die skouerkleed en op die borssak te monteer;
28 ook speserye en olie vir die lampe, vir die salfolie en vir die geurige wierook.
29 Elke Israelitiese man en vrou wat vrywillig iets wou bring vir die werk wat die Here vir Moses beveel het om te doen, het dit vir die Here gebring.
30
Moses het vir die Israeliete gesê: “Kyk, die Here het vir Besaleël uitgekies vir die werk. Hy is 'n seun van Uri, seun van Gur uit die stam Juda.31 Die Here het hom toegerus met sy Gees sodat hy met vaardigheid, insig en verstand enige werk kan doen:
32 ontwerpe maak en dit in goud, silwer en brons uitwerk,
33 edelstene verwerk en monteer, en houtwerk doen. Hy sal enige werk kan doen.
34 Die Here het vir hom en vir Oholiab, seun van Agisamak uit die stam Dan, die begaafdheid gegee om ander as vakmanne op te lei.
35 Die Here het aan hulle die vaardigheid gegee om al die werk van 'n vakman te verrig: om te ontwerp, om blou, pers en bloedrooi wolstof en linne te borduur, en om te weef. Hierdie manne kan enige werk doen en ontwerpe maak.
1
“Besaleël, Oholiab en al die ander vakmanne vir wie die Here die vaardigheid en verstand gegee het om te weet hoe om al die werk aan die heiligdom uit te voer, moet die werk doen soos die Here beveel het.”2
Moses het toe vir Besaleël en Oholiab geroep en al die ander vakmanne vir wie die Here die vaardigheid gegee het, almal wat aangebied het om die werk te doen.3 Hulle het van Moses al die offergawes ontvang wat deur die Israeliete gebring is om die heiligdom op te rig.
Die volk het elke oggend nog vrywillige offers na Moses toe gebring.4 Toe het al die vakmanne wat die werk aan die heiligdom moes doen, elkeen van sy afdeling van die werk af,
5 vir Moses kom sê: “Die volk bring meer as wat nodig is om die werk te doen wat die Here beveel het.”
6
Toe het Moses in die kamp rond laat weet dat die mense nie meer iets as offergawe vir die heiligdom moet gee nie, en eers toe het die volk opgehou bring.7 Daar was meer as genoeg om al die werk te doen, daar was selfs nog oor.
8
Die begaafde vakmanne het met die werk aan die tabernakel begin. Hulle het tien stukke materiaal van goed geweefde linne en blou, pers en bloedrooi wolstof gebruik en gerubs daarop uitgeborduur.9
Die lengte van elke stuk materiaal was veertien meter en die breedte twee meter, almal was presies ewe groot.10
Die stukke materiaal is vyf-vyf aanmekaar gewerk.11 Daar is toe blou lissies vasgewerk aan die een kant van die een strook materiaal en so ook aan die een kant van die ander strook,
12 vyftig vir die een en vyftig vir die ander strook. Die lissies was presies reg teenoor mekaar.
13 Hulle het vyftig goue hakies gemaak om die twee stelle doeke aanmekaar te hou sodat die tabernakel een geheel kon wees.
14
Daar is 'n tent van bokhaarmateriaal gemaak om oor die tabernakel te sit. Elf stukke bokhaarmateriaal is gebruik15 en elke stuk materiaal was vyftien meter lank en twee meter breed. Die elf stukke was almal presies ewe groot.
16 Hulle het eers vyf stukke aanmekaar gewerk en toe die ses ander stukke.
17 Hulle het daarna vyftig lissies gemaak vir die een kant van die een strook en so ook vyftig vir die een kant van die ander strook.
18 Hulle het vyftig bronshakies gemaak om die tent aanmekaar te hou sodat dit een geheel kon wees.
19
Hulle het verder ook 'n seil van rooigekleurde ramsvelle gemaak en 'n seil van gebreide vel daarbo-oor gespan.20 Hulle het rame van doringhout vir die tabernakel gemaak om dit regop te hou.
21 Elke raam was vyf meter lank en 'n driekwart meter breed.
22 Daar was twee tappe vir elke raam om die rame aanmekaar te voeg. Al die rame vir die tabernakel is so gemaak.
23 Hulle het twintig rame gebruik vir die raamwerk aan die suidekant, die regterkant van die tabernakel.
24 Die mense het verder ook veertig silwervoetstukke gemaak en onder die twintig rame gesit, twee voetstukke onder elke raam, een by elke tap. Onder elke raam was dus twee voetstukke, by sy twee tappe.
25
Vir die ander kant van die tabernakel, die noordekant, het hulle ook twintig rame gemaak.26 Vir hulle was daar veertig silwervoetstukke, twee voetstukke vir elke raam.
27 Hulle het vir die agterkant, die westekant van die tabernakel, ses rame gemaak.
28 Hulle het verder nog twee rame gemaak vir die hoeke aan die agterkant van die tabernakel.
29 Hierdie rame was versterk van onder tot bo, tot by die boonste ring. Dit was die hoekrame.
30 Daar was dus ag rame met hulle sestien silwervoetstukke, twee voetstukke vir elke raam.
31
Hulle het dwarslatte van doringhout gemaak, vyf vir die rame van die een kant van die tabernakel32 en vyf vir dié van die ander kant, en ook nog vyf dwarslatte vir die agterkant, die westekant van die tabernakel.
33 Daar was 'n middelste dwarslat wat in die middel van die rame dwarsdeur geloop het van die een kant af tot by die ander kant.
34
Die rame is met goud oorgetrek en vir hulle is goue ringe gemaak om die dwarslatte deur te steek. Die dwarslatte is ook met goud oorgetrek.35
Hulle het 'n voorhangsel gemaak van goed geweefde linne en van blou, pers en bloedrooi wolstof. Gerubs is daarop uitgeborduur.36 Hulle het toe, om die voorhangsel op te hang, vier doringhoutstyle gemaak en dit met goud oorgetrek. Daar was goue kramme aan die style, en hulle het ook vier silwervoetstukke daarvoor gegiet.
37
Hulle het 'n afskorting vir die deur van die tent gemaak van goed geweefde linne en van blou, pers en bloedrooi wolstof. Dit was borduurwerk.38 Vir hierdie afskorting het hulle vyf style gemaak met kramme daaraan. Die bokante van die style was met goud oorgetrek, so ook die gordynstokke. Die vyf voetstukke was van brons.
1
Besaleël het die ark van doringhout gemaak: een en 'n kwart meter lank, 'n driekwart meter breed en net so hoog.2 Hy het dit binne en buite met suiwer goud oorgetrek en 'n goue lys rondom vasgesit.
3 Hy het vier goue ringe gegiet wat aan die onderste vier hoeke vasgesit is, sodat daar twee ringe aan elke kant was.
4 Hy het draaghoute van doringhout gemaak en dit met goud oorgetrek.
5 Die draaghoute is deur die ringe aan weerskante van die ark gesteek om die ark daarmee te dra.
6
Daarna het hy die deksel van suiwer goud gemaak, een en 'n kwart meter lank en 'n driekwart meter breed.7 Hy het twee gerubs van geslae goud gemaak, een links en een regs op die deksel.
8 Hy het die gerubs aan weerskante van die deksel so gemaak dat hulle 'n eenheid met die deksel gevorm het.
9 Hulle vlerke was uitgesprei oor die deksel, sodat hulle dit bedek het. Die gerubs se gesigte was na mekaar toe en hulle het afgekyk op die deksel.
10
Besaleël het 'n tafel van doringhout gemaak. Sy lengte was een meter, sy breedte 'n half meter en sy hoogte 'n driekwart meter.11 Hy het dit met suiwer goud oorgetrek en 'n goue lys rondom vasgesit.
12
Hy het 'n band, sewe sentimeter breed, rondom die tafel gesit en daarrondom 'n goue lys vasgesit.13 Hy het vier goue ringe vir die tafel gegiet en dit aan die vier hoeke vasgesit, regoor die vier pote.
14 Die ringe was naby die band sodat die draaghoute deur hulle gesteek kon word om die tafel mee te dra.
15 Hy het die draaghoute waarmee die tafel gedra moes word, van doringhout gemaak en hulle met goud oorgetrek.
16 Hy het die toebehore vir die tafel van suiwer goud gemaak: skottels, panne, kanne en komme om die drankoffer mee uit te giet.
17
Hy het ook 'n kandelaar van suiwer goud gemaak. Die kandelaar se voetstuk, stam, blomkelke, knoppe en kroonblare is van geslae goud gemaak sodat dit alles een geheel was.18 Daar was ses arms aan die stam, drie aan elke kant.
19 Daar was drie blomkelke in die vorm van amandelbloeisels, met knoppe en kroonblare aan elke arm van die kandelaar. So was dit vir die ses arms wat uit die stam van die kandelaar vertak.
20
Vir die kandelaar se hoofstam was daar vier blomkelke in die vorm van amandelbloeisels, met knoppe en kroonblare.21 Onder elke paar arms van die kandelaar was daar 'n knop.
22 Die knoppe en die arms was alles een stuk, een stuk suiwer geslae goud.
23
Besaleël het sewe lampies gemaak vir die kandelaar. Die pithouers en bakkies van die kandelaar is van suiwer goud gemaak.24 Al hierdie voorwerpe is uit vier en dertig kilogram suiwer goud gemaak.
25
Besaleël het 'n wierookaltaar van doringhout gemaak. Dit was 'n half meter in die vierkant en een meter hoog. Die altaar en sy horings was 'n eenheid.26 Hy het die bokant, die sye rondom en die horings met suiwer goud oorgetrek. Besaleël het 'n goue lys rondom die altaar vasgesit.
27 Verder het hy twee goue ringe vir elke kant gemaak en dit aan weerskante, teenoor mekaar, onderaan die lys vasgesit om die draaghoute waarmee die altaar gedra moes word, daardeur te steek.
28 Hy het die draaghoute van doringhout gemaak en hulle met goud oorgetrek.
29 Hy het ook die gewyde salfolie en die geurige, rein wierook gemeng soos 'n bekwame vakman dit doen.
1
Besaleël het 'n brandofferaltaar van doringhout gemaak, twee en 'n half meter in die vierkant en een en 'n half meter hoog.2 Aan die vier hoeke het hy horings gemaak en dit het 'n eenheid met die altaar gevorm. Hy het die altaar met brons oorgetrek.
3 Hy het al die gereedskap vir die altaar van brons gemaak: potte, skoppe, komme, vurke en vuurpanne.
4 Hy het 'n bronstraliewerk om die altaar gemaak en dit onder die rand van die altaar vasgesit, sodat dit halfpad teen die altaar afloop.
5 Hy het vier ringe gegiet vir die vier kante van die bronsrooster om die draaghoute deur hulle te steek.
6 Hy het draaghoute van doringhout gemaak en met brons oorgetrek.
7 Die draaghoute is deur die ringe gesteek aan weerskante van die altaar om dit mee te dra. Die altaar is van plank gemaak, in die vorm van 'n kas.
8
Besaleël het 'n bronswaskom met 'n bronsvoetstuk gemaak van bronsspieëls wat gekom het van die vroue wat by die deur van die tent van ontmoeting werk.9
Hy het ook 'n voorhof gemaak. Aan die suidekant, die regterkant daarvan, was gordyne van goed geweefde linne, vyftig meter breed.10 Om die gordyne te hang, was daar twintig style met twintig bronsvoetstukke, en ook kramme aan die style, en silwergordynstokke.
11 Ook aan die noordekant was daar gordyne, vyftig meter breed, twintig style met kramme, en silwergordynstokke en twintig bronsvoetstukke.
12 Aan die westekant was daar ook gordyne, vyf en twintig meter breed, tien style met kramme, en silwergordynstokke, en tien voetstukke.
13
Die voorkant, die oostekant, was vyf en twintig meter breed en14 die gordyne was elkeen sewe en 'n half meter breed met drie style en drie voetstukke.
15 Aan weerskante van die deur van die voorhof was die gordyne sewe en 'n half meter breed, met drie style en drie voetstukke.
16 Al die gordyne rondom die voorhof was van goed geweefde linne.
17 Die voetstukke vir die style was van brons, hulle kramme en gordynstokke van silwer. Hulle kopstukke was met silwer oorgetrek. Al die style van die voorhof het silwergordynstokke gehad.
18 Die afskorting in die ingang van die voorhof was tien meter breed en net soos die gordyne van die voorhof was dit twee en 'n half meter hoog. Dit was van blou, pers en bloedrooi wolstof en goed geweefde linne, netjiese borduurwerk.
19 Daar was ook nog vier style met bronsvoetstukke, en silwerkramme. Die style se kopstukke was met silwer oorgetrek, en die gordynstokke was van silwer.
20 Al die penne rondom die tabernakel en rondom die voorhof was van brons.
21
Hier volg die hoeveelhede van die materiaal wat gebruik is om die tabernakel waarin die getuienis was, op te rig. Dit is in opdrag van Moses bereken deur die Leviete wat gewerk het onder leiding van Itamar seun van die priester Aäron.22 Onder leiding van Besaleël seun van Uri, seun van Gur uit die stam Juda, is alles gedoen wat die Here vir Moses beveel het.
23 Oholiab, seun van Agisamak uit die stam Dan, het hom gehelp. Oholiab was 'n vakman en 'n ontwerper en 'n wewer van blou, pers en bloedrooi wolstof en van linne.
24
Die hoeveelheid goud wat uit die spesiale bydrae ingekom het, en wat gebruik is vir al die werk aan die heiligdom, bereken volgens die standaardgewig van die heiligdom, was duisend en twee kilogram.25
Die silwer afkomstig van die volk wat vroeër getel is, bereken volgens die standaardgewig van die heiligdom, was drie duisend vier honderd sewe en veertig kilogram.26 Volgens die standaardgewig van die heiligdom is dit ongeveer ses gram per kop vir elkeen van twintig jaar en ouer wat vroeër getel is: daar was toe ses honderd en drie duisend vyf honderd en vyftig man.
27 Daar is drie duisend vier honderd sewe en twintig kilogram silwer gebruik vir die giet van die voetstukke vir die style van die heiligdom en sy afskortings. Uit die drie duisend vier honderd sewe en twintig kilogram is honderd voetstukke gegiet, vier en dertig en 'n kwart kilogram per voetstuk.
28 Daar is twintig kilogram silwer gebruik vir die kramme en gordynstokke van die style, asook vir die oortrek van die kopstukke.
29
Die brons wat deur die spesiale bydrae ingebring is, was twee duisend vier honderd ses en twintig kilogram.30 Hiervan is gemaak die voetstukke vir die style van die deur van die tent van ontmoeting, die bronsaltaar met sy bronstraliewerk, al die gereedskap van die altaar,
31 die voetstukke rondom die voorhof, die voetstukke van die ingang van die voorhof, al die penne van die tabernakel en al die penne rondom die voorhof.
1
Van die blou, pers en bloedrooi wolstof het Besaleël en sy helpers die geborduurde klere gemaak wat in die diens van die heiligdom gebruik is. Soos die Here vir Moses beveel het, het hulle vir Aäron ampsklere gemaak en dit gewy.2 Die skouerkleed is gemaak van gouddraad, blou, pers en bloedrooi wolstof en goed geweefde linne.
3 Hulle het bladgoud gemaak en dit in drade opgesny en ingeborduur in die blou, die pers en die bloedrooi wolstof en in die goed geweefde linne. Dit was die werk van 'n vakman.
4 Hulle het vir die skouerkleed twee bande gemaak om dit aan die punte oor die skouer aanmekaar vas te maak.
5 Die gordel wat oor die skouerkleed gekom het, was van dieselfde gehalte en daarvoor het hulle ook gouddraad, blou, pers en bloedrooi wolstof en goed geweefde linne gebruik, soos die Here vir Moses beveel het.
6
Hulle het oniks verwerk en gemonteer in goud. Die name van die seuns van Israel is daarop gegraveer, soos 'n vakman dit op 'n seëlring doen.7 Die stene is op die skouerbande van die skouerkleed vasgewerk sodat die stene kan herinner aan die stamme van Israel. Dit alles is gedoen soos die Here vir Moses beveel het.
8
Hulle het ook 'n borssak uitgeborduur soos die skouerkleed, die werk van 'n vakman, gemaak van gouddraad, blou, pers en bloedrooi wolstof en goed geweefde linne.9 Die borssak is dubbel gevou, vyf en twintig sentimeter in die vierkant.
10 Hierop het hulle vier rye edelstene gemonteer. Die eerste ry het bestaan uit 'n karneool, 'n topaas en 'n smarag;
11 die tweede uit 'n turkoois, 'n saffier en 'n jaspis;
12 die derde uit 'n hiasint, 'n agaat en 'n ametis,
13 en die vierde uit 'n chrisoliet, 'n oniks en 'n opaal. Die hele montering was van goud.
14 Daar was twaalf stene, een vir elke naam van die twaalf stamme van Israel. Die name van al twaalf stamme is daarop gegraveer soos op 'n seëlring.
15
Hulle het toe van suiwer goud vir die borssak kettinkies gemaak, gedraai soos tou.16 Hulle het ook twee goue monterings en twee goue ringe gemaak. Die twee ringe is agter aan die twee boonste hoeke van die borssak vasgewerk
17 en aan elkeen van hierdie ringe aan die hoeke van die borssak is 'n goue kettinkie vasgemaak.
18 Die ander twee punte van die kettinkies is aan die twee monterings aan die voorkant van die skouerbande van die skouerkleed vasgemaak.
19 Hulle het nog twee goue ringe gemaak en dit vasgewerk aan die onderste hoeke van die borssak, aan die agterkant waar dit teen die skouerkleed is.
20 Hulle het nog twee ander goue ringe gemaak en dit aan die twee skouerbande van die skouerkleed vasgesit, laag af aan die voorkant, aan die naat net bo die gordel.
21 Die ringe van die borssak is met 'n blou toutjie aan die ringe van die skouerkleed vasgemaak, net bokant die gordel van die skouerkleed, sodat die borssak nie van die skouerkleed af wegskuif nie. Dit alles is gedoen volgens die voorskrif van die Here aan Moses.
22
Die mantel wat saam met die skouerkleed gedra word, is as een stuk blou wolstof geweef.23 In sy middel was daar 'n opening omgeboor, sterk soos 'n pantserhemp dat dit nie kan skeur nie.
24 Vir die some van die mantel het hulle granaatjies gemaak van goed geweefde blou, pers en bloedrooi wolstof.
25 Dan het hulle ook klokkies van suiwer goud gemaak en die klokkies tussen die granaatjies rondom die hele soom van die mantel vasgewerk,
26 een klokkie tussen elke twee granaatjies. Die mantel was vir diens bestem soos die Here dit vir Moses beveel het.
27
Hulle het ook priesterklere van linne geweef vir Aäron en sy seuns,28 asook 'n tulband en mooi kopdoeke van linne, en linnebroeke van goed geweefde linne.
29 Hulle het ook 'n serp gemaak van goed geweefde linne, blou, pers en bloedrooi wolstof. Dit was weefwerk, soos die Here vir Moses beveel het.
30 Hulle het 'n blom van suiwer goud vir die gewyde tulband gemaak en daarop, soos op 'n seëlring, gegraveer: Aan Die Here Gewy.
31 Dit is met 'n blou toutjie aan die voorkant van die tulband vasgemaak, soos die Here vir Moses beveel het.
32
Uiteindelik was al die werk vir die tabernakel, die tent van ontmoeting, klaar. Die Israeliete het alles gemaak presies net soos die Here vir Moses beveel het.33 Hulle het die tabernakel, die tent met al sy toebehore, na Moses toe gebring: die kramme, die rame, die dwarslatte, die style met hulle voetstukke;
34 die seil van rooigekleurde ramsvel, die seil van gebreide vel, die voorhangsel,
35 die ark met die getuienis, die draaghoute, die deksel,
36 die tafel met sy draaghoute en al sy toebehore, die offerbrood;
37 die gewyde kandelaar met sy ry lampe en toebehore en olie vir die lampe,
38 die goue altaar, die salfolie, die geurige wierook en die afskorting vir die tentdeur;
39 die bronsaltaar met al sy toebehore, die bronstraliewerk waaraan die draaghoute vas was, die waskom met sy voetstuk,
40 die gordyne van die voorhof, hulle style met hulle voetstukke, die afskorting vir die deur van die voorhof met sy toue en penne, en al die ander toebehore vir die diens in die tabernakel, die tent van ontmoeting;
41 die geborduurde klere om in die heiligdom mee te dien, die gewyde klere vir die priester Aäron en vir sy seuns om daarin as priesters diens te doen.
42
Die Israeliete het alles gemaak net soos die Here vir Moses beveel het.43 Moses het al die werk geïnspekteer en gesien dat dit gemaak is soos die Here beveel het. Toe het Moses die vakmanne gelukgewens en bedank.
1
Die Here het vir Moses gesê:2 “Op die eerste dag van die eerste maand moet jy die tabernakel, die tent van ontmoeting, opslaan.
3 Jy moet die ark met die getuienis neersit in die tent en die ark afskort met die voorhangsel.
4
“Dan moet jy die tafel inbring en sy toebehore daarop regsit. Jy moet ook die kandelaar inbring en sy lampe opsteek.5 Die goue wierookaltaar moet jy neersit voor die ark met die getuienis en dan die voorhangsel in die deur van die tabernakel hang.
6 Jy moet die brandofferaltaar neersit voor die ingang van die tabernakel, die tent van ontmoeting.
7 Die waskom moet jy neersit tussen die tent van ontmoeting en die altaar, en jy moet water daarin gooi.
8 Jy moet die voorhof opslaan en die afskorting in die ingang van die voorhof hang.
9 Vat dan salfolie en salf die tabernakel en alles wat daarin is. Wy die tabernakel en al die toebehore. Dan sal dit gewyd wees.
10
“Salf die brandofferaltaar en al sy toebehore. Jy moet die altaar ook wy: dit moet 'n gewyde altaar wees.11
“Salf die waskom en sy voetstuk en wy dit ook.12
“Laat Aäron en sy seuns na die deur van die tent van ontmoeting toe kom en was hulle met water.13 Laat Aäron dan die gewyde klere aantrek; salf en wy hom sodat hy vir My as priester kan diens doen.
14 Laat sy seuns ook naderkom en laat hulle ook hulle priesterklere aantrek.
15 Jy moet hulle salf soos jy hulle pa gesalf het sodat ook húlle vir My as priesters kan diens doen. Hulle salwing dui aan dat hulle en hulle nageslag vir altyd as priesters sal moet diens doen.”
16
Moses het alles gedoen presies net soos die Here hom beveel het.17 Op die eerste dag van die eerste maand van die tweede jaar na die uittog is die tabernakel opgerig.
18 Moses het dit soos volg gedoen: hy het die voetstukke neergesit, die rame regop gesit, die dwarslatte vasgesit en die style regop gesit.
19 Hy het die tent oor die tabernakel gesit en die seil daarbo-oor gespan, soos die Here hom beveel het.
20
Hy het die getuienis gevat en dit in die ark gesit. Hy het die draaghoute van die ark ingesteek en die deksel bo-op die ark neergesit.21 Daarna het hy die ark in die tabernakel gebring en die voorhangsel opgehang om die ark met die getuienis af te skort, soos die Here hom beveel het.
22
Hy het die tafel in die tent van ontmoeting neergesit, aan die noordekant van die tabernakel, buite die voorhangsel.23 Hy het offerbrood daarop neergesit voor die Here, soos die Here hom beveel het.
24 Hy het die kandelaar in die tent van ontmoeting neergesit, regoor die tafel, aan die suidekant van die tabernakel.
25
Toe het hy die lampe opgesteek voor die Here, soos die Here hom beveel het.26 Hy het die goue altaar in die tent van ontmoeting neergesit, voor die voorhangsel.
27 Toe het hy geurige wierook daarop aan die brand gesteek, soos die Here hom beveel het.
28
Hy het 'n afskorting in die deur van die tabernakel gehang.29 Hy het die brandofferaltaar neergesit by die deur van die tabernakel, die tent van ontmoeting, en daarop brandoffers en graanoffers aan die brand gesteek, soos die Here hom beveel het.
30
Hy het die waskom neergesit tussen die tent van ontmoeting en die brandofferaltaar, en waswater daarin gegooi.31 Moses, Aäron en sy seuns het hulle hande en voete daarin gewas.
32 Elke keer as hulle by die tent van ontmoeting kom en na die altaar toe gaan, het hulle eers gewas, soos die Here vir Moses beveel het.
33 Daarna het hy die voorhof rondom die tabernakel en die altaar opgerig en die afskorting voor die ingang van die voorhof gehang. So het Moses sy werk afgehandel.
34
'n Wolk het die tent van ontmoeting oordek, en die magtige teenwoordigheid van die Here het die tabernakel gevul.35 Moses kon nie in die tent van ontmoeting inkom nie: die wolk was daarin, en die magtige teenwoordigheid van die Here het die tabernakel gevul.
36
Later het dit so gegaan: wanneer die wolk van die tabernakel af voor die Israeliete uit wegtrek, het hulle agter die wolk aan versit.37 As die wolk nie weggetrek het nie, het hulle daar gebly totdat dit wel weggetrek het.
38 Die wolk van die Here was bedags 'n wolk oor die tabernakel en snags het dit 'n vuur daarbo-oor geword.
So het die hele Israel dit ervaar elke keer as hulle versit.